Kroonnuuskn 20141007

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 7 OKTOBER 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Pronk in pienk vir kankerbewusmaking

KROONSTAD se bome, lamppale en bakens het ’n pienk baadjie aan. Dit is ter bewusmaking van kanker en om geld vir die Northern Free State Care Givers (NFSCG) met die Pink Trees for Pauline­projek in te samel. Die Sarel Cilliers­brug is deur die Tafelronde 42 se jong manne in pienk getooi. Mense kan die materiaal teen R20 per meter by Riaan­juweliers in Cross­straat of by die Honey­kantore in Hillstraat koop. Al die geld word deur die NFSCG aangewend om terminaal siek pasiënte tuis te versorg. Die foto is gisteroggend geneem. Foto: Tharine Hurter

‘Tot siens, my engel’

Makelaar laat diep spore in gemeenskap, sportkringe Tharine Hurter

WYLE JACO VAN NIEKERK

“TOT SIENS, my engel.” Met dié roerende woorde het ’n jare lange vriend en eerstydse beampte van die departement van korrektiewe dienste sy vriend Saterdag gegroet. ’n Dag nadat hy sy 42ste verjaardag sou vier, is ’n gedenkdiens vir Jaco van Niekerk, ’n versekeringsmakelaar van Kroonstad, gehou. Hy was voorheen “ ’n likkewaan” – die bynaam wat in Kroonstad aan lede van die departement van korrektiewe dienste (DKD) gegee word. Talle van sy oudkollegas onthou hom as ’n man wat almal met “my engel’’ gegroet het. Boonop was dit Saterdag ook sy pa, Wessel van Niekerk, oud-Kroonstadter en

ook DKD-amptenaar, se verjaardag. In ’n vol NG kerk Suidrand in Kroonstad is afskeid van Van Niekerk geneem. Dr. Hannes Els het die diens gelei. Van Niekerk is verlede Sondagaand op die N1-hoofweg deur ’n aankomende motor sowat 3 km van die Ultra City in ’n ongeluk raakgery en is op die toneel dood. Kroonnuus verneem hy het sonder brandstof gaan staan en het vermoedelik op die hoofweg gestap. Vriende het boodskappe van herinnering aan ’n glimlaggende man op sy Facebook-blad en op ander sosiale netwerke geplaas. Dit is ook op die gedenkdiens met die huldeblyk beklemtoon. Benewens sy betrokkenheid by die Griffons-rugby was hy ’n groot gees by die DKD se gholfklub.

’n Dag nadat hy sy 42ste verjaardag sou vier, is ’n gedenkdiens vir Jaco van Niekerk, ’n versekerings­ makelaar van Kroonstad, gehou. In sy laaste rugbywedstryd het hy vir die Oumanne-wedstryd op die jaarlikse interskolebyeenkoms tussen die Rooies en Bloues uitgedraf. Van Niekerk word deur sy vrou, Marietjie, en drie kinders, Cuylen (9), BJ (6) en Marco (5), oorleef.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.