Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 14 JANUARIE 2014
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Mqwathi under fire
Workers state their demands Tharine Hurter
MUNICIPAL EMPLOYEES of Moqhaka went on a toolsdown strike on Monday. A memorandum was also handed to the municipality. However, after the Moqhaka Council negotiated with the dissatisfied employees, municipal employees started to deliver municipal services on Thursday. Morena Thebe is the official spokesperson on behalf of the progressive 875 municipal employees. The media was not allowed to witness the physical handing over of the memorandum to the top management of Moqhaka. In the memorandum, the employees state that they have reached a point of no return in terms of demands that have fallen on deaf ears at the Moqhaka Council and that they have decided to shut down all municipal services without any exception from last Monday, 6 January. The council met with the employees in order to address the protest. Employees demanded that the municipal manager, Mncedisi Mqwathi, resigned with immediate effect. The workers demanded that Mqwathi and his directors meet at the Allen Rautenbach Hall in the presence of the 875 employees. Threats were made that a voluntary phase 2 action
THE head of Mncedisi Mqwathi, the municipal manager of Moqhaka, will roll if the Moqhaka municipal employees get their way. Photo: Tharine Hurter would take effect, should Mqwathi not resign. The workers gave the assurance that the actions taken would be peaceful and no tyre-burning would take place. The demands of the employees are: 1) The resignation of Mthunzi Mthwalo (director of corporate services), because he failed to
disclose that he had been struck off the attorneys’ roll as a result of clients’ funds. This means that he has misrepresented himself and the municipal manager failed to do due diligence before his appointment; 2) Outstanding telephone bills of (071) numbers must be scrapped with immediate effect;
3) Addressing overall unfair staff treatment in respect of submissions, acting allowances where certain employees benefit; 4) Addressing the irregular appointment of a certain S.B. Kula. He was chased away by the employees, whereafter he went to the Department of Labour and the cost is believed to
amount to some R30 million. This money must be recovered from Mqwathi, the employees demand; 5) The payment of Mqwathi’s private accommodation with council funds must also be recovered immediately; 6) The payment of Mqwathi’s private groceries and food, also with council money, must also be repaid by him; 7) Illegal leave encashment by Mqwathi is a matter of concern and the employees want it to be recovered; 8) The costs connected to the illegal appointment of the companies CPI Payroll, Easi Q and Xavier Mac Master must be claimed back from these companies. 9) Furthermore, according to the official memorandum, Mqwathi ridiculed some of the black employees by calling them “donkeys” and “stupid Freestaters”; 10) The overall poor state of delivery and poor infrastructure over the years under the leadership of Mqwathi are not what the employees stand for; 11) Hans Engelbrecht, a financial official, was sent to Moqhaka by the National Treasury to help to clean up and get a clean audit for Moqhaka. The employees are not satisfied with his appointment and want to see immediate termination for the secondment; and 12) Employees are fed up with the continuous disclaimer by the Auditor General under Mqwathi’s leadership.
READ more about the dissatisfaction of Moqhaka Municipal employees and residents regarding the leadership of the top management of the municipality on p 12.
2
KROONNUUS, DINSDAG 14 JANUARIE 2014
‘Wat jy saai, sal jy maai’ Anne-Lize Jansen van Vuuren ’n MATRIKULANT van die Hoërskool Kroonstad (Bloues) was die enigste verteenwoordiger van dié dorp wat na die gelukwensingsgeselligheid van die Vrystaatse departement van onderwys genooi is wat Dinsdag in Bloemfontein aangebied is. Die voormalige hoofmeisie van die Bloues, Eske van der Merwe, het nege onderskeidings behaal. Sy het in haar matriekjaar kans gesien vir tien vakke en het in drie bykomende vakke ekstra klasse geneem. Wiskunde is haar gunstelingvak, sy hou van begripwerk en stel van kleins af in dié vak belang. Sy skryf egter haar syfervaardigheid daaraan toe dat haar ma, Esmé van der Merwe, haar sedert laerskooldae by die Kroonstad-akademie ekstra wiskundeklasse laat neem het. Sy het nietemin onderskeidings in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), lewensoriëntering, rekeningkunde, biologie, fisiese wetenskap, wiskunde, wiskunde (derde vraestel) en alpha-wiskunde behaal. “Baie dankie vir al my onderwysers vir hul raad en bystand, asook Marchien Otto vir die ekstra wiskunde-vakke,” sê Eske. Dié meisie met die kenmerkende breë glimlag het ’n streng beleid gevolg om altyd haar akademie voorop te stel. Nietemin het sy steeds vir haar skool se tweede netbalspan uitgedraf en ook die Twee Oseane-halfmarathon voltooi. Sy beskou hardloop as goeie terapie.
ESKE VAN DER MERWE is die Hoërskool Kroonstad (Bloues) se beste presteerder in die matriekeindeksamen. Sy was hoofmeisie van die skool.
‘Werk hard, moenie dat enigiets jou terugsit nie. Stel jou akademie eer ste, harde werk word al tyd beloon. Wat jy saai, sal jy maai.’ – Eske van der Merwe Eske is die dogter van Flip en Esmé van der Merwe, bekende boere van die plaas Harmonie in die omgewing. Soos haar broer, Hannes, ’n landbou-ekonomiestudent in sy vierde jaar, word sy ook vanjaar ’n Tukkie. Sy gaan ’n driejaarkursus in BScFinansiële en Aktuariële Wetenskap aan die Universiteit van Pretoria volg. Haar nuwe tuiste in die Jakarandastad is die Madelief-dameskoshuis. Gevra wat en wie haar inspireer: “Beslis my ouers, maar my selfmotivering is ook goed. Ek put my inspirasie daaruit dat ek besef as ek
in myself belê ek daarby baat vind. Daarom ook die ekstra vakke in my matriekjaar, dit is ’n belegging in myself, maar ook noodsaaklik, dit gaan die aanpassings wat universiteit verg soveel makliker maak.” Sy glo ook dat haar jaar as hoofmeisie haar voorberei het op haar toekoms. “Dit leer jou om jou man te staan, om in ’n groep saam te werk en kalm te bly al is dit moeilik. Die selfstandigheid wat daaruit spruit, is ongelooflik.” Eske sê sy sal Kroonstad en haar grootwordjare hier nooit kan vergeet nie. “Ek sal altyd in murg en been ’n Bloue wees. In die Hoërskool Kroonstad het ek nie net goeie vriende gemaak en by wonderlike onderwysers klas gehad nie. Ek het geleer om saam te werk met verskeie kulture – dit was wonderlike blootstelling. “Die geleenthede wat by dié skool gebied word om ook soveel meer Engels te praat is ook van onskatbare waarde. Wat ek altyd sal onthou, is dat spanwerk vir ons skoolhoof, William Drinkwater, en die personeel belangriker was as om te wen. Die regverdigheid by die Bloues sal jy moeilik elders vind, daar is nie status en allerlei voorkeure nie, al die leerlinge word oor dieselfde kam geskeer.” Dié toppresteerder se boodskap aan al haar maats wat sy agterlaat wat die jaar weer die kenmerkende blou skooldrag aantrek: “Werk hard, moenie dat enigiets jou terugsit nie. Stel jou akademie eerste, harde werk word altyd beloon. Wat jy saai, sal jy maai.”
Tien vir Danie Jana Bekker
bly dit is verby. Hy het onderDANIE SERFONskeidings in TEIN van die Afrikaans Afrikaanse (huistaal), Engels Hoërskool (eerste addisioneKroonstad le taal), wiskun(Rooies) is op dié de, lewensoriënskool se Artestering, rekeningaand verlede jaar kunde, aangewys as die rekenaartoepasleerling wat die singstegnologie, beste kans op dramatiese DANIE sukses het. kunste, lewensSERFONTEIN Dié titel het hy wetenskap en gestand gedoen fisiese wetenskap deur nege onderskeidings in behaal. Lewenswetenskap, matriek te behaal. Sy tiende wiskunde en fisiese wetenonderskeiding is in alpha-wisskap was sy gunstelingvakke kunde, ’n vak wat onlangs vir en hy het die minste van tale Suid-Afrikaanse leerlinge gehou. “Ek is nie ’n tale-mens bekend gestel is en wat deur nie. Ek kan nie spel nie,” het Marchien Otto, ’n onderwyser hy aan Volksblad, moederkoeaan die Rooiskool, privaat op rant van Kroonnuus, gesê. Kroonstad aangebied word. Danie het in 2013 derde in Op dieselfde aand is hy as die matriekpresteerder-komMnr. Vriendelik, Mnr. petisie in die Fezile DabiAlwetend en Mnr. Persoonlikstreek geëindig. Hy was ook heid aangewys. “Ek het nie ’n lid van die Vrystaat-jeugMnr. Bene gewen nie, want leiers, die provinsie se my bene is ’n bietjie maer,” Voortrekkerleiers, lid van die spot hy met homself. leerlingraad en ’n koorleier. Danie sê dit is belangrik Hy was verlede jaar ook om ideale en doelwitte vir onder die 50 bestes in die jouself te stel en hard te Fisiese Wetenskap-olimpiade. werk. Dié leerling, wat Sy pa, Phillip, het Danie medies aan die Universiteit grootgemaak nadat sy ma van die Vrystaat (UV) gaan oorlede is toe hy vyf jaar oud studeer, sê hy wou van kleins was. Hy het twee ouer af ’n dokter word. sussies, Anriette (21) en Hy het altyd van skool Chené (25). Sy raad aan ander gehou, maar in matriek was is om hard te werk en om hy “regtig uitgeput” en hy is positief te wees.
OOS VRyStAAt KAAp BEdRyf BEpERK, is ’n welvaartskeppende landbougroep met sy hoofkantoor te ladybrand en sowat 1800 werknemers in diens, wat ’n verskeidenheid dienste aan die boeregemeenskap lewer. Aansoeke word tans ingewag vir die volgende vakatures:
Landboukundige (Ficksburg)
Aansoekers moet oor ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie in landbou (grondkunde en akkerbou) beskik aangevul deur ten minste drie jaar toepaslike ondervinding as landboukundige Goeie rekenaar-, kommunikasie- en taalvaardighede in Afrikaans en Engels word vereis om die suksesvolle aansoeker in staat te stel om kritiese take uit te voer soos navorsing en byhou van inligting om tendense vas te stel, skakeling met belanghebbende instansies, bedryfsondersteuning aan boere en bywoon van landbouvereniging vergaderings.
SiLobeStuurder (Fouriesburg)
Aansoekers moet oor ten minste matriek, alle graderingsen silobedryfskursusse en ongeveer 3 jaar toepaslike ondervinding beskik. Daarbenewens moet hulle gemotiveerd en kliëntgeoriënteerd wees, onafhanklik kan werk, personeel as ’n span kan laat funksioneer en in staat wees om ’n silo binne ’n nuwe gedereguleerde bemarkingsomgewing suksesvol te bestuur.
takbeStuurder
(Total Queenstown) Aansoekers moet oor ten minste 3 – 6 jaar toepaslike bestuurservaring binne ’n brandstof omgewing beskik met spesifieke kennis van logistiek, personeelbestuur, veiligheidsrisiko’s, voorraadbeheer en kontroles asook relevante administratiewe prosesse. Verdere vereistes sluit in baie goeie kommunikasievaardighede en vermoë om goeie interpersoonlike verhoudinge te kan handhaaf om binne ’n kliëntediensgedrewe omgewing te kan funksioneer.
GegradueerdeS
beStuurder: MeuLe
Ons is tans in die proses om te kyk na studente wat gedurende 2013 hul graad / diploma behaal het met die oog op indiensneming (permanente poste).
Vereistes: •Bewese ervaring van ’n meule met spesifieke kennis van die mieliemaalbedryf en meegaande produkte •Goeie kennis van produksie- en maalprosesse asook kwaliteitbeheer en instandhouding •Relevante ondervinding van personeel-, bemarkings- en finansiële bestuur •Kennis van relevante HACCP prosesse.
Toepaslike kwalifikasies sluit in enige landbou, landbouekonomie, B Com, bemarking, rekeningkundige graad/ diploma.
(Tweespruit)
beMarker: LandboudienSte en -benodighede (Oos-Vrystaat)
Aansoekers moet oor verkieslik ’n naskoolse bemarkingskwalifikasie beskik, ten minste 5 – 8 jaar toepaslike ervaring binne ’n agri-besigheidsomgewing asook uitstekende kennis van landbouprodukte en -dienste. Verdere vereistes sluit in: •Baie sterk kommunikasie-, onderhandelings- en bemarkingsvaardighede •In staat om goeie kliënteverhoudinge te ontwikkel en in stand te hou •’n Bewese rekord in die identifisering en vervulling van kliëntebehoeftes met verhoogde markaandeel as resultaat •Goeie syfervaardighede.
bedryfSbeStuurder: brandStof en bande (Oos-Vrystaat)
Die suksesvolle aansoeker sal aan die Hoofbestuurder: Handel rapporteer en primêr verantwooordelik wees vir SSRA 101605
die winsgewende bestuur van die brandstofverspreidingspunte, bandesentrums, vulstasies en kiosks. Vereistes vir die pos: •Toepaslike kennis en ervaring van die brandstofen bandebedryf asook 24-uur kioskwinkels •In staat om beheer- en kontrolemaatreëls te ontwikkel en te implementeer by die verskillende bedryfspunte •Sterk syfervaardighede met spesifieke blootstelling aan begrotings en inkomstestate •Bereid om baie te reis •In staat om personeelbestuur en dissipline toe te pas •Blootstelling en vaardighede om binne ’n kliëntediensomgewing te kan funksioneer •Vermoë om nuwe besigheidsgeleenthede te identifiseer en huidige markaandeel te verhoog.
Kandidate sal oorweeg word vir poste regoor ons bedieningsgebied wat insluit ons bedryfsafdelings (handel, meganisasie en motors, graan, nywerhede, veselafdeling, finansiering, versekering) asook dienste afdelings (finansies, menslike hulpbronne, interne oudit). Vereistes sluit in goeie taal- en kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels, basiese rekenaarvaardigheid, geldige rybewys en in staat om binne ’n kliëntediensgedrewe organisasie goeie verhoudinge te kan handhaaf.
trekkerwerktuigkundige (Cradock)
Aansoekers moet gekwalifiseerde trekkerwerktuigkundiges wees en oor toepaslike opleiding en ondervinding van trekkers, stropers en landbou-implemente beskik. Aansoekers wat ’n hoë produktiwiteitsvlak kan handhaaf en onafhanklik kan funksioneer sal voorkeur geniet. Skakel Robert Mostert by (051) 923 4506 vir meer besonderhede. Aansoeke moet verkieslik per epos gestuur word na robertm@ovk.co.za met duidelike vermelding vir watter pos u aansoek doen. Alternatiewelik kan u ’n aansoek faks na (086) 6325 983.
SluitinGSdAtuM: 20 JAnuARiE 2014.
Tinette reg vir ingenieurswese Tharine Hurter SY mis haar tiende onderskeiding met nét een punt. Letterlik een, want die wiskunde- derde vraestel het uit 100 getel. ’n Hermerk kan die slimkop van die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) TINETTE BRÜMMER Tinette Brümmer se gemiddelde 86% in die matriekeindeksamen beslis verhoog. Sy het in 12 vakke eksamen geskryf. Die twee bykomende vakke wat sy geneem het, is addisionele wiskunde en alpha-wiskunde. ’n Loopbaan in siviele ingenieurswese wink. Sy gaan vanjaar by die Universiteit van Pretoria studeer. “Dis presies wat ek wil doen,” sê sy. Sy het onderskeidings in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), wiskunde, lewensoriëntering, rekenaartoepassingstegnologie, dramatiese kuns, ingenieursgrafika, lewenswetenskap en fisiese wetenskap behaal. Haar ma, Jean, vakadviseur in biologie vir die Fezile Dabi-streek, het vir 12 jaar dié vak by die Hoërskool Kroonstad aangebied. Haar pa, lt. kol. Danie Brümmer, verbonde aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag op Kroonstad, is trots op sy dogter se prestasies. Hy was etlike jare voorsitter van die Rooies se beheerliggaam en moes nou met sy jongste wat nou klaar met skool is, die tuig neerlê. “My kind het aan alles wat die skool aangebied het, deelgeneem. Sy sit hart en siel in alles wat sy doen en werk hard om ’n sukses daarvan te maak. Sy sit altyd ’n handjie by om ander te help,” sê Danie. Haar raad aan matrieks is om van die begin af “verskriklik hard te werk”, maar om nie matriek “te ernstig te vat nie”. “Ek het gevind vanweë die baie goed wat ek gedoen het, het ek beter gevaar.”
‘Ek het ge vind vanweë die baie goed wat ek gedoen het, het ek beter ge vaar.’ – Tinette Brümmer
KROONNUUS, DINSDAG 14 JANUARIE 2014
3
Bloues mág spog Tharine Hurter DIE Hoërskool Kroonstad (Bloues) spog met ’n slaagsyfer van 97,1% in die 2013-matriekeindeksamen. Hiermee is William Drinkwater, skoolhoof, baie tevrede. “Baie dankie aan dié toegewyde personeel en leerlinge vir jul harde werk,” was sy kommentaar op die uitslae. Met ’n slaagsyfer van 97,1% en 58,3% met matriekvrystelling en 35,9% matrikulante wat verder aan ’n tersiêre instansie kan studeer, is dit duidelik dat dié groep en hul leerkragte hard gewerk het. ’n Verdere bewys hiervan is die 75 vakonderskeidings wat behaal is. Die beste presteerder en Bloues se trots is Eske van der Merwe wat met nege onderskeidings kan spog. Hierdie dux-leerling en hoofleier in 2013 het onderskeidings in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskap, fisiese wetenskap en wiskunde (derde vraestel) behaal. Sy het ook ’n onderskeiding in ’n buite-kurrikulêre vak, alpha-wiskunde, behaal. Eske is ook een van die Vrystaat se topkandidate. Twee leerlinge, Fatima Dasoo en Danielle Roux, het elk vier onder-
skeidings behaal. Chané de Ru, Graham Gantsho, Lucy Kapp, Stefan Lötter, Taalia Saley en Celé Wepener het elk drie onderskeidings behaal. Dit is ook vir die skool verblydend dat die tegniese afdeling besonder goed gevaar het met sewe onderskeidings. Gesien in die lig van die tekort aan tegnici in ons land, is dit veral vir die skool ’n groot prestasie. Drinkwater was nietemin teleurgesteld in die wetenskapuitslae. “Leerlinge het goed gevaar gedurende die jaar en in die nasionale departementele rekordeksamen. Ek en die personeel kan nie die punteverskil in die eindeksamen kleinkry nie. Dié groot verskil het verreikende gevolge vir party leerlinge. “Nogtans dankie vir elke onderwyser se insette, die ekstra klasse en die toewyding van dié groep, julle het ’n onuitwisbare indruk op jul skool gemaak. Baie sterkte vir jul pad in die grootmenswêreld en moet ons nooit vergeet nie,” was Drinkwater se afskeidswoorde aan die matrieks. ) Lees op bl. 2 oor Eske van der Merwe, wat na die Vrystaat se gelukwensingsgeselligheid vir presteerders uitgenooi is.
DIE Bloues Chané de Ru (links), Danielle Roux (middel) en Roelien Pentz was baie tevrede met hul uitslae. Foto: Anne-Lize Jansen van Vuuren
DIE Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) se 2013-matrieks is in die wolke omdat dié skool die sewende jaar agtereenvolgens ’n 100%-slaagsyfer in die eindeksamen behaal het. Van links is, voor: Tinette Brümmer (9 onderskeidings) en Danie Serfontein (10 onderskeidings), die skool se beste presteerders; eerste ry: Amandi Louw (2), Simoné Spies, Louise de Jonge, Chamoze Snyders (5), Hanesia Horn, Bianca van Coller, Thinet Joubert en Tharien Froneman; tweede ry: Dienka Staal (3), Carla Hills (4), Donné van Wyk en Franzel Fourie; agter: Gert Otto, TP Kleynhans (3), David Rule, Aldert van Wyngaard, Lyall Brown en Pieters Burgers (6). Foto: Tharine Hurter
Rooies se werk beloon Tharine Hurter
’n JAAR se harde werk is beloon. Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) se personeel, leerlinge en ouers het in ’n gesamentlike poging seker gemaak dat die 2013-matrieks goeie uitslae behaal. “Ons salueer jul puik prestasie en is baie trots op julle,” sê Anton Janse van Rensburg, die skoolhoof. Die Rooiskool het die sewende jaar agtereenvolgens ’n 100%-slaagsyfer behaal. Volgens Janse van Rensburg het die departement van onderwys ook bevestig dat die Rooiskool die sewende plek in die Vrystaat beklee. Dié skool is ook aangewys as die beste in die Fezile Dabi-distrik en is geprys vir sy uitstekende prestasie in wiskunde,
sê hy. Die Rooies spog met 158 vakonderskeidings: 65 in lewensoriëntering; 9 in Afrikaans; 8 in Engels; 8 in wiskunde; 12 in wiskundige geletterdheid; 11 in lewenswetenskap; 6 in gasvryheidstudie; 6 in rekeningkunde; 5 in drama; 6 in ingenieursgrafika-en-ontwerp; 4 in fisiese wetenskap; 2 in toerisme; 3 in besigheidstudie; 11 in rekenaartoepassingstegnologie en 2 in alpha-wiskunde. Die oes van onderskeidings is: Danie Serfontein 10, Tinette Brümmer 9, Johane Potgieter 6, Pieter Burgers 6, Ine de Villiers 5, Chamoze Snyders 5, MC Stoman 5, Hanlie Claasen 4, Louise de Jonge 4, Carla Hills 4, Corné Janse van Vuuren 4, Nelrie van Niekerk 4,
gevolg deur 11 leerlinge, Marinique van Zyl, André van Niekerk, Armando van Niekerk, Dienka Staal, Yolandi Pieters, Letitia Nel, Christi Lindeque, TP Kleynhans, Antoinette Jonker, Jay Jay Grobler en Juan du Plessis - met 3 onderskeidings elk, en 8 met 2 en 41 met 1 onderskeiding. “Ons is dankbaar dat ons hemelse Vader ons in 2013 met seëninge oorlaai het. Mag Hy ons in sy genade ook in 2014 so seën. Mag ons almal vreugde vind in ons harde werk en uiteindelik sukses behaal. Die jaar 2014 is vol uitdagings. Komaan, daar is werk om te doen,” sê dié trotse skoolhoof. ) Lees op bl. 2 hoe Danie en Tinette dit reggekry het om die onderskeidings in te ryg.
4
KROONNUUS, DINSDAG 14 JANUARIE 2014
Kroonnuus HOOFARTIKEL
Posbus 309, Kroonstad, 9459
Raak betrokke, maak ’n verskil ’n LUIDE toejuiging vir die munisipale werkers van Moqhaka wat keelvol is vir topbestuur wat beslis nie hoort in die poste wat hulle beklee nie. Die munisipale loopbaan van Mncedisi Mqwathi blyk amper ’n goudgeplaveide paadjie te wees waar ongeoorloofde besluite nie verantwoordbaar hoef te wees nie. Kaderontplooiing by Moqhaka is glo die norm. Die ongebalanseerde verhouding tussen die algemene werkers en die te veel amptenare in hoë poste gee aan die idioom “ek meneer, jy meneer en wie sal dan die wa moet smeer” betekenis. Hoewel inwoners ná ’n lang vakansie oor die feestyd nie basiese dienslewering soos vullisverwydering ontvang het nie, is sommige inwoners weens die werkers se besluit om by die werk te wees, maar alle diens te staak, meer as vier weke met vullis opgeskeep. Dit is beslis ongerieflik, maar as
dit die prys is wat inwoners moet betaal om korrupsie met wortel en tak uit te roei is dit die moeite werd. In samesprekings met die 875 munisipale werkers wat die aksie begin het, wil hulle die ondersteuning van inwoners kry om die topbestuur van Moqhaka tot verantwoording te roep. Maats word glo links en regs in poste aangestel wat nie eens bestaan nie. Dubbelaanstellings in hoë poste vir onkundiges sonder kwalifikasies is die norm, word gesê. Die negatiwiteit wat onder inwoners van Moqhaka heers, kan net met ’n aksie waar almal wil saamstaan om ’n verskil te maak, nek omgedraai word. As jy die kundigheid het en trots op jou dorp is, gee jou steun om Kroonstad, Viljoenskroon en Steynsrus se kroon te poets. Raak betrokke by wyk-aksies om daar waar jy munisipale diens wil sien en beleef ’n bydrae te lewer.
Basil pesto easy to make, delicious Tharine Hurter BASIL is easy to grow and to make a pesto for pizza, pasta or for use in salad dressings is just as simple. Ingredients About 2 cups of fresh basil leaves 2 cloves of fresh garlic ¼ cup pine nuts or walnuts ½ cup extra virgin olive oil Parmesan cheese to taste
SY is nie net ’n kranige perderuiter nie, maar ook ’n skoonheidskoningin uit eie reg. Boonop gaan sy binnekort in Lesotho skouers met prins Harry skuur. Deamri Erasmus, ’n matrikulant aan die Hoërskool Kroonstad, is tydens ’n onlangse kompetisie wat in welkom aangebied is as Miss Teen Commonwealth South Africa Queen of Friends gekroon. Deel van die voorbereiding vir die kompetisie was om navorsing te doen oor Suid-Afrika, asook die buurlande, en die verskeie verwikkelinge in die lande. Die doel van die kompetisie is om armoede aan te pak, asook ander kwessies soos vreedsaamheid tussen verskeie bevolkingsgroepe. “Die kompetisie was straf en die finaliste is aan ’n paneel van beoordelaars blootgestel wat onder meer wil weet wat jy kan doen om jou land te help en watter liefdadigheidsprojekte jy ondersteun,” vertel Deamri. Ná die kompetisie kon sy Suid-Afrika in Londen gaan verteenwoordig waar sy teen 54 lande se deelnemers kon kompeteer. Ongelukkig was dit nie moontlik nie, aangesien haar paspoort en ander nodige reis-dokumente nie betyds was nie. Aangesien die kompetisie liefdadigheidsgerig is, het Deamri nie ’n klomp geskenke gekry nie. Sy moet egter hard werk vir die blink kroon op haar kop en sy moet as deel van haar verpligtinge ’n aantal liefdadigheidsprojekte voltooi gedurende die jaar wat sy die
DEAMRI ERASMUS titelhouer is. “In Februarie begin die groot werk as ek saam met ’n groep afgevaardigdes Lesotho toe gaan vir ’n byeenkoms waar prins Harry ook teenwoordig gaan wees,” sê sy. Deamri is ook ’n kranige sportvrou en is gek na watersport en perdry. Sy en haar
ANTI-KLAPPER, Kroonstad:
Mokgwa: Tshela basil, garlic, pine nuts kapa walnuts, olive oli le parmesan kase ka food processor. Beha ka freezer.
KERSFEES het gekom en gegaan. So ook die bomklappers op Nuwejaarsdag. Watter herinneringe het dié wat die goed geskiet het? Niks! ’n Paar dae voor Kersfees het ’n behoeftige gesin (pa, ma en hul dogtertjie, wat vanjaar die eerste keer skool toe gaan) oor iets navraag kom doen. Toevallig het ek
daaraan gedink om vir die kind ’n pop vir Kersfees te koop. Ek het gevra of sy ’n geskenk van Kersvader verwag, waarop haar ma geantwoord het dat daar nie geld is nie. Ek stel toe voor dat sy ’n briefie vir Kersvader skryf en in my posbus gooi. In die briefie het sy gevra of Kersvader haar nie met benodigdhede vir die skool sal help nie en indien hy wel ’n verrassing
Optrede tydens raadsvergadering raaiselagtig TROMMEL, Kroonstad: DIT was 18 Desember 2013 – die vergadering van die Moqhaka-munisipale raad. Ek het in my dae al baie dinge gesien en ervaar, maar dié dag op die raadsvergadering was, wat die Ingelsman sou noem ’n “eye-opener”. Die DA-raadslede het hulle gewip vir ’n beweerde rassistiese uitlating van die burgemeester (volgens my glad nie so ’n radikale uitlating nie, aangesien dit ’n ware weergawe van gebeure was) en in plaas daarvan om in die vergadering te bly en die aangeleentheid op te los het die DA-raadslede onder leiding van een van die DAvroueraadslede die vergadering verlaat. Voordat hulle egter die vergadering verlaat het, het die vrou opgemerk dat, sou die DA-raadslede die vergadering verlaat, die vergadering nie kon voortgaan nie, aangesien daar nie ’n kworum sou wees nie. Eye-opener 1: Die vrou het vinnig, maar nie korrek nie, getel, want ná
Foto: Zander Visser Fotografie
perd Sevillano is al bekendes in die omgewing, sy het Vrystaatkleure gekry en sy het ook die SA skolespan gehaal. Deamri is vanjaar koshuisprefek van Huis de Klerk. “Ek voorsien dat my matriekjaar ’n besige jaar gaan wees en ek wil baie aandag aan my perdry gee, maar ook my akademie,” sê sy.
Klappers het geen blywende waarde nie
Method: Place all the ingredients in a food processor and blend to a pesto. Freeze in ice blocks and use in sauces or keep in the fridge in a suitable container. Basil pesto Kopi tsepedi tsa basil 2 garlic ¼ kopi tsa pine nuts kapa walnuts ½ kopi tsa olive oli Parmesan kase
Groot eer vir jong skoonheid
haar en haar mede-DA-raadslede (plus ’n VF+-raadslid) se vertrek, was daar steeds genoeg raadslede teenwoordig om met die vergadering voort te gaan. Eye-opener 2: Vermoedelik voel die huidige DA-raadslede vere vir hoe hulle hul getroue ondersteuners (kiesers) se belange beskerm en bevorder, aangesien hulle die vergadering verlaat het en dus geen verdere inspraak in besluitneming van die vergadering gehad het nie. Eye-opener 3: Vermoedelik is die VF+-raadslid in die duister oor die doen en late van sy party op nasionale vlak of miskien stel hy eenvoudig nie daarin belang nie. Hy stap saam met die DA-raadslede uit (met wie die VF+ nie in alliansie is nie), terwyl sy party in die “Collective for Democracy” met Cope, die ACDP, IVP en UCDP is (Cope het nie die vergadering verlaat nie). Om alles te kroon het die verslaggewer van die plaaslike koerant besluit om op dieselfde oomblik ook die ver-
gadering te verlaat. Skielik is die vraag wat al baie by my gespook het, weer: Is ons plaaslike pers daar om die inwoners op die hoogte van sake te hou, of is ons plaaslike pers slegs ’n DA-spreekbuis? As ek moet raai, gegrond op die “saamloop met die uitloop van die DA” is dit laasgenoemde. My boodskap aan die DA- (en VF+-) raadslede: Hou op babas wees en doen wat julle aan jul kiesers belowe het – or face the consequences at the voting stations. ) Volksblad se Noord-Vrystaatse verslaggewer na wie die skrywer verwys, het by navraag gesê sy het ’n onduidelikheid by ’n DA-lid gaan uitklaar oor wat die party in die vergadering gesê het. Toe is sy weer terug na die vergadering wat ten einde geloop het. Die volgende dag is ’n berig met die feitelike verslag van gebeure in Volksblad gepubliseer. Kroonnuus se laaste uitgawe vir 2013 was op 17 Desember en die redakteur was in dié tyd met verlof. – Red.
Officials enjoy fat-cat salaries ANTI-CORRUPTION: AS a resident of Moqhaka, I strongly wish to salute and applaud the action taken by the Moqhaka employees. This is a long overdue action in defence of democratic principles. The executive council has dismally failed residents by turning a deaf ear to requests and complaints of residents and employees for far too long. Service delivery is poor. The senior officials of Moqhaka
wou gee, sou sy bly wees. Kersvader het ’n pop, Kerslekkergoed, ’n groot boks koekies vir die hele gesin en skoolbenodigdhede van R180 gegee. Dink net: Die skieters kon met elke ontploffing behoeftige kinders gelukkig gemaak het, in plaas daarvan om ander te irriteer – die diere se lyding kon gespaar gewees het. Nou het hulle niks van die klappers en lawaai nie. are mostly of political deployment and some are not even residents of Moqhaka. Thus, they do not have any of the residents’ interests at heart. They are only there to abuse funds and enjoy fat-cat salaries. Senior officials who are incompetent and unqualified for their positions are appointed. These include the director of Emergency and Disaster, skills development facilitators and the chief of Fire and Rescue. The abuse and exploitation of learners who have successfully completed learnership at Moqhaka is also rampant. The learners work as fulltime employees, but are paid peanuts by the municipality, especially in the Fire and Rescue Department. One starts to question whether Moqhaka is in compliance with the Employment Equity Act. Long live the battle against anti-corruption, nepotism and abuse of tax payers’ money.
KROONNUUS, DINSDAG 14 JANUARIE 2014
5
6
KROONNUUS, DINSDAG 14 JANUARIE 2014
Het nooit vergeet om lief te hê
ANNALIZE DOUBELL, assistent-redakteur van die Volksblad, moederkoerant van Kroonnuus, het dié Goeiemôre sowat twee jaar gelede oor haar moeder, Marie Meyer, oudinwoner van Kroonstad, wat Saterdag op Kroonstad begrawe is, geskryf: “EK stap saam met jou tot by die kar. Ek is bekommerd oor jou, Sus. Ek wil nie hê jy moet so in die donker alleen huis toe ry nie.” Met oë waarin 86 jaar van lief en leed weerspieël word, kyk sy my vraend aan. “Nee wat, ek is binne tien minute tuis.” Dan wil sy tot by die deur saam met my loop. In haar deftige rooi langbroek, rooi Melton-baadjie, wit (kerk-)skoene en rooi oorbelle, kam sy eers die silwergrys hare en maak haar wenkbroue netjies. En so pak ons saam die tog na die aftreeoord se voordeur aan. Al is dit net sowat 40 treë van haar kamer af, huiwer ek nogtans. Hoe gaan sy weer haar kamer kry? Ná ’n lekker stywe druk en ’n stomp winkeltand-byt in my nek, wat haar altyd laat giggel, draai sy terug na haar kamer. Ek kyk dat sy eers veilig is. Sy draai om. “Watter nommer is my kamer nou weer?” “Ma se foto is op die deur.” Met ’n knokkel-wysvinger merk sy as ’t ware elke deur. By haar kamer gaan sy staan, kyk mooi of dit sy op die foto is, waai vir my, en stap in. Met ’n knop in my keel, maar met groot vreugde in my hart, stap ek kar toe. My mamma is ’n skaduwee van wat sy was. Van die selfversekerde vrou wat jou ore van jou kop af kon praat, uitbundig kon lag, lekker tenderised steak in ’n tamatiesous en roly-poly en tuisgemaakte vla kon maak, is weinig oor. Die een saam met wie ek inkopies kon doen en as ons moeg ge-shop was, ’n wafel gaan eet het; wat haar jongste spruit van ses na dramaklasse, tennislesse, debats- en kooroefening, partytjies en laataandflieks by die skool rondgekarwei het; met wie ek saans kopstukke in die bad kon gesels, is nie meer daar nie. Nóú se ma vergeet om te onthou dat haar dogter nie haar suster is nie. Dat haar jongste seun nie haar man is nie. Dat ek tien minute se ry van haar af woon, soos ek binne tien minute tien keer vir haar moet sê. Maar ek verdra dit met liefde, Mamma, want jy het nog nooit vergeet om te onthou om lief te hê nie. Om vriendelik te wees en nooit te kla nie. Om altyd dankie te sê dat ek vir jou kom kuier het. Altyd vir my ’n kompliment gee as ek vir jou mooi lyk. En dat jy opgewonde is as ek vir jou ’n soetdingetjie bring. Dankie dat jy dit vir my maklik maak om jou lief te hê totdat die ewige slaap jou kom verlos van die stryd om te probeer onthou . . . ) Lees berig op bl. 7.
KROONNUUS, DINSDAG 14 JANUARIE 2014
Oudinwoner begrawe MARIA PETRONELLA CHARLOTTE (MARIE) MEYER (née Gouws), gebore 10 Maart 1926 op Warden, is op 6 Januarie in die ouderdom van 87 jaar in die Welcare-siekeboeg van die Welgedacht-aftreeoord in Bloemfontein oorlede. Haar man, Gert (83), is in 2004 oorlede. Hoewel sy die afgelope nege jaar in Bloemfontein gewoon het, was die Meyer-gesin jare lank inwoners van Kroonstad. Hulle het hulle in 1968 hier gevestig. Gert het vir BP Suidelike Afrika gewerk, en Marie jare lank vir die munisipaliteit en later in die Hoërskool Kroonstad (Blouskool) se biblioteek. Hul oudste seun, Lukas, het vir die destydse Trust Bank op die dorp gewerk. Hy en sy vrou, Rihette, woon nou op Klerksdorp. Rudolf en Gerhard, ’n tweeling, was leerlinge aan die Hoërskool
Kroonstad en woon destydse Hoër Landboualbei nog hier. skool en Annalize tot gr. 10 Rudolf werk vir die in die Blouskool. Die gesin Moqaka-munisipalihet toe na Bloemfontein teit. Sy vrou, verhuis. Dié twee en hul Yvonne, werk vir gesinne woon steeds daar. Imatu op die dorp. André werk vir Green Gerhard was Cross, en sy vrou, Celia, verbonde aan die werk vir die Fichardtparkdepartement van inwonersvereniging. korrektiewe dienste Annalize is ’n assistentvoordat hy afgetree redakteur van die Volkshet. Sy vrou, Cecile, blad-groep, moedermaatWYLE Marie Meyer. is ’n onderwyser by skappy van Kroonnuus. die Blouskool. Haar man, Roy, is hoof van Anne-Marie (Snyman), die oudste die Hoërskool Sand du Plessis. dogter, was ’n leerling aan die Hoër Marie word ook oorleef deur 14 Handelskool op Kroonstad. Sy en kleinkinders en 14 agterkleinkinders, haar man, Sarel, woon in Gauteng. asook ’n suster, Josy, van VentersDie jongste seun, André, en die dorp, en ’n broer, Simon, van jongste dogter, Annalize (Doubell), Johannesburg. was albei leerlinge aan die Laerskool Sy en Gert is in die Wespark-beSuidrand. André was tot gr. 9 in die graafplaas op Kroonstad begrawe.
7
8
KROONNUUS, DINSDAG 14 JANUARIE 2014
DEB-BW1-krNuus-ENG
In memory of
Nelson Mandela Nelson Mandela changed South Africa and inspired the world. As we mourn his passing, his message of freedom and reconciliation endures. His legacy lives on. Forever.
KROONNUUS, DINSDAG 14 JANUARIE 2014
Kontrak noodsaaklik Tharine Hurter SY is die vrou wat in jou huis toesien dat al die wasgoed gewas en gestryk is, die huis skoongemaak word, wat die kinders oppas, kos voorberei en enige opdrag uitvoer wat jy haar gee. Dit is uiters noodsaaklik om ’n kontrak met jou huiswerker ingevolge wetgewing op te stel en te onderteken. Die minimum loon vir huiswerkers het op 1 Desember verlede jaar verhoog. In die lesersgebied van Kroonnuus (area B volgens die departement van arbeid) styg die uurlikse loon vir huiswerkers van R7,65 per uur tot R8,30 per uur. Die weeklikse loon styg van R344,30 per week tot R373,50 per week. Die maandelikse loon styg van R1 491,86 tot R1 618,37. Normale werkure vir huiswerkers
wat ’n maandelikse loon ontvang, bepaal dat ’n huiswerker nie meer as 45 uur per week, meer as 9 uur per dag vir ’n vyfdagwerkweek of 8 uur per sesdagwerkweek aan diens mag wees nie. Oortyd mag nie meer as 15 uur per week en/of 12 uur per dag wees nie. Oortyd word bereken teen 1,5 keer die normale loon. Die werknemers mag onderhandel vir tyd wat afgegee word met die werkgewer. Vervoer (taxi), ’n bonus en ’n verhoging word nie deur die wetgewing verplig nie. Amptelike vakansiedae ingevolge die voorgeskrewe werkkontrak van die departement van arbeid is Nuwejaarsdag, Menseregtedag, Goeie Vrydag, Gesinsdag, Vryheidsdag, Werkersdag, Jeugdag, Vrouedag, Erfenisdag, Versoeningsdag, Kersdag en Welwillendheidsdag. Jaarlikse verlof beloop 1 dag vir elke 17 dae gewerk of 1 uur vir elke 17 uur gewerk. ’n Huiswerker is
geregtig op kraamverlof vir minstens vier maande. Gesinsverantwoordelikheidsverlof beloop hoogstens vyf betaalde dae in ’n verlofsiklus. Dit is net van toepassing vir sterftegevalle van ’n eggenoot, lewensmaat of ouer, grootouer, kind, aangenome kind en kleinkind. Aftrekkings op die loon mag nie meer as 10% vir byvoorbeeld ’n kamer of verblyf met geriewe oorskry nie. ’n Betaalstrokie is verpligtend en ook die registrasie van werkloosheidsversekering. Op die betaalstrokie moet die besonderhede van die huiswerker met ID-nommer, huisadres en dié van die werkgewer verskyn. Die amptelike kontrak wat deur die departement van arbeid beskikbaar gestel word, kan op Kroonnuus se webtuiste www.kroonnuus.co.za afgelaai word. Tuinwerkers word ook soos huiswerkers vergoed.
Bekende oorlede Tharine Hurter
VICTOR HLONGWANE of the Zenith High School in Kroonstad obtained seven distinctions in the final matric exam. He is one of the top 50 matriculants in the Free State. His distinctions are for Sesotho (Home Language), Afrikaans (Second Additional Language), Mathematics, Physical Science, Life Sciences, Mathematics: Probability, Data, and Life Orientation. He will study medicine at the University of Pretoria. The school received a bronze trophy at the well-done function held in Bloemfontein. With him is Riana Masuret, principal. Photo: Supplied
ketting van ons liefde weggeneem is. ’n BEKENDE van “Ek berus daarby Kroonstad, Willie dat dit die wil van Gerritzen (73), is die Here is.” Sondag in sy huis Die egpaar was 16 op Kroonstad jaar getroud en het oorlede. aan baie aktiwiteite Sy vrou, Gene, sê vir bejaardes op die sy het die naweek dorp deelgeneem. in Bloemfontein by Willie het jare in WYLE Willie Gerrit- die meubelbedryf haar kinders gaan zen. kuier en Willie het gewerk. tuis gebly. “Toe ek Hy word deur sy Maandagaand terugkeer van vrou, twee susters, Christina Bloemfontein, het ek op sy lyk van den Berg en Suse Linde, afgekom.” albei van Welkom, oorleef. Sy koester kosbare herinne’n Gedenkdiens is Saterdag ringe van haar man. “Dit is om 11:00 vanuit die NG kerk asof ’n kosbare skakel uit die Kroonstad-Oos gehou.
Besoek www.kroonnuus.co.za vir nog nuus en foto’s
9
10
KROONNUUS, DINSDAG 14 JANUARIE 2014
Johané vasbeslote om dokter te word Tharine Hurter DIE talentvolle Johané Potgieter, die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) se dux-leerling, se jaar het nie soos verwag goed met puik uitslae begin nie. Toe sy verlede Dinsdag in die koerant net ses onderskeidings langs haar naam sien, kon sy nie haar oë glo nie. “Ek het nog altyd die houding gehad dat ek my beste sal doen en God sal die res doen. My hart is in die mediese rigting en my keuring vir medies by die Universiteit van die Vrystaat (UV) hang aan ’n garingdraad,” sê Johané. Haar wiskunde-onderwyser, Marchein Otto, het by die skool, waar die matrieksertifikate uitgedeel is, gevra of sy reg sien by die wiskundepunt van net 61%. “Dít nadat ek ’n jaarpunt van 93% ingedien het.” Sy het nie moed opgegee nie en die skoolhoof, Anton Janse van Rensburg, het feitlik alle kanale gebruik om die eksamenantwoordstel van Johané te laat trek.
Eindelose oproepe en besoeke het vrugte afgewerp. “My wiskundepunt is eintlik 87% en nie 61% soos op my matrieksertifikaat aangedui nie. Ek het eers Vrydagmiddag dié nuus gekry en die keuring vir medies sluit dan,” vertel Johané. Haar onderskeidingoes van sewe is in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewenswetenskap, lewensoriëntering, rekeningkunde, asook spraak en drama. Sy mis ’n onderskeiding in fisiese wetenskap met een punt (79%). Die hermerk kan haar onderskeidings waarskynlik na agt opstoot. “Ons het so baie gebid en so baie mense bid vir die mediese keuring. Ek is aanbeveel om ’n tweede keuse vir studie te oorweeg. My passie is mense en ek wíl ’n dokter word.” Intussen wink ’n Kanadese beurs om daar medies te gaan studeer, maar sy is positief daaroor om in Suid-Afrika ’n dokter te word. Johané het minstens vier professore in die mediese fakulteit per e-pos meegedeel van die
Só het die water uit Ronel du Plessis se badkamerkraan verlede week gelyk.
Foto: Verskaf
JOHANÉ POTGIETER het in die 2013-matriekeindeksamen sewe onderskeidings verwerf. Foto: Verskaf onderwysdepartement se fout met die wiskundepunt sodat die mediese keuring heroorweeg kan word. Die keuringskomitee is in afwagting van ’n matrieksertifikaat. “As God die regte deure oopmaak om die 61% na 87% te skuif sal ek aanhou glo en bid.”
Kom les sy dors
Water uit kraan ‘slymerig’ Jana Bekker DIE water in pype in Môrewag was verlede week “die ergste nog”, sê Ronel du Plessis, ’n inwoner hier. Ronel het Donderdag haar wasbakkraan oopgedraai terwyl sy tande geborsel het toe slymerige, bruin water uit die kraan vloei. Geskok het sy die prop ingesit om te sien presies hóé vuil die water is. “Die water was voorheen al bruin en grillerig, maar dít was die ergste nog,” sê Du Plessis. Toe sy die water uittap, het die oorblyfsels aan die kante van die
wasbak vasgesit. “Toe ek my hand daaroor smeer, lyk dit soos slik.” Sy kon gelukkig haar seuns keer voordat hulle in die badkamer wou tande borsel. Op die ou end het hulle in die kombuis gaan tande borsel waar die kleur van die water normaal was. “Dit is absoluut pateties dat die water in ons krane so lyk. Ons betaal vir ’n diens wat nie gelewer word nie. Dit is skokkend dat die munisipaliteit sulke water kan deurstuur. Dan sê hulle boonop al die pompe werk, terwyl dit duidelik nie die geval is nie,” sê sy.
BENNIE NEETHLING het ’n oog vir ’n mooi foto. Hy het dié akkedis fyn dopgehou en afgeneem waar die reptiel water gedrink het. Foto: Bennie Neethling
You can be a citizen journalist DO you have a story to tell? Do you have your finger on the pulse of your community? Then we want you to write for us. Kroonnuus is looking for volunteer citizen journalists to tell us about the events happening in their area. We also want to know about the issues, as
well as the good news, in your community. You may have a story you want to share or you may want to write reviews for the Kroonnuus website. Maybe you want to offer traffic reports on your way to work via the mobi-site, or maybe you want to start your own blog and
become a famous blogger. You may also be a keen gardener and want to offer your tips on gardening via the website, or maybe you just have a fascinating local story to tell. As long as it is local and original, we are interested. Register at www.kroonnuus.co.za and join our team as a citizen journalist.
Proud of achievement
THE NB Training Academy in Kroonstad took third place at the 2013 Sage Pastel Payroll & HR Business Partner Awards. These awards are aimed at rewarding the regional top performers in South Africa. The regions are divided into Gauteng, KwaZulu-Natal, Western Cape and outlying areas. Awards are issued to the top three business partners in each region. At this year’s awards, the NB Training Academy, represented by owner, Wanda Nel, was awarded a third place in the Gauteng region and also achieved sixth place nationally. From the left are George Immelman (regional business partner manager – Sage Pastel Payroll & HR), Laurica Kok (general manager – Sage Pastel Payroll & HR), Wanda Nel (owner – NB Training Academy) and Anton van Heerden (managing director – Sage Pastel Payroll & HR) Photo: Provided
Raak die pad heel byster . . . SPASKI GELDENHUIS en Brian Morgan kon nie vinnig genoeg hul selfone gryp om dié spelfout in Suidweg, Kroonstad, Vrydagmiddag af te neem nie. Die verf was nog nat. Foto: Spaski Geldenhuis
GISTEROGGEND is die spelfout reggemaak.
Foto: Tharine Hurter
KROONNUUS, DINSDAG 14 JANUARIE 2014
Mure val tussen bad-, slaapkamer Earl September DIE oopplan-slaap-en-badkamer blyk ’n neiging te wees wat al hoe wyer posvat – nie meer net by gastehuise nie. “Die fokus is daarop om meer ruimte en oop ruimtes te skep,” sê Alida Lambooy van Living Divani van Kaapstad. Sy voeg by dat jy dit veral sien gebeur by ouer huise wat oorgedoen word en dat ’n nuwe badkamer ingerig word om by die kamer in te skakel. ’n Oopplan-badkamer kan met ’n muur of afskorting van die slaapgedeelte geskei word of heeltemal deel van die slaapkamer wees. Lisa Millbacher van Bespoke Bathrooms in Kaapstad sê dat jy veral op die afwerking van al jou badkamertoebehore moet let as die badkamer deel is van jou slaapkamer – nie net hoe dit lyk nie, maar ook die gehalte en lewensduur van die sanitêre ware. “Daar is mooi, elegante en besonderse baddens, wasbakke en ander bykomstighede vir die badkamer op die mark sodat jy dit mooi kan inrig en laat lyk soos ’n leefvertrek op sy eie,” sê Alida. Om ’n oopplan-bad-en-slaapkamer te laat werk verg nie eens baie moeite nie. Alida verduidelik dat die twee ruimtes se styl net moet ooreenstem. “Daar moet harmonie wees tussen die twee dele en die kleur van handdoeke en badmatjies sal moet ooreenstem met die kleurkombinasies van die slaapkamer.” Volgens Lisa moet jy ergonomies dink om gemaklike vloei van een gedeelte van die vertrek na die ander te verseker, maar hou ook veiligheid en funksionaliteit in gedagte.
bespaar. “Jy kan ook met groot teëls of naatlose vloerafwerking die ruimte groter laat voel. Moenie baksteenmure as afskorting bou nie, maar span liewer glaspanele in om privaatheid te verkry. Maak seker dat daar genoeg en goeie natuurlike lig deur vensters en een of meer dakvensters skyn.” Alida sê dat indien jy sou besluit om ’n afskorting van enige aard tussen die twee onderskeie ruimtes te gebruik jy net sowel hierdie afskorting as fokuspunt kan gebruik deur dit met mooi kunswerke, plakpapier of verf te versier. ‘Daar moet harmonie wees tussen die twee dele en die kleur van handdoeke en badmatjies sal moet ooreenstem met die kleurkombinasies van die slaapkamer.’ – Alida Lambooy
Hou die bou- en ook loodgieterproses in gedagte wanneer jy beplan om ’n en suite te maak. “Alle sigbare voorwerpe moet versigtig gekies word omdat dit nie soos in jou tradisionele badkamer weggesteek sal wees nie. Funksionele voorwerpe kan selfs benader word as losstaande kuns-elemente,” sê sy. Alida maan dat hoewel jy die atmosfeer van ’n oopplan wil skep, jy tog steeds die atmosfeer van privaatheid wil behou omdat die badkamer ’n plek van rustigheid is. “Daarvoor kan jy dalk ’n glaspaneel, wat gesandspuit is, insit. Dit is ’n goeie opsie om twee vertrekke te verdeel.” Voordat jy besluit op ’n oopplan-bad-en-slaapkamer moet jy op ’n paar dinge let. “Jy sal eerstens moet besluit of jy gerieflik gaan wees met so ’n opsie. Dit is beslis nie vir almal
nie. “Skep vir jou ’n duidelike prentjie van hoe dit moet lyk en hoe die uitleg gaan werk.” ’n Ander punt wat jy in gedagte moet hou, is die basiese bou- en loodgieter-prosesse wat gevolg sal moet word vir die verskuiwing van waterpunte en pype vir die bad, stort en toilet. Alida raai aan dat jy seker maak die uitleg en die ontwerp van die badkamer is prakties en privaat. “Wanneer jy bouwerk laat doen om die twee vertrekke een te maak gebruik sommer ook die geleentheid om irritasies soos te klein vensters in die slaap- of badkamer reg te stel.” Lisa raai aan dat toebehore wat teen die muur opgehang kan word baie vloerruimte kan
SPORT
GERHARD DU PREEZ van die Hoërskool Kroonstad (Bloues). Foto’s: Finns Foto First
GERBRAND DE BRUIN
Twee in spanne ingesluit TWEE leerlinge van die Hoërskool Kroonstad het tydens die onlangse Suid-Afrikaanse nasionale junior jukskeikampioenskappe wat op dié dorp aangebied is, plek in die SuidAfrikaanse seunspanne behaal. Gerbrand de Bruin is nie net vanjaar ’n matriekleerling aan die Hoërskool Kroonstad (Bloues) nie, hy is ook ’n lid van die SuidAfrikaanse o.19-seunsjukskeispan. Hy is ’n kranige sportman en trek gereeld die Blou aan vir sy skool se tennis-, krieket-, rugbyen ringbalspanne. Volgens sy ma, Marissa, is pa Chris, wat self ’n kranige speler is, sy afrigter. Gerbrand het in die dubbel-, sowel as spanwedstryde, goud op die nasionale kampioenskappe behaal. Hy speel reeds sedert gr. 2 jukskei en het sy negende agtereenvolgende goue medalje behaal. ’n Jonger kleinneef van Gerbrand, Gerhard du Preez, het op sy beurt plek in die Suid-
Afrikaanse o.16-seunspan gekry. Dié Blouesleerling is vanjaar in gr. 9 en speel ook vir sy skool se o.15A-rugby- en -krieketspan. Volgens sy pa, Gerhard, wat ook ’n provinsiale jukskeispeler is, is jukskei ’n ongelooflike goeie familiesport. Gerhard se oupas, Basie du Preez en Hans van Stryp, is albei bekendes in jukskeikringe. Gerhard speel ook sedert gr. 2 jukskei. Volgens Marietjie Herbst, afrigter van die Bloues se jukskeispan, is die verkiesing tot die spanne gelykstaande aan die Springbokkleure van weleer. “Daar het sowat 550 spelers van oor die land heen, asook spelers van Namibië, aan dié kampioenskappe deelgeneem, so die kompetisie was straf. Gerbrand en Gerhard het hard gewerk en hul ure se oefen en pligsgetrouheid word beloon. Hulle kom egter ook albei uit sterk jukskeifamilies en het baie talent,” sê Herbst.
Die twee vertrekke kan met ’n halwe muur geskei word.
Foto’s: Bespoke Bathrooms
11
12
KROONNUUS, DINSDAG 14 JANUARIE 2014
Werkers ontevrede
DIE munisipale werkers het reeds alles gedoen om hul griewe oor interne sake, bevoordeling van kaders, onregverdige behandeling van werknemers en onetiese kontraktoekenning by Moqhaka aan te pak. Die politici en raadslede is deeglik bewus van amptenare se kommer oor ongeoorloofde topbestuursbesluite. Verlede week op 6 Januarie het altesaam 875 amptenare die munisipale bestuurder, Mncedisi Mqwathi, en die direkteure vir ’n vergadering opgekommandeer. Dié vergadering sou om 14:00 begin, maar Mqwathi het ’n uur later eers opgedaag. Morena Theba, woordvoerder van die 875 werknemers, sê die werknemers is ontevrede en het daarop aangedring dat die ander direkteure, Portia Tshabalala, Sunnyboy Mokgatla en Thuso Marumo, die vergadering bywoon. Mthunzi Mothwalo, die korporatiewe direkteur, se kop word geëis omdat hy nie ongerymdhede oor die skrapping van sy naam op die prokureursrol bekend gemaak het nie. Hy is deur die amptenare “weggejaag”. Mothwalo is destyds deur Mqwathi vir die hoë pos gewerf. Nepotisme vier glo hoogty by Moqhaka, sê Theba. Mokete Duma, voormalige munisipale bestuurder van Moqhaka en nou hoof van die samewerkende regering en tradisionele sake, beter bekend as Cogta, het die werknemers op Kroonstad te woord gestaan. Cogta het in ’n nuusverklaring gesê die munisipale werkers hou ’n onwettige staking. Cogta is deeglik bewus van die ongerymdhede en ontevredenheid met onder andere Mqwathi as rekenpligtige beampte. ’n Ondersoekspan is aangestel om ingevolge wetgewing Moqhaka se sake te ondersoek, omdat die munisipaliteit waarskynlik wanbestuur word en nie diens lewer nie.
Geniet saam rolbalspel BESTUURSLEDE van Heckroodtpark se ontspanningsklub en die bestuur van die rolbalklub het mekaar uitgedaag vir ’n rolbalspel oor 18 koppe. Hoewel die hoofklub se bestuur hul bes gedoen het, was die rolbalklub se gereelde spelers net te goed en het die spel met 19-12 gewen. Die wenspan se spelers is van links, voor: Johan Weber, Willie Cairns, Seun Koen en Christo Fourie. Die moedige verloorders is van links, agter: Lourens Viljoen, Hans van Heerden, Koos Schoeman en Arthur Skibbe. Foto: Bennie Neethling
Inwoners gee hul mening Tharine Hurter
VIR drie dae het munisipale werkers van Moqhaka die munisipaliteit tot stilstand gedwing. Hulle het ook in ’n versoekskrif die kop van die munisipale bestuurder, Mncedisi Mqwathi, geëis. Hoe het die nie-lewering van diens soos vullisverwydering jou geraak? Steun jy die werkers se wekroep om van korrupte topbestuur ontslae te raak? ’n Span moet die probleme hier ondersoek. Dít onder aanbeveling van Mokete Duma, voormalige munisipale bestuurder verantwoordelik vir die mislukte Moqhaka Extravaganza, verkoop van die kragsentrale en wat deur ’n vermeende geldwasseryklag in die oë gestaar word. Wat stel jy voor? Lesers op Facebook het as volg op dié vraag gereageer: Johan Cornelissen: Privatisering. Judy Pearce: Dienslewering is power. Minder geld spandeer op luukse goedere en die dorp se paaie en riool in stand kry. Matt Marshall: Jihad Mohapi is die hoofprobleem! Thys en Ina Fourie: Daardie munisipale werkers gaan bietjie sukkel. Dis soos daardie ding wat sit aan ’n wolkombers. Die aanstellings is boetie-vir-baantjie aanstellings van netso korrupte regeringsamptenare. Party werk van die huis af en word stinkryk in rekordtye. Munisipale
amptenare behoort hulle vas te vat soos dit ’n eerlike belastingbetalende wetsgehoorsame betaam . . . op die Afrika manier. Marietjie Harker: Ek dink dat die hele struktuur oorgedoen moet word. Die salarisse moet aangepas word. Die wat te veel kry moet minder kry en daar moet iemand, soos ouditeure in ons dorp aangestel word wat maandeliks die boeke doen en aankope bo sekere bedrae goedkeur. Ons dorp moet nou reggemaak word. Die hele land praat van ons slegter as sleg 4x4 paaie. Kyk hoe lyk die gras by biblioteek in die dorp – gagga. Ek skaam my om te sê ek bly hier. Jannie Crause: Moontlik het die tyd aangebreek om pad te gee uit die ou dorpie. Mande Roux: Ek stem saam Marietjie Harker. Privatiseer sekere dienste, stel ’n agenstskap aan om die aanstellings te help bewerkstellig op markverwante salarisse en daar moet prosesse in werking gestel word vir gehalte kontrole asook eksterne ouditeure. Tenderprosesse moet in werking gestel en gekontroleer word. Koot van Zyl: Gehoor al die grootkoppe het gedurende verlde week die dorp uitgevlug, maar word in tussen ten volle betaal. Yolandie Nortje: Wel ek stel voor dat so iets tot niet gemaak word. O, ja ek wil net graag noem dat hierdie ’n dorp is waarop ons trots moet wees en nie skaam kry nie. Corrie van Dalen: Hoe kan een skelm die ander skelm ondersoek? Daar moet ’n private taakspan aangestel word om die
saak te ondersoek. Esti Steenkamp: Dit is ’n ontwrigting, maar ’n mens kan hul punt insien. Ek stem vir verantwoordelike bestuur, maar die afgelope paar jaar word die een pôpô na die ander aangestel in top bestuur. Spreek die probleem dalk aan deur die keuringsproses te hersien en kry sommer buite persone of keuringskomitee om die regte bestuur te kies. Kroonstad se inwoners verdien net die beste! Stella Berning: Staan saam! Ontslaan dié wat moet weg. En kry jul dorp reg. Trix Struthers Marx: In ’n mate stem ek met die stakers saam: Dis uiters moeilik om onder sulke korrupte mense jou werk te doen en dan nog gelukkig in jou werk wees. Niemand kan dit doen nie. Kry die regte mense wat weet wat aangaan en die werk ken dan sal almal ’n slag saamwerk. Kroonpark moet ook geprivatiseer word, want dit het sleg gelyk oor die vakansietyd met die lang gras, niks was netjies nie en ook baie min mense kamp daar uit. Kry dit netjies en skoon en verlaag dan die fooie dan sal mense weer in Kroonpark kom bly, dan sal daar beslis wins getoon kan word. Anet Brits: Fire hom en al sy korrupte pêlle. Ek weet ook van ’n paar. Daco Conradie: Terwyl die ANC aan bewind is sal niks verander nie! Marlene Fletcher Steenkamp: Dis hartseer om te lees en sien van Kroonstad se agteruitgang en verval. Madelein Kirstein: Ons het ons eie vullis weg gery. Ek koop vir hulle almal KFC as hulle hom uit sy stoel kry.
Kwalifikasies in Moqhaka wek kommer Tharine Hurter DIE ouditeur-generaal (OG) het al kommer oor die kwalifikasies en bestuursvaardighede van die munisipale bestuurders van Moqhaka uitgespreek en dit as ’n groot bron van kommer uitgewys. Dit blyk onder meer dat die munisipale bestuurders vir Moqhaka se CV’s al geruime tyd nie op peil vir dié pos is nie. Moses Moadira is voorheen hier as munisipale bestuurder geskors. Klagtes teen hom is ter elfder ure deur die ANC-raad teruggetrek. Hy het op 31 Oktober 2006 bedank en is toe na Klerksdorp, Noordwes, “bevorder” as munisipale bestuurder van die Matlosana- Plaaslike Munisipaliteit. Hier is hy geskors oor wanbestuur van nagenoeg R500 miljoen se raadsgeld. Moadira is deur Mokete Duma, ’n
onderwys- en unie-man, opgevolg. Duma is oor die vingers getik oor veral die Moqhaka-extravaganza toe nagenoeg R9 miljoen se uitgawes vir dié skandalige fees opgedok moes word. Voorts het hy saam met ander beskuldigdes in die hof vir geldwassery van R2,9 miljoen op Kroonstad verskyn. Dié vermeende wassery het glo in sy tydperk as munisipale bestuurder plaasgevind. Duma is nou ’n amptenaar wat in diens van die Vrystaatse Premierskantoor neffens Ace Magashule is. Kroonnuus is in besit van sy CV en die kwalifikasies is ooglopend nie geskik vir die pos as munisipale bestuurder nie. Duma is deur die huidige munisipale bestuurder, Mncedisi Mqwathi, opgevolg. Mqwathi het ’n omstrede verlede in die munisipale bedryf siende dat sy kop onder meer deur die Munisipale Werkersunie (Samwu) by die Metsimoholo-munisipaliteit
geëis is. Dieselfde aksies word nou deur die Moqhaka-munisipaliteit se werkers, nie noodwendig verbonde aan sekere unies nie, aangevoer en dit het daartoe gelei dat munisipale dienste verlede week tot stilstand gekom het. Mqwathi se dienskontrak is in 2012 nie by dié munisipaliteit hernu nie. Betroubare bronne meen hy is in opdrag van die Vrystaatse premier, Ace Magashule, toe weer heeltyds ’n dienskontrak by die Moqhaka-munisipaliteit aangebied. Ironies het Duma Woensdag op Kroonstad as die onderhandelaar tussen die stakende amptenare en die Moqhaka-raad opgetree. ’n Aanbeveling is gedoen dat ’n onafhanklike ondersoek na Mqwathi en Moqhaka se bestuur ingestel word. Munisipale dienste is Donderdag op Kroonstad hervat.
‘No one must go to the media’ Tharine Hurter “COUNCILLORS may not talk to the media on municipal matters.” Jihad Mohapi, the executive mayor of Moqhaka, has made it clear that all 50 councillors were forbidden to talk to the media at all. This follows a complete shutdown of the Moqhaka Municipality by protesting employees. A council meeting to discuss this was held on Wednesday after the top management met with the some 875 employees who delivered a memorandum which demanded the head of Mncedisi Mqwathi, the municipal manager. Mohapi made this statement whilst looking straight at Jana Bekker, Northern Free State reporter of Volksblad’s parent paper Kroonnuus, who attended the council meeting on Wednesday. Normal municipal service delivery was restarted on Thursday. According to DA caucus leader, Mariette Pittaway, Mohapi made it very clear to councillors, and DA councillors in particular, that they were “not allowed to go to the media” and that only the staff in his office had the right to speak to the media on issues relating to the municipality. “Mayor Mohapi’s dictatorial utterings are indicative of an increasing narrative of secrecy and suppression of free speech within the ANC. “Councillors are elected public representatives and are tasked with holding the executive council to account. “Councillors are expected to communicate all council matters through to their constituencies and the use of the free media is an acceptable and constitutional method of doing so,” Pittaway said. She said instead of silencing councillors for bringing embarrassing council matters to the attention of the public, Mohapi should heed the now unanimous call for the suspension of Mqwathi. “It is not DA councillors that embarrass the Moqhaka Municipality and its mayor, but the inability of the ANC-led council to deliver services and manage the council’s affairs in an effective manner. “The DA will continue to hold Mayor Mohapi and the executive council to account,” Pittaway said.
KROONNUUS, DINSDAG 14 JANUARIE 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
GESOEK OM TE KOOP 1675
SPYSENIERING & LOKALE 1401
FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, dekor, spyseniering, kerse, tafels en stoele, stoeloortreksels, kandelare, 'underplates', breekware, tafeldoeke, rooitapyt, ens. Skakel 079 515 8814.
OPLEIDING & OPVOEDING
HUISWERKER SOEK AANSOEKE WORD WERK Maandag tot INGEWAG VIR Vrydag. Kan alles doen BETREKKING AS Skakel 078 548 6140 KLUBBESTUURDER Vereistes: HUISWERKER IS Moet baie goeie OPSOEK na werk vir menseverhoudinge hê 5 dae 'n week. Inslaap Moet personeel of nie inslaap. Hardaangeleenthede kan werkend - 072 552 2687 hanteer Goeie bemarker wees en HUISWERKER IS kan organiseer OPSOEK NA WERK Kennis van kantoor vir Dinsdag & Donderdag administrasie Skakel 082 507 5839 Goeie kennis van aankope, voorraad en voorraad DRIVER WITH CODE 10 beheer t.o.v kroeg. Basiese IS LOOKING FOR kennis van rekenaars hê WORK URGENTLY. Salaris en werksure sal CONTACT 073 095 8228 onderhandel word. EK IS DRINGEND Faks CV na OPSOEK NA ENIGE 086 502 2525 WERK. Ondervinding: Prokureur Skuld GESOEK invordering. Tik. Rekenaarvaardig. Verkope en 3601 bemarking. Kleuterskool I'M LOOKING FOR assistent ondervinding. DOMESTIC WORK Kode 8 rybewys en eie 3 - 5 DAYS PER WEEK vervoer. Skakel Marna Contact 078 740 8908 074 630 1424
VERVOER & BERGING 1870
TE KOOP GEVRA: Enige elektriese en handgereedskap asook houtwerkgereedskap en -toerusting, meubels, yskaste, antieke goedere en enige ander artikels. Skakel 056 212 5418 of 076 168 1921.
JEF'S ALGEMENE VERVOER & NUTSMAN Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe ens. 083 494 5877 Faks 056-2121322
ALGEMENE & HUISDIENSTE
HOUTKAPPERTJIE: 083 568 1568 Afsaag, 'trim' en verwyder van bome. Kaggelhout te koop.
1480
BOUWERK & KONSTRUKSIE 1801
BOME 1871
VOLWASSENES
BUSMAR BOUERS & LAPA'S 16 Jaar ondervinding. Geen werk te klein. Verwysings beskikbaar. 083 390 2702
PRIVAAT 2015
ALLERLEI 1845
OP SOEK NA 1485
NAALDWERK/ TIKWERK Vir algemene herstelwerk aan klerasie en tikwerk. Skakel 072 2897 063
EIENDOMME
HUISE TE KOOP
I am looking for knitting machines: Empisals and Passaps, in any condition. Will pay cash. Contact Cecilia 082 482 4686.
3275
HUIS TE KOOP Netjiese 4 Slpk huis met dubbel geriewe, swembad, sprinkelbesproeiing, alarmstelsel en meer te koop in Panorama. Kontak 072 023 0995
TE KOOP
BOUMATERIAAL
VOERTUIE
1610
KLEIBAKSTENE IS BETER BERTS BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene, Kleisierstene, Kleiplaveiselstene, Sement maxi stene, Sementpleisterstene, Sementplaveiselstene, Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za
VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075
LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 22 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052
ALLERLEI
EDENVILLE HUIS TE KOOP - 2 Slpk, 2 Badk 2 Stoepkamers. Afdak 2 motors. R 200 000. Stil woongebied. 079 800 6077 HUISE TE HUUR
HUIS TE HUUR NET BUITE DORP - 3 Slpk, 2 Badk.Dadelik beskikbaar. R 2 500 pm.Krag uitgesl. Geen diere - 083 294 4812 3 SLAAPKAMER HUIS TE HUUR Sentraal geleë R 3000 pm 084 448 9640 STUDENTEAKKOMMODASIE 3323
Studentebehuising binne loopafstand van Pukkehoofhek. Naby 'Die Bult'. Steve Biko 128. Vanaf R2 300 p.m 082 805 2755 riaancrous@gcs.co.za
3270
DRIE-SLAAPKAMERhuis te huur. Goeie area, stil omgewing. Hulshoffstr. 4. Beskikbaar 1 Februarie. Huur: R3 300 p.m. Deposito vooruit betaalbaar. Navrae: Johan de Beer 076 472 6521.
MEENTHUISE TE KOOP
MEENTHUISE TE HUUR 3325
NETJIESE VEILIGE 3 SLAAPKAMER MEENTHUIS met dubbel geriewe en braaiplek, in gesogte kompleks. Beskikbaar 1 Februarie R 4 300 pm. Kontak Johan by: 056 213 3651 of 082 553 4559
DOMESTIC WORKER NEED WORK for 2 days per week. Contact 083 313 9546
HUISWERKER SOEK WERK Maandag tot Vrydag. Hardwerkend 078 2728 322
BETREKKINGS
BETREKKINGS 3600
ALGEMEEN 3680
KELNERS BENODIG Moet Afrikaans magtig wees. Handig CV's in by die Spur, Reitzstraat.
3330
DE BRUYNS PARK MEENTHUIS TE KOOP Netjiese meenthuis in Truterstraat langs die Valsrivier met lieflike tuintjie, 2 Slaapkamers, 1.5 badkamers, ruim leefvertrek, kombuis, enkel motorhuis en onderdak parkering. Goeie huurinkomste. R 600 000 Skakel 083 447 8029
1655
NORITAKE-EETSTEL MONTROSE 6956 met goue roospatrone. Nog nie gebruik nie. Pragtig. 196 eenhede. HEINRICH ALEGRE DUITSLAND met rooi rose en goue blare. Iets spesiaals. 108 eenhede. Skakel 072 268 0342. DEFY KITCHENAIRE 621 ("Hood" ingesluit) R 1 999.00 SLOW COOKER Uitstekende toestand R 299.00 TREKKLAVIER Maak aanbod Tel: 082 466 3143
TAXIDIENSTE: Vir u en u pakkies. Skakel 076 215 2914
SOEK, KOOP, VERKOOP
13
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
KROONNUUS, DINSDAG 14 JANUARIE 2014
Kerk samel geld in vir nuwe ouditorium
VEELS GELUK
MATRIEKS
JULLE MAAK ONS
TROTS
VAN DIE DIAMANT MENSE
E+I 19199
DIE Kroonstad-selgemeente samel geld in om die kerk se nuwe ouditorium te bou. Van die lidmate het besluit om op 8 Februarie ’n halfmarathon (21,1 km), ’n 10 km
en 5 km of pretstap aan te bied. Inskryfvorms is op die kerk se webtuiste kroonstadcellchurch.co.za, by die kerk in Reitzstraat of by Country Meat in Buitenkantstraat te kry. Stof solank jou tekkies af en kom neem deel.
CONGRATS
MATRICS YOU MAKE US
PROUD
FROM THE DIAMOND PEOPLE
E+I 19198
Tharine Hurter
15
16
KROONNUUS, DINSDAG 14 JANUARIE 2014
Vaar goed in gala SWEMMERS van die Valsrivier-swemklub op Kroonstad het aan die Dave Muller Memorial-gala in Welkom deelgeneem en heelwat eerbewyse verwerf. Hulle het die skoolvakansie voorberei vir galas soos die Noord-Vrystaat- en Vrystaatse galas en klubkampioenskappe. Die Noord-Vrystaatse gala is van 11 tot 12 Februarie op Sasolburg en van 20 tot 21 Februarie in Bloemfontein. Van links is, voor: Quintus van Wyk, Danel van Wyk, Louis du Plessis, Lené du Plessis, Marius Keeve en CJ Barnard; middel: Michael Keyserm, Ferdi Vergottini en WP Wessels; agter: Marcelle Roux, Charne Oosthuizen, Wiandré Erasmus en Robbie le Roux. Foto: Verskaf
ROBBIE LE ROUX (14) het op 4 Januarie aan die 1,6 km-nommer in die Solomans-oopwaterswembyeenkoms by die Loch Athlone-seiljagklub, Bethlehem, deelgeneem. Hy was derde in die groep 14 tot 30 jaar met ’n tyd van 21:45.00. Hy het ook van 6 tot 7 Desember aan die Nocasa Sprint-gala in Kimberley deelgeneem en drie goue, een silwer- en een bronsmedalje verower. Altesaam 17 swemklubs van so ver as Namibië het aan dié byeenkoms deelgeneem. Robbie oefen by Ulrich van Wyk en is ’n leerling aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies). Foto: Irene le Roux