Manna volume 005

Page 1

Januarie - Februarie 2016

GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL

R31.00

Volume 005


Laat my nooit die grond verlaat nie. Laat my in U skadu bly. Gee dat elke aardse vreugde en vrees, eindelik nietig word vir my. Elke afdraaipaadjie ken ek. Elke keer het ek verdwaal. Elke keer het U my iewers kom haal, maak dit Heer die laaste maal. Elke dag is ’n gedagte, elke kamer net gehuur. Elke aardse droom van rykdom en roem, net ’n skadu teen die muur. Wat ek is, is net genade. Wat ek het, is net geleen. Eintlik smag ek na U waters van rus. Lei my Heer vanaand daarheen. Koos du Plessis



Gary & Rhona Kieswetter

Die

O

Vader karakter se

ns was onlangs besig met ’n projek oor vaders en ek het gepaste foto’s gesoek daarvoor. Ek tik toe sommer vir die snaaksigheid God die Vader in op die Internet en al wat te voorskyn kom, is foto’s van baie ou gryskop ooms met lang wit baarde wat baie kwaai en heeltemal ontoeganklik lyk! Ek het weereens besef dat God die Vader se beeld nog steeds so verwronge en heeltemal verkeerd deur mense geïnterpreteer word. Die vyand het ook soveel leuens probeer saai oor God se karakter. Hy het nog altyd probeer om ’n wig tussen God en die mens in te dryf. Hy wil altyd die skuld vir alles wat sleg is op die Vader plaas, terwyl hý die een is wat steel, roof en doodmaak! Tog is dit so duidelik wie die Vader is. Ons hoef slegs na die Woord te gaan om hom te sien vir wie hy is! Vir die wat hom soek, laat hy homself vind en wat ’n voorreg is dit nie om hom te leer ken nie! Dit maak van elke dag ’n avontuur om sy ware karakter net beter en beter te leer ken! Hebreërs 1:3 sê – Die Seun weerkaats God se heerlikheid, en Hy is die presiese ewebeeld van wie God werklik is. As daar dus enige onsekerheid is van wie die Vader is, hoef ons slegs na die beeld van Jesus te kyk om sekerheid te kry. Jesus self het vir sy dissipels gesê: “As jy my gesien het, het jy reeds die Vader gesien.” Wat presies sien ons in Jesus? Iemand wat altyd regstaan om goed te doen, altyd bereid is om mense te help, te genees, te bemoedig en te red van die ewige verderf. Wat ons so lief het dat hy bereid is om sy beste, sy lewe, sy alles te gee sodat ons ’n ewigheid saam met hom kan wees! Hy is iemand wat met groot

deernis kyk na mense en uit sy pad sal gaan om een verlorene te gaan red. Iemand wat soveel waarde op die lewe van ’n sondaar plaas dat hy sonder terughouding sy eie perfekte, sondelose lewe opoffer in daardie siel se plek! En dit deur die pad van ontsettende pyn en lyding! Hy is iemand wat so oorloop van liefde, vrede, goedheid en welwillendheid teenoor die mensdom dat hy sê dat hy selfs die wêreld hulle sonde nie toereken nie! Nou dink jy dalk, ja maar wat van die Ou Testament? Daar het God tog dikwels deur sy profete sy toorn teen Sy vyande bekend gemaak. En dit is so, maar in Hebreërs 1:1 sê Hy – Vroeër het God dikwels en op baie maniere deur die profete met ons voorvaders gepraat. Maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur Sy Seun. Nou is die stem en die beeld van God sigbaar deur sy Seun. In die Ou Testament kan mens tog agterkom hoe lief God vir mense is. Kyk nou maar na Jesaja 57:18 – Ek het gesien wat hulle doen, maar nogtans sal Ek hulle gesond maak! Hy praat hier van sy volk wat ontrou was, in sonde, hebsug en afgodery verval het en ten spyte daarvan belowe hy dat hy hulle almal sal genees, die treurendes vertroos en hulle almal vrede sal gee. Dit is die hart van die Vader! Hy is ’n liefdevolle God en Vader met soveel empatie en passie vir sy kinders. Wat selfs as ons ongehoorsaam is, nooit ooit sy liefde van ons sal wegneem nie. Wat selfs as ons ontrou is, getrou bly. Hy verdien dat ons net ons beste vir hom ook gee. Vra hom om homself aan jou te openbaar vir wie hy regtig is. Gary & Rhona Kieswetter


GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL

Januarie - Februarie

2015

Wat as depressie in jou gene is?

Dis jóú jaar!

05

Alle goeie dinge kom van God af

16

Moenie langer wag nie!

Stof jou drome af en jaag hulle na!

Watse tipe ouer is jy?

26

Jou styl van ouerskap mag dalk in konflik wees met jou kind se styl. MANNA www.mannatydskrif.co.za Tel: 086 111 2329 Inskrywings: admin@grootisutrou.co.za

10

God is gefokus op sy liefde vir jou, en nie op wat jy verkeerd doen nie.

22

Watter pynlike stap is jy besig om te vermy, wat jou kan lei na waar jy wil wees in die lewe?

Een Cappuccino en ’n Crème soda asseblief

28

Ek en jy verskil hemelsbreed

32

Jy is ‘n enkelouer. Wat nou?

Om die verskille in jul persoonlikhede te verstaan voor die verliefdheid verdwyn, is ’n slim plan.

Redakteurs: Gary en Rhona Kieswetter Uitgewer: Ingrid Stegmann / ingrid@dor22.co.za Advertensies: Marietjie Roux-Spangenberg 074 411 5711 / marietjie@mannatydskrif.co.za

Grafiese ontwerp & uitleg: Adri de Bruyne Ontwerpelemente: Freepik.com Fotos: Shutterstock


Geloofsmuur

Joe l Oste e n

Wat jy glo, word inderdaad ’n werklikheid in jou lewe. Geluk begin deur toksiese gedagtes te vervang met gedagtes van hoop en woorde van geloof.

Ek gaan God vertrou om hierdie jaar vir my nuwe deure van geleentheid oop te maak. Ek sal glo en nie twyfel nie. Ek is sterk en dapper. Ek is nie bang of huiwerig nie. Die Here my God is saam met my oral waar ek gaan.

Ek weet dat my Verlosser leef. Hy is mý Here en mý God. Hy is die krygsman wat my red.

God se droom vir my lewe sal bewaarheid word. Mense, teleurstellings of teenkanting sal dit nie kan stop nie. God het ’n oplossing vir elke probleem wat my in die gesig staar. Die regte mense en die regte geleenthede is reeds in my toekoms. Ek sal word wie God bestem het vir my om te word.

God het ’n wonderlike plan vir my lewe! Hy rig my voetstappe. En al verstaan ek nie altyd hoekom dinge gebeur soos wat dit het nie, weet ek dat my situasie nie die Here onkant gevang het nie. Hy sal dinge tot my voordeel laat geld. In sy perfekte tyd, sal alles ten goede meewerk. Ek kan Hom met my lewe vertrou.

Met God kan jy enige negatiewe ding in jou lewe te bowe kom. Enige iets wat gemaak is om jou te breek, gebruik Hy tot jou voordeel.


Voetpad na

V�ede

Mila nie Vosloo

Here, ek is tegelykertyd opgewonde en angstig oor die nuwe jaar. Vanjaar wil ek waag om lief te hê: Ek wil U liefde vir my indrink en dit teruggee. Ek wil myself met sagtheid bederf en ander met ’n koester-hart omarm.

M

Maar ek ken myself, Here. Ek ken my swakhede en feilbaarheid. Daarom gee ek U my hand en my hart en vra: Reis die jaar saam met my op my onbekende pad sodat ek tree vir tree sal wéét: U is bý my. Deel van my. In my. En juis daarom kan ek vrede hê.

Jy hoef régtig nie bang te wees nie y opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan.

Bangwees is so ’n normale, menslike eienskap. Veral so aan die begin van ’n nuwe, onbekende jaar. Miskien is dit waarom ons Here vir elke dag van die jaar vir ons sê: “Moenie bang wees nie.” As jy eerlik is, sal jy erken: Jy is tog so ’n bietjie bang vir die nuwe jaar: vir die onsekerhede, jou werk, die menseverhoudinge wat so ’n bietjie knaag, die uitdagings wat op jou wag. Dalk is jy selfs bang vir God. Hoe ook al, dit is goed om aan die begin van nog ’n kalenderjaar sommer net weer te onthou: Ons Here het juis die woord “genade” ’n werklikheid kom maak. Hy het sélf aarde toe gekom, tussen ons kom woon en vir ons gesterf. Sy genade vir ons is genoeg vir elke dag van die jaar. Sy genade is so ruim juis omdat Hy vergifnis is. Omdat alles in Hom ons swakhede wil uitvee, ons stukkendwees wil oormaak, ons gebrokenheid wil uitvee en heelmaak, ons op ’n pad van volledigheid en vervulling wil lei. God – die God van genade – is aan jou kant. Immanuel – die Een wat by jou is – gaan jou nie los nie. Die Begin en Einde reis saam op jou pad. Wees daarom sterk. Vertrou Hom. Blindelings. Dag na dag.

{

.....

Vader, ek plaas my geloof in U. Help my glo. Help my vertrou.

Hierdie is ’n uittreksel uit Voetpad na Vrede uitgegee deur CUM.

}

.....


Alle

goeie dinge kom van God Joyc e Me ye r

God is gefokus op jou en sy liefde vir jou, en nie op wat jy verkeerd doen in jou lewe nie.

D

it maak my bedroef om mense te sien leef met ’n vrees dat God vir hulle kwaad is as gevolg van hul sondes, swakhede en foute. God haat wel sonde, maar Hy is lief vir sondaars en Hy is altyd gereed om ons te vergewe en vernuwe wanneer ons sondig. Moenie die vyand se leuen glo dat wanneer jy beproewings en moeilikheid in jou lewe ervaar, dit God is wat jou straf vir jou sonde nie. Hoewel ongehoorsaamheid onaangename gevolge kan bring, moet ons onthou dat wanneer ons God vra om ons sonde te vergewe, Hy dit so ver van ons af verwyder soos die ooste van die weste is – Hy kies om dit nie meer te onthou nie. Ons sonde hoef ons nie te skei van God se goedheid nie, tensy

10

Ons kan nie God se goedheid meet aan die hoeveelheid verlies en pyn wat ons in die lewe ervaar nie

ons dit toelaat. As God net volmaakte mense geseën het, sou niemand ooit seëninge in hul lewe ontvang het nie. God se aard is dat Hy goed is. Hy is te alle tye goed, en Hy doen net wat tot ons voordeel strek in die lewe. Ons leef in ’n wêreld wat nie altyd goed is nie, en soms gebeur slegte dinge met goeie mense. Wanneer dit gebeur, is dit nie regverdig nie, maar God het nooit gesê die lewe sal altyd regverdig wees nie. Hy beloof ons wel dat Hy ’n God van geregtigheid is, wat beteken dat Hy uiteindelik, op sy regte tyd, alle verkeerde dinge sal regmaak. Daardie belofte bied vir my groot vertroosting en dit vuur my geloof aan om God te vertrou vir goeie dinge selfs te midde van swaarkry. Ek hou besonder baie van hierdie Bybelvers: Jakobus 1:17 – Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.


11


Alle goeie dinge kom van God. Ons verdien nie God se goedheid nie en ons kan dit nie verwerf nie, ons kan net dankbaar wees dat ons dit ontvang. Hy is goed omdat dit in sy aard is om goed te wees, en die Skrifgedeelte hierbo sê vir ons daar is nooit die geringste verandering in God se goedheid nie. Dit is onmoontlik om sonder die vrees vir God se woede en oordeel te leef as ons nie volkome glo dat God goed is tot in die kern van sy wese nie. Laat ek dit weer sê: God is goed! Hy verheug Hom daarin om goed te wees vir jou! As ons nie glo dat Hy goed is nie, sal ons outomaties glo dat Hy kwaad is vir ons elke keer dat ons ’n fout begaan. Ons sal ook oordeel en straf van Hom verwag. My pa was ’n grimmige man, en elke keer wat ek hom nie tevrede gestel het

12

nie, is ek op een of ander manier gestraf. Maar God is nie so nie. Die waarheid is dat ons berou kan hê oor ons sonde en dan, pleks van woede en straf, die vreugde van God se teenwoordigheid en seën kan verwag. God soek nie ’n verskoning om ons te straf nie; Hy wag gretig om goed te wees vir ons. Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm - Jesaja 30:18 Hierdie vers sê duidelik dat God goed wil wees vir ons. Hy soek na iemand wat wag vir Hom om goed te wees vir hulle. Wat verwag jy in jou lewe? Fokus jy op jou foute en verwag dat God jou daarvoor sal straf ? Of het jy berou daaroor en verwag jy dat God jou sal vergewe en jou sy guns, seën en goedheid sal toon. Ek glo ons moet soek na die goedheid

van God in ons lewe en iets groots daarvan maak. Dit is hartseer dat ons altyd iets groots maak van ons probleme en uitdagings, en skaars God se goedheid raaksien. Dit waarop ons fokus, kom op die voorgrond in ons lewe; daarom moet ons ons fokus rig op die dinge wat vir ons vreugde bring, nie die dinge wat ons vreugde steel nie. As ons nie die goeie dinge oplet wat God in ons lewe doen nie, loop ons die gevaar om te begin dink dat ons dit op een of ander manier misloop en dat God ons dalk nie so liefhet soos die mense met wie dit goed gaan in die lewe nie. Dink net daaraan, ons kan uiters geseënd wees en nie eens bewus wees daarvan nie omdat ons fokus op die negatiewe ding wat ons ervaar pleks van die goeies. Soms wanneer ek in die druk verkeer


huis toe ry, dink ek: Hoeveel ongelukke kon ek nie vandag al gehad het as God my nie beskerm het nie? Wanneer ek ongelukkig is omdat ek een kilogram swaarder weeg as my teikengewig, dink ek weer aan die vrou wat ek ontmoet het wat ’n metabolismesiekte het en amper 70 kilogram oorgewig is. Ek het baie jare ongelukkig deurgebring, totdat ek uiteindelik besluit het om doelbewus gelukkig te wees. Een van die maniere hoe ek dit regkry, is om my seëninge te tel. Ek hemel hulle op, maak iets groots van hulle, vier hulle en is dankbaar vir elkeen van hulle. Sommige van julle dink dalk nou: Joyce, ek sien regtig nie baie seëning in my lewe nie, en dit voel ook nie vir my asof God goed is vir my nie. Ek het al baie verliese en moeilikheid in die lewe gehad. As jy so klink, wil ek jou ernstig aanmoedig om jou fokus oor in te

stel en ernstig te begin nadink oor al die maniere waarop God jou help, beskerm en vir jou voorsien. Haal jy vandag asem? Dan ontvang jy God se genade. Het jy ’n huis, ’n werk, gesin en vriende? As die antwoord ja is, ervaar jy die goedheid van God. Het jy kos om te eet, skoon water om te drink, klere om aan te trek en kan jy loop, praat, hoor en sien? As dit so is, moet jy jou verheug omdat God goed is vir jou. Dalk het jy nie al hierdie dinge nie, maar jy het sommige daarvan en jy kan jou verheug in dit wat jy het. Ek kan jou verseker dat ongeag hoe moeilik jou omstandighede nou is, tallose mense hulle in baie slegter omstandighede as jy bevind. Ek het onlangs ’n vrou ontmoet wat my vertel het dat sy ’n enorme verlies ervaar het in haar lewe en as gevolg

daarvan voel dat sy God nie meer kan vertrou nie. Dit is die geval met baie mense. Hulle is kwaad vir God omdat dinge in hul lewe nie uitgewerk het soos hulle gedink het dit moet nie. Dit maak my altyd hartseer om mense met hierdie geestelike ingesteldheid te sien, want God is hul vriend, nie die oorsaak van hul probleme nie. Hulle blameer God vir hul probleme, terwyl hulle Hom eintlik moet vertrou om hulle te help om daardeur te kom. Net soos wat ek mense ken wat God blameer vir hul probleme, ken ek ook mense wat ’n groot tragedie beleef het en wie se getuienis steeds is: ‘God is goed!’ Ons kan nie God se goedheid meet aan die hoeveelheid verlies en pyn wat ons in die lewe ervaar nie. Swaarkry kom as gevolg van baie uiteenlopende redes, maar God

13


is nie die oorsaak van ons teleurstellings en sorge nie. Sommige mense glo selfs verkeerdelik dat wanneer hulle swaarkry in die lewe, God hulle vir hul sonde straf, maar hulle is verkeerd. Ons swaarkry kom nie van God af nie. Ons het egter ’n vyand en hy val ons genadeloos aan. Sy doel is om dood te maak, te steel en te vernietig, maar Jesus het gekom sodat ons lewe kan hê – lewe in oorvloed. Ek kan nie verduidelik waarom sekere mense meer swaarkry in die lewe moet verduur as ander nie, maar ek weet dat God nooit sal toelaat dat dinge ons oorval wat ons nie kan hanteer nie en altyd die uitkoms sal gee as ons Hom vertrou. Sy verlossing kom dalk nie in die tydsduur waarbinne ons dit wil hê nie, maar dit sal op die regte tyd kom. As ons nie verlos word van die swaarkry nie, sal God ons die genade gee om dit met ’n goeie ingesteldheid te verduur. Ons doelwit moet wees om standvastig en sterk te bly in ons geloof en nooit te dink dat God ons nie meer liefhet omdat ons probleme ondervind nie. Hoe kan sommige mense so ’n goeie ingesteldheid hê in tye van verlies en pyn, terwyl ander God dadelik blameer en selfs voel dat hulle iets verkeerds gedoen het in hul lewe en nou daarvoor gestraf word? Dit het baie te doen met hoe goed ons werklik ons God ken, en ons gewilligheid om Hom te vertrou selfs wanneer dit geen sin maak vir ons natuurlike denke nie. Soms kan ons die redes sien hoekom dinge gebeur, maar gewoonlik het dit niks met ons te doen nie. Ons moet in elk geval nie ’n rede vir alles wil hê nie. Vertroue hoef nie te weet waarom nie. Jy dink dalk dit is nie goed genoeg vir jou nie, en dat jy moet weet hoekom slegte dinge met goeie mense gebeur terwyl dit lyk asof slegte mense geseën word. Ek dink nie ek het ’n alomvattende antwoord nie, maar ek weet ’n paar dinge wat ek jou sal vertel. Eerstens is die duiwel die oorsaak van alle

14

bose dinge, en hy loop steeds op die aarde rond en deel sy ellende uit. Daar is tye wat ons geloof getoets word dat ons soos slagskape voel, maar ons het die belofte dat ons selfs dan meer as oorwinnaars is deur Christus wat ons liefhet.

Hoe kan sommige mense so ’n goeie ingesteldheid hê in tye van verlies en pyn, terwyl ander God dadelik blameer en selfs voel dat hulle iets verkeerds gedoen het in hul lewe en nou daarvoor gestraf word? Jy het een van twee keuses. Een is om aan te gaan en God te blameer vir jou swaarkry, of jy kan kies om God te vertrou te midde van die verlies wat jy ervaar het. Ek weet dat God jou wil help, maar jy moet die deur oopmaak deur te glo dat Hy goed is en Hom vra om te doen wat vir jou die beste is. Een ding wat God wel van ons verwag, is dat ons in Hom en sy beloftes sal glo. Hy doen al die werk om vir ons te voorsien, maar ons kan niks ontvang nie tensy ons glo. Om te glo is verniet; dit kos ons niks nie. Waarom doen ons dit dan nie? Dit is ’n besluit wat ons kan neem, ’n besluit wat die deure van moontlikheid oopmaak. Om te glo vervul ons met vreugde en vrede, maar enigiets anders put ons uit – verstandelik, emosioneel,

geestelik en selfs fisiek. Ons moet hoop hê om ’n gelukkige lewe te kan lei, en ons enigste ware hoop vind ons in God. Ons oorwin vrees met geloof! Dit maak nie saak watter soort vrees dit is nie, selfs die vrees vir God se woede en oordeel kan verslaan word deur eenvoudige geloof en deur te glo soos ’n kind. God is gefokus op jou en sy liefde vir jou, nie op wat jy verkeerd doen in jou lewe nie. Fokus nou jou gedagtes op God se liefde en genade pleks van te fokus op wat jy verkeerd gedoen het en die straf wat jy bang is jy sal kry. Fokus op die feit dat Hy te alle tye goed is, en hou aan glo in sy beloftes ongeag hoe jou omstandighede lyk. Dinge is altyd aan die verander, maar God verander nooit nie. Hy het ons vir ewig lief en Hy sal ons nooit verlaat of in die steek laat nie! Manna

Hierdie is ’n verwerking uit Waag dit al is jy bang deur Joyce Meyer. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.