Kroonnuuskn 20141202

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 2 DESEMBER 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

!!! NUUT !!!

Hekmotors & Interkomstelsels

056 212 2977 X1PHB4N1-KN021214

GRATIS

Ysterperde trek saam Jaarlikse Poison Rally weer in Kroonpark gehou Tharine Hurter

DIE Kroonpark-vakansieoord gaan die naweek letterlik en figuurlik brul. Dit is weer Poison Rally-tyd. Na verwagting sal 8 000 motorfietsryers vir die vierde agtereenvolgende jaar in Kroonstad vir die jaarlikse byeenkoms saamtrek. Dit is reeds die 17de jaar wat die gewilde saamtrek deur Jakes Oosthuizen georganiseer word. Vanjaar word vermaak uit die boonste rakke vir tweewiel-entoesiaste aangebied. Snotkop, Rea le Roux van Gatvol vir huisskoonmaak-faam, rymkletsers van die Kaap, die vrouegroep Saarkie, Rinkhals, ’n slangvertoning met ’n mamba van 3,2 m, en talle toertjies en kompetisies vir die besoekers is op die vermaakspyskaart. Toegang vir die hele naweek beloop R270 wat ’n metaal-medalje, lapwapen, kampeerplek in die oord en al die vertonings insluit. Vanaf Saterdag 14:00 kan plaaslike inwoners teen R150 per persoon die saamtrek beleef. Die hekke open Vrydag om 07:00 en parkeerplek vir motors word onder die wakende oog van ’n sekuriteitsmaatskappy langs die polisiekantien se terrein aangebied. Oosthuizen sê hy is beïndruk met die sigbare verbeteringe wat jaarliks aan die oord aangebring word. “Kroonstad is beslis een van die motorfiets-vriendelikste gemeenskappe in die land. Boonop is die sentrale ligging en die hoofweë na die dorp ’n bonus vir saamtrekke wat hier aangebied word,” sê hy. Die amfiteater is een van die oord se beste bates, sê hy. ’n Hoogtepunt en eerste vir die byeenkoms is ’n troue wat Saterdag met ’n kerkdiens en seremonie met al die motorfietsryers as getuies, gehou sal word. Koffietente word deur die Christelike Motorfiets-assosiasie (CMA), West Rand Bikers’ Church, Messias Disciples en Dead Men Riding behartig. Mense wat die saamtrek bywoon, word van ’n armbandjie voorsien en ontvang ’n knertsie met aankoms. Motorfietsryers moet te alle tye valhelms in die dorp dra. Nooddienste sal ook op die terrein beskikbaar wees en talle stalletjies met kos en aandenkings, asook ’n biertent, sal beskikbaar wees.

DIS weer die naweek tyd vir die kopligte van tweewiele om aangeskakel te word. Die jaarlikse Poison Rally vind in die Kroonpark­vakansieoord plaas. Foto: Hennie Booysen Photography

X1PHC6MH-KN021214

Tel:

056 213 2324 /6 X1PHB49H-KN021214

X1PHB439-KN021214


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.