Kroonnuuskn 20140311

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 11 MAART 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

WWW.KROONNUUS.MOBI

GRATIS

Mohapi meets with KB&T Tharine Hurter

IN a change of attitude, Jihad Mohapi, executive mayor, met with the chairperson of Kroonstad Business and Tourism (KB&T), Piet Cordier, on Thursday. This follows an intervention by former mayor of Kroonstad, Tony Khoury, who arranged a meeting with Cordier and Mohapi to “break the ice”. “I have a passion for Kroonstad and it breaks my heart to see my town go down,” Khoury said. A formal letter of apology from Mohapi to KB&T was issued to KB&T on Friday. Mohapi wrote in the letter that his office apologised for their late response to KB&T’s request for a meeting, which was due to the unprotected strike at the municipality. He apologised to the business community for any inconvenience caused for not being able to provide basic services as this was due to disruptions that occurred in their institution during the illegal strike. Khoury took notes of the meeting where both parties committed themselves to a cordial relationship and that services would be restored to ratepayers to as normal as possible. Mohapi said the non-communication was due to the disruption of services, personnel and other problems. KB&T tried to meet with Mohapi to discuss the ongoing strike and degeneration of Kroonstad since the start of the strike in January. “The meeting on Friday is a move in the right direction,” Cordier said. After the special council meeting with Olly Mlamleli, MEC for Cooperative Governance, Human Settlements and Traditional Affairs, and an interview with Kroonnuus afterwards, Mohapi told Kroonnuus that he had a good relationship with KB&T and had embarked on programmes to uplift the town. “My door is open to the public,” Mohapi said. ) Watch the video at www.kroonnuus.co.za.

Kolskoot vir welsyn OP die opening van Kroon­boma, ’n wê­ reldgehalte­veilingare­ na buite Kroonstad, is die donkiemerrie Cho­ colat ten bate van die Kroonstad­kindersorg­ aksie (KK) opgeveil. Altesaam R81 000 is vir behoeftige kinders ingesamel waardeur hulle vier dae per week van ’n warm bord kos verseker kan wees. JB Joubert het onder meer oor die werk­ saamhede van die KK gepraat en Swart Lu­ kas Kleynhans het die donkie opgeveil. Voor is: Burnett Staal met Chocolat; van links, agter: die kopers Piet Kleynhans, Ronnie MacDonald, Joubert (KK), Manie van Nie­ kerk, Quentin de Bruin, Berno van Niekerk, Stompie Olivier, Kierie Fourie, HW Gutter, Kleynhans en Henk van der Laase. Kyk op www.kroonnuus.co.za wie almal op dié ge­ leentheid was en hoe Chocolat kopers se harte gesteel het. Foto: Tharine Hurter

Workers will not be reinstated Tharine Hurter THE 33 municipal workers of Moqhaka who have embarked on an unprotected strike and who were dismissed will not be reinstated in their positions. “From our side we have pleaded that they return to work, but they ignored us,” Olly Mlamleli, MEC for Cooperative Governance, Human Settlements and Traditional Affairs, said at a special Moqhaka Council meeting on Wednesday. The investigation report on the allegations of mismanagement and use of municipal funds, as well as appointments at the municipality, was tabled at this meeting

by Mlamleli. Stephen Kau, chief of staff in the Treasury Department, was the chairperson for this investigation. Jihad Mohapi, executive mayor of Moqhaka, said the correct procedures had been followed to dismiss the workers. Mariette Pittaway, DA Caucus leader in Moqhaka, said her party had consulted with an attorney on the dismissal. “The attorney said that the dismissal was unlawful. This will lead to arbitration, which will cost the already bankrupt municipality millions.” She and her party stand by their statement that Mncedisi Mqwathi is incompetent as a municipal manager.

Vergaderings dán gehou Tharine Hurter INWONERS van Kroonstad wat ’n bydrae tot die ontwikkeling van Moqhaka (Kroonstad, Viljoenskroon, Steynsrus, Maokeng, Rammulotsi en Matwangtwang) wil lewer, moet let op die nuwe datums en tye vir die belangrike Geïntegreerde Ontwikkelingsprogram se vergaderings. Die vergaderings vind soos volg plaas: Vandag: 11:00 – Matwangtwang-biblioteek, Steynsrus (alle wyke); 16:30 – Matwangtwangsaal (gemeenskapsvergadering); Woensdag 12 Maart: 10:00 – Kroonstadontvangslokaal (belanghebbendes); 16:00 –

Kragsentrale (wyke 4, 5, 6 en 18); Donderdag 13 Maart: 16:00 – Taxi-Inn (gemeenskapsvergadering vir wyke 7 en 14); Constantia-saal (wyke 8, 9, 10 en 18); NG kerk (wyke 11 en 12); Seeisoville-saal (wyke 9, 15 en 16); Relebohile-sportterrein (wyk 13); Vrydag 14 Maart: 16:00: – Brentpark-gemeenskapsaal (wyk 13) en Allen Rautenbachsaal (wyke 3, 17 en 16); 18 Maart: 09:00 – Viljoenskroon-stadsaal (belanghebbendes); 16:00 Rehauhetswe-skool (wyke 19 en 20); Tshepahalo-skool (wyke 21 en 22); Vierfontein (wyke 23 en 24) en Northleigh-saal (wyk 25).


2

KROONNUUS, DINSDAG 11 MAART 2014

Aan-SKOU-SKOU-lik DIE Hoërskool Kroonstad (Bloues) het Saterdag sy jeugskoukampioenskapsbyeenkoms vir sy leerlinge op die landbouterrein aangebied. Mooi versorgde diere en gesoute skoumanne en -vroue was te sien. Vir die kullinêre afdeling was daar heelwat gebak en brou.

BO: Michiel Nigrini berei vir die suiwel­ afdeling voor.

HUMAN WESSELS was al talle kere die nasionale jeugskou­ man. Hier wys hy hoe ’n jersey afgerond moet word.

GIDEON SWART vertoon dié pragtige wolskaap.

LEATITIA ENGELBRECHT met haar pragtige perd.

Foto’s: Riana Swart

HANKE SWART berei geregte vir die kullinêre afdeling voor.


KROONNUUS, DINSDAG 11 MAART 2014

3

Bevindings in twyfel getrek Tharine Hurter STEPHEN KAU, die voorsitter van die taakspan wat die forensiese ondersoek by Moqhaka moes lei, het luidens die verslag wat hy aan die Moqhaka-munisipaliteit voorgelê het, 20 jaar ondervinding in munisipale bestuur. Die res van die taakspan het ook baie jare ondervinding in munisipale sake. Kau het onder meer ’n negatiewe geskiedenis by die Setsotso-munisipaliteit weens wanbestuur. Mantebu Mokgosi is die voormalige uit- voerende burgemeester van Moqha- ka en nou ’n konsultant by Morar Ingelyf, die ouditeursfirma wat deur Olly Mlamleli, LUR vir same- werkende regering en tradisionele sake, vir die ondersoek na die aan- tygings oor wanbestuur by Moqha- ka aangestel is. In haar ampstermyn het die oop toiletteskandaal by Rammulotsi plaasgevind, asook die mislukte Moqhakatoerisme-ekstravaganza. Mokete Duma, voormalige munisipale bestuurder, het onder ’n wolk van verdenking die leisels by Moqhaka vir die amp as hoof van Cogta in die Vrystaat verruil. Hy was ook betrokke by die Moqhakatoerisme-ekstravaganza. Die verslag van Kau is Woensdag in Kroonstad op ’n spesiale raadsvergadering ter tafel gelê. Luidens die verslag was “toegang tot dokumente en inligting van die Moqhaka-munisipaliteit beperk”. Talle ooggetuies was nie vir verklarings beskikbaar nie. Die taakspan was ook nie by magte om kruisondervragings te hef nie. Belanghebbendes is bekommerd hieroor en bevraagteken die geloofwaardigheid van die bevindings. Helena de Bruin, Imatu-vakbondleier in Kroonstad, betwyfel die bevindings weens die span se swak geskiedenis in munisipale bestuur.

VAN links is Sonnyboy Mokgatle, waarnemende munisipale bestuurder van Moqhaka, Jihad Mohapi, uitvoerende burgemeester van Moqhaka, Olly Mlamleli, LUR van Cogta, en Mokete Duma, departementshoof van Cogta, tydens die onderhoud wat Mlamleli ná die spesiale raadsvergadering aan die media toegestaan het. Foto: Tharine Hurter

Twee onskuldig bevind Tharine Hurter en Jana Bekker DIE Moqhaka-munisipaliteit se munisipale bestuurder en direkteur van korporatiewe dienste is albei onskuldig bevind in ’n ondersoek van die provinsiale tesourie. Olly Mlamleli, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, beter bekend as Cogta, het op ’n spesiale raadsvergadering ’n verslag in dié verband bekend gemaak. Die media en publiek is nie in die vergadering toegelaat nie, maar die verslag is ná die vergadering deur Victor Duma, ’n departementshoof van die departement van Cogta, aan joernaliste oorhandig. Dít ondanks Mohapi wat volgens raadslede in camera die raadslede gemaan het om nie die verslag aan die media te gee nie. In die verslag word die bevindings vervat van ’n taakspan wat

deur die provinsiale tesourie aangestel is om bewerings teen Mncedisi Mqwathi, munisipale bestuurder, en Mthunzi Mthwalo, direkteur: korporatiewe dienste, te ondersoek. Die dorp is sedert Januarie deur ’n voortslepende sloerstaking van munisipale werkers verlam weens verskeie sake waaroor hulle ontevrede was. Werkers se dringendste probleem was dat munisipale geld in 2012 vir drie maande vir Mqwathi se verblyf, etes en kruideniersware gebruik is. Die bevinding van die verslag is Mqwathi is as diensverskaffer aangestel en nié ’n Moqhaka-werknemer nie. Dié bevinding is gemaak, omdat Mqwathi se eerste termyn as munisipale bestuurder in Junie 2012 verstryk het. Cogta het toe ’n ooreenkoms met hom as diensverskaffer aangegaan om die munisipaliteit te bestuur. Die uitgawes

wat hy toe vir verblyf, reis en etes geëis het, is as diensverskaffer geregverdig, het Mlamleli gesê. Voorts is Mqwathi onder meer daarvan beskuldig dat hy nie tenderprosedures met die aanstelling van ’n betaalrol- en ouditmaatskappy, CPI en EasyQ, gevolg het nie. Die verslag het egter bevind geen oortreding het plaasgevind nie. Mlamleli het gesê sy is by magte om enige afwykingsbriewe goed of af te keur. Mariëtte Pittaway, DA-koukusleier, sê egter die CPI-betaalrolstelsel is nog nie eens by die munisipaliteit in werking gestel nie. “Duisende rande, waaroor ons die dokumente beskik, word maandeliks betaal en die stelsel werk dan nie eens nie,” sê Pittaway. Mlamleli het ná die spesiale raadsvergadering met die media gepraat. Sy sê ander aangeleenthede is

rassisme, die vinniger verwerking van betalings aan diensverskaffers en leweransiers waarvan die eienaars wit is, poste wat amptenare beklee wat nie op die organogram vervat is nie, oorbenutting van konsultante en diensverskaffers en werkers wat by wateraanlegte met rioolstortings werk, het nie beskermende klere nie. “Dít wat vinnig herstel kan word, soos die aankoop van beskermende klere, moet spoedig aangepak word,” het Mlamleli gesê. Die opleidingskantoor by die munisipaliteit is feitlik disfunksioneel. Kroonnuus verneem Mqwathi kan hier die sondaar wees omdat hy nie dokumente van amptenare onderteken wat opleiding moet ondergaan nie. Voorts is geen plan ter tafel om in die nuwe boekjaar nie weer ’n negatiewe ouditeursverslag te kry nie. ) Lees die volledige verslag by www.kroonnuus.co.za.


4

KROONNUUS, DINSDAG 11 MAART 2014

Kroonnuus HOOFARTIKEL

Posbus 309, Kroonstad, 9459

’n Mens kan net jou kop in ongeloof skud ’n VERRASSENDE wending in die uitslag van die Stephan Kau-verslag oor die aantygings wat munisipale werkers teen die munisipale bestuurder, Mncedisi Mqwathi, en die korporatiewe direkteur, Mthunzi Mthwalo, asook ander sakelui het, het inwoners beslis Woensdag die kop in ongeloof laat skud. Verlede Dinsdag het die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) se hoof, Mokete Duma, en die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (SAMWU) met die media gesels en gesê die aanbeveling is dat Mqwathi geskors word. Woensdag het sake heel anders verloop. Mqwathi en Mthwalo is albei skotvry. Die stempel van die LUR vir Cogta, Olly Mlamleli, het die poste van die twee hoës verseker. Tydens die spesiale raadsvergadering is die media en lede van die publiek versoek om die raadsaal te verlaat. Na wat verneem word, het Jihad Mohapi, uitvoerende burgemeester, alle raadslede versoek om nie die verslag

aan die media of “buite die raadsaal” bekend te maak nie. In ’n stadium het hy en die hoofsweep, Justice Mareka, selfs versoek dat alle raadslede hul selfone moet ingee weens die vrees dat opnames van die vergadering gemaak sou word. Nietemin het Mokete Duma, hoof van Cogta, die volledige verslag ná die vergadering aan Kroonnuus en eNuus se span gegee. In die onderhoud met die media het Mohapi sy dank teenoor die ondersoekspan en Mlamleli uitgespreek omdat die verslag sonder stampe en stote aanvaar is. Wat egter kommer wek, is die opmerking wat die ondersoekspan op skrif gestel het dat hy die verslag met beperkings weens gebrekkige inligting, wat van die munisipaliteit bekom is, moes opstel. Vakbondlede van Moqhaka kan met reg kapsie hieroor maak, want ’n forensiese ondersoek bepaal juis dat alle inligting deeglik ondersoek en ontleed moet word voordat ’n verslag saamgestel word. ) Lees die volledige verslag by www.kroonnuus.co.za.

OP die bekendstellingsgeleentheid van Dot Serfontein se nuutste boek, Gelaatstrekke van ’n dorp, is van links Jakobus Krog, Taelitia Krog, Willem Krog en Serfontein. Die boek is gepas by die Ou Stadsaal in Kroonstad bekend gestel. Foto: Jane krog

Maak hart oop vir behoeftiges KLUB 60 in Kroonstad het besluit om op sy Maart­vergadering sy hart vir die behoeftige gesinne van Kroonstad oop te maak. Elke lid het nie­bederfbare kos vir die Kroonnuus­Kos­ kas ingesamel en aan die redakteur, Tharine Hurter, oorhandig. Die kruideniersware is die­ selfde dag aan die welsynsinstansies oorhan­ dig. Hier is die voorsitter, Fred Els (voor), en Piet Swart (agter) by die kruideniersware. Foto: Tharine Hurter

Vetkoek in ’n kits JY kry onverwags gaste en die broodblik is leeg. Maak gerus dié kitsvetkoek vir die spyskaart. Bestanddele: 4 x 250 ml koekmeelblom 5 ml sout knippie neutmuskaat 125 ml botter 2 eiers 50 ml suiker 15 ml bakpoeier 300 ml karringmelk kookolie Metode: Sif die koekmeelblom, sout en neutmuskaat saam. Vryf die botter in. Klits die eiers baie goed en klits die suiker daarby. Meng die bakpoeier met 50 ml melk en roer by die melkmengsel. Meng die meel- en eiermengsel tot ’n stywe deeg. Voeg soveel melk by soos wat nodig is. Plaas die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak en rol of druk met die vingers totdat dit sowat 15 mm dik is. Sny die deeg in stukke of druk met ’n drukker vorms uit. Giet olie ongeveer 20 mm diep in ’n pan en verhit. Bak vetkoeke tot ligbruin en draai om. Dreineer op kombuispapier. Bedien warm met botter, konfyt of stroop. Mangwenya 4 x 250 ml flouru 5 ml letswai nate 125 ml botoro 2 mahe 50 ml tswekere

Waar is die pasiënte se regte? FELICITY COMBRINCK, voorsitter van Northern Free State CareGivers (NFSCG), Kroonstad:

15 ml bakpoiri 300 ml mofehlo oli Mokgwa: Sefa flouru, letswai, nate. Pikitla botoro ka Fidulwa mahe. Tshela tswekere. Kopanya bakpoiri, le 50 ml moflehlo. Kopanya ka flouru motswaka. Kopanya flouru le mahe motswako hantle. Tshela mofehlo. Sefa hanyane flouru hodimo tafole. Beha hlama hodimo tafole.Hasanya hlama 15 mm. Seha hlama sekotwana. Tsehla oli ka pane, motjhese. Peha mangwenya ka oli. Beha hodimo pampiri tsa kitjene. Sebetsa ka jeme kapa setoropo le botoro.

EK wil nie meer huil omdat ek gedink het ek neem ’n pasiënt na ’n veilige plek weens die feit dat ons organisasie hom nie tuis verder kon versorg nie. Sy pyn en ongemak was net te veel en op aanbeveling van sy huisdokter moes hy in ’n hospitaal opgeneem word. Daar in die hospitaal sterf dié pasiënt, 57 jaar oud, in pyn, halfnaak en onversorg! Ek wil nie meer huil oor die feit dat die NFSCG op die aand van opname duidelike opdragte gegee het dat die pasiënt vieruurliks morfien toegedien moet word soos deur sy onkoloog voorgeskryf nie (pasiënt se eie morfien is na die hospitaal gestuur). Stel jou voor die skok toe ons ontdek het dat die hospitaaldokter die morfien na agtuurliks verander het en die ontsettende pyn waarin die pasiënt moes verkeer. Ek wil nie meer huil omdat ons dieselfde aand by die personeel gepleit het vir kontrole van die supra- pubiese kateter wat om 02:00 gepaseer is nie, omdat die pasiënt geweldige on-

gemak en pyn sedert die oggend ervaar het. Die bebloede urinesak het ons vermoede bevestig. Ek wil nie meer huil omdat die sonar om vas te stel wat die oorsprong van die pyn was, nooit geneem is nie al het ons dit aanhoudend gevra en die kateter nooit korrek gepaseer is nie. Die pasiënt het so gesterf! Ek wil nie meer huil omdat ek uitdruklik die personeel aan diens versoek/gesmeek het om my asseblief te skakel indien die pasiënt se toestand versleg nie, maar die pasiënt het in pyn, stoksielalleen en op die grond gesterf – onversorg en verwaarloos! Ek wil nie meer huil omdat ’n verswakte bejaarde vrou nie meer kan loop weens ’n uitgroeisel onder haar voet en sy nie ’n operasie kan ondergaan nie, omdat die teater onder wa-

ter was. Ons organisasie moet daagliks beleef hoe sy verswak en ondraaglike pyn verduur. Troos heel nie wonde nie! Ek wil nie meer huil nie oor ’n bejaarde manlike pasiënt met ’n doek halfskoongemaak, gelos met harde ontlasting en ’n yslike bedseer. Waar is die regte van bejaardes? Waar is die regte van pasiënte? Wie kontroleer dat hierdie regte toegepas word? Wat ek wel wil doen, ek wil pleit vir die bloed van Jesus oor die Boitumelo-hospitaal. Ons organisasie en pasiente wat afhanklik van die Boitumelo-hospitaal is, wil bid vir ’n gees van verdraagsaamheid, liefde vir jou medemens, samewerking en toegeneentheid, asook gehalte-pasiëntversorging. Ons wil bid dat Jesusliefde in elke Boitumelo-versorger se hart sal brand en dat hy of sy dit sal uitdra na pasiënte wat van hulle afhanklik is. Die NFSCG wil hiermee ook ons dankbaarheid betuig teenoor elke skenker en borg wat ons tuisversorgingsdiens van waarde ag. Wees verseker dat jul skenkings dit vir ons moontlik maak om ’n liefdevolle tuisversorgingsdiens te kan lewer.


KROONNUUS, DINSDAG 11 MAART 2014

Beurtkrag ’n moet weens vraag Tharine Hurter

TOT 2 April sal die kragreus Eskom beurtkrag landwyd toepas. Na gelang van die vraag na krag sal Eskom daagliks aankondigings oor die radio, op televisie en op sy webtuiste, www.eskom.co.za, doen. Fase 1 bepaal 1 000 MW se kragverbruik moet landwyd bespaar word. Fase 2 bepaal 2 000 MW se kragverbruik moet bespaar word en in fase 3 moet 4 000 MW se gebruik verminder word. Beurtkrag sal in die meeste gevalle

RICHARD RANFT van Pro­Cartridge in Kroon­ stad is vir beurtkrag gerat. Hy het sommer twee kragopwekkers by sy onderneming. Foto: Jana Bekker

twee uur – van 06:00 tot 22:30 – van toepassing wees. Kroonstad, Viljoenskroon en Steynsrus sal soos volg weens beurtkrag in die onderskeie fases geraak word: Fase 1: Kroonstad: Dinsdae, Donderdae en Saterdae van 10:00 tot 12:30. Viljoenskroon: Dinsdae, Donderdae en Saterdae van 12:00 tot 14:30. Steynsrus: Maandae, Woensdae en Vrydae van 10:00 tot 12:30. Fase 2: Kroonstad: Maandae, Dinsdae, Woensdae, Donderdae, Vrydae en Saterdae van

10:00 tot 12:30. Viljoenskroon: Maandae, Dinsdae, Woensdae, Donderdae, Vrydae en Saterdae van 12:00 tot 14:30. Steynsrus: Maandae, Dinsdae, Woensdae, Donderdae, Vrydae en Saterdae van 10:00 tot 12:30. Fase 3: Kroonstad: Maandae, Dinsdae, Woensdae, Donderdae, Vrydae, Saterdae en Sondae van 10:00 tot 12:30. Viljoenskroon: Maandae, Dinsdae, Woensdae, Donderdae, Vrydae, Saterdae en Sondae van 12:00 tot 14:30.

Steynsrus: Maandae, Dinsdae, Woensdae, Donderdae, Vrydae, Saterdae en Sondae van 10:00 tot 12:30. ’n Aflaaibare skedule is op Kroonnuus se webtuiste by www.kroonnuus.co.za beskikbaar. Vir meer inligting oor beurtkrag en om die tye in ander gebiede op te soek besoek Eskom se webtuiste by www.eskom.co.za. By elke munisipaliteit word ’n skedule geplaas. Diegene wat nie internettoegang het nie, kan 086-003-7566 vir meer inligting skakel.

5


6

KROONNUUS, DINSDAG 11 MAART 2014

VCSV maak hart oop DIE lede van die Verenigde Christen-studentevereniging (VCSV) van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) het gewys hulle gee vir ander mense om deur ’n uitreik-aksie te begin. Die kringleiers het die Hoërskool Brentpark besoek en 320 brood-

nodige portefeulje-lêers aan dié skool se leerlinge oorhandig. Die kringleiers het die behoefte van die leerlinge raakgesien en dit gepak. Die skenking is met Jesus-passie gedoen en hulle sê nog baie uitreikaksies gaan volg wat net deur geloof, genade en liefde sal geskied.

OP die oorhandiging van portefeulje­lêers deur die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) se Verenigde Christen­studentevereniging (VCSV) aan leerlinge van die Hoërskool Brentpark. Van links is, voor: Francois Stemmet, Leonard Grundlingh en Rico Viljoen (ondervoorsitter); tweede ry: Nadine Oelofse, Mia Burgers (sekretaresse) en JC Cordier; derde ry: Alicia Fouché, Karin van Biljon, Nicola Steyn, Joanna Porogo, Mar­ chien Otto (VCSV­onderwyser van AHS), Lynette Medicon (onderhoof by die Hoërskool Brentpark), Lené Venter (voorsitter), Sulise Haefele, Lmé Muller, Maryke Pretorius, Carla de Jager en Jessie van der Merwe; agter: Ilze Froneman. Afwesig: Sam Khuto en Cyril Hlope. Foto: Verskaf

NUUS OP DIE WEB DIT is maklik om gebeure van enige instansie, kerk, individu, skool of sentrum sonder winsbejag self op die webtuiste www.kroonnuus.co.za te laai. Maak so om gebeure te laai: Tik www.kroonnuus.co.za by die webkassie op jou rekenaar in. Registreer jou as Netlocal-gebruiker. Kliek by “Lesersjoernalis”. ’n Volledige gids is hier beskikbaar. Vul inligting by “Bestuur my gebeure” in. Het jy foto’s van geleenthede

wat jy op die web wil plaas?: Maak so: Stuur ’n e-pos na thurter@volksblad.com en kyk dan by www.kroonnuus.co.za vir jou fotogalery. Wil jy voortdurend weet wat is in Kroonstad en in die omgewing aan die gang? Gebruik jou selfoon en tik in die soekkassie by Facebook “Kroonnuus” in. “Like” Kroonnuus en wees verseker van die vars nuus soos dit ontvou. Jy kan hier ook kommentaar lewer op dit wat reg of verkeerd of mooi of lelik is. Gisteroggend het Kroonnuus 1 311 “likes” op Facebook gehad.

Ontvang hulp DIE Sentrale Volkskool in Kroonstad bied spesiale klasse aan vir leerlinge wat met outisme gediagnoseer is of spesiale onderrig moet kry. Ouers het R87 000 vir dié klasse ingesamel. ’n Dier is in die veilingarena Kroon­boma ten bate van die klasse opgeveil. Hier is van links, voor: Nicolene Davis en Ayanda Busakwe: eerste ry: Lindie Louw, Jaques Britz, Nicolene Norval, Chelsea Reid, Jessica Theron, Alfred Mathule en Nikita Small; tweede ry: Jaco du Plessis, Tiaan Davis, Leon Engelbrecht, Amoray Herbst, Jannie du Plessis, Stephan Trollip, Thabiso Skols, Loanelle Grobbelaar en Marihe Veltman; derde ry: Ensia Crous, Amor­Rita Venter, Chrese Everton, Chrisjan Hitge, Graswill Jansen, Thabang Matona, Willen Hagen (borg), Wian Hagen (borg) en Anna Jonker; agter: Leonard Weltha­ gen (skoolhoof), Louwrens Swart (borg), Maryna Heyns (leerkrag) en Johan Schutte (borg). Foto: Tharine Hurter

Kroonstad bo op tuisveld Martin Venter KROONSTAD het ’n tweede agtereenvolgende week op sy tuisveld koning gekraai en sy onoorwonne status vanjaar voortgesit deur die Crusaders van Bloemfontein met 73-6 te karnuffel . In teenstelling met die vorige naweek was dit warm en het die droër toestande meer hardloopkans gebied. Soos verlede week het Kroonstad die wedstryd op ’n goeie noot begin toe hy van die afskop af die besoekers in hul gebied vasgepen het. Ná ’n goeie losgemaal het Christiaan Cornelissen die tuisspan se rekening met

’n skepskop geopen. Op die daaropvolgende afskop het die tuisspan gou weer in die gebied van die besoekers gekom en aanval op aanval gedoen. Nog goeie voorspelerspel het Kroonstad van goeie balbesit verseker en Tiaan van Wyk kon deurbars en die span se eerste drie te druk. Hy het sy eie drie verdoel om Kroonstad met 10-0 voor te laat loop. Die eerste keer dat die besoekers in die tuisspan se kwartgebied kon kom, het hulle die tuisspan tot ’n oortreding gedryf en ’n strafskop gekry. Die besoekers het met die strafskop aangelê pale toe en hul eerste

punte aangeteken om die telling op 10-3 te staan te bring. Die tuisspan het van daar teruggeslaan en onder sy voorspelers ’n goeie beweging deur sy slot Coenie Westraad afgerond met sy eerste van twee drieë. Van Wyk het die drie ook verdoel. Die tuisspan het met skitterende verdediging die besoekers verhoed om ’n seker drie te druk. Teen rustyd het Kroonstad nog twee drieë, wat albei verdoel is, by sy telling gevoeg, terwyl die Crusaders net met nog ’n strafskop tevrede moes wees om die telling op 31-6 te laat staan. In die tweede helfte het die Kroonstadters

voortgebou op die grondslag wat in die eerste helfte gelê is en net meer as ’n gedugte eenheid saamgespeel en die telbord aan die rol gehou. Hulle het alle fasette van die spel oorheers. Wat veral indrukwekkend was, was die jong voorry se werkverrigting in die skrums. Die spelers het gewys hoewel hulle nog jonk en kleiner gebou as ander voorrye is, hulle nie vir ander pakke voorrye hoef terug te staan nie. Verder het die losvoorspelers hulle deeglik laat geld, veral by die losskrums om nie net balbesit te behou nie, maar ook die teenstanders te frustreer wanneer

hulle hul balbesit omgekeer het. Twee drieë wat in die tweede helfte gedruk is, is deur goeie agterlynspel toe Christiaan Cornelissen ’n beweging aangevoer het wat Nelis de Kock laat druk het. Hy het sy verdedigers aan die buitekant geklop met spoed en omgehardloop om sy drie onder die pale te druk. Die tweede skitterpoging was toe Corné Cronjé vir Janneman Kotze in ’n gaping laat deurbreek het en sy drie onder die pale gedruk het. Die besoekers kon later nie meer al die gate toestop nie en nog vier drieë het gevolg. Van Wyk se skopwerk was uitstekend en al sy skoppe deur die pale. Kroonstad het die Cru-saders met 73-6 gewen. Coenie Westraad met sy vele kraglopies en sy twee drieë was die beste voorspeler van die dag, maar die voorry, Albert Human, JP Nel en Francois Nel, verdien ook ’n klop op die skouers, vir hul uitstekende skrumwerk. Verder het die lostrio met Luan Kleyngeld aan die voorpunt in die losskrums gewoel. Agterlangs het die louere aan Tiaan van Wyk gegaan vir sy goeie skoprekord vir die dag, maar die res van die agterlyn het ook goed gedoen danksy die voorspelers wat hul werk gedoen het en die manne agter deurentyd van goeie besit verseker het. Dié naweek speel Kroonstad ’n derde agtereenvolgende naweek op sy tuisveld wanneer hy in die hoofwedstryd van die Rooies se jaarlikse sportdag teen die Collegians van Bloemfontein te staan kom.


KROONNUUS, DINSDAG 11 MAART 2014

Women invited to host brunch in aid of welfare Tharine Hurter MAOKENG AND BRENTPARK CHILD AND FAMILY WELFARE has changed its name to Child Welfare SA, Kroonstad. Audrey Chaparadza, a social worker at this welfare organisation, says it even has its own Facebook page, CWSA Kroonstad. As with any welfare organisation, fundraising has to be done to ensure that the most vulnerable children and families can be assisted. A Brunch with the Princesses will be held on Saturday,

5 April, at 12:00 at the Brentpark Community Hall. “We invite the princesses of our community to each act as a hostess to ten people for this brunch. These princesses can also assist by selling or buying tickets at a mere R100 per person,� Chaparadza says. The principle of the event is that the princesses provide treats and decorate a table for ten guests each. The income will be utilised for the CSWA, Kroonstad. For more information, call Chaparadza on 078-450-9431 or Emma Fisher on 056-218-1468.

Eiendomme

911

7


8

KROONNUUS, DINSDAG 11 MAART 2014 PERSOONLIKE DIENSTE SPYSENIERING & LOKALE 1401

FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, spyseniering, dekor, tafels, stoele, stoeloortreksels, kandelare, 'underplates', breekware, tafeldoeke, rooitapyt - 079 515 8814 PERSOONLIK 1460

EK IS DRINGEND OPSOEK NA DOLOROSA MAGDALENA MARIA HAUPT Geldenhuysstr. 10 tydens 1966 Enige inligting is belangrik en sal konfidensieël. Skakel 072 8116 290 OP SOEK NA 1485

OPSOEK NA SKENKINGS van ongebruikte sporttoerusting vir Brentvale Primêre Skool. Kontak asb vir Linda 083 462 1047 Lynette 071 767 1289 of Lollie 073 143 1092

GESOEK OM TE KOOP 1675

TE KOOP GEVRA: Enige elektriese en handgereedskap asook houtwerkgereedskap en -toerusting, meubels, yskaste, antieke goedere en enige ander artikels. Skakel 056 212 5418 of 076 168 1921.

SKUUR & VERNIS VAN HOUTVLOERE Kontak Dawie 082 558 8741 TAXIDIENSTE: Vir u en u pakkies. Bel net 45 min voor die tyd Skakel 076 215 2914

ALGEMENE & HUISDIENSTE BOUWERK & KONSTRUKSIE

TE KOOP

1801

BOUMATERIAAL 1610

KLEIBAKSTENE IS BETER BERTS BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene, Kleisierstene, Kleiplaveiselstene, Sement maxi stene, Sementpleisterstene, Sementplaveiselstene, Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za

BUSMAR BOUERS & LAPA'S 16 Jaar ondervinding. Geen werk te klein. Verwysings beskikbaar. 083 390 2702 TE HUUR 1820

I.G.I BRIDAL BOUTIQUE Gorgeous Wedding Dresses and Beautiful Matric Farewell Dresses to rent. Contact 061 684 8937 ALLERLEI 1845

ALLERLEI 1655

EKSOTIESE SIEREENDE TE KOOP. Broeipare en jong eende. Kontak Cheryl 076 246 1414 of 056-515 3963 Epos: cherylgerbrands @gmail.com

LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 22 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052

2 PK ENKEL FASE ELEKTRIESE MOTOR. Goeie werkende toestand R 1 200.00 083 409 4640

MAAK EN RESTOUREER van houtmeubels. SLYP VAN ELEKTRIESE SKAAFLEMME (HOUT) > BRAAIHOENDERS BESKIKBAAR. Skakel Dave Jordaan 082 573 9927

NEW STOCK & SPECIALS Top Tile 056 212 5507 RV PAND WINKEL Pand van alle goedere asook aankoop van meubels. 056 215 1932 083 573 2729 TROETELDIERE 1660

JACK RUSSEL HONDJIES TE KOOP Beskikbaar 15 Maart Skakel 079 887 5025 KAPOK HOENDERTJIES KUIKENS TE KOOP @ R 15 elk. Skakel 083 332 6622 EEN GRATIS BABAKATJIE (Mannetjie) Skakel 083 332 6622

VOORSIEN & INSTALLEER VAN ALLE BLINDERS Top Carpets 056 212 5507 WAS VAN VOLVLOER-/ LOS MATTE, banke & motorsitplekke Top Carpets 056 212 5507 VERFWERK 1872

BRIDGE ELEKTRIES Herstel/ Installeer van alle kragpunte. BedradingSertifikate, Geysers en alle loodgieterswerke. 056 215 1932 083 573 2729 MIGHTY & DR PLUMBING: Building, welding, plumbing, geysers, gutters, paving, drains, leaking roof repairs, tiling, painting. Low, low prices. Managing director: Daniels. 073 361 1552. Email: danielntholengda @gmail.com

VERVOER & BERGING 1870

HARNO VERVOER 4- en 8-ton-trok MOJO PLUMBING Vir alle loodgietersdienste beskikbaar vir die verwydering van bourommel en verstopte riole en algemene vervoeris ek daar! werk - 073 157 7248. Tertius 0732700311

SOEK, KOOP, VERKOOP


KROONNUUS, DINSDAG 11 MAART 2014 JEF'S ALGEMENE VERVOER & NUTSMAN Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe ens. 083 494 5877 Faks 056-212 1322

TO LET: SEVEN OFFICES IN CBD. Built-in counter, waitingarea, kitchenette, walkin CHUBB saferoom. Imm. occupation. Phone 082 807 5985

BOME

SADLER INGELYF Stoor te Huur R 1500,00 plus BTW Stoor te huur R4000,00 plus BTW Groot Stoor te huur R 14 000,00 plus BTW Onmiddellik beskikbaar Kontak (056) 213-4376

1871

HOUTKAPPERTJIE: 083 568 1568 Afsaag, 'trim' en verwyder van bome. Kaggelhout te koop. VOERTUIE

TUINWOONSTELLE TE HUUR

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

3265

PRAGTIGE 1 SLAAPKAMER Woonstel met plessey meter. Dadelik beskikbaar. R 2 300 pm - 082 789 2389 TUINWOONSTEL TE HUUR - Plesseymeter. Beskik 1 April. Water ingesl. R 1 800 pm Skakel 079 629 0720 HUISE TE KOOP 3275

EIENDOMME

SAKEPERSELE 3215

PERSEEL TE HUUR BY TAXI RANK Skakel 082 908 9555. PERSELE TE HUUR: Skakel 082 908 9555. PLASE TE KOOP/HUUR 3245

Sadler Eiendomme PLAAS TE KOOP (KROONSTAD DISTRIK) 215 hektaar lande & weiding. Kontak 083 635 3372 of (056) 213-4376 WOONSTELLE TE HUUR 3250

BATCHELOR WOONSTEL by die rivier te huur. Eie Stoep en tuin. Plesseymeter. Toesluit Motorhuis. Binne veilige kompleks. R 1 950 pm. Skakel 082 550 7624 ENKEL WOONSTEL TE HUUR: Alistra Hof, Brandstraat, Kroonstad Huur: R2800.00 pm Deposito: R2800.00 Kontrakfooi: R280.00 Kontak: Gimbeek, Van Rooyen & Vennote Ingelyf Tel nr: 056 – 212 5197 ROOMS AND FLATS TO LET. Contact 082 908 9555.

HOUSE FOR SALE in Sentraal. House is in good condition and is very neat. 3 Bedrooms and 3 Bathrooms. Contact 072 634 2111 or 082 908 9555 HUIS TE KOOP: NOORDHOEK Netjiese 2Slpk huis Kontak 082 264 6222 HUISE TE HUUR 3270

HUIS BUITE DORP 3 Slpk, 2 Badk en afdak. R 3 000 pm en Dep van R 3 000. Krag uitgesluit Skakel 083 294 4812 ERWE/STANDPLASE 3295

TUINHOF STAND FOR SALE - R 110 000 PLUS 12 000 Satin Gold bricks, 12 000 Grey bricks Contact 082 510 1556

MEENTHUISE TE HUUR

REGSKENNISGEWINGS & TENDERS 3325

3 SLPK MEENTHUIS TE HUUR. Beskikbaar 1 April. R 3000 pm Skakel 078 446 6818 BETREKKINGS 3600

BETREKKINGS GESOEK 3670

HUISWERKER SOEK WERK vir 3 tot 5 dae per week. Skakel Susan 079 995 9332 HUISWERKER SOEK WERK Maandag tot Vrydag Skakel 071 903 2190 LADY (29YRS) IS LOOKING FOR ANY KIND OF WORK Hardworking and loyal Contact 076 593 7920 I'M LOOKING for Domestic (Mon - Fri) OR Casino work 082 515 4559 MAN LOOKING for any general work 079 568 3153 ALGEMEEN 3680

ORANJE TOYOTA KROONSTAD BENODIG 'N DIESELTEGNIKUS Ten minste 5 jaar Toyota ondervinding. Minimum vereiste: "Pro- Technican" Faks CV na: 086 670 4946 of epos na: lgrobbelaar2@ unitransmotors.co.za JOB OFFERED AT NEW GYM IN TOWNSHIP Applicant must have gym & marketing experience Contact 072 634 2111

GEKLASSIFISEERD BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

BOEDELKENNISGEWINGS

VERKOOP VAN SAAK 4065

NOTICE OF SALE OF BUSINESS Notice is hereby given in terms of Section 34 of Act 24 of 1936 (as amended) that RH van Zyl Retailers CC intends disposing of his business known as Cash Crusaders Kroonstad which is conducted at Shop 2 & 3, Sanlam Building, c/o Cross & Hill Streets, Kroonstad as a going concern with effect 30 (thirty) days after the last publication of this advertisement to Jahati Trading (Pty) Ltd (2014/038760/07) who will thereafter conduct the business at the same address and under the same name for his own account. Charles Vertue Gous Vertue & Ass. Inc. (Attorneys) Suite No. 8, Preller Square Centre, Graaf Reinet Street, Dan Pienaar, BLOEMFONTEIN, 9301 P.O. Box 9613, BLOEMFONTEIN, 9300 Docex 77, BLOEMFONTEIN Tel: (051) 436 1457 / 436 0902 / 436 0876 Fax: (051) 436 1458 E-Mail: charles@gva.co.za

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!"

4205

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

BOEDEL WYLE: SARAH SUSANNA PRETORIUS BOEDELNOMMER: 11896/2013 BOEDEL WYLE HENDRIK WEIDEMAN BOEDEL NO: 1699/2014 KENNISGEWING In die boedel van wyle HENDRIK WEIDEMAN, Identiteitsnommer 530215 5054 088 Huwelikstatus: Getroud binne gemeenskap van goedere Gebore op 15 Februarie 1953, en wie se laaste adres Sampie Fronemanstraat 13, Elandia, Kroonstad, Provinsie Vrystaat was en wie oorlede is op 4 Februarie 2014 Boedelnommer: 1699/2014, Meesterskantoor, Bloemfontein Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word hiermee aangesê om binne 'n tydperk van DERTIG (30) DAE vanaf 14 Maart 2014 hul eise in te stel en hulle skulde aan die boedel te betaal. q.q EKSEKUTEUR NAUDÉ - THOMPSON ING Cross-straat 98 Posbus 932 KROONSTAD 9500 Tel no: 056 212 2477 Faks no: 056 212 3288

KENNISGEWING BOEDEL WYLE KARL WALTER BOEDEL NO: 1969/2014 KENNISGEWING In die boedel van wyle KARL WALTER, Identiteitsnommer 300314 5060 183 Huwelikstatus: Ongetroud Gebore op 14 Maart 1930, en wie se laaste adres Derksenstraat 21, Kroonstad, Provinsie Vrystaat was en wie oorlede is op 12 Januarie 2014 Boedelnommer: 1969/2014, Meesterskantoor, Bloemfontein Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word hiermee aangesê om binne 'n tydperk van DERTIG (30) DAE vanaf 14 Maart 2014 hul eise in te stel en hulle skulde aan die boedel te betaal.

IN DIE BOEDEL VAN WYLE: SARAH SUSANNA PRETORIUS IDENTITEITSNOMMER: 420426 0040 088 EN WIE OORLEDE IS OP: 03/11/2013 BOEDELNOMMER: 11896/2013

BOEDEL WYLE: MS FOLOTSI BOEDELNOMMER: 2931/2013 KENNISGEWING

In die gesamentlike boedel van wyle MOSIUOA SIMON FOLOTSI met identiteitsnommer 390623 5236 085 KREDITEURE en DEBITEURE in 'n meerderjarige man, woonagtig te bogemelde boedel word 184 Gelukwaarts, Maokeng hiermee aangesê om binne ‘n tydperk van DERTIG (30) DAE Kroonstad, 9499 en langslewende gade vanaf datum van publikasie Mamohlabase Alina Folotsi hiervan hul eise teen die met Identiteitsnommer boedel in te stel en hulle 430919 0353 087 skulde aan die boedel te Boedelnommer: 2931/2013 betaal. ROELLOF COERTSE EKSEKUTEUR P/a COERTSE EN VENNOTE Wilsonstraat 2A, Posbus 1039, KROONSTAD, 9500 Tel: (056) 212 5591

q.q EKSEKUTEUR NAUDÉ - THOMPSON ING Cross-straat 98 Posbus 932 KROONSTAD 9500 Tel no: 056 212 2477 Faks no: 056 212 3288

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

MEENTHUISE TE KOOP 3330

GELEENTHEID WAT SELDE VOORKOM INDIEN OOIT! TOSKAANSE BOUSTYL: 3-slk-meenthuis, 2,5 badk, oopplanwoonarea, moderne ingerigte kombuis. Dubbelmotorh + onderdakparkering, veiligheidsmure, klein ontwerpte tuin. MAAR DIE BESTE, DIE EIENDOM KAN GEHUUR WORD MET OPSIE OM TE KOOP. SKAKEL 056 213 3024 ALLE URE

1 SLAAPKAMER WOONSTEL sitkamer, kombuis, badkamer in middedorp. Parkering in kompleks vir 1 motor. Plesseymeter. Geen troeteldiere. Onmiddelik beskikbaar R 1 700 pm. Skakel 078 446 6818 1 SLPK WOONSTEL Sitk, Badk.R 1 500 pm. Deposito verlang. Water ingesl. Koopkrag. Geen diere. Skakel 078 926 6646 TE HUUR 3205

HUIS TE HUUR IN PANORAMA 4 Slpk, 2 Badk, Studeerkamer. R 6 500 pm. Skakel 082 976 8419

9

SOEK, KOOP, VERKOOP

Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel ter insae sal lê vir 'n periode van een-en-twintig dae gereken vanaf 11 Maart 2014 ten kantore van die Meester van die Hooggeregshof te Bloemfontein en die Landdros te Kroonstad. I MALHERBE-NORVAL Prokureur vir Eksekuteur Du Randt & Louw Ingelyf Posbus 26 Kroonstad


10

KROONNUUS, DINSDAG 11 MAART 2014

Koshuismeisies hou modeparade IN die afdeling Mej. Klerkie Senior is van links Naledi Masisi (tweede prinses), Deamri Erasmus (Mej. Klerkie) en Jossie Steyn (eerste prin­ ses). Foto’s: Anne-Lizé Jansen van Vuuren

Anne-Lizé Jansen van Vuuren DIE meisies van De Klerkhuis, die Hoërskool Kroonstad se koshuis, het onlangs ’n modeparade aangebied. Aanvanklik het die skoolsaal ’n gedaanteverwisseling ondergaan met loopplanke en “ingevoerde klank en beligtingstoerusting”. ’n Sakevrou, Joannie Krog, se kennersoog en fyn hand het ’n mooi beoordelaarstafel en ander interessante fokuspunte verseker. Haarkappers en skoonheidsalonne van Kroonstad het as deel van hul “teruggee” aan die gemeenskap baie moeite gedoenmet pamperlangsessies vir dié meisies nie. “Met vol sport- en akademiese programme was tyd vir oefen min. Nietemin het die meisies soos gesoute modelle op die

loopplank gepronk. Ons is so dankbaar vir ons ma’s se harde werk en al die borgskappe wat ons ontvang het,” sê Deamri Erasmus, ’n matriekleerling wie se geesteskind die geleentheid. Sy was ook die afrigter van meisies vir dié aand. As verrassing het ’n span beoordelaars ’n junior Mej. Klerkie en ’n senior Mej. Klerkie aangewys. “Ek was verras. Ons moet ’n jaarlikse tradisie van dié geleentheid maak. Elke meisie was ’n wenner – die beoordelaars het voorwaar ’n moeilike taak gehad,” het die skoolhoof, William Drinkwater, gesê. In die afdeling Mej. Klerkie Junior was Natalie Ferreira die tweede prinses, Lethabo Meje was Mej. Klerkie, Alida Pretorius die beoordelaar en Corli Bergh die eerste prinses.


KROONNUUS, DINSDAG 11 MAART 2014

Season off to good start Spaski Geldenhuis THE indoor hockey season started with a bang this year with both teams winning their first games like superheroes. The results for the first week: Players Ladies vs Purple Babies: 14-2 Players Ladies vs Pink Ladies: 16-1 Players Men vs Invitations: 8-1 Last year both teams won the indoor season, and the woman won the outdoor season with the men finishing in second place.

Learn more about welfare A MEETING will be held by CWSA Kroonstad at the Brentpark Community Hall on Tuesday, 18 March, at 17:30. All interested parties who wish to know more about the challenges of welfare in Brentpark and Maokeng, are invited to attend this gathering. A report back on progress by the organisation and appointment of new members will be addressed.

Players is also proud to announce that the local indoor court is in its final stage. The club hopes to be able to play on home turf next year. This will be great for all the local players and school kids. Practice times for indoor hockey is Tuesday and Thursday at 18:00 on the tennis courts at the Old Landbou School. Everyone is welcome. For more information contact Liz on 076-071-4833.

11


12

KROONNUUS, DINSDAG 11 MAART 2014

Seil deur die lug DYLAN STIEMMIE in aksie in die verspringput. Hy het ook aan die 110 m­hekkies vir o.16­seuns deelgeneem en in 14.31 ’n eerste plek en 902 tabelpunte behaal. In die verspring het hy met 6,47 m ’n eerste plek behaal. Foto: Tinkie Hattingh

DIÉ vier meisies van die Sentrale Volkskool is die blitse wat op die Noord­ Vrystaatse atletiekbyeenkoms vir laerskole in Sasolburg ’n goue medalje in die aflosnommer vir o.10­meisies verower het. Van links is Chelsea Reid, Joret Olivier, Emma Schutte en Ilani Klopper. Foto: Verskaf

Doen haar bes

Behaal plekke ATLETE van die Hoërskool Kroonstad wat ’n plek op die Clover­atletiekbyeenkoms in Bethlehem behaal het, is van links Ananke Loubser, Helene Welgemoed, Corrie Steyn, Chantel Lotter, Letecia Engelbrecht, Jossie Steyn, Suné van der Merwe, Seipati Kalane en Annie Botha.

Foto: Anne-Lizé Jansen van Vuuren

DIE Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) se atlete het weer op die Fezile Dabi­atletiekby­ eenkoms in Sasolburg hul hakskene vir die an­ der atlete gewys. Hulle het 72 medaljes op die Noord­Vrystaatse atletiekbyeenkoms vir hoër­ skole ontvang. Dit sluit 27 goud, 32 silwer en 13 brons in. Altesaam 51 atlete het gekwalifi­ seer om aan die Vrystaatse Interhoërbyeen­ koms deel te neem. Mia van Rheede van Oudtshoorn is een van die atlete wat op die by­ eenkoms puik gepresteer het. Sy het in die dis­ kusgooi vir o.15­meisies ’n afstand van 35,29 m behaal met 928 tabelpunte hiervoor, asook ’n eerste plek in gewigstoot met ’n afstand van 12,36 m van 902 tabelpunte vir dié plek. Foto: Tinkie Hattingh


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.