Kroonnuuskn 20150303

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 3 MAART 2015

Droogte: Ramp dreig

DOG GROOMING PARLOUR

Truterstr. 5 (By Kroonstad Dierehospitaal)

Tel. 056 215 1957 Sel. 076 809 7064 Ons gaan haal en lewer af.

X1PTPN5D-KN030315

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Skattings heelwat laer Tharine Hurter DIE erge droogte wat dié somer ’n nadelige uitwerking op die somergraangewasse in die binneland het, kan tot ’n rampoes aanleiding gee. Só sê Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, nadat die oesskattingskomitee die geskatte mielieoes vir 2015-’16 bekend gemaak het. Volgens die oesskattingskomitee gaan die mielie-oes vir die 2015-’16-bemarkingsjaar slegs 9,665 miljoen ton beloop. Die witmielie-oes beloop 4,696 miljoen ton en die geelmielie-oes 4,969 miljoen ton. Die opbrengs van die totale mielie-oes vir die 2014-’15-bemarkingsjaar het 5,3 ton per ha beloop wat ’n totale produksie van 14,25 miljoen ton opgelewer het. Volgens die huidige skatting word ’n opbrengs van slegs 3,63 t per ha verwag. Die mielie-oes vir die 2015-’16-bemarkingsjaar is 32% laer weens veral die wydverspreide droogte gedurende Januarie en Februarie. Die droogte het ook die verwagte sonneblomproduksie baie negatief beïnvloed. Die skatting is 574 300 ton. Dit is sowat 31% laer as verlede seisoen. “Ons het ’n nuwe rekordjaar vir sojabone verwag, maar die droogte het ook hier sy tol geëis.” Luidens Graan SA se nuusverklaring oor die rampoes word ’n oes van 938 350 ton verwag, 1% laer as verlede jaar. Die afname in mielieproduksie kan daartoe lei dat Suid-Afrika ongeveer 1,65 miljoen ton mielies sal moet invoer. Dit gaan geweldige druk op Suid-Afrika se infrastruktuur plaas en ’n verdere verlaging in die oes kan selfs katastrofies wees. Die vraag en aanbod van witmielies vir die komende seisoen gaan uiters knap wees. Witmielies se prys het tot en met invoerpariteit gestyg en die afgelope week weens winsneming, mielielewerings en beter weervooruitsigte begin daal. Die verwagting is dat pryse na invoerpariteit gedurende die res van die bemarkingsjaar gaan styg. “Ons het volle vertroue in die oesskat-

‘Ons het volle vertroue in die oesskattingskomitee se we­ tenskaplike metodes om die oes te skat. Dit bly egter ’n skatting en met dié dat die weer steeds ’n groot rol kan speel, veral aan die negatie­ we kant, is die situasie steeds onseker.’ – Jannie de Villiers, Graan SA tingskomitee se wetenskaplike metodes om die oes te skat. “Dit bly egter ’n skatting en met dié dat die weer steeds ’n groot rol kan speel, veral aan die negatiewe kant, is die situasie steeds onseker,” het De Villiers gesê. “Een ding is egter nou vir ons duidelik, dat ons beslis nie ’n uitvoerbare surplus gaan hê nie,” het De Villiers bygevoeg. Hoe verder die seisoen aangaan, hoe minder kan reën die oes positief beïnvloed. Geen of min reën kan egter nog die situasie verder verswak. Hierdie jaar en ook volgende jaar gaan ’n baie moeilike tyd vir die land wees. Die verwagte swak someroeste gaan baie negatief inwerk op die landbousektor en verbruikers gaan duur vir basiese voedsel betaal. In die distrik van Kroonstad het talle boere al hul mielieoeste vir voer afgesny. Intussen moet boere hulself staal vir ’n verwagte afskaffing van die voordeel om nie belasting op toegevoegde waarde (BTW) op boerderyprodukte (saad, kunsmis, chemikalieë, ens.) te betaal nie, wat in die nasionale begroting ter tafel gelê is. Dit sal beteken boere moet op insetmiddele soos kunsmis en voer BTW betaal. Dit kan hul kontantvloei beïnvloed, aangesien hulle eers later die BTW sal kan terugeis.

Koel af in somerhitte ABBY BREDENKAMP van Kroonstad is een van die Simoné Academy of Modelling se modelle. Die warm weer wat die afgelope maand oor die binneland geheers het, lok talle jonges na die koel water van ’n swembad. ’n Fotosessie is Saterdag vir modelle van die skool gehou. Hierdie foto het op die sosiale netwerk baie reaksie uitgelok. Foto: PM Fotografie

Penny’s Guesthouse

MASTERS IN

GLASS

13 Reitz Street, KROONSTAD 9499 Tel. 056 212 4511/2 Cell: 072 851 6999 / 082 736 5760

X1PTL1UH-KN030315

Tel: 056 213 2324 /6 X1PTL46H-KN030315

X1PTMQB9-KN030315

28 Rautenbach St, Kroonheuwel, Kroonstad 9499 Contact: Penny 082 853 2515 info@pennysguesthouse.co.za

X1PTHW6M-KN030315


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Kroonnuuskn 20150303 by KroonNuus - Issuu