Kroonnuuskn 20140923

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 23 SEPTEMBER 2014

Nag van trauma vir gesin

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Rowers slaan toe Tharine Hurter

WEN!

WAT ’n rustige Saterdagaand voor die televisiestel sou gewees het, het vir dr. André Smith, ’n Kroonstadse tandarts, en sy vrou, Christelle, en hul kind in ’n traumatiese aand ontaard. Smith sê hy het omstreeks 20:20 die hek by die woonhuis in Wilgenhof se klokkie gehoor lui. “Ek het opgestaan en niks gesien nie. Sowat tien minute later, nadat ek weer in die sitkamer voor die televisiestel gaan sit het, het dit behoorlik geklink asof die agterdeur ontplof. Skielik het drie gewapende mans met klapmusse en handskoene aan voor my gestaan,” vertel Smith. Hy sê een van die mans het ’n semi-outomatiese haelgeweer en die ander twee óf pistole, óf rewolwers op hom gerig. Sy vrou, Christelle, en kind was in die kamers. “Hulle het presies geweet waar die kluise in die instapkas was en op die sleutels aangedring. Ek kon een kluis se sleutel vir hulle gee. Sonder huiwering het hulle sowat R30 000 en twee rewolwers uit die kluis gesteel,” sê Smith. Smith is geslaan en ’n plastieksak is oor sy kop getrek om hom te probeer versmoor. In die slaapkamer het die rowers hom, sy vrou en kind met die haardroër se kabel vasgemaak en van die perseel gevlug. “Hulle het ons nie baie styf

‘Hulle het presies ge­ weet waar die kluise in die instapkas was en op die sleutels aange­ dring . . . Sonder huiwe­ ring het hulle sowat R30 000 en twee rewol­ wers uit die kluis ge­ steel.’ – dr. André Smith vasgemaak nie en ons kon onsself loswikkel. Dit is toe dat ek die polisie ontbied het. Hulle was vinnig daar,” sê Smith. Hy meen die rowers is uiters professioneel en het presies geweet hoe die binnekant van sy huis lyk en waar alles was. Christelle en hul kind moes berading ontvang. “Ek drink maar pynpille, want my lyf is seer. Ek en my mense het oorleef. Dit is traumaties, maar dit is nou verby,” sê hy. Kapt. Stephan Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die vermeende rowers is steeds op vrye voet. ’n Polisieondersoek word gedoen. Die Kroonstad-buurtwag het op sy sosiale netwerke mense gewaarsku om veral op die uitkyk te wees vir mense wat met GPvoertuie in die woonbuurte rondry en verdag lyk. Hulle moet dit by die polisie by 10111 aanmeld.

Dazzle on dance floor THE South African Country and Western Dancing Championships were held on Saturday in Kroonstad. The judge at the event and one of the dancers of Strictly Come Dancing on television, Ryan Hammond, and his dance partner, Angelique Allison, performed a breathtaking tango at the end of the event. Visit www.kroonnuus.co.za for video clips and more photos. Foto: Tharine Hurter

Môre is Nasionale Braaidag. Kroonnuus bied lesers die kans om groot pryse te wen. Gaan plak jou foto’s van Braaidagvieringe op Kroonnuus se Facebook-blad en like die blad. Sien advertensies binne.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.