Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 8 JULIE 2014
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
SA ‘verdrink’ in riool Kenner gee misnoeë oor stand van infrastruktuur te kenne Tharine Hurter “DIE land (veral Kroonstad) gaan nog in rou riool verdrink.” Dié aantyging word deur ’n kenner van ingenieurswese, Thys Vermeulen, in Kroonstad gemaak. Hy het op die onlangse spesiale raadvergadering van die Moqhaka-munisipaliteit in ’n spreekbeurt sy misnoeë te kenne gegee omdat Moqhaka in die 2014-’15munisipale begroting nie pogings aangewend het om finansiering van veral die Fezile Dabi-distriksmunisipaliteit aan te vra nie om uiters noodsaaklike infrastruktuur in Moqhaka te herstel en te onderhou. Vermeulen was sedert 1965 in diens van die destydse Kroonstadstadsraad en tot 1997 stadsingenieur. Hy ken die dorp se infrastruktuur, asook dié van Brentpark en Maokeng. Hy is nou afgetree en dien as VF+-raadslid in die Moqhakaraad. “Dit help niks die R8 miljoen is in 2011 aan die opknapping van die rioolaanleg in Kroonstad met die departement van waterwese se hulp bestee nie, maar dat dié rioolaanleg in wind en weer staan en nie ’n enkele kiloliter rioolwater ingevolge die wet hier gesuiwer word nie,” sê Vermeulen. “ ’n Bate – waardeur rioolwater gesuiwer en herbenut kan word – lê onder die grond verskuil en kan net benut word as kundigheid ingespan en die nodige geld daarvoor bekom word,” sê Vermeulen. Die Bloemhoekdam, die dorp se opgaardam, se watervlak daal vinnig en as genoegsame reën nie val nie en die pompe wat water van die Groblersdam na die opgaardam moet oorpomp nie dringend versien en onderhou word nie, gaan ons nie die pyp kan rook om voldoende water aan inwoners te voorsien nie. Hy sê dit is beter om pro-aktief eerder as reaktief te beplan. By die onderskeie wateraanlegte waar water na die opgaardam
DIE rioolaanleg in Kroonstad ontvang geen rou rioolwater om ingevolge wetgewing te suiwer nie. Dié aanleg is in 2011 teen sowat R8 miljoen herstel, maar staan in wind en weer. Die riool van die dorp vloei onverstoord in stormwaterpype en in die Valsrivier in. Foto: Jana Bekker gepomp, gesuiwer en rioolwater behandel word, is daar bewegende onderdele. “Die ratkaste van die toerusting moet voldoende olie hê en die rollaers van pompe en masjinerie moet ghries gesmeer word. Met my besoek aan die eenhede is dié noodsaaklike behandelings nie in sig nie,” sê hy. Voorts is nagenoeg tien boorgate waarvan Vermeulen kennis dra deesdae nie toegerus om in tye van droogte en waterskaarste die watervoorraad aan te vul nie. Ingevolge wetgewing moet die rioolwater wat by die rioolaanleg
van die onderskeie rioolpompstasies af kom met twee prosesse, die biologiese en die geaktiveerde slykmetode, tot op die gewenste voorgeskrewe vlakke vir vrylating in die Valsrivier behandel en gesuiwer word. In sy dienstyd kon al die sportvelde, gholfbane, parke en skole met gesuiwerde rioolwater onderhou en natgelei word. Dié gesuiwerde rioolwater is onder meer aan streng toetse onderwerp en ’n toegeruste laboratorium is by Moqhaka beskikbaar. “Wat lagwekkend is, is die
tarief wat in die 2014-’15-begroting vir die koop van gesuiwerde rioolwater vasgestel is,” sê Vermeulen. Met Kroonnuus se besoek op Woensdag aan die rioolaanleg was slegs een persoon op die perseel aan diens. Geen masjinerie of pomp werk by dié rioolaanleg nie. Met die besoek het ’n pomp wat pas geverf is in wind en weer gestaan en tien ander pompe met motors het geen tekens van beweging getoon nie. Die roerders en harke lyk geroes. Die gekabbel van rioolwa-
ter wat by die aanleg versamel, is afwesig. Verder af in die Valsrivier vloei dik strome rou rioolwater ongestoord in die Valsrivier in. Vermeulen sê dié aanlegte moet 24 uur, sewe dae per week beman word en minstens 15 amptenare moet opgelei word om in skofte na al die prosesse om te sien. “Om niemand aan te stel nie omdat daar glo nie geld is nie is nie ’n verskoning nie. “Met beplanning kan kundiges mense oplei om van die multi-miljoenrandstelsel die toonbeeld van ’n spogdorp te maak,” sê hy.