Manna Volume 17

Page 1

Vang jou gedagtes vas Jy is sonder gelyke Glo dat God ’n plan met jou lewe het Jy kry net één lewe Talent is nie genoeg nie Doelbewuste ouerskap

R37.00

Volume 17


God die digter Daar is meer poÍsie in die sneeuvlokkie as in die letterkunde en baie meer poÍsie in die miskruier in die toktokkie in die meteorologie en entomologie in die moremis en in die bergpiek die horison wat in die hemel wegraak in die rooswolk is daar baie meer liriek die aarde is deur ’n digter gemaak TT Cloete



Gary & Rhona Kieswetter

God het reeds ’n

G

goeie lewe vir jou voorberei

od het nie alleen net redding beplan en voorsien deur Jesus vir sy kinders nie, maar ook ’n lewenswyse waarin ons daagliks sy krag kan beleef. Efesiërs 2:10 leer ons: “Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.” Die woord maaksel beteken “kunswerk”. Jy was in God se gedagtes nog voor Hy jou geskep het. Hy het jou gemaak soos ’n kunstenaar ’n pragtige skepping maak, iets wat uit die hart en wil van die Skepper ontstaan het. Hy wou jóú hê, jy was sy idee! Hy wou nie ’n wêreld hê sonder jou nie. Die skrif sê ook nie jy gaan sy kunswerk word nie, jy ís dit reeds. Jy is syne! Sy wil vir elkeen van ons is dat ons in sy Seun Jesus sal leef. Dit is deel van jou skeppingsdoel om in Christus te leef en te beweeg want slegs dan kan ons die volheid van dit waarvoor Hy ons geskep het begin ervaar en daarin lewe. As jy nog nie jou lewe oorgegee het aan Jesus nie, kan jy nie sy spesifieke skeppingsdoel vir jou lewe ontdek of ooit daarin lewe nie. Gee sommer nou dadelik jou lewe vir Hom! Dit is sy wil vir jou dat jy hierdie opwindende lewenswyse van lewe en lewe in oorvloed sal beleef (Joh 10.10) Ons Skepper wil nie hê sy geliefde kinders moet onder hulle volle potensiaal lewe nie en dit is hoekom Hy reeds hierdie dinge vir jou voorberei het. Dit is egter ons keuse of ons dit aangryp en ’n bonatuurlike lewe leef en of ons kies om nie te glo wat Hy vir ons berei het en

nie die effek daarvan te beleef nie. Selfs toe Hy nog besig was om jou te skep het Hy met jou in gedagte ook reeds die goeie werke vir jou lewe voorberei sodat jy dit sal aangryp en die res van jou lewe daarin wandel. Hierdie werke is jou daaglikse bestaan, die manier waarop jy jou lewe lei en alles waarmee jy jouself besig hou. Hierdie goeie werke is nie ’n strewe na dinge wat jy moet doen om aanvaarding, redding of ’n goeie lewe te verdien nie, maar eerder ’n geskenk voorberei deur ’n liefdevolle Vader vir jou! Dit is die natuurlike vrug en uitvloeisel van ons verbintenis en verhouding met Jesus self. Die goeie werke is die werke van Jesus self. Jesus was ten volle mens en tog het Hy ’n bonatuurlike lewe geleef. Nou leef Hy in ons en daardie selfde krag kan daagliks deur ons vloei na andere. Hierdie goeie werke is nie een daad wat jy verrig nie, maar ’n lewenswyse. Jesus se lewe van oorgawe aan sy Vader en omgee vir ander is ons voorbeeld. Kom ons lewe God-bewus. Staan op in die oggend en vra: Here, wat se goeie werke het U vandag vir my voorberei? Wie het U in my dag geplaas met ’n doel? Wat is U unieke plan vir my vir vandag? Wat is dit wat ek moet gee aan iemand wat U slegs deur my, U kunswerk, kan vermag? Teenoor wie wil U hê dat ek vandag U krag moet vrylaat? Glo dan dat jy in daardie goeie werke inbeweeg en leef met die vrymoedigheid dat Hy jou alles gegee het wat jy nodig het om dit te doen. Kom ons lewe elke dag in die volheid van die goeie werke deur God voorberei vir ons en lewe die lewe wat God vir ons bestem het.


GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL

Volume

17

Vang jou gedagtes vas

06

Jy kry net één lewe

Om jou gedagtes te dissiplineer is een van die eerste stappe om jouself te bevry van die laste van die wêreld en om die lewe te begin geniet.

Jy is sonder gelyke

16

Here, leer my om te lewe

Ons God se liefde vir ons is oneindig, intiem en uniek. En jy word uniek bemin omdat jy uniek geskep is.

Glo dat God ’n plan met jou lewe het

24

God weet presies waarvoor Hy jou geskep het. Hy het ’n plan vir jou en Hy weet hoe om jou daar te kry. MANNA www.mannatydskrif.co.za Whatsapp of SMS: 064 666 4024 Inskrywings: info@mannatydskrif.co.za

10

As jy die dag wil gryp, moet jy bereid wees om negatiewe gevoelens wat jou van die dag gaan ontneem,vas te vat.

21

God stel belang in die kwaliteit van ons lewe en of ons besig is om die sielskennis te versamel wat aan ons wysheid gee en ons help floreer.

Talent is nie genoeg nie

30

Doelbewuste ouerskap

35

As jy wil hê jou talent moet groei, moet dit onderwerp word aan toetse en omstandighede wat jou moed gedurig sal uitdaag.

Niks kom by die oomblik wanneer jy vir die eerste keer jou kind vashou en besef dat jy van nou af die verantwoordelikheid het om ’n lewe te vorm.

Redakteurs: Gary en Rhona Kieswetter Uitgewer: Ingrid Stegmann / ingrid@dor22.co.za

Grafiese ontwerp & uitleg: Adri de Bruyne Ontwerpelemente: Freepik.com Fotos: Shutterstock


Geloofsmuur Dankie Jesus dat U in my plek aan die kruis gesterf het. Dankie dat ek nie meer ’n sondaar is nie, maar die geregtigheid van God.

Wanneer jy bestook word met twyfel en vrees, moet jy vas staan en sê: Ek sal nooit tou op gooi nie! God is aan my kant, Hy het my lief en Hy help my!

Jy het miskien ’n negatiewe diagnose by jou dokter gekry. Dalk het jy jou grootste kliënt verloor. Jy het dalk so pas gehoor dat jou kind in die moeilikheid is. Jy staar die een of ander ernstige terugslag in die gesig en jy voel asof jou lewe besig is om uitmekaar te val. Jou gesindheid moet wees: “Vader, ek verstaan dit nie, maar ek weet U is steeds in beheer. U het gesê alles sal vir my ten goede meewerk.

Here, ek kom gee nou my bekommernisse vir U – gooi dit in die diepsee, Here! En help my om op te hou om myself af te breek met kommer oor dinge waaraan ek in elk geval niks kan doen nie. Terwyl U, wat u Seun gegee het om my van die dood te red, dit vir my ten goede wil laat meewerk. Dankie dat U – en U alleen – vir my sorg.


O�vou deur genade

Da le ne R e yb ur n

...die dag wanneer God vir dié wat in Sion treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer. ~ Jesaja 61:3

Wees in alles dankbaar Daar lê baie krag in dankbaarheid omdat dit jou in moeilike tye help. Dit gee vir jou die nodige momentum om deur jou pyn te beweeg. Jy wil dalk nie dankie sê vir ’n tragedie, maar jy kan waarskynlik dankie sê vir al die maaltye waarmee vriende en familie jou vrieskas kom vol maak. Of jy kan dankie sê vir die sagtheid en sensitiwiteit waarmee ’n dokter ’n diagnose gee, of vir die skooljuffrou wat haar blind gehou het vir jou kind se onvoltooide huiswerk, want sy het die desperaatheid in jou oë gesien. Dit sal mettertyd makliker word om God te dank vir sy volmaakte planne, vir sy liefde, krag en wysheid in jou lewe. Dit neem dalk jare, maar uiteindelik sal jy wel van hartseer na gelatenheid na aanvaarding na verwelkoming beweeg. En dan, na diep danksegging – dié soort wat God dank vir die hele reis, selfs die moeilikste dele. Dít wat ons in groei en genade maai ná jare in die vallei, is immers onvervangbaar. Onskatbaar. Kan jy terugkyk na iets skokkends, traumaties of pynliks in jou lewe, wat jy eintlik nou vir niks sou verruil nie?

Here, dit voel vir my onmoontlik om selfs te begin om ’n bietjie dankbaarheid uit te grawe vir waar ek my nou bevind. Nogtans hou ek aan U vas. Skep vir my ’n sieraad uit die as. Amen

Hierdie is ’n uittreksel uit Omvou deur Genade deur Dalene Reyburn.


Dink jouself

gelukkig... D r. C aro l i n e L eaf

Vang

jou gedagtes vas

Om jou gedagtes te dissiplineer en onder beheer te bring is een van die eerste stappe om jouself te bevry en om die lewe te begin geniet ten spyte van die laste van die wêreld Die vermoë om jou denke te laat stil raak, jou aandag op die kwessie voor jou te fokus, jou gedagtes vas te vang, en dit wat jou aandag aftrek te verwerp, is ’n uitmuntende en kragtige vermoë wat God in jou geplaas het. In die besige tyd waarin ons leef, het ons egter hierdie natuurlike en noodsaaklike vaardigheid afgeleer. Natuurlik, want dit is in die ontwerp van die brein ingebou, en laat die brein toe om chaotiese, ongewenste gedagtes te vang en te dissiplineer; noodsaaklik, want dit kalmeer ons gees sodat ons ons kan instel op God en na Hom kan luister. Wanneer ons bedag is daarop om ons gedagtes op hierdie manier te vang, verander ons ons band met God van onbetrokke en onafhanklik tot betrokke en afhanklik. Navorsing uit die 1970’s toon dat wanneer ons ons gedagtes op ’n gedissiplineerde manier vasvang eerder as om hulle toe te laat om op chaotiese wyse rond te spring, dit indrukwekkende veranderinge kan bring aan hoe ons voel en dink. Hierdie verandering blyk duidelik uit kognitiewe, emosionele funksionering en ook op die neurale vlak. My navorsing dui daarop dat beheerde, gefokusde denke tot indrukwekkende verbetering in kognitiewe funksionering en emosionele balans lei.

Bevry jouself van laste Wanneer jy jou eie gedagtes objektief waarneem met die oog daarop om ongewenste gedagtes vas te vang, fokus jy inderwaarheid jou aandag daarop om die negatiewe impak stop te sit en gesonde nuwe bane in jou brein in te stel. 2 Korintiërs 10:3-5 se instruksies oor hierdie saak is so duidelik: “Natuurlik leef ons in ’n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hoog hartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.” In Spreuke 4:20-22 is die wyse advies: “luister goed na my woorde! Moet dit nie vergeet nie, hou dit altyd in gedagte, want dit beteken lewe vir dié wat daarna luister, ’n volle lewe vir hom wat dit besit.” Die primêre sukses om jou gedagtes vas te vang sal wees om eers op God se weë te fokus, nie op die wêreld se weë nie. En die wetenskap wys vir ons dat om oor die elemente van Jesus se leringe te mediteer, gesonde nuwe bane in die brein instel.

06


Wetenskap wys die voordele wanneer jy jou gedagtes vasvang Wanneer jy ’n bewuste besluit neem om te fokus en jou aandag reg te gebruik, verander jy fisiese materie – jou brein en liggaam verander op ’n gesonde manier. As jy doelbewus jou gedagtes vasvang, kan jy die brein se sensoriese prosessering, die brein se herbedrading, die neuro-oordragstowwe, die genetiese uitdrukking en sellulêre aktiwiteit op ’n positiewe of negatiewe rigting beheer. Jy kies. Die voordele is selfs groter as wat die wetenskaplikes hulle in die 1970’s en 1980’s voorgestel het. My pasiënte wat sukses behaal het met terapie het hulle eerste treë na sukses gegee toe hulle hul aandag begin fokus het en hul gedagtes begin vasvang het – byvoorbeeld: “Ek kan dit nie doen nie,” “Dit is te moeilik,” “Dit het nog nooit voorheen gewerk nie,” en: “Ek is nie slim genoeg nie.” Die voordele daarvan om enige negatiewe gedagtes soos hierdie vas te vang, kan nie genoeg beklemtoon word nie. As hierdie gedagtes nie vasgevang word nie, kan dit potensieel lei tot ’n spiraal van verwarring en wisselende vlakke van geestelike wanhoop.

Dit verg slegs 5 tot 16 minute per dag Navorsing toon dat 5 tot 16 minute per dag van gefokusde, peinsende vasvang van gedagtes frontale breintoestande wat meer geneig is om betrokke te wees by die wêreld, verander. Navorsing het ook bevind dat daardie selfde 5 tot 16 minute van intense, diep denkaktiwiteit die kanse op ’n gelukkiger uitkyk op die lewe verhoog. God het ons met insig geseën (2 Tim. 2:7). Wanneer ons ons aandag rig deur ons gedagtes vas te vang, stel ons vir ons denkvermoë ’n teiken. Dan sal God vir jou ’n projek gee, en jou balans sal herstel word. As jy nie vir God toelaat om vir jou ’n dinkprojek te gee nie, sal die vyand beslis intree om jou gedagtes te probeer kaap en jou balans te versteur. God het die frontale lob van die brein ontwerp om presies dit te doen: om hierdie dinkprojekte te hanteer. Hierdie perspektief word beklemtoon in Die Boodskap se weergawe van 2 Korintiërs 10:5: “Elke hooghartige leuen wat die ware kennis van God probeer verdraai, loop ons met God se wapens onderstebo. En elke gedagte wat deur ons koppe gaan, neem ons gevange en lewer dit aan Christus uit. Ons dink slegs wat Hy wil hê.”

Wat vir ons normaal is, is volmaaktheid Omdat ons na God se beeld geskape is en ons die “Gees van Christus” het, is wat vir ons normaal is volmaaktheid. Die wetenskap kan nou aantoon dat ons “bedraad is vir liefde”, en dat vrees, wat enigiets toksies insluit, derhalwe nie ons norm is nie. Dit beteken ons natuurlike geneigdheid, omdat ons na God se beeld geskape is, is een van optimisme en goeie, gesonde gedagtes. Ons het dus ’n Godgegewe vryheid om reg of verkeerd te kies – maar dit kom met voorwaardes: “Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe” (Deut. 30:19). Die bewyse blyk duidelik uit die brein – wanneer swak keuses gemaak word, of daardie negatiewe gedagtes nie vasgevang word nie, word die neurale bedrading versteur, wat tot ontwrigting van normale funksie lei. God het die mens ontwerp om bewus te wees van ons eie gedagtes, die slegtes vas te vang en ontslae te raak van hulle. Die belangrikheid om daardie gedagtes vas te vang kan nie onderskat word nie, want navorsing toon dat die oorgrote meerderheid geestes- en fisieke siektes uit ons gedagtelewe kom, eerder as uit die omgewing en ons gene. ’n Ongedissiplineerde gees is gevul met ’n voortdurende stroom bekommernisse, vrese en verwronge persepsies wat degeneratiewe prosesse in die denke aan die gang sit. Ons kan nie bekostig om nié al daardie gedagtes gevange te neem om dit aan Christus gehoorsaam te maak nie (2 Kor. 10:5).

Hierdie is ’n verwerking uit Maak ’n Kopskuif deur Dr. Caroline Leaf.

07


’n Betekenisvolle daaroor om ryk,

lewe gaan nie

populêr, hoogs

geleerd of perfek te wees nie. Dit gaan daaroor om eg en

nederig te wees;

om onsself met ander te deel en ander se

lewens aan te raak. Dis eers dan dat ons ’n vol en

betekenisvolle lewe leef.


Sluit aan �y

MANNA Manna is ’n twee-maandelikse publikasie wat tjok en blok vol Woordgebaseerde artikels is. Hierdie is nie net ’n sommer-so geestelike tydskrif nie, maar een wat jou gees sal voed, jou lewe sal verryk en jou verhouding met God sal verdiep.

Sluit aan �y Manna teen R37 elke 2de maand!

Is jy opsoek na ’n geestelike tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie?

Maar

Vang jou gedagtes vas

’n Tydskrif waar elke artikel vir jou geestelike waarheid bring?

Jy is sonder gelyke Glo dat God ’n plan met jou lewe het

’n Tydskrif wat jou leer oor die krag van God se Woord in jou lewe?

Jy kry net één lewe

’n Tydskrif waar jy meer lees van God as oor mense?

Talent is nie genoeg nie Doelbewuste ouerskap

Sluit aan �y ons op een �an die �aniere: Whatsapp of SMS 064 666 4024 Gaan na www.mannatydskrif.co.za en kliek op ‘sluit aan’. SMS “Manna” na 33282

R37.00

Volume 17


10


Jy kry net

één lewe Joyc e Me ye r

As jy die dag wil gryp, moet jy bereid wees om negatiewe gevoelens wat jou van die dag gaan ontneem,vas te vat.

D

it is goed om te onthou dat ons net een lewe het om te leef, en dan gaan ons van aangesig tot aangesig met God kom. Dit is waarom Paulus in Romeine 14:12 sê: “Elkeen van ons sal dus oor ons eie doen en late voor God verantwoording moet doen.” Die bedoeling is nie om ons bang te maak nie, maar om ons te herinner dat die tyd wat ons gekry het, uiteindelik gaan uitloop. Dan gaan ons gevra word om rekenskap te gee van wat ons daarmee gedoen het. Die Skrifgedeelte maak my nie bang nie, maar dit oortuig my om sober te wees oor my lewe en dit te gebruik om God te behaag. Dit is ontnugterend om te dink dat elke uur wat verby tik een is wat ons nooit weer gaan terugkry nie, en dat ons dit dus moet laat tel.

Ek het al dikwels vir myself gesê dat ek nie van plan is om my dag te mors deur kwaad of jammer vir myself te voel nie

Moenie dit mors nie! Ek het baie tyd gemors in my lewe en jy voel dalk dieselfde. Wanneer ons terugkyk, wat sien ons waaraan ons tyd afgestaan het, maar wat ons nou besef niks goeds opgelewer het nie? As enigeen van ons beplan om die dag te gryp, te begin doelgerig leef en op te hou tydmors, kan ons dit nie regkry nie tensy ons erken hoeveel tyd ons mors op dinge soos skuld, vrees, kommer, angs, jaloesie, afguns, geldgierigheid, wrewel, haat, bitterheid en onvergewensgesindheid, selfbejammering, ensovoorts. Ons kan ewe skielik emosies beleef wat ons nie wil hê nie, sonder dat ons daarvoor gesoek het. Al wat nodig is, is iemand wat by die winkelsentrum reg voor ons by ’n parkeerplek indraai, en dit nadat ons hoe lank daarvoor gewag het. Ons beleef dadelik woede. Of as iemand by die werk die bevordering kry wat ons glo ons toekom, beleef ons jaloesie, wrewel en woede.

11


Omdat ons nooit weet wat ’n dag se omstandighede gaan wees nie en omdat ons nie ander mense se optrede kan beheer nie, loop ons die gevaar om elke dag tyd te mors op negatiewe, nuttelose emosies. Dit is heeltemal moontlik dat daar op hierdie oomblik meer mense in die wêreld is wat een van hierdie emosies beleef of kwaad is oor iets as wat daar mense is wat rustig en tevrede voel. Jesus het gesê die vredemakers sal kinders van God genoem word. Dit is verstaanbaar dat jonger kinders onbeteuelde emosies ervaar, maar wanneer ons ouer is, verwag mense dat ons ons emosies kan beteuel, en God verwag dit ook van sy kinders. Ons het onsself vir te lank toegelaat om slagoffers te wees van emosies wat ons energie opslurp en ons tyd mors omdat ons gedink het ons kan nie help hoe ons voel nie. Die waarheid is egter dat ons wel ons emosies kan beheer. Ons hoef nie toe te laat dat ons ons emosies ons beheer nie. Dit is dalk nie maklik nie, veral nie as jy vir ’n lang tyd volgens jou emosies geleef het nie, maar met God se hulp is dit moontlik. Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ’n stad sonder ’n muur wat beskerming bied. – Spreuke 25:28. God sou ons nie opdrag gegee het om ons eie gees te regeer as dit onmoontlik was nie. Ons hoef nie die slagoffers van omstandighede te wees nie, want deur God se genade (krag) is ons geskep om te regeer, te onderwerp, te bestuur en gesag uit te oefen. Ek vind dat dit help om negatiewe, ongewenste emosies in die kiem te smoor. Wanneer iets gebeur wat tot ongewenste emosies lei, moet jy hulle teenstaan en aan God se wil onderwerp. As jy die emosies toelaat om jou te lei, is daar moeilikheid aan die kom. Noem die emosie op sy naam en sê: “Jy is nie welkom nie” en begin dan met jouself praat. As ek byvoorbeeld hoor dat ’n vriend ’n bedieningskans gekry het waarvan ek altyd gedroom het, kan ek dalk jaloesie en afguns ervaar. Sodra ek 12

dit opmerk, behoort ek te sê: “Jaloesie en afguns, julle is nie hier welkom nie!” Ek kan daarna met myself gesels en sê: Joyce, jy is so geseënd dat dit belaglik is om jaloers of afgunstig te wees op iemand anders. God het ’n unieke plan vir elkeen van ons. Joyce, jy het dinge gedoen wat ander nog nooit gedoen het nie en party mense gaan dinge doen wat jy nooit gaan doen nie. Wanneer ek dit doen, vind ek altyd dat ek kalmeer en kan optree soos ek behoort.

Ek het al dikwels vir myself gesê dat ek nie van plan is om my dag te mors deur kwaad of jammer vir myself te voel nie Ja, ek moet dikwels in my lewe sulke en ander soortgelyke gesprekke met myself voer. Ek het al dikwels vir myself gesê dat ek nie van plan is om my dag te mors deur kwaad of jammer vir myself te voel nie. Dalk is hierdie soort optrede vir jou ’n nuwe gedagte, maar dit is so dat ons met onsself praat, dalk nie hardop nie, maar ten minste in ons gedagtes. Waarom sê jy dan nie vir jouself iets wat jou sal help om die lewe te leef wat jy graag wil nie? Wanneer iemand dreig om van ’n gebou af te spring, stuur ons iemand om hom te oortuig om terug te klim van die lysie af. Ek gebruik die idee wanneer ek voel ek is op die punt om tot in ’n toestand van onbeheersde emosie te spring. Partykeer het ons net ’n paar sekondes om te besluit wat ons wil doen, maar as ons kan leer om diep asem te haal en met onsself te praat, kan ons onsself heelwat moeite spaar. Kom ons veronderstel my man, Dave, sê iets waarmee ek nie saamstem nie en

hy weier om te erken dat hy enigsins verkeerd kan wees. Die meeste getroude vroue weet waarvan ek praat! Wanneer dit gebeur, voel ek die woede in my posvat en ek moet iets doen om te keer dat dit by my mond uitkom. Ek weet dit omdat ek sulke situasies jare lank verkeerd gehanteer het en dan later spyt was. Ek het baie tyd gemors deur kwaad te wees vir Dave oor dinge wat eintlik so onbelangrik en dwaas was, dis skoon belaglik. Wanneer ons egter kwaad raak en begin praat, of dalk skree, is dit moeilik om oortuig te word om terug te klim van die lysie af omdat ons as’t ware reeds gespring het. Maar as ek met myself kan praat en myself kan herinner dat my doel in die lewe nie is om Dave verkeerd en myself reg te bewys nie, sal ek myself baie ellende spaar. Net dié wat van plan is om die dag aan te gryp, sal hul emosies beheer. Ek aanvaar ek sal nooit vir seker weet nie, maar ek wonder tog hoeveel dae van ons lewens het ons al gemors – dae wat ons nooit weer kan teruggekry nie – deur sulke negatiewe emosies te koester. Dit is dalk beter dat ons dit nie weet nie, anders verloor ons dalk nog ’n dag deur onsself daaroor te verwyt. Ek dink ek sal hierdie emosies in groepe hanteer omdat ons dikwels vind dat hulle saamwerk om God se doel vir ons lewens aan te val. Jesus het gesê Hy gee ons ’n nuwe opdrag en dit is om mekaar lief te hê soos Hy ons liefgehad het, sodat die wêreld kan weet dat ons sy dissipels is. Omdat God liefde is, is liefde die enigste manier hoe die wêreld Hom in aksie kan sien. Daarom het God ons geroep sodat Hy die wêreld deur ons kan liefhê. Kom ons kyk dan na daardie emosies wat keer dat God se liefde deur ons vloei en ons boonop miserabel laat voel.

Jaloesie, afguns, gierigheid en wrewel Al hierdie emosies word deur God veroordeel en ons behoort hulle doelbewus


te vermy. Elkeen van hulle is ’n mors van tyd omdat hulle nie ons omstandighede verander nie. Hulle help ons nie om te kry wat ons wil hê nie. Hulle maak ons net gemeen en knorrig. Om altyd meer te wil hê as wat ons het, wys dat ons ’n gierige gees het. Ons word aangesê om nie net gierigheid te vermy nie, maar ook gierige mense – dit moet dus ’n gevaarlike ding wees. God wil hê ons moet tevrede wees met wat ons het, Hom vra vir wat ons wil hê en nodig het, en vertrou dat Hy dit op die regte manier en die regte tyd sal voorsien as dit vir ons die regte ding is. Hierdie bose emosies sal beslis by elkeen van ons ’n draai maak. Om bloot een van hierdie emosies te ervaar is nie sonde nie, maar as ons die emosies voed met bose gedagtes, gaan ons gedagtes gewoonlik oor tot dade, wat sonde word. Bid altyd tot God om jou te help om die vyand te weerstaan die oomblik as enige negatiewe emosies in jou lewe opdaag. Is jy jaloers op iemand? Het jy wrewel in jou hart omdat jy voel asof jy opsygeskuif word? Neem ’n geloofstree en sê vir die persoon teenoor wie jy wrewelrig voel dat jy saam met hom bly is. Goddelike optrede verbreek altyd die vyand se mag. Ons oorkom die slegte met die goeie. Gaan ’n stappie verder en bid vir die persoon. Vra God om hom selfs nog meer te seën. Hoe meer jy ander seën, hoe meer geseënd sal jy wees. Moenie enige deel van die een lewe wat jy het, mors deur jaloers, afgunstig, gierig of wrewelrig te wees nie.

ons vrede en vreugde steel. Henry Ford het gesê: “Ek glo God is aan die stuur van sake en dat Hy nie my raad nodig het nie. Met God in beheer, glo ek alles sal uiteindelik ten goede uitwerk. Wat is daar dan om oor bekommerd te wees?” Slegs diep vertroue in God kan ons help om hierdie nuttelose emosies te vermy. Ons vertroue in God neem toe namate ons ervaring van Hom toeneem en ons sy getrouheid in ons lewe sien. God is goed en Hy sien altyd na ons om. Hy doen dalk nie presies wat ons verkies nie, en ons verstaan dalk nie altyd waarom nie, maar Hy is goed en getrou. Hoekom is ons bekommerd? Dit is dalk moeilik om dit te erken, maar ek dink ons is bekommerd bloot omdat ons bang is ons kry nie wat ons wil hê nie. As ons kan sê: “Laat u wil geskied, Here, en nie myne nie,” en dit bedoel, sal ons ons nooit weer hoef te bekommer nie. Alle vrees spruit daaruit dat ons nie God se onvoorwaardelike liefde vir ons verstaan nie. Ons vertrou en glo nie dat omdat Hy ons liefhet, Hy altyd sal doen wat vir ons die beste is nie. “Volmaakte liefde het nie plek vir vrees nie”. Ek het eenkeer gelees dat ’n dag se kommer meer uitputtend is as ’n week se werk. Dit is nog ’n rede om nie bekommerd te wees nie. Die meeste van ons het nie ekstra energie om te mors nie. Wanneer jy jou weer wil begin bekommer, onthou net as jy dit doen, sal dit tydmors wees. Corrie ten Boom het gesê: “Kommer haal nie droefheid uit môre nie, maar tap al vandag se krag.”

Kommer, angs en vrees

Woede, onvergewensgesindheid, haat en gekrenktheid

Ek dink ek kan met sekerheid sê dat almal hierdie drie emosies die een of ander tyd in hul lewens ervaar. Soos die eerste groep emosies waarna ons gekyk het, is hulle tydmors omdat hulle niks positiefs oplewer nie. Hulle voorkom of los nie ons probleme op nie. Hulle help niks nie, maar benadeel ons eintlik, omdat hulle

Jesus het baie kere gesê ons moet ander mense wat ons seermaak, vergewe en dit boonop gou doen. Hy ag nie ons pyn gering nie, maar Hy weet wel dat ons net verder daartoe bydra met hierdie miserabele emosies. Die emosies woede, onvergewensgesindheid, haat en

God wil hê ons moet tevrede wees met wat ons het, Hom vra vir wat ons wil hê en nodig het, en vertrou dat Hy dit op die regte manier en die regte tyd sal voorsien as dit vir ons die regte ding is

13


gekrenktheid is voëls van eenderse vere. Wanneer ons kwaad word, kan ons weier om te vergewe en dan raak ons bitter en kan ons selfs begin om mense te haat, al het God ons geroep om hulle lief te hê. Kom ons bepaal ons aandag meer by ons reaksie teenoor mense wat ons seergemaak het en minder by wat hulle ons aangedoen het. Wat hulle gedoen het, is uiteindelik ’n saak tussen hulle en God, en ons reaksie daarop is ’n saak tussen ons en God. Ons moet bereid wees om baie mense in ons lewens te vergewe, party van hulle keer op keer. Om kwaad te wees vir iemand is nutteloos. Dit benadeel ons op verskeie maniere terwyl dit hulle selde, indien ooit, laat verander. Vergifnis is ’n eienskap van sterk mense. Die swakkes vind dit moeilik om te vergewe. Ek het gehoor iemand sê die sleutel tot geluk is ’n swak geheue! Kom ons onthou die goeie dinge wat mense gedoen het en vergeet die slegte dinge. Moenie maklik gekrenk voel tensy jy graag wil miserabel voel nie. Ons het elke week tallose kanse om gekrenk te voel, maar ons hoef nie so te voel net omdat ons so kan voel nie. Verstandige, logiese mense doen nie dinge wat hulle miserabel sal laat voel nie.

Skuldgevoel Ek het waarskynlik meer tyd gemors deur skuldig te voel as deur enigiets anders. Totdat ek in my vyftigerjare was, het ek gebuk gegaan onder wat ek voortdurende skuldgevoelens kan noem. Ek het selfs skuldig gevoel omdat ek skuldgevoelens het, want ek het geweet dit was nie wat God vir my wou hê nie. Ek het dikwels gesê: “Dit voel nie reg as ek nie verkeerd voel nie!” My skuldgevoelens het ontstaan toe ek nog ’n klein dogtertjie was en my pa my seksueel misbruik het en my aangesê het om niemand daarvan te vertel nie. Ek het aanvaar dit moes verkeerd wees as ek niemand mag vertel nie, en dit het gelei 14

tot ’n siklus van skuldgevoelens in my lewe wat ’n ongelooflike marteling was. Wanneer iemand skuldig voel, kan hulle eintlik niks geniet nie. God wil hê ons moet ons lewens geniet, maar ons kan dit nie doen as ons nie weet hoe om onsself te geniet nie. En ons kan dit nie doen as ons die hele tyd met onsself fout vind nie. God het volkome vergifnis en ’n lewe sonder skuld in Jesus voorsien (sien Jesaja 53:5–6). Ons skuld is betaal. Ons sonde en skuld is weggeneem en daarom is enige skuldgevoelens wat ons ervaar, die vyand se manier om ons te bedrieg en te keer dat ons die volheid van God se liefde ontvang.

As ons kan sê: “Laat u wil geskied, Here, en nie myne nie,” en dit bedoel, sal ons ons nooit weer hoef te bekommer nie Die manier hoe God my gehelp het om vry te kom van die marteling van skuldgevoel was om deur deeglike studie te ontdek wat sy Woord daaroor sê en om meer in sy Woord te glo as in my eie gevoelens. Ek sou dikwels hardop sê: Joyce, hierdie skuldgevoel is ’n leuenaar en ’n dief. Jy is volkome vergewe en jou sonde is verwyder so ver soos die ooste van die weste af is. As daar geen sonde is nie, hoe kan daar enige skuld wees? Ek het in werklikheid geleer om – gebaseer op die Skrif – met myself te redeneer. Hoewel dit ’n paar jaar gekos het om ten volle vry te raak, het ek op deurlopend vordering gemaak.

Selfbejammering Selfbejammering is voorwaar ’n mors van

tyd omdat dit God nie oortuig om ons te gee wat ons wil hê nie. Ons voel jammer vir onsself wanneer ons nie ons sin kry nie, of selfs te na gekom. Mense maak soms misbruik van ons en dit is natuurlik nie reg nie, maar selfbejammering gaan dit nie verander nie. Dit is nog ’n negatiewe emosie waarop ek ’n klomp tyd gemors het, totdat God tot my hart gespreek en gesê het: Joyce, jy kan jammerlik of kragtig wees, maar jy kan nie al twee wees nie. Jy moet kies. Ek laat hierdie gedagte by jou sodat ons kan voortgaan met ander dinge: Jou tyd is waardevol, moet dit dus nie mors op negatiewe, nuttelose emosies wat niks anders doen as om jou miserabel te laat voel nie.

Samevatting § Jou lewe hoef nie deur jou emosies aangedryf te word nie. Jy kan die besluit neem om jou emosies te beheer in plaas daarvan dat hulle jou beheer. § Om die dag te kan aangryp, moet jy leer om tevrede te wees. God wil hê ons moet tevrede wees met wat ons het, Hom vra vir wat ons wil hê en nodig het, en vertrou dat Hy dit op die regte manier en die regte tyd sal voorsien as dit vir ons die regte ding is. § Jaloesie, afguns en wrewel beroof vandag van sy vreugde. § Slegs diep vertroue in God kan ons help om nuttelose emosies te vermy. § God het aan ons volkome vergifnis en ’n lewe sonder skuld in Jesus voorsien. Manna


’n Geel rok bring hoop op die frontlines van geloof Dit is Miriam, ʼn Christenweduwee van Nigerië, in ʼn nuwe geel rok. Nuwe klere is ʼn luuksheid wat sy in jare nie gehad het nie – meer as dit, het die rok haar nuwe hoop gee. Toe Miriam se man doodgemaak is deur Boko Haram-militante, is sy en hul kinders geforseer om van hul huis te vlug en is Miriam as ʼn enkelouer agtergelaat. Sy is maar een van die talle Christene regoor sub-Sahara-Afrika wat deur ekstremiste geteiken word – duisende gelowiges word gereeld ontwortel en getraumatiseer. Hulle ervaar ook diskriminasie vanaf plaaslike regerings en diegene wat noodleniging versprei. Maar Miriam sê,

“Ek bid elke oggend saam met my kinders dat die Here ons sal help.”

Rebekka, ʼn Geopende Deure-vennoot, is deel van die antwoord op daardie oggendgebede. Haar span van vrywilligers ondersteun 2 000 weduwees, insluitende Miriam, met essensiële hulpbronne soos kos, mediese sorg en nuwe klere. “Dit is te danke aan Rebekka se ondersteuning dat ons oorleef,” sê Miriam. En dit is slegs te danke aan jou gebede en ondersteuning dat ons vennote soos Rebekka kán help. Wees ʼn antwoord op ʼn gebed vir ʼn Christenweduwee met ʼn geskenk wat daartoe bydra dat sy opnuut sal vashou aan die hoop wat slegs in Christus gevind kan word. Jou R180-Geskenk van Hoop kan help om Christenweduwees soos Miriam te beskerm en te bemagtig, deur hulle van beroepsopleiding, traumaberading en ander praktiese, finansiële en geestelike ondersteuning te voorsien. Geopende Deure dien miljoene vervolgde Christene in meer as 60 lande, insluitende van dié gevaarlikste plekke ter wêreld. Altyd in samewerking met plaaslike kerke en vennote, help Geopende Deure vervolgde Christene deur gebedsondersteuning aan te moedig, die voorsiening van Bybels, Christelike materiaal, dissipelskap, lewensbestaansopleiding – en verskeie ander maniere. Dit gaan oor die versterking van die Liggaam van Christus, sodat die Kerk waarlik die Kerk kan wees: om dissipels van alle nasies te maak. SMS ‘jou naam + Manna’ na 44641 om Geopende Deure se gratis, maandelikse nuusbrief, Frontlinie Geloof, en gebedskalender te ontvang. Vir eenmalige donasies Naam: Geopende Deure Bank: Absa Takkode: 632005 Rekeningnommer 160 340 568 (Lopende) Verwysingsnommer: MA1705

Naam: Geopende Deure Bank: Nedbank Takkode: 198765 Rekeningnommer: 113 750 4552 (Besigheids) Verwysingsnommer: MA1705

Deure

Diens aan vervolgde Christene wêreldwyd

Geopende Deure 011 888 9341 | E-pos southafrica@od.org | Web www.opendoors.org.za Open Doors South Africa | @opendoorssa | Open Doors South Africa | open_doors_sa Foto’s © 2017 Geopende Deure Internasionaal


sonder gelyke Jy is

Li s a B ev ere

God het ons elkeen op ’n unieke manier lief eerder as ewe veel. Glo my, uniek is beter.

16


W

at sou gebeur as jy ontdek jy hoef nie te wedywer vir die lewe wat jy nog altyd wou hê nie? Wat as jy sou ontdek jy kán nie verloor nie? Wat as jy nie net buite die boks kan dink nie, maar ook buite die boks kan léwe? Dit is moeilik om die boodskappe en die boodskappers te vermy wat vir ons vertel ons is nie goed genoeg, jonk genoeg, slim genoeg, vinnig genoeg en ryk genoeg nie. Ons word gebombardeer in die hoop dat ons sal krimp sodat ons by hul verwagtings kan aanpas. Dis bloot menslik om te probeer om hierdie onophoudelike afknouery, wat impliseer dat ons nie goed genoeg is nie, te wil afweer. Party sal op ’n kritieke tydstip van hierdie teistering daaraan toegee deur aan te pas en ander na te boots. Ander sal rebelleer en hul eie beskuldigings terugslinger. Ons oordeel wanneer ons geoordeel voel. Ons maak ander skaam wanneer ons skaam voel. Ons haat wanneer ons nie van onsself hou nie. Wanneer ons bankrot gespeel het, neem dit nie lank voordat ons ander wil beroof nie. Dit is ’n siklus waar almal verloor en niemand wen nie. Maar sê nou Paulus se woorde is waar? Tog is ware godsdiens saam met tevredenheid ’n groot rykdom – 1 Timoteus 6:6. Ware godsdiens is die vermoë om dinge vanuit God se perspektief te sien. Ons eerbiedig dus die manier waarop Hy ander mense sien en daarom omhels ons ook die manier waarop Hy ons sien. Selftevredenheid word nie gekweek deur vergenoegdheid met jouself en om gemaklik te wees in jou eie vel nie; dit stel kreatiwiteit vry! Stap weg van alles wat jou afbreek en jou aandag aflei. Hy hou sy oë op ons sodat ons ons oë op Hom kan hou. Wat dan? Pleks daarvan om jou energie te vermors deur mee te ding om dít wat nooit vir jou bedoel was nie . . . sou jy die energie hê om te ontdek wat wél joune is. Ek wil hê jy moet geposisioneer wees om die oorlog te wen eerder as om daarna te strewe om ’n kompetisie te wen waardeur jy niks sal baat nie. Die stryd om die krag van jou siel is baie eg. Dit is tyd dat jy jóú plek in die wêreld inneem.

die pers glase wat ek verlede week gekoop het, gebreek; ek hoop hulle het nog daarvan in voorraad.” Dit werk nie vir my nie en ek dink ook nie dit werk vir God nie. En ek sal jou sê hoekom nie. Een middag het ek ’n uiltjie geknip. Terwyl ek besig was om in te sluimer, het ek gehoor hoe die Heilige Gees vir my sê: “Ek het nie al my kinders ewe lief nie.” Ek het geskok regop in my bed gaan sit. Waar het hierdie godslasterende gedagte vandaan gekom? Ek het uitgeblaker: “U moet ons ewe liefhê, anders is dit nie regverdig nie.” My protes is beantwoord met: “Ek het nie. Ewe sou beteken my liefde kan gemeet word. Ek verseker jou . . . dit kan nie. Dieselfde sou beteken my kinders is vervangbaar of uitruilbaar en hulle is nie. My hart is nie in kompartemente verdeel nie. Niemand kan die plek van ’n ander in my hart inneem of hulle daaruit ontwortel nie. Want sien, Ek het nie my kinders ewe lief nie, Ek het hulle uniek lief.” Haal diep asem en luister. God het ons elkeen op ’n unieke manier lief eerder as ewe veel. Glo my, uniek is beter. As jy meer as een kind het, verstaan jy dit waarskynlik reeds. Toe daardie tweede, derde of vierde kind gebore is, het jy nie jou liefde tussen hulle verdeel nie. Dit is vermenigvuldig op maniere wat nie gemeet kan word nie. Jy kan nie jou liefde vir jou kinders kwantifiseer nie, selfs al sou jy probeer. Hoe kan jy die greep op jou hart meet? Jou liefde vir elke kind is uniek. Elkeen laat jou ouerliefde op ’n ander manier ontwaak. Ewe veel impliseer ook dat God se liefde gemeet word of meetbaar is, en dit is nie een van die twee nie. Dit is oneindig. Uniek het soveel meer diepte. Daar is net een soos jy! St. Augustinus het dit die beste gestel: “God het elkeen van ons lief asof daar net een van ons is.” Die Here het die volgende oor sy liefde deur die profeet Jeremia gesê: “Ek het jou lief met ’n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe” (Jer. 31:3). Kyk na die tyd wat hier gebruik word: Dit is die verlede tyd. Sy liefde is ’n afgehandelde saak. Hy het jou – die régte jy, die unieke jy – met ’n ewigdurende, nimmereindigende liefde liefgehad, met die soort liefde wat blind is vir hoe oud of jonk jy is, hoe dik of dun. Hy het jou liefgehad toe jy jonk en onnosel was. Hy het my lief terwyl ek meer volwasse en lukraak is. God is liefde. Ons Vader het nie liefde vir jou nie. Hy ís liefde vir jou. Ons God se liefde vir ons is oneindig, intiem en uniek. En jy word uniek bemin omdat jy uniek geskep is. Uniek beteken “die enkele voorbeeld van, prototipe of enigste een”, en my gunsteling-

Jy kan heeltemal anders as almal om jou lyk en steeds nie verstaan wat dit beteken om uniek te wees nie

Ewe veel of uniek? In ons menslike pogings om regverdig te wees, is daar die versoeking om te dink God het ons almal presies dieselfde lief. Hoewel dit aanvanklik goed klink, is dieselfde net nie groot genoeg nie. Die woord dieselfde impliseer dat ons op die een of ander manier vervangbaar of uitruilbaar is. Soos: “Oeps, ek het een van

17


definisie, “sonder gelyke of mededinger”. Ons Vader God staan alleen en sonder gelyke, dus moet ons nie verbaas wees dat ons in sy oë dogters sonder gelyke is nie; iets wat wegdoen met elke denkbare rede om ooit teen mekaar mee te ding. Jy is die enigste voorbeeld van jou!

’n Dogter sonder gelyke Wat beteken hierdie dinge dan? Dit beteken daar is meer as genoeg onmeetbare, onuitputlike liefde vir ons almal. Jy hoef nie te baklei vir jou plek aan die tafel nie. Jy hoef nie sy liefde te verwerf nie. Ons kan ontdek hoe om ten volle onsself te wees – nie iemand anders in ’n poging om die liefde en aanvaarding van ander te verwerf nie. Ons gaan ophou om onsself met ander te vergelyk, want vergelyking is nie inspirerend nie. Vergelyking kul ons en hierdie aarde uit wie ons werklik is. Wanneer ons waarde en identiteit vasgeknoop is aan ons ingebore uniekheid, is daar geen behoefte aan vergelyking nie. Ons put onsself net uit. Jy is ’n dogter sonder vergelyking. Jy dra ’n lig sonder gelyke. Dít rus jou toe om ’n merkwaardige stryd te veg; op ’n unieke manier. Die beskrywing van uniek, van ’n dogter sonder weerga, beteken nie jy het gearriveer nie. Dit beteken daar is ’n reis en jy het ’n deel van die legkaart en ’n funksie in die liggaam om by te dra. Trots skei ons van die liggaam wanneer dit dinge in ons ore fluister wat ons buite verhouding verhef en ons verlei om te sê: “My deel is die belangrikste deel. Ek staan alleen, selfvergenoegd, belangrik in my eie opinie, arrogant en verhewe.” Aan die ander kant verlei afguns ons om ons individuele Godgegewe rolle in hierdie wêreld af te skeep omdat ons op ons taak neersien. Afguns sê: Ek heg nie waarde aan my rol of my deel nie; ek wil jou uit die pad hê sodat ek joune kan kry. Dié twee goed is twee kante van ’n dodelike swaard met die opset om individue uit te haal en groepe mense 18

wat aan mekaar verwant is van hul rol en plek te skei. Die vyand sweep partykeer mans in die liggaam van Christus op deur wedywering en geslagstrots terwyl vroue weer in die slaggat van geslagsafguns trap.

Ek weet nie waar die lewe jou nou op hierdie oomblik gesit het nie, maar verstaan asseblief dat plekke, seisoene en omstandighede deurentyd verander. Wat werklik te midde van die eb en vloed saak maak, is wie jy is en aan wie jy behoort Dit is tyd dat die dogters van God “uniek” begin vier en ophou om tevrede te wees met “ewe veel” of om mee te ding om “meer”. Wanneer jy nie aan jou ware self uitdrukking te gee nie, gee jy aan ander die reg om jou te minag. Mense kan altyd ’n namaaksel of kopie van die oorspronklike onderskei. Selfs al kan hulle dit nie sien nie, sal hulle dit hoor in die hol klank van jou woorde, jou optrede en jou voorkoms. Daar is ’n baie groot verskil tussen om iemand se voorbeeld te volg en om hulle na te aap. Dit is een van die redes waarom jy so gefrustreerd is wanneer jy probeer om iemand anders te wees.

Wanneer ons ons eie unieke manier van wees misken, onteer ons daardeur die uitstorting van ons Vader se liefde teenoor ons. En verstaan asseblief dat hoe jy lyk die minste van jou sorge behoort te wees. Daar is soveel mense wat dink hulle gee uitdrukking aan hul unieke self deur hul kleresmaak, hare, juwele en grimering. Hierdie uiterlike uitlewing is bykomstighede. Dit is ver verwyder van die mees diepgaande openbaring van wie jy werklik is. Jy kan heeltemal anders as almal om jou lyk en steeds nie verstaan wat dit beteken om uniek te wees nie. Kom ons hou op om ons tyd te mors deur rond te kyk en toe te laat dat die immer veranderende openbare mening sy nageaapte idees op ons afdwing. Kom ons omhels met selfvertroue alles wat God in ons geplaas het om uniekheid te weerspieël.

Aan wie behoort jy? Ek hoef nie te weet saam met wie jy jou tyd bestee nie. Ek hoef nie die naam van jou ouers, skool of werkgewer te ken nie. Ek wil die naam weet van die Een wat sy lewe gegee het om jou te koop. Tog loop jy soveel mis as jy dink die omvang van sy offer eindig daar. Toe Hy jou gekry het, het Hy jou nie afgestof en weer teruggesit waar jy voorheen was nie. Hy het jou opgehef. En jou met sy geregtigheid geklee. Sê dit nou, selfs al is dit net ’n fluistering in jou hart: Ek is Syne en Hy is myne. Jou ewige Vader is die enigste een wat die reg het om te bepaal wie jy is. Jou ma het met jou swanger geraak, jou gedra en jou versorg, maar jou hemelse Vader het jou in sy gedagtes voorgestel, jou geskep en tot wording gespreek. Toe jy verlore was, het Hy jou verlos sodat Hy jou weer eens sy eie kon noem. Die dag sal aanbreek wanneer tyd soos wat ons dit ken tot ’n einde sal kom. Dan sal Hy elkeen van ons herskep en ons sal besef hierdie aarde was bloot ’n saad; dáár, in die hemel, sal ons in ons suiwerste gedaante floreer.


Ek weet nie waar die lewe jou nou op hierdie oomblik gesit het nie, maar verstaan asseblief dat plekke, seisoene en omstandighede deurentyd verander. Wat werklik te midde van die eb en vloed saak maak, is wie jy is en aan wie jy behoort. Ralph Waldo Emerson het gesê: “Wat ons die graagste wil hê, is iemand wat ons sal aanmoedig om te wees wat ons glo ons kan wees.” God is daardie Iemand. Alles wat Hy is en alles wat Hy doen, inspireer. Die Skepper het alles wat ons as die skepping sien, hoor en weet, meesterlik gevorm om ons aan ons geestelike identiteit te verbind. Hy het sy Seun gestuur om ons verhouding met Hom te hervestig. Dit is onverstandig om jou identiteit te koppel aan iets wat so maklik van jou af weggeneem kan word. Werksomstandighede verander, vaardighede kan verlore gaan en ons kan van verhoudings gestroop word. Wat jy het, wat jy doen en deur wie jy omring is, kan verander, maar dit is noodsaaklik om nooit wié jy is en die Skepper aan wie jy behoort, te verloor nie. Dus die eeue oue vraag: “Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jy ly skade aan jou diepste menswees?” Om te weet wie jy is, is báie belangriker as om te weet waarheen jy op pad is of selfs wat jy kan doen. En omdat God jou Skepper is, het Hy heelwat te sê oor wie jy is. En wie jy werklik is, omvat die openbaring van wat jy kán wees.

Wie is jy? Jy hoef nie te kyk na wat jy gedoen het of selfs na waardeur jy is nie. Moenie jouself omskryf deur wat jy doen nie. Jy hoef nie te verwys na jou verhoudingstatus – enkellopend, geskei, getroud, in ’n verhouding – nie. Dit is nie ’n inskrywing op Facebook nie. Dit is nie vir my of selfs vir hulle nie. Ek wil hê jy moet weet wie jy is. Ons kan ons na God wend en sy stem hoor. Wat kan gebeur as ons die Heilige Gees nooi om te spreek tot die plekke in

ons lewe waar ons stilte verklaar het? Sal jy Hom toelaat om alleen met jou te praat? Mag God spesifiek oor jou vriendskappe, jou huwelik en gesin praat? Ons het in vele opsigte die gewoonte om ons doof te hou vir God se waarskuwings. In die proses loop ons die geleentheid mis om ander dinge te ontvang wat Hy vir ons wil gee. Om gesamentlik as ’n liggaam te hoor, begin met individue wat besluit om te luister. Durf ons dit waag om ons ore aan te wakker om te hoor? Ons kan nie bekostig om die unieke roeping wat God vir ons aangewys het, te bevraagteken nie. Doen ons dít, sal ons alles wat aan ons toevertrou is, ondermyn deur vrees, vertwyfeling of woede. God wil jou identiteit vrykoop, herstel en verander sodat geen voorval, seisoen of bynaam uit jou verlede jou kan definieer nie. Ja, seisoene, kritiek en gebeure kan jou suiwer; dit het die potensiaal om die hout waaruit jy gesny is te vorm, maar dit is nie die kern van jou lewe nie . . . God is. Jy is opreg uitgesoek omdat jy uniek bemin word en omdat jy ’n unieke uitdrukking van God se liefde aan ander is. Dít wat omvat is in hierdie identiteit as kinders van God, word eers uitgeleef wanneer elk van sy kinders word wie Hy hulle geskep het om te wees. In ’n wêreld waar almal hulself probeer ontdek of herskep, is Hy besig om te voltooi wat Hy begin het. Hy nooit jou uit om Hom te volg . . . sodat Hy die ware jy kan onthul.

Wanneer ons waarde en identiteit vasgeknoop is aan ons ingebore uniekheid, is daar geen behoefte aan vergelyking nie

Manna

Hierdie is ’n verwerking uit Jy is sonder gelyke deur Lisa Bevere. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.

19


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.