TEL (056) 212 3171
DINSDAG 3 DESEMBER 2013
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Ligte feestyd aan Tharine Geldenhuys en Jana Bekker DIE Noord-Vrystaatse dorpe Parys, Koppies, Heilbron, Phiritona en Vredefort se feesliggies sal darem dié feestyd kan skyn. Dít nadat die Ngwathe-munisipaliteit miljoene rande aan die kragreus Eskom skuld. Eskom het Donderdag en Vrydag in die dagkoerante Daily Sun en Volksblad ’n advertensie geplaas waarin berig word die Ngwathe-munisipaliteit en die van Maluti-a-Phofong (Oos-Vrystaat) se krag sou môre en 6 Desember afgeskakel word. Dit is eers uitgestel. Volgens twee advertensies geld die opskorting tot verdere kennisgewing. Daar word nou onderhandel vir ’n skikking om nié die feestyd in donker gehul te wees nie. Die elektrisiteit sou ontkoppel word weens uitstaande rekenings wat einde September al bykans R400 miljoen beloop het. Gebiede wat geraak sou word, is Harrismith, Qwaqwa, Kestell, Tshiame, Phuthaditjhaba, Thseseng, Witsieshoek, Edenville, Ngwathe, Heilbron, Koppies, Parys, Phiritona en Vredefort. Carina Serfontein, DA-raadslid op Koppies, sê die rekenings moes nooit tot dié bedrae gestyg het nie. “Die munisipaliteite moet hul verantwoordelikhede teenoor Eskom nakom soos inwoners húl verantwoordelikhede teenoor die munisipaliteite nakom.” Serfontein is “baie dankbaar” inwoners gaan nie meer weens die skuld benadeel word nie. AfriForum het aangedui hy sal die onderhandelingsproses moniteer. “Indien dit nie werk nie en Eskom voortgaan om die kragtoevoer te ontkoppel sal AfriForum die hof nader om die gemeenskap by te staan,” het Tiaan Esterhuizen, bestuurder van AfriForum se gemeenskapstrukture, gesê. Hy sê gemeenskappe word onder druk geplaas, omdat munisipaliteite nie hul grondwetlike verpligtings nakom nie. ’n Vertroulike dokument het Kroonnuus Donderdag bereik waarin die Moqhaka-munisipaliteit se aansoek om die maksimum aanvraag van 5 MVA na 25 MVA te verhoog ook
Witleeuryk twee welpies ryker BY die Barnatowitleeuteelprogram van Mossie Mostert het dié pragtige witleeu Woensdag geboorte aan twee witleeuwel pies geskenk. Kroonnuus kon binne 24 uur dié leeuwyfie in die natuur op die plaas afneem. Besoek gerus www.kroon nuus.co.za om na die pragtige konings van die diereryk minder as 10 km uit op die Vredefortpad in die distrik van Kroonstad te kyk. Van die 18 genepoele vir witleeus besit Mostert elf van die genepoele. Hy boer al meer as 23 jaar met witleeus. Foto: Tharine Geldenhuys
nie deur die kragreus vir goedkeuring oorweeg kan word as dié munisipaliteit nie die agterstallige kragrekening van R32 111 505 in Oktober betaal nie. “Die Moqhaka- plaaslike munisipaliteit is agterstallig. Die versoek sal net oorweeg word wanneer die bedrag ten volle vereffen is,” lui die kennisgewing
wat deur die Eskom aan die munisipale bestuurder gerig is. Dit is nie eerste keer dat Moqhaka met sy kragrekening agterstallig is nie. ’n Media-navraag is aan die munisipaliteit gerig, maar die mediawoordvoerder se pos is vakant. Khojane Madiba, voormalige kommunikasie-
woordvoerder, het wel gereageer en wil weet hoe Kroonnuus die dokumente in die hande gekry het (Dít sal nie bekend gemaak word nie- Red). Stefanie Jansen van Rensburg, Eskom-woordvoerder, het gister by navraag gesê (munisipaliteite se) rekeningbesonderhede is vertroulik.