Kroonnuus TEL (056) 212 3171
KEAN KRUGER met die klein mieliekoppies wat weens die erge hitte en droogte nie eens behoorlik bestuif het nie.
DINSDAG 17 FEBRUARIE 2015
DOG GROOMING PARLOUR
Truterstr. 5 (By Kroonstad Dierehospitaal)
Tel. 056 215 1957 Sel. 076 809 7064 Ons gaan haal en lewer af.
X1PP52R7-KN170215
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
SEAN KRUGER staan in een van sy mielielande waarvan die oes in die hitte van die droogte voor sy oë verdwyn het.
GRATIS
Foto’s: Tharine Hurter
Groot misoeste dreig Veral mielies kry swaar weens erge hitte, tekort aan reën Tharine Hurter
“MY mielies is mo*r toe!” Só het ’n moedelose Sean Kruger van die plaas Loskop, sowat 25 km wes van Kroonstad, sy lot aan Kroonnuus bekla. Sowat 300 ha mielies, wat Kruger “in geloof” met min ondergrondvog geplant het, wat voldoende reën tydens planttyd gekry het, sal nie baat vind as dit nou wel kom reën nie. “Dis my tweede misoes in drie agtereenvolgende seisoene,” sê Kruger. Sy insetkoste het tussen R4 000 en R5 000 per hektaar beloop. Dit sluit droogteversekering uit. Die groot stuk aarde waarop hy grondbone geplant het, sal miskien ’n klein tweede drag oplewer, maar dit is nie eens die moeite werd om dit teen hoë koste te laat uithaal nie. Boonop is die grond weens die droogte te hard vir plaastoerusting. By sy sonneblomoes is die koppies
vuisgrootte en die droogte het hier ook skade gemaak. Indien dit wel reën, kan sommige sonneblomlande wel gered word, maar slegs ’n oes ver onder 1 t/ha is haalbaar. Met Kroonnuus se besoek aan Kruger se plaas Donderdag het die termometer digby 34°C geboer. Van sy bure het al weiding weens veldbrande verloor. “Dis ’n tyd wanneer die gras groen moet wees, maar dis verdor en brand maklik.” Hy het al vee verloor wat deur die drade na die verlepte mielies gebreek en weens blousuur gevrek het. Van die piepklein mieliekoppe wat aan enkele plante ontwikkel het, is die bestuiwing weens die erge hitte uiters swak. Op Loskop het Kruger in die plantseisoen (September tot nou) baie min reën, net 119 mm, gekry. In die vorige plantseisoen van November 2013 tot Maart 2014 het hy ’n redelike oes gehad met 537 mm reën wat vir dié seisoen aangeteken is. Die
2012-’13-mielieseisoen was ’n absolute mislukking en Kruger het slegs 20 kg/ha mielies gestroop. Hy reken vanjaar sal dit ook nie die moeite werd wees om die verdroogde mielieplante vir veevoer af te sny nie. In die omgewing waar Kruger boer, is mielieoeste van 6 t/ha in normale jare haalbaar. Thys Grobbelaar, graanmarkontleder by Senwes, het aan Volksblad, moederkoerant van Kroonnuus, gesê tussen 20% en 25% van die potensiaal van die witmielie-oes kan reeds daarmee heen wees. “Sekere gebiede het verlede week kol-kol reën gehad, maar dit het absoluut in donderbuie voorgekom. Een boer sal byvoorbeeld 40 mm reën kry en sy buurman niks nie,” het Grobbelaar gesê. Oor die naweek het Kroonstad se dorpsgebied ’n donderbui gekry, maar min reën het in die distrik geval. “Waar mielies nog daarby kan baat vind, is dit ’n verligting, maar ’n groot deel van
die mielies is reeds uit die proses.” Dr. Dirk Strydom, departementshoof van landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), sê goeie aanplantings is aanvanklik gedoen en ’n hoë oes is vanjaar verwag. Hy sê Februarie is gewoonlik ’n belangrike tyd, omdat die bestuiwingstydperk dan begin. Dit is juis hoekom reën in dié tyd so belangrik is. Kruger het tot dusver in Februarie geen reënval op sy plaas gekry nie. Van sy boorgate lewer ook minder water per uur. Johan van den Berg, bestuurder van gespesialiseerde oesversekering van Santam-Landbou, sê Bothaville, Viljoenskroon, Wesselsbron, Villiers, Frankfort, Fouriesburg en Ficksburg is gebiede waar mielies amper vrek. Kommer bestaan dat die erge droogte tot ’n voedseltekort in 2016 kan lei. ) ’n Biddiens vir reën is Maandag (16/02) in die NG Moederkerk in Kroonstad gehou.
X1PR0QBD-KN170215
Penny’s Guesthouse
X1PP9WUM-KN100215
28 Rautenbach St, Kroonheuwel, Kroonstad 9499 Contact: Penny 082 853 2515 info@pennysguesthouse.co.za
X1PPADCK-KN170215
MASTERS IN
GLASS
13 Reitz Street, KROONSTAD 9499 Tel. 056 212 4511/2 Cell: 072 851 6999 / 082 736 5760
X1PP9VVF-KN170215
Tel: 056 213 2324 /6 X1PP3HF3-KN170215