Kroonnuuskn 20140513

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 13 MEI 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Sweef soos ’n arend . . . DIÉ foto wys sekerlik een van die mooiste sonsondergangtonele oor Kroonstad. Die sweeftuigklub is steeds aktief in Kroonstad.

Foto: Verskaf

ANC kraai koning Tharine Hurter DIE ANC swaai weer die septer in Moqhaka. Dié party het 58,81% van die stemme Woensdag in die onderskeie stemdistrikte in Moqhaka verower. Altesaam 10 463 stemgeregtigdes het volgens die amptelike uitslae van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) vir die ANC hul kruisies getrek. Dit is egter nie die tweederdemeerderheid wat dié party in die 2011-verkiesing in Moqhaka met 67,87% behaal het nie. Die DA in Moqhaka is die amptelike

opposisie met 4 562 stemme wat die party in die provinsiale verkiesing verwerf het. Die DA het 20,94% in 2011 behaal en vanjaar sy magsbasis na 25,64% versterk. Net 18 001 van die 81 722 stemgeregtigdes in Moqhaka het vanjaar in die verkiesing gestem. Van die stemme het 210 stemgeregtigdes hul stembriewe bedorwe ingehandig. Die nuwe party die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) het in sy eerste verkiesing 6,42% van die steun in Moqhaka verwerf.

Die Vryheidsfront Plus (VF+) het 3,84% stemme gekry en sy steunbasis in vergeleke met die 2011-verkiesing met 2,24% verhoog. Die Congress of the People (Cope), wat in die vorige verkiesing ’n steunbasis van 6,41% in Kroonstad gehad het met Mosioua Lekota, ’n oud-Kroonstadter, aan die stuur, het vanjaar 492 stemme met ’n 2,77%-steun in die stemdistrik. Die Azanian People’s Organisation (Azapo) het 110 stemme (0,62%) gekry. Partye wat minder as 100 stemme in die provinsiale verkiesing in Moqhaka gekry

het, sluit onder meer die African Christian Democratic Party (ACDP) met 92 stemme, African People’s Convention (APC) met 57 stemme, Agang South Africa (Agang SA) met 42 stemme, Independant Civic Organisation of South Africa (ICOSA) met 10 stemme, Inkatha Freedom Party (IFP) met 8 stemme, National Freedom Party (NFP) met 14 stemme, Pan Africanist Congress of Azania (PAC) met 42 stemme, Patriotic Alliance (PA) met 9 stemme en United Democratic Movement (UDM) met 51 stemme. ) Bron: www.iec.co.za

Besoek www.kroonnuus.co.za vir nuus en foto’s.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.