Kroonnuuskn 20140819

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 19 AUGUSTUS 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

Spaski kraai koning

GRATIS

Sien uit na uitdaging Tharine Hurter

SPASKI GELDENHUIS is die nuwe DA­wyksraadslid vir Wyk 17 in Kroonstad. Hy het die tussenverkiesing Woensdag met 1 509 DA­stemme teenoor die 134 van die VF+ en 75 van die ANC gewen. Foto: Verskaf

TRIOMF vir ’n vuurvreter, ’n dinamiese nuwe wyksraadslid in Kroonstad. In die Wyk 17-tussenverkiesing het Spaski Geldenhuis (35) Woensdag 1 509 stemme vir die DA in die belangrike tussenverkiesing gewen. Die tussenverkiesing is genoodsaak, omdat Mariëtte Pittaway, voormalige DA-koukusleier en wyksraadslid vir die wyk wat oor Elandia, Suidrand, Wilgenhof, Panorama, Uitsig, Jordania en Tuinhof strek, nou die DA-lid in die Vrystaatse wetgewer is. “Dit is fantasties. Ek wens ek kan vir almal blomme gee en ’n groot straatbraai hou,” sê Geldenhuis oor die oorwinning. Meer as ’n dekade is hy al betrokke by gemeenskapsprojekte soos die Gatvol-besigheidsaksie, Kroonstad-buurtwag, KroonstadBesigheid-en-Toerisme (KB&T) en die destydse jongmensklub Rotaract. Geldenhuis, gebore en getoë in Kroonstad, sê: “Kroonstad se mense is my mense. Iemand moet iewers vir almal opstaan. “Elke inwoner het die reg tot puik dienslewering.” Geldenhuis verwag nie om oornag munisipale probleme in sy wyk op te los nie. “Intussen kan ons dinge ’n bietjie opkikker met ander projekte soos om jou onmiddellike omgewing op te ruim en mooi te maak. Ek en ander DA-raadslede vat hande met die KB&T om ’n skoonmaakprojek, Hou jou kant skoon, te begin,” sê hy.

Dit behels onder meer om inwoners te inspireer om hul rommel in hul omgewing op te ruim sodat “almal weer trots en positief op ons dorp kan word”. Geldenhuis glo ’n databasis van munisipale klagtes moet opgestel word. Hy is ’n rekenaarprogrammeerder en het reeds tegnologie ingespan om so ’n databasis te begin. “Ons het egter die hulp van inwoners nodig om nie net om vleisbraaivure te kla oor die dorp se dinge nie, maar om dit op die regte wyse aan te meld,” sê hy. Bel eerstens die munisipale klagtelyn, kry ’n verwysingsnommer en verkieslik ook die naam van die amptenaar wat die klagte afgeneem het. Die klagtelynnommer is 086-011-2000. Inwoners kan dan ’n kort SMS of Whatsapp met die kontakbesonderhede, presiese plek en tyd van die klagte met verwysingsnommer na 082-417-8987 stuur. “Vandaar kan die DA stem dikmaak om die dienslewering te verbeter. “Ek is dankbaar vir die steun wat die DA gewen het. Kroonstad en sy mense is my passie en ek beloof om my bes vir my dorp te doen. “Ek wil ’n verskil maak en dit boonop interessant maak,” sê Geldenhuis. “Bel my as jy ’n blom kort of net bemoediging benodig om Kroonstad op te hou afkraak.” ) Met die tussenverkiesing is die stempersentasie in die guns van die DA van 70% na 87,9% verhoog.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.