Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 13 JANUARIE 2015
!!! NUUT !!!
DOG GROOMING PARLOUR
Hekmotors & Interkomstelsels
Truterstr. 5 (By Kroonstad Dierehospitaal)
Tel. 056 215 1957 Sel. 076 809 7064 Ons gaan haal en lewer af.
056 212 2977 X1PLDDRR-KN130115
X1PLDYFD-KN130115
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Dansers presteer in VSA Kroonstadter verower vierde keer hoogste prys in lyndans Tharine Hurter DIE Kroonstadter Johan Labuschagne dra nou die vierde keer die kroon as die wêreldlyndanskampioen van die United Country and Western Dance Council (UCWDC). Labuschagne is ’n dansafrigter van die Dancing Stars-dansateljee in die dorp. Hy het nie gedink die titel sal hom weer vanjaar beskore wees nie. “Die kompetisie was besonders sterk. Dis waarskynlik omdat die kampioenskap by Disney World aangebied is en omdat lyndans wêreldwyd ongelooflik baie groei,” sê hy. Die kroon as die Crown Male-lyndanskampioen is die hoogste prys wat aan ’n lyndanser toegeken kan word. Die 24ste UCWDC-kampioenskap is van 29 Desember 2014 tot 4 Januarie by die Coronado Springs Resort, Disney World, Florida, in Amerika aangebied. Sewe ander Kroonstadters het ook puik op die kampioenskap gepresteer. Altesaam 23 Suid-Afrikaners het as lede van die Suid-Afrikaanse Country and Western Dance-organisasie (SACWD) se lyndansspan oor die groot water gevlieg om aan die kampioenskap deel te neem. Hulle is Braam Keyser (vyfde plek: Open Advance Male), Corné Redelinghuys (vierde plek: Open Intermediate Female), Tiaan Brummelkamp (derde plek: Open Intermediate Male), Brandon McGrail (derde plek: Open Novice Male), Charlene Rossouw (derde plek: Teen Intermediate Female), Alna van der Merwe (vyfde plek: Diamond Novice Female) en Loretta Rossouw (sesde plek: Diamond Intermediate Female). Om Labuschagne se prestasie selfs soeter te maak het hy saam met die Welkomiet Annaline Bakker ’n derde plek in die Diamond Intermediate-afdeling se pare-afdeling verower. “Ons het net drie maande gehad om saam vir die pare-kompetisie in die kampioenskap voor te berei,” sê Labuschagne. Dit is boonop ook die eerste keer wat Suid-Afrikaners in die pare-afdeling deelgeneem het. Braam Keyser en Corné Redelinghuys het in die pare-afdeling vir Open Novice na die eindronde deurgedring, wat ook ’n merkwaardige prestasie is omdat die afdeling in die ouderdomsgroep 17 tot 30 jaar is en baie dansers hieraan deelneem. Die SACWD se Suid-Afrikaanse lyndanskampioenskap is in September verlede jaar in Kroonstad aangebied.
KROONSTADSE lyndansers wat puik gepresteer het op die United Country and Western Dance Council (UCWDC) se wêreldkampioenskap is van links Corné Redelinghuys, Brandon McGrail, Alna van der Merwe, Johan Labuschagne, Braam Keyser en Tiaan Brummelkamp.
Foto: Ronel Grobler
JOHAN LABUSCHAGNE en Annaline Bakker van Welkom het ’n derde plek in die Diamond Intermediateafdeling se pareafdeling op die United Country and Western Dance Council (UCWDC) se wêreldlyndanskam pioenskap verower. Foto: Ricardo Mejia
Nokia Lumia 530 Smartphone
Samsung Galaxy S4 Mini Smartphone (i9190)
R99 p.m. x 24
Smart S
• 4,3 gHD Super AMOLED'' Display • Story Album
KROONSTAD X1PLG4KW-KN130115
R369 p.m. x 24
uChoose Flexi 100
• Windows Phone 810S • QuadCor-Processor
We ARE Glass
Samsung Galaxy S4 Black Edition Smartphone (i9505)
R199 p.m. x 24
uChoose Flexi 50
13 Reitz Street, KROONSTAD 9499 Tel. 056 212 4511/2 Cell: 072 851 6999 / 082 736 5760
OM lyndans te beoefen is in die bloed. Charlene Rossouw en haar ma, Loretta, het ook aan die UCWDC se wêreldlyndanskampioenskap deel geneem. Foto: Johan Labuschagne
ELEKTRONIESE DIENSTE • SELFONE ELECTRONIC SERVICES • CELL PHONES
• Group play • Dual Video Camera
5 Thesen Street • Kroonstad Tel. 056 213 2777/8 • 213 2559 • 213 1167
O en OE
X1PLEAKM-KN130115
Penny’s Guesthouse
Tel:
056 213 2324 /6 X1PLDYUW-KN130115
X1PLC5UM-KN130115
28 Rautenbach St, Kroonheuwel, Kroonstad 9499 Contact: Penny 082 853 2515 info@pennysguesthouse.co.za
X1PLHM1W-KN130115