Manna Volume 14

Page 1

Die God deurdrenkte verstand Jy verdien om liefgehĂŞ te word Die pad van sterf aan jouself Wanneer ouers vir hul kinders bid Watse etiket hang om jou nek? Jou denke, God en kwantumďŹ sika

R37.00

Julie - Augustus 2017

Volume 014


Vader-God, oorspoel my hierdie winter met die warmte van U liefde sodat die droĂŤ, gebarste kors van my hart nuwe lewe sal voortbring.


Vul my wortels weer opnuut met die varsheid van U Gees, die water uit U Woord en die krag van U grootheid sodat elke droë stam in my weer opgewonde sal léwe. Help my om deur elke seisoen van my hart in U geplant te bly sodat ek – ongeag my omstandighede – U hand onder my sal voel, U stem in my sal hoor en sal wéét: U is by my in die laggende sonskyndae, maar ook in die grou van winterkou. Milanie Vosloo


Gary & Rhona Kieswetter

’n

O

God van oormaat

m meer te leer van God se karakter is een van die mees opwindendste dinge om te doen in ons wandel met Hom. Keer op keer word mens oorweldig met wie hierdie God is wie ons die voorreg het om te ken. Alhoewel God se grootheid ook dikwels gesien word in die detail en die kleine van die Skepping, is Hy beslis nie iemand wat dinge halfhartig of effentjies doen nie. Hy is ’n oordadige God, iemand wat geen twyfel laat met wat Hy bedoel met sy aksies nie. Hy is die grootste romantikus ooit. Iemand wat so gedryf word deur sy liefde vir die mens dat Hy uitermatige stappe neem om daardie intense omgee aan ons bekend te maak. Dink maar ’n oomblik aan sy besluit om sy godheid neer te lê en die beperkings van ’n menslike liggaam op te neem. Vir ’n God wat alles gemaak het en nog nooit enige perke geken het nie, is dit nogal ’n oordadige stap! Die Skepper betree sy eie skepping om naby ons te kan wees, om vir ons die Vaderhart te kom openbaar. Hy kom met groot empatie na ’n volk wat Hom glad nie erken vir wie Hy is nie en Hom in der waarheid verwerp. Tog bly Hy sy liefde uitstort vir elke behoeftige persoon wat oor sy pad kom, Hy genees, bemoedig en bedien en giet Homself uit so ver Hy gaan. Daarna neem Hy die héle mensdom se sondes van die verlede, hede en toekoms op Hom! Dit is ’n baie oordadige bewys van liefde, over the top soos die Engelse sê. Hy laat toe dat sy skepsels Hom martel sodat Hy daardie loon wat jy moes kry, in jou plek kan dra. Om jou te spaar. Dan sterf Hy in jou plek, sodat jy kan

lewe! Nog ’n oordadige, buitensporige daad van sy uitspattige liefde vir jou. Hierdie God het nie net baie moeite gedoen om sy liefde vir jou te kom bewys nie, Hy het sy alles uitgestort, sy hele wese vir jou kom gee! Geen halfhartige pogings nie, Hy het sy alles, sy beste as liefdesverklaring vir jou gegee! Selfs na sy opstandig gee Hy ons die Heilige Gees as ’n gratis geskenk om daagliks te geniet. Sy eie Gees om fisies in ons te kom woon om ons te help, te lei en te vertroos. Hy gee ons sy koninkryk en Hy maak ons mede-erfgename saam met Hom. Hy gee ons die ewige lewe in sy teenwoordigheid. Hy gee ons toegang tot die Vaderhart en die troonkamer; aanneming in die familie van God as sy kinders. Om deel te kan word van die familie van die Skepper van die heelal vir ewig! Alles wie Hy is en alles wat Hy het, gee Hy vir ons. Dit hou ook nooit op nie, Hy hou net aan gee. Kyk maar na Romeine 8:32 – As God nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgegee het, sal Hy nie saam met Hom ook alle ander dinge aan ons skenk nie? Wat ’n God! Sien jy sy hart van liefde vir jou? Verdien Hy nie dieselfde terug van ons af nie? Dat ons Hom nie net iewers in ’n kompartement van ons lewens toelaat nie, maar dat ons op dieselfde oordadige, uitspattige manier reageer op sy liefde deur ons hele lewe en wese in oormatige liefde aan Hom terug te gee. Ontvang vandag hierdie diep, intense liefde wat hierdie wonderlike God oor jou uitstort en laat Hom toe om jou lief te hê.


GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL

Julie - Augustus

2017

Meditasie kan jou gelukkiger maak

06

Jy verdien om liefgehê te word

Gebed is wanneer jy met God praat, meditasie is as jy na God luister.

Die Goddeurdrenkte verstand

16

Die pad van sterf aan jouself

Party mense beskou hul probleme met vrees. Ander met geloof.

Wanneer ouers vir hulle kinders bid

26

Om vir jou kinders te bid, is een van die beste maniere om hulle lief te hê MANNA www.mannatydskrif.co.za Tel: 086 111 2329 Inskrywings: info@mannatydskrif.co.za

10

Hoekom is dit so moeilik om te glo dat jy verdien om liefgehê te word?

22

Hierdie pad gaan daaroor om jouself meer en meer aan God se wil vir jou lewe te onderwerp.

Verwyder die negatiewe etikette

30

Jou denke, God en kwantumfisika

34

Is daar etikette wat jou tans terughou? Dinge wat ander van jou gesê het en wat soos ’n albatros om jou nek hang?

Kwantumfisika sê dat jou bewussyn beïnvloed die gedrag van subatomiese partikels, met ander woorde, jou denke verander materie.

Redakteurs: Gary en Rhona Kieswetter Uitgewer: Ingrid Stegmann / ingrid@dor22.co.za

Grafiese ontwerp & uitleg: Adri de Bruyne Ontwerpelemente: Freepik.com Fotos: Shutterstock


Geloofsmuur Te veel mense verloor hulle passie wanneer hulle te veel opeenvolgende nee’s hoor. Jy moet dit in jou gees begryp. “Ja” is in jou toekoms. Jy is dalk afgekeur, teruggehou of oorgeslaan - dit was alles deel van God se plan. Die “nee” is net ’n toets. Sal jy mismoedig raak en bly waar jy is? Of sal jy vorentoe beweeg met die wete dat die ja’s oor jou pad sal kom volgens God se tydsberekening?

Dankie, Vader, dat ek weet U weet altyd waar ek is, selfs wanneer ek in moeilike of ongemaklike situasies verkeer. Ek weet U gee om wat met my gebeur en dat U ’n plan het om goeie dinge in en deur my lewe te bring Wanneer jy te veel op die toekoms fokus, raak jy dikwels gefrustreerd omdat jy nie weet wat die toekoms inhou nie. Natuurlik veroorsaak hierdie onsekerheid stres en ’n gevoel van ongeborgenheid. God het jou net genoeg genade vir vandag gegee. Hy het nog nie more se genade gegee nie. Wanneer ons by more kom, sal ons die krag ontvang om more te leef!

Die grootste versoeking wat jy vandag gaan moet weerstaan is om nie negatiewe, afbrekende gedagtes te dink nie. Dit is altans ’n geestelike oorlog! Dit is wat die verskil gaan maak of jy in oorwinning gaan leef, en of jy altyd in negatiewe denkpatrone vasgevang gaan bly.


Voetpad na

V�ede

Mila nie Vosloo

Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee Matteus 6:33

Iets om voor te leef

W

aarvoor leef jy? Wat maak dat jy elke oggend uit die bed opstaan, werk toe gaan en vanaand weer tuiskom om more die roetine te herhaal? Is dit ’n strewe na sukses, ’n inherente begeerte na ’n beter lewe, vrees vir armoede, of bloot jou goeie verantwoordelikheidsin en toekomsdrome? Net jy weet… Jesus het vir ons kom leer hoe en waarvoor om te leef. Sy hele lewe het een woord gespel: Diensbaarheid. Hy, die grote God, het na ons mensdom afgedaal om ons met sy lewe te kom dien. Hy het tussen ons gewone, klein mensies kom woon sodat Hy siekes gesond kon maak, hartseer mense kan vertroos, swakkes sterk kon maak en hooploses drome kon gee. En ja, Hy het ook gekom om jóú met sy lewe te kom dien. Dank Hom daarom dat Hy jou élke dag met sy beskerming en sorg dien en vra Hom om jou hart met diensbaarheid te vul. Dit sal jou werklik iets gee om voor te leef.

Here, leer my om – soos U – ander te dien.

Hierdie is ’n uittreksel uit Sielskos vir die vrou wat lééf deur Milanie Vosloo.


Dink jouself

gelukkig... D r P i e t e r v a n Jaars vel d

Meditasie kan jou

gelukkiger

D

maak

aar is verbysterend baie navorsing wat die geweldig positiewe uitwerking toon wat meditasie op jou geluk, gesondheid, positiwiteit, liggaam, stres en kognitiewe vermoëns het. Dit was baie lank iets wat baie gelowiges geweier het om te doen. Ek wonder nogal waarom, want die Bybel praat dikwels van “om stil te word voor die Here”. Het ons dan gedink stil word beteken net gebed? “Gebed is wanneer jy met God praat, meditasie is as jy na God luister.” – Diana Robinson Miskien is een van die redes waarom meditasie in die Westerse wêreld so onderskat word, waarskynlik is omdat baie mense dit beskou as ’n tegniek wat nie in die Calvinistiese agtergrond aanvaarbaar is nie. Dit is baie jammer, aangesien meditasie in werklikheid baie gesond is en ook uitstekend is vir die verligting van stres. Skraap die moed bymekaar en stel dit op die proef! Jy onthou mos nog dat die linkerlob van die brein vir positiwiteit verantwoordelik is? In een studie is gevind dat mense wat agt weke lank gemediteer het, groter aktiwiteit in hul linkerlob gehad het, met ander woorde groter positiwiteit. Daar is gevind dat gereelde meditasie nie net mense gelukkiger maak nie, maar ook minder angstig en depressief. Selfs meditasie vir ’n kort tydperk kan die brein se funksionering sowel as die immuniteitstelsel positief verbeter. Dit is ook doeltreffend vir mense met hartprobleme, kroniese pyn, velsiektes en baie geestestoestande soos angs, paniekbevangenheid, slaaploosheid en selfs dwelmafhanklikheid. Navorsing het gewys dat meditasie tot ’n toename in DHEA lei sowel as ’n afname in die streshormoon kortisol. Dit is veral interessant as jy onthou dat kortisol die liggaam se voorraad DHEA uitput. Verdere navorsing het bewys dat meditasie nie slegs jou gesondheid en lewensgehalte beïnvloed nie, maar ook die verdikking van die koronêre are verminder en sodoende die risiko van ’n hartaanval of beroerte verlaag. Meditasie kan ook arteriosklerose (verharding van die are en die opbou van vet) verminder sonder enige dieet of oefening. Dit kan selfs jou biologiese ouderdom verlaag.

Hoe mediteer ’n mens? Leermeesters van hierdie tegniek beveel aan dat jy op ’n gemaklike plek op jou eie sit met jou rug reguit. Maak jou oë toe en fokus op jou asemhaling. As jou gedagtes dwaal, bring dit terug en fokus verder op jou asemhaling. Interessant is dat hulle jou leer om met jou handpalms oop na die dak te sit. Jy kan die tyd wat jy mediteer, rek van 5-20 minute, maar probeer dit elke dag doen om die beste resultate te verkry. Hierdie is ’n baie eenvoudige maar uiters suksesvolle metode. Kyk na die volgende tegniek wat gefokusde meditasie beskryf.

Gefokusde meditasie Hierdie metode kan jy twee keer per dag doen vir so 20-30 minute: 1 Maak jou oë toe (10 sekondes). 2. Fokus op jou asemhaling terwyl jy in- en uitasem (30 sekondes). 3. Bly fokus op jou asemhaling sonder dat jy dit probeer verander (15 sekondes).

06


4. Jou asemhalingstempo kan ten opsigte van spoed, diepte of ritme verander. Moenie dit probeer teenstaan nie, neem die veranderings rustig waar (1 minuut). 5. As jou gedagtes dwaal, bring hulle terug en fokus weer op jou asemhaling (20-30 minute). 6. Maak jou oë oop en vestig jou aandag weer op die dinge rondom jou.

Loving kindness-meditasie Dr Barbara Fredrickson het baie navorsing oor hierdie vorm van meditasie gedoen. Navorsing het gewys dat mense wat hierdie metode ’n tydperk van sewe weke lank gevolg het, ’n verbetering van 300% in hul verhoudings ervaar het sowel as ’n geweldige verhoging van positiewe emosies. Hoe langer mense dit gedoen het, hoe meer het die positiewe emosies verhoog. Dit het selfs voortgeduur op die dae wat hierdie persone nie gemediteer het nie. Inteendeel, mense het die uitdagings in hul lewe beter hanteer, het betekenisvoller verhoudings met ander gebou en meer weerstand teen siektes getoon, met ander woorde hul immuniteitstelsel het verbeter en hul depressie was minder. Dit is dus die moeite werd om hierdie een ding te doen! 1. Sit op ’n rustige plek met jou rug teen ’n stoel se agterkant. 2. Laat ontspan jou skouers en trek hulle ’n bietjie terug. 3. Plaas jou voete op die grond sodat die hele voet kontak met die grond maak. 4. Sit jou hande op jou skoot met handpalms na bo. (As hierdie manier vir jou ongemaklik is, doen wat vir jou reg voel, maar maak seker dat jy sodanig sit sodat jy baie gemaklik kan asemhaal en jou borskas sonder enige belemmering kan beweeg): 5. Maak jou oë toe. 6. Voel hoe jy asemhaal. 7. Voel asof die asem deur jou hart, wat byna in die middel van jou borskas is, in en uit beweeg. Visualiseer iemand met wie jy ’n baie goeie en warm verhouding het. Dit kan jou vrou, jou man, jou kind of ’n baie goeie vriendin wees. § Dink aan hierdie persoon se mooi eienskappe. § Kry daardie warm gevoel van waardering teenoor daardie persoon in jou hart asof dit deur jou hele liggaam gaan. Moenie bekommerd wees as jy nie in die begin suksesvol is nie. Jy kon immers nie al die eerste dag geloop het nie! As jou gedagtes dwaal, is dit geen probleem nie, bring dit net weer terug na hierdie persoon. § Wanneer jy nou hierdie warm gevoel ten volle in jou liggaam ervaar, herhaal die volgende stellings in jou gedagtes: Mag hierdie persoon veilig voel. Mag hierdie persoon gelukkig voel. Mag hierdie persoon gesond wees. Mag hierdie persoon vrede ervaar. § Moenie gejaagd wees nie. Sê elke stelling met die volle warm gevoel. § Jy kan visualiseer hoe hierdie wense soos ’n ligstraal na hierdie persoon beweeg en hom of haar vul. § As jy dit ’n paar minute lank gedoen het, laat die persoon se beeld verdwyn en hou net hierdie warm gevoel in jou hart. § Kry nou weer ’n ander persoon in jou gedagte en herhaal hierdie proses ’n paar minute lank. Navorsing wys dat slegs 60 minute van hierdie metode (wat as LKM bekend staan) per week reeds ’n merkbare verskil in jou lewe maak. Stel vir jou ’n alarm wat ná tien minute afgaan sodat jy nie bekommerd oor die tyd is nie. Dit is belangrik om ’n spesifieke tyd daarvoor opsy te sit en probeer dit ten minste vyf keer per week doen. Weereens, twee keer per week is ook beter as niks nie. Daar is op www. positivityresonance.com ander meditasie-metodes wat jy kan oorweeg.

Dr. Pieter van Jaarsveld werk plaaslik en internasionaal as konsultant vir leierskapontwikkeling in die sakewêreld. Hy het twee meestersgrade (in Sielkunde en Teologie) en ’n doktorsgraad vir sy tesis oor die selfdunk en eiewaarde van mense. Hy is ’n bekende gas op radio- en televisieprogramme. As jy meer wil weet oor positiewe sielkunde, kry solank sy nuutste boek Dink jouself gelukkig.

07


Dankie, Vader, dat ek weet U weet altyd waar ek is, selfs wanneer ek in moeilike of ongemaklike situasies verkeer. Ek weet U gee om wat met my gebeur en dat U ’n plan het om goeie dinge in en deur my lewe te bring


Sluit aan �y

MANNA Manna is ’n twee-maandelikse publikasie wat tjok en blok vol Woordgebaseerde artikels is. Hierdie is nie net ’n sommer-so geestelike tydskrif nie, maar een wat jou gees sal voed, jou lewe sal verryk en jou verhouding met God sal verdiep.

Sluit aan �y Manna teen R37 elke 2de maand!

Is jy opsoek na ’n geestelike tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie?

Maar ’n Tydskrif waar elke artikel vir jou geestelike waarheid bring?

Die God deurdrenkte verstand

’n Tydskrif wat jou leer oor die krag van God se Woord in jou lewe?

Jy verdien om liefgehê te word Die pad van sterf aan jouself

’n Tydskrif waar jy meer lees van God as oor mense?

Wanneer ouers vir hul kinders bid

Sluit aan �y ons op een �an die �aniere:

Watse etiket hang om jou nek? Jou denke, God en kwantumfisika

Bel 012 9970898 gedurende kantoorure Gaan na www.mannatydskrif.co.za en kliek op ‘sluit aan’. Stuur ’n epos met jou naam en kontakbesonderhede na admin@grootisutrou.co.za

R37.00

Julie - Augustus 2017

Volume 014

SMS “Manna” na 33282


Jy verdien om

�iefgehê A n n Vo s ka mp

te word

Hoekom kan dit makliker wees om te gee as om toe te laat dat iemand jou liefhet? Dit is ’n vreesaanjaende keuse om jou mure van selfgenoegsaamheid af te breek. Hoekom is dit so moeilik om te glo dat jy verdien om liefgehê te word?

T

oe die Boer ná elfuur van die landerye af inkom, dra hy dit aan sy stowwerige hemp, die grond van die aarde. Ek wonder of hy die hele grinterige wêreld op sy skouers voel rus. Hy kry my in die wiegstoel by die venster, in die lamplig. Daar lê ’n boek op my skoot. Hy het nie woorde nie. Maar voordat ek self woorde kan vind, voordat ek enigiets kan sê, voordat ek dit kan sien, kom kniel hierdie moeë man voor my op die vloer. Hy neem my kaal voete in sy hande en begin dit vryf, stadige sirkels oor my moegheid. Die stadige sirkels van sy growwe, aardse hand oor die sool van my voet druk die dag weg, druk dit wat seermaak weg. Hy kyk op na my. Hoekom wil ek wegskram, onttrek? Hoekom is dit so moeilik om te ontvang?

10

Jy hoef nooit jou gebrokenheid te oorkom om God se liefde vir jou toe te eien nie

Hoekom is dit so moeilik om te glo iemand glo in jou? Hoekom kan dit makliker wees om te gee as om toe te laat dat iemand jou liefhet? In hemelsnaam, waarvoor is ek bang? Hy streel saggies oor die brug van my tam voet, lang, stadige hale, dan diep, deurdringende sirkels. En ek probeer net asemhaal. Om toe te laat dat iemand jou liefhet, is ’n vreesaanjaende keuse om kwesbaar te wees en oor te gee. Om toe te laat dat iemand jou liefhet, is op ’n manier ook ’n keuse om jouself volkome te gee. Om toe te laat dat iemand jou liefhet, beteken jy gee jou oor aan iemand anders se genade; jy vertrou dat hulle sal aanhou om jou lief te hê, dat hulle jou sal liefhê soos jy liefgehê wil word, dat hulle nie jou hart wat jy vir hulle gegee het, sal breek nie. Om toe te laat dat iemand jou liefhet, beteken om jou mure van selfgenoegsaamheid af te breek en jouself toe te laat om jou nood


11


Daar is ’n genade wat sterk genoeg is om dié dinge wat ek wens ek nie gedoen het nie te bedek, asook die goeie dinge wat ek wens ek wel gedoen het

12

te erken en jou hande oop te maak om te ontvang. Om jouself toe te laat om liefde te ontvang, beteken jy vertrou jy sal in jou kwesbare nood liefgehê word; dit beteken jy glo jy verdien dit om liefgehê te word. Hoekom kan dit so vernietigend moeilik wees? Is om liefde te gee nie soms oneindig makliker as om dit te ontvang nie? Is dit die chroniese sielsgeheueverlies wat my aanhoudend laat vergeet: Omdat Hy in my glo, is ek genoeg omdat Hy genoeg is? Al wat ek voel, is dat ek nie ’n liefde soos hierdie verdien nie – en dit is waar. Dit is ’n geskenk, en in die suiwer uitstorting van die geskenk is daar suiwer gemeenskap. Ek weet hy kan dit aanvoel, sonder dat woorde nodig is … my spyt wat diep in my vasgeknoop is. Hoekom is jy bang om liefgehê te word? Die Boer kniel voor my, my vuil voete in sy eelterige hande. Daar is ’n soort wedersydse oorgawe nodig vir ware gemeenskap, vir hierdie besluit om die uitstorting van die geskenk te ontvang … en ek het dit nie voorheen besef nie. Hy vou sy hande om my kaal voete. Oral kan daar bereidheid wees om gegee te word. Oral kan daardie moontlikheid van kwesbare gemeenskap wees. Koinonia is altyd, altyd die wonderwerk. Hy lyk soos Jesus wat kniel voor ’n vrou wat op owerspel betrap is, en die besef daal soos ’n stadige genade neer … hoe Jesus haar kritici hanteer het: Hy het die gemaklikes diep ontstel, en die ontsteldes diep vertroos. Die vrou wat deur die Fariseërs gegryp is, het ontvang wat ek self so dringend nodig het. Voor al die beskuldigende vingers het Jesus na die gewonde vrou gekyk en haar lot herskryf: “Jy is skuldig, maar nie veroordeel nie. Jy is stukkend, maar Ek glo in jou. Jy is gebroke, maar jy is ’n geliefde.” Waarin jy ook al verstrengel is, Ek sal jou vrymaak. Waar van jy ook al beskuldig word, Ek sal jou vryspreek. Waaroor jy ook al veroordeel word, Ek sal jou vrylaat. Wat jou ook


al bind, het Ek verbreek. Alle sonde en skande en skuldgevoelens en gebrek het Ek in skoonheid en oorvloed omskep. Wie kan ’n liefde soos hierdie verstaan? Te midde van al die beproewings waarborg Jesus die beste uitkoms ooit: Jy is skuldig, maar jy sal nie veroordeel word nie. Jy sal nie veroordeel word omdat jy almal in die steek gelaat het nie. Jy sal nie veroordeel word omdat jy nie alles gedoen het nie. Jy sal nie veroordeel word omdat jy elke dag foute gemaak het nie. Wie kan ’n vryspraak soos hierdie verstaan? Jy is Myne en Ek is joune, en alles wat Ek het, is joune en alles wat jy het, is Myne. Ek verbind jou vir ewig aan die geheimenis van volkome volmaaktheid, en Ek dra al jou gebrokenheid om jou van alle wanhoop te skei.

Daar is altyd meer genade in Christus as wat daar skuld in ons is Die wonderbaarlike volgorde van die Christelike geloof is nie “gaan en moenie meer sonde doen nie, en Jesus sal jou nie veroordeel nie.” Nee, die volgorde van Christus en die Christelike geloof is “ook Ek veroordeel jou nie – gaan en moenie meer sonde doen nie.” Hierdie genade herrangskik alles op sy radikaal sagmoedige manier. Net soos God nie sy gebooie gegee en toe gekyk het of die mense die vryheid van hulle gevangenskap sou verdien nie, net so maak Jesus ons met sy liefde vry en bind dan ons hart met sy nuwe orde. Dit is die ervaring om elke dag aangeraak te word deur Christus se bereidheid om ons eerste te verlos wat ons beweeg om elke dag gebreek te word en onsself te gee. Dit is sy pragtige, meedoënlose liefde wat ons lewe

aanhoudend pragtig maak, sonder enige strewe om aan standaarde te voldoen of hard te werk om enige opdragte te gehoorsaam. Die Boer se getroue hande vryf oor die boog van my voet en ek kan skaars asemhaal. Dit voel onbegryplik: God gee aan ons genade en aanvaar ons voordat ons nog met ons sonde kan breek (Rom. 5:8). Want dit is juis sy genade en aanvaarding wat jou in staat stel om met die sonde te breek. Jy hoef nooit jou gebrokenheid te oorkom om God se liefde vir jou toe te eien nie. Sy liefde het reeds jou gebrokenheid oorkom en jou vir Hom toegeëien. Ware begrip ontvou stadig iewers tussen my longe en my ribbes. Sy uitspraak “Geen veroordeling nie” is die saad van alle radikale verandering. Die gewoonte om onsself te veroordeel kan net verander wanneer ons dit na Jesus se kruis toe neem, nie na die veroordelende hof nie. Gaan heel eerste na die kruis en hoor die woorde geen veroordeling nie; gaan staan dan voor die spieël en sien die diep verandering. Daar is altyd meer genade in Christus as wat daar skuld in ons is. Die aanraking van my man se hande op my voete is ’n simbool, ’n metafoor, dat ek vrygemaak word. Daar is ’n genade wat sterk genoeg is om dié dinge wat ek wens ek nie gedoen het nie te bedek, asook die goeie dinge wat ek wens ek wel gedoen het. Die swaarste veroordeling om te dra is vir dié dinge wat ons nie gedoen het nie. Sy duim masseer die bal van my voet, om en om en om. As ek hom kon toelaat om my lief te hê, as ek Hóm kon toelaat om my lief te hê, sou ek sy volkome uitstorting kon ontvang – selfs vir my. Ek wil in sy oë kyk en vir hom sê wat ek in hierdie stadige sirkelbewegings vind: Almal vra altyd net een ding: Sal jy my liefhê? Maar ek sê niks. Hy ook nie. Ons sê wat ons altyd sê sonder om ’n woord te sê. Ons sit in die donker huis, in ’n ligkring

van een lamp. Kan dié wat voel hulle word nie liefgehê nie dit verduur om liefgehê te word? Hy kyk op en glimlag. Ek maak my oë toe, want ek kan die teerheid skaars verduur. Maar is dit nie wat liefde doen nie? Liefde verduur alles (1 Kor. 13:7)? “Om te verduur” is stego in Grieks. Dit beteken letterlik “grasdak”. Liefde is ’n dak. Liefde verduur alles soos ’n dak die wind en die reën verduur, soos ’n dak wat die las van tierende storms en genadelose hitte verduur. Soos ’n emmer wat omgekeer word ’n dak oor jou kop kan word om die storms af te weer, soos ’n emmer wat homself kan gee as ’n houer om ander se laste te dra. Ware liefde is ’n dak. Ware liefde verander jou in ’n skuiling. Ware liefde verander jou in ’n veilige plek. Ware liefde maak jou veilig. Stego. As ek kan leer om te ontvang, kan ek liefde word wat myself oopbreek, wat myself uitstort en ’n dak bo-oor ander word? Stego. Ongeag wat hulle sê, vra almal eintlik: “Kan jy my net liefhê?” Ek waag dit om af te kyk na hom toe. Hy kyk steeds op. Laat hom toe om dit uit te stort. Laat jouself toe om dit te ontvang. Moenie bang wees vir hierdie soort gemeenskap nie. Stego – kom binne en wees veilig. Hy vou sy hande om my hak, masseer stadig, druk alles terug, bou ’n veilige skuiling bo-oor my. “Jy moet so moeg wees.” Ek fluister dit skaars hoorbaar, want ek wil nie vir hom ’n verdere las wees nie. Ek wil my voete wegtrek, maar ek wil my nie aan hom onttrek nie. Laat die liefde vloei; wees kwesbaar genoeg om die stukkende liefde te laat vloei, en laat dit jou gebrokenheid vul. “Nee … ” Hy glimlag. “Ek is nie moeg nie … nie nou nie.” Die oomblik van gee, van uitstorting – wanneer jy ’n dak word – is só. Gewigloos. In die nag lê hy met sy arms om my sagte middel gevou, sy asem warm agter in my nek. En die gedagte tref my soos

13


’n klanklose weerligstraal: Enigiemand kan ’n bietjie geld afstaan om blomme, goedkoop juweliersware of ’n boks sjokolade te koop. Maar dit is nie liefde nie. Liefde gaan nie oor hoeveel geld iemand bereid is om op jou te spandeer nie, maar oor hoeveel lewe hulle bereid is om vir jou neer te lê. Hy lê langs my in die donkerte. Toe die water vanaand uit die bad loop, het ek die ringe gesien. ’n Verbond is pragtig wanneer dit in stof geskryf is. Hy het sy offer agtergelaat, die grond wat hy buite op die landerye bewerk het. Ek het my hand na ’n ou lap uitgesteek om die vuil seepskuim af te was. En ek het dit aan die binnekant van my pols gesien, die swart kruis wat ek self daarop geteken het. Dit het my hierdie drie woorde laat onthou: Maak Christus teenwoordig. Doen dit sonder ophou ter herinnering aan My. Onthou My – en maak die wêreld heel, maak jouself heel, deur jouself te breek en weg te gee. Die lig van die maan wat opkom, gooi spatsels teen die muur, oor die geraamde foto wat op ons troudag geneem is, in die skuur omdat dit daardie dag gereën het. Ons het ’n dak nodig gehad. Ek het sedertdien nooit opgehou om ’n dak nodig te hê nie. Ons roeping kan wees om tolke te wees, om elke vyand in ’n geëerde gas te omskep, om elke gesig wat ons raakloop in die gesig van Christus te verander, om alles, hierdie hele lewe, na die kruisvormigheid van Christus te verander. Ons kan emmers wees wat uitgestort word, koringkorrels wat fyngemaal word tot brood om die stukkendes te voed. En ons kan dood wees vir alle lere en nooit hoër klim nie, maar net laer af, tot by die eensames, die minstes, die smagtendes en die verlorenes. Dít sal ons liefdeslied word. Die Boer se vier dae oue stoppelbaard het ’n glimlag omring wat gesê het wat ’n mens net kan voel waar die kamers van jou

14

hart ontmoet. Ja, daar is dié oomblikke wat op baniere en sosiale media aangekondig en op videokameras vasgevang word, met ’n klankbaan wat in ons verbeelding tot ’n hoogtepunt lei; daar is tye wanneer ons almal dink ons sal ons lewe uitstort, uit ’n vliegtuig spring, voor ’n trein inspring, geen voorbehoud hê nie en die geweld van die orkaan trotseer om liefde te red, om ons liefde te red. Maar ware liefde lyk nie altyd soos hierdie heldedade nie – dit is Hollywood se styl.

Liefde gaan nie oor hoeveel geld iemand bereid is om op jou te spandeer nie, maar oor hoeveel lewe hulle bereid is om vir jou neer te lê Ware liefde lyk meer soos ’n opofferende verlosser. Dit is die heilige waarheid. Ware romantici weet rekmerke is ’n teken van skoonheid, en verskillende vroue met verskillende vorme pas in die verskillende vorme van ’n man se diepste wese, en ware romanse is in werklikheid opoffering. God is liefde. En omdat God liefde is, mag Hy ’n definisie van liefde gee: “Ons het die volmaakte liefde leer ken: dit is dat Christus sy lewe ter wille van ons afgelê het. Só moet ons ook ons lewens prysgee ter wille van ons broers en susters” (1 Joh. 3:16). Liefde is nie altyd om met iemand saam te stem nie, maar dit is altyd om opofferings vir iemand te maak. Liefde het net logika, het net betekenis, wanneer dit die vorm van die kruis aanneem. Jy doen iets wonderliks met jou lewe wanneer jy al die klein dingetjies met

Christus se groot liefde doen. Daardie kruis in die swart ink, die een wat ek elke dag op my pols teken, kan soos ’n delikate operasie in my insny, my breek en hervorm, my vervorm om die vorm van ’n kruis aan te neem. Dit alles lyk so klein dat ek skaam voel, hoe ek op die ou end elke dag die geskenk word: om ’n kompliment aan ’n onseker kind te gee, om ’n gemors in die huis op te ruim, om ’n moeë man se bed op te maak, om ’n liefdesbriefie teen ’n vuil spieël vas te plak. Ware liefde daag jou uit om die werklik gevaarlike te doen: om in die kleine te sterf. Word in die klein dingetjies gebreek en gegee, in die oomblikke so klein dat niemand eens vir jou sal hande klap nie. Stort jou lewe uit in waskamers en oor toilette en baddens, stort jou lewe uit in die agterstrate, daar heel agter in die vertrek, daar heel agter die groot kollig. Stort jou lewe uit in die klein oomblikke – want dit is net hierdie oomblikke wat saamkom om een groot monumentale oomblik te vorm. Die enigste manier om ’n waarlik merkwaardige lewe te leef, is nie om almal sover te kry om jou raak te sien nie, maar om merkbare tekens van Christus se liefde agter te laat waar jy ook al gaan. Liefde is so groot dat dit moet leef in die heiligheid van talle klein oomblikke van opoffering. Liefde eis dat jy gaan lê en sterf in die klein oomblikke, dié oomblikke wat nie vir die grootskerm geskep is nie, maar geskryf is op die binnesoom van ’n hart wat kan verander hoe iemand asemhaal. In die nagstilte van ons slaapkamer is sy asem warm en naby. Sy vingers vind myne. Ons hande vleg inmekaar in die donkerte en herinner ons aan die belofte wat ons aanhou maak, selfs al is ons byna aan die slaap. Ek sal myself laat vorm soos ’n dak vir jou, ’n skuiling vir jou. Ek sal jou dak wees. Ek sal jou stego wees – jou veilige hawe. Ek sal jou liefhê.


Dis al. Ek lê daar en dink hoe dit al is. Die ware romantici is dié wat ander verveel – hulle laat ’n ander hart toe om ’n pad na hulle hart te vind. Die pad van gebrokenheid is die pragtige, vervelende pad, die manier waarop twee lewens mekaar aanraak en saam met mekaar dieper in tyd inbeweeg, met die een daad van opofferende liefde ná die ander. Die beste liefde kan ’n stukkende, vervelende liefde wees – om toe te laat dat jou hart deur ’n ander hart deurboor word, een klein liefdesdaad op ’n slag. Dis die manier hoe jy in die middel van die nag aan sy rug raak wanneer sy koors nie wil breek nie. Dis die manier waarop hy vir jou ’n stukkie aarbeitert bêre. Dis die manier waarop jy jou woorde terughou as ’n manier om hom te behou. Dis die manier waarop jy gaan staan en in die oë van ’n kind kyk elke keer wanneer sy praat so dat sy voel sy word raakgesien, sy word geken en sy is veilig. Dit is die liefde waarna ons almal soek en hierdie liefde is eenvoudig en klein en ingewikkeld en byna vervelend en tog die grootste van alles, en hierdie liefde is al wat daar is. Dit daal saggies neer. Ware liefde is in die waarlik klein gebare – die manier waarop jou hande, jou voete, beweeg om uit jou hart te praat. Ek en hy, ons raak aan die slaap aan die einde van ’n vervelende dag, hak teen voetbrug, met stroke maanlig wat oor ons dak val. Manna

Hierdie is ’n verwerking uit Genade in gebrokenheid deur Ann Voskamp. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.

D�e �este �iefde �an ’� �tukkende, �ervelende �iefde �ees – om �oe �e �aat dat �ou �art deur ’� ander �art deurboor �ord, een �lein �iefdesdaad op ’� �lag 15


16


God deurdrenkte Die

M ax L uc a d o

verstand

Almal het probleme. Maar nie almal beskou probleme op dieselfde manier nie. Party mense word oorweldig deur hul probleme. Ander mense oorweldig hul probleme. Party mense word bitter. Ander mense word beter. Party mense beskou hul probleme met vrees. Ander met geloof.

J

ou lewe sal nooit heeltemal sonder probleme wees nie. Jy sal nooit saans op vleuels van drome aan die slaap kan raak en dink: Mens, vandag het sonder enige probleme verloop nie. Jy sal nooit ’n koerantopskrif sien wat so lui nie: Vandag het ons net goeie nuus. Jy kan miskien tot president van Rusland verkies word. Jy kan miskien ’n manier ontwikkel om pizzas per e-pos te stuur en ’n biljoenêr word. Jy kan miskien van die paviljoen af geroep word om in te val by jou span wat besig is om vir die Wêreldbeker te speel; jy kan miskien die wendrie druk en jou gesig kan miskien op die voorblaaie van al die koerante verskyn. Varke kan miskien vlieg. ’n Kangaroe kan miskien swem. Mans kan miskien afstand doen van die afstandbeheer. Vroue kan miskien

Wanneer ons probleme ons oorweldig, kan ons benoud en ontsteld raak of ons kan op God vertrou

ophou om skoene te koop. Dis nie waarskynlik nie. Maar dis moontlik. ’n Lewensbootjie sonder probleme en moeite, met stil waters en blou lug daar bo? Moenie jou asem ophou nie. Daar is altyd probleme. Dit gebeur met ryk mense, sexy mense, opgevoede mense, gesofistikeerde mense. Dit gebeur met afgetrede mense, enkellopende mense, geestelike mense en wêreldse mense. Almal het probleme. Maar nie almal beskou probleme op dieselfde manier nie. Party mense word oorweldig deur hul probleme. Ander mense oorweldig hul probleme. Party mense word bitter. Ander mense word beter. Party mense beskou hul probleme met vrees. Ander met geloof. Dit is wat Kaleb gedoen het. Sy verhaal is opvallend, omdat sy geloof ook opvallend was. Toe Moses die twaalf verkenners 45 jaar tevore na

17


Kanaän toe gestuur het, was Kaleb een van hulle. Hy en Josua het geglo die land moes ingeneem word, maar omdat die ander tien verkenners nie saamgestem het nie, het die kinders van Israel in die woestyn gebly. God het egter kennis geneem van Kaleb se moed. Die man se oortuigings was so treffend dat God hom ’n kompliment toegeswaai het wat ’n heilige sou laat bloos: “Maar omdat my dienaar Kaleb ’n ander gesindheid het en My getrou gevolg het …” Hoe sou jy daarvan hou om hierdie woorde op jou getuigskrif te hê? Watter soort gesindheid is vir God uitstaande? Wat kwalifiseer as ’n “ander gesindheid”? Lees die woorde wat Kaleb aan die einde van die militêre veldtog vir Josua gesê het noukeurig deur. Kyk of jy kan agterkom wat anders aan Kaleb se ingesteldheid was: (Wenk: kursief.) Kaleb seun van Jefunne, ’n Kenassiet, het vir Josua gesê: “Jy onthou wat die Here vir Moses, die man van God, oor jou en oor my gesê het in Kades-Barnea. Ek was veertig toe Moses, die dienaar van die Here, my van Kades-Barnea af gestuur het om die land te verken. Ek het aan hom verslag gedoen soos ek sake gesien het, maar my medeverkenners wat saam met my gegaan het, het die volk se hart laat verstyf van angs. Ek het die Here my God getrou gevolg, en Moses het my daardie dag met ’n eed belowe: ‘Die gebied wat jy deurgestap het, sal jou en jou nageslag se permanente besitting wees omdat jy volhard het in jou trou aan die Here my God.’ Van die tyd af dat die Here dit vir Moses gesê het toe Israel deur die woestyn getrek het, het die Here my in die lewe laat bly soos Hy beloof het, vyf-en-veertig jaar lank. Ek is nou ’n man van vyf-entagtig, maar ek is vandag nog net so sterk as die dag toe Moses my uitgestuur het. Die krag wat ek toe gehad het, het ek nou nog. Ek kan nog gaan oorlog maak en behoue terugkom. Gee my nou asseblief die bergwêreld waarvan die Here daardie

18

dag gepraat het. Jy het daardie dag gehoor dat daar Enakiete is en groot vestingstede. Miskien sal die Here by my wees sodat ek hulle kan verower soos Hy beloof het.” Watter Naam verskyn keer op keer in Kaleb se woorde? Die Here. Die Here. Die Here. Die Here. Die Here. Die Here. Die Here. Die Here. Agt verwysings na die Here! Aan wie het Kaleb gedink? Wie was in Kaleb se hart? Wat het sy gesindheid anders gemaak? Sy gedagtes was op die Here gefokus. Wat van jou? Waar sal die klem in ’n transkripsie van jou gedagtes val? Die Here? Of die probleem, die probleem, die probleem, die probleem? Die ekonomie, die ekonomie? Die skobbejak, die skobbejak?

Ek het ’n doel nodig wat meer as TV en duur motors is Mense van die Beloofde Land ontken nie dat daar probleme is nie. Kanaän is vol reuse en Jerigo’s. Dit help nie om te maak asof dit nie bestaan nie. Dienaars soos Kaleb is nie naïef nie, maar hulle verdiep hulle in God-gedagtes. Dink aan twee mengbakke. Die een bevat skoon, vars water. Die tweede een batterysuur. Neem ’n appel en halveer dit. Plaas die een helfte van die appel in die bak met die skoon water. Plaas die ander helfte in die bak met die batterysuur. Laat staan elkeen vyf minute lank en haal dan die twee helftes uit die onderskeie bakke. Watter een sal jy wil eet? Jou gedagtes is die appel. God is die skoon water. Probleme is die batterysuur. As jy jou gedagtes in jou probleme marineer, sal dit uiteindelik jou gedagtes

verweer en besmet. Gedagtes van God sal jou gesindheid egter bewaar en verfris. Kaleb was anders, omdat hy sy gedagtes in God geweek het. Die psalmdigter het ons gewys hoe om dit te doen. Hy het gevra: “Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so?” Hy was hartseer en mismoedig. Die lewenstryd was besig om hom te oorrompel en nog ’n slagoffer te eis, maar die skrywer het op presies die regte tyd hierdie besluit geneem: “Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ’n loflied sing... Uit my vertwyfeling roep ek na U hier van die Jordaangebied, van Hermonberg, van die Kleinberg af.” Daar is vasberadenheid in sy woorde. “Ek sal weer... roep...na U.” Die skrywer het die doelbewuste besluit geneem om sy mismoedige siel met gedagtes van God te vul. Oral waar ek gaan, sal ek vir U ’n loflied sing – van die Jordaan tot by Hermonberg tot by die Kleinberg. In jou geval sal die vers soos volg lees: “Van die intensiewe eenheid tot by die begraafplaas, tot by die werkloosheidstou, tot by die hofsaal sal ek vir U ’n loflied sing.” Daar is niks maklik hieraan nie. Probleme oorval ons soos reën in ’n donderstorm. Om God tussen daardie wolke te vind vereis al die dissipline wat jy bymekaar kan skraap, maar die resultaat is dit werd. Jy wil mos in elk geval nie oor jou ellende sit en dink nie? Sal dit jou ’n beter mens maak as jy jou probleme sit en opsê? Nee. Maar dit sal as jy jou ingesteldheid verander. “Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie” (Joh 14:27). Verdiep jou eerder in God-gedagtes. Wanneer ons probleme ons oorweldig, kan ons benoud en ontsteld raak of ons kan op God vertrou. Kaleb kon die Here vervloek het. Hy het nie die woestyn verdien nie. Hy moes sy droom 40 jaar lank uitstel. Tog het hy nie gekla of bitter geraak nie. Toe dit tyd word vir hom om sy eiendom te erf, het hy met God-


deurdrenkte gedagtes na vore gekom om dit te ontvang. “Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is,” sê Kolossense. Wanneer die reuse in die land is, wanneer vertwyfeling jou gedagtes oordonder, rig jou gedagtes op God. Jou beste gedagtes is God-gedagtes. Hy is bo al hierdie gemors verhewe! Hy is die Allerhoogste oor die hele aarde. Moses het gesê: “Wie van die gode is soos U, Here? Wie is soos U, so hoog geëer en heilig?” Die psalmdigter het gevra: “Wie in die hemel kan met die Here vergelyk word? Wie onder die hemelwesens is soos die Here?” Jesaja het geskryf: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.” God is nie net heilig of heilig, heilig nie; Hy is heilig, heilig, heilig. Totaal anders as ons. Hy word nie deur pyn gepla nie. Die ekonomie ontstel Hom nie. Die weer doen niks aan Hom nie. Verkiesings definieer Hom nie. Hy word nie deur siektes aangesteek nie. Die dood kan Hom nie opeis nie. Hy het hulpbronne wat ons nie het nie, wysheid wat ons ons nie eers kan indink nie. Hy is magtig … om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink. Staar minder na die berg en meer na die Bergverskuiwer. Dink na oor God se heiligheid. Laat sy prag jou verstom en inspireer. En... Moenie na die twyfelaars luister nie. Ignoreer die dwase. Druk jou ore toe wanneer die pessimiste kraai. Mense het ’n reg om te sê wat hulle wil en jy het ’n reg om hulle te ignoreer. Net omdat iemand die blues sing, beteken nie jy moet by die koor aansluit nie. Kaleb en Josua was tien teen twee aan die verloorkant, maar hulle het steeds in God se mag geglo. “My medeverkenners wat saam met my gegaan het, het die volk se hart laat verstyf van angs. Ek het die Here my God getrou gevolg.” Kaleb het gekies om die tien twyfelaars te ignoreer en in elk geval te glo.

Toe Moses Kaleb gestuur het om die land te gaan verken, het Kaleb iets gesien wat hom bekommer het. Die dorp Hebron. Hebron het ’n spesiale plek in die Hebreeuse geskiedenis gehad. Dit was die enigste stuk grond wat Abraham ooit besit het. Abraham het sy vrou daar begrawe. Hy was daar begrawe. So ook Isak, Rebekka en Jakob. Hebron was ’n heilige plek. Maar die dag toe Kaleb dit vir die eerste keer sien, het onheilige mense die heilige hoogte bewoon. Hierdie besetting het Kaleb ontstel. Om te sien dat die plek waar Abraham begrawe is, nie gerespekteer word nie, maar geminag word, was meer as wat hy kon verduur. Daarom het Kaleb vir Moses gevra om Hebron vir hom te gee. Kaleb het nie vir Jerusalem, hoog op Moriaberg, gevra nie. Kaleb het nie gevra vir die Eskolvallei waar die druiwe so groot soos pruime was nie. Hy het nie van Jerigo of die Jordaan gepraat nie. Hy wou Hebron hê. Hebron, waar Abraham onder die eikebome gelê het. Waar die aarde ’n besoek van engele gehad het. Waar die heiligste familie in die grond begrawe is. Kaleb, die man met die ander ingesteldheid, het ’n geheime begeerte gehad. “Gee my net Hebron; ek sal dit oppas.” Moses het na die Here toe gegaan met die versoek. Hy het die antwoord gegee en Kaleb het die grond gekry. Vyfen-veertig jaar later, op die ouderdom van vyf-en-tagtig, was die ou soldaat gereed om Hebron te bewoon. “Gee my nou asseblief die bergwêreld waarvan die Here daardie dag gepraat het.” Die laaste maal dat ons Kaleb sien, is waar hy sy gesig na Hebron draai waar hy doen wat hy belowe het om te doen: waar hy die vyand verjaag en die stad herwin. Kaleb wou iets groots vir God doen. Hy het met ’n hoër roeping geleef. Hoe hoog is joune? Miskien is die rede waarom jou probleme so groot voel dat jou doel te klein is. Miskien moet jy jou gedagtes op ’n heilige doel rig.

Ek het ’n vriend wat gereeld mediese sendingreise na ’n afgeleë boskliniek onderneem waar hy die minderbevoorregtes behandel. Hy is ’n afgetrede snydokter met ’n goeie inkomste. Hy kan sy dae in gemak en luuksheid deurbring, maar hy ondersteun die kliniek vir sy eie beswil. “Ek het ’n doel nodig wat meer as TV en duur motors is,” het hy gesê. “As ek op my eie gerief fokus, sal niks my tevrede stel nie, maar wanneer ek op die dinge van God fokus, is ek ’n gelukkige man.” My vriend tree vanuit God-deurdrenkte gedagtes op. As jou probleme groot is, is jou doel te klein. Wanneer jou doel groot is, begin die probleme kleiner word. Het jy ’n heilige doel? ’n Geloof wat werd is om te behou? ’n Doel wat werd is om daarvoor te leef? Vra God om jou ’n Hebron tot sy eer te gee. ’n Weeshuis om te ondersteun. ’n Buurman om aan te moedig. ’n Behoeftige gesin om kos te gee. ’n Klas om te onderrig. Senior burgers om te motiveer. Dit is waarlik beter om te gee as om te ontvang. In die koninkryk van Christus baat ons deur te gee, nie deur te neem nie. Ons groei deur te help, nie deur seer te maak nie. Ons gaan vooruit deur te dien, nie te eis nie. Wil jy sien hoe jou probleme verdamp? Help ander met hulle s’n. Jy sal altyd probleme hê, maar jy hoef dit nie op dieselfde manier te hanteer nie. Verdiep jou eerder in God-gedagtes. Moenie na twyfelaars luister nie. Spits jou gedagtes toe op ’n heilige doel. Wanneer jy eers jou berg gevind het, sal geen reus jou kan keer, geen ouderdom jou diskwalifiseer, geen probleme jou oorweldig nie. Jy en Kaleb het per slot van rekening iets gemeen. Julle het ’n ander ingesteldheid. Jy is ’n mens van die Beloofde Land! Manna

19


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.