TEL (056) 212 3171
DINSDAG 26 NOVEMBER 2013
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Pedal to the metal Poison Rally promises entertainment, prizes
THE biking community is delighted to help the needy. The Poison Rally will be held at Kroonpark next weekend. On Sunday the Kroonstad bikers participated in the national Toy Run. Some 50 bikers handed Christmas gifts to needy children. Bikers can join in yet another mass ride on Saturday, 30 November, to create awareness for the Poison Rally. Photo: Tharine Geldenhuys Tharine Geldenhuys PURE poison, pure adrenaline. Bikers can join in bike rally fun and let their hair down at the annual Poison Rally. For the third consecutive year this rally will be held from next Friday to Sunday, 6 to 8 December, at Kroonpark, Kroonstad. “Kroonstad is by far one of the most bikerfriendly towns in South Africa. We appreciate the hospitality shown towards bikers,” says Jakes Oosthuizen, organiser of the rally. He is expecting some 6 500 bikers to attend this year’s rally. The gates at Kroonpark open at 07:00 on Friday. Day visitors will only be allowed to enter
Dankie vir kos BAIE dankie aan:
from 14:00 on Saturday. The tariff per person for day visitors is R150. Oosthuizen has a three-year contract with Kroonpark to present the Poison Rally in December. DJ Ossewa, Ghapi and the best entertainment within the bikers’ community will perform at the amphitheatre in Kroonpark. Other entertainment will be provided by Morgan Beatbox, Human Suspension, Tryst and Dave Eagar. The best burn-out is a competition where bikers do spinning. Stunning prizes, such as a pit bike, are up for grabs at the rally. The Christian Motorcycle Association (CMA) has a stand at the rally and will provide spiritual messages and support to bikers.
) Anoniem – R10 000; ) Acorn Foundation – R390; en ) pensioentrekker – R70. Kroonnuus ontvang slegs niebederfbare kos vir die koskas. ’n
No caravans, children or vehicles are allowed. Metal medals can be purchased. Kroonstad bikers are invited to join in a mass ride on Saturday, 30 November, at 14:00 to create awareness for the Poison Rally. It will start at Ultra City outside Kroon-stad.
Geldwaarde word geskat en dan in die barometer gebruik. Lesers wat verkies om ’n supermark koopbewys te gee is welkom om dit as alternatief te gee.
VISIT
www.kroonnuus.co.za for photos of last year’s rally. Die maatskaplike werkers sal dan die koskas aanvul soos nodig. Die instansies wat baat vind, is Vrystaat-versorging in Aksie
(VVA), Engo (ou Kerklik Maatskaplike Dienste), MaokengBrentpark-kinder-en-gesinsorg en die Presidentia-jeugsorgsentrum.
2
KROONNUUS, DINSDAG 26 NOVEMBER 2013
BLOEDSKENKERS kon Donderdag hul moue oprol om die grootste geskenk te gee: bloed. Van links is Lucell van der Ross, Bronwyn Petersen (SANBD-skakelpraktisyn), Anneke Britz, Armando Pieters (Ofm), Zelda Goetz (Ofm), Kersvader en Chantal Liebenberg. Foto: Verskaf
Rekord vir veldtog ’n REKORDTAL eenhede bloed is Donderdag met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se jaarlikse Jingle Bell-bloedskenkveldtog ingesamel. Altesaam 176 eenhede het die tak se bloedvoorraad aangevul. Ofm het tydens die geleentheid uitgesaai en die Country Meat-slaghuis het die bloedskenkers met ’n boereworsrolletjie bederf. ’n Springkasteel en gesigverf deur die Spur het pret vir die hele gesin gebied. Die SANBD wil graag alle bloedskenkers hartlik vir hul waardevolle skenking en selfopoffering bedank. “Ons wil ook ons vennote vir hul ondersteuning bedank: ER 24, die brandweer, SAPD, Moqhaka-verkeersdepartement, Spur en die Country Meat-slaghuis,” sê Bronwyn Petersen, skakelpraktisyn van die tak op Kroonstad. Die dag was ’n reuse-sukses en het alle verwagtinge oortref. Die SANBD waardeer die bloedskenkers en hul gereelde ondersteuning,” sê sy.
As ’n gereelde bloedskenker, help bloedskenkers om die geskenk van lewe aan iemand te gee. Met die feestyd om die draai en ongelukke wat op die paaie toeneem, asook gereelde skenkers wat met vakansie gaan, is die bloedvoorraad dié tyd onder druk. Tydens operasies en met ernstige siekte soos leukemie, sekere gevalle van kanker, bloedarmoede en hemofilie is ’n volhoubare voorraad bloed en bloedverwante produkte uiters noodsaaklik. “Sonder die ondersteuning van ons getroue skenkers sal dit vir ons nie moontlik wees om in die behoefte van ons pasiënte te voorsien nie,” sê Petersen. Om ’n bloedskenker te word moet jy: ) tussen 16 en 65 jaar oud wees; ) meer as 50 kg weeg; ) iets voor jou skenking eet; ) ’n veilige seksuele leefstyl lei; en ) gesond wees op die dag van skenking. Die bloedskenkkliniek op Kroonstad is in die Checkers-sentrum geleë.
PEREGRINE SIDNEY LAMPRECHT het sy eerste eenheid bloed tydens die veldtog geskenk.
PHILLIPUS COETZER het sy 150ste mylpaal tydens die jaarlikse Jingle Bell-bloedskenkveldtog bereik. By hom is sr. Wilna Gresse.
KROONNUUS, DINSDAG 26 NOVEMBER 2013
Hanteer verkragting só Tharine Geldenhuys KRAP, byt of trek bosse hare uit. Moenie bad en skrop nie. As jy die slagoffer van verkragting is, is DNS-monsters die bewys wat die misdadiger met die misdryf kan verbind. Die jaarlikse veldtog om bewustheid vir 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders het gister begin. Die polisie op Kroonstad het ’n spesialiseenheid, bekend as die Gesins-, kinder- en seksuele misdryf-eenheid (GKS), gestig wat slagoffers van verkragting, kindermishandeling en -verwaarlosing en seksuele aanranding bystaan om misdadigers skuldig te bevind. AO. Lizette Mouton is aan dié eenheid verbonde. Sy kry daagliks te doen met foute wat vroue én mans wat verkrag word, maak wat misdadigers dan skotvry laat wegkom. Verkragting is enige seksuele omgang sonder dat toestemming, ongeag deur ’n man of vrou, gegee is. Verkragting is nie noodwendig penetrasie met ’n geslagsdeel nie, maar kan ook met hande, vingers, tong en ander voorwerpe wat die slagoffer se penetreer, gepleeg word, sê Mouton. Die algemeenste fout wat slagoffers van verkragting maak, is om die klere, veral onderklere, wat hulle tydens die misdryf gedra het, uit te trek. Die eerste stap is om 10111 te skakel en ’n klag aanhangig te maak. Hulle wag ook te lank om die voorval aan te meld. Om betroubare DNS-monsters vir ontleding te kry, moet die monsters binne 72 uur deur die forensiese dokter geneem word. By die Kroonstad- en Maokengpolisiekantoor is ’n kamer vir
A.O. LIZETTE MOUTON staan slagoffers van verkragting by om oortreders vas te vat. slagoffers van seksuele misdrywe ingerig. Nadat ’n verklaring afgelê is, word die GKS-eenheid ingeroep om by die aangewese forensiese dokters soveel as moontlik monsters vir DNS te neem. As ’n haar van die oortreder met die follikel aan op die slagoffer se lyf gekry word, kan dié DNS-monster waardevol wees om die oortreder met die misdryf te verbind. As die slagoffer ’n oortreder gekrap het, kan die vel onder die naels ook vir ontleding
gebruik word. Slagoffers moet probeer om te onthou of die oortreder speeksel op haar/sy liggaam gelaat het. Het die oortreder die slagoffer gesoen, gelek of gespoeg? Probeer om kenmerke aan die oortreder te onthou. Is die oortreder lank, maer, kort, vet? Het die oortreder kenmerkende letsels? Probeer onthou wat die oortreder tydens die verkragting gesê het. Probeer ook onthou watter kleur hare en styl die oortreder het. Kinders is die vatbaarste slagoffers van gesins-, kinder- en seksuele misdrywe. “Leer jou kinders om te weet dat die gedeeltes van hul lyf wat deur ’n baaikostuum bedek word, nie deur ander aangeraak mag word nie. “Sê dadelik vir ’n verantwoordelike volwassene as iemand die kind leed wou aandoen,” maan Mouton. Die oomblik as ’n verkragter meer as twee klagte van verkragting teen hom/haar het, word dié oortreder as ’n reeksverkragter beskou. In gevalle waar kinders jonger as 16 jaar met toestemming seksuele omgang met iemand ouer as 16 jaar het, kan die ouer persoon van verkragting aangekla word. Volwassenes wat weet van ’n minderjarige jonger as 16 jaar wat seksuele omgang met iemand ouer as 16 het, maak hulle ook aan ’n seksuele misdryf skuldig. ’n Verkragtingslagoffer kry mediese behandeling soos anti-retrovirale middels, mediese behandeling en berading. Op Kroonstad word Lucy, ’n pragtige snuffelhond, ingespan om biologiese vloeistof uit te kan ruik. AO. Strys Strydom is haar hanteerder. Met Lucy en die honde-eenheid se hulp is talle verkragtings reeds uitgewys.
3
Protect yourself against rape IN case of rape: ) Try not to panic! ) Common sense is your best defence. ) You cannot always defend yourself and your resistance may cause serious injury. ) If the attacker is dangerous, cooperate and try to negotiate – submission is not consent. ) Try and remember what the attacker looks like: his age, race, height, hair colour, scars, tattoos, clothes, voice or jewellery. ) Do not bath or change your clothes after an attack. Keep all the evidence so that it can be used by the police for further investigation. ) Report the crime to the police straight away. Go to the police station or phone 10111.
After a rape: Every victim of rape responds differently. ) You may feel dirty and want to wash repeatedly; ) Scared and afraid to go out, that it is your fault and that you are guilty; or ) You have nightmares, cannot eat, cannot stop crying or want to forget it as quickly as possible and move on with your life. None of these responses are unusual or unnatural. Victim support programmes, psychologists, counsellors, employers, friends, family or church members, ask the police official dealing with your case to recommend someone to help you. Source: South African Police Service
A victim of domestic violence? Tharine Geldenhuys DOMESTIC VIOLENCE is often thought to only include physical violence, but the acts, behaviour and consequences that make up domestic violence vary in nature and frequency. Domestic violence is regulated by the Domestic Violence Act. This act applies to domestic violence that takes place in a domestic relationship. A domestic relationship is a relationship with someone you are or were married to, your parents or guardian, any family member(s), including your own child(ren), anyone you have lived with, whether you were married to that person or not, your life partner of same sex, someone you went out with, even for a short time or had sex with or someone with whom you share a child. The following can be regarded as domestic violence: ) Sexual abuse (whether you are
married to the person or not); ) Physical abuse or assault (for example slapping, biting, kicking and threats of physical violence); ) Stalking (when the other person follows or approaches you or your children repeatedly); ) Economic abuse, that is, when the other person keeps money to which you are legally entitled to from you unreasonably. ) Refusing to pay or share the rent or mortgage bond for the home you share or disposing of household goods in which you have interest, without your permission; ) Emotional abuse (that is degrading or humiliating behaviour, including repeated insults, cursing and threats); ) Any other controlling or abusive behaviour which poses a threat to your safety, health or well-being. You have the right to apply for a protection order at a police station.
4
KROONNUUS, DINSDAG 26 NOVEMBER 2013
Kroonnuus HOOFARTIKEL
Posbus 309, Kroonstad, 9459
Koskas-projek gee baie hoop TEEN druktyd gister het ons nog nie geweet of dit gisteraand tydens die Kerskonsert in die Kroonparkamfiteater sou reën nie. Soveel energie is ingesit om dié konsert met Anna Davel, Brandon October en Matthys Maree vir ons eie gemeenskap aan te bied. Die fliekkarakter Forrest Gump se ma het gesê: “Life is like a box of chocolates – you never know what you gonna get.” Net so kan ’n krisis oor enige mens se pad kom. As jy gedink het iemand is jou veiligheidsnet, kan daardie persoon jou ontval. Dit kan katastrofiese gevolge vir die gesin meebring. Dit kan beteken dat die huishoudelike verpligtinge nie nagekom kan word nie omdat ’n broodwinner nie meer die brood en botter op die tafel kan voorsien nie. Iemand kan weens die resessie sy of haar werk verloor. Sulke gevalle is deel van ons daaglikse lewe. Janine Oelofse, wat meer as 22
jaar op Kroonstad as maatskaplike werker van Vrystaat-versorging in Aksie (VVA) werk, het gisteraand tydens die konsert gesê vanjaar is sekerlik die slegste jaar vir welsyn op die dorp. Aanmeldings stroom weekliks in. Met die Kroonnuus se jaarlikse Koskas-projek word nagenoeg 1 500 monde oor die feestyd heen gevoed. Ons moet onthou dat dié Koskas nie net vir Kersdag ’n ete voorsien nie. Die skoolvakansie is langer as twee maande. Kinders wat op skool ’n kospakkie of ete gekry het, kyk dié feestyd in ouers se oë. Hoe gemaak as die koskas dolleeg is? Al voel dit of jy nie met ’n geringe kospakkie ’n verskil kan maak nie, elke druppel aan die emmer help. Mag geen kind dié feestyd honger gaan slaap nie.
THE Maokeng Golf Tournament was held at the Department of Correctional Services’ golf course. From the left are, front: Abel Mkatlako, Malefetsane Makwenla, Peo Andries, Tyrone Beukes (winner), Mzwakhe Nhlapo and Sindile Mcosana; back: Basil Mofokeng, Mabuti Sesing, Tommy Makau and Reynier Bekker (club captain). Photo: Tharine Geldenhuys
DIE Wednesday-klub van die Kroonstad-buiteklub was, voordat tegnologie oorgeneem het,dié plek waar sakelui mekaar kon ontmoet. ’n Beperkte aantal lede kon op Woensdae gholf speel en daar was ’n lang waglys vir lidmaatskap. Dié klub het Saterdag ’n borgedag aangebied. Die wenners is van links, voor: Dan Barnard (tweede), Burger Geldenhuys (wenner) en Clint de Winnaar (oudemeester); agter: Fanus van Zyl (derde). Foto: Tharine Geldenhuys
Pretloop by Fees van liggies Tharine Geldenhuys DIE jaarlikse Rotary-fees van Liggies se aandmark sal op Saterdag, 7 Desember in Crossstraat, Kroonstad, aangebied word. Op dié geleentheid kan inwoners unieke Kersgeskenke vir die Kerskous koop. Uitstalruimte is beskikbaar en kan by die organi-
seerder, Hazel Dell, by 082-976-8419 bespreek word. Inskrywingsgeld beloop R20 per deelnemer en dié geld sal deur die Rotariërs gebruik word om die Kroonnuus-koskas aan te vul. Om aan die pretloop deel te neem en om in te skryf bel Catherine Snyman by 079-810-7854 of Colin Beckett by 072-193-1337.
LIEFLIKE reën het verlede week op Kroonstad uitgesak. Dié foto is Donderdag in Cross-straat geneem.
Foto: Tharine Geldenhuys
Só smaak somer mos . . . ROOMYS en sjokoladesous is vir die meeste mense ’n volmaakte, immergewilde nagereg in die lente en somer. Bestanddele 250 ml suiker 125 ml water 2 ml kremetart 2 ml sout 120 ml kakaopoeier 30 ml margarien 5 ml vanieljegeursel
Metode Kook die suiker, water, kakao en kremetart vir vyf minute saam. Roer die margarien by. Verkoel en voeg die vanieljegeursel en sout by. Bedien dit warm saam met roomys.
120 ml kakao 30 ml margarine 5 ml vanilla
Motro wa tjhokolete sebakeng sa ice-cream 250 ml twekere 125 ml metsi 2 ml kremetarta 2 ml letswai
Mokgwa Pheha tswekere, metsi, kakao le kremetarta metsotso e 5. Fuduhella margarine mmoho. Batisa hanyane, tshela vanille. Tsholela e tjhesa le ice cream.
Gospelaand beplan DIE gospelmusiekaand wat die Kroonstad-Rotaryklub aanbied, vind môre om 18:30 in die NG Moederkerk in Cross-straat, Kroonstad, plaas. Kersliedere en ander feestelike musiek sal uitgevoer word. Die Forte Sangers, Lara Badenhorst, Denitte en Hestie Prinsloo, Rozanne Pienaar, Eileen Stapels, Liesl Breet, Susan de Wet, Ernest Bouwer en Marthinus van der Walt sal almal bydraes lewer. Kom geniet die sang, ontspan en word geseën. Toegang is gratis.
LARA BADENHORST
Foto: Verskaf
KROONNUUS, DINSDAG 26 NOVEMBER 2013
5
6
KROONNUUS, DINSDAG 26 NOVEMBER 2013
KROONNUUS, DINSDAG 26 NOVEMBER 2013
7
8
KROONNUUS, DINSDAG 26 NOVEMBER 2013
Tannie Bessie oorlede ’n BEKENDE bejaarde van Huis Edelkroon is op 8 November oorlede. Bessie Wiesner (90) is op 15 Maart 1923 op die plaas Bloemspruit in die distrik
Kroonstad gebore. Wiesner het haar skoolloopbaan aan die Sentrale Volkskool en die Hoërskool Kroonstad voltooi. Haar familie vertel dat sy daardie jare met ’n
perdekar en later te perd na en van die skool gery het. Sy is in 1946 met Pieter Wiesner getroud wat haar in 1979 ontval het. Deur haar jong jare het menige jong verslaggewer van die Volksblad, jong staatsaanklaers en personeel van die destydse Ontvanger van Inkomste by haar aan huis losies gevind. Sy was bekend vir haar gebak, houtsnee-
werk, geldruikers en sakdoekruikertjies. Oor laasgenoemde het die Landbouweekblad spesiaal ’n volblad-artikel geplaas. Sy was haar lewe lank altyd op die hoogte van die politiek en finansiële verwikkelinge in Suid-Afrika. Sy het sedert 1972 as sekretaresse by Huis Silwerkroon gewerk waarna sy ook tot Augustus 2013 ’n inwoner hier was. Sy is weens verswakte gesondheid na Huis Edelkroon verskuif. Sy was ’n bekende gesig op Kroonstad met haar wit Mazda 323. Petroljoggies by die motorhawe waar sy brandstof ingegooi het, het behoorlik die motor ingehardloop om haar te bedien. Sy het nie fooitjies gegee nie, maar ’n ieder en elk van God se liefde vertel. Sy het Huis Silwerkroon jare lank as ouderling vir die NG Moederkerk bedien. Sy word deur haar dogters, Stella Berning-Theron van Pretoria, Marlien Berner van Kroonstad en Elsa Blomerus, agt kleinkinders, vyf aangetroude kleinkinders en vier agterkleinkinders oorleef.
WYLE BESSIE WIESNER
Foto: Verskaf
Man buit brandblussers Tharine Geldenhuys ’n MAN wat homself as Willie Venter voorstel, het verlede week sewe brandblussers by die Adami House op Kroonstad gebuit. Zettie Taljaard, opsigter van die gebou, sê sy het die man gekonfronteer en op ’n ID-dokument aangedring. “Hy het gesê hy werk vir Fire-Quip en versien die brandblussers. “Hy het die brandblussers in ’n ou motor gelaai en het weggery sonder om sy ID-boekie aan my te toon.” Taljaard het Fire-Quip gebel en van die voorval verwittig. Hulle het bevestig geen Willie Venter werk by hulle nie. Die volgende dag het die sekuriteitswag die man geëien wat toe met ’n wit Jeep in Brandstraat in die straat gesit het. “Dit het gelyk of hy besef het die sekuriteitswag herken hom en het toe doodluiters weggery. ’n Registrasienommer kon nie betyds geneem word nie,” sê Taljaard. “Ander ondernemings en opsigters moet seker maak en verdagte mense by die polisie aanmeld,” maan Taljaard. ’n Klag van diefstal is ingedien. Mense word versoek om die polisie by 10111 te bel as hulle soortgelyke voorvalle waarneem.
KROONNUUS, DINSDAG 26 NOVEMBER 2013
9
10
KROONNUUS, DINSDAG 26 NOVEMBER 2013
Maak ’n draai op bierfees Tharine Geldenhuys EIN PROSSIT! Aan die einde van die maand (30 November) hou Kroonstad ’n egte bierfees in die Ou Stadsaal, Cross-straat. Ina Jagga, organiseerder van die fees, sê dié fees word deur die Valschrivier-erfenisstigting in samewerking met die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) aangebied. Die nodige dranklisensies is vooraf verkry. Dit begin om 09:00 en eindig om 00:00.
Daar sal heerlike yskoue bier en koeldrank te koop wees. Die etes sluit vleis/pap/aartappelskyfies en slaai vir R30 in, of ’n peuselhappie-bord met klein frikkadelle, samoessas en ander peuselhappies vir slegs R25. Kaasborde met doopsouse, klein worsies en ander lekkernye kan teen R30 gekoop word. Kaartjies word by die ingang verkry vir alle verversings. Opgeruimde Oempamusiek sal die dag opkikker. Vir meer inligting bel Jagga by 082-393-0210.
DIE Ou Stadsaal word deur Kroonstad-besigheid-en-toerisme (KB&T) bestuur. Die toerismekantoor word hier gehuisves. Dié gebou is ’n nasionale gedenkwaardigheid. Geld word ingesamel om noodsaaklike herstelwerk aan die gebou te doen. ’n Bierfees word Saterdag van 09:00 deur die Valschrivier Erfenisstigting hier aangebied. Foto: Jana Bekker
Oujaarsaand met David DIE uurglas van die jaar loop vinnig leeg. Met David Fourie wat spesiaal op Kroonstad Auld Lang Syne die nuwe jaar gaan insing, moet kaartjies vir sy vertoning vinnig opgeraap word. Op 31 Desember bied David ’n spesiale vertoning en ’n Oujaarsdansparty in die saal van die Hoërskool Kroonstad se Landbouterrein aan. Kaartjies kos R80 persoon. Bring jou eie piekniekmandjie met eeten drinkgoed. Enkellopendes en paartjies, of jy hou van dans of nie, en of jy net saam met vriende die nuwe jaar wil ingaan, dit is die regte plek vir jou, sê Joy van Niekerk, organiseerder van die byeenkoms. ’n Verrassing om 00:00 van 2013 is op die program. Bel Van Niekerk by 082-447-8953.
DAVID FOURIE bied op Oujaarsaand ’n konsert en Oujaarsdansparty in die Landbouterrein se saal (ou Landbouskool) aan. Foto: Verskaf
KROONNUUS, DINSDAG 26 NOVEMBER 2013
11
MUSIEK CARLI VAN TONDER, ’n private musiekleerling van Marelize Boshoff, het die gr. 3-teorie-eksamen van Unisa met 100% geslaag. Dít het haar naam op die Unisaererol verewig. Sy het boonop die gr. 3-Unisa-klaviereksamen ook met lof (90%) geslaag. Sy is ook hiervoor op die Unisaererol geplaas.
Ererol vir Paul
Festive savings
from South Africa’s favourite supermarket.* UPERMARKET* S E IT R U O V A F ’s ’ A S FROM
PAUL BRINK het die gr. 3-teorie-eksamen met 93% geslaag. Sy naam is hiervoor op die Unisa-ererol geplaas. Foto’s: Tharine Geldenhuys
MIA-MARIE CAMPHER se naam is op Unisa se ererol geplaas omdat sy gr. 1-klavier met lof (91%) geslaag het. In die gr. 1-teorie-eksamen spog sy met 99% wat haar ook op die Unisa-ererol geplaas het. Sy ontvang private musiekonderrig van Marelize Boshoff.
BUY BOTH FOR
58
35
R
R
Nestle Ricoffy In Tin 750g
Olive Pride Extra Virgin Olive Oil & Seed 1 Litre and Green Olive Pitted 180g
CHARLOTTE DOUBELL het die gr. 2-Unisa-klaviereksamen met lof (86%) geslaag. Vir die gr. 2-teorie-eksamen het sy 95% (lof) behaal. Dít het haar naam ook op die Unisa-ererol geplaas. Sy is ’n private musiekleerling van Marelize Boshoff.
29
90
Kellogg’s Corn Flakes 750g
FREE
BUY ANY 3 GET 1 FREE
7
R
Each
Mccain Frozen Vegetables Assorted 250g
21
R
Each
Sir Juice Fruit Juice Blend Assorted 1.5 Litre
3kg for the price of 2kg
Buy Any 2 DIE Sentrale Volkskool se ambassadeurstrofee is vanjaar op die skool se prysuitdelingsgeselligheid aan Misa van Niekerk en Wian Viljoen toegeken. Foto: Verskaf
BUY ANY 2 FOR
35
R
Sunlight Dishwashing Liquid (Excludes Anti Bacterial) Assorted 750ml
Most Trusted Retailer 2012
Most Reputable Retailer 2013
50
R
Skip Intelligent Washing Powder 3kg
69
R
PnP 2 Ply Toilet Tissue 18s
Best Customer Loyalty Programme 2013*
PRICES VALID 26 NOVEMBER - 1 DECEMBER 2013 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express and Daily stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
MMGTPS0118_198x390_E
1181839B
12
KROONNUUS, DINSDAG 26 NOVEMBER 2013
Sanger kom vermaak Tharine Geldenhuys DIE gewilde sanger Jaco Labuschagne tree op Saterdag 6 Desember om 19:00 by die Kroonstad-bui-
teklub op. ’n Piekniekatmosfeer word beplan en dit kos R80 vir volwassenes en R50 vir kinders jonger as 12 jaar. Vir kaartjies bel Karen by 071-606-8055.
Beste karatekas van die jaar DIE Kroonstad-JKA-karateklub het sy 15 beste karatekas vir 2013 aangewys. Hulle is voor: Dian Walker (1ste); van links is, middel: Gideon Smit (8ste), Dawid Smit (7de), Anton Bredell (6de), Marchelle Roux (5de), Angel Yang (4de), Cornel Saunders (3de) en Kevin Maritz (2de); agter: Euan de Bruyn, Marco Saunderson (gesamentlik 15de), Hanno Kriel (14de), Koos Cronjé (13de), Renee Muller (12de), Zoë Kriel (11de), Divan Karsten (10de) en Jaundré Greyling (9de). Foto: Verskaf
Ingesluit in span
Mark gehou
DRIE krieketspelers van die Hoërskool Kroonstad (Bloues) is in die Vrystaat-krieketspan ingesluit. Van links is Jeandré Swart (o.15B), Anton Steyn (o.18A) en Neo Mohasa (o.15B). Foto: Marlene Jordaan
Family Box Meal
13490
Tel
KFC KFC Kroonstad (Cnr. Reitz & Buitekant Street)
011 453 9888 011 452 7139 011 974 4902 056 212 8216
Tel
Share the
love
YUM Restaurant Support Centre Bryanston: 010 001 7100 www.kfc.co.za
SYNC /12030
DIE maandelikse Rotarymark sal Saterdag langs die Rotary-klubhuis in Kroonparkweg op Kroonstad gehou word. Raak ontslae van jou wit olifante of koop alles wat ’n vlooimark kan bied hier. Die gewilde boereontbyt wat die Rotariërs altyd voorberei, sal nie dié week aangebied word nie.
KROONNUUS, DINSDAG 26 NOVEMBER 2013
13
VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP
PERSOONLIKE DIENSTE
3075
CARS AND BAKKIES WANTED FOR CASH SMS or Whatsupp 071 967 0285
SPYSENIERING & LOKALE 1401
FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, dekor, spyseniering, kerse, tafels en stoele, stoeloortreksels, kandelare, 'underplates', breekware, tafeldoeke, rooitapyt, ens. Skakel 079 515 8814.
DAGSORG & CRÈCHES 1410
DAGMOEDER BESKIKBAAR VANAF JANUARIE 2014 0 - 3 JAAR GOEIE VERWYSINGS 082 438 4245
TE KOOP
BOUMATERIAAL 1610
KLEIBAKSTENE IS BETER BERTS BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene, Kleisierstene, Kleiplaveiselstene, Sement maxi stene, Sementpleisterstene, Sementplaveiselstene, Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za
EIENDOMME
SAKEPERSELE 3215
HOT SPOT: (oorkant Clicks). GROOT WINTERUITVERKOPING! Kom loer gerus. Vir meer inligting skakel Sylvia 082 908 9555.
ALLERLEI 1655
30% AFSLAG OP ALLE BLINDERS. Sluitingsdatum op 3 Desember 2013. Top Carpets 056 212 5507.
BELLO MIA EN HOUSE OF DÉCOR Hillstraat 20 Hill Street Nuwe adres! Oorkant Paint Shop Kom kyk na al die silwerbakke, kandelare, glase, ens. vir jou huis. Lekker geskenke vir elke geleentheid. Verhuring van dekor vir funksies ook. Die mooiste kindergeskenke en klere vir kleuters, babas en kinders. Tandekrale en snoesige langoorhasies vir troostye ook hier beskikbaar. Skakel 082 554 5852.
AKKOMMODASIE 2635
HOLIDAY ACCOMMODATION: KZN South Coast (Elysium) 80 km south of Durban. Contact details 083 693 8257 R550/n.
1996 MAZDA STING 1.6 R 21 500 1998 UNO 1.4 R 21 500 071 967 0285 1997 MERCEDES C180 R 39 500 1995 MERCEDES C180 R 29 500 071 967 0285 2006 PEUGEOT 1107 TRIPTONIC 1.6 FULLHOUSE EXCELLENT R 59 500 071 967 0285
SELFSORG 2626
PE BEACHFRONT Self-catering accommodation. Fully equiped two-bedroom apartments. R650 per night. Lillian 079 982 2979 or 041 581 0623.
VERVOER & BERGING
HERSTEL VAN STOWE, YSKASTE, VRIESKASTE, WASMASJIENE. Skakel Hendrik 072 806 4421.
1870
HARNO VERVOER 4- en 8-ton-trok beskikbaar vir die verwydering van bourommel en algemene vervoerwerk. Skakel 073 157 7248.
PRAGTIGE ALSATION HONDJIES Ingeënt en ontwurm. Tefies en reuntjies beskikbaar. R800 elk. Kontak: 083 364 4417
JEF'S ALGEMENE VERVOER EN NUTSMAN: Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe, ens. Skakel 083 494 5877. Faks: 056 212 1322.
GESOEK OM TE KOOP 1675
EK KOOP TWEEDEHANDSE BREEKWARE, eetgerei en ornamente. Soek Royal Albert-teestel. Skakel Jenny 083 290 0255.
PERSELE TE HUUR: Skakel 082 908 9555.
3025
SHOES: Green Cross, Crocs, Aerosoft, Rock Spring, Tsonga, Paradise, Young Clinic, Pierre Cardin, health shoes, fashion shoes, etc. Available at Shoetique (langs ou Cyril Smiedt). Vir meer besonderhede Sylvia 082 908 9555.
PRAGTIGE GRATIS KATJIES Beskikbaar vir 'n liefdevolle huis. Skakel 082 822 0132
MOTORS TE KOOP
1845
PLUIMVEE TE KOOP 5 ROOSKAM SWART HOENDER KUIKENTJIES (6 WEKE OUD) R 50.00 STUK 056 212 2961 076 1518 334
1660
1615
ALLERLEI
PURIFIED WATER DELIVERED AT YOUR DOORSTEP Dispenser hire with 6 refills at only R 230 per month. Month to month basis. For more info and other services - 061 425 6598
TROETELDIERE
KLERASIE
VAKANSIE & REIS
VOERTUIE
BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR
MOTORHERSTELDIENSTE 3080
WOONSTELLE TE HUUR 3250
ROOMS AND FLATS TO LET. Contact 082 908 9555. TE HUUR: WOONSTELLE Elandia. Ten volle gemeubileerde 2 en-suite slaapkamers, kombuis veilige afdak vir 2 motors en baie leefruimte R 4000 pm OF 2 slaapkamers @ R 2000 pm elk. Skakel Lida by 082 202 5940
TUINWOONSTELLE TE HUUR 3265
NUUT OORGEDOENDE TUINWOONSTEL vir enkel persoon. Geen troeteldiere, veilige parkering. R1800,00. Skakel Jeanne 082 970 2939
HUISE TE KOOP
3010
2001 HI-LUX 2.4D Tralies - R 59 500 1995 NISSAN 1400 baie ekstras - R 29 500 071 967 0285 WINSKOOP, 2000 MODEL, Volkswagen caddy, Goeie toestand, baie ekstras. Skakel: 082 339 4707
3275
NETJIESE UITGEVERFDE 3-slk-huis te koop. Fowlerstraat 26. Ruim woonhuis. Prys verlaag. Skakel 082 908 9555. HUISE TE KOOP: Ruim 3 Slaapkamer - Suidrand Dubbel geriewe, 3 Motorhuise, Dubbel Afdak Agent - 082 264 6222
PLUMBING
Geyser Burst pipes Block Sewerage
TE KOOP GEVRA: Enige elektriese en handgereedskap asook houtwerkgereedskap en -toerusting, meubels, yskaste, antieke goedere en enige ander artikels. Skakel 056 212 5418 of 076 168 1921.
082 452 2458 056 212 7842
TE KOOP GEVRA: VRAGMOTORS, TREKKERS, KARAVANE, MOTORFIETSE QUADS, SLEEPWA ENS. 072 472 8686
info@naudeconstruction.co.za SKUUR EN HERSTEL VAN HOUTVLOERE. Dawie 082 558 8741.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
TAXIDIENSTE: Vir u en u pakkies. Skakel 076 215 2914.
BOSCH YSKAS EN VRIESKAS TE KOOP R 500 ELK Skakel 082 959 2395
BOUWERK & KONSTRUKSIE
HOUTBLOKKIES VIR VLOERE TE KOOP 4 Vertrek. Kom maak aanbod Skakel 083 364 4417
BOUWERK: Aanbouings, herstel en opknapping - kraakvry gewaarborg. Verf en teël. Afdakke. Waterdigting vir dakke. 072 396 8231.
2 SILINDER KOMPRESSOR met 1 P.K elektriese motor, op wiele gemoniteer plus 5m pyp. R 850 onka - 083 409 4640
TUIN & BESPROEIING
TELEFUNKEN SILVER YSKAS ALLEEN - 230 Liter 4 maande gebruik. Nog splinternuut. Winskoop vir R 1500.00 083 409 4640
OM GRASSNYDIENSTE: Gratis kwotasie. Skakel Orton 082 729 6000.
IQ TOYS BRANDSTRAAT 26 KOOP VIR MEER AS R 100 EN STAAN 'N KANS OM R 300 KOOPBEWYS TE WEN
GESIFTE, ONKRUIDVRYE kraalmis: R40 vir 50 kg. Skakel 083 923 3642 om reëlings te tref vir bestellings.
IETS VIR DIE KERS-SEISOENMUURDEKOR in 'n oogwink. Verskeie muurplakkers vir kinderkamers, skuifdeure, kombuis, ens. Top Carpets 056 212 5507.
GARDEN SERVICES/ LANDSCAPING All garden cleaning and layouts, cutting grass etc. Pieter 072 420 4848
1801
1825
MIGHTY & DR PLUMBING: Building, welding, plumbing, geysers, gutters, paving, drains, leaking roof repairs, tiling, painting. Low, low prices. Managing director: Daniels. 073 361 1552. MAAK EN RESTOUREER van houtmeubels, boekrakke, biltongkaste, koffietafels, bedkassies, bedkopstukke ens. Skakel Dave Jordaan 082 573 9927.
SOEK, KOOP, VERKOOP
WAS VAN MATTE EN SITKAMERSTELLE voor die Kerstyd. Top Carpets 056 212 5507.
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
14
KROONNUUS, DINSDAG 26 NOVEMBER 2013 BOEDELKENNISGEWINGS
GEREGTELIKE VEILING
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4501
4201
BOEDEL WYLE HENRY FRANK BASSON BOEDELNOMMER: 7216/2012
HUISE TE HUUR
KENNISGEWING
3270
DRIE-SLAAPKAMERhuis te huur. Goeie area, stil omgewing. Hulshoffstr. 4. Beskikbaar 1 Januarie. Huur: R3 500 p.m. Deposito vooruit betaalbaar. Geen honde/katte. Navrae: Johan de Beer 076 472 6521.
EIENDOMME GESOEK OM TE KOOP 3301
IF YOU WOULD LIKE TO SELL YOUR HOUSE for under R300 000, please contact 072 634 2111. Cash buyer.
MEENTHUISE TE HUUR 3325
PRAGTIGE MEENTHUIS: 2 slaapkamers, oopplansitkamer, kombuis. Nuwe Suidrand. Skakel 082 789 2389.
BETREKKINGS 3600
BETREKKINGS GESOEK
Boedel wyle EG WIESNER BOEDELNOMMER: KENNISGEWING In die boedel van wyle ELIZABETH GERTRUIDA WIESNER, Identiteitsnommer: 230315 0018 089, woonagtig te Huis Edelkroon, Meyerstraat, Kroonstad; Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul rekenings in te dien en hul rekenings te betaal by ondergetekende binne dertig dae gereken vanaf 26 NOVEMBER 2013 GL HARTMAN Prokureur vir die Eksekuteur Du Randt & Louw Ingelyf Posbus 26 Kroonstad
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
4205
3670
BETREKKING GEVRA Middeljarige dame verlang betrekking. Goeie agtergrond in Hotel Bestuur en Boekhoudster ens. Skakel 082 574 7048
ALGEMEEN 3680
BESIGHEIDGELEENTHEID Verdien ekstra maandelikse inkomste besoek www.mannapages.com/betterlifes of skakel 072 557 3579/ 072 776 1595 IS OPSOEK NA 'N PASSER EN MASJIENEERDER Gekwalifiseerd of met baie ondervinding. Stuur CV na trekkers@hpaparts.co.za of gee af by 7de Weg Nr 3 Industria Kroonstad IS OPSOEK NA VRAGMOTORBESTUURDER met geldige kode 14 en verkieslik PDP stuur CV na trekkers@hpaparts.co.za of gee af by 7de Weg, Industria Kroonstad PERSOONLIKE ASSISTENT VIR 'N MAKELAAR Vaardighede wat vereis word, sluit in: * Vermoë om probleme op te los. * Goeie beplanning en organisasie vermoë * Vermoë om selfstandig te werk * Tik-en rekenaarvaardighede (noodsaaklik). Ons soek na 'n energieke persoon wat op diens ingestel is en uitstekende kommunikasie vermoëns het. Basiese kennis van versekering. Ten minste 10 jaar ervaring binne die finansiële dienste bedryf is noodsaaklik. E-pos jou CV na ammb@telkomsa.net of faks na 086 273 0346 om ons teen 29 November 2013 te bereik. As jy nie binne 20 werksdae na die sluitingsdatum van hierdie advertensie van ons verneem het nie, aanvaar asseblief dat jou aansoek onsuksesvol was. Slegs epos en gefakste CV's sal oorweeg word. RUGGA KIDS KROONSTAD is looking for a young, reliable and responsible coach. Work experience with kids 3 to 8 years old essential. Own transport & drivers licence. We are looking for a well- mannered, good groomed person with a vibrant, outgoing personality 056 216 8465 or 082 944 8182
In die boedel van wyle HENRY FRANK BASSON, gebore 10 November 1927 Identiteitsnommer 271110 5094 080 Datum van afsterwe 5 Januarie 2012 Huwelikstatus: Getroud binne gemeenskap van goedere met Johanna Margaretha Basson Adres: Enslinstraat 25, Kroonstad Boedelnommer: 7216/2012 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die boedel in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Johannesburg en die Landdros, Kroonstad, vir 'n tydperk van een en twintig (21) dae vanaf 29 November 2013 ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien geen beswaar daarteen by die Meester van die Hooggeregshof ingedien word binne die gemelde tydperk nie, sal die Eksekuteur tot uitbetaling daarvolgens oorgaan. EKSEKUTEUR Grimbeek van Rooyen & Vennote Ing Posbus 1282 Kroonstad 9500 Tel. 056 212 5197 Verwysing: R. Minnie
BOEDEL WYLE ANNA SOPHIA NAUDE BOEDELNOMMER: 13408/2011 KENNISGEWING In die boedel van wyle ANNA SOPHIA NAUDE, gebore 20 Julie 1939 Identiteitsnommer 390720 0054 081 Datum van afsterwe 28 Oktober 2011 Huwelikstatus: Getroud binne gemeenskap van goedere met Andries Petrus Haarhoff Naude Adres: Van Reenenstraat 30, Wilgenhof, Kroonstad Boedelnommer: 13408/2011 Kennis geskied hiermee dat die gewysigde eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die boedel in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein en die Landdros, Kroonstad, vir 'n tydperk van een en twintig (21) dae vanaf 29 November 2013 ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien geen beswaar daarteen by die Meester van die Hooggeregshof ingedien word binne die gemelde tydperk nie, sal die Eksekuteur tot uitbetaling daarvolgens oorgaan. EKSEKUTEUR Grimbeek van Rooyen & Vennote Ing Posbus 1282 Kroonstad 9500 Tel. 056 212 5197 Verwysing: R. Minnie
BOEDEL WYLE OCKERT ANDRIES VAN WYK BOEDELNOMMER: 6195/2013 KENNISGEWING In die boedel van wyle OCKERT ANDRIES VAN WYK, gebore 10 Desember 1927 Identiteitsnommer 271210 5050 080 Datum van afsterwe 24 Junie 2013 Huwelikstatus: getroud buite gemeenskap van goedere Adres: Goldsmith plek 5(C), Kroonstad Boedelnommer: 6195/2013 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die boedel in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein en die Landdros, Kroonstad, vir 'n tydperk van een en twintig (21) dae vanaf 29 November 2013 ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien geen beswaar daarteen by die Meester van die Hooggeregshof ingedien word binne die gemelde tydperk nie, sal die Eksekuteur tot uitbetaling daarvolgens oorgaan. EKSEKUTEUR Grimbeek van Rooyen & Vennote Ing Posbus 1282 Kroonstad 9500 Tel. 056 212 5197 Verwysing: R. Minnie
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.
DIE STANDARD BANK VAN S.A BEPERK/ SD MATJHOBA SAAKNOMMER: 2342/2013 VEILING KENNISGEWING VAN VERKOPING In die Hoogeregshof van Suid-Afrika Vrystaat Afdeling, Bloemfontein, in die saaknommer 2342/2013 tussen: DIE STANDARD BANK VAN SUID-AFRIKA BEPERK Eiser en SELOMENENG DORINE MATJHOBA (ID no.460821 0418 089) Verweerder Ingevolge 'n Vonnis van die Vrystaat Hoë Hof, Bloemfontein, in bogemelde saak sal 'n eksekusieverkoping met/ sonder 'n reserweprys plaasvind te die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, Murraystraat 41, KROONSTAD, Vrystaat Provinsie op DONDERDAG 12 Desember 2013 om 10:00, van die vaste eiendom van die Verweerder soos hieronder uiteengesit, op die voorwaardes om uitgelees te word deur die Afslaer tydens die verkoping van welke voorwaardes ter insae sal wees te die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, Murraystraat 41, KROONSTAD, Vrystaat Provinsie voor die veiling: ''Erf 6663 geleë te Maokeng woonbuurt, Distrik Kroonstad Provinsie Vrystaat Groot 383 (driehonderd drie en tagtig) vierkante meter Gehou kragtens Transportakte TE 8251/1997 Onderworpe aan die voorwaardes daarin vermeld en verder onderworpe aan reservering vir mineraal regte. 'n Residensiële eiendom gesoneer as sulks bestaande uit: Sitkamer, Kombuis, 1 Slaapkamer, 1 Badkamer, 5 Buitekamers, 1 Motorhuis, Omhein met muur en draad, geleë te 6663 Tangstraat, Constantia, KROONSTAD Terme: Tien persent (10%) van die koopprys en die Afslaerskoste synde ses persent op die eerste R30000,00 of deel daarvan, 3,5% op die balans onderworpe aan 'n maksimum van R9665.00 plus BTW in kontant op die dag van die veiling, die balans teen registrasie van transport om verseker te word deur 'n bank, bouvereniging of ander aanvaarbare waarborg wat binne 14 (veertien) dae van die datum van die verkoping gelewer moet word. Neem verder kennis dt: 1. Hierdie is 'n verkoping in eksekusie kragtens 'n vonnis bekom in bogenoemde Hof. 2. Reëls van hierdie verkoping is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoping by die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, Murraystraat 41, KROONSTAD, Vrystaat Provinsie. 3. Registrasie as koper is 'n vereiste onderworpe aan bepaalde voorwaardes o.m. 3.1 Voorskrifte van die Verbruikersbeskermings-wet 68 van 2008. (URL http://www.info.gov.za/ view/DownloadFileAction? id=99961) 3.2 Fica-wetgewing m.b.t. identiteit en adresbesonderhede 3.3 Betaling van registrasiegelde 3.4 Registrasievoorwaardes. 4. Verkoping sal geskied deur die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, KROONSTAD met afslaer J van Niekerk 5. Advertensiegelde teen heersende publikasietariewe en verkopingkoste volgens Hofreëls, geld. Adverteerder: DA HONIBALL (NS8630) Prokureur vir Eiser P/a Matsepes Ingelyf Aliwalstraat 26/28 Bloemfontein Tel. 051 448 3145/6/7.
SMALLS NOTICE
SOEK, KOOP, VERKOOP
DIE Renoster-hengelklub se A-span is van links, voor: Rian Putter en Johan Louw; agter: Kassie van der Westhuizen, Bud du Toit, Fampie Zitzke en LC van der Westhuizen. Foto: Verskaf
Renoster-span waarlik bobaas-hengelaars Elaine Herbst DIE Renoster-hengelklub het op 10 Augustus aan die beamptekompetisie van die Noord-streek by die Koppiesdam deelgeneem. Die Renoster-A-span het hier ’n tweede plek uit die 22 spanne wat deelgeneem het, behaal. Die span het ook onder meer op 17 Augustus ’n derde plek en nog ’n tweede plek in die ligakompetisies behaal. Hier het 20 spanne deelgeneem. Dié ligakompetisies is ook by die Koppiesdam gehou. Op 31 Augustus by Vaaldam Moolman’s het die span die eerste plek vir die Noord-streek ingeneem om na die ligaeindstryd by Vaaldam Moolman’s deur te dring. Altesaam 23 spanne het op 2 November aan die liga-eindstryd deelgeneem. Hier het die span ’n derde plek verower. Die Renoster-A-span is ook genooi om op 23 November aan die Geheel-Transvaalklubkampioenskappe saam met die Kroonvarswaterhengelklub deel te neem wat die ligawenner van die Vrystaat-streek is.
Kleur jou tuin Tharine Geldenhuys DIE eerste somerreën het verlede week lafenis in die distrik Kroonstad gebring. Dis lekker om nou die somerkleurespel in jou tuin te geniet. As jy dié Desember met Jan Tuisbly se karretjie gaan ry, hou aan om uitgeblomde rose en jaarplante uit te sny. Dan kan jy tot in die nuwe jaar ’n bossie blomme uit jou tuin pluk. Haelstorms kan die blare van bome afslaan sodat skaduplante aan die son blootgestel word; verskaf tydelike beskutting indien nodig. Jy kan saailinge vir die herfs nou kweek. Begin om die stadiggroeiende saailinge te saai. Gee struike ’n hand vol korrelkunsmis en maak dit goed nat. Rose sal ook met ’n deklaag kan gedy en ook met organiese rooskunsmis. Irisse kan nadat dit geblom het, verdeel word. Kyk eers of dit genoeg risome gevorm het. Stel jou grassnyer se lem hoër sodat die gras langer kan groei en nie so aan die somerson blootgestel is nie. In somerreenstreke sal dit goed wees as jy een keer per week tydens warm, droë weer die gras diep natmaak.
KROONNUUS, DINSDAG 26 NOVEMBER 2013
Campher lei vereniging ’n ADJUNKHOOF van die Hoërskool Kroonstad is onlangs onbestrede tot voorsitter van die Noord-Vrystaatse Griffons-skolerugbyvereniging verkies. Vic Campher was nog altyd ’n kranige sportman. Danksy sy pa se loopbaan in die voormalige Suid-Afrikaanse Weermag, was skoolgaan vir hom gereeld ’n nuwe ervaring. Waar die gesin ook al gewoon het, het hy nie net aan sport deelgeneem nie, maar was ook ’n presteerder. Hy het sy pad tot in die Suid-Afrikaanse Skolesportspan oopgehardloop waar hy aan die 1 500 m-hindernis, 3 000 m en 800 m deelgeneem het. Campher het matriek aan die Hoërskool Centurion geskryf waar hy as skrumskakel vir die eerste span uitgedraf het. Hy was twee jaar kaptein van dié span. Hy het ook vir die o.20-span van die destydse Normaal-kollege Pretoria uitgedraf. Ondeund erken hy dat dié blootstelling aan die Jakarandastad nog lank nie van hom ’n Blou Bul gemaak het nie. Hy is ’n WP-ondersteuner in murg en been. Ná veelvuldige rugbybeserings het hy begin gholf speel en spog vandag met ’n voorgee van agt. Sy liefde vir rugby het hom egter steeds as afrigter laat betrokke bly. Beskeie vertel hy dat hy betrokke was by die afrigting van verskeie rugbylegendes, onder andere Michael Claassens en Friederich Lombard. Daar is ook sowat 18 provinsiale spelers deur sy hande. Campher het al met bekendes in rugby soos Rudolph Strauli en Ian McIntosh skouers geskuur en het ook vir Jake White ontmoet. Hy was aanvanklik keurder vir die Cravenweekspan, maar later was hy ook afrigter van verskeie spanne wat vir die Cravenweek gespeel het. Wat maak volgens hom ’n goeie rugbyspeler? “Dit is deursettingsvermoë, ’n speler is nie noodwendig altyd die
VICTOR CAMPHER
Foto: Anne-Lize Jansen van Vuuren
talentvolste speler nie, maar harde werk en deursettingsvermoë is alles. Dan is daar attitude. Ek kan nie dink aan ’n geskikte Afrikaanse woord nie. Attitude is ’n pakket, dit het onder meer te doen met nederigheid, die speler se houding teenoor die spel, sy medespelers en as hy later begin naam maak, sy houding teenoor die publiek,” verduidelik Campher. Campher is met sy studenteliefde, Adré, ’n onderwyseres aan die Kroon - Primêre Skool, getroud. Hul dogters, Dane en Elaine, was al twee leerlinge aan die Hoërskool Kroonstad. Dane is ’n praktykbestuurder vir neuroloë in Pretoria en Elaine is ’n onderwyseres in Markward. Campher vertel trots dat sy ook ’n goeie sportvrou en afrigter is. Volgens die wetenskaponderwyser sien hy baie uit om die Vrystaat op rugbygebied by die Suid-Afrikaanse Hoërskolevergadering te verteenwoordig. “Hoewel ek vergaderings in ander dorpe en provinsies sal moet bywoon, dink ek dit gaan ’n interessante ervaring wees en ek sal baie leer.”
Kom kyk krieket Lucas Boucher ONDERSTEUNERS mag nie Saterdag se Ashes 2 Ashes/ Dust 2 Dust-krieketwedstryd tussen die Players-krieketklub en Kroonstad-krieketklub op Players se veld misloop nie. Die wedstryd sal om 09:00 begin en is deel van die Platteland-superliga. Die Kroonstad-krieketklub is vanjaar gestig en die Players-krieketklub bestaan reeds etlike jare. Krieket op Kroonstad het die afgelope tien jaar baie agteruitgegaan. Dié twee klubs het hande gevat om krieket op Kroonstad te bevorder en weer uit te brei tot by die punt waar dit voorheen was. Die groep spelers van die Players-krieketklub is: Lucas Boucher, Steve Jordaan, Adriaan Kroon, Byron van Wyk, Leon Viljoen, Johan Boucher, Elwin McPherson, Riaan
Williams, Marvin Williams, Tommy Kock, Gunter Nel, Richard Watermeyer en Kallie Leimecke. Die groep spelers van die Kroonstad-krieketklub is: Rickus Lawson (k), Gordon Turner, Johann Sieberhagen, Mindus Crous, Johan Kruger, Rènaud Loubser, Jeferson Selekele, Willie Greyvenstein, Albert van Schalkwyk, Dawie van der Merwe, Anton Steyn, Jeandré Swart, Jaco van Zyl, Jeanri Ackerman, Quinton Visagie, Diaan Dreyer, Dian du Bruyn, Ruan du Bruyn, Pieter Lategan en Juan Brits. Daar is ook vele ander aktiwiteite vir langs die veld beplan, soos ’n potjiekoskompetisie en ’n springkasteel vir die kinders. Bring jou braaier, gazebo en ’n paar kampstoele en kom geniet die dag saam met ander krieketgeesdriftiges. Vir meer inligting bel Leon Viljoen by 082-889-4965.
Skeie gaan weer klap DIE 64ste Suid-Afrikaanse junior jukskeikampioenskap vind van 1 tot 7 Desember by Jukskeipark op Kroonstad plaas. Altesaam 18 unies van oor die land heen en Namibië neem weer aan dié kampioenskap
deel. Die hoofkwartier van Jukskei Suid-Afrika is op Kroonstad by Jukskeipark gesetel. Lees volgende week meer oor die skeie wat hier gaan klap.
15
16
KROONNUUS, DINSDAG 26 NOVEMBER 2013
Klub beplan om sukses in ’14 te herhaal Danie Swanepoel
THE area opposite the Calculus College in Truter Street, Kroonstad, was levelled for a new sports ground last week.
From dumping site to sports grounds
Photo: Supplied
THE Calculus College Private School has received approval from the Mokhaka Municipality to use the area opposite the school for the purpose of sports grounds. The open area, which was an eyesore due to the illegal dumping of building materials and rubbish, was cleared and levelled last Friday. “We have also used the opportunity to clean out the storm water pipe that has been blocked for the past five years. Johan van Heerden’s
earthmoving equipment finished the job in a record time of eight hours,” says André van Niekerk, director of the school. The next phase is to cover the area with sand, which will be compacted and rolled flat. The intention is to establish a soccer field, which will also be used for hockey, two netball fields and a volleyball sand pit. The area is large enough for further expansion if needed. “The learners are very excited and
cannot wait for the facilities to be ready. Unfortunately, we do not have any sponsors and the project is currently funded by myself. “We are confident that the new facilities will complement our school. The hostel learners will now also have an area where they can safely enjoy recreational activities. “We wish to express our sincere appreciation to the Mokhaka Municipality for this opportunity,” says Van Niekerk.
DIE Kroonstad-rugbyklub het beslis die bordjies verhang en sy naam in die Griffons-liga herstel deur in die 2013-seisoen twee trofeë te wen. Kroonstad is in Februarie as kampioen van die sewestoernooi, wat op Hennenman gehou is, gekroon. Die klub is ook die bekerhouer van die Uitdaagbeker wat tussen die Vrystaat-Cheetahs- en die Griffons-klubspanne gespeel word. Elke trotse Kroonstad-ondersteuner en -speler kan na volgende jaar uitsien wanneer dié rugbyklub met nuwe selfvertroue en IS jy betrokke by sport en wil jou sportsoort publisiteit gee? Jy kan foto’s op Kroonnuus se Facebookblad plaas.
ervaring sal poog om hiedie seisoen se prestasies en mikpun-
te te herhaal. Die jaarvergadering van die Kroonstad-rugbyklub word môre om 18:30 in die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) se sportkamer gehou. Elke speler en ondersteuner van Kroonstad-rugby word genooi om die vergadering by te woon sodat die beplanning vir die 2014-seisoen, asook die bestuur van die klub, bespreek kan word.