Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 11 FEBRUARIE 2014
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
WWW.KROONNUUS.MOBI
GRATIS
Stemdag is 7 Mei Registrasietyd nou verby
STEMDAG sal op Woensdag 7 Mei wees. Pres. Jacob Zuma het Vrydag dié stemdag bekend gemaak. Kiesers kon hulle op Saterdag 8 Februarie en Sondag 9 Februarie oor die land heen registreer.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het 22 263 stempunte oor die land heen gehad waar kiesers hulle kon registreer. Suid-Afrikaners wat reeds geregistreer is, kan hul besonderhede nagaan deur hul ID-nommer na 32810 te SMS.
Een, twee, drie, aksie! LEERLINGE van die Hoërskool Kroonstad (Bloues) het verlede week hul lyf akteur gehou. MK, een van kykNET se musiekkanale, het ’n program by die Bloues opgeneem. “Dit was ’n ongelooflike ervaring vir ons almal om voor die televisiekamera met ’n mikrofoon in die hand te staan en praat. Die produksiespan was ongelooflik ondersteunend en het ons baie gehelp. ’n Onverwagse reënbui het ons laaste liedjie, Steve Hofmeyr se Blou Ballon, se opname effens gekortwiek. Die Bloues dink egter op hul voete en almal is vinnig die saal in vir dié toneel,” vertel Letetia Engelbrecht, hoofmeisie. Hoofseun Casper van der Merwe sê: “Kom kyk gerus op Maandag 24 Februarie om 17:00 saam met duisende ander op kykNET se kanaal 146. Daar is ook heruitsendings op Woensdag 26 Februarie om 16:00 en Vrydag 28 Februarie om 15:00.” Hier bespreek kameraman Ettiene Cronjé en Letetia ’n kameraskoot. Foto: AnneLize Jansen van Vuuren
Lees binne: ) Bl. 2: Mqwathi kap terug oor bewerings ) Bl. 3: Valsrivier is toksies
KIESERS in wyk 16 kon hulle by die Kroonheuwel Primêre Skool registreer. Dié stemlo kaal is vanjaar bygevoeg. Mlindeni Mmutlanyana en Sello Mphosi van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het mense wat hulle Saterdag en Sondag as kiesers hier kom registreer het, gehelp. Foto: Tharine Hurter