Kroonnuuskn 20140715

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 15 JULIE 2014

DIE gat wat deur die vuur veroorsaak is, is baie groot.

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

PATRICK THIPANE, ’n raadslid van die Moqhaka­munisipaliteit en lid van die uitvoeren­ de burgemeesterskomitee, staan hier by die groot gat in die watertoevoerpyp na die Kroonheuwel­reservoir in Kroonstad. Dit is veroorsaak deur ’n vuur wat iemand Vrydag op die pyp gemaak het. Die pyp het gebars en dit het daartoe gelei dat die watertoevoer heeltemal gestaak is. Foto: Khojane Madiba

Vuur laat dorp droog Opsetlike saakbeskadiging deur munisipaliteit ondersoek Tharine Hurter KROONSTADTERS is sedert Vrydagaand in ’n waterkrisis gedompel. Dít omdat iemand ’n vuur op die watertoevoerpyp na die Kroonheuwel-opgaardam in Kroonstad gemaak het. Dié hitte en die koue van die water het daartoe gelei dat die pyp gebars het. Die watersuiwering en -verspreiding na die onderskeie waterreservoirs in die dorp is hierdeur tot stilstand gebring. Soos wat water deur inwoners gebruik is, het die reservoirs leeggeloop. Die watertoevoerpyp is naby Tuinhof by

die brug na die N1-hoofweg naby Johnny’s Dam in Kroonstad geleë. Khojane Madiba, die munisipale woordvoerder van die Moqhaka-munisipaliteit, sê ’n buiteband is bo-op die waterpyp geplaas en aan die brand gesteek. “Die moontlikheid dat dié buiteband met opset hier laat brand is, is nie uitgesluit nie,” sê hy. Die pyp van 9 m lank en 600 mm in deursnee wat beskadig is, moes ná ure uit Welkom aangevra word. Sondag omstreeks 19:00 is die pyp herstel en die watertoevoer is hervat. “Hierna is daar by ’n las nog ’n waterlek ontdek. Gister (Maandagoggend) was werkers

weer volstoom besig om die lekke te herstel,” sê Madiba. Woonbuurte in die suidelike dele van Kroonstad is nie so ernstig deur die waterskaarste geraak nie. Die township en Brentpark en die noordelike woonbuurte het egter die naweek en tot druktyd gister geskarrel om drinkwater te bekom. Madiba sê die munisipaliteit het inwoners sedert Saterdag gewaarsku dat die waterskaarste tot drie dae kon duur. “Ons munisipale werkers het al hul tyd aan die herstelwerk gewy. Justice Mareka, die uitvoerende burgemeester, het ook ’n ogie oor die herstelwerk gehou. Die munisi-

paliteit vra om verskoning vir die ongerief wat inwoners met die krisis moes verduur. ’n Klag van opsetlike saakbeskadiging sal aanhangig gemaak word.” Hy bedank inwoners wat die munisipaliteit met soveel begrip ondersteun het. Op sosiale media het dit gegons en mense het hul misnoeë oor die waterskaarste te kenne gegee. Chris Dalton, ’n DA-raadslid in die Moqhaka-munisipaliteit en die verteenwoordiger op die tegniese komitee, het kort-kort op die party se facebook-blad terugvoer aan inwoners gegee oor die vordering wat met die herstelwerk gedoen word.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.