Kroonnuuskn 20140722

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 22 JULIE 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Kroonstad-polisie kook

Bekamp misdaad en bevorder liefdadigheid Tharine Hurter DIE polisie in Kroonstad kook. Nie net is ses vermeende veediewe die naweek vasgetrek nie, maar ’n optrede in die woonbuurt Brentpark het vrugte afgewerp en daar is beslag gelê op onwettige vuurwapens en dwelms wat tik, dagga, mandrax en ander gevaarlike dwelms insluit. Een van die ses verdagtes wat vir veediefstal aangekla is, is ’n voormalige polisiereservis. Volgens kol. Morné de Wet, stasiekommisaris van die Kroonstad-polisie, is die vermeende veediewe Saterdag op heter daad op die plaas Mooidam op die Welkom-pad betrap. ’n Gesamentlike operasie in die plaasdistrikte is met die plaaspatrollies en PS-sekuriteit gehou. Die beskuldigdes het gister in die hof verskyn. Wenke uit die Brentpark-gemeenskap is opgevolg en ses mense is in dié woonbuurt in hegtenis geneem vir onder meer die besit van ’n onwettige vuurwapen en gevaarlike dwelms wat tik en mandrax insluit. Elize Lues, wat ’n speserywinkel in Murraystraat bedryf, het net lof vir die polisie se vinnige reaksie toe sy Saterdagoggend in haar winkel deur 16-jariges, vermoedelik gomsnuiwers, beroof is. Sowat R600 is gebuit. “As dit nie was vir ’n klant, Mirraim van Rellings, wat by die winkel ingestap het nie, sou die rowers my beslis seergemaak het en meer gesteel het,” sê Lues. De Wet sê ’n duidelike afname in misdaad, veral huisbraak, word ondervind sedert die Kroonstad-buurtwag patrollies ry en inligting aan die polisie oor verdagtes deurgee. Johan Roux, voorsitter van die GPF, pronk oor die suksesse

Een van die ses ver­ dagtes wat vir vee­ diefstal aangekla is, is ’n voormalige po­ lisiereservis. wat hiermee behaal word. Hy plak gereeld foto’s op die Kroonstad-buurtwag se Facebook-blad. Dit is egter nie net by die voorkoming en aankeer van misdadigers dat die polisie sigbaar ’n verskil maak nie. Op Mandeladag, wat elke jaar op 18 Julie, wyle Nelson Mandela se verjaardag gevier word, het die polisie in samewerking met die gemeenskapspolisiëringsforum ’n glimlag op die gesig van die personeellede van die neonatale eenheid in die Boitumelo-hospitaal gebring deur spesiale kangaroe-drasakkies, wat met liefde deur die bejaardes van Huis Edelkroon gebrei is, geskenk is. Die kleuters van die Brentpark-crèche het ook ’n koppie warm sop met ’n broodjie en ’n mus van die manne en vroue in blou gekry. Die liefdadigheidswerk het nie daar gestop nie; die polisiebeamptes het ook ’n skoonmaakaksie in samewerking met Wimpie Smit van AJ Dieseldiens in Kroonstad by die Phekong-hospice by die ou Voortrekker-hospitaal gedoen. ) Wat dink jy van die diens wat die polisie in Kroonstad lewer? Lewer kommentaar by www.kroonnuus.co.za.

Besoek kleingoed op Madiba­dag DIE Kroonstad­polisie het Vrydag op Madiba­dag talle gemeenskapsprojekte op die dorp aangepak. Die polisie het onder meer die kleuters in die Brentpark­crèche met mussies, sop en broodjies bederf. Hier troos kapt. Ben Sithebe van operasionele ondersteuning vir klein Caleb Jansen (2 jaar en 7 maande) en wys dat die polisie vir die leiers van môre omgee. Die polisie het ook ’n skoonmaak­aksie by die Phekong­hospice gehou en kangaroesak­ kies aan die moeders van die neonatale eenheid in die Boitumelo­hospitaal geskenk. Lesers wat ook 67 minute aan hul medemens gewy het, kan gerus van hul foto’s na thurter@volksblad.com e­pos. Dié foto’s sal op die webtuiste – www.kroonnuus.co.za – asook Kroonnuus se Facebookblad, geplaas word. Foto: Johan Roux


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.