Manna issuu volume 016 2017

Page 1

Waarvoor leef jy? Verhoog jou mensepotensiaal Fake it until you make it Vertrou God se tydsberekening Die moed om te begin en wĂŠĂŠr te begin 8 Tale van die brein

R37.00

Volume 16



Seënbede

Seën ons Here God, seën Afrika Laat haar mag tot in die Hemel reik Hoor ons as ons in gebede vra: Seën ons in Afrika Kinders van Afrika Hou U hand O Heer, oor Afrika Lei ons tot by eenheid en begrip Hoor ons as ons U om vrede vra Seën ons in Afrika Kinders van Afrika Daal neer O Gees, Heilige Gees Kom, woon in ons, Lei ons, O Heilige Gees Seën ons Here God, seën Afrika Neem dan nou die boosheid van ons weg Maak ons van ons sonde ewig vry Seën ons in Afrika Kinders van Afrika Nkosi sikelela, thina lusapho lwayo Hans du Plessis


Gary & Rhona Kieswetter

Bou jou

verhouding met God

’n Lewende persoonlike verhouding met Jesus is seker een van die mees opwindendste dinge in die lewe. Dit gebeur egter so maklik dat ons verval in ’n godsdienstige patroon van tyd met Hom sonder om Hom werklik te ervaar. Iets wat ons gewete paai, maar nie eintlik krag dra nie. Iets wat ons moet inisieer en in stand hou en wat soms net voel asof ons dit net nie regkry nie! Tog het God dit duidelik gemaak in 1 Korintiërs 1:9 dat Hy ons geroep het om te deel in ’n wonderlike persoonlike verhouding met Jesus Christus ons Here. Die woord “verhouding” daar beteken intimiteit! Jesus het ’n behoefte gehad om op ’n intieme vlak met jóú te kommunikeer en Hy het die proses geïnisieer. Niemand het God gesoek uit hulle eie nie, Hy is die een wat van sy kant af ons kom opsoek het. Hy is die een wat alles begin het en wat ook in staat is om daardie verhouding te onderhou. Eerstens het ons nodig om te verstaan dat om in ’n verhouding met God te wees nie iets is wat jy kan verdien nie, dit is iets wat Hy vir jou geskenk het. Wanneer jy byvoorbeeld getroud is met iemand hoef jy nie te probeer om in ’n verhouding met daardie persoon te wees nie, jy is net reeds. Jy hoef nie iets te verdien wat jy reeds besit nie. Netso, wanneer ons Jesus in ons lewens innooi hoef ons nie meer te strewe om in ’n verhouding met Hom te wees nie, ons het dit reeds. Hy het jou ingetrek in sy Goddelike familie en jou laat deelword van die liefde tussen die Vader, Seun en Heilige Gees. Dink vir ’n oomblik watter tipe liefde die Vader voel vir die Seun. Wel, dit is presies hoe Hy oor jou ook voel!

Al wat nou nodig is, is dat ons leer hoe om te reageer op die liefde wat Hy reeds op ons kom uitstort het. Volgens 2 Petrus 3:18 moet ons nou groei in die genade en kennis van Jesus ons Verlosser. Die woord “kennis” daar beteken omgang. Om ’n diep intieme kennis van Jesus te beleef sodat ons die plesier van Sy liefde kan ervaar. Hoe werk dit prakties? Ons vergeet soms dat die God wat ons dien ook ’n persoon is. Hy is iemand met intensies, emosies, planne, idees, behoeftes en selfs begeertes. Dieselfde geld met hoe jy met ’n persoon in die natuurlike ’n verhouding bou. ’n Goeie verhouding word gekenmerk deur goeie kommunikasie. Jy deel jou lewe met die ander persoon deur met hulle te gesels oor wat in jou lewe gebeur en hulle dan kans gee om jou te vertel wat in hulle lewe aangaan. Dit is ’n twee rigting gesprek. Nog ’n element van ’n goeie verhouding is om die ander persoon te respekteer deur hulle behoeftes in ag te neem. Om nie net die hele tyd gefokus te wees op jouself nie, maar om met opregte liefde die ander persoon se behoeftes eerste te plaas en vir hom of haar te laat verstaan hoe jy oor hulle voel. Wanneer ’n verhouding gesond is, kan jy selfs jou diepste hartsgeheime en vrese met daardie persoon deel sonder dat jy bang is dat die persoon dit later teen jou gaan gebruik. Jy moet jouself kwesbaar kan maak voor daardie persoon omdat jy hom of haar vertrou om die beste vir jou te wil hê. Mense in ’n goeie verhouding doen ook lekker dinge saam. Hulle spandeer tyd saam en geniet mekaar se geselskap. Al hierdie dinge is presies hoe ons prakties met ons God kan connect. Sien Hom as ’n persoon en behandel Hom só. Laat Hom toe om jou lief te hê en jy sal verbaas wees hoe vinnig jou verhouding met Hom verdiep.


GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL

Volume

16

’n Nuwe koers vir jou kop

06

Waarvoor leef jy?

Jy het net een kop met eindelose potensiaal gekry toe jy die lewenslig gesien het.

Verhoog jou mensepotensiaal

16

Fake it until you make it

Hoe meer waarde jy aan mense heg, hoe meer sinvol sal jou lewe wees.

Vertrou God se tydsberekening

26

Wanneer jy in God se rus is, weet jy dat Hy op die volmaakte tyd alles sal doen wat Hy beloof het. Hy sal dit tot stand bring. MANNA www.mannatydskrif.co.za Whatsapp of SMS: 064 666 4024 Inskrywings: info@mannatydskrif.co.za

10

Jy sal God se doel vir jou misloop as jy net op die uitkyk is vir groot aardskuddende dinge of dinge wat almal laat hande klap en juig.

22

Die lewe vra jou meermale om die dapper keuse te maak om jouself aan die enkels op te trek en jou kop op te tel.

Die moed om te begin en wéér te begin

30

8 Tale van die brein

35

Wat sou dit vir jou beteken om sonder enige twyfel te weet dit is heeltemal moontlik om teleurstelling en selfs wanhoop te oorkom

“Slim” is ’n kragtige woord. Kinders wat glo hulle is slim, presteer beter op skool en pak die lewe met meer selfvertroue aan.

Redakteurs: Gary en Rhona Kieswetter Uitgewer: Ingrid Stegmann / ingrid@dor22.co.za

Grafiese ontwerp & uitleg: Adri de Bruyne Ontwerpelemente: Freepik.com Fotos: Shutterstock


Geloofsmuur God soek nie na perfekte mense om Sy wil uit te voer nie. God soek bloot bereidwillige mense.

Almal van ons kom voor situasies te staan wat onmoontlik lyk. Dis maklik om dan mismoedig te word en te dink dat dinge nooit sal uitwerk nie. Maar die Skrif sĂŞ vir ons dat God ons paaie wat skeef loop, reguit maak.

Dankie Here dat ek my nie moet bekommer oor bose dinge wat oor my pad kan kom nie. Help my om sterker te word wanneer my geloof wankel, sodat ek U al meer kan vertrou en kan ontvang wat ek in geloof verwag.

Dit maak nie saak hoeveel keer jy gefaal het nie. Wanneer jy Jesus die middelpunt van jou lewe maak, sal God sorg dat sy seĂŤn, guns en genade tot in jou situasie vloei.


Voetpad na

V�ede

Mila nie Vosloo

Saam met U kyk ek terug en ervaar ek vrede, saam met U kyk ek vorentoe en weet: U ís my Alfa en Omega.

I

’n Fees-vervulde tyd n Jerusalem gaan die Here, die Almagtige, ’n heerlike fees voorberei vir almal oor die hele wêreld (Jesaja 25:6).

Desember is ’n feesviermaand: ’n tyd om sommer net weer die jaar se stof van jou voete af te skud, tot stilstand te kom en ’n klomp feeslekkertes te geniet. Ek hoop dat jy deur die loop van die jaar, afgesien van saamwees-kuiers met jou liefhê-mense, ook heerlike kuiertye saam met jou Vader geniet het. Dit is juis nou die tyd wat jy meer tyd het om sy by-jou-wees te geniet; sy genade-gee’s te ontvang en sy liefde vir jou te omhels. Die waarheid is: Hy wag op jou! Want Hy wíl spesiale saamwees-oomblikke met jou hê. Ja, Hy wil saam met jou terugkyk op nóg ’n jaar se saamstap. Nog ’n jaar waarin Hy bewys het hoe groot en getrou sy liefde vir jou is.

Vader-God, in hierdie jaar was daar wonderlike oomblikke waarin branders van geluk op die sand van my hart uitgespoel het. Ek het weer beleef hoe ek daagliks my probleme in die sand kan skryf en hoe U gety dit dan weer wegspoel. Hier staan ek weer met ’n dankgevulde hart terwyl ek tuur oor die horison van môre en weet: soos gister, sal U môre ook daar wees. My ook weer seën met u soort feesvervulde vreugde. Mag jy in hierdie dae – met én sonder rede – sommer net saam met jou Here feesvier!

Hierdie is ’n uittreksel uit Sielskos vir die vrou wat lééf deur Milanie Vosloo.


Dink jouself

gelukkig... S t e p h an Jo u bert

’n

nuwe koers vir jou kop

Die goeie dinge wat ek wil doen, doen ek nie.” Wie ken nie daardie woorde van Romeine 7:19 nie? Paulus se innerlike stryd oor die goeie wat hy wil doen, maar nie gedoen kry nie, is aan die meeste van ons goed bekend – uit ervaring. Afgesien van die teologiese betekenis hiervan, is dit taal wat met ons almal resoneer. Jy het net een kop met eindelose potensiaal gekry toe jy die lewenslig gesien het. Tog is daardie einste kop dikwels verdeel tussen die goeie wat jy wil en die slegte wat jy nie wil doen nie. Jou kop is soms ook vasgevang tussen wat jou emosies begeer en wat jou rasionele denke weet die beste is vir jou. Die stryd tussen jou emosies en denke bewys dat jy ten volle mens is. Dit sê ook dat jy iets ervaar van Galasiërs 5 se stryd tussen vlees en gees. Jy kan nie doen wat jy wil nie. Daar woed ’n nimmereindigende geveg tussen jou begeertes en jou wil. Die oorlog in jou kop en lyf hou dikwels verband met die stryd tussen lig en donker, maar partykeer gaan dit net oor die spanning tussen jou emosies en jou rasionele denke. Chip en Dan Heath praat in hierdie verband van ’n ruiter en ’n olifant om die rasionele en denkende fasette van jou kop mee te belig. Die olifant verteenwoordig jou emosionele kant wat grotendeels onbewustelik en instinktief gebeur, terwyl die ruiter jou rasionele kant is wat bewustelik en reflektief gebeur. Elk van hierdie sisteme het bepaalde voor- en nadele. Die ruiter hou daarvan om alles in jou lewe logies te analiseer, terwyl die olifant weer vinnig wil beweeg, want aksie maak vir hom saak. Jou emosies is blitsvinnige skakelaars. Omdat die olifant en die ruiter in harmonie moet werk om konstruktief en opbouend te funksioneer, moet jy beide van hulle voortdurend bestuur. Beide die emosionele en rasionele kante van jou kop moet gedurig in ag geneem word. Beide moet inkoop op die koers van jou lewe. Rasionele denke alleen sal jou nie deurtrek nie; jy moet ook gemotiveerd voel. Dit is juis daardie olifant in jou kop wat dinge op die lang termyn gedoen kry met sy hoë energie en diep emosies. Tog is dit weer die ruiter wat die logiese beplanning en koers vir hierdie veranderinge moet verskaf.

06


Padaanwysings vir groei en verandering Mense wat ernstig is oor die Here wil nie vir altyd op dieselfde plek stilstaan in hulle geloofsreis nie. Groei vra om verandering, maar dit is moeilik. Volgens Chip en Dan Heath vra dit dat jy jou kop se olifant en ruiter as volg moet bestuur: § “Direct the rider: What looks like resistance is often a lack of clarity. So provide crystal-clear direction. § Motivate the elephant. What looks like laziness is often exhaustion. The rider can’t get his way by force for very long. So it’s critical that you engage people’s emotional side – get their elephants on the path and cooperative. § Shape the path: What looks like a people problem is often a situation problem … When you shape the Path, you make change more likely, no matter what’s happening to the rider and elephant.”

Change is hard because people wear themselves out. Terloops, ons sou hier ook na die Nobelpryswenner Daniel Kahneman se model kon kyk. In sy boek Thinking, Fast and Slow sê hy ons kop werk met twee sisteme, naamlik ’n vinnige een wat meestal onbewustelik gebeur en wat blitssnel, intuïtief en op die ingewing van die oomblik besluite neem, en ’n stadige een wat rasioneel en bewustelik gebeur. Hierdie twee sisteme werk uiteindelik saam in jou kop om jou persepsie van die wêreld te vorm. Wanneer jou kop se analitiese kant presies weet waarheen jy met jou lewe op pad is, deurdat jy onder andere in staat is om jou planne in hanteerbare en verstaanbare stappe en prosesse af te breek, tap jy nie sy beskikbare energie leeg nie. In dieselfde asem moet jy ook in voeling hiermee wees. Om net die regte feite in plek te hê en haarfyn te weet waarheen jy wil verskuif, is nie genoeg motivering dat jy dit wel gedoen sal kry nie. Die regte gevoelens is die brandstof hiervoor. Jy moet in jou binneste ervaar dat die roete waarop jy vorentoe wil reis die regte een is. Dit moet resoneer met jou diepste emosies. Jy moet ook die basiese padaanwysings ken sodat jy daar kan uitkom. Jy moet byvoorbeeld sekere geloofsgewoontes aanleer en inoefen wat jy weet jou by jou einddoel sal bring en jou reis soontoe sal vergemaklik. Jy moet die regte omgewing skep waarbinne jou wil, emosies en denke Christuswaarts kan groei. Ten diepste moet alle verandering in jou lewe appèl maak op jou beginsels en norme. Wanneer jou diepste menswees en identiteit ter sprake gebring word, skuif jy makliker van A na B, en van C na D. Verandering kos inspanning. Daarom systap die meeste mense dit en laat hulle koppe vir lang tye outomaties funksioneer sonder enige diep nadenke. Dagdromery is een van jou kop se vernaamste maniere om energie te bespaar. Jou brein laat jou vir lang tye in hierdie neutrale rat vassteek. Kyk net hoeveel tyd bring jy byvoorbeeld agter jou motor se stuur deur sonder om aan enigiets konstruktiefs te dink. Dieselfde gebeur as jy luilekker voor die TV lê. Denkprosesse verbrand immers tot drie maal soveel kalorieë as sulke uitkampsessies voor die TV. Ligloop vir sulke lugleegtes in jou kop!

Hierdie is ’n verwerking uit Verander jou kop, verander jou lewe deur Stephan Joubert.

07


Kersfees is ’n tyd om te gee sonder om iets terug te verwag. Dit is geluk omdat ons vreugde sien in die mense rondom ons. Dit is om van jouself te vergeet en tyd te maak vir ander. Dit is om die onbelangrike, wêreldse dinge te vergeet en egte waardes te beklemtoon. T. Monson


Sluit aan �y

MANNA Manna is ’n twee-maandelikse publikasie wat tjok en blok vol Woordgebaseerde artikels is. Hierdie is nie net ’n sommer-so geestelike tydskrif nie, maar een wat jou gees sal voed, jou lewe sal verryk en jou verhouding met God sal verdiep.

Sluit aan �y Manna teen R37 elke 2de maand!

Is jy opsoek na ’n geestelike tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie?

Waarvoor leef jy?

Maar

Verhoog jou mensepotensiaal

’n Tydskrif waar elke artikel vir jou geestelike waarheid bring?

Fake it until you make it

’n Tydskrif wat jou leer oor die krag van God se Woord in jou lewe?

Vertrou God se tydsberekening

’n Tydskrif waar jy meer lees van God as oor mense?

Die moed om te begin en wéér te begin 8 Tale van die brein

Sluit aan �y ons op een �an die �aniere: Whatsapp of SMS 064 666 4024 Gaan na www.mannatydskrif.co.za en kliek op ‘sluit aan’. SMS “Manna” na 33282

R37.00

Volume 16


Waarvoor Jo yce M eyer

�eef �y?

Jy sal God se doel vir jou misloop as jy net op die uitkyk is vir groot aardskuddende dinge of dinge wat almal laat hande klap en juig.

G

od gebruik netsoveel klein dingetjies as groot dinge en partykeer gebruik Hy selfs meer klein dingetjies. God se wil is dat ons ons vrye wil moet gebruik om Sy wil te kies. Deel van sy doel vir ons is om “doelgerig” te leef met ’n doel. Baie mense voel nutteloos en mors hul tyd deur te wonder waarom hulle op aarde is. “Wie is ek? Waarom is ek hier?” is die uitroep in menige hart. Jy is hier omdat God jou wil hê! Jy is vir Hom belangrik en jy pas in sy doel. Jy is nie ’n ongeluk nie. Jy is persoonlik ontwerp deur God se hand en Hy het jou vermoëns gegee wat jy in diens van God en mens moet gebruik. Ons bewerk ons ondergang deur onsself en wat ons kan doen en nie kan doen nie, te vergelyk met ander mense en wat hulle kan doen. Dit is ’n groot fout! God sal jou nooit

10

God moet dalk die eerste helfte van ons lewens gebruik om ons in posisie te kry vir die tweede helfte

help om iemand anders as jouself te wees nie! Ek dink selfaanvaarding is noodsaaklik as ons beplan om ons doel in die lewe te ontdek. Bykomend tot liefde vir God, kameraadskap met Hom en om as Jesus se dissipel na sy beeld gevorm te word, het elkeen van ons ’n rol om te speel in God se plan vir die verlossing van die mens. Leer jouself ken en leer om jouself te waardeer! Elke dag wat jy teen jouself baklei, is nog ’n dag wat jy mors. Dit is belangrik om te kan sê: “Ek hou van myself en ek het myself lief met God se liefde.” Om enigiets anders as dit te doen, is ’n belediging vir God. Ek het eenkeer gehoor hoe ’n pastor vir ’n vrou sê wat pas aangekondig het dat sy haarself haat: “Wie dink jy is jy? As God jou lief genoeg gehad het om sy Seun te stuur om vir jou te sterf, kan jy jouself sekerlik ophou haat en vir God van nut word.”


11


Net omdat ek nie is wat ék wou wees nie beteken nie dat ek nie presies is wat Gód wou hê ek moet wees nie. Ek tree dalk nie op presies soos Hy wil hê ek moet optree nie, maar ons gedrag verbeter namate ons die Woord van God leer ken en ’n sterker verhouding met Hom vestig. God het ons net so lief terwyl ons verander as wat Hy ons gaan hê wanneer ons klaar verander het! Totdat ons God se liefde vir ons werklik begryp, en danksy ons regte posisie voor God deur ons geloof in Jesus, sal ons gedrag nooit verbeter nie. God aanvaar jou en Hy sal jou nooit verwerp nie. Ek sou graag wou sing soos party mense kan doen of ’n musiekinstrument bespeel of skilder, maar God het my nie daardie soort gawes gegee nie. Dit beteken dat ek nie veronderstel was om ’n sangeres te wees, of ’n musikant of om te skilder nie. Om jou lewe te mors deur te probeer om iets te wees wat jy nie is nie, is nutteloos! God se Woord leer ons dat dit beter is om te geniet wat vir ons beskikbaar is as om te leef met hunkering en wisselende begeertes. Een van die beste maniere om op te hou tydmors, is om jouself nou dadelik te aanvaar soos God jou ontwerp het. Moet nooit weer teen jouself baklei nie. Sê: “Ek is wat ek is en ek kan niks doen waarvoor God my nie ontwerp het nie – maar ek kan alles doen wat Hy vir my bedoel het. Ek aanvaar myself as God se skepping. Hy het my lief en het ’n doel vir my lewe.” Selfs al weet jy nog nie wat daardie doel is nie, sal dit jou help om te begin om dit te ontdek. Ontspan en weet dat die feit dat jy leef, beteken dat jy ’n doel het. Ek glo God sal ons daagliks gebruik as ons Hom vra om dit te doen. Daar is baie dinge wat God deur ons doen en ons besef nooit eens wat gebeur nie. Ek was ’n rukkie gelede in die supermark toe ’n vrou my herken en tranerig raak. Sy het gesê: “Dit is vandag my verjaarsdag en om jou raak te loop 12

is my geskenk van God.” Ek was in die winkel om iets te koop en God het my gebruik om iemand te seën! Ek wonder hoeveel keer gebruik God jou op die een of ander manier sonder dat jy dit agterkom.

Wat het jy gedoen waarin jy glo en waarop jy trots is? Dalk komplimenteer ons iemand sonder om te besef hoe nodig hy of sy dit gehad het. Jy glimlag vir iemand en dit vertroos haar omdat sy ’n spanningsvolle ervaring gehad het. Daardie persoon word bemoedig en ons het God se doel vir ons vir daardie oomblik vervul. Jy sal God se doel vir jou misloop as jy net op die uitkyk is vir groot aardskuddende dinge of dinge wat almal laat hande klap en juig. God gebruik netsoveel klein dingetjies as groot dinge en partykeer gebruik Hy selfs meer klein dingetjies. Onthou altyd dat iets wat vir ons klein en onbelangrik lyk, dalk vir iemand anders ’n lewensveranderende gebeurtenis kan wees!

’n Vaste tyd vir alles Selfs as ons God soek vir beter begrip van sy wil vir ons, gaan ons dalk nie ’n bloudruk kry vir die res van ons lewens nie. As ons egter waarlik die wil van God wil doen, kan ons Hom vertrou om ons dag vir dag na sy wil te lei. Ek het by baie verskillende maatskappye gewerk voordat dit enigsins by my opgekom het dat ek God se Woord kan verkondig. Elkeen van daardie posisies was reg vir daardie oomblik, omdat dit nog nie vir my tyd was om te doen wat God uiteindelik vir my ingedagte gehad het nie. God moet dalk


die eerste helfte van ons lewens gebruik om ons in posisie te kry vir die tweede helfte. Moses is geroep om die Israeliete uit Egiptiese gevangenskap en slawerny te red. Hy het egter 40 jaar lank in Farao se paleis gebly en toe nog 40 jaar lank as skaapwagter in die woestyn deurgebring. Daarna het God eers aan hom verskyn en hom spesifieke opdragte gegee. Die eerste 80 jaar van sy lewe het hom help voorberei vir die res daarvan. Die Bybel verklaar in Prediker 3:1: “Daar is ’n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd.” Ons kan die verskillende tye in Moses se lewe sien en hoe party van hulle dalk nutteloos lyk maar inderwaarheid nie was nie. In die tyd wat Moses in Egipte en in die woestyn deurgebring het, was hy besig om die man te word wat God nodig gehad het. Moenie die posisie waarin jy nou is, verag of verward wees daaroor nie. Die Bybel sê: “Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie.” Bid en vra God om jou te lei na sy doel vir jou lewe en blom dan op elke plek waar jy geplant word. Laat die ervaring wat jy nou opdoen jou voorberei vir die volgende plek waarheen God jou lei. Party mense is so angstig om hul doel in die lewe te vind, dat hulle miserabel is ongeag waar hulle is of wat hulle doen. Geniet die plek waar jy nou is op pad na die plek waarheen jy gaan! Wees te enige tyd gereed en beskikbaar vir enige opdrag wat God vir jou het. Dit maak nie saak of jy die maatskappy se direkteur of die vensterwasser is nie, solank jy op hierdie oomblik binne God se wil is.

Om te leef vir meer as geld en roem Baie mense mors hul lewens op soek na geld, mag en roem. En wanneer hulle dit kry, is hulle nog steeds nie vervuld en tevrede nie. Lees maar net ryk, beroemde mense se biografieë en jy sal gou uitvind dat baie min van hulle regtig ’n gelukkige

lewe geleef het. Ek dink die hoofrede waarom so baie mense daardie dinge wil hê, is dat hulle onseker is en belangrik wil wees. Hulle verstaan nie werklik dat hulle reeds belangrik en waardevol is omdat God hulle liefhet, vir hulle ’n doel het, hulle beplan het en hulle wil hê nie. Waarna hulle op soek is, kan nie gekoop of tydens ’n seremonie as toekenning aan hulle oorhandig word nie; dit kan net van God af kom! Enigeen met ware selfvertroue het niks om te bewys nie! Iemand kan roem en ’n fortuin hê, maar sy of haar waarde en betekenis is nie daarin gewortel nie. Dit is natuurlik lekker om roem en ’n fortuin te hê, maar selfs al het iemand dit nie, kan hy of sy dit nog steeds regkry om die lewe doelgerig en vreugdevol te leef.

Baie mense mors hul lewens op soek na geld, mag en roem. En wanneer hulle dit kry, is hulle nog steeds nie vervuld en tevrede nie As jy ’n lewe wil leef waarmee jy tevrede kan wees en wat jou vervul, kan geld en roem alleen dit nie verskaf nie. Daar is wysheid in die wete dat jy nie net vir aardse dinge werk nie, maar skatte bymekaar maak vir die hemel. Wysheid leer ons om ons “dae te tel” en herinner ons dat hierdie aardse lewe kort is. Dit is nou die tyd om God te volg. Dit is nou die tyd om ons prioriteite so aan te pas dat ons ons energie gebruik vir die dinge wat waarlik die meeste saak maak. Salomo word beskou as die verstan-

digste persoon wat ooit geleef het. Toe hy gebid het vir wysheid, het hy God gevra om hom te help onderskei tussen goedheid en boosheid. Wanneer ons vir wysheid bid, vra ons God om vir ons die beste keuse – sy beste – vir ons lewens te wys. Geld en roem is van verbygaande aard. Die wêreld se finansiële struktuur kan binne ’n dag inmekaar stort. In 1929 het die aandelemark geval en Amerika was skielik in ’n depressie. In 2008 het die aandelemark bykans sewe duisend punte geval in een dag. Mense wat op die aandelemark belê het, was skielik net die helfte werd van wat hulle was toe hulle daardie oggend opgestaan het. As jy nog na jou rykdom kyk, is dit eensklaps weg. Dit sal vlerke kry soos ’n arend en wegvlieg in die lug. – Spreuke 23:5 As ons net vir geld leef – as geld ons sekuriteit is – kan sulke soort nuus vreesaanjaend wees. Geniet die geld wat jy het en gebruik dit om ander te help, maar moet dit nie die bron van jou selfvertroue maak nie. Wat van roem? Selfs al ken en bewonder die hele wêreld ons, wys die geskiedenis dat die wêreld ons baie gou kan vergeet. Die meeste mense wil deel wees van die golf van entoesiasme oor wie ook al op daardie oomblik die gewildste is. Dit waarvoor ons beroemd is, gaan net vir ’n bepaalde tyd belangrik wees. Daar kom altyd nog iemand wat beter is en skielik kyk die wêreld nie meer na ons nie. Dave kyk baie sport en hy vertel my altyd wie die wêreldkampioen is, of wie die beste in die wêreld is in hierdie of daardie sportsoort. Maar dit verander die hele tyd. Een persoon het sy vaste tyd van roem gehad, en dan verdwyn hy terwyl iemand anders sy plek inneem. Hy het my pas vertel dat iemand ’n nuwe rekord in gholf opgestel het en ’n paar dae later vertel hy my dat daar ’n nuwe rekord opgestel is in bofbal. Iemand is altyd besig om nuwe rekords op te stel wat beter is as die voriges, daarom is dit onverstandig om ons lewens te leef 13


vir roem. Die geskiedenis het immers bewys dat roem vlietend is! Ons sal beter doen in die lewe as ons nuttig eerder as ryk en beroemd wil wees. Laat ek weer eens sê dat dit nie ’n slegte ding is om geld of roem te hê nie, maar dit hoef nie te wees waarvoor ons leef nie. Die doel van die lewe is nie om gelukkig te wees nie. Dit is om nuttig te wees, om eerbaar en mededoënd te wees, om te sorg dat dit ’n verskil maak dat jy geleef en goed geleef het. – Ralph Waldo Emerson. Wanneer ons eers ons gawe of talent ontdek, is die volgende ding wat ons moet doen, om dit weg te gee. Gebruik jou bronne in diens van God en mens. Ons dink verkeerdelik dat om iets te ontvang ons vervul, terwyl presies die teenoorgestelde waar is. Ons vervul net waarlik ons doel en leef vir die regte ding wanneer ons uitreik om iets te gee. Ek moedig jou aan om gereeld in ander se lewens te belê, want as jy net onttrekkings maak sal jy gou heeltemal bankrot wees. Leef “doelgerig” vir ’n doel!

Ons sal beter doen in die lewe as ons nuttig eerder as ryk en beroemd wil wees Peter Drucker het gesê: “Daar is niks so nutteloos as om iets wat glad nie gedoen moet word nie, deeglik te doen nie.” Leef jy om ’n verskil te maak? Wil jy hê die wêreld moet jou mis as jy nie meer daar is nie? Hoe wil jy onthou word? Die besluite wat jy nou neem, gaan bepaal wat 14

die antwoorde op hierdie vrae gaan wees. John W. Gardner, die stigter en voorsitter van Common Cause, het gesê: “Dit is ’n seldsame en groot voorreg om mense te help verstaan watter verskil hulle kan maak – nie net in hul eie lewens nie, maar ook in ander se lewens, deur bloot van hulself te gee.” Gardner vertel van ’n vrolike ou man wat vir elkeen met wie hy begin gesels het, dieselfde vraag gevra het: “Wat het jy gedoen waarin jy glo en waarop jy trots is?” Hy het nooit gewone vrae soos “Watse werk doen jy?” gevra nie. Dit was altyd “Wat het jy gedoen waarin jy glo en waarop jy trots is?” Dit is ’n onrusbarende vraag vir mense wat hul selfbeeld gebou het op hul rykdom of hul familie se naam of hul verhewe posbenaming. Hy was doodgelukkig met ’n vrou wat gesê het: “Ek maak drie kinders goed groot” en ’n skrynwerker wat gesê het: “Ek glo in goeie vakmanskap en pas dit toe” en ’n vrou wat geantwoord het: “Ek het ’n boekwinkel begin en dit is die beste boekwinkel in die hele omgewing.” “Ek gee nie regtig om wat hulle antwoord nie,” het die ou man gesê. “Ek wil net die gedagte in hulle plant.” “Hulle behoort hul lewens so te leef dat hulle ’n goeie antwoord kan gee. Nie ’n goeie antwoord vir my nie, maar vir hulself. Dit is wat belangrik is.” Niks is erger as om elke dag op te staan, deur die dag jou voete te sleep en dan saans moedeloos te gaan slaap nie. Niks is erger as om elke aand leeg en gefrustreerd te voel omdat ons nog ’n dag gemors het en geen idee het waarvoor ons leef nie. Billy Sunday het gesê dat meer mense misluk weens ’n gebrek aan ’n doelwit as weens ’n gebrek aan talent. Niks is meer ontstellend as om toe te kyk hoe iemand sy of haar lewe mors nie. Ek weet, want ek het gekyk hoe my pa, my ma en my broer hul lewens op verskillende maniere mors. Dit was asof hulle vasgevang was op ’n plek wat hulle

blind gemaak het vir die werklikheid, en dit was hoe leeg hul lewens was. Hulle het nooit die waarheid oor die wonderlike lewe wat hulle met God sou kon hê, begryp nie. Hulle het almal in God geglo en Christus aanvaar voordat hulle dood is, maar hulle het gesterf voordat hulle ooit werklik kon leef. Ek het gedoen wat ek kon om hulle te oortuig om ander keuses te maak, maar dit het niks gehelp nie. Ek het uiteindelik besef dat elkeen van ons vir onsself moet besluit wat ons wil doen met die een lewe wat ons het. Niemand kan ons die regte ding laat doen nie. Nie eens God sal ons dwing nie – Hy gee ons die geleentheid, maar dis ons wat moet kies! Ek dink die enigste mense in ons lewens wat ons ooit onthou, is dié wat hul lewens gebruik het om ander op die een of ander manier te help of te seën. Ek twyfel of daar enige waarlik belangrike rede is waarom ons bloot net vir onsself moet leef. As ons nie ons lewens leef om iemand anders s’n beter te maak nie, dan leef ons eintlik glad nie. Laat ek jou dus ’n laaste keer vra: Waarvoor leef jy? Manna

Hierdie is ’n verwerking uit Gryp die dag! deur Joyce Meyer. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.


“ Waarvoor wag jy? Vergeet van jou wenslysies en gaan in geloof oor tot aksie.”

Angelique du ToiT

S

ou jy bereid wees om jou ou leefwyse te verander en om jouself die geleentheid te gee om jou beste lewe te leef vir die res van jou lewe? Verbeel jou ’n lewe vol oorborrelende vreugde . . . vars hoop; vryheid van alewige vrees; vervullende verhoudings; om selfvertroue uit te straal en om te lewe met die verwagting van gestruktureerde

sukses. Hierdie lewenswaarheid is vervat in Waarvoor wag jy dan? Die resultate hoef nie langer vasgevang te wees in jou gedagtes of op jou wenslysie nie. Die uitkomste kan in jou lewe ervaar word – prakties, konsekwent, kragtig en doeltreffend. Nou waarvoor wag jy dan? Dit is NOU jou tyd om op te staan!

Angelique du Toit is ’n suksesvolle sakevrou, spreker, seminaar-fasiliteerder en skrywer wat mense bemoedig om ’n groter lewensdoel, passie en produktiwiteit na te streef. Sy het al op verskeie TV-programme en in die media verskyn. Sy bied haar inspirerende boodskappe wêreldwyd aan en omvorm daarmee mense se harte en gedagtes.

Waarvoor wag jy dan? is nou landwyd te koop by toonaangewende boekwinkels, en is ook in Engels beskikbaar.

Struik Christian Media

@StruikChristian

w w w. s t r u i k c h r i s t i a n m e d i a . c o . z a


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.