Kroonnuuskn 20141021

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 21 OKTOBER 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

Kommer oor pompe

GRATIS

Sal nie genoeg water na opgaardam kan pomp nie Tharine Hurter INWONERS van Kroonstad het rede om ag te slaan op die watertekort. Nie net word geluide van ’n droë voorseisoen die somer deur die weerburo gemaak nie, maar indien dit wel reën, is die Moqhaka-munisipaliteit nie gereed om voldoende water na die groot opgaardam, wat reeds ’n uiters lae watervlak het, te kan pomp nie. Kroonnuus het verlede week die pompstasie by die Groblersdam besoek van waar water veronderstel is om met drie pompe, twee 650 kW-pompe en een groot 900 kW-pomp, na die Bloemhoekdam gepomp te word. Toegang is maklik verkry. Vir die leek lyk die pompstasie verniel en dit wil voorkom asof net een kleiner pomp miskien water sal kan pomp. Die ander kleiner pomp is nie gekoppel nie. Kabels wat oop lê en na bewering ghries met ’n motortjie na die werkende pomp pomp, is wel in ’n werkende toestand. Die groot pomp, wat in 2005 onder die bestuur van die eertydse munisipale bestuurder, Moses Moadira, aangebring is, lê in stukke. Gerugte doen die ronde van die pomp se onderdele is gesteel. Voorts verneem Kroonnuus die versekeraars van Moqhaka wil nie ’n uitbetaling vir die betrokke pomp se skade en/of diefstal doen nie. Al die foto’s wat Kroonnuus geneem het, is per e-pos vir kommentaar aan die Moqhaka-munisipaliteit, asook raadslede van die opposisieparty, die DA, gestuur. Teen druktyd is kommentaar nie ontvang nie. Kroonnuus verneem kabeldiefstal kelder ook die behoorlike werking van die pompstasie. Inwoners moet daarop let dat waterbeperkings steeds van toepassing is. Dit is 40 kiloliter per huishouding. ) Lesers word genooi om kommentaar te lewer of kundige advies oor die waterprobleme van die dorp by www.kroonnuus.co.za of op Kroonnuus se Facebookblad te gee of deur ’n e-pos na thurter@volksblad.com te stuur.

Wat dink jy hiervan? Om saam te gesels gaan na Facebook en tik Kroonnuus in.

DIE kleiner pomp links blyk in ’n werkende toestand te wees. Regs is die groot 900kW­pomp onvolledig sigbaar.

ONBENUTTE toerusting wat lyk asof dit aan ’n groot pomp gekoppel moet wees, staan buite die pompstasie in die wind en weer.

DIE pompe met motors wat veronderstel is om water uit die Groblersdam na die opgaardam, die Bloemhoekdam, te moet pomp, is aan die voor­ aand van die reënseisoen in ’n haglike toestand.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.