Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 29 JULIE 2014
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
DIT is Intertyd. Dié Vrydag en Saterdag gaan swaarde kruis en vlaggies gaan wapper op die sportbane en velde van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad. Die jaarlikse derby tussen die Rooies (Afrikaanse Hoërskool) en Bloues (Hoërskool Kroonstad) vind dié week plaas. Die kapteins van die eerste hokkie, netbal en rugbyspanne nooi inwoners uit om na die hoogtepunt op die skolesportkalender in die dorp te kom kyk. Die kapteins van die onderskeie eerste spanne is van links, voor: Nicole Pienaar (netbalspan van Bloues) en Lientjie Strydom (netbalspan van Rooies); agter: Adri Germishuizen (hokkiespan van Bloues), Warren Bloem (seunshokkiespan van Bloues), Reinhardt Kleynhans (rugbyspan van Bloues), Kobus Kleyn (rugbyspan van Rooies), Wico Slabbert (seunshokkiespan van Rooies) en Izelle Brummer (hokkiespan van Rooies). Foto: Tharine Hurter
Blou en Rooi pak mekaar Tharine Hurter
DIE hoogtepunt op die skolesportkalender in Kroonstad, die jaarlikse kragmeting tussen die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) en Hoërskool Kroonstad (Bloues), sal Vrydag en Saterdag op die sportterrein van die Afrikaanse Hoërskool plaasvind. Rooies is vanjaar die gasheer vir dié groot inter. Hoewel die skole die hele week sosiale programme aanbied en die intergees behoorlik opbou, is die
sportgebeure hoofsaaklik Vrydag en Saterdag. Al die hokkiewedstryde begin Vrydag om 11:30 met die o.14- en o.16-seuns, gevolg deur die tweede hokkiespanne en o.16’s wat om 12:30 teen mekaar sal speel. Om 13:30 sal die eerste seunshokkiespanne en die derde spanne doele probeer slaan, waarna die eerste meisieshokkiespanne om 15:00 sal speel. Netbalgeesdriftiges mag die wedstryde by die Rooies se netbal-
bane Vrydag van 13:30 af nie misloop nie. Die o.14A’s sal die eerste wedstryd speel, gevolg deur die o.16A’s om 14:10, dan die o.15A’s, o.14 B’s en o.16B’s om 14:50. Die tweede netbalspanne, o.15B’s en derde spanne sal om 15:30 kragte meet. Om 16:30 is die hoofwedstryd tussen die skole se eerste netbalspanne. Saterdag sal die rugbyspanne by Rooies se leeuhok en ander velde mekaar laat les opsê.
Die wedstryde tussen die twee skole begin om 08:30 met die o.14A’s op die A-veld en die o.15B’s teen die span van Johan Slabbertskool. Om 09:30 sal die o.15A’s op die A-veld en die vierde span teen die span van Johan Slabbert-skool speel. Die o.16A’s sal om 10:30 op die A-veld kragte meet. Die jaarlikse skouspel met die twee skole wat hul kleure met die optogte gaan ten toon stel, sal om 11:45 vir die besoekers (Bloues) en
om 12:00 vir die Rooies plaasvind. Die tweede rugbyspanne sal dan om 12:15 ’n wedstryd speel. Die hoogtepunt, die eerste rugbyspanne se wedstryd, sal om 13:30 afskop. Toegang vir volwassenes beloop R10 en vir leerlinge in skooldrag is dit gratis. ’n Snoepie met heerlike eet- en drinkgoed sal oop wees. Talle reünies van albei skole beloof om oudleerlinge in die gees van Rooi- óf Bloutradisie weer die drade van jonkwees te laat optel.