Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 9 SEPTEMBER 2014
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
VREEDSAAM: Die Vrystaatse vlaktes het sy eie bekoring. Joernaliste en redakteurs van oor die Vrystaat, NoordKaap en Noordwes heen het Vrydag en Saterdag ’n konferensie in die Aldamvakan sieoord bygewoon. Heelwat uitdagings staar die koerantbedryf in die gesig. Ná ’n dinkskrum om neigings in die bedryf te bespreek het die mooi uitsig oor die Allemanskraaldam met die Willem Pretoriuswildtuin langsaan die gemoed rustig gestem. Om die nuus aan die gemeenskap te bring verg deursettingsvermoë. Kry gerus jou gemeenskapskoerant en kyk hoeveel krag daar in koerantadvertensies opgesluit lê. Die bedryf sal daarby baat vind en dit sal weekliks ’n gehaltekoerant verseker. Foto: Tharine Hurter
Bystandpompe skort Tharine Hurter GEEN bystandpompe by die watersuiweringsaanleg, rioolpompstasies of riooluitval-aanlegte bestaan nie. Daarom was Kroonstadters se krane verlede week Dinsdag en Woensdag droog. Chris Dalton, DA-raadslid wat in die Moqhaka-munisipaliteit se tegniese komitee dien, sê die gebrek aan bystandpompe duur al etlike jare voort. Die skielike watertekort in Kroonstad is die gevolg van een van die twee pompe wat water uit die Valsrivier moet onttrek wat die gees gegee het. “Na regte moet drie pompe hier
in ’n werkende toestand wees,” sê Dalton. Omdat die een pomp nie voldoende watertoevoer na die watersuiweringsaanleg in Hillstraat kon pomp nie, het die reservoirs stelselmatig leeggeloop. Hy sê alles menslik moontlik is gedoen om die pomp te herstel. Voorheen is pompe gehuur toe water nie hier vir suiwering onttrek kon word nie. Volgens hom is daar hoop om die krisis in Kroonstad aan te pak. “ ’n Interministeriële aksiegroep is aangestel om die waterkrisis te hanteer. Hiervoor het die Vrystaatse wetgewer sowat R39 miljoen bewillig om Kroonstad se waterkrisis op te los.”
Sy party stem jaarliks teen die begrotings, omdat die DA glo nie genoeg geld word vir onderhoudswerk aan die bestaande waternetwerk begroot nie. “Boonop word onbekwame personeellede deur die munisipaliteit gekontrakteer en dit benadeel watervoorsiening erg. “Wan- en krisisbestuur heers heeltyd by die munisipale wateraanleg. Dit sluit die rioolpompstasies en riooluitvalaanleg, wat al maande buite werking is, in. Daar is net nie geld vir herstelwerk, onderhoud en uitbreiding nie.” Hy sê dit is noodsaaklik om dringend bykomende waterpypleiding na die onderskeie reservoirs
aan te lê. “Toe die waterpyp weens die brand voorverlede maand gebreek het, is watertoevoer gekortwiek. By elke punt waar ’n pomp moet wees, moet ’n bystandpomp in ’n 100% werkende toestand ook wees.” Al het Bloemwater sowat twee jaar gelede die watersuiweringsaanleg opgeknap, is die pompe waar die water vir suiwering onttrek word nie by die projek ingesluit nie. Dalton sê inwoners is keelvol vir die herhaaldelike onderbrekings in watertoevoer. Dit gons op sosiale netwerke oor die swak dienslewering. Die aksiegroep sal die padnetwerk waar die watertoevoerpype
vir gesuiwerde water en riolering geleë is, ook dringend in oënskou moet neem, meen Dalton. Hy sê ’n sprankie hoop is goedkeuring is wel deur die nasionale regering en provinsie verleen om Reitz- en Cross-straat oor te bou. “By Hillstraat is die meeste werk aan die waterpype nodig en die hoop is dit geniet ook voorrang,” sê Dalton. Teen Woensdagaand is die watertoevoer herstel nadat die pomp herstel is. Dalton sê egter met albei pompe in werkende toestand is die onttrekking van water vir suiwering, “kwalik genoeg vir die waterbehoefte vir die groter Kroonstad”.