Kroonnuuskn 20140805

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 5 AUGUSTUS 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Wys hul vreugde oor oorwinnings

DIE eerste rugbyspan van die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) het die Bloues met 52-0 geklop. Die spelers en afrigters is van links, voor: Duncan Horak, Ettiene O’Donovan, Burnett Stall en Harold Hills; middel: Drikus van Tonder, Reuben Aucamp, Francois Stemmet, Kobus Kleyn (kaptein) en Jeandré Uys; agter: Louis Steyn, Bertie Bester, TBS du Plessis (afrigter), Leon van der Westhuizen, Erik Knoetze, Rall Naudé, Jerry Erasmus (afrigter), Corné Cooper, Michiel Bosman, Eric Scriven (afrigter), JP Kalp, Tjaard du Plessis en Johan Steyn.

DIE eerste hokkiespan van die Rooies het sy wedstryd op die inter teen die span van die Bloues gewen. Die spelers en afrigter is, voor: Ulriche Jordaan; van links, middel: Liza Jacobs, Carami van Schalkwyk, Louisa van Niekerk en Illizelle Brummer; agter: Christi Louw, Joke Staal, Chanté Ortman, Aléeta Schutte, Sarina Crous, Inneke Serfontein, Madaleine Erasmus (afrigter), Chanré Keyser en Rozanne MacDonald. Foto: Tinkie Hattingh

DIE eerste seunshokkiespan van die Bloues het die Rooies se span met 3-0 geklop. Die spelers is van links, voor: Tumelo Maloka, Tshepang Khunyeli, Franco van der Walt, Niekie Kruger en Waylen van Schalkwyk; middel: Thabang Phakoe, Mohau Oliphant, Warren Bloem, Bryton Abdool en Joubert Breytenbach; agter: Human Wessels, Katleho Modiko, Moorosi Potloane, Tshepo Matshego, Mpho Masike en Thabiso Phakoe. Foto: Anné Lize Jansen van Vuuren

DIE Rooies se eerste netbalspan het die span van die Bloues Vrydag met 48-13 geklop. Van links is die spelers en afrigter, voor: Lené Venter, Lientjie Strydom (kaptein), Miemie Vergottini en Juanita Kriel (afrigter); agter: Izél Cilliers, Junelda Gunter, Elca Blom, Lené van der Watt, Lenanke Slabbert, Joanna Porogo, Curine Uys en Mia van Oudtshoorn. Lees meer inter-nuus op bll. 6, 8 en 12. Foto: Tinkie Hattingh


2

KROONNUUS, DINSDAG 5 AUGUSTUS 2014

Krag onderbreek INWONERS van Kroonheuwel in Kroonstad moet voorsiening maak vir ’n kragonderbreking van 09:00 tot nagenoeg 13:00 vandag.

Noodsaaklike onderhoudswerk moet aan infrastruktuur gedoen word. Hanteer alle kragpunte as lewendig.

Ice swimmer fired up Tharine Hurter RESIDING in Cape Town, swimming in the cold water of the Atlantic is nothing new to Andrew Chin, a former pupil of the Kroonstad High School. He visited the school on Friday to motivate the learners in preparation for the annual derby against the Rooies (Afrikaanse Hoërskool). Chin matriculated from Bloues 28 years ago. Delivering his motivational speech to the learners on setting a goal for themselves fired them up for the derby. Open-water swimming, especially in icy water, is nothing new to Chin. Demonstrating the mental preparation involved, he climbed into an icy cold bath on the stage on Friday. Assisted by William Drinkwater, headmaster of the school, more ice was added to the bath. Chin was a member of the successful Patagonia Extreme Cold-Water Challenge which was a series of three extreme cold-water swims at the tip of South Africa by five South African men: Ryan Stramrood (37), Kieron Palframan (36), Toks Viviers (47), Ram Barkai (53) and Andrew Chin (41). Their efforts were nominated for the 2011 World Open-Water Swimming Performance of the Year. Stramrood, Palframan, Viviers, Barkai and Chin are all members of the International Ice Swimming Association and were inspired by Lynne Cox’s book Swimming to Antarctica. During the Patagonia Extreme Cold Water Challenge, they successfully completed three extreme cold-water swims in 12 days: 2 km in the Beagle Channel, a 2,5 km double-crossing of the Strait of Magellan (4 °C) and 2,5 km around Cape Horn. Chin was a member of the unprecedented ice swim called the Antarctic Circle Ice Challenge by six

WILLIAM DRINKWATER pours more ice into the ice bath in which Andrew Chin, a former pupil of the Kroonstad High School, motivated the learners of the school in preparation for the annual derby against the Afrikaanse Hoërskool (Rooies). Photo: Tharine Hurter

South African ice swimmers south of the Antarctic Circle at 66,5622° South: Viviers, Stramrood, Palframan, Barkai and Gavin Pike. Chin completed a 1 km swim while Viviers and Pike completed an ice mile in Paradise Harbour in Antarctica in

DIE K9-eenheid in Kroonstad is Donderdag met ’n eerbewys vir toegewyde diens aan die polisiediens beloon. Die eenheid het altesaam 235 inhegtenisnemings in die eerste kwartaal van die 2014-’15jaartermyn gemaak. Met die eerbewys is van links ao. Marina van Rensburg met Shogun, ’n springstofhond, kapt. Brett England (bevelvoerder: patrollie en spesialishonde) en konst. Neels de Jager met Achilles, ’n patrolliehond. Afwesig: lt.kol. Kgaelebale Mngomezulu (eenheidsbevelvoerder) en kapt. Piet Tumahole (operasionele bevelvoerder). Foto: Tharine Hurter

-1 ºC water among orcas, icebergs and leopard seals. “It doesn’t matter what your goal is, as long as you achieve what you have set out to achieve, even though it is not the highest goal, you are good enough,” Chin said.


KROONNUUS, DINSDAG 5 AUGUSTUS 2014

Wyk 17 stem Tharine Hurter KIESERS van Wyk 17 in Kroonstad moet weer op Woensdag 13 Augustus hul kruisies by ’n wykskandidaat van hul keuse by die onderskeie stempunte trek. Nadat Mariette Pittaway, voormalige koukusleier en wyksraadslid, ná die verkiesing in Mei vanjaar in die Vrystaatse wetgewer dien, het dié amp vakant geraak. Die stempunte sal op die kiesdag van 07:00 tot 21:00 oop wees. Geregistreerde kiesers kan by die Kroon- Primêre Skool, die munisipale park in Robbstraat en die Notre Dame-klooster hul kruisies trek. Die wyk strek oor onder meer Elandia, Suidrand, Wilgenhof, Panorama, Uitsig, Jordania en Tuinhof. Indien inwoners nie seker is of hulle kan stem nie, kan hulle ’n SMS met hul ID-nommer na 32810 stuur. Elke SMS kos R1. Kiesers kan ook op die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) by www.elections.org.za onder “voter registration status” nagaan of hul naam op die kiesersrol verskyn. Drie partye, die ANC, DA en VF+, het kandidate vir die tussenverkiesing waarvoor kiesers kan stem. Aansoeke vir spesiale stemme se registrasie het Vrydag gesluit.

3

Ontvang trofee DIE hoofwegpatrollie van die polisie in Kroonstad het die kwartaallikse trofee as die beste operasionele eenheid in die Vrystaat ontvang. Die eerbewys is Donderdag by die HaCienda-hotel in Kroonstad deur die LUR vir polisie, paaie en vervoer, Butana Komphela, oorhandig. Dié eenheid doen diens op die N1hoofweg en het verskeie inhegtenisnemings, onder meer vir moord, diefstal van voertuie, besit van gesteelde goedere en diamante, asook dwelms, in dié kwartaal gedoen. ’n Dronk bestuurder word ook maklik deur die eenheid aangekeer. Van links is, voor: ao. Ernst Eloff en konst. Elliot Ntuka; agter: ao. Dan Koen, konst. Koos Malebo, ao. Sam Mosala, konst. Johnny Mokhunoane, sers. Moeti Rakaki, ao. Tutu Mafika, kapt. Herman Hattingh (waarnemende bevelvoerder: sigbare polisiëring) en ao. Christi McNeill. Afwesig: konst. Modisenyane Morake. Foto: Tharine Hurter

Goeie nuus vir Transnet-bejaardes Tharine Hurter PENSIOENTREKKERS van Transnet (ou Spoorweë) kan waarskynlik nou nagenoeg R86 miljard teen die regering en teen Transnet eis. Dit is die grootste regs-eis nog in Suid-Afrika. Dít kom nadat die Noord-Gautengse hooggeregshof Donderdag in die guns van die pensioentrekkers beslis het dat hulle wel as ’n groep teen Transnet en die regering kan eis. Adv. Anton Alberts, VF+parlementêre woordvoerder vir vervoer, het in ’n nuusverklaring sy positiwiteit oor die geslaagde uitspraak uitgespreek. Die klas-aksie sal pensioentrekkers van Transnet en die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens (SAS&H) niks kos nie.

Die finansiële state van Transnet is deur aktuarisse ondersoek en dit blyk altesaam R85 miljard is nie aan pensioentrekkers uitbetaal nie. Alle pensioentrekkers van Transnet is outomaties ingesluit by die klas-aksie en net diegene wat aandui dat hulle nie deel van die klas-aksie wil wees nie, sal uitgesluit word. In die geslaagde uitspraak kan pensioentrekkers steeds die kans kry om hul besonderhede vir die klas-aksie te verskaf as hulle dit nie reeds gedoen het nie. Pensioene het nie tred met inflasie gehou nie en slegs ’n 2%-verhoging is jaarliks ontvang. Die klas-aksie is met van die beste regslui in Suid-Afrika aangevoer. Die prokureur is Wynanda Coetzee van die regsfirma Geyser

& Coetzee. Die advokate is adv. Jaap Cilliers (SC) en adv. Leon Kellerman. Die nuwe en ou regering het gefouteer met pensioentrekkers se geld. Die destydse SAS&H is van ’n staatsdiensdepartement na ’n maatskappy omgeskakel. In ’n aktuariële verslag wat opgestel is, blyk dit R7 miljard van pensioenlede se geld is deur ’n politieke besluit en die minister van finansies nie in die fonds betaal nie. In die tyd toe Maria Ramos in 2000-’01 aan die stuur van Transnet was, is pakkette aan werknemers uitbetaal en met ander bates vervang. In dié tyd is die Victoria & Alfred-waterfront, wat na regte glo aan die pensioentrekkers behoort, verkoop. “Die gevolg van die hofsaak is

dat ’n krediet-degradering Transnet en die regering nou waarskynlik in die gesig staar wat effektief Transnet se uitbreidingsplanne in die wiele kan ry, omdat hy baie moeilik enige lening sal kan aangaan. “Die enigste manier hoe Transnet van die swaard oor sy kop ontslae kan raak, is om so gou moontlik die saak met die pensioentrekkers te skik. “Die proses vorentoe is nou dat daar in talle hoofstroomkoerante advertensies geplaas gaan word om die publiek bewus te maak van die klas-aksie en om diegene wat nie daarvan deel wil wees nie, die geleentheid te bied om uit te teken. Daarna word die volgende hofdatum vasgestel. “Ons is hoopvol dat die volgende saak vanjaar nog kan plaasvind,” sê Alberts.


4

KROONNUUS, DINSDAG 5 AUGUSTUS 2014

Kroonnuus HOOFARTIKEL

Posbus 309, Kroonstad, 9459

Kattekwaad skaad week NÁ ’n opwindende interweek kan sake seker nou weer na normaal terugkeer. Wanneer twee skole met geesdrif aan so ’n groot sportgebeurtenis deelneem, kan inwoners se harte warm klop. Talent tot die mag tien is op die interweek op die sportvelde en -bane aanskou. Hartlik geluk aan elke span wat met hart en siel hul bes vir hul skool op die bane gedoen het. Volgens die uitslae het die Rooies die botoon op die interweek gevoer, maar dit was ’n riem onder die hart om die ratse hokkiespelers van die Bloues in aksie te sien. Die interweek het egter ’n onaangename nadraai gehad. Venynigheid, toegang tot motors en stoutigheid maak van jong, voorbeeldige kinders soms baie stout kinders. Om te dink ’n mens se kind is onskuldig op ’n skoolgeleentheid en dan later ’n oproep van die skool te kry dat jy as ouer

by die skool moet wees, want daar is kattekwaad gepleeg, ruk ’n mens dadelik uit jou salige slaap. Vingers word gewys na leerlinge wat ná ’n jaagtog in Ventersburg vasgetrek is. Dit is alles nou reggestel en die skuldiges het hul straf gekry; sommer by die skool én by die ouers. Daar was egter diegene wat ná die voorval steeds met verfbalgewere en -balletjies die dorp op horings geneem het. Dit bly die keuse van die mense wie se huise in die spervuur van die interpret was of hulle ’n klag by die polisie wil indien. Gaan Inter 2015 wel ná die nadraai plaasvind? Is die kompetisie wel gesond en kan onnodige konflik en skolehaat nie dalk met die afskaffing van die interweek volgende jaar uitgeskakel word nie? Wat dink Kroonnuus se lesers? ) Lewer kommentaar hieroor by www.kroonnuus.co.za.

Marmite-koek maklik, lekker

ELKE meisie leer koek bak deur die gewilde Marmite-koek vir gaste voor te berei. Bestanddele: 250 ml suiker 375 ml koekmeelblom 10 ml bakpoeier 250 ml melk 2 eiers 90 ml margarien 125 ml margarien Marmite en kaas vir bo-oor strooi Metode: Verroom margarien en suiker. Klop eier en melk en voeg roommengsel by. Sif meel en bakpoeier en voeg roommengsel by. Bak 30 minute teen 180 °C. Sodra die koek uit die oond gehaal word, gooi die 125 ml

margarien oor, smeer Marmite oor en rasper fyn kaas oor die koek. Kuku tse Marmite 250 ml twekere 375 ml flouru 10 ml bakpoeiri 250 ml lebese 2 mahe 90 ml margarene 125 ml margarene Marmite le kase. Mokgwa: Kopanya tswekere le margarene ofehle. Tshela mahe le lebese ka hara motswako. Sefa flouru le bakpoeiri, tshela ka hara. Kaponaya hantle. Baka ka onto 180 °C metsotso 30. Ntsha ka onto, entse e thesa. Tshela margarene hodimo. Sthasa Marmite hodimo, raspilweng kase hodimo.

www.kroonnuus.co.za REGSTELLING: Verlede week se Kroonnuus is ’n berig oor die Heuningspruit-polisiekantoor op bl. 3 geplaas. ’n Fout is begaan deur na die plaaspatrollies en landelike beveiliging, wat deur PS-sekuriteit gehanteer word, as Vrystaat- Landelike Beveiliging te verwys. PS-sekuriteit en Vrystaat- Landelike Beveiliging het geen verbintenis nie. Kroonnuus vra om verskoning vir die fout.

BABSIE LESSING van die Viljoenskroon-jeugsorgsentrum neem ’n tjek van R160 000 van die Rotary-klub van Viljoenskroon in ontvangs. Dié klub het die geld die afgelope jaar tydens twee groot projekte ingesamel. Van links is Lynette Nel (klubpresident 2013-’14), Lessing van die Viljoenskroon-jeugsorgsentrum, Patsy en Eddie Stafford (huisouers) en Jaap Steyn (klubpresident 2014-’15). Foto: Verskaf

Rotary reik uit DIE Rotary-klub van Viljoenskroon het op Dinsdag 29 Julie tydens sy vergadering ’n tjek van R160 000 aan die Viljoenskroonjeugsorgsentrum by dié sentrum oorhandig. Volgens Jaap Steyn, die klubpresident, is die geld deur middel van twee groot projekte ingesamel wat die klub vanjaar aangepak het. Die eerste was ’n gholfdag en dan ’n suksesvolle melodrama

wat in Mei plaasgevind het. Volgens Steyn het die gemeenskap en besighede van Viljoenskroon hul hart en beursie behoorlik oopgemaak om die klub se projekte vanjaar te ondersteun. Babsie Lessing is die voorsitter van die jeugsorgsentrum se kinderdienskomitee en sy het die tjek saam met die twee huisouers, Eddie en Patsy Stafford, in ontvangs geneem.

Volgens Lessing sal die geld aangewend word om ’n nuwe voertuig vir die sentrum te koop. Die Rotary-klub van Viljoenskroon bestaan uit 31 lede wat aktief in die gemeenskap betrokke is. Dié lede leef elkeen Rotary-internasionaal se leuse Diens bo eie belang uit deur daadwerklik op verskillende gebiede deur middel van hul ondervinding ’n verskil te maak.

Leier in natuurbewaring sterf Tharine Hurter DIE laaste vlug van die swart makoue teen die skemerlig, kalmerend soos die sterre aan die hemellug. Die swart nag sus die moeë wêreld en bring slapenskus aan almal wat ’n daglig nooit kon rus. Dié frase kom uit een van wyle Essie Esterhuyze se gedigte. Hy is Woensdag in die Netcare-Kroonhospitaal ná ’n lang siekte oorlede. Dié stapper en natuurliefhebber het elke krans en stroom van die Drakensberg, Sederberg, Maluti’s en Suid-Vrystaat verken. Hy het spore as lewenslange erelid van die Bergklub van Suid-Afrika (afdeling Vrystaat) in die berge gelaat. Sy seun Pieter sê sy pa het nie net in die distrik Kroonstad geboer nie, maar was ook ’n pionierbesproeiingsboer in KwaZulu-Natal. Sy liefde vir die natuur en veral die bewaring van die oorbietjiebok, wat op die rooi lys vir bedreigde spesies is, sal altyd onthou word, sê Pieter. Hy het ook ’n groot bydrae gelewer dat dié boksoort op die rooidatalys van bedreigde spesies geplaas is. Essie het meer as 36 jaar as stapleier, streekver-

WYLE ESSIE ESTERHUYZE teenwoordiger, as lid en bestuurslid opgetree. Sy aandeel in die bewaring van die Inkandu-bos in ’n wildreservaat in die Drakensberg word hoog aangeslaan. Dit is egter nie net die bergklub wat hom vereer nie. Hy was ook ’n erebeampte van die voormalige Natalse Parkeraad en het ’n sertifikaat van erelidmaat-

skap van die Kroon-voetslaanklub wat in 1995 aan hom toegeken is. Op ’n “jeugdige” 67 jaar het hy die tweede keer Kilimandjaro geklim. Ander bestemmings wat hy te voet aangedurf het, is die grootste staproetes in Suid-Afrika, Swaziland, die Okavango, Botswana, die Alpe in Switserland, Blue Wonders in Australië, die Okavango-delta en die niemandsland tussen Namibië en Botswana en Knock Marie in Ierland. Die drie projekte wat hy vir bewaring geïdentifiseer het en deur die destydse Kaapse onderwysdepartement in die onderwyssillabus vervat is, is ’n veer in sy hoed. Vir sy aandeel tot natuuropvoeding is hy ook met lewenslange erelidmaatskap van die Outenikwabeweging bekroon. “Hy het elke week tussen Kroonstad en KwaZulu-Natal gereis. Hy was reguit en iemand met ’n sterk wil en deursettingsvermoë,” sê Pieter. ’n Begrafnisdiens is gister uit die NG Moederkerk in Kroonstad gehou. Esterhuyze word deur sy seuns, André en Pieter, ses kleinkinders en een agterkleinkind oorleef.

Dankbaar vir gratis herstel van horlosie

Uitgawe puik

HELENA SCHEEPERS, Kroonstad:

CHRISTO FOURIE, Kroonstad:

’n OU manshorlosie word vir jare gebêre. Ek, ’n sentimentele opgaarder van beroep, besluit om die horlosie nog een kans te gee. Batterysuur het gelek en baie skade aan die horlosie aangerig. So gaan ek na ’n juwelierswinkel in Kroonstad en vra of daar nog hoop is op herstel van die horlosie.

’n Jong man, Anthony van Niekerk, ’n leerling vir wie ek skoolgehou het, sê dat hy sal kyk en my laat weet. Ná ’n week is ek daar. Hy vertel dat hy die horlosie met sorg versien het en met ’n trotse glimlag gee hy die werkende horlosie vir my. Ek is effens bang: Wat gaan dit kos? Hy antwoord met ’n trotse glimlag op sy gesig: Dit is gratis. Dit was sy heel eerste versiening

as nuwe vakman en beslis geslaag. Baie dankie aan Anthony en Watts-juweliers. Jul diens is puik en my hart klop soos die horlosie.

AAN die vrou met die vriendelikste glimlag. Baie geluk met jul praguitgawe hierdie week oor die inter in Kroonstad. Dit is goed en aangenaam om die advertensies en boodskappe van die betrokke skoolhoofde en spankapteins te lees. Dit laat die hart lekker warm klop.


KROONNUUS, DINSDAG 5 AUGUSTUS 2014

30 August [ R120pp]

Tickets will be available at the Customer Service Desk.

Black Cardholders R100 (Max 2) Platinum Cardholders R110 (Max 2)

Rules with complete offer available at goldfieldscasino.co.za

5


6

KROONNUUS, DINSDAG 5 AUGUSTUS 2014

FOKUS OP ROOIES

Waardigheid wenner op inter DIE waarde van ’n mens se oorwinning word bepaal deur die waardigheid van sy teenstander. Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) is ná die naweek dankbaar vir baie, maar veral dat ons ’n waardige teenstander in die Blouskool gehad het en dat Kroonstad die inter in ’n goeie gees laat plaasvind het. In die eerste plek gaan ’n mens se dank aan ons Hemelse Vader vir die bewaring, genade en seën wat ons so onverdiend ontvang. Elke dag, maar veral in die tyd. Een van die skool se leerlinge, Wana Vosloo, se toestand is stabiel maar kritiek nadat sy Vrydag ná ’n motorfietsongeluk in die hospitaal in Bloemfontein opgeneem is. Dat haar toestand stabiel is, vervul ’n mens met ’n diepe dankbaarheid. Nie net dat sy leef nie, maar ook vir al die voorregte en geleenthede wat ons ander het en op die inter kon beleef het. Aan God kom al die eer toe. Ons is al ons onderwysers en afrigters dank verskuldig vir al hul moeite en toewyding om ons kinders se talente te ontwikkel. Baie van ons afrigters is ouers wat baie van hul tyd en energie daaraan afstaan om ons personeellede te help om al ons spanne af te rig en toe te sien dat hulle voorbereid op die veld stap. Aan ons kinders: Julle is ysters. Julle is ’n goeie voorbeeld van toewyding in deelname. Die afgelope naweek was weer ’n hoendervelervaring. Ek kan nie help om trots te wees op elke Rooie – of dit nou ’n leerling, personeellid, ouer, oudleerling of ondersteuner is – nie. Dit is nog altyd ’n voorreg om deel van so ’n besonderse skool te wees. Terwyl Napoleon op ’n dag voor ’n groot

ANTON JANSE VAN RENSBURG, skoolhoof van die Afrikaanse Hoërskool (Rooies).

Foto: Tinkie Hattingh

slag na sy manskappe gekyk het, het hy gesê: “As ek na die harte van my manskappe kyk, is dit vir my onmoontlik om hoop te verloor. Vanweë die lig in hul oë het ek moed vir vandag en hul dapperheid sal ons beloon – of ons vandag wen of sterf”. Mag die Rooiskool van krag tot krag gaan juis oor die mense wat deur God se genade in hom vergader is.

Oues ‘tekkel’ nog lekker OUDLEERLINGE van die Hoërskool Kroonstad (Bloues) en die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) het mekaar Vrydagaand op die Rooies se rugbyveld in ’n rugbywedstryd die stryd aangesê. Die Bloues het met die jonger manne in hul span die Rooies se ouer manne ore aangesit en die wedstryd met 24-7 gewen. Besoek www.kroonnuus.co.za vir lekker aksiefoto’s van dié wedstryd.

Kyk na foto’s INDIEN jy nie die inter die week kon bywoon nie, besoek gerus www.kroonnuus.co.za of Kroonnuus se Facebook-blad om die mooi aksiefoto’s van die rugby, hokkie, optogte en netbal te sien. Talle fotograwe het hul bydraes aan Kroonnuus gestuur.


KROONNUUS, DINSDAG 5 AUGUSTUS 2014

Arno se konsert uitgestel DIE konsert met Arno Jordaan, die gewilde Suid-Afrikaanse sanger, wat vir 27 Augustus in Kroonstad geskeduleer is, is tot 31 Oktober uitgestel. Die konsert vind in die Kroonstad-skouburg plaas. Dié uitstel is genoodsaak omdat ’n première van ’n fliek waarin Arno ’n hoofrol vertolk, op dié datum in Kaapstad sal plaasvind.

Eiendomme

7


8

KROONNUUS, DINSDAG 5 AUGUSTUS 2014

INTERPRET

DIE Rooies het vanjaar ’n Skotse tema in hul optog gebruik. Die Bloemfonteinse Skotse orkes het luister aan die geleentheid verleen. Foto’s: Tharine Hurter

DIE Bloues se optog net voor die hoofwedstryde het nie teleurgestel nie. Hulle het beslis hul naam in hoofletters geskryf.

HERKEN jy jouself op dié foto? Gaan maak ’n draai by Eerste Nasionale Bank (ENB) in Kroonstad en eis jou prys op.

Wen pryse IS dit jy op dié foto? Neem die uitgawe van Kroonnuus na Eerste Nasionale Bank (ENB) op die hoek van Brand- en Crossstraat en eis jou prys op. Deur die tatoeëermerk op jou gesig te plaas in die Classic Clashes wen jy ’n prys met die komplimente van ENB. Foto’s: Tharine Hurter

FNB CLASSIC CLASHES: Die mooie meisie vertoon die tatoeëermerk alte pragtig en wen ’n prys met die komplimente van ENB.

NEEM die uitgawe van Kroonnuus na Eerste Nasionale Bank en eis jou prys op. Dít net omdat jy ’n Classic Clashes-tatoeëermerk op die interweek op jou gesig vertoon het. Foto: Tinkie Hattingh

SYNC 12535

In stryd om bal gewikkel

056 212 8216

KFC Kroonstad (Cnr. Reitz & Buitekant Street)

12% af

alle ATLASBX TM & Duracell batterye

DIE hokkiespelers van die Rooies en Bloues het hul hart Vrydag op die interweek uitgespeel. Hier is Jossie Steyn (Bloues) en Carami van Schalkwyk (Rooies) in aksie. Foto: Tinkie Hattingh

50% af op skokbrekers afslag op enige gemonteerde prys van alle skokbrekers

vanaf die voorgestelde handelsprys

bande

R485 R529 175/65 TR 14 R599 185/60 HR 14 R549 195/50 VR 15 R627 195/65 VR 15 R699 205/55 WR 16 R999 205/40 WR 17 R699 225/45 WR 17 R999 265/65 TR 17 R2195 155/70 TR 13 vanaf

175/70 TR 13 vanaf

vanaf

gratis

veiligheidsinspeksie op bande, remme, skokbrekers & batterye NCRCP 5664

KRY DIT OP KREDIET. DOEN NAVRAAG IN DIE WINKEL OF DOEN AANLYN AANSOEK

ons aanvaar RCS RCS is ‘n Geregistreerde Krediet en Finansiële Diens Verskaffer. NCRCP 38. FSP 44481

vanaf

vanaf

terwyl voorraad hou

• terme & voorwaardes geld • band pryse per eenheid gekwoteer • band pryse sluit btw en montering in maar sluit balansering uit • foute en weglatings uitgesluit • pryse geldig tot 30 augustus 2014 • pryse vir kontant of kredietkaart aankope tensy anders vermeld

TYRES & MORE™ stores:

VS • sasolburg: 016 973-2541 • kroonstad: 056 212-8484 GP • alberton: 011 907-9275 • boksburg: 011 917-1620 • bruma: 011 622-4741 • edenvale: 011 609-1323 • randpark ridge: 011 794-4677 • silverton: 012 804-6013 • woodmead: 011 802-0304 KZN • ballito: 032 586-3246 • durban embankment: 031 301-1013 • himeville: 033 702-1356 WK • tygervallei: 021 910-1009

OPENING SOON:

KZN • mt edgecombe • pinetown

vanaf

vanaf

vanaf vanaf

vanaf

4x4

www.tyresandmore.com T&M/0053/02/ADS24 Copyright © 2014


10

KROONNUUS, DINSDAG 5 AUGUSTUS 2014 PERSOONLIKE DIENSTE SPYSENIERING & LOKALE 1401

FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, spyseniering, dekor, tafels, stoele, stoeloortreksels, kandelare, 'underplates', breekware, tafeldoeke, rooitapyt. Doen ook Kinderpartytjies Skakel 079 515 8814 HOUSE OF DÉCOR Hillstraat 20 Hill Street Nuwe adres! Oorkant Paint Shop Verhuring van dècor vir alle funksies Skakel 082 554 5852 of 056 212 2517

www.kroonnuus.co.za

Geklassifiseerd 1655

RV PAND WINKEL Koop & verkoop van meubels. Pand van goedere - 40 Brandstraat 056 215 1932 073 771 0338

BRIDGE ELEKTRIES Installeer/ Herstel van krag-punte. Bedrading-Sertifikate asook waterpype, geysers, plafonne. Ons werk vir alle versekerings-firmas 056 215 1932 073 771 0338

1405

SPRINGKASTELE TE HUUR Nuwe voorraad ingekry. Skakel 076 530 8447

C & S CONSTRUCTION For all your steelwork, plumbing, renovations, ceilings, dry walling, roof repair. Contact : Charles Taljaard 082 555 9438 056 215 1338

FINANSIEEL 1420

GESONDHEID & SKOONHEID 1430

NAILS 4 U 084 471 9208 Tips met gel - R 130 Akriel - R 130

TAXIDIENSTE: Vir u en u pakkies. Bel net 20 min voor die tyd Skakel 076 215 2914

ALLERLEI

KINDERVERMAAK

A " BLACKLISTED" "ITC" "DEPREWIEV" WE CAN HELP. We finance you. Cars, Bakkies, D/Cubs available. 076 309 9909 or 076 752 7446. email: martie.benecke @gmail.com

VALSRIVIER HENGEL Verkoop van hengelgery Hoeke, Sinkers, Visstokke Grondvoer, Katrolle ens. 40 Brandstraat ALGEMENE & HUISDIENSTE

GBK CONSTRUCTION Bouwerk, Teëlwerk, Houtvloere, Plaveisel, Gideon Koertze 072 333 9693 KALAHARI PLUMBING & DELIVERY SERVICE 24 HRS AVAILABLE Quick and good service 083 8090 283 072 741 3318

1480

GESIFTE BEESMIS SPESIAAL VOORBEREI vir u beddings en grasperk. Onkruidvry, skoon. Lewer gratis af. R 50 vir 80kg Johan 082 294 7542

ALLERLEI 1845

1872

GBK CONSTRUCTION * Verf * Seël van dakke Skakel Gideon 072 3339 693

BOME

PRIVAAT 2015

3205

"Warehouse" 1200 v/m R 12 000,00 pm Eerste twee maande is gratis Skakel 083 635 3372

HOUSE FOR SALE Malherbe street 9A 3 Bedrooms and 3 Bathrooms. Contact 082 908 9555 HOUSE FOR SALE Panorama, 3 Fleckstreet. House is in good condition and is very neat. 3 Bedrooms and 2 Bathrooms. Contact 082 908 9555 SENTRAAL - 3 Slpk, 2 Badk, Toesluit motorh, Omhein. Solar geyser. Beskikbaar vanaf 1 Aug R 365 000 - 082 416 1618

KINGS BLINDS: Alle tipes blinders ook wasen herstelwerk Skakel 082 783 1396.

HUISE TE HUUR 3270

HUIS TE HUUR Fleckstraat 3, Panorama Skakel 082 908 9555

EIENDOMME

3215

BOUMATERIAAL

PERSEEL TE HUUR BY TAXI RANK Skakel 082 908 9555.

1610

PERSELE TE HUUR: Skakel 082 908 9555.

SOEK, KOOP, VERKOOP

TE HUUR

3275

SAKEPERSELE

LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 22 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052

ROOMS AND FLATS TO LET. Contact 082 908 9555.

HUISE TE KOOP

TE KOOP

KLEIBAKSTENE IS BETER BERTS BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene, Kleisierstene, Kleiplaveiselstene, Sement maxi stene, Sementpleisterstene, Sementplaveiselstene, Minimum vragte geld in Kroonstad en omgewing 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za

3250

2-SLAAPKAMER WOONSTEL beskikbaar. Netjies en sonnig. Veilig omhein. Braaiplek. Dubbel toesluit motorhuis R 2 500 pm. Deposito betaalbaar. Water ingesluit. Plesseymeter. Geen honde asb. Skakel Marietjie 082 337 3102 R 2 700 pm Deposito betaalbaar. Plesseymeter. Water ingesluit.

Ruim, 2 slaapkamer woonstel, veilige area met ander huisies, VERVOER & elektriese hek en heining. BERGING Plesseymeter, gratis skoon 1870 drink water. Onder net parkering. Geen honde. JEF'S ALGEMENE Onmiddelik beskikbaar. VERVOER & NUTSMAN Kraalkop Hoewe. Verwydering van Pragtige visvang plek bourommel, takke en enige by rivier. R 2 000 pm iets uit erwe ens. 083 494 Tel: 073 146 2819/ 5877 Faks 056-212 1322 082 786 8011

VOLWASSENES

INSTANT LAWN/ KIKUYU-KITSGRAS: Middenspruitkitsgrasplaas, 10 km buite Kroonstad op Viljoenskroon-pad. Gras gelaai op plaas: R10 per rol R12 per rol afgelewer in Kroonstad. Louwna 083 285 1065 VRUGBARE ROOI TUINGROND: Afgelewer per kubieke meter/5-kubieke metervragte ook beskikbaar. Kompos per 60-d/m-sak. Uitstekend vir grasdeklaag. Louwna 083 285 1065

VERFWERK

HOUTKAPPERTJIE: 083 568 1568 Afsaag, 'trim' en verwyder van bome. Kaggelhout te koop.

1825

WOONSTELLE TE HUUR

HILTON COURT FLATS For rent/ to let 1 Bedr, kitchen & lounge Rent R 2 220 pm Call 056 212 2465

1871

TUIN & BESPROEIING

OPLEIDING & OPVOEDING

T: 056 212 3171/2 - F: 056 215 1700 • E: acloete@volksblad.com

OM TE ADVERTEER SKAKEL

NITRAM SERVICES Plumbing, Building, Tiling & Steelwork Sprinkler systems & Parts 24 Hours Contact 071 436 8779

PLASE TE HUUR 3247

400 HEKTAAR PLAAS TE HUUR ± 300 Hektaar lande Skakel 082 772 5775

BETREKKINGS 3600

BETREKKINGS GESOEK 3670

eksklusief aanlyn by

Waar kopers en verkopers mekaar ontmoet

www.olx.co.za

A LADY NEEDS ANY KIND of Domestic work from Monday to Friday. Good references Contact 078 740 8908 A YOUNG MAN IS LOOKING FOR ANY KIND OF WORK Gardening/Domestic etc... Contact 083 942 5703

ALGEMEEN 3680

GEKWALIFISEERDE ELEKTRISIËN • Min 5 jaar ondervinding • Salaris: Ohb BLOKMAN / SLAGHUISBESTUURDER • Salaris : R10 000 – R12 000 mandi@ fokuspersonnel.co.za JUKSKEIPARK VAKANSIE OORD KROONSTAD Vakature bestaan vir 'n Ontvangs/ Administratiewe klerk Vereistes: Min kwalifikasie Graad 12 Sterk kommunikasie vaardighede Kliënt-en bemarking oriënteerd Rekenaarvaardig o.a internet betalings, korrespondensie en rekeninge Afrikaans en Engels magtig Verantwoordelikhede: Kantooradministrasie Ontvangs beman Besprekings hanteer Boekhou stelsel Kennis van jukskei sal as aanbeveling dien, maar is nie vereiste nie. CV kan gestuur word na admin@jukskeipark.za.net gefaks word na 056 215 1505 of ingehandig word by Ontvangskantoor Jukskeipark. Sluitingsdatum: 13 Augustus 2014 Indien u nie binne 7 werksdae na die sluitingsdatum gekontak is nie, was u aansoek nie suksesvol nie. Lutea Parfuum Is jy ‘n selfgemotiveerde bemarker en Parfuum jou passie!! Nou is jou geleentheid om deel te word van ‘n “multi million dollar” Bedryf! Skakel Madri of sms jou e-pos adres na 083 655 0445 MEISIES BENODIG by klub, as kroegpersoneel Gratis verblyf Salaris tot R 8 500 084 363 9399 BFN

BEKWAME BOEKHOUDSTER SOEK WERK - Kan alles doen REKENMEESTERS tot finale proefbalans PRAKTYK verlang die asook salarisse, dienste van Data invoer BTW, "eFiling" klerk. Kennis van Pastel en Skakel 072 475 8569 Excel sal voorkeur geniet BETROUBARE EERLIKE Graad 12 met Wiskunde/ Rekeningkunde. HUISWERKER SOEK WERK Goeie verwysings, Faks CV na 086 628 0256. Salaris R 3 500 pm Vir 3 dae 076 533 6428 of 083 239 8093 (verwysing)

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

GEREGTELIKE VEILING 4501

4201

YIELD WTP (EDMS) BPK/ LONEL BOERDERY SAAKNOMMER: FS/KRD/RC 299/13 _ KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING BOEDEL WYLE MA MOTSITSI BOEDELNOMMER: 3533/2010

In die Landdroshof vir die streek van Kroonstad gehou te Kroonstad. In die saak no: FS/KRD/RC 299/13 tussen:

KENNISGEWING In die boedel van wyle: MOTSHEOA ALINA MOTSITSI Identiteitsnommer: 461004 0509 087 En wie oorlede is op: 2008/02/02 Boedelnommer: 3533/2010 KREDITEURE en DEBITEURE in bogenoemde boedel word hiermee aangesê om binne 'n tydperk van DERTIG (30) DAE vanaf datum van publikasie hiervan hul eise teen die boedel in te stel en hul skulde aan die boedel te betaal. ZANEL VENTER q.q Eksekuteur P/A: SADLER INGELYF Markstraat 23A, Kroonstad Posbus 2483, Kroonstad Tel: 056 213 4376 Faks: 086 545 2533 Verw: ZP VENTER/ak/V00111

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

4205

YIELD WTP (PTY) LTD Eksekusieskuldeiser en LONEL BOERDERY Identiteitsnommer onbekend Eksekusieskuldenaar Ingevolge 'n Vonnis gelewer op 8ste dag van Augustus 2013, in die Kroonstad Landdroshof en 'n Lasbrief van Eksekusie daarna uitgereik, word die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop te Baljukantoor, Murraystraat, Kroonstad op 4de dag van September 2014 om 09:30, aan die hoogste bieër: GOEDERE: 1 GROOT ROOI 4 WIEL "TRAILER" GROOT WIT SLEEPWA (8 WIEL BGK 610 FS) NISSAN CM15 TROK CGL 3127 FS ROOMKLEURIGE "TRAILER" 4 WIEL (DZB 851 FS) GEDATEER te Kroonstad op 25 Julie 2014

BOEDEL WYLE: W THERON BOEDELNOMMER: 4337/2013 IN DIE BOEDEL VAN WYLE WERNÉ THERON, IDENTITEITSNOMMER: 810730 5011 087 WOONAGTIG TE BRITSSTRAAT 2, KROONSTAD BOEDELNOMMER: 4337/2013 Kennis geskied hiermee dat die Eerste-en Finale Likwidasie-en Distribusie rekening in bogemelde boedel ter insae sal lê vir 'n periode van een en twintig dae, gereken vanaf 5 AUGUSTUS 2014 ten kantore van die Meester van die Hooggeregshof te Bloemfontein en die Landdros te Kroonstad. WJ BOTHA Prokureur vir Eksekuteur Du Randt & Louw Posbus 26 KROONSTAD

BC VAN ROOYEN Grimbeek, van Rooyen & Vennote Presidentstraat 42, Kroonstad, 9499 Posbus 42, Kroonstad, 9500 Telnr: 056 212 5198 Faksnr: 056 213 2548 Docex 4, Kroonstad Verw: Z03351/ BC VAN ROOYEN/EJ/EJ Adres van Eksekusieskuldenaar: Mnr LONEL BOERDERY van PLAAS SMALDEEL, KROONSTAD

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE


KROONNUUS, DINSDAG 5 AUGUSTUS 2014

11

SKOLENUUS

TYDENS die Julie-skoolvakansie het die o.12Aen o.13A-hokkiespan van die Sentrale Volkskool in Kroonstad (Senties) na die Nyati-sportskool getoer en leerlinge het hier goeie prestasies behaal. Van links is Christiaan Welgemoed (beste o.12-doelwagter op die toernooi), Ruan Cronjé (beste senior speler) en Simon van Heerde (beste o.13-doelwagter). Foto: Verskaf

Laat 100 ballonne met Bybelversies in lug los DIE Afrikaanse Hoërskool (Rooies) se VCSV het 100 saadjies in Kroonstad geplant. “Ons hoop, glo en bid dat hierdie saadjies in die mense wat dit die meeste nodig het se lewe sal groei.” Altesaam 100 ballonne met 100 Bybelversies is in die lug in losgelaat. Foto: Tinkie Hattingh

DIVAN DREYER van die Sentrale Volkskool het tydens die skoolvakansie in die VKB-week vir die Motheo-rugbyspan gespeel. Divan is met ’n medalje beloon as die veelsydigste agterspeler van die toernooi en is in die nasionale VKB-span ingesluit. Foto: Verskaf

HOKKIESPELERS van die Sentrale Volkskool wat in die Noord-Vrystaatse o.13A-hokkiespan ingesluit is, is van links, voor: Simon van Heerde (kaptein) en Macbain Meyer; agter: Clive Myburgh, Divan Dreyer, Marchelle Roux en Ruan Cronjé. Foto: Verskaf


12

KROONNUUS, DINSDAG 5 AUGUSTUS 2014

Rooies wen gemaklik Martin Venter ROOIES (Afrikaanse Hoërskool) het Saterdag weer soos verlede jaar skoonskip gemaak in hul FNB Classic Clash deur al die rugbywedstryde te wen. Die eerste span het egter die kroon gespan deur hul eweknie van Bloues met ’n wentelling van 52 – 0 van die veld te vee. Die Rooies het daarmee die vyfde agtereenvolgende keer op hul tuisveld die Kynoch-wisselskild verower. Bloues het egter vriend en vyand verras met uitmuntende verdediging in die eerste 20 minute van die wedstryd. Tot op hierdie punt het hulle glad nie vir die Rooies teruggestaan nie. Hul spel is deur hardnekkige plettervatte gekenmerk en met omgekeerde balbesit het hulle die Rooies telkens tot in hul eie gebied teruggejaag. Rooies kon eers in die laaste 15 minute voor rustyd hul eerste drie van die wedstryd deur Francois Stemmet druk. Reuben Aucamp het die drie verdoel en daarna ook ’n strafskop deur die pale gejaag voordat Kobus Kleyn na ’n goeie agterlynbeweging Rooies se tweede drie gedruk het. Aucamp het weer die kol getref en Rooies kon met die telling op 17 – 0 gaan rus. ’n Aanvanklike goeie begin het egter nou soos ’n berg voor Bloues gelê om terug in die wedstryd te probeer kom. Maar ongelukkig vir Bloues het Rooies ander planne gehad en vinnig met die begin van die tweede helfte toegeslaan. Die losvoorspeler JP Kalp het

het daar ook nog drieë vir Jeandre Uys en Louis Steyn gevolg. Die Rooies was nog nie klaar nie en hoewel Harold Hills in die strafkas gesit het, kon hulle teen die einde van die wedstryd met ’n puik agterlynbeweging ’n man oor in die agterlyn bewerkstellig en Burnett Staal het hul sewende drie onder die pale gaan druk. Aucamp se skopskoen het die telbord aan die rol gehou aangesien hy al die drieë verdoel het. Voorlangs het die hele pak voorspelers veral in die tweede helfte as ’n gedugte eenheid saamgespeel, terwyl Duncan Horak doeltreffend agter die skrum skoongemaak het. Die senterpaar Francois Stemmet en Kobus Kleyn het ’n barshou gespeel. Stemmet, wat eintlik ’n los-voorspeler is, het op senter sy spiere gewys en is ook as speler van die wedstryd aangewys. Rooies sal nou Saterdag in Welkom op die Noordwes-stadion weer teen Voortrekker van Bethlehem in die halfeindstryd om die Griffons-hoërskole-liga te staan kom.

FRANCOIS STEMMET (Rooies) druk nog ’n drie tydens die interwedstryd wat Saterdag op die rugbyveld van Rooies teen Bloues (Hoërskool Kroonstad gespeel is. Daniel Marais (Bloues) is kort op sy hakke. Stemmet is as die speler van die wedstryd aangewys. Foto: Tinkie Hattingh ná goeie ondersteunende spel gaan afrond en verder sout in die Bloues se wonde gevryf om die telbord op 24 onbeantwoorde punte te laat staan. Van daar kon die moedige span van Bloues net nie meer al die

gate gou genoeg toestop nie en het Rooies na willekeur Bloues se verdediging geklop. Stemmet, wat ’n skitter-wedstryd gespeel het, het sy tweede drie ná volgehoue druk op die teenstanders gaan druk. Daarna

Punte en puntemakers: Afrikaanse Hoërskool (Rooies) 52 (17). Drieë: Francois Stemmet (2), Kobus Kleyn, JP Kalp, Jeandre Uys, Louis Steyn en Burnett Staal. Doelskoppe: Reuben Aucamp (7). Strafskop: Aucamp. Hoërskool Kroonstad (Bloues) 0 (0).

Tellings in rugby groot DIE Afrikaanse Hoërskool (Rooiskool) het Saterdag in die interwedstryde teen die Hoërskool Kroonstad (Bloues) skoonskip op die rugbyvelde gemaak. Die uitslae van die rugbywedstryde is soos volg (die Rooies, die gasheerskool, se punte is eerste aangeteken): ) o.14-rugbyspan: 53-0; ) o.15-rugbyspan: 58-0; ) o.16-rugbyspan: 60-0; ) tweede rugbyspan: 24-12; en ) eerste rugbyspan: 52-0.

Hokkie hou skare vasgenael DIE hokkiespanne van die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) en die Hoërskool Kroonstad (Bloues) het Vrydag hul hart op die hokkieveld uitgespeel. Die uitslae ná die kragmetings is soos volg (die Rooies, gasheerskool, se punte word eerste genoem): ) eerste meisiehokkiespan: 2-0; ) tweede meisiehokkiespan: 0-1; ) derde meisiehokkiespan:0-0; ) o.14-meisiehokkiespan: 3-0; ) o.16-meisiehokkiespan: 0-3; ) eerste seunshokkiespan: 0-3; en ) seuns o.16: 2-0.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.