Kroonnuuskn 20140304

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 4 MAART 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

WWW.KROONNUUS.MOBI

Mohapi hou hom doof

GRATIS

Wil steeds nie met stakende werkers praat nie Tharine Hurter

OF Jihad Mohapi, uitvoerende burgemeester van Moqhaka, stakende werkers terug wou toelaat wat gister deur Cotga gelas is om ná ’n sloerstaking sedert 6 Januarie terug te keer werk toe, kan nie bevestig word nie. Woedende inwoners van die township is glo nie tevrede met Mohapi wat nie met hulle oor die toestand in Moqhaka wil praat nie. Sakelui probeer vergeefs om ’n afspraak met Mohapi te kry om die krisis oor dienslewering te bespreek. Polisieteenwoordigheid by die sittende werkers voor die munisipale kantoor in Kroonstad is deesdae algemeen. Teen gisteroggend het ’n beduidend kleiner groepie werkers onder die bome en op die parkeerterrein rondgehang. Die vullisverwyderingsvoertuie van Moqhaka is, soos die afgelope tyd, ook hier geparkeer en vullis lê steeds hier gesaai. Mncedisi Mqwathi, die munisipale bestuurder wie se kop deur die werkers geëis word weens vermeende wanbestuur van Moqhaka, is na wat verneem word sedert Donderdag met spesiale verlof. Amptenare wat anoniem wil bly, sê hy het glo ’n brief gekry wat hom laat glimlag het. Wat presies skriftelik aan hom gekommunikeer is, bly slegs gissings. Sommige kenners en lede van die opposisiepartye wil dit hê hy is geskors. Die tegniese bestuurder, Sonnyboy Mokgatle, is nou die waarnemende munisipale bestuurder. Voorheen het die korporatiewe direkteur, Mthunzi Mothwalo, as waarnemende munisipale bestuurder opgetree. Sy kop word ook deur die stakers geëis. Van die werkers wat voortdurend aan die sloerstaking deelgeneem het, het glo aan die kortste ent getrek en tot R200 vir die maand as salaris ontvang. Vrese dat die werkers nie betaling vir Februarie sou kry nie, het bestaan. Talle inwoners kon glo nie hul munisipale rekenings in die kontantsaal van die munisipaliteit betaal nie. Dít kan die kontantvloei van Moqhaka ’n knou toedien, word gesê. In die binnekring word bespiegel kameras is ingespan om die sittende sondaars op die beginsel van geen werk, geen betaling nie te straf. Intussen bekla talle inwoners hul lot omdat dienslewering gestaak is. Hou Kroonnuus se webtuiste dop om die nuutste verwikkelinge oor die staking en die uitwerking daarvan te lees. Besoek www.kroonnuus.co.za.

Talle inwoners kon glo nie hul munisi­ pale rekenings in die kontantsaal van die munisipaliteit betaal nie.

’n BEDUIDEND kleiner groepie sloerstakende munisipale werkers het gister teen druktyd voor die munisipale kantoor in Hillstraat, Kroonstad, rondgehang. Dít ongeag Cogta se eis aan werkers om terug te keer werk toe. Later die oggend het die polisie weer hier ’n wakende oog gehou. Foto: Tharine Hurter


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.