Kroonnuuskn 20140128

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 28 JANUARIE 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Sloerstaking verby

Werkers bereik ooreenkoms Tharine Hurter en Jana Bekker DIE sloerstaking by die Moqhaka-munisipaliteit is verby. Dít kom nadat die 875 progressiewe werkers in die teenwoordigheid van die forensiese taakspan, wat die ongerymdhede en aantygings van die werkers oor waarom die munisipale bestuurder en direkteure in dié munisipaliteit afgedank moet word, ’n ooreenkoms bereik het. Luidens die ooreenkoms sal die bevindings van ’n forensiese oudit aan die openbare beskermer (OB) en die Valke verskaf word. Mokete Duma, die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) se hoof en voormalige munisipale bestuurder van Moqhaka, het ingegryp om hier te onderhandel sodat dienslewering in Moqhaka kan voortgaan. Dit is ooreengekom die forensiese oudit kon onder leiding van Steve Tau van die tesourie-departement van die Vrystaatse provinsie sedert Woensdag voortgaan. Inwoners én werkers kan bewyse van bedrog of vermoedens van bedrog deur enige munisipale werknemer in ’n geslote posbus by die munisipale kantoor plaas. Woensdag het werkers in die Kroonstadskouburg vergader en besluit om Mncedisi Mqwathi, munisipale bestuurder, uit sy kantoor te verjaag. Kroonnuus was daar en het ’n video hiervan gemaak wat selfs op eNuus gebeeldsend is. Inwoners wat keelvol vir swak dienslewering is, spesifiek die watervoorsiening in Maokeng, het chaos in die strate van Maokeng en Kroonstad veroorsaak. Buitebande is in die strate gebrand en vullis en klippe is oral gestrooi. In die ooreenkoms het die werkers onderneem geen vorm van intimidasie sal op die topbestuur en Mqwathi uitgeoefen word nie. Kroonnuus verneem die meeste van die direkteure en Mqwathi was nie Donderdag en Vrydag by die werk nie. Werkers wat op die gewone tyd vir diens wou aanmeld, is verhinder tot sowat 09:30 toe 13 wagte van ’n veiligheidsmaatskappy hulle in die munisipale gebou se ingangsportaal ingewag en hulle toegang geweier het. Daar was glo nog ses wagte elders in die gebou. Dié wagte is glo deur Mqwathi gereël. Volksblad, moederkoerant van Kroon-

Verloop 6 Januarie: munisipale werkers, die 875 progressiewe werkers, begin staak en eis die kop van die munisipale bestuurder en direkteure. 22 Januarie: Munisipale werkers by Moqhaka om Simon Mqwathi na buite die gebou te vergesel, maar hy het hulle ontwyk deur by ’n ander stel trappe af te loop. Toe hulle by sy kantoor kom en sien hy is nie daar nie, het hulle die boodskap gekry hy is ondertoe. Hulle is buitentoe net om te sien hoe hy in sy motor wegry. “ ’n Afvaardiging van munisipale werkers het op 20 Januarie met Cogta vergader. Ons moet teruggaan na Cogta, omdat gehoor nie aan ons aanbevelings gegee word nie,” sê ’n vakbondleier. 23 Januarie: Munisipale dienste word hervat nadat werkers ’n ooreenkoms met die provinsiale tesourie bereik het. Die bevindings sal by die OB en die Valke ingedien word. ’n Geslote posbus sal by die munisipaliteit wees waar werkers bewyse van bedrog of vermoedens van bedrog teen munisipale werknemers kan plaas. nuus, het Mqwathi op sy selfoon gebel om dit te bevestig. Hy het sy selfoon geantwoord, maar weer doodgedruk. Hy het na Volksblad en Kroonnuus se kantoor teruggebel, maar weer die oproep beëindig nadat hy gevra het watter maatskappy dit is. Voordat die werkers na hul werk teruggekeer het, het die verteenwoordiger van die Vrystaatse tesourie hulle te woord gestaan. Die verteenwoordiger, wat nie sy naam aan die media bekend wou maak nie, het gesê: “Geen steen sal in die ondersoek onaangeraak gelaat word nie”. Hy het gesê die uitsmytery van Mqwathi was nie goed nie. ) Besoek www.kroonnuus.co.za om na die video-insetsel oor die uitsmytery van Mqwathi en inwoners van Maokeng se misnoeë oor dienslewering te kyk.

INWONERS van Kroonstad is keelvol vir swak en selfs geen munisipale dienslewering. Hier dra Hasie Geldenhuis ’n plakkaat wat boekdele spreek. ’n Nie­politiekgedrewe optog word glo in die vooruitsig gestel. Dié foto is op sosiale netwerke versprei en het wyd kommentaar ontlok. Foto: Verskaf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Kroonnuuskn 20140128 by KroonNuus - Issuu