Kroonnuuskn 20140930

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 30 SEPTEMBER 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Boitumelo se pols flou Diens by hospitaal al swakker Tharine Hurter

PERSONEEL van die Boitumelohospitaal in Kroonstad moet met ’n flitslig na medisyne, lêers en noodsaaklike instrumente soek. Sedert Mei het gedeeltes van die hospitaal nie kragtoevoer nie en is dit in donker gehul. Swak dienslewering by die hospitaal is al die afgelope paar jaar in die nuus. Mariette Pittaway, DA-woordvoerder vir gesondheid in die Vrystaat, het die hospitaal saam met Jean Hattingh en dr. Albe Viljoen, DA-raadslede in Moqhaka, besoek. “Die gebrek aan beligting vertraag dienslewering. Pasiënte kan nie ondersoek word nie omdat dokters met tydelike lêers pasiënte weer moet ondersoek. Dit mors tyd,” sê Pittaway. “Die personeellede wat in die moeilike omstandighede tog hul bes doen om diens te kan lewer moet geprys word.” Boonop is daar ernstige personeeltekorte by die hospitaal. Die ongevalle-eenheid behoort minstens drie susters en vier verpleegpersoneel op ’n skof aan diens hê. “Net twee susters en een verpleegkundige hanteer dié groot afdeling.” Die drie DA-lede het met pasiënte en personeel gepraat en klagtes oor die Buthelezi-ambulansdiens is ontvang. “Soms is geen suurstof in die ambulanse beskikbaar nie en die hospitaal moes by twee geleenthede van die reeds beperkte voorraad vir die ambulansdiens gee.” Nog ’n bron van kommer is die gebrek aan veiligheid vir personeel en pasiënte. Sekuriteit word slegs by die hoofingang toegepas en geen noodknoppies (panic

Hiert, jou wilde fiets! DIE Afrikaanse Protestantekerk in Kroonstad het die naweek ’n spesiale pretrit vir vierwiel- en ander veldvoertuie op Mizpah en ander plase op die Vredefortpad aangebied. Emmie Fivas het dié vierwielmotorfietsryer in aksie digitaal vasgelê. Foto: Emmie FIvas buttons) is by sale of in die ongevalle-eenheid beskikbaar nie. “Dít nadat diefstal al hier plaasgevind het en mense in die noodgevalle-eenheid aangerand en met wapens aangehou is.” Boonop is die oor-, neus- en keel-eenheid gesluit en pasiënte wat oogsorg benodig, moet elders hulp soek.

“Ons bly ongelooflik bekommerd oor die toestand van gesondheidsdienste in die provinsie en ons sal voortgaan om lewensvatbare gesondheidsdienste vir almal wat dit benodig op ons agenda te hou,” sê Pittaway. Al beteken dit onaangekondigde besoeke by klinieke om foute uit te wys.

‘Die personeel wat in die moeilike omstandig­ hede tog hul bes doen om diens te kan lewer moet geprys word.’ – Mariette Pittaway


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Kroonnuuskn 20140930 by KroonNuus - Issuu