Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 12 AUGUSTUS 2014
Laat jou stem tel
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Verseker só die beste kandidaat Tharine Hurter OM te verseker die bekwaamste kandidaat word vir Wyk 17 gekies, móét jy môre gaan stem. Gaan stem jy nie, kan jy nie kla nie. Kandidate van die ANC, DA en VF+ het hulle verkiesbaar gestel. Die wyk strek oor Elandia, Suidrand, Wilgenhof, Panorama, Uitsig, Jordania en Tuinhof. Die amp van wykraadslid is vakant nadat Mariette Pittaway, voormalige koukusleier en wykraadslid, van Mei af in die Vrystaatse wetgewer dien. Stempunte by die KroonPrimêre Skool, die munisipale
Gaan stem jy nie, kan jy nie kla nie. Kandidate van die ANC, DA en VF+ het hulle verkies baar gestel.
park in Robbstraat en die Notre Dame-klooster sal van 07:00 tot 21:00 oop wees. Die dag is nie ’n vakansiedag nie. Drie kandidate het hulle vir die wyk verkiesbaar gestel. Hulle is Poseletso Maria Masisi vir die ANC, Spaski Geldenhuis vir die DA en Pieter Gryffenberg vir die VF+. Dié wyk word as een van die wyke in Moqhaka geag waar die meeste erfbelasting en dienstegeld vir die Moqhakamunisipaliteit gevorder word. Deur net deur die afgelope jaar se uitgawes van Kroonnuus te blaai is dit duidelik veral infrastruktuur-aangeleenthede in die wyk kort ernstig aandag. In Maraisstraat kom herhaaldelike rioolstortings in die hoofrioollyn voor. Verder by Johnny’s Dan is ook ernstige rioolstortings wat ’n gesondheidsgevaar inhou. Die ouer woonbuurte, soos onder meer Wilgenhof en Panorama, Suidrand en Elandia, se padinfrastruktuur is nie na wense nie. Slegs geregistreerde kiesers kan môre by die onderskeie stemlokale stem.
Hope geleentheid om vroue te bederf KROONNUUS gee denkbeeldig dié pragtige protea en fynbos aan al ons vrouelesers. Dit is Augustus en Vrouedag is Saterdag gevier. Vanjaar het Augustus nie minder nie as vyf naweke. Dít gee die manne in vroue se lewe geleentheid om vroue oor die naweke ekstra lekker te bederf. Foto: Tharine Hurter