Kroonnuus Rock vir ’n vale in klub
TEL (056) 212 3171
DINSDAG 8 APRIL 2014
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
WWW.KROONNUUS.MOBI
GRATIS
SAARKIE, die girl band van SuidAfrika, het behoorlik Vrydagaand in 8steLaan, ’n private klub in die nywerheidsgebied in Kroonstad, gekook. Kyk wie was daar deur www.kroonnuus.co.za se fotogalery te besoek. Foto: Tharine Hurter
Grond wek emosie Tharine Hurter
OP 7 Mei gaan Suid-Afrikaners ná 20 jaar van demokrasie weer na die stembus. Grond- en plaas-aangeleenthede is vir alle bevolkingsgroepe in die land ’n emosionele onderwerp wat die hartsnare roer of die gemoedere omkrap. Minister Gugile Nkwinti en die departement van landelike ontwikkeling en grondsake het ’n voorstel ter tafel gelê dat kommersiële boere
die helfte van hul plase vir hul werkers gee. Dít kan eiendomsreg beïnvloed, glo kenners. Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, sê dié voorstel is “onwerkbaar en ondeurdag”. Hy reken om 50% van boere se plase aan werkers af te staan gaan nie die grondhervormingsprobleme in Suid-Afrika oplos nie en gaan beslis voedselsekerheid in SuidAfrika vernietig. “Dit is duidelik dit kom van ’n
minister en ’n departement wat geen begrip het vir die ingewikkeldhede van moderne, kommersiële landbou nie. Swart en wit kommersiële landbouers het sekerheid en eiendomsreg op hul grond nodig om lenings te kan kry
ten einde winsgewend te kan boer. Dié plan neem sekerheid weg.” Hy sê op die oomblik is die betrokke departement se voorstel “ ’n vlieër wat opgestuur word ten einde die reaksie van kommersiële landbou daaroor te toets”. “Ek is nie bewus daarvan dat dit op enige regeringsforum of struktuur waarin ek dien, bespreek of goedgekeur is nie,” sê Mulder. Mulder, ook die adjunkminister van landbou, sê Suid-Afrika kort
meer suksesvolle swart kommersiële boere. “Dit gaan egter nie deur dié voorstel bewerkstellig word nie. Die suksesvolle kommersiële landbouers met wie ek skakel, is meer as bereid om as mentors op te tree en nuwe swart landbouers by te staan om suksesvol op hul eie grond te boer.” ) Intussen het Agri SA die voorstel verwerp, is gisteroggend op die program Dagbreek op kykNET gesê.