Kroonnuuskn 20140415

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 15 APRIL 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

WWW.KROONNUUS.MOBI

GRATIS

KROONSTAD se Passiespel sal op Goeie Vrydag in die NG Moederkerk in Cross-straat opgevoer word. Hier is, voor: Robbie Swart (Jesus), van links, agter: Marthinus van der Walt (Petrus), RenĂŠ Combrinck (Andreas), Smiley Liebenberg (dissipel), AndrĂŠ Bekker (dissipel), Boris Armoed (dissipel) en past. Jurie Swart (Judas). Foto: Hazel Dell

Beleef Passiespel Tharine Hurter

CHRISTENE van Kroonstad en die omgewing mag op Goeie Vrydag nie die Passiespel om 17:30 in die NG Moederkerk in die dorp misloop nie. Plaaslike inwoners van al die

Christen-kerke gaan die verskillende rolle vertolk. Die afgelope paar maande word hard geoefen om alles so werklik moontlik te maak rondom dit wat met die kruisiging van Jesus Christus gebeur het. Kostuums en dekor word gebruik

om die toeskouer terug te neem na daardie nag toe Jesus die hoogste prys betaal het om ons van ons sonde te bevry. Deelnemers getuig selfs met die oefening van die verskillende gebeure word hulle weer diep geraak deur dit

wat Christus vir mense moes deurmaak. Toegang is gratis en almal word hierheen genooi. Raak kreatief en kom geklee in jou Bybelse uitrusting. Skakel 082-976-8419 of 082-5715472 vir meer inligting.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.