Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 18 MAART 2014
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
WWW.KROONNUUS.MOBI
Voorstelle ingewag
GRATIS
Publiek kan insette lewer in ontwikkelingsprogramme Tharine Hurter LEDE van die publiek het nog kans tot die einde van Maart om voorstelle vir die Geïntegreerde Ontwikkelingsprogramme (GOP) vir Moqhaka in te dien. Openbare deelname vir die keuring van GOP-projekte word wetlik voorgeskryf. Op die vergadering wat Woensdag vir belanghebbendes van Kroonstad in die munisipale kantoor aangebied is, is die ontwikkelingsprojekte van die tegniese afdeling en dié van die gemeenskap- en nooddienste-afdeling ter tafel gelê. In die 2011-’12-boekjaar is onder meer die elektrisiteitskringtoevoer met die energieafdeling, asook die grootmaat-infrastruktuur, opgeknap. In die huidige boekjaar word ’n verdere R36 miljoen vir die grootmaat-elektrisiteitsinfrastruktuur en elektrifisering begroot. GOP-projekte word deur verskillende staatsdepartemente gefinansier. So is die Northleigh-plaas vir die uitbreiding van woonbuurte by Rammulotsi hoog op die lys uitgebreide ontwikkelingsprogramme van Moqhaka geplaas. Sowat R64 269 800 is deur die departement van samewerkende regering, tradisionele sake en huisvesting begroot. Die Vrystaatse wetgewer finansier die meeste van Marabastad se heropbouing en ontwikkeling van strate. ’n Veer in die hoed is die voltooiing van die nuwe pypleiding na die rioolaanleg in Kroonstad. Die Fezile Dabi-distriksmunisipaliteit het R9,7 miljoen hiervoor bewillig. Die departement van openbare werke finansier die Zumapark-uitbreiding. Munisipale infrastruktuurprojekte (MIG-projekte) fokus hoofsaaklik op die konstruksie van hoëmasligte, stormwaterstelsels, die bou van strate, ’n nuwe stortingsterrein vir Rammulotsi en ’n watersuiweringsaanleg by al drie die dorpe in Moqhaka. ’n Bron van kommer vir raadslede én lede van die publiek is die swak vakmanskap in veral die bou en/of herstel van strate. Sportgeesdriftiges kan opgewonde raak, omdat voorstelle vir die opknapping van Loubserpark teen nagenoeg R6,1 miljoen in die 2014-’15-boekjaar op die sakelys vir
Sportgeesdriftiges kan opgewonde raak omdat voorstelle vir die opknapping van Loubserpark teen na genoeg R6,1 miljoen in die 2014’15boek jaar op die sakelys vir MIGprojekte aandag kry. GOP-projekte aandag kry. Dít sluit egter nie herstelwerk aan die tartanbaan in nie. ’n Parkeerterrein by en omheining van die kunsgras-sokkerveld in Maokeng word teen sowat R4,3 miljoen vir die huidige boekjaar beplan. Tenders word vir kapitale uitgawes van byna R7 miljoen vir onder meer bykomende voertuie vir padherstelwerk, een bykomende voertuig om in die elektrisiteitsafdeling werkers te kan ophys, ’n voertuig wat riool kan uitsuig, toerusting om elektrisiteits- en watermeters te kan aanbring en monitor, asook kommunikasietoerusting vir die tegniese afdeling, ingewag. Verdere voorstelle wat ter tafel gelê is, is onder meer die opknapping van die duikweg, algehele heropbouing en herstel van alle toegangsroetes na Kroonstad, ’n skut en ’n vierrigtingstop by die Kroonhospitaal in Noordweg. Die GOP-bestuurder is Thekiso Leie. Skriftelike voorstelle kan by hom ingedien word. ) Lees op bl. 3 van die ander projekte wat op die wenslys van die gemeenskap- en nooddienste-afdelings van die munisipaliteit is.
Toe onder miskombers GISTEROGGEND het ’n dik miskombers Kroonstad begroet. Dié monument van Sarel Cilliers is in 1952 deur die Heldedagkomitee opgerig. Dit weeg nagenoeg 5 ton. Op die agtergrond is die Ou Stadsaal wat die amptelike toerismekantoor vir Moqhaka huisves. Foto: Tharine Hurter