Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 10 MAART 2015
DOG GROOMING PARLOUR
Truterstr. 5 (By Kroonstad Dierehospitaal)
Tel. 056 215 1957 Sel. 076 809 7064 Ons gaan haal en lewer af.
X1PTPN5D-KN030315
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
N1 hier breër gemaak
Hoofweg tussen Kroonstad en Ventersburg kry dubbelbane Tharine Hurter DIE pad van die dood noem sommige langafstandbestuurders die N1-hoofweg tussen Kroonstad en Ventersburg. Dié pad is van die min gedeeltes op die nasionale hoofweg wat nie dubbelbaan-tweerigtingverkeer het nie. Goeie nuus is egter dat dié pad teen ’n koste van nagenoeg R559 miljoen oorgebou gaan word. Logashri Sebnarain, die woordvoerder van Sanral, sê die projek sal in twee fases geskied. Dit is die noordelike kontrak van Holfontein na Kroonstad, waar reeds vandeesmaand met werk begin sal word, en die suidelike kontrak wat in Maart van Ventersburg na Holfontein toegeken sal word. Verkeervolumes, wat aansienlik toegeneem het en die bestaande padoppervlak wat verweer is, noodsaak dat ’n nuwe pad met dubbelbane in twee rigtings gebou gaan word. Sebnarain sê die onderlaag gaan eerste aan die suidekant oorgebou word. Dit sal onverhinderde verkeersvloei bewerkstellig en die gebruik van die bestaande pad sal nie veel oponthoud vir motoriste meebring nie. Sodra die pad oorgebou is, sal die noordelike gedeelte van die pad gebruik kan word. In ’n tender is Hilary-konstruksie deur Sanral aangestel om die herbou van die pad te behartig. Reeds in 2013 is konsultasie met plaaseienaars gevoer om die pad breër te maak. Interseksies sal by die pad met grondpaaie en toegang na plase voorsien word, sê Sebnarain. Altesaam drie nuwe brûe sal gebou word en bestaande oorbrûe sal gerehabiliteer word. Sebnarain sê die dreineringstelsel met stormwaterafvoerpype gaan wel uitgevoer en vergroot moet word, maar sal nie die omgewing negatief beïnvloed nie. Intussen is plaaseienaars bekommerd oor die toename in veral vragmotorongelukke wat op ’n gedeelte sowat 15 km suid van
DIE N1hoofweg tussen Kroonstad en Ventersburg gaan van 'n tweerigtingverkeerpad na 'n dubbelbaantweerigtingverkeerpad oorgebou word. Die gedeelte van die hoofweg is van die min gedeeltes op die hoofweg wat net tweerigtingverkeer het. Talle vragmotors verloor beheer en verlaat die pad weens die toestand van die pad. Boonop oortree talle vragmotorbestuurders die Verkeerswet deur in die geel streep te ry. Foto: Tharine Hurter
Kyk die video op Kroonnuus se Facebook-blad Kroonstad tot ongelukke lei. Verlede week het drie vragmotors op dié gedeelte die pad verlaat en hul vrag verloor. Kroonnuus het ’n video-insetsel van die hobbelrige pad gemaak en dit is beslis ’n gedeelte van die hoofweg wat vir motoriste ’n
gevaar inhou omdat die pad uitsonderlik ongelyk is. Johan Schutte, ’n boer en gastehuiseienaar aan die hoofweg, het sy kommer hieroor uitgespreek. “Ons vroue en kinders ry daagliks die pad en ’n mens weet
nooit wanneer ’n vragmotor van voor beheer weens die toestand van die pad gaan verloor en ’n ongeluk vir onskuldige mense gaan veroorsaak nie. Meer beheer en waarskuwingstekens moet opgerig word,” sê Schutte. Hy is verheug oor die rehabili-
Penny’s Guesthouse
MASTERS IN
GLASS
13 Reitz Street, KROONSTAD 9499 Tel. 056 212 4511/2 Cell: 072 851 6999 / 082 736 5760
X1PTL1UH-KN030315
tasie en dat die pad verbreed gaan word, maar wil motoriste waarsku om uiters versigtig op die pad te ry. “Dit kan jare neem om uiteindelik die herboude pad in gebruik te neem. Intussen moet maatreëls getref word om ongelukke te verhoed.”
X1PTMQB9-KN030315
28 Rautenbach St, Kroonheuwel, Kroonstad 9499 Contact: Penny 082 853 2515 info@pennysguesthouse.co.za
X1PTHW6M-KN030315