Al gehoor van die Enneagram? Emosioneel-intelligente dissipline Wees stil en vetrou op die Here Staan sterk in ’n wankelende wêreld Raak ontslae van bitterheid in jou lewe Die filosofie van die Perfekte Jy
R37.00
Volume 18
Here, maak my ’n instrument van u vrede. Waar daar haat is, laat my liefde bring. Waar daar oortredings is, vergifnis; waar daar twyfel is, geloof; waar daar wanhoop is, hoop. Waar daar duisternis is, lig; waar daar droefheid is, vreugde. Gee dat ek, in plaas daarvan om vertroosting te soek, ander sal vertroos; om begrip te soek, ander sal verstaan; om
liefde te soek, ander sal bemin.
Want dit is deur
te gee dat ek ontvang;
deur te vergewe, dat ek vergewe word. En dit is deur te
sterwe, dat ek die ewige lewe beĂŤrwe. (Franciskus van Assisi, 1182-1226)
Gary & Rhona Kieswetter
Waarom
D
ie feit dat Jesus mens geword het, het so ’n diep impak op hoe Hy met ons te werk gaan. Al is Hy ons Skepper en het reeds alles van ons geweet, het Hy steeds moeite gedoen om regtig hier op grondvlak deel te word van die hele mens-ervaring. Dit is hoekom Hy so intens verstaan wie en wat ons is, hoe ons dink en hoe ons persoonlikhede werk. Die Bybel sê nie verniet dat Hy ’n hoë priester is wat ware medelye kan hê met ons nie. Hy is ’n God wat verstaan, op elke vlak. Kyk nou maar na Maria Magdalena. Hier is ’n vrou wat Hy uit baie donkterte kom red het. Sy het een van sy volgelinge geword en haar lewe aan Hom toegewy as gevolg van sy liefdevolle ingryping in haar lewe. Dan in Johannes 20 staan sy voor sy graf. Haar verlosser en bevryder is dood en boonop, is sy liggaam “gesteel”. Die Een op wie sy kon staatmaak is weg. Terwyl sy daar in trane is, verskyn Jesus aan haar en wat Hy vir haar sê is baie interessant. Hy vra haar: “Vrou, waarom huil jy? Wie soek jy?” en dan roep Hy haar naam: “Maria!” Kyk ’n oomblik wat besig is om hier te gebeur. Hier is ’n vrou wat oorweldig is deur hartseer, emosie en verlies. Wat doen Jesus? Eerstens sien Hy haar emosionale toestand en gee erkenning aan haar emosies wat op die ou end al is wat emosies vereis, dat hulle erken word. Hy as Skepper wat alles weet het tog geweet hoekom sy huil? Hy het nie nodig gehad om haar te vra sodat Hy kon weet nie, Hy vra haar sodat sy haar hartseer kan deel. Dit spreek van sy
huil jy? intense belangstelling in dit wat ons beleef en ervaar. Hy stel ook belang in jóu emosie, pyn en hartseer en het ’n behoefte dat jy dit met Hom sal deel. Hy wil hê ons wat vandag hierdie verhaal lees, moet wéét dat wanneer ’n vrou huil, Hy opdaag en bewus is van haar pyn. Kyk net wat sê Jesaja 63:9 van sy hart teenoor sy volk - “In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur Sy liefde en deur sy medelyde het Hy hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd.” Hy tree nog steeds dieselfde op as in die Ou Testament met die Israeliete, Hy voel saam met ons en dit is steeds sy liefde en medelye wat maak dat Hy ons wil verlos. Hy wil ons optel en dra deur ons moeilike tye. Jesus wil nie hê ons moet ontken wat ons voel en maar net maak asof alles okei is nie. Hy wil hê ons moet uiting gee aan ons hartseer, maar Hóm deelmaak daarvan. Sy volgende vraag aan haar is: “Wie soek jy?” Weereens is dit ’n vraag waarvan Hy die antwoord reeds ken, maar Hy wil haar aandag na Hom toe lei. Dit is net soos toe Hy vir die vrou by die put gesê het: “As jy weet wie met jou praat, sal jy Hom vra vir lewende water.” Wat Hy in effek sê is: “Ek is net hier! Sien my raak, Ek gee om vir jou! Ek wil jou help!” Dan roep Hy haar naam: “Maria!” God ken jou by jou naam, jy is sy geliefde! Dan skieklik herken sy Hom en aanbid Hom. Mag jy vandag sy vrae aan jou hoor: Hoekom huil jy? Wie soek jy? en mag jy jou hart na Hom draai. Hy roep jou naam ook...
GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL
Volume
18
Wanneer die probleem nie die probleem is nie
06
Raak ontslae van bitterheid in jou lewe
Die aanmeldingsprobleem is selde die éintlike probleem.
Staan sterk in ’n wankelende wêreld
16
Wees stil en vertrou op die Here
Daar is geen plaasvervanger vir tyd in God se teenwoordigheid nie. Betrek Hom by die kleinste besonderhede in jou lewe.
Emosioneelintelligente dissipline
24
Daar is wonderlike navorsing in neurowetenskap, die brein en emosionele intelligensie oor hoe om ’n gelukkige en positiewe kind groot te maak... MANNA www.mannatydskrif.co.za Whatsapp of SMS: 064 666 4024 Inskrywings: info@mannatydskrif.co.za
10
As jy jou beste lewe wil lei, moet jy vinnig vergewe. Moenie toelaat dat bitterheid in jou lewe wortelskiet nie.
20
Sukkel jy om in moeilike situasies die Here te vertrou omdat jy nie seker is of jy regtig op Hom kan peil trek nie?
Al gehoor van die Enneagram?
30
‘n Eeue oue, misterieuse padkaart tot die menslike persoonlikheid.
Redakteurs: Gary en Rhona Kieswetter Uitgewer: Ingrid Stegmann / ingrid@dor22.co.za
Die filosofie van die Perfekte Jy
36
Niemand op aarde is so perfek soos jy nie. Hoekom probeer jy dan so hard om soos ander te wees en aan ander se standaarde te voldoen? Grafiese ontwerp & uitleg: Adri de Bruyne Ontwerpelemente: Freepik.com Fotos: Shutterstock
Geloofsmuur Dankie Jesus, U het in my plek vir my gesterf. U het vir my ’n plek in die allerheiligste gaan voorberei. Ek kan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan!
Dankie, Vader, dat ek my woorde in ooreenstemming met U Woord kan bring. Vandag praat ek oor oorwinning, gesondheid en sukses in my lewe. Ek glo dat ek geestelik sterk en fisies gesond gaan wees, en dat my lewe ewige betekenis gaan inhou.
Ek het lankal besluit ek gaan probeer om ’n rede te vind om dankbaar te wees. Ek gaan God altyd vir iets dank. Ek gaan sorg dat ek Hom voortdurend prys. Dierbare Here, dankie dat U selfs nou U vergifnis en U volmaakte liefde oor my uitstort danksy U Seun se voltooide werk in my lewe. Neem elke talmende gevoel van lelikheid, skuld en veroordeling in my weg. Ek glo nou met my hele hart dat wanneer U na my kyk, U vir Jesus in my sien. Ek is geklee in sy kleed van geregtigheid, guns en seën. Dankie vir U genade en U geskenk van geregtigheid in my lewe. Deur Jesus sal ek in hierdie lewe regeer oor elke sonde, verslawing en mislukking.
O�vou deur genade
Da le ne R e yb ur n
Ek weet nou U kan enigiets doen en niemand kan U keer nie ~ Job 42:2 ’n Glorie-storie wat die moeite werd is om te leer
G
od kan die moeilikhede en probleme wegneem wat jy hierdie week moet hanteer. Hy kan enigiets doen en niemand kan sy doelwitte dwarsboom nie. ’n Mens kan diep vrede uit hierdie eenvoudige waarheid put.
Soms neem Hy wel die moeilikheid of probleem weg. Soms is daar wonderbaarlike genesing en bonatuurlike ingryping en ongelooflike verligting en bevryding van angs. Ander kere doen Hy dit nie. As jy soos ek is, het jy ook al gewonder waarom God nie jou gebede beantwoord of die komplikasies van ’n dol lewe uitstryk nie. Dis baie moeilik om dit in te sien wanneer jy midde-in die situasie is, maar die feit dat God nie altyd jou gebede vir ’n ligter las verhoor nie, beteken Hy strek en versterk jou geloof. Hy doen méér binne-in jou as wat die wonderwerk sou kon regkry. Die heerlikheid wat jou lewe só verkondig sal meer wees as wat jy ooit sou kon droom. Vertrou jy dat God enigiets kan doen – insluitend jou siel herstel – selfs al het Hy nog nie jou moeilikhede opgelos nie?
Here, skryf ’n topverkoper met my lewe. Laat U verheerlik word. Amen.
Hierdie is ’n uittreksel uit Omvou deur Genade deur Dalene Reyburn.
Padkaart -
�piritualiteit R o n e l l e B e zu i den h o u t
Wanneer die probleem nie die probleem is nie As ’n mens ’n lang pad met jou eie geselskap loop, kan jy nie anders as om ’n versluierde geheime in jouself te ontdek nie.
E
en van die interessante lesse wat ’n terapeut gou moet leer, is dat die aanmeldingsprobleem selde die éintlike probleem is. Daar is ook ’n tweede les: Baie mense, dalk die meeste, staak hul terapie sodra daardie éintlike probleem na die oppervlak begin kom. En dan bloot omdat die harde werk dan eers begin. En omdat dit te seer is. Omdat jy dan regtig insig moet ontwikkel wat jou kan help om te verander, of om dalk ander keuses te maak. In ons verstaan en gebruik van gebed, is ons heel gemaklik om by die “aanmeldingsprobleem” vas te haak. Ons bid om oplossings, gewoonlik sodat ons lewe (of ander s’n) net weer gemaklik kan voortgaan. Min van ons kies lang tye se soeke saam met God ten einde die eintlike probleme te bedink – soos die digter hierbo in Psalm 32 doen. Ek kan my sondigheid eerlik voor God bely – dat ek byvoorbeeld so ’n vinnige humeur het – maar hoeveel keer sal ek aanhou soek na dit in my wat daardie geneigdheid om op te vlam veroorsaak? Waar kom dit vandaan? Alle gedrag het tog êrens iets wat dit aanvuur? Waarom probeer ek myself op dié manier beskerm? Is ’n vinnige humeur nie maar bloot die gevolg van my idee oor myself nie? Ek is reg, en jy moet dit erken? Waarom dink ek is net ék die bewaker van die waarheid? Waarom moet ek beter lyk deur iemand anders sleg(ter) te laat lyk? Waarom moet ek altyd bo uitkom? Wat probeer ek van myself af weghou deur nie behoorlik te gaan selfondersoek doen nie? In ’n gesprek oor Lydenstyd vra iemand my op ’n dag die volgende: Hoekom fokus jy so aanhoudend op Psalm 51? Is skuldbelydenis nie iets wat jy doen en afhandel … en dan aangaan nie? Broei jy nie ’n bietjie te veel op die “wie jy is” nie? Impliseer jy nie dalk dat daar vanselfsprekend ’n groot fout is, terwyl dit dalk nié so is nie? Dit is billike vrae. My antwoord? Ek doen dit bloot omdat ek oor ’n lang tydperk beleef het dat mense die éintlike probleem nooit ondersoek nie. Dat hulle gemaklik daarmee is om bloot met die probleme te werk wat aan die oppervlak lê. Ek doen dit waarskynlik ook omdat ek dit alles so goed in myself ken. Ons almal se vals self is so oortuigend dat ons nie noodwendig daaroor wonder nie … Die doel van ’n 40-dae-reis gedurende Lydenstyd is om juis lank genoeg met hierdie vals self te loop, totdat jy nie anders kan as om hierdie medereisiger ernstig op te neem nie. Maar die vals self boelie die ware self. Die vals self word nie so maklik op sy plek gesit nie, ook nie so maklik op sy plek gehou nie. Al wat hier help, is ontbloting. Volgehoue ontmaskering.
06
Hoekom? Die antwoord is eeue oud: “Dit gaan goed met die mens … in wie se gees daar geen valsheid is nie” (Ps 32:2). Soos Basil Pennington skryf: “False self is an identity based on what you have, what you do, and what others think about you. In stark contrast to this is the true self in Christ, which is who we are before God and in God – Christ living in us, as Paul put it to the churches in Galatia.” § Het jy dalk ’n “aanmeldingsprobleem” – wat anders is as die werklike probleem? § Dawid sê in Psalm 51: “Teen U alleen het ek gesondig.” Wat sou Dawid by bogenoemde ontdekking laat uitkom het? Wat dan van Urija, teen wie die sonde éintlik was?
Gebed: Here, is ek regtig eerlik in my skuldbelydenisse teenoor U? Geloofsgewoonte: Lees die “skadu”-psalms Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie. Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte. Sela Psalm 32:2-4 Selfondersoek is een van die stilhouplekke in Lydenstyd. Skuldbelydenis is een van die stilhouplekke wat nog vir ons voorlê, en jy kan maar die Ons Vader-gebed die heeltyd sing, totdat jy daar kom. As ’n mens ’n lang pad met jou eie geselskap loop, kan jy nie anders as om ’n versluierde geheime in jouself te ontdek nie. Een eeue oue manier om hierdie skadukante te ontdek, is om die sogenaamde “skadu”-psalms te lees. Ons hou tog so baie daarvan om die dankbaarheid-psalms te onderstreep, maar ons sal nie te lank in die skaduwee van die skuldbelydenis- psalms wil vertoef nie. As jy laasgenoemde egter stadig, gereeld, nadenkend lees, kan dit jou lewe soveel ryker maak. Daar is ’n ou geestelike gewoonte wat “heilige lees” genoem word. Hier lees jy ’n bepaalde teks, en dan weer en weer en weer. Totdat iets in daardie teks jou oog vang, en vashou. Dit is daardie oomblik wanneer jy begryp waarom jy juis vandag hierdie teks moes lees. Soms strek dié proses oor etlike dae. Jy voel aanvanklik dat daar niks in die teks is wat met jou “praat” nie – dan lees jy dit die volgende dag weer, en die dag daarna weer. Totdat die teks se sluise oopgetrek word … Nee, dit is nie ’n vinnige Bybellees-sessie nie. Jy lees ook nie met ’n rasionele oog wat allerlei kritiese vrae wil oproep nie. Hier lees jy net, sonder oordeel, en jy wag op die openbaring. Op die woord of die strofe wat met jou kommunikeer. Hier is die klompie psalms wat deur die eeue gewoonlik in die 40-dae-lydenstyd gebid is:
• Psalm 6 • Psalm 32 • Psalm 38 • Psalm 51 • Psalm 102 • Psalm 130 • Psalm 143.
Kry Ronell Bezuidenhout se nuutste boek: 40 dae tot hoop - ’n Reis deur Lydenstyd
07
Dit is in afsondering dat ons ontdek dat om te wees is meer belangrik as om te hê en dat ons meer werd is as die uitkoms van al ons gewerskaf. Dit is in afsondering wat ons ontdek dat ons lewe nie ’n besitting is wat ons moet verdedig nie, maar ’n geskenk wat ons moet uitdeel. ~ Henri Nouwen
Sluit aan �y
MANNA Manna is ’n twee-maandelikse publikasie wat tjok en blok vol Woordgebaseerde artikels is. Hierdie is nie net ’n sommer-so geestelike tydskrif nie, maar een wat jou gees sal voed, jou lewe sal verryk en jou verhouding met God sal verdiep.
Sluit aan �y Manna teen R37 elke 2de maand!
Is jy opsoek na ’n geestelike tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie?
Maar
Al gehoor van die Enneagram?
’n Tydskrif waar elke artikel vir jou geestelike waarheid bring?
Emosioneel-intelligente dissipline Wees stil en vetrou op die Here
’n Tydskrif wat jou leer oor die krag van God se Woord in jou lewe?
Staan sterk in ’n wankelende wêreld
’n Tydskrif waar jy meer lees van God as oor mense?
Raak ontslae van bitterheid in jou lewe Die filosofie van die Perfekte Jy
Sluit aan �y ons op een �an die �aniere: Whatsapp of SMS 064 666 4024 Gaan na www.mannatydskrif.co.za en kliek op ‘sluit aan’. SMS “Manna” na 33282
R37.00
Volume 18
10
Raak ontslae van
bitterheid jou Joe l Oste e n
in
lewe
As jy jou beste lewe wil lei, moet jy vinnig vergewe. Leer om te vergeet van die pyn en seerkry van die verlede. Moenie toelaat dat bitterheid in jou lewe wortelskiet nie.
O
nregverdige dinge gebeur met ons almal; dit is deel van die lewe. Wanneer ons seerkry, kan ons besluit om vas te hou aan die pyn en verbitterd raak, of ons kan besluit om daarvan te vergeet en God vertrou om ons daarvoor te vergoed. Ek het iewers gehoor dat 70 persent van alle mense deesdae kwaad is oor iets. Stel jou voor! Sewe uit elke tien mense wat jy vandag gaan raakloop, is kwaad. En dan tel ons nie eers die mense wat op die snelweg by jou verbyry nie! Mense wat met woede in hulle rondloop, besef dit dikwels nie, maar hulle is besig om hul eie lewe te vergiftig. Wanneer ons nie vergewe nie, benadeel ons nie die ander persoon nie. Ons benadeel nie die firma wat ons veronreg het nie. Ons benadeel nie vir God nie. Ons benadeel onsself.
Ons moet gou vergewe, want hoe langer ons wag, hoe moeiliker word dit
As jy jou beste lewe wil lei, moet jy vinnig vergewe. Leer om te vergeet van die pyn en seerkry van die verlede. Moenie toelaat dat bitterheid in jou lewe wortelskiet nie. Miskien het iets met jou gebeur toe jy jonk was. Miskien het iemand jou mishandel of jou veronreg. Dalk het iemand jou gekul met bevordering of leuens oor jou vertel. Dalk het ’n goeie vriend jou verraai en het jy goeie rede om kwaad en verbitterd te voel. Ter wille van jou emosionele en geestelike welsyn moet jy daarvan vergeet. Dit help nie om met haat in jou hart rond te loop nie. Dit help ook nie om kwaad te bly oor iets wat iemand reeds aan jou gedoen het nie. Jy kan niks aan die verlede doen nie, maar jy kan iets aan die toekoms doen. Jy kan net sowel vergewe en vertrou dat God jou daarvoor sal vergoed. Die Skrif sê: “Sorg dat daar nie verbittering soos ’n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie.” Let op dat bitterheid 11
beskryf word as ’n wortel. Dink daaroor. Jy kan nie ’n wortel sien nie; dit is diep onder die grond. Maar jy kan seker wees dat ’n bitter wortel bitter vrugte sal voortbring. As ons van binne bitter is, sal dit elke aspek van ons lewe beïnvloed. Baie mense probeer om seerkry en pyn diep in hul hart en hul onderbewussyn te begrawe. Hulle dra onvergewensgesindheid en griewe in hulle rond en wonder dan hoekom hulle nie ’n lewe van oorwinning kan lei nie, hoekom hulle nie met ander mense oor die weg kom nie en hoekom hulle nie gelukkig kan wees nie. Hulle besef dit nie, maar dit is omdat hul eie hart vergiftig is. Die Bybel sê: “Uit die hart kom … die dinge wat ’n mens onrein maak.” Met ander woorde, as ons bitterheid in ons ronddra, sal dit alles wat uit ons uitkom, besmet. Dit sal ons persoonlikheid en gesindheid negatief raak, en ook die manier waarop ons ander mense behandel. Baie mense probeer hul lewe verbeter deur iets omtrent die uitwendige vrugte te doen. Hulle probeer om slegte gewoontes, slegte gesindhede, ’n kwaai humeur of ’n negatiewe en onvriendelike persoonlikheid te verander. Hulle probeer werk aan die vrugte van hul lewe en dit is prysenswaardig. Maar tensy hulle by die wortel uitkom, sal hulle nooit die vrugte kan verander nie. Solank as wat daardie bitter wortel binne aan die groei is, sal die probleem voortduur en elke keer weer opduik. Jy sal dalk jou gedrag vir ’n rukkie kan beheer of vir ’n kort tydjie ’n goeie gesindheid kan handhaaf, maar het jy al gewonder hoekom jy nie regtig vry kan wees nie? Hoekom jy nie die vernietigende gewoonte kan afskud nie? Jy moet dieper gaan. Jy moet uitvind hoekom jy so kwaad is, hoekom jy nie met ander mense oor die weg kan kom nie, hoekom jy altyd so negatief is. As jy diep genoeg kyk en by die wortel uitkom, sal jy die probleem behoorlik kan baasraak en werklik begin verander. 12
Gif van die verlede Natuurlik hoef jy nie elke negatiewe ervaring te herleef en die pynlike herinneringe op te diep nie. Glad nie. Maar jy moet jou hart ondersoek om seker te maak dat daar nie woede en onvergewensgesindheid begrawe lê nie. As daar aspekte van jou lewe is waarmee jy gedurig sukkel en wat jy tevergeefs probeer verander, moet jy God vra om jou te wys wat jou weerhou van vryheid. Vra God om jou te wys of daar bitter wortels is wat jy moet uitgrawe en verwyder. As God jou iets laat insien, moet jy dadelik werk maak daarvan. Wees gewillig om te verander. Moenie dat die gif van die verlede jou lewe besmet nie. Jare gelede het ’n verskriklike siekte uitgebreek in ’n dorpie in ’n afgeleë deel van Afrika. Die epidemie het kinders en volwassenes oorval en hulle het ernstig siek geword. Weke het verbygegaan, die siekte het versprei en mense het begin doodgaan. Tyding van die siekte het by die vernaamste stad in daardie streek uitgekom en kenners is gestuur om vas te stel wat dit veroorsaak. Hulle het gou agtergekom dat die water besmet was. Die dorpie se water het gekom van ’n bergstroom wat deur ’n fontein gevoed is. Die kenners het stroomop gegaan om die oorsaak van die besoedeling te probeer vasstel. Hulle het dae lank gereis en uiteindelik by die fontein uitgekom. Op die oppervlak was daar geen aanduiding dat iets verkeerd was nie. Hulle het duikers afgestuur om so na as moontlik aan die fontein se opening te gaan soek. Die duikers het ’n skokkende ontdekking gemaak. Die karkasse van ’n varksog en haar kleintjies was reg by die oog van die fontein vasgevang. Blykbaar het hulle ingeval, verdrink en daar verstrengel geraak. Die kristalhelder bergwater het dus besmet geraak waar dit by die ontbindende oorskot van die
dooie vark en haar kleintjies verbyvloei. Die duikers het dadelik die dooie varke uitgehaal en daarna kon die water weer suiwer verbyvloei. Iets soortgelyks gebeur in ons lewe. Negatiewe dinge gebeur met ons almal. Miskien het iemand ons ’n week, ’n maand, of tien jaar gelede seergemaak. Te dikwels hou ons daaraan vas in plaas daarvan om dit aan God oor te gee en ontslae te raak daarvan. Ons het nie vergewe nie, en nes die varke die skoon bergwater besoedel het, word ons lewe besoedel. Die bitterheid het wortel geskiet. Die ergste is dat ons dit na ’n ruk aanvaar. Ons maak plek in ons hart vir daardie bitterheid; ons leer om daarmee saam te leef.” Ag wat, ek is maar altyd kwaad, dis my geaardheid. Ek is altyd so. Ek is altyd verbitterd. Dis wie ek is.” Nee, met alle respek, dis nie wie jy is nie. Jy moet ontslae raak van die gif wat jou lewe besmet. Jy is gemaak om ’n kristalhelder stroom te wees. God het jou na sy beeld gemaak. Hy wil hê jy moet gelukkig, gesond en ongeskonde wees. God wil hê dat jy die lewe ten volle moet geniet. Hy wil nie hê jy moet vol bitterheid en griewe wees nie, anders besmet jy almal met wie jy in aanraking kom. Dink aan jouself as ’n kristalhelder stroom. Dit maak nie saak hoe besoedel die stroom nou is nie, of hoe modderig en troebel die water vandag lyk nie. As jy begin om die mense wat jou benadeel het, te vergewe en ontslae raak van die pyn en seerkry, sal jy weer die kristalhelder water begin sien. Jy sal begin om die blydskap, vrede en vryheid wat God vir jou bestem het, te ervaar. Dalk is dit waarom Dawid gesê het: “Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak.” Ons moet ons hart deursoek om seker te maak dat geen bitterheid wortelgeskiet het nie. Dit hoef nie ’n groot ding te wees wat jou stroom besoedel nie. Dalk voel
jy gegrief omdat jou huweliksmaat nie soveel aandag aan jou gee soos wat jy wil hê nie, dus raak jy kortaf, sarkasties en onvriendelik. Jy raak opsetlik moeiliker om oor die weg mee te kom. Pasop! Daardie bitterheid is besig om jou lewe te besmet. Hou jou stroom suiwer. Moenie toelaat dat jou hart besoedel word nie. Die Bybel sê ons moet gou vergewe, want hoe langer ons wag, hoe moeiliker word dit. Hoe langer ons ’n grief koester, hoe vaster groei die wortel van bitterheid. Soms begrawe ons die pyn en seerkry van die verlede stilletjies in ons hart en verstand in plaas daarvan om gou te vergewe en daarvan ontslae te raak. Ons wil nie daaroor praat nie. Ons wil nie daaroor dink nie. Ons wil dit net ignoreer en hoop dat dit sal weggaan. Dit sal nie. Soos die varke wat onder die water vasgesit het, sal die besmetting eendag in jou lewe waarneembaar raak en dan is dit ’n gemors. Dit sal vir jou selfs meer pyn en ongelukkigheid veroorsaak, en as jy weier om werk te maak daarvan, kan die bitterheid jou doodmaak. ’n Paar dekades gelede het verskeie maatskappye met die toestemming van die Amerikaanse regering probeer om toksiese afvalprodukte onder die grond te begrawe. Hulle het groot metaalhouers met chemiese afval en ander lewensgevaarlike stowwe gevul, dit dig verseël en diep begrawe. Hulle het gedink dit sou die einde van die saak wees. Kort daarna het baie van die houers egter begin lek en die toksiese afval het na die oppervlakbegin sypel en allerhande probleme veroorsaak. Op sommige plekke het dit die plantegroei vernietig en die watervoorraad besoedel. Mense moes hul huise verlaat. In een deel naby die Niagarawaterval, wat bekend gestaan het as Love Canal, het ’n buitensporige aantal mense aan kanker en ander aftakelende siektes begin sterf. Baie gemeenskappe ervaar tot vandag toe nog die gevolge van die toksiese afval wat begrawe is.
Jy moet vergewe sodat jy
vry kan wees. Vergewe sodat
jy gelukkig kan wees.
Wat het verkeerd gegaan? Hulle het iets probeer begrawe wat te giftig was. Dit kon nie ingeperk word nie. Hulle het gedink hulle kan daarvan ontslae raak deur dit te begrawe, maar hulle het nie besef dat die stowwe so kragtig was nie. Die houers kon dit nie binnehou nie. Die mense het nooit gedroom dat die gifstowwe eendag weer te voorskyn sou kom en weer geëlimineer sou moes word nie. Hierdie keer was dit ook meer versprei en baie moeiliker om te hanteer. As hulle die eerste keer behoorlik daarvan ontslae geraak het, sou hulle nooit die verskriklike probleem ondervind het nie. Met ons gaan dit net so. Wanneer iemand ons seermaak of benadeel, begrawe ons dit diep binne ons in plaas daarvan om dit af te skud en op God te vertrou om ons te vergoed. Ons probeer om onvergewensgesindheid, griewe, woede en ander vernietigende reaksies in ons lekbestande houers te druk. Ons maak daardie deksels styf toe en sit hulle eenkant en sê: “Goed. Ek hoef my nie verder daaraan te steur nie. Ek is vir goed ontslae daarvan.” Ongelukkig sal die goed wat jy in jou onderbewuste ingedruk of diep in jou hart begrawe het, eendag weer na die oppervlak kom en jou lewe besoedel, nes die toksiese afval weer na die oppervlak gekom het. Ons kan nie lewe met gif binne-in ons en verwag dat dit nooit skade sal aanrig nie. Aanvaar dit. Jy is nie sterk genoeg om die gif in jou lewe binne te hou nie. Jy het die hulp nodig van iemand wat groter en sterker is as jy. Daarom moet jy daardie bitterheid, griewe en ander gevaarlike stowwe aan God oorgee. Vergifnis is die geheim om jou te bevry van toksiese bitterheid. Vergewe die mense wat jou seergemaak het, die baas wat jou veronreg het, die vriend wat jou verraai het, die ouer wat jou as kind mishandel het. Raak ontslae van al daardie gif. Moenie toelaat dat die wortel van bitterheid vaster 13
groei en jou lewe verder besoedel nie. Hoe lyk hierdie toksiese afval in ons lewe? By party mense sypel dit uit as woede. By ander mense ruik dit na depressie. By nog ander sak dit uit as lae selfagting. Dit kan op baie maniere te voorskyn kom en soms skade aanrig voordat ons agtergekom het dat dit weer kop uitgesteek het. Die beroemde bokser, James “Lights Out” Toney, was bekend vir sy aggressiwiteit in die kryt. Hy het soos ’n besetene geveg. Hy het geweldig hard geslaan en was vir baie jare die middelgewigkampioen van die wêreld. Na een van sy oorwinnings het ’n verslaggewer hom eendag gevra: “James, wat maak jou so goed? Waarom boks jy so aggressief en hartstogtelik?” Die verslaggewer het die gewone antwoord verwag, iets soos: “Wel, jy weet, ek hou van die kompetisie, ek wil wen. Dis hoe ek is. Ek hou van boks.” Maar dis nie wat Toney gesê het nie. “Wil jy regtig weet hoekom ek so hard en aggressief veg?” het die bokser gevra. “Dit is omdat my pa my in die steek gelaat het toe ek ’n kind was. Hy het my en my broers en susters by my ma gelos sodat sy ons alleen moes grootmaak. Wanneer ek nou in die kryt klim, stel ek my voor dat my opponent my pa se gesig het. En ek voel soveel haat en woede teenoor hom dat ek net ontplof.” Toney is aangevuur deur sy woede. Hy het die bitterheid diep laat wortelskiet en dit was besig om sy lewe te besoedel en te vergiftig. Hy het wel die skare se toejuiging en die wêreld se verering gekry, maar hy was steeds ongelukkig. Jy kan uiterlike sukses behaal, maar as jy van binne verbitterd is, sal dit al jou oorwinnings bederf. Jy moet eers die binnekant regmaak. Jy moet by die wortel van die probleem uitkom, en dan eers kan jy werklik gelukkig wees. Dan kan jy ware, smetlose, suiwer oorwinning in jou lewe ervaar. Dalk dink jy: Joel, ek kan dit nie doen 14
nie. Dis te veel gevra. Ek kan nie vergewe nie, Hulle het my te seer gemaak. Wag ’n bietjie! Jy vergewe nie om hulle ontwil nie; jy vergewe om jou eie ontwil. Jy vergewe sodat jou lewe nie verder deur gif besoedel word nie. As iemand jou ernstige kwaad aangedoen het, moet jy hulle nie toelaat om jou verder seer te maak deur daaraan vas te klou nie. Jy benadeel hulle glad nie; jy benadeel net jouself.
Vergewe om vry te wees Jy moet vergewe sodat jy vry kan wees. Vergewe sodat jy gelukkig kan wees. Vergewe sodat jy uit gevangenskap bevry kan word. Ons moet onthou dat ons dit nie net vir die ander persoon doen as ons vergewe nie, maar ook vir ons eie beswil. Wanneer ons vasklou aan ’n wrok en met griewe in ons hart leef, bou ons net skeidingsmure om ons. Ons dink ons beskerm onsself, maar dis nie so nie. Ons sluit bloot ander mense uit ons lewe uit. Ons raak geïsoleerd, alleen, verwronge en vasgevang deur ons eie bitterheid. Daardie mure hou nie net mense uit nie, hulle hou jou ook gevange. Besef jy dat daardie mure ook sal keer dat God se seën in jou lewe instroom? Die mure kan die vloei van God se seën verhinder. Mure van onvergewensgesindheid sal keer dat jou gebede verhoor word. Hulle sal keer dat jou drome verwesenlik word. Jy moet die mure afbreek. Jy moet die mense wat jou seergemaak het, vergewe sodat jy uit jou tronk kan kom. Jy sal nooit vry wees as jy dit nie doen nie. Vergewe die onreg wat teenoor jou gepleeg is. Raak ontslae van die bitterheid in jou lewe. Dit is die enigste manier om waarlik vry te wees. Jy sal ook verstom staan oor wat in jou lewe gebeur as jy ontslae raak van al jou bitterheid en wrokkigheid. Wie weet? Jy kan God se guns op nuwe maniere ervaar. Jy sal vind dat jou gebede vinniger verhoor word namate jy afsien van die verlede en ontslae raak van al die gif wat
jy nog opkrop. Jy staan dalk by ’n kruispad in jou lewe. Dalk is daar kwessies waaroor jy moet besluit en mense wat jy moet vergewe. Jy kan een van twee rigtings kies. Jy kan die waarheid wat jy nou ken, ignoreer en voortgaan om die bitterheid in jou lewe te begrawe, maar hoe dieper jy dit versteek, hoe meer sal dit jou en die mense rondom jou vergiftig. Of jy kan ’n beter keuse maak. Jy kan die bitterheid in die ope bring en God vra om jou te help om daarvan ontslae te raak deur ander volkome te vergewe. “Maar Joel,” hoor ek jou sê. “Jy weet nie wat hulle aan my gedoen het nie.” Nee, ek weet nie. Maar jy moet die saak aan God oorlaat. Hy sal jou vergoed. God sal die verkeerde dinge regmaak. Hy sal geregtigheid laat geskied. Moenie hardkoppig wees en God se goedheid verbeur nie. Wees gewillig om te verander. Ons kan dink aan al die redes waarom ons nie gaan verander nie: Hulle het my te seer gemaak. Hulle het my te erg veronreg. Ek gaan nie vergewe nie. Vergifnis is ’n keuse, maar nie ’n opsie nie. Jesus het gesê dat ons hemelse Vader ons nie sal vergewe tensy ons ander mense van harte vergewe nie. Wanneer jy volhou met onvergewensgesindheid, soek jy moeilikheid. Jy is op ’n vernietigende koers. God sê jy moet van koers verander. As jy gelukkig wil wees, as jy vry wil wees, moet jy ontslae raak van al daardie gemors in jou lewe. Moenie verder daaraan vashou nie. Los dit. Moenie dat die wortel van bitterheid jou lewe verder vergiftig nie. Ondersoek jou hart. Maak dadelik werk van enige kwessies wat God onder jou aandag bring. Hou jou stroom suiwer. As jy jou deel doen en die gif uit jou lewe weghou, sal jy God se goedheid en guns op ’n nuwe manier ervaar. Manna
sterk in ’n wankelende Staan
A n g el i que d u Toit
wêreld
Daar is geen plaasvervanger vir tyd in God se teenwoordigheid nie. Betrek Hom by die kleinste besonderhede in jou lewe en Hy sal jou vreugde, vrede, rigting, hoop en vertroue gee.
O
m sterk te staan in ’n wêreld vol opstand, gewetenlose diktators wat mag najaag, ’n wêreldwye ekonomie wat wankel van oormatige verbruikersdruk, hemelhoë petrolpryse en die dreigende energiekrisis, gepaard met godsdienstige faksies se vetes en fundamentalisme, vereis dat jy diep fondamente moet grawe om die ergste ontwrigtings te weerstaan. Die basis hiervan is jou verhouding met God; om te erken dat Hy diep persoonlik en nou betrek is in alles omtrent jou lewe. Jy moet Hom elke uur van die dag, sewe dae per week by jou lewe insluit en Hom raadpleeg oor die besluite en veranderings in jou lewe; verlede, hede en toekoms. Om met God te praat, oftewel gebed, is so maklik soos om in en uit te asem.
16
Gebed vereis nie hoogdrawende taal of ’n spesiale soort stemtoon nie. God geniet jou net soos jy is
Ek weet die gedagte om op ’n alledaagse geselstrant met God te praat, wat in een asemteug ’n reeks sterrestelsels kan skep, is ’n bietjie uitdagend om die minste te sê. Maar dit is hoe ontvanklik Hy vir my en jou is. Gebed vereis respek, bedagsame interaksie en om te luister. Dit vereis nie hoogdrawende taal of ’n spesiale soort stemtoon nie. God geniet jou net soos jy is. Dit is tog hoe Hy jou gemaak het. Dit is noodsaaklik om die tyd te maak om die wêreld se geraas uit te sluit en op God te konsentreer. Die enigste manier om volhoubare verhoudings te bou, is om tyd deur te bring met die mense wat jy beter wil leer ken. Dit is presies dieselfde in ’n verhouding met God. Hy is daar wanneer jy in jou motor ry, in die stort of in die kombuis is, of wanneer jy in die bed lê. Om ’n verhouding met die almagtige God te hê is nie dieselfde as om godsdienstig te wees met God nie. Verhouding is ’n manier van wees. Godsdiens is ’n manier van doen.
17
Gebed verander dinge. Gebed verander die een wat bid. Gebed verander die een vir wie gebid word. Dis interessant om daarop te let dat Jesus se dissipels Hom nooit gevra het om hulle te leer preek nie, maar wel om hulle te leer bid. Gebed is ’n lewenstyl. Dit is die kuns om ’n gees van gebed (gesprek met God) by alle aspekte van die lewe in te sluit. Gebed is ’n ingesteldheid van die hart wat partykeer nie eens in woorde uitgedruk word nie. Eenheid met God spruit uit onafgebroke, konstante gemeenskap met Hom. Diep gemeenskap met God sal tye van afsondering vereis, wanneer jy die warboel en geraas van die wêreld uitsluit, stil word en weet dat Hy God is. Om met God te praat is jou noodlyn. Gebed kom altyd deur na die Here. Dit is absoluut noodsaaklik dat jy die Bybel, sy Woord, bestudeer om jou lewe op die regte spoor te hou: Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen. – 2 Timoteus 3:16–17
Probeer doelbewus om oor God en sy Woord na te dink om jou vrese te stil en jou stres deur die dag te verminder. Vind die beloftes wat op jou omstandighede van toepassing is en staan sterk. Neem die besluit om nie te verswak, te twyfel of in te gee wanneer dit lyk of natuurlike omstandighede en gevolge God se Woord weerspreek nie. Maak ’n punt daarvan om na opbouende lesse, musiek en gesprekke te luister. As jy sterk wil staan in hierdie wankelende wêreld, gaan jy die goeie besluit moet neem om negatiewe en vernietigende aktiwiteite en besprekingspunte te vermy. Wanneer jy jou behoefte aan Jesus as Here van jou lewe erken, hou dit jou nederig, en weet jy dat jy tot niks belangriks of van ewige waarde in staat is 18
sonder God nie. Deur met voortdurende kommunikasie na aan God te bly, net soos wat jy met iemand in jou geselskap sou praat, sal dit jou deur die vele beproewings en versoekings van die lewe help. Sonder die noue, voortdurende kommunikasie met God kan die lewe jou oorweldig en jou laat voel of jou lewe besig is om uit te rafel. Daar is geen plaasvervanger vir tyd in God se teenwoordigheid nie. Betrek Hom by die kleinste besonderhede in jou lewe en Hy sal jou vreugde, vrede, rigting, hoop en vertroue gee. Om jou hande in gebed saam te slaan is die begin van ’n opstand teen die wanorde van die wêreld. – Karl Bath
In stilte en vertroue Deur stil te raak en te vertrou, sal julle sterk word. – Jesaja 30:15 Een van die moeilikste ervarings in die lewe kan wees om te wag vir ’n visie, droom of begeerte, wat jy so seker was vervul sal word. Wanneer mens in ’n toestand van “Godvresende afwagting” is, is die versoeking groot om die lewe met moedeloosheid en neerslagtigheid te beskou. Daar is baie stemme in die wêreld wat jou sal probeer wysmaak dat jy niks sal bereik as jy nie aanhoudend besig bly nie. In hierdie gejaagde eeu van blitsinligting is die konsep van wag vir ons vreemd. Ons voel dikwels skuldig omdat ons sogenaamd “niks doen nie”. Om dit te vererger, voel dit asof ander dit agterkom en ons met hul chaotiese lewe wil meesleur. Tog is dit ’n daad van vertroue wanneer ons God eer deur stil te wees en soms te onttrek. Ons kan die beloning geniet wanneer ons van die sneltrein afklim, stilstaan en die omgewing aanskou, diep asemhaal en ’n bietjie stilte vind. In stilte kan ons met vertroue sê ons krag word hernu. ’n Mens jaag dikwels so vinnig deur die lewe dat al sou die geleentheid hom vandag
voordoen om jou drome te verwesenlik jy dit waarskynlik sal miskyk. Om sterk te staan in jou lewe vereis die dissipline om tyd te maak vir stilte. Miskien moet jy jou selfs forseer om uit die gejaag te kom wat reeds ’n gewoonte geword het, sodat jy stil kan wees, luister en rustig kan vertrou. Daar is altyd die gevaar dat ons God vooruitloop, omdat ons onopgelei en onvoorbereid is. Die gevolge daarvan kan ernstig wees. Kyk ’n bietjie na die voorbereiding wat Dawid gehad het voordat hy koning geword het. Dawid was as jong seun al gekies om koning te word, tog was hy baie jare lank ’n skaapwagter. Die kenmerk van Dawid se lewe wat ons in sy gedigte in die Psalms sien, was dat hy in stilte en vertroue gewag het, in lof en aanbidding, en met vertroue in God se plan, ondanks die groot uitdagings wat hy dwarsdeur sy lewe ervaar het. Moses was 40 jaar lank in die woestyn (praat van stilte!), maar daardie tye was die voorbereiding vir die grootste geleentheid, nie net in sy lewe nie, maar vir die hele volk van Israel! Weet dat dit in daardie stil tye, in die versteekte dae, is dat jou drome en begeertes gebore word. In die stilte kom jou gedagtes, passies, begeertes, doelwitte en planne vir jou lewe in gelid, en gee dit jou hoop, ten spyte van die daaglikse uitdagings. Jou God-droom sal jou deur die storms van die lewe help. Deur aan te hou hoop, sal jy die struikelblokke oorkom, verandering aanvaar en beweegruimte ervaar in die moeilike tye. Jy weet jy is vir baie meer geskape as wat dit wat jy tot nou toe maar net aanvaar het. Maar jou droom sal ontduik totdat jy by die punt kom waar jy weet dat Hy in beheer van jou lewe is. Wanneer jy sy agenda aanvaar en joune laat vaar, sal jy die teleurstellings vergeet wat kom wanneer jy jou eie wil laat geld. Jy sal besef dat jy in elk geval niks van ewige waarde sonder Hom sou kon uitrig nie. Eers dan sal jou drome jou werklikheid word.
God se volmaakte tydsberekening vir die seisoene in jou lewe is die gevolg van sy diep persoonlike snoeiwerk. Die seisoen vir bevryding kom wanneer jy deurgedruk het – ja, partykeer op die nippertjie, maar nogtans het jy volhard. Nie een van die Here se woorde het nog ooit gefaal nie. Hy sê dit net en dan is dit so. Jy kan dit as sy belofte aanvaar, want die Here kan nie lieg nie. Sy integriteit is bo verdenking. Jy kan dit as ’n belofte aanvaar, want Hy het dit gesê. God kan absoluut en geheel en al op elke gebied van jou lewe vertrou word. Die vervulling van jou droom sal kom deur jou aan God se prosesse en aan sy tydsberekening en agenda te onderwerp. Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag. ’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming.– Spreuke 16:3, 9
Leef in die skadu van die almagtige Hy wat woon in die skuilplek van die Allerhoogste, sal rus in die skadu van die Almagtige. – Psalm 91:1 Vrees is jou lewe se grootste vyand. Hulle sê: “Daar is niks te vrees behalwe vrees self nie.” Vrees wat nie beteuel en weerstaan word nie, sal jou gemoedsrus, jou vermoë om te kies en selfs jou lotsbestemming versteur. Om deur ’n gees van vrees beheer te word beroof jou van jou vrede. Jou vreugde verdwyn en jy verloor jou krag. Vrees is verleidelik, manipulerend en beherend. Vrees is ’n gif wat verraderlik in jou gedagtes en hart insluip. Dit kan tot jou fisieke wese deurdring, wat dikwels as simptome van stres geïdentifiseer word. Hoe dikwels het jy al ervaar dat vrees met jou hede en jou toekoms inmeng? Vir meer as die helfte van my lewe het ek die volgende wapen in die arsenaal van die Skrif gebruik. Ek gebruik dit vandag nog wanneer ek voor enigiets of enigiemand te staan kom wat my bang maak: Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee
nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing – 2 Timoteus 1:7 In my lewe was daar eindelose geleenthede om in vrees te leef. Nou en dan duik daar nog iets op. Wanneer jy ’n plan van aksie het om jou vrees te konfronteer, kan jy in volmaakte vrede leef. Daar is drie woorde wat jou wapens van massavernietiging moet word. Wanneer jy dan voel die vyand van vrees is naby, kan jy die knoppie druk en outomaties ’n aanval teen hierdie dreigende vyand loots. Eerstens moet jy insien hoe vrees toegang kry tot jou gedagtewêreld. Onthou, ons is dikwels banger vir die gedagte van vrees as vir die omstandigheid self. Negatiewe beelde skep ’n ervaring van vrees. Vrees begin as ’n klein saadjie wat in jou gedagtes gesaai word. Wat jy sien, is wat jy kry. Die vrees kom miskien van ’n herinnering, ’n ervaring in die verlede, ’n afkeer aan iets, of iets wat gaan gebeur wat jou senuweeagtig maak. ’n Klein, angsbevange gedagtetjie kan baie vinnig omsit in ’n bekommernis wat jou maag laat draai. Kort voor lank word dit rou vrees. Dan is jou gemoedsrus daarmee heen, jou gedagtes is deurmekaar en jou vermoë om goeie besluite te neem is verswak. Om te verstaan wie die vyand is, is die eerste stap om vrees te oorkom. Jy kan nie iets konfronteer as jy nie weet wat dit is nie. Sien dit vir wat dit is. Begin daaraan dink, stel dit in jou gedagtes voor, praat daaroor en reageer op wat jy wil hê en nie wil hê nie. Tweedens moet jy die gedagte, die prentjies in jou kop weerstaan. Weerstaan die vrees wat jou probeer oorval. Onthou, net jy kan beheer waarmee jy jou verstand voed. As jy dus jou lewe oopstel vir ontstellende dinge – soos om na sekere televisieprogramme of flieks te kyk, of dinge te lees wat vreesaanjaend is – sal jy bang wees. Vrees en harmonie kan nie saamleef nie. Vrees is die teenoorgestelde van geloof. Jy moet die dinge wat jou gaan ondermyn of vernietig, weerstaan of
uitroei. Jy word dit waarop jy konsentreer. Staan vas in geloof en leer om die voorsprong te kry wat nodig is vir ’n oorwinning. Jou verstandelike gesondheid is dit werd! Laastens moet jy weier om te dink aan enige herinneringe of beelde wat jou enigsins beangs of bang laat voel. Jy het die gesag om te besluit wat jy in jou gedagtes toelaat. “Jy kan nie voorkom dat die voëltjies oor jou kop vlieg nie, maar jy kan beslis voorkom dat hulle daar nes maak!” As jy vrees toelaat, sal jou vrese ’n selfvervullende profesie word; jy versterk gedurig dit waarvoor jy bang is deur dit in jou gedagtes te laat maal, of deur daaroor te praat. Dan bly die vrees in jou lewe en laat jou glo dat dit wat jy vrees met jou sal gebeur! Jy moet kies om te weier! Deur vandag te kies om daardie gedagtes te verban, kan jou lewe verander van bevrees na wonderbaarlik vry van vrees! Die geheim van ’n lewe van volmaakte vrede is om in sy skadu te rus, in die teenwoordigheid van God te leef en jou gedagtes onwrikbaar op Hom gerig te hou. Hernu jou gedagtes elke dag met vars, gelowige denke. Wanneer jou gedagtes met God gevul is, is dit baie moeilik om met vrees gevul te word. Daar is ’n wonderlike belofte in Jesaja 26:3: “U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is.” Manna
Hierdie is ’n verwerking uit Staan sterk in ’n wankelende wêreld deur Angelique du Toit. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.
19