Manna volume 19

Page 1

Die begeerte om mooi te wees Gebed vir beskerming Wat om te sĂŞ as die lewe moeilik raak Geplant nie begrawe nie Ontwikkelingstadiums van jou kind se geloof Vroue van die Bybel: Abigajil

R39.50

Volume 19


Hy wat by

die Allerhoogste

skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting,

my God op wie ek vertrou.”



Gary & Rhona Kieswetter

A

Reageer

lle mense, Christen of nie, word ge­ reeld met situasies wat uitdagend is, gekonfronteer. Of dit nou siekte, verlies, finansiële- of verhoudingsprobleme is, jou aandag word dan dringend vereis. Soms kom hierdie situasies so vinnig en is so oorweldigend dat dit voel asof dit jou hele lewe wil oorneem. ’n Mens se eerste reaksie is dikwels angstigheid. Vrees kom staan eerste in die ry vir aandag. Ons as kinders van die Here kan egter nie bly by ’n natuurlike reaksie nie. Ons is in die wêreld, maar nie van die wêreld nie en kan daarom nie soos die wêreld reageer nie. Ons dien ’n bonatuurlike God wat bonatuurlike dinge doen so ons het nodig om anders te kyk na hierdie tipe situasies. Die God wat ons dien is ’n lewende, verhoudingsgod en wil betrokke wees op elke vlak van ons lewens. Trouens het ons mos ons lewens vir Hom gegee, maar so dikwels lewe ons asof ons nog self alleen verantwoordelik is vir alles. Wat ons dikwels doen is om dadelik die situasie te trompopstormloop en vreesbevange te begin veg. So ’n tegniek kan maklik daartoe lei dat dit voel asof alles inmekaar stort en ’n mens beheer verloor. Dit neem egter inoefening om te leer om eerste na God toe te gaan met alles. Om daardie “pause” knoppie te druk en eers ’n oomblik te neem en in Sy teenwoordigheid rustig te raak. Hier kan ons Hom dan vra hoe Hy die situasie sien, wat Sy plan is hiermee en hoe ons by die plan kan inval. Dan moet ons kies waarop ons gaan fokus. Gaan ons fokus op die chaos en die negatiewe feite of gaan ons fokus op God se

anders

karakter, sy vermoë en sy liefde vir ons. Daardie stilword en wéét dat Hy God is en verhewe is – óók in ons situasie. Die atmosfeer waarin God beweeg, is vrede en vreugde en wanneer ons stilword en onsself daarin vestig voordat ons begin aksie neem, tree ons ook op vanuit ’n plek van rus en volle vertroue op God se vermoë. Wanneer ons leer om te rus in Hom, word dit baie makliker om sy stem te hoor; sy strategie om die situasie te hanteer, word sigbaar. Ons plek in Christus is om saam met Hom in hemelse plekke te sit. Vanuit hierdie perspektief sien ons wat Hy sien en kan ons begin dink soos Hy dink. Ons het tog die sin van Christus! Skielik lyk dinge sommer heeltemal anders. Ons is dikwels soos ’n verkleurmannetjie. Wanneer hy op ’n bruin tak sit, verander sy kleur na bruin maar wanneer hy op ’n groen blaar sit, word hy groen. Wanneer ons op vrees gaan “sit” is dit onvermydelik dat ons daardie vrees gaan optel en dit ons gaan deurspoel. Dan sal alles wat ons dink, sê en doen beïnvloed word. Wanneer ons egter reg kies en gaan “sit” op God se vrede, gaan daardie vrede ons hele wese vul en kan ons vanuit daardie plek reageer. Hoe doen ons dit prakties? Wel, word stil voor God. Fokus eerstens op wie Hy is, sy almag, sy wysheid, sy karakter. God is goed en alles wat Hy doen is goed so sy planne vir jou is altyd goed. Vra die Heilige Gees om die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan deur jou te laat spoel. Vrede is sy geskenk aan ons, ons moet dit neem en benut. Wanneer Hy dan met jou praat, deur ’n gedagte of dalk ’n skrif, gaan “sit” daarop, bedink dit en werk saam met God deur die krisis vanuit ’n plek van rus in Hom.


GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL

Volume

19

Ritmes van die lewe

06

Die begeerte om mooi te wees

Dit is ’n kuns om só te leef dat die lewe, met al sy teleurstellings, jou nie bitter maak nie.

Gebed vir beskerming

16

Geplant, nie begrawe nie

Ten spyte van wat jy nou deurmaak, kan jy sê die Here is jou toevlug en vesting – jou beskerming teen klein en groot aanvalle.

Wat om te sê as die lewe moeilik raak

26

Wat jy sê te midde van teenspoed, sal ’n groot verskil maak aan hoe lank jy in daardie omstandighede bly. MANNA Inskrywings: www.mannatydskrif.co.za

10

Die wêreld wil die skoonheid van ’n vrou ervaar. Ons weet dit. Ons grootste skaamte spruit uit die besef en gevoel dat ons daarin misluk het.

20

Partykeer wanneer jy in ’n donker plek is, dink jy dat jy begrawe is, maar jy is in der waarheid geplant.

Vroue van die Bybel: Abigajil

30

Die ontwikkelingstadiums van jou kind se geloof

36

Die vrou wat koning Dawid van sy eie swakheid gered het.

Hoe om geestelike waarhede vir jong kinders te verduidelik wat nog nie abstrak kan dink nie.

Redakteurs: Gary en Rhona Kieswetter Uitgewer: Ingrid Stegmann / ingrid@dor22.co.za

Grafiese ontwerp & uitleg: Adri de Bruyne Ontwerpelemente: Freepik.com Fotos: Shutterstock


Geloofsmuur Moenie God aan jou probleme herinner nie herinner Hom aan Sy beloftes.

Vader, help my vandag om iets goeds te sien in elke mens en situasie waarmee ek te doen kry. Laat ek ’n halfvol glas sien en nie die halfleë glas nie. Ek kies om ’n optimistiese ingesteldheid teenoor die lewe te hê.

Skuldgevoelens en vrees is nie van God af nie en dit vervreem jou van Sy aangesig.

Vader, help my om die regte ding te doen, of iemand vir my kyk of nie. Ek weet U sien wat ek doen, en daarby ken U die motiewe in my hart. Ek wil hê my woorde en dade moet U hart bly maak!


O�vou deur genade

Da le ne R e yb ur n

Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my redder en my God! – Psalm 42:6

D

Jy sal nooit weer dieselfde wees nie

ie donkerste tyd wat jy nog ooit deurgemaak het, het jou verander, nie waar nie? Dis asof jou hart oopgeskeur en blootgelê is. Dit was seer, maar dit het areas oopgepluk wat nog altyd toe was. Soos groot kamers vol medelye wat nog altyd dormant gelê het. ’n Nuwe soort liefde het uit hierdie skeur begin vloei. Mense kon baie makliker toegang kry tot in jou hart. Daar was ’n skeur wat maklike toegang verleen het en geen effektiewe sisteem vir toustaan nie. Dit het jou hart party dae oorvol gemaak, baie swaarder en moeiliker om te dra, maar dit klop nou op ’n dapper, baie lewendige manier. Miskien het dit jou onkant gevang om te besef dat dit eintlik nie meer net jy was nie. Daar was meer van Jesus binne-in jou. Lyding kan jou egter net so maklik in sinisme laat verval, jou oortuig om “geen toegang”-borde op te rig en sperlinte om jou stukkende hart te span. Sommige mense raak meer gemeen, hardvogtig en iesegrimmig as gevolg van lyding. Hulle kan regtig ondraaglik wees. Nie alle mense word outomaties deur lyding in engele omskep nie. Maar in die lewe wat blymoedig aan Christus oorgegee word, bring dit uitsonderlike, pragtige verandering mee. Het jou lyding jou empatie met ander laat toeneem?

Here, neem my stukkende hart. Maak dit pragtig sodat mense U sal sien en ken. Amen. Hierdie is ’n uittreksel uit Omvou deur Genade deur Dalene Reyburn.


Padkaart -

�piritualiteit R o n e l l B e zu i den h o u t

Ritmes vir die lewe

Dit is ’n kuns om só te leef dat die lewe, met al sy teleurstellings, jou nie bitter maak nie. Vir elke saak onder die hemel is daar ’n tyd: ’n tyd om te ween en ’n tyd om te lag, ’n tyd om te weeklaag en ’n tyd om van vreugde rond te spring, ’n tyd om te omhels en ’n tyd om weg te bly van omhelsing af, ’n tyd om te soek en ’n tyd om verlore te laat gaan, ’n tyd om te bewaar en ’n tyd om weg te gooi, ’n tyd om te skeur en ’n tyd om aanmekaar te werk. Die vasklou aan ou dinge kan so maklik tot bitterheid lei. Teleurstellings van gisters moet verwerk en laat staan word. Daar is sekere dinge wat met jou gebeur wat tot gevolg het dat jy net nooit weer dieselfde sal wees nie. Die pyn wat daarmee gepaardgaan, sal altyd ’n werklikheid bly. Of dit nou ’n persoonlike verlies is, of dalk die saamleef met ’n gestremdheid, of die gevolge van ’n verkeerde keuse. Ook al is jy bloot die slagoffer van ander se verkeerde keuses. Alle dinge in die lewe het nie altyd ’n gelukkige einde nie. Dit is ’n kuns om só te leef dat die lewe, met al sy teleurstellings, jou nie bitter maak nie. Die geheim van hierdie kuns is dat jy jou behoefte dat dinge anders moes wees, moet laat los. Ek het aan eie lyf gevoel wat dit beteken om ’n nuwe toekoms te moet skep omdat ’n tragedie die oorspronklike planne ontwrig het. Is dit nie maar waaroor ons treurprosesse eintlik gaan nie? Dit wat ons ons oorspronklik voorgestel het, en toe verwag het dat dit só moet uitwerk, het anders verloop. ’n Egpaar wat hoor dat hulle kinderloos gaan bly. ’n Eens aktiewe mens wat nou van ander afhanklik gaan wees. Dit is maar die lewe wat “gebeur”, en soms is dit anders as wat jy verwag het. Ag, en dit voel so onregverdig! Die werklikheid is dat daar nooit ’n waarborg saam met ons planne kom nie. “And they lived happily ever after” is nie ’n belofte nie; dit is hoe ’n sprokie eindig. Daar is geen waarborg dat jou kind nie vóór jou sal sterf nie, of dat jy dalk jou kinders alleen sal moet grootmaak nie. Die lewe sluit volop pyn-ritmes in. En die voorbeelde is legio: Hoe gaan ’n mens met die lewe voort terwyl jy weet dat iemand jou benadeel het én skotvry daarvan sal afkom? Hoe gaan ’n mens met jou lewe voort as jy jouself nie kan vergewe oor ’n geweldige fout wat jy begaan het nie? Daardie “as ek maar net …” wat jou snags laat rondrol? Ja, die draai wás skerp. Ja, jy moes toegesien het dat jou kleuter se veiligheidsgordel vas is. En, ja, hoe leef jy verder met jouself saam? Sulke pyn is nie in almal se lewe ewe traumaties nie, maar ek twyfel nie ’n oomblik daaraan dat elkeen van ons dinge het wat ons moet laat los nie. Laat vaar nie. Sommige is gelukkig om deur mense omring te wees wat hulle kan help om weer nuwe perspektiewe te ontwikkel. Maar wat gebeur as jy aan die verontregting of die skuldgevoelens vasklou? Wat gebeur as die bitterheid jou dag ná dag verteer, juis omdat jy nie daarvan kan afskeid neem nie?

06


Ek wil sê: Ons is vir die meeste van ons pyn sélf verantwoordelik. Hoe nou? kan jy vra. Nee, ek weet jy het nie die ongeluk of die ramp of die teleurstelling gekies nie. Jy was dalk die onskuldige slagoffer van iemand anders se nalatigheid. Dit is waar. Feit is … dit is hoe dit is. Dit is nie anders nie. Nou het ek en jy die keuse om te besluit watter mag dit in ons lewe gaan uitoefen. Want as ek nie kies om aan te beweeg nie, gaan ek vir my eie pyn verantwoordelik wees. En ek weet dat as ek dit nie doen nie, verwyte my voorland is. Bitterheid. Dan loop my pad reguit ashoop toe. Die lewe bied aan almal die ritme van verandering. Sê die Bybelse Prediker dit dan nie: “Daar is ’n tyd …” (Pred 3:1-8)? Die lewe is allesinsluitend. Daar kom ’n tyd dat jy ’n voorsmaak daarvan kry. Van alles … Daar kom ook ’n tyd dat ek my vasklou aan hoe dit moes wees, moet laat vaar. § Waaraan klou jy vas? En het die tyd nie dalk aangebreek dat jy dit moet loslaat nie? § Hoe begin jy die pad van vergifnis loop nadat jy solank reeds met skuldgevoelens leef ? § In watter fase van jou lewe is jy nou, as jy dink aan die Prediker se “daar is ’n tyd …”?

Gebed: Here, die tyd het gekom dat ek anders oor die bitter dinge moet begin dink. Help my daarmee! Geloofsgewoonte: Verstel jou fokus In die vroegste eeue was die vraag wat nuwe bekeerlinge moes beantwoord nie soseer op “wat glo jy?” afgestem nie. Wat die gemeente van die nuwelinge wou hoor, was: “Hoe het jou lewe verander?” Hier is ’n voorbeeld van hoe dinge in die derde eeu se Christelike gemeentes verloop het: Tydens Pase is daar geleentheid vir al die nuwe bekeerlinge – volwassenes en hul gesinne – om gedoop te word. Die doop is voorafgegaan deur ’n lang, selfs drie jaar lange, voorbereiding, onder leiding van ’n begeleier-gelowige. Wanneer die doopdag dan aanbreek, het laasgenoemde mentors saam met die dopelinge by die priester gaan staan. Die mentors is dan gevra: “Het hierdie mense ’n voorbeeldige lewe gelei terwyl jy hulle gekatkiseer het? Het hulle die weduwees versorg? Het hulle die siekes besoek? Het hulle uitgeblink in barmhartigheid?” Baie lank het ons – dit is nou óns tyd se mense – gedink Christenskap gaan daaroor dat ons reg moet glo. Maar Christenskap gaan oor reg leef. Dit behels ’n veranderde lewe, nie ’n spesifieke geloofstruktuur nie. Dink ’n bietjie hiéroor na: Jy groei al hoe meer na die regte antwoorde toe namate jou lewe al hoe meer verander word. Jy word ’n Jesus-dissipel as jy jou kruis optel en Hom volg. Dit is op hierdie pad wat jy algaande sal leer wat dit alles beteken. Geloofsgewoontes het nie ten doel om jou ’n beter Christen te maak nie. Dit wil jou ’n mensliker mens maak. Jou ’n ruimer hart gee. Geloofsgewoontes se bedoeling is om jou lewe te verander sodat jy ander se lewe kan help verander. § Lyk jou lewe anders as ’n jaar gelede? § Hoe sou jy wees as jy ’n “mensliker mens” sou wees? § Is daar ’n risiko dat jy in geloofskennis kan toeneem, maar nie in liefde en deernis nie?

Kry Ronell Bezuidenhout se nuutste boek: 40 dae tot hoop - ’n Reis deur Lydenstyd

07


Moenie God aan jou probleme herinner nie herinner Hom aan Sy beloftes.


Sluit aan �y

MANNA Manna is ’n twee-maandelikse publikasie wat tjok en blok vol Woordgebaseerde artikels is. Hierdie is nie net ’n sommer-so geestelike tydskrif nie, maar een wat jou gees sal voed, jou lewe sal verryk en jou verhouding met God sal verdiep.

Sluit aan �y Manna teen R39.50 elke 2de maand!

Is jy opsoek na ’n geestelike tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie?

Maar

Die begeerte om mooi te wees

’n Tydskrif waar elke artikel vir jou geestelike waarheid bring?

Gebed vir beskerming Wat om te sê as die lewe moeilik raak

’n Tydskrif wat jou leer oor die krag van God se Woord in jou lewe?

Geplant nie begrawe nie

’n Tydskrif waar jy meer lees van God as oor mense?

Ontwikkelingstadiums van jou kind se geloof Vroue van die Bybel: Abigajil

Sluit aan �y ons op een �an die �aniere: Gaan na www.mannatydskrif.co.za en kliek op ‘sluit aan’. SMS “Manna” na 33282

R39.50

Volume 19


10


Die

�egeerte om �ooi te wees Sta si Eld re d ge

Die wêreld wil die skoonheid van ’n vrou ervaar. Ons weet dit. Iewers diep binne-in weet ons dit is waar. Ons grootste skaamte spruit uit die besef en gevoel dat ons daarin misluk het. Maar luister: Skoonheid is deel van elke vrou.

D

ie essensie van ’n man is krag. ’n Man is bedoel om die verpersoonliking – ons ervaring in menslike vorm – van God die Krygsman te wees. ’n God wat daar is vir ons. Wie is dit wat daar aankom uit Edom, wat daar uit Bosra kom met bloedrooi klere aan? Wie is so indrukwekkend met met daardie rooi klere aan, so vol krag? Dit is Ek, die Here, Ek wat oorwinning aankondig, wat magtig is om te red. – Jesaja 63:1 Is dit nie wat ons harte vinniger laat klop en ons knieë lam maak wanneer ons vir Daniel Day Lewis in The Last of the Mohicans of William

Skoonheid is die belangrikste vroulike eienskap en ja, die eienskap wat die meeste verkeerd verstaan word

Wallace in Braveheart, Aragorn in Lord of the Rings of Harrison Ford in amper enige van sy flieks sien nie? Is dit nie wat ons vroue graag van ons mans en van die mans in ons lewe wil ervaar nie? Om ’n man se krag te ervaar, moet jy hom toelaat om vir jou op te kom; om vir jou in te tree; om vir jou te praat. Want wanneer mans woorde gebruik om te verwond, maak dit diep seer. Hulle krag verwond ons. Wanneer hulle stil is, raak ons honger. Dan bied hulle geen krag nie; hulle het ons verlaat. Maar wanneer hulle met ons praat, ons hoor, hul woorde vir ons en om ons onthalwe aanbied, is daar iets in ons hart wat tot rus kom. “Hoe gaan dit met jou?” is een van die eenvoudigste en liefdevolste vrae wat my man my ooit kan vra. Ons smag na die beskerming wat manlike krag bied. Ja, beskerming teen fisieke gevaar. Maar ook beskerming teen emosionele seerkry en geestelike aanvalle; om vir ons tussenbeide te 11


tree in ’n skadelike verhouding. ’n Vriendin van ons se ma het haar voortdurend oor die foon uitgeskel en gemanipuleer. Uiteindelik het haar man een aand die telefoon geantwoord en met haar ma gepraat. “Jy praat nie so met my vrou nie. Ek sal dit nie toelaat nie. Jy bel nie weer voordat jy bereid is om vriendelik te wees nie.” Hy het vir sy vrou gedoen wat sy in daardie stadium nie vir haarself kon doen nie. En sy was so dankbaar. Die wêreld verlang daarna om ’n man se krag te ervaar. Is dit duidelik dat ons nie hier van groot spiere praat nie? Natuurlik. ’n Man mag miskien daarvan hou om by ’n gimnasium te oefen, maar as hy net fisiek sterk is, is hy ’n leë man. Is ons as vroue tevrede met so ’n soort man? Aan die ander kant mag ’n man miskien daarvan hou om te lees of klavier te speel. Verminder dit enigsins die krag van sy siel? Glad nie. ’n Man se krag lê eerstens in sielesterkte – ’n sterkte van die hart. En ja, soos wat hy dit uitleef, dit sy eie maak, sy sterkte bewoon, word hy aantrekliker – as gevolg van ’n innerlike realiteit. Wanneer ons dan praat van die essensie van ’n vrou – haar skoonheid – bedoel ons nie die volmaakte figuur nie. ’n Vrou se skoonheid is ’n sieleskoonheid. Ons weet – dit is ’n moeiliker sprong. Ons leef so lank reeds onder die druk om mooi te wees. Maar dink vir ’n oomblik daaraan, want dit sal werklik help. ’n Vrou se skoonheid is eerstens ’n sieleskoonheid. En ja, soos wat ons dit uitleef, dit ons eie maak, ons skoonheid bewoon, word ons inderdaad mooier, meer bekoorlik. Soos die digter Gerard Manley Hopkins geskryf het: ‘Self straal uit liggaam en aangesig.’ Ons ware self word deur ons voorkoms weerspieël. Maar dit vloei van binne na buite.

Die essensie van ’n vrou Die wêreld wil die skoonheid van ’n vrou ervaar. Ons weet dit. Iewers diep binnein weet ons dit is waar. Ons grootste 12

skaamte spruit uit die besef en gevoel dat ons daarin misluk het. Maar luister: Skoonheid is deel van elke vrou. Dit is deur God aan haar gegee. Dit is ook aan jou gegee. Jy sal tog sekerlik saamstem dat God niks anders as lieflik is nie. Oral om ons roep God se skepping sy skoonheid en sy goedheid uit. Die ragfyn buitelyn van ’n kaal boom wat met ys behang is, sonstrale wat deur ’n kolkende wolk skyn, die klank van ’n stroompie wat oor gladde klippe kabbel, die vorm van ’n vrou se liggaam, die afwagting op ’n kind se gesig wanneer hy die roomyskarretjie sien. Al hierdie dinge spreek van God se goeie hart, as ons maar net die oë het om dit raak te sien. Die koms van die lente na ’n koue winter is amper te wonderlik om te verduur. God se skoonheid word letterlik oor die hele wêreld uitgestort. Skoonheid kan die kragtigste ding op aarde wees. Skoonheid praat. Skoonheid nooi uit. Skoonheid voed. Skoonheid vertroos. Skoonheid inspireer. Skoonheid oortref. Skoonheid trek ons na God toe. Soos Simone Weil geskryf het: “Die skoonheid van die wêreld is amper die enigste manier waarop ons God kan toelaat om tot ons deur te dring … Skoonheid betower die sintuie en kry sodoende toestemming om tot die siel deur te dring … Die siel se aangetrokkenheid tot skoonheid is die strik wat God die meeste gebruik om dit te wen.” God het vir Eva – vir elke vrou – hierdie skoonheid gegee. Skoonheid is die wese van ’n vrou – en een van die wonderlikste maniere waarop ons die beeld van God in ’n gebroke en dikwels lelike wêreld weerspieël. Dit is ingewikkeld om te verduidelik, en dit behoort ons nie te verras nie. Vroue is misterieuse skepsels; nie ’n probleem om op te los nie, maar ’n geheimenis om geniet te word. Dit is deel van haar heerlikheid. Vroue wil hul wêreld ten goede beïnvloed. As heerser saam met Adam is ons geskep om dit te doen, en een van die beste maniere om ons wêreld te beïnvloed

is om dit ’n mooier plek te maak om in te leef. Ons versier ons huis. Ons sit blomme op die tafel. Selfs wanneer my gesin uitkamp, neem ek ’n mooi tafeldoek saam. Ons dra parfuum, verf ons toonnaels, kleur ons hare en maak gaatjies in ons ore, alles in ’n poging om mooier te lyk. Skoonheid is die belangrikste vroulike eienskap en ja, die eienskap wat die meeste verkeerd verstaan word. Ons wil hê jy moet duidelik hoor dat dit iets is wat elke vrou besit, van die oomblik af wat sy geskep is. Al wat in die pad van ons skoonheid staan, is ons vertwyfeling en vrees, en die wegkruipery en wedywering waarvan ons gevolglik die prooi word.

Om skoonheid te bied “Skoonheid oorweldig ons, bekoor ons, fassineer ons en roep ons.” – Andrew Greeley As ’n vrou haar skoonheid na vore laat kom, beteken dit dat sy haar hart aanbied. Nie haar werke of haar dienstigheid (dink aan Marta in die kombuis) nie. Sy bied haar teenwoordigheid. Met familiesaamtrekke het my ma in die kombuis weggekruip. Sy het gekook en gebak, voorberei, bedien en skoongemaak en ons kon haar om die dood nie daar uitkry nie. Ons wou hê sy moes haar lewe met ons deel, haar gedagtes, haar idees, nie net haar werk nie. Sy wou nie kom nie. En gevolglik is ons ontneem van die skat wat sy gehad het om aan ons te bied. Die gawe van teenwoordigheid is ’n rare, pragtige gawe. Om te kom – onbesker md, onverstoord – en ten volle teenwoordig te wees, ten volle betrokke by wie jy ook al op daardie oomblik is. Het jy opgelet in die Evangelie dat mense daarvan gehou het om by Jesus te wees? Hulle wou naby Hom wees – ’n maaltyd deel, saam stap, ’n lang gesprek voer. Dit was die gawe van sy teenwoordigheid. Wanneer jy saam met Hom was, het jy gevoel Hy bied jou sy hart. Wanneer ons ons onvoorwaardelike teenwoordigheid bied,


leef ons soos Jesus. En ons nooi ander om dieselfde te doen. Wanneer ons ook al saam met ons vriendin Jan is, is daar altyd ’n aanbod of ’n uitnodiging. Sy wil regtig weet hoe dit met ons gaan, watter stryd ons besig is om te stry, wat God in ons lewe doen. En sy gee haar ware self. Soms is dit haar glimlag en ’n droë grappie. Soms is dit haar trane oor ’n ou verdriet. Sy gee haarself, haar skoonheid aan ons. Sy nooi ons om bo die wedywerende wêreld uit te styg. Sy gee ons iets van God. Skoonheid is nie veeleisend nie. Dit spreek eerder van begeerte. Toe ons kinders jonk was, het John baie gereis vir sy werk. En wanneer hy nie moes reis nie, het hy aan sy meestersgraad in berading gewerk. Dit het nie veel tyd vir sy gesin gelaat nie. Gevolglik moes ek die rekeninge betaal, die huishouding hanteer, ma en pa wees vir die seuns. Twee van hulle het in die junior bofbalspan gespeel; die jongste een was nog in die doeke. Ek was besig. Ek was moeg. Ek kon dit net nie doen nie. Ek kan onthou hoe bang ek was toe ek vir John gevra het om te kom sit sodat ons kan praat. Ek het vir hom gesê ek kan nie die gesin-ding sonder hom doen nie. Ek het vir hom gesê ek het hom nodig. Ek het sy hulp gevra. Ek het nie geëis dat hy sy kant moes bring nie. Ek het nie gekerm nie. Ek het my behoefte uitgespreek en sy krag, sy teenwoordigheid gevra. Tot my verbasing het John vir my gesê dat ek in my weerloosheid vir hom op my vroulikste en mooiste was. Om jou hart te gee is om jou begeerte bekend te maak, eerder as om op iets aan te dring. Skoonheid bied begeerte. Ons vriendin Tammy was in ’n moeilike huwelik. Haar man het gedurig op haar geskel. Eerder as om hard en sinies te word, het sy sag gebly. Eerder as om in te gee, het sy vasgeklou aan haar begeerte na iets meer saam met hom. In plaas daarvan om eise te stel, het sy net haar begeerte uitgespreek: “Wil jy nie méér vir ons hê nie?” Dit was mooi. Al het hy gekies om

nie te reageer nie, het sy haar vroulike skoonheid behou en soveel daarvan gegee as wat sy kon.

Natuurlik is dit intimiderend Die skrikwekkendste ding vir ’n man is om sy krag aan te bied in situasies waar hy nie weet of dit ’n verskil sal maak nie. Of erger nog, of hy sal misluk nie. Onthou, ’n man se diepste Vraag is: Het ek wat dit verg? Mislukking sê nee. En dit is waarom die meeste mans situasies vermy waar hulle sou kon misluk. Hulle is bang dit kom uit dat hulle nie waarlik man is nie. Omdat ons na die sondeval ver van Eden leef, en ’n man se lewe dus deur “dorings en dissels” versuur word, voel die meeste situasies soos ’n toets van sy krag. Daar is eenvoudig geen waarborg van sukses nie. Dit is waarom sommige mans nie aan sport deelneem nie. Hulle is bang vir die blootstelling, bang dat hulle swak sal lyk. Dit is waarom ander mans eerder saans laat sal werk as om huis toe te kom en met hul vrou en kinders te gesels. Hulle weet wat om by die werk te doen; hulle weet nie wat om in hul belangrikste verhoudings te doen nie. ’n Man se basiese sonde is sy keuse om sy krag net aan te bied op daardie terreine waar hy weet dit goed sal gaan. Om dit reg te stel beteken dus dat ’n man daardie situasies wat hy vrees, sal aanpak en in elk geval sy krag aanbied. As hy bang is vir intimiteit, beteken dit dat hy sy krag aanbied wanneer hy homself oopstel vir intimiteit. As hy bang is dat hy in sy loopbaan sal misluk, beteken dit dat hy sy krag aanbied wanneer hy ’n verhoging aanvaar, of ’n nuwe projek wat risiko’s behels, aanpak. As hy bang is om sy kinders teen ’n kwaai skoolhoof te beskerm, moet hy dit juis doen. As hy bang is om hom te verbind tot die vrou met wie hy reeds vir vyf jaar uitgaan, is sy aanbod van krag om vir haar ’n ring te koop. As hy bang is om seks met sy vrou te inisieer, beteken dit sy aanbod van krag is om seksuele intimiteit te inisieer. Net so is die moeilikste ding vir ’n vrou 13


om haar skoonheid te gee waar sy nie weet of dit enige verskil sal maak nie. Of nog erger, of sy verwerp sal word nie. Want ons Vraag is: Is ek mooi? En om verwerp te word is om ’n dawerende nee te hoor. ’n Vrou wil nie haar skoonheid gee tensy sy ’n waarborg het dat dit goed ontvang sal word nie. Maar die lewe bied nie sulke waarborge nie. Ons moet ook risiko’s neem. ’n Paar verse verder, nadat Petrus van ’n kalm hart gepraat het, gee hy die geheim vir die bevryding van ’n vrou se hart en skoonheid: [Moet] geen enkele verskrikking vrees nie. – 1 Petrus 3:6, 1953-vertaling Is dit nie waarom ons wegkruip nie, waarom ons wedywer, domineer en waarom ons alles doen behalwe om ons skoonheid aan te bied nie? Ons is bang. Ons het ons laat afskrik. Dink maar aan jou eie lewe – waarom jy die dinge doen wat jy doen. Het jy jouself al afgevra tot watter mate jy deur vrees gemotiveer word? Dit is waarom God vir ons sê: “As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê” (Jes 30:15). Bekeer en tot rus kom. Hy hou daarvan wanneer ons, vol vertwyfeling en vrees dat ons nie aan die standaard sal voldoen nie, ons oë in hoop op Hom rig. Hy hou daarvan om te bewys dat Hy getrou is en meer as genoeg is om ons siel se honger te stil. Hy laat ons siel rus. Hy verlos ons. Weer en weer. Ons kan nie wag totdat ons veilig voel en dan begin liefhê en uitnooi nie. As jy effe bang voel, is jy waarskynlik op die regte pad. Natuurlik is jy skrikkerig. Jy is weerloos. Jy is nakend. God roep ons om op te hou wegkruip, om op te hou domineer, om op Hom te vertrou en om ons ware self te gee. Hy wil hê ons moet alles wat Hy ons gegee het, alles wat Hy in ons bewerk het, aanwend en dit aan ons wêreld gee; om ander na Jesus uit te nooi deur sy heerlikheid in ons lewe te weerspieël. Hy gee ons geen waarborg dat ander ons sal geniet en positief sal reageer nie. Om die waarheid te sê, ons kan seker wees dat daar tye sal wees dat hulle dit nie 14

doen nie. Jesus het opgeoffer soos geen ander nie, en baie het Hom verwerp. In daardie oomblikke of seisoene wanneer dit met ons gebeur, is God se uitnodiging om ons verdriet na Hom te bring. Om nie op te gee met: Ek sal nooit weer probeer nie. Ons moet ons hart oop hou, en toevlug en genesing in sy liefde vind. Linda verduur voortdurend pyn. Haar liggaam is deurtrek van artritis, van haar bene tot in haar nek. Haar man het ’n paar jaar gelede van haar geskei, maar haar hart is vol van haar verhouding met die Minnaar van haar siel. Sy het gekies om voluit en vir die oomblik te leef. Sy bied haar skoonheid in haar beradingspraktyk; sy stap saam met haar kliënte deur hul gebrokenheid en dan na uiteindelike genesing. Sy bied haar skoonheid aan haar kinders. En aan haar vriende. Sy nooi ander na God se hart. Hierdie vroue herinner ons dat dit gedoen kan word – dat ons dit ook kan bekostig om, ten spyte van enorme risiko’s, ons hart vol skoonheid aan te bied. Hulle is toevallig twee van die mooiste vroue wat ons ken. En hul skoonheid het verdiep sedert hulle hierdie pad gekies het.

Wakker skoonheid aan Elke vrou besit ’n bekoorlike skoonheid. Maar vir die meeste van ons is dit lankal reeds begrawe, verwond en versteek. Dit neem tyd om heeltemal te voorskyn te kom. Dit moet as’t ware aangeleer word, herstel en vrygestel word. Hoe leer ons skoonheid aan? Hoe word ons mooier en mooier? Deur met sorg na ons hart om te sien, soos wat ’n meestertuinier na haar tuin omsien. Ja, die lewe is hard op ’n vrou se hart. Dit is hard op jou hart. Daar word ’n werklike aanslag op jou skoonheid gemaak. Maar Jesus wil hê ons moet na onsself omsien, versigtig wees met wat in ons hart omgaan (Spr 4:23). Die wêreld het jou skoonheid nodig. Dit is waarvoor jy hier is. Jou hart en jou skoonheid is iets wat bewaar en gekoester moet word, en dit neem tyd.


Elke tuinier weet dit. In hierdie tyd van kitskos en mikrogolfetes hou ons nie daarvan om te wag nie. Maar ’n nuut geplante roos lyk in die eerste jaar na niks vergeleke met die tweede jaar nie. As dit goed versorg word, kan die tweede jaar nie kers vashou by die derde jaar nie. Tuine moet gevestig word; die wortels moet diep deur die somerreën en winterryp dring. ’n Tuin se skoonheid verminder nie met tyd nie; dit neem eerder jare vir ’n tuin om alles te word wat dit kan wees. Ons hart het skoonheid nodig om aan die lewe te bly. Ons het tye van afsondering en stilte nodig. Ons het tye van verfrissing en vreugde en rus nodig. Ons moet na God se stem in ons hart luister, hoe Hy vir ons sê wat ons nodig het. Soms sal dit ’n borrelbad wees, soms ’n uitstappie, of ’n fliek of ’n middagslapie. Jesus roep ons dikwels om kosbare tyd alleen saam met Hom deur te bring. Ons groei in ons intimiteit met Jesus, terwyl ons oefen om na sy aanmanings, sy innerlike aansporing te luister en daaraan gehoor te gee. Die Heilige Gees is ons gids, ons raadgewer, ons vertrooster, ons vriend. Hy sal ons lei. Om in Christus te leef, beteken om na God se stem in ons te luister, om ons hart en ons verhouding met Hom te koester. Dit neem alles tyd. In teenstelling met wat die wêreld sê, verminder skoonheid nie met tyd nie. Skoonheid verdiep en vermeerder. Soos met June, wat op 75 lieflik is, vind ons dat ons roem in die toekoms groter is as in die verlede (Hag 2:9). Ware skoonheid spruit uit ’n diepte van die siel wat slegs bereik kan word deur baie jare in opregtheid te leef. June is 75 en bekoorlik. Ek sal haar nooit vergeet nie, want sy het my soveel hoop gegee. Ek het uiteindelik verstaan dat dit so lank neem om so mooi te word. Skoonheid soos hare is raar omdat dit ’n rare vrou is wat kies om haar hart in hierdie gevaarlike wêreld van ons lewend te hou. Sonder wedywering. Sy leef ten volle. Haar hart is teenwoordig. Oop. Bekoorlik. Sy het jare in God se teenwoordigheid geleef, met haar

hart op Hom gerig. Wanneer ons ons op Jesus toespits, sy goedheid en heerlikheid aanskou, word ons verander om soos Hy te wees, en Hy is die mooiste van almal. Ons het al almal gehoor dat ’n vrou op haar mooiste is wanneer sy verlief is. Dit is waar. Jy het dit al self gesien. Wanneer ’n vrou weet dat sy bemin word, gloei sy van binne. Dit gebeur wanneer die hart se diepste vrae beantwoord word. “Is ek mooi? Is ek werd om voor geveg te word? Word ek bemin en sal dit so aanhou?” Wanneer die antwoord ja is, kom daar ’n rustigheid oor ’n vrou se hart. Elke vrou kan ’n ja op hierdie vrae kry. Ja, jy word bemin en dit sal vir die res van jou lewe so wees. Ja, God dink jy is lieflik. Jesus het hemel en aarde verskuif om jou vir Homself te wen. Hy sal nie rus totdat jy geheel en al syne is nie. Jou skoonheid bekoor die Koning. Skoonheid is ’n eienskap van die siel wat in die sigbare wêreld uitgedruk word. Jy kan dit sien. Jy kan daaraan raak. Jy word aangetrek daardeur. Skoonheid verlig. Die essensie daarvan, sê Thomas Aquinas, is die ‘glans’ daarvan. Dit is aan die onsterflike verbonde. Skoonheid vloei uit die hart van ’n vrou wat met oorgawe leef. Ons het vroue geken wat ’n mens as ‘slonserig’ sou beskryf, vroue wat klaarblyklik nie omgee oor hul voorkoms nie. En ons het gesien hoedat hulle vroue met ’n besondere skoonheid word. Ons het dit sien groei soos wat die besef in hulle gegroei het dat hulle bemin word, soos wat hul hart op God se liefde begin reageer het. Ons word bemin. Ons is geliefd. Wanneer ons rus vind in daardie kennis, kan ons ons harte aan ander bied en hulle tot die lewe uitnooi.

sal Hom moet vertrou dat ons wel mooi is, dat wat Hy van ons gesê het, waar is. Ons sal op Hom moet vertrou wanneer ons ons skoonheid aanbied, want ons kan nie beheer hoe dit ontvang sal word nie. Ons sal op Hom moet vertrou wanneer dit seermaak, en ons sal op Hom moet vertrou wanneer ons uiteindelik raakgesien en geniet word. Dit is waarom ons skoonheid na vore kom in hoe ons in die geloof leef. Ons skoonheid wat na vore kom, is ons grootste uitdrukking van hoop. Ons hoop dat dit saak maak, dat ons skoonheid werklik ’n verskil maak. Ons hoop dat daar ’n groter en hoër skoonheid is, dat ons daardie skoonheid weerspieël en dat dit sal seëvier. Ons hoop dat alles deur Jesus se toedoen wel is en dat alles deur sy toedoen wel sal wees. Daarom laat ons ons skoonheid in hoop na vore kom. Uiteindelik onthul ons ons skoonheid in die hoop dat Jesus dit koester. Ja, ons is nog nie wat ons graag wil wees nie. Maar ons is op pad. Die genesing het begin. Om nou ons skoonheid aan te bied, is ’n uitdrukking van die hoop dat dit volvoer sal word. Om ons skoonheid bekend te maak, is ons grootste uitdrukking van liefde, want dit is wat die wêreld die nodigste het. Wanneer ons kies om nie weg te kruip nie, wanneer ons kies om ons hart te gee, kies ons om lief te hê. Jesus gee; Hy nooi; Hy is daar. Dit is hoe Hy liefhet. Dit is hoe ons liefhet – opreg, soos die Skrif sê ‘van harte en vurig’ (1 Pet 1:22). Ons fokus verskuif van selfbeskerming na ander se harte. Ons gee skoonheid sodat hul harte kan begin leef. Sodat hulle genees kan word en God kan ken. Dit is liefde. Manna

Geloof, hoop en liefde Die openbaring van ons skoonheid is eintlik net die openbaring van ons vroulike hart. Dis moeilik, daarvan kan jy seker wees. Dit is waarom dit ons grootste geloofstap is, omdat ons op Jesus sal moet vertrou – werklik op Hom vertrou. Ons

Hierdie is ’n verwerking uit Jy is bekoorlik deur Stasi Eldredge. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.

15


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.