Kroonnuuskn 20150127

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 27 JANUARIE 2015

!!! NUUT !!!

DOG GROOMING PARLOUR

Hekmotors & Interkomstelsels

Truterstr. 5 (By Kroonstad Dierehospitaal)

Tel. 056 215 1957 Sel. 076 809 7064 Ons gaan haal en lewer af.

X1PLDYFF-KN270115

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

056 212 2977 X1PLDDRU-KN270115

GRATIS

Skoolgebou omskep Personeel, leerlinge opgewonde oor nuwe kompleks Tharine Hurter HOEWEL die skoolkompleks nog nie voltooi is nie, is die personeel en leerlinge van die Johan Slabbert-skool vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes (LSOB) in Kroonstad kinderlik opgewonde om die nuwe, moderne kompleks vanjaar nog te kan betrek. “Die vooruitsig om uit ’n asbesgebou na ’n steengebou te kan trek is fantasties. Boonop na een wat doelgerig vir ons leerlinge ontwerp is,” sê André Jonker, skoolhoof. Hy sê die kompleks moes al in November 2013 voltooi gewees het, maar die oponthoud is te wyte aan een van die twee kontrakteurs wat byna ’n jaar ná die kontraktuele ooreenkoms nie in staat was om die toegewysde klaskamer-gedeelte te voltooi nie. “Sodra ons in die nuwe kompleks kan intrek, sal die moraal van ons skool en ons leerlinge beslis ‘optel’,” sê Jonker. Freek du Plessis, ’n argitek van Kroonstad, in samewerking met André Wessels, ’n Welkomse argitek, is verantwoordelik vir die ontwerp en toesighouding oor die konstruksie van die kompleks. “Die kompleks is so ontwerp om toegang van buite te stuit en is boonop ten volle gestremde-vriendelik,” sê Du Plessis. Die skool het vier afdelings vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes. Dit sluit in ’n afdeling vir huishoudkunde, tegniese onderrig (duikklop en spuitverf, asook sweiswerk), ’n afdeling vir leerlinge met geringe verstandelike gestremdheid en ’n afdeling vir leerlinge met ernstige verstandelike gestremdheid. Die spuitverf-afdeling sal selfs met ’n spuitkamer vir professionele spuitverfwerk van ongeveer R230 000 spog. Die afdelings wat die klaskamers huisves, is so ontwerp dat elke afdeling apart kan funksioneer en die afdelingshoof het beheer oor toegang tot die betrokke vleuel. Die moderne kompleks het sy

FREEK DU PLESSIS wys ’n argitektoniese voorstelling van die nuwe skoolgebou vir die Johan Slabbert­skool vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes (LSOB). Hy en André Wessels, ’n Welkomse argitek, het die planne vir die multi­miljoenrandse skoolkompleks ontwerp. Foto: Tharine Hurter konstruksie te danke aan Du Plessis en Wessels wat in opdrag van die departement van openbare werke aanvanklik net ’n toiletblok en twee klaskamers moes ontwerp. “Omdat die bestaande skoolgebou van asbes gebou is en dit deesdae onwettig is om konstruksies daarmee op te rig is dit ’n gevaar. “Ons het die departement van die asbeskompleks se gevaaraspekte ingelig. Binne slegs drie

maande is die nuwe skoolkompleks ontwerp en alle dokumentasie ter tafel gelê,” vertel Du Plessis. Die dryfveer vir die ontwikkeling in belang van die leerlinge is Chilliboy Tshangela, departementele argitek van die Vrystaatse departement van openbare werke. Die skoolgebou sal ná voltooiing nagenoeg R40 miljoen kos. In September 1987 het die destydse Noordelike Stem berig oor

’n voorgenome nuwe skoolkompleks ten bedrae van R4,5 miljoen vir die skool. Dit het egter nie gerealiseer nie. Toé sou die gebou een van die modernste in die land wees. Kroonnuus verneem een van die kontrakteurs by die kompleks het homself laat likwideer. Onderhandelings is glo aan die gang met die ander kontrakteur – wat reeds die administratiewe gebou, die saal en sportsale

voltooi het – om die klaskamer-gedeelte te bou, asook die afbreek van die asbesgebou ingevolge die betrokke regulasies te doen. ) Du Plessis en sy destydse vennoot, Eddie Bloem, het talle groot komplekse in Kroonstad ontwerp. Dit sluit Kroonpark, die munisipale pensioenfondsgebou, die munisipale kantore, die openbare biblioteek in Steynstraat, asook die skouburg, in.

X1PN61KW-KN270115

Penny’s Guesthouse

MASTERS IN

GLASS

13 Reitz Street, KROONSTAD 9499 Tel. 056 212 4511/2 Cell: 072 851 6999 / 082 736 5760

X1PLG4KY-KN270115

Tel:

056 213 2324 /6 X1PLDYUY-KN270115

X1PLC5UP-KN270115

28 Rautenbach St, Kroonheuwel, Kroonstad 9499 Contact: Penny 082 853 2515 info@pennysguesthouse.co.za

X1PLHM1Y-KN270115


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Kroonnuuskn 20150127 by KroonNuus - Issuu