Kroonnuuskn 20141028

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 28 OKTOBER 2014

!!! NUUT !!!

DOG GROOMING PARLOUR

Hekmotors & Interkomstelsels

Truterstr. 5 (By Kroonstad Dierehospitaal)

Tel. 056 215 1957 Sel. 076 809 7064 Ons gaan haal en lewer af.

p

X1PA1258-KN281014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

056 212 2977 X1P9UQE0-KN281014

GRATIS

DIE Bloemhoekdam teen sonsondergang. Die watervlak van die dam is nou uiters laag. ’n Biddag om reën word môre om 13:00 in die NG Moederkerk, Cross­straat gehou. Lees meer daaroor op bl. 4. Foto: Tharine Hurter

Kenner sê oor water Tharine Hurter INDIEN al drie die pompe by die Groblersdam-pompstasie 100% werk en genoeg reën in die opvanggebied van die Valsrivier val, kan 5 000 liter water per sekonde na die Bloemhoekdam, die dorp se grootste opgaardam, gepomp word. Só sê Thys Vermeulen, VF+-raadslid in die Moqhaka-stadsraad en eertydse stadsingenieur van Kroonstad in reaksie op Kroonnuus se voorbladberig van verlede week – “Kommer oor pompe” (21 Oktober). Vermeulen is ’n siviele ingenieur wat in opdrag van sy destydse werkgewer op 11 November 1977 die twee 650 kW-pompe, wat water met ’n ondergrondse pyp van die Groblersdam na die Bloemhoekdam voer, aangeskakel het. Hy sê indien die twee kleiner pompe volspoed werk, word 3 000 F water per sekonde na die Bloemhoekdam gepomp.

In die munisipale raadsvergadering wat op 14 Augustus gehou is, het hy weer sy kommer oor die stukkende pompe (twee 650 kW- en een 900 kW-pompe) laat notuleer. Hy het versoek dat die stukkende pompe dringend herstel word. Hy het ’n pleidooi gelewer dat kundige personeellede aangestel en opgelei word om die pompstasies van Kroonstad te beman en te onderhou. Die Bloemhoekdam se opgaarkapasiteit was voor 1996 sowat 19 000 kiloliter. In 1996 is die damwal met 2 m verhoog. Vermeulen het aan die stuur van die projek gestaan. Die damwal is sowat 1,3 km lank en by die hoogste punt sowat 30 m diep. Hy sê die groot 900 kW-pomp, wat met ’n afsonderlike kragkabel van krag voorsien word, is reeds in 1996 in gebruik geneem. Kabeldiefstal het al talle kere die pomp se werking gekelder. ’n Pypleiding van 1,5 m wat in beton omhul is, is met die bou van

die dam onder die damwal ingerig om die stremming te vermy om water teen ’n hoogte te pomp. Die dam word hierdeur van onder gevoed. Dieselfde pypleiding word gebruik om water in die Barend Wesselsdam, die dam waaruit water vir suiwering onttrek word, met gravitasie vry te laat. ’n Afsonderlike pypleiding van 1,3 m is aangelê om met die groot pomp water bo-oor die damwal te pomp. Kroonstad se waterprobleme en -skaarste is so oud soos die dorp self. In 1966 is die Serfonteindam gebou en die destydse stadsraad en gemeenskap het gejuig, omdat die waterkrisis toe beëindig sou wees. “ ’n Erge droogte het Kroonstad in 1972 getref en die dorp was weer in ’n waterkrisis gedompel. Dit was juis in die tyd toe ’n verkiesing gehou is en net een van die destydse raadslede is weer tot die raad verkies, omdat die gemeenskap boos oor die ‘water-wanbestuur’ was,” sê Vermeulen. As gekwalifseerde siviele

ingenieur is hy in 1972 tot hoofingenieur bevorder en hy het dit op hom geneem om ’n opgaardam met geskikte terrein waar ’n dam gebou kon word, te identifiseer en ook met munisipale arbeid en kundigheid te bou. Vermeulen sê ’n dam waarna water oorgepomp word, is ’n uitstekende uitweg, omdat sodanige opgaardamme minder slik as damme in riviere het. Die destydse departement van waterwese het ’n stokkie daarvoor gesteek om naby die Notre Dameklooster ’n groot opgaardam te bou omdat die Valsrivier ’n voedingsbron vir onder meer Bloemhof en Bothaville is. Derhalwe is die grond waarop die Bloemhoekdam gebou is van Des Deysel gekoop en die Bloemhoekdam is deur die destydse Kroonstad-munisipaliteit gebou. Damme waarin water gepomp word, staan as buitestroomdamme bekend. Nog ’n bron van kommer is die onbeheersde groei van groot bome in die grondwal van die dam.

“Indien die bome doodgaan, kan die wortels verrot en veroorsaak dat die damwal verswak en moontlik breek,” sê Vermeulen. “Toe die Serfonteindam in 1966 gebou is, was die opgaarkapasiteit 7 000 megaliter. Soos wat die Valsrivier afkom en die stilstaande watermassa bereik, vind toeslikking plaas. Dit bereik later ’n versadigingspunt. Soos wat die Serfonteindam vandag daar uitsien, is die opgaarkapasiteit slegs 4 500 megaliter.” Talle inwoners stel voor die Serfonteindam moet dieper gemaak word om die slik te verminder. Hierop sê Vermeulen met die eerste goeie afkom van die rivier sal die toeslikking weer plaasvind. Kroonnuus verneem die munisipaliteit het verlede week werk daarvan gemaak om die tweede kleiner pomp vir herstelwerk weg te stuur. Na wat verneem word, word die kabel wat gesteel is en wat die groter pomp van krag voorsien ook herstel.

X1PCGBJ1-KN281014

We ARE Glass

13 Reitz Street, KROONSTAD 9499 Tel. 056 212 4511/2 Cell: 072 851 6999 / 082 736 5760

X1P9V97G-KN281014

Penny’s Guesthouse

Tel: 056 213 2324 /6 X1P9V0WV-KN281014

X1P9UQ1G-KN281014

28 Rautenbach St, Kroonheuwel, Kroonstad 9499 Contact: Penny 082 853 2515 info@pennysguesthouse.co.za

X1P9WWFC-KN281014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.