Kroonnuus 20131217

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 17 DESEMBER 2013

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Graag bedank ons al ons kliënte vir hul getroue ondersteuning die afgelope jaar. Ons wens u 'n vreugdevolle Kerstyd toe wat gevul is met liefde en geluk.

Ons glo dat 2014 vir almal net voorspoed en geluk sal inhou!

Kersgroete van almal by Kroonnuus DIE personeellede van Kroonnuus is van links, onder: Elrina de Beer (advertensiebestuurder) en Tharine Geldenhuys (redakteur); bo: Annetjie Cloete (advertensiekonsul­ tant), Elaine Herbst (advertensiekonsultant), Andy Philander (internskapstudent), Joyce Liphoko (ontvangs), Jana Bekker (Volksblad­verslaggewer), Bongiwe Sethole (advertensiekonsultant) en Isabel Lamprecht (advertensiekonsultant, Express Goldfields). Dié uitgawe is die laaste vir 2013. Kroonnuus se kantoor heropen op 8 Januarie.

Vir meer foto’s en nuus besoek www.kroonnuus.co.za

Kroonnuus


2

KROONNUUS, DINSDAG 17 DESEMBER 2013

FOKUS OP HARRIER GRILL & TAKEOUT

Rotary celebrate Thanksgiving Steve Shone

ROCCO BERGH is die uitvoerende sjef en bestuurder van die Harriers Grill & Takeout in die Panorama Plaza op Kroonstad.

Kos met flair hier te kry HARRIERS GRILL is ’n restaurant wat sowat vier maande gelede in die Panorama Plaza op Kroonstad geopen het. Onder Rocco Bergh, die uitvoerende sjef, se leiding word spesialisgeregte met styl en flair voorgesit. Hy het al oor die wêreld heen as sjef – in onder meer Argentinië, Botswana, Namibië, die eiland Man en Suid-Afrika – gewerk. Hy het sy opleiding aan die Silwood School of Cookery in Rondebosch, Wes-Kaap, voltooi. Diegene wat aan tradisionele Suid-Afrikaanse geregte soos bobotie, kerrieskaapafval of beesstert wil smul, kan dit teen ’n bekostigbare prys in die klassieke kuierat-mosfeer doen tussen Frans Claerhout- en Portchie-skilderye en vliegtuigaandenkings. Die logo van die

restaurant is juis die Harriervliegtuig. Bergh se gewildste geregte is pasta en seekos. Besoek die Harrier Grill & Takeout vir jou volgende geselligheid of bederfete en beleef diens met ’n glimlag en ’n groot verskeidenheid smaaklike geregte. Die restaurant is dié feestyd op al die vakansiedae oop. Bespreek vroegtydig plek vir die Kersete (sien advertensie hieronder). ) Een gelukkige leser kan ’n ete vir twee dié feestyd by Harriers Grill van R200 wen. Al wat jy moet doen, is om ’n mooi Kersboodskap aan die een wat jy graag vir ete sal wil nooi op Kroonnuus se Facebook-blad te plak. Die mooiste boodskap wen die ete. Die redakteur se beslissing is finaal.

THE Rotary Club of Kroonstad is currently hosting an exchange student from the twin cities of Minneapolis-St Paul in Minnesota, USA. In the USA it is traditional to celebrate Thanksgiving on 28 November each year when families get together and enjoy turkey, mashed potatoes, pumpkin fritters and pecan pie. To

associate themselves with this celebration and to acknowledge their exchange student, as well as to say thank you to a number of special people who had made a significant contribution to the community, the Rotary Club of Kroonstad arranged a Thanksgiving Dinner on 28 November. Traditional fare was prepared and the occasion was celebrated in true style.

MARNI SMITH (right) left for Germany (Co­ logne) on 28 Novem­ ber for a six­week visit as a Rotary short­ term exchange stu­ dent. She will be hos­ ted by the parents of Lea Limbach who vi­ sited Kroonstad for a six­week period du­ ring July/August. Marni will participate in a ten­day advent tour of Germany en­ ding with skiing in Austria just before Christmas. She re­ turns to South Africa mid­January 2014. With Marni is her mom, Marie

THE special people who attended the Thanksgiving function of the Kroonstad Rotary Club are from left, front: Maria Friedman (exchange student), Mariette Fourie, Mike de Winnaar (Paul Harris Fellow), Elsa Hansen (Paul Harris Fellow), Annemarie Jordaan (Paul Harris Fellow), Kitty Rampf, Rayna Welgemoed, Felicity Combrink (Paul Harris Fellow), Richard and Helen Rampf; back: Freek du Plessis, Evadne du Plessis, Rob Shone, Jorrie Jordaan, Karel Combrinck, Richard Combrink, Riaan Oelofse (President ­ Rotary) and Simon Welgemoed (Maningi Meats) Photo: Supplied

Vullis dán nie gehaal VULLIS word nie in Moqhaka (Kroonstad, Maokeng, Brentpark, Viljoenskroon, Rammulotsi, Steynsrus en Matwangtlwang) op die openbare vakansiedae dié feestyd verwyder nie. Inwoners word versoek om vullis tot die volgende week oor te hou. Vullis word wel op 23, 24 Desember en 1 Januarie verwyder, luidens die vullisverwyderingsdiens. Die amptenare van dié afdeling neem ’n welverdiende ruskans en derhalwe sal vullis ook nie op 27, 30 en 31 Desember verwyder word nie.


KROONNUUS, DINSDAG 17 DESEMBER 2013

3

Watervlak kritiek Tharine Geldenhuys HOEWEL een van die twee kleiner pompe by die Groblersdam wat water na die opgaardam van Kroonstad, die Bloemhoekdam, moet pomp, Woensdagaand aangeskakel is, is die watervlak van die dam kritiek laag. “Dit is moeilik om presies te bepaal hoeveel water in die dam oor is, omdat die watervlak reeds onder die merkers is,” sê Chris Dalton, DA-raadslid in die Moqhakaraad. Die mees onlangse skatting wat aan die tegniese komitee van die munisipaliteit gegee is, dui daarop dat sowat 17% water in die dam oor is. Dalton sê ondanks goeie reënval toon die Valsrivier nie merkwaardige vloei nie. “Die Serfonteindam se eiland is nie onder water nie. Die tweede, kleiner pomp kan

nie aangeskakel word nie, omdat die watertoevoer onvoldoende is.” Inwoners is bekommerd, omdat die groot pomp nog nie herstel is nie. Hierop sê Dalton die munisipaliteit stel ondersoek in om ’n versekeringseis vir dié gebreekte pomp in te stel. Vyf opgaardamme is vir Kroonstad beskikbaar. Die eerste in die watertoevoerketting is die Serfonteindam wat in die Valsrivier gebou is, gevolg deur Groblersdam waaruit water na die Bloemhoekdam by die pompstasie gepomp word. Soos water benodig word, word dit uit die Bloemhoekdam na die Barend Wesselsdam gepomp. Uit dié dam, wat in die Valsrivier tot by die Alexandria-brug strek, word water by die suiweringsaanleg in Hillstraat onttrek. Die laaste dam is die Strydomdam net ná die Barend Wesselsdam se keerwal.

RYAN DAY kyk toe hoe die motor van Evon Grimbeek by die Lanzerac­meenthuiskom­ pleks in ’n sinkgat vasgeval het. Die rioolstelsel het onder die plaveisel meegegee.

DIE vragmotor wat die gesonke rioleringstelsel met klippe moes opvul, het toe self in ’n volgen­ de sinkgat vasgeval. Foto: André van Niekerk

Motor, vragmotor val vas Tharine Geldenhuys

Storm tref Kroonstad ’n HEWIGE storm het Kroonstad Woensdagmiddag getref. Die sportvelde van die Sentrale Volkskool in Hillstraat het soos ’n rivier gelyk. Foto: Peter J. Muller

DIE motor van Evon Grimbeek, ’n inwoner van die Lanzerac-meenthuiskompleks in Truterstraat, Kroonstad, het Woensdag ná ’n hewige storm op die dorp by die ingang na die kompleks vasgeval. André van Niekerk, ook ’n inwoner van die kompleks, sê dit was “ ’n wonderwerk” dat die hele voorkant van die motor nie in die groot sinkgat, waarvan meer as vier kubieke meter grond by die stormwaterpype weggespoel het, beland het nie. Die lekkende stormwater- en rioolafvoerpype het veroorsaak dat die grond onder die plaveisel uitgekalwe is. Van Niekerk sê nadat die motor met die hulp van omstanders uitgelig is, het die Moqhaka-munisipaliteit se werke-afdeling met ’n vragmotor klip in die gat gegooi. Die vragmotor het toe self ook in ’n volgende sinkgat, sowat drie meter verder, vasgeval.

Met behulp van ’n stootskraper is die vragmotor uitgetrek. Die riool- en stormwater in dié omgewing het vermoedelik al geruime tyd teruggebreek en die grond onder die plaveisel uitgekalwe. Grimbeek het telkens by die munisipaliteit aangemeld die rioolverstoppings by haar meenthuis is ’n ernstige las. “Nadat ons die motor uitgelig het, het die munisipaliteit die rioolpype oopgemaak wat al die water, dié in die sinkgate ingesluit, weer laat loop het. Ongelukkig borrel die riool nou in ons tuin by eenheid 3 uit,” sê Van Niekerk. Hy sê dit wil voorkom asof die riool reeds ook ander kanale ondergronds gemaak het wat tot verdere sinkgate kan lei. Die las van riool wat in die meenthuise terugvloei, is ’n bron van kommer. Blykbaar sou die munisipaliteit die fout probeer soek het, maar het nie daarby uitgekom nie.


4

KROONNUUS, DINSDAG 17 DESEMBER 2013

Kroonnuus HOOFARTIKEL

Posbus 309, Kroonstad, 9459

God seën Suid-Afrika DIE tyd vlieg. Die jare tik soveel vinniger verby, so amper asof die sekondes op steroïede is. As kind het dit van Kersfees tot Kersfees en van verjaardag tot verjaardag soos ’n leeftyd gevoel. Dit voel soos gister toe ’n mens jou kop geskud het omdat supermarkte die blink linte, Kersbome, liggies en Kersgevoel al in Oktober wou skep. Jy is nog vol van 2012 se Kers-oorskietkos toe 2013 se Kersliedjies oor die radio begin speel. Ons laat baie spore in die lewe, maar in die oggend het die nagwind dit weggewaai. Alles is verganklik behalwe die omgee vir mekaar en elke dag se genade van God. ’n Geseënde Kersfees vir jou. Laat ons terugkyk op 2013 en op die positiewe konsentreer – al ons seëninge. Gebruik dit as boustene vir 2014. Vir diegene wat so geseënd is om die feestyd saam met familie by die see deur te bring wens Kroonnuus ’n geseënde tyd toe. Julle is bevoorreg. Vanjaar gaan spesiale wense ook aan diegene wat wees en weerloos

voel, ver van die lafenis van ’n strand en see gaan wees en veral ver van hul familie is. Ons dink aan bejaardes in die ouetehuis wie se kinders hulle nie met vakansie saamneem nie. Ons hart huil oor al die weeskinders in Suid-Afrika, die hongeres wat dalk nie iets te ete vir Kersdag sal hê nie, terwyl die rykes se tafels onder die kos kreun. Onthou dat dit die Koningskind se verjaardag is en eintlik is dit waaroor dié dag gaan. Mag almal ’n mooi somersonKersfees ervaar en mag die Koningskind vir ons in die binneland met milde reën seën. Bou vir jou ’n wonderlike 2014. Griekwawense wat ’n soekenjin opgelewer het, spreek uit al die personeel van die Volksblad-groep op Kroonstad se hart aan al ons lesers: Mag die Jirre jouse binneste roer en mag suffel goedgeit jou slat lat jy eintlik loop skaamkry oor allie genade. ) Kroonnuus, jou getroue plaaslike koerant, sal weer op 15 Januarie verskyn.

Dish full of flavour THIS variation of Mediterranean flavours is quick, colourful, healthy and full of flavour. It is enough for a family of four or a colourful starter for eight people. Mediterranean potato and and sausage dish Ingredients: 4 x medium-sized potatoes (scrubbed, boiled with skin, cut into chunks) 30 to 60 ml olive oil 30 to 60 ml avocado oil (secret ingredient) 1 string Portuguese chorizo sausage (sliced into bite-sized pieces) 1 red onion (sliced into chunks) ½ a green and ½ a yellow sweet pepper (sliced into chunks) 2 Handfuls of cherry tomatoes (rinsed, whole) A handful of fresh basil, rocket and parsley (roughly chopped ) 2 Rings of plain or flavoured feta cheese (chopped into small blocks) Coarse salt and black pepper (optional) Method: Pour olive or avocado oil into large non-stick frying pan. Brown the cooked potato chunks until crisp and golden over medium to high heat. Add sausage slices, onion, sweet pepper chunks and stir-fry until onion is tender, but still firm. Add cherry tomatoes and stir quickly through hot mixture until skins start bursting open. Reduce and switch off heat. Sprinkle feta cheese and freshly chopped herbs over the mixture in the pan. Serve immediately with freshly baked Portuguese rolls

Reads Bible from cover to cover READING the Bible from cover to cover in 90 Days. The cold weather kept everyone cuddled up inside there homes, and during this time the church members of the For Grace Ministries held a 90­day Read through the Bible programme. One of the members who received a certificate of completion was 77­year­old Ma Angie Swartz (right). Her inspiration was that she had never read through the entire Bible before, and she therefore grabbed the opportunity. She encourages others that it is never too late to start. With her is Past. Grace Ros­ souw. Photo: Supplied

Rugbylegende groet Jana Bekker ’n KROONSTAD- en Ventersburglegende het die stryd teen kanker verloor. Hennie de Vos (74), ’n platjie wat maklik ’n geselskap met staaltjies én ’n grap of twee kon

or garlic bread and a glass of ice-cold white wine. Mediterranean ditapole le woroso 4 x medium ditapole. Hlatswa, peha ka pitsa, seha dikotolwana tse kgolo. 30 to 60 ml olive oil 30 to 60 ml avocado oli Portuguese chorizo woroso, e sehilweng 1 eie e kgubedu, e kgabetsweng ½ green pepper, le ½ tshehla ya sweet pepper Cherry tamati Basil, rocket, pietersielie e segilweng 2 rolle tsa feta kase Letswai le peperi Mokgwa Tshela oli (avocado le olive) ka pan e kgolo. Tshela ditapole, di be sootho. Tshela woroso, eie, sweet pepper ka hare. Fuduwa mmoho. Tshela cherry tamati, fuduwa haholo. Tlosa mollong. Tshela feta kase ka hodimo. Tshela herbs ke hape hodimo motswako.

laat lag, ’n rugbyspeler van formaat in die jare sestig en gesoute boer van die distrik Ventersburg, is verlede Vrydag oorlede. De Vos het onder meer van 1964 tot 1966 vir die Blikore (Vrystaat) as senter uitgedraf en was baie

WYLE HENNIE DE VOS. Kroonnuus bedank graag die volgende mense en ondernemings vir die beskikbaarstelling van hul diere vir die

Foto: Verskaf

voorbladfoto: Mossie Mostert van Barnatowitleeus

betrokke by die Wanderers-rugbyklub op Kroonstad. Sy swaer Koos Vergottini sê die beroemde WP-senter John Gainsford het destyds gesê in sy hele loopbaan, ook internasionaal, het De Vos hom in 1964 die hardste geduik. In 1965 was hy deel van die Vrystaat-Platteland-span wat teen Argentinië gespeel het. In dieselfde jaar is hy ook in die Wanderers-uitnodigingspan ingesluit. Toe die Noord-Vrystaatspan (Griffons) in 1968 van die Vrystaatspan afgestig het, was De Vos in dié span. “Baie rugbykenners het gesê as hy meer toegewyd gespeel het, kon hy vir die Springbokke uitgedraf het,” sê Koos. Hy het ook by geleentheid saam met sy seuns vir Kroonstad gespeel. De Vos se seun, Hannes van Kroonstad, sê sy pa was ’n man met integriteit. “Sy reg was sy reg en sy verkeerd was verkeerd. Hy kon met enigiemand gesels, ryk of arm.” Hannes sê sy pa se hande het vir niks verkeerd gestaan nie en hy het nooit van enigeen sleg gepraat nie. Hannes en sy broer, Henno, het saam met hul pa in die distrik Ventersburg geboer. Hul ander broer, Jannie, is ’n vlieënier. De Vos word deur sy vrou, Sannetjie, sy drie seuns, Hannes, Jannie en Henno, drie skoondogters en vyf kleinkinders oorleef. Hy is uit die NG kerk KroonstadOos begrawe.

Ingrad Swart van Boskoppie Dolf Welman van Tweety Pets Cash Truter-stalle Frans du Toit


KROONNUUS, DINSDAG 17 DESEMBER 2013

5


6

KROONNUUS, DINSDAG 17 DESEMBER 2013 LESERS wat ’n nuttige ge­ skenk vir ’n geliefde wil koop, kan gerus dié Volksblad­ka­ lender teen slegs R70 by Kroonnuus se kantore koop. Die kalender bestaan uit 75 pragfoto’s deur amateurfoto­ grawe in Volksblad se lesers­ gebied geneem en beeld die streek uit. Dit is A3­grootte en is op glanspapier van goeie gehalte gedruk.

Wees veilig DIT is eindelik vakansie. Alles is goed beplan, maar jy is dalk bekommerd oor jou huis en die veiligheid daarvan. Hier is ’n paar wenke om te verseker jy kan rustig vakansie hou. ) Kontak jou finansiele adviseur om seker te maak jou lewensversekeringsbehoeftes is reg. ) Gaan die voorwaardes van jou huisversekeringspolis na. ) Sluit jou kosbare artikels in ’n kluis toe. ) Maak seker van betroubare sorg vir jou diere. ) Kanselleer jou koerantaflewering.

Kuier op Facebook KROONNUUS se Facebook-blad sal dié feestyd vir lesers beskikbaar wees om spesiale Kersboodskappe aan vriende en familie te plaas. Hoewel Kroonnuus van vandag tot 8 Januarie gesluit is, sal die Facebook-blad vir lekker vakansiegeselsies en foto’s van mense en gebeure beskikbaar wees. Al wat jy hoef te doen is om Kroonnuus op facebook te “like” en interessanthede daar te plaas.


KROONNUUS, DINSDAG 17 DESEMBER 2013

SCHOOLS NEWS

Pass Unisa music exams

ZOË WILLEMSE pas­ sed the Unisa music theory examination (gr. 2) with 92%, a dis­ tinction. She is a gr. 7 pupil of the Kroon Pri­ mary School.

NOMBULELO PE­ TER, a gr. 7 learner of the Kroon Primary School, passed her Unisa gr. 2 theory examination in music with distinction (97%). Her name appears on the Unisa roll of ho­ nour for passing with above 95%.

PALESA MAKOLI was added to the school’s roll of honour for passing her Unisa gr. 2 theory examina­ tion with distinction (95%). She is a gr. 6 learner of the Kroon Primary School.

ORATILE LETLOE­ NYANE, a gr. 7 pupil of Kroon Primary School in Kroonstad, made it to the Unisa roll of honour for pas­ sing the gr. 2 theory examination in music with distinction.

7

NALEDI MAKOLI, a gr. 7 learner of the Kroon Primary School, passed the Unisa gr. 2 theory ex­ amination in music with 94%.


8

KROONNUUS, DINSDAG 17 DESEMBER 2013

MY KROON-OMGEWING

Hengelaar se lyk in rivier gevind Jana Bekker

TEN volunteer workers were recognised by the Rotary Club of Kroonstad for their unselfish contri­ bution to the community. They have been volunteers at the Lesedi Community Health Centre since 2010 and work from 07:00 to 12:00 daily without remuneration doing TB and HIV screening and assisting at the facility. Rotary donated Christmas hampers to the volunteers in recognition of the wonderful work they had done at the centre. From the left are, front: Motsidisi Teletsane, Elizabeth Mahlatsi, Kunny Mofolane and Makgeni Mothupiack; back: Lindiwe Melamu, Lydia Ga­ buse, Steve Shone (Rotary Club of Kroonstad), Masabala Moqoati, Alina Taleng and Alice Kgati. Absent: Gladys Mooi. Photo: Supplied

VILJOENSKROON. – Die lyk van ’n man wat Maandagoggend gaan hengel het, maar nie teruggekeer het huis toe nie, is in die Renosterrivier gevind. ’n Paar tekkies, ’n bruin broek en ’n blou hemp van Pule Donald Mokabe (41) het sowat twee meter van die water af op die oewer gelê terwyl polisieduikers na sy lyk gesoek het. Mokabe het op die plaas Leeudraai, ongeveer 25 km buite Viljoenskroon op

die Potchefstroompad, gaan hengel. Hy het egter nie die aand teruggekeer huis toe nie. Toe sy seun na hom gaan soek het, het hy op die klere en skoene afgekom. Mokabe se visstok was steeds in die water. Die seun het die polisie verwittig. ’n Baber het meters van die oewer af gedryf. Die moontlikheid bestaan dat Mokabe die vis uit die water wou haal. Mokabe se familie kon nie vir kommentaar bereik word nie.

KONST. ARNO CRONJÉ en ao. Johan Holtzhausen maak hulle gereed om na die lyk te soek. Foto: Jana Bekker

DIE jagplaas van Soon Taljaard, Chimoio, is ook binne ’n radius van 10 km van Kroonstad geleë. Dié wildebeeste baljaar tussen die gras ná die milde reën.

Foto: Tharine Geldenhuys

Project succeeds in bettering standards Tharine Geldenhuys THE Fezile Dabi District Municipality embarked on a Food Safety Project in the beginning of 2013. The purpose of the project was to uplift the hygienic standards of food hawkers and to improve Kroonstad’s appearance. All the participants in the food safety project were given prizes. The top five winners in the project were also awarded prizes and certificates of participation on 10

December at the Kroonstad Public Library. The first prize went to Dagbreek Takeaways, the second prize to Bochedi Takeaways, third prize to Motlalepule Takeaways, forth prize to Bronco’s Take-aways and the fifth prize to Eden Take-aways. “During the evaluation, the results showed that most of the participating stalls complied with the standards regulating food safety,” said Kgomotso Magape of the Kroonstad branch of the Health and Safety Department.

DIÉ spogperde behoort aan Cash en Hermien Truter. Hul perdestalle is sowat 10 km suid van Kroonstad langs die N1­hoofweg. Foto: Tharine Geldenhuys

THE health and safety winners are from the left Eden (first), Bronco’s (fourth), Motlalepule (third), Bochedi (second) and Dagbreek (first). Photo: Supplied

Kies dié Kersgeskenk KERSTYD kom nader en die kopkrap oor geskenke koop bereik ’n hoogte­ punt. Volksblad se 2014­kalender be­ staande uit 75 pragfoto’s is ’n nuttige oplossing. Die foto’s is deur amateur­ fotograwe in Volksblad se lesersge­ bied geneem en beeld die streek uit. Dit is A3­grootte en is op glanspapier van goeie gehalte gedruk. Elke maand is op ’n afsonderlike bladsy en vakansiedae en skoolkwartale word aangedui. Januarie 2015 is ook inge­ sluit. Slegs 500 kalenders teen R70 elk is beskikbaar. Die kalenders is by Volksblad se kantore in Bloemfon­ tein, Welkom en Kimberley en op Kroonstad, Bethlehem, Kuruman en Upington beskikbaar.


KROONNUUS, DINSDAG 17 DESEMBER 2013

Skenk bloed en skenk lewe DIT is vakansietyd, ’n tyd vir familie, vriende en om liefde en geskenke te deel. Terwyl die meeste mense die geskenk van lewe ervaar, is daar ongelukkig ander mense wat siektes in die gesig staar wat hulle verhoed om die tydperk saam met hul gesinne en familie deur te bring. “Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) moet elke dag 3 000 eenhede bloed insamel om aan die bloedbehoefte van pasiënte in Suid-Afrika te voldoen. Statistieke wys minder as 1% van die 50+ miljoen bevolking skenk bloed,” sê Vanessa Raju, kommunikasiebestuurder van die SANBD. Maak tyd dié vakansie om bloed te skenk waarmense se lewe gered kan word. Dit duur slegs 30 minute en dit kos nie ’n sent nie. Gee die beste geskenk; gee die geskenk van lewe. Die bloedskenkkliniek is by die Checkers-sentrum op Kroonstad geleë.

Vir meer foto’s en nuus besoek www.kroonnuus.co.za

9


10

KROONNUUS, DINSDAG 17 DESEMBER 2013

FAMILIEKENNISGEWINGS

ALLERLEI 1655

IN MEMORIAM 1015

DAWIE VAN DER WATH Mams 13 jaar is verby Ook mis ek die stem, die sagte reuk en al die laggies. Ek dra mams se medemenslikheid en belydenis van God se genade daagliks met my saam Soms voel dit of mammie nog steeds net 'n foonoproep ver is. Daphne, Kinders en Kleinkinders ALGEMENE KENNISGEWINGS GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210

30% AFSLAG OP ALLE BLINDERS. Sluitingsdatum op 3 Desember 2013. Top Carpets 056 212 5507.

BELLO MIA EN HOUSE OF DÉCOR Hillstraat 20 Hill Street Nuwe adres! Oorkant Paint Shop Kom kyk na al die silwerbakke, kandelare, glase, ens. vir jou huis. Lekker geskenke vir elke geleentheid. Verhuring van dekor vir funksies ook. Die mooiste kindergeskenke en klere vir kleuters, babas en kinders. Tandekrale en snoesige langoorhasies vir troostye ook hier beskikbaar. Skakel 082 554 5852.

BLACK BERRY 9900 soos nuut. Kroonstad: 076 168 1921 alle ure LEKKER BRAAIHOENDERS VIR KERSFEES TE KOOP Skakel Dave Jordaan 082 573 9927 IETS VIR DIE KERS-SEISOENMUURDEKOR in 'n oogwink. Verskeie muurplakkers vir kinderkamers, skuifdeure, kombuis, ens. Top Carpets 056 212 5507.

POOLWELL BEDANK U MON CHÉRI PERFUME: vir u ondersteuning Equal to well-known deur die loop van die jaar. Geseënde Kersfees brands like Red Door, Chanel No 5, Dolce & Cabbana, en Voorspoedige Pure DKNY and Hugo Boss. Nuwejaar! 57 Different fragances to choose from. PERSOONLIKE Contact 082 886 3820 DIENSTE SPYSENIERING & LOKALE 1401

FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, dekor, spyseniering, kerse, tafels en stoele, stoeloortreksels, kandelare, 'underplates', breekware, tafeldoeke, rooitapyt, ens. Skakel 079 515 8814.

TE KOOP

BOUMATERIAAL 1610

KLEIBAKSTENE IS BETER BERTS BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene, Kleisierstene, Kleiplaveiselstene, Sement maxi stene, Sementpleisterstene, Sementplaveiselstene, Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za

PURIFIED WATER DELIVERED AT YOUR DOORSTEP Dispenser hire with 6 refills at only R 230 per month. Month to month basis. For more info and other services - 061 425 6598 SHOES: Green Cross, Crocs, Aerosoft, Rock Spring, Tsonga, Paradise, Young Clinic, Pierre Cardin, health shoes, fashion shoes, etc. Available at Shoetique (langs ou Cyril Smiedt). Vir meer besonderhede Sylvia 082 908 9555.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS

KLERASIE

Die gebruik van die letter

1615

HOT SPOT: (oorkant Clicks). GROOT WINTERUITVERKOPING! Kom loer gerus. Vir meer inligting skakel Sylvia 082 908 9555.

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE


KROONNUUS, DINSDAG 17 DESEMBER 2013

VERVOER & BERGING

VAKANSIE & REIS

WOONSTELLE TE HUUR

AKKOMMODASIE

ROOMS AND FLATS TO LET. Contact 082 908 9555.

1870

HARNO VERVOER 4- en 8-ton-trok beskikbaar vir die verwydering van bourommel en algemene vervoerwerk. Skakel 073 157 7248. JEF'S ALGEMENE VERVOER EN NUTSMAN: Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe, ens. Skakel 083 494 5877. Faks: 056 212 1322.

WAS VAN MATTE EN SITKAMERSTELLE voor die Kerstyd. Top Carpets 056 212 5507. TAXIDIENSTE: Vir u en u pakkies. Skakel 079 800 6077

2635

HOLIDAY ACCOMMODATION: KZN South Coast (Elysium) 80 km south of Durban. Contact details 083 693 8257 R550/n.

VOERTUIE

BOME MIGHTY & DR PLUMBING: Building, welding, plumbing, geysers, gutters, paving, drains, leaking roof repairs, tiling, painting. Low, low prices. Managing director: Daniels. 073 361 1552.

3250

1871

HOUTKAPPERTJIE: 083 568 1568 Afsaag, 'trim' en verwyder van bome. Kaggelhout te koop.

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

VOLWASSENES

3205

2015

2 SLP TUINWOONSTEL R 2 000 + Deposito onmiddelik beskikbaar EN 2SLPK HUIS R 2 700 + Deposito vanaf 1 Jan 2014 beskikbaar. Kontak 082 462 5247

1660

EIENDOMME

YORKSHIRE TERRIER OULIKE KERSGESKENKIE!! Reuntjie beskikbaar. Klein tipe. Silwer Grey Bloedlyn. Prys R 3 000. Gebore 20.09.2013 Skakel 078 572 3036

SAKEPERSELE 3215

PERSELE TE HUUR: Skakel 082 908 9555.

GESOEK OM TE KOOP 1675

EK IS OPSOEK NA EIERS OF KLEIN WILDE TARENTALE. Bereid om te betaal. Skakel 071 374 3730 TE KOOP GEVRA: Enige elektriese en handgereedskap asook houtwerkgereedskap en -toerusting, meubels, yskaste, antieke goedere en enige ander artikels. Skakel 056 212 5418 of 076 168 1921.

ALGEMENE & HUISDIENSTE TUIN & BESPROEIING 1825

OM GRASSNYDIENSTE: Gratis kwotasie. Skakel Orton 082 729 6000.

ALLERLEI 1845

AIR ENGINEERING CC Company Reg number: CK 2013/063/8468/4 Refrigeration and Airconditioning Contractors Repairs, Installations & Services. Contact John: 071 767 7738

TOP CARPETS BEDANK u vir die ondersteuning deur 2013. Voorspoed vir die Nuwe jaar. Sluitingsdatum: 20/12/13 en heropen 08/01/14 TOP TILE sal oop wees vir besigheid LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 22 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 0828914052

KINGS BLINDS: Alle tipes blinders ook wasen herstelwerk Skakel 082 783 1396. MAAK EN RESTOUREER van houtmeubels, boekrakke, biltongkaste, koffietafels, bedkassies, bedkopstukke ens. Skakel Dave Jordaan 082 573 9927.

Nuutgeboude, moderne, 2 slaapkamer woonstel, 90 m2, in veilige area met pragtige rivier front. Geen honde. R 2000.00 per maand. Plesseymeter, gratis skoon water. Kraalkophoewe. Parkering. Skakel 082 410 3239 TE HUUR

PRIVAAT

TROETELDIERE MALTESE POEDELS te koop @ R 750 elk Kontak: 072 802 1019 081 545 5840

GEMEUBILEERDE EENMAN Tuinwoonstel R 1 800 pm. Water & krag ingesluit. Veilige parkering Skakel 083 955 3546

HUISE TE KOOP 3275

NETJIESE UITGEVERFDE 3-slk-huis te koop. Fowlerstraat 26. Ruim woonhuis. Prys verlaag. Skakel 082 908 9555.

HOUSE FOR SALE in Sentraal House is in good condition and is very neat. 3 Bedrooms and 3 Bathrooms Contact 072 634 2111

EDENVILLE HUIS TE KOOP - 2 Slpk, 2 Badk 2 Stoepkamers. Afdak 2 motors. R 180 000. Stil woongebied. 079 800 6077 HUIS TE KOOP DRIE SLAAPKAMER Huis te koop in Allanstraat, naby Kroonheuwel skool. Kontak nr. Werksure 056 212 2046 of 082 870 9252 HUISE TE HUUR 3270

HOUSE FOR RENT 3 Bedrooms and 3 Bathrooms Ideal for contract workers Contact 072 634 2111

UITSIG HOUSE TO LET 01 January 2014 R 3 300 pm. Contact Herman 082 799 6297 MEENTHUISE TE HUUR 3325

3 SLAAPKAMER MEENTHUIS met 2 badkamers en dubbel motorhuis te huur by Die Oewer nr. 9 Onmiddelik beskikbaar Skakel 082 808 8381

11

2-SLK-MEENTHUIS met 1 badkamer, grondvloer. Veilige kompleks. Sentraal geleë. Dubbelonderdak parkering. Skakel 082 550 3880.

BETREKKINGS 3600

BETREKKINGS GESOEK 3670

DOMESTIC WORK 3 - 5 DAYS PER WEEK Contact 078 740 8908 ALGEMEEN 3680

AVON REPS NEEDED: Commission based. Part or full-time. Contact 082 886 3820 or 082 377 5104 HONEY CONSULTANTS NEEDED: Commission based. Part or full-time. Contact 082 377 5104 or 082 886 3820 VERKOOPSDAME met vorige kliënte diens ondervinding benodig by Serfontein Saailinge Kwekery. Kennis van Excel, Pastel en plante sal 'n voordeel wees. Matriek kwalifikasie en vlot Afrikaans en Engels 'n minimum vereiste. Faks CV na 086 600 3785


12

KROONNUUS, DINSDAG 17 DESEMBER 2013

Vir meer foto’s en nuus besoek www.kroonnuus.co.za

Draf vir hul naaste Catherine Snyman DEELNEMERS aan die Kroonstadse Rotary-klub se pretwedren wat tydens die aandmark op die jaarlikse Fees van Liggies aangebied is, het bewys dat Kroonstad se mense, en veral die jong mense, omgee vir diegene in nood. Die Rotariërs beoog om die pretren oor 10 km voortaan jaarliks aan te bied en meer deelnemers te werf. Die opbrengs van die ren is ten bate van Kroonnuus se Koskas-projek aangewend. Groter pryse is ook in die vooruitsig vir die wat hul tekkies aangetrek het en die 10 km kafgedraf het. Vanjaar se wenners was grotendeels jong mense en dit is ’n riem onder die

hart. Die Comrades-ultramarathon het met slegs agt deelnemers begin en wie weet watter hoogtepunt dié ren kan bereik? Die wenner van vanjaar se pretren is Estean van Niekerk. Hy het ’n selfoon van Vodashop gewen. In die tweede plek is Elria Munro wat ’n lekker musiekgeskenkbewys van Musica gewen het, terwyl Dion de Beer in die derde plek ook musiek van sy keuse by Musica kan koop. Elke deelnemer het ’n vleisprys van die Maningi-slaghuis gekry. Die Rotariërs wil al die deelnemers vir hul geesdrif bedank. Deur jul opofferings gaan die honger magies dié feestyd tevrede gestel word.

Gooi skeie dat dit klap VIER Kroonstadters is in onderskeidelik die Suid-Afrikaanse jukskeispanne (Suid-Afrikaanse span) en die Suid-Afrikaanse A-jukskeispanne (Suid-Afrikaanse A-span) ingesluit. Kroonnuus het verlede week per abuis in die onderskrif van ’n foto van Gerbrand de Bruin op die Suid-Afrikaanse junior jukskeikampioenskappe berig dat hy vir die Noord-Vrystaatse Junior Jukskei-unie speel. Hy speel egter vir Gauteng-Wes. Die o.13-spelers in groen klere is ook per abuis as dié van Noord-Vrystaat aangedui. Die foto is egter van die Gauteng-Wesse Jukskei-unie.

MAX MOEKETSI is in die Suid­Afrikaanse o.19A­seunsjukskeispan ingesluit.

DIE wenners van die pretwedren wat die Kroonstadse Rotary­klub aangebied het, is van links Elria Munro, Estean van Niekerk, Colin Beckett (Rotariër), Teané le Roux, Annette le Roux, Steve Shone (Rotariër), Amanda de Boer en Bobby de Kock. Foto: Verskaf

GERHARD DU PREEZ is in die Suid­Afrikaan­ se o.16­seunsjukskeispan ingesluit.

THINET JOUBERT is in die Suid­Afrikaanse o.19A­jukskeispan ingesluit. Fotos: Finns-ateljee

ANNELIZE JANSE VAN RENSBURG is in die Suid­Afrikaanse o.19­jukskeispan ingesluit.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.