Kroonnuuskn 20140401

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 1 APRIL 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

WWW.KROONNUUS.MOBI

GRATIS

’n Nuwe dag groet DIE oggendstond het goud in die mond. Pieter Lubbe het die pragtige sonsopkoms met mis oor die Valsrivier by die Ystervoetbrug, bekend as die hangbrug, vasgevang. Die oorspronklike hangbrug, wat in 1988 deur die vloed meegesleur is, het as die Gladstone­hangbrug bekend gestaan. Foto: Pieter Lubbe

Sarel Cilliers in volkleur Tharine Hurter

DIE bekendste baken in Kroonstad, Sarel Cilliers se standbeeld wat in die middedorp staan, gaan van vandag af van sy grys aanpaksels ontslae begin raak. Dié standbeeld sal eersdaags met die jeug se hulp en in tred met die reënboognasie in kleurige, verteenwoordigende uitrustings geverf word. “Uit geskiedenisboeke is dit duidelik nie net Afrikaners nie,

maar ook mense van ander bevolkingsgroepe, was deel van die Groot Trek,” het Grace April, woordvoerder van die departement van kultuurgeskiedenis, gesê. Dié amptelike aankondiging is vandag in die departement gemaak. “Dit is tyd dat die Voortrekkers die veelkleurigheid van die nasie weerspieël. Cilliers kon goed Sotho praat en sy standbeeld kan gerus ’n ruk ’n Sotho-hoed en kombers opgeverf kry.” Ten einde die jeug van die land

te betrek, is besluit die tradisionele drag se ontwerpe sal vir ’n maand aan al 11 landstale se jong mense toegeken word. “ ’n Groep jong mense van elke skool sal die eer kry om hul tradisionele kleure en klere te kies en ook self die verfwerk te doen,” het sy gesê. “Steiers sal reg rondom die standbeeld opgerig word, en elke span jong mense sal vyf dae tyd hê om hul tradisionele kleredrag op die standbeeld te verf. Die

nodige veiligheidsmaatreëls sal getref word sodat die Cilliers-beeld die volgende 11 maande ’n nuwe kleed sal dra.” Jong mense tussen 15 en 18 jaar oud kan hulle inskryf om deel van hul skool se verfspan te vorm. Die spanlede sal gekies word om die rassesamestelling van die provinsie te verteenwoordig. Inskrywings moet bestaan uit ’n kort CV, ’n motivering oor hoekom die leerling reken hy of sy moet deel van die span vorm,

en kunswerk in enige kunsmedium wat die leerling se artistieke vaardighede uitbeeld. Die eerste span sal vandag reeds begin verf. Om dié geskiedkundige karakter verteenwoordigend in tradisionele kleredrag uit te beeld sal bydra om die rasse wat saam die reënboognasie vorm meer in die geskiedenis te laat belang stel. Inskrywing van spanne kan van 1 April gestuur word aan aprilgek@kroonnuus.co.za.

Kroonnuus


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Kroonnuuskn 20140401 by KroonNuus - Issuu