Manna Volume 15

Page 1

Leef gunsbewus Daar is lewe na ’n miskraam Here, help my glo Hou op om jou te bekommer Bou ’n rotsvaste huwelik Verander jou kop, verander jou lewe

R37.00

Volume 15



Dat ons leef omdat U

leef is die eerste van alles wat wonderlik is.

’n Wisselvloei is daar tussen U en ons, U vloei in ons in en ons in U, en in U word ons arme vog gesuiwer

en vernuwe,

en ons self keer uit U terug in ons in deur die membraan wat

tyd en wêreld is.

Membraan of illusie, so dun is dit, so nie, so nêrens vir u

begenadigdes –

Dankie, dat ons wat onsself versteek vir ons naastes gans oop is vir U en U hoop

Dankie, vir die gladder as asemhaling heen en weer tussen U en ons; dat tyd en ewigheid mekaar deurdring, nie twee is nie maar een

dié wonder, waarin die harde seer wat wêreld is, sagter as asem oplos en verdwyn

Dankie, God, vir

~ Sheila Cousins


Gary & Rhona Kieswetter

Praat jy die

O

taal van die hemel?

nlangs sê een van ons kleinkinders: “My beste sintuig is my mond want ek kan baie goed praat en baie goed eet!”

Ons vergeet soms van hierdie kragtige wapen wat ons almal het. Ons praat maar saam met die omstandighede wat om ons gebeur en besef nie aldag dat ons ons geheime wapen van woorde ten goede kan gebruik in ons lewens nie. Woorde is baie kragtig, dit is wat God gebruik het om die heelal en alles wat bestaan mee te skep! Woorde is dus die boublokke van die heelal en ons het ook die voorreg om te bou in ons eie lewens asook in alles om ons. Die Bybel gaan sovêr om te sê dat ons woorde lewe of dood kan veroorsaak. Dink vir ’n oomblik aan die krag wat in jou mond lê! Wat doen jy daarmee? Om lewe te spreek moet egter beoefen word want die ou natuur neig daarna om te fokus op die negatiewe en dit uit te spreek. Ons nuwe Gees-vervulde natuur is die een wat die positiewe sal raaksien en daarop wil fokus. Die Heilige Gees is die een wat ons daagliks leer om meer soos Jesus te kan praat. Wanneer ons besef dat ons woorde wêrelde skep in ons en die mense om ons se lewens, dan begin ’n mens twee keer dink oor wat jy sê. Om ’n wag voor jou mond te sit is slegs die een aspek daarvan. Dit help egter nie ons pas net op wat ons sê maar ons laat nie toe dat die lewe deur ons woorde vloei nie. Woorde is eintlik net ’n verklanking van dit wat in ’n mens se hart aangaan en vandaar die gesegde wat die hart van vol is loop die mond van oor. Dus, om lewe te spreek is eintlik ’n hartsaak.

Deur na jou eie woorde te luister kom ’n mens vinnig agter wat eintlik in jou hart aangaan. Soms moet ’n mens bietjie luister na jouself. Is dit wat jy hoor deurdrenk met hoop, liefde en geloof of is daar elemente van vrees en wantroue? Dan is dit nodig om na God toe te kom en daardie gevoelens van ongeloof en vrees te bely en Hom te vra om ons weer te vul met liefde en hoop. Wanneer daar onderliggende angs teenwoordig is, beteken dit dat daar dalk areas is waarin ons God nie 100% vertrou nie. Bring jou hart voor God en kies om Hom weer ten volle te vertrou met jou hele lewe en alle aspekte daarvan! Daarna moet jou denke vernuwe word om te pas by dit wat jy glo. Omstandighede is nie jou probleem nie, want jy is saam met jou omstandighede in Christus. Wat ons dus nodig het om te doen is om na hulle te kyk soos Jesus daarna sou kyk en oor hulle te dink en praat soos Hy dit sou doen. Die Bybel leer ons dat ons die ‘mindset’ van Jesus het en daarom kan ons soos Hy dink, leef, glo en praat! Dawid het gesê ek het geglo en daarom het ek gespreek. Soos ons glo, so spreek ons. Omdat ons nuwe skepsels is en nou aan die koninkryk van lig behoort, moet ons ook die taal van die hemel praat. Die taal van die hemel is lewe! Maak nie saak hoe dinge lyk nie, niks is onmoontlik vir die wat glo nie en daarom mag ons met groot vrymoedigheid daardie lewe spreek en resultate verwag! Maak seker jou hart is in volle vertroue op God gerig, kry jou gedagtes in lyn met die Woord en gebruik jou tong om lewe in jou wêreld te skep.


GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL

Volume

15

Denke beheer materie

06

Leef gunsbewus

Ons bewussyn – hierdie fenomenale gawe van God om te kan dink – aktiveer ons gene en verander ons breine.

Daar is lewe na ’n miskraam

16

Here, help my glo

Swangerskapverlies is ’n wesenlike verlies en waaroor ’n mens waarlik moet rou. Daar ís ’n barmhartige God wat hierdie pad saam met jou stap.

Hou op om jou te bekommer

26

Jy kan maar al jou bekommernisse op Hom gooi. Hy sal vir jou sorg.

MANNA www.mannatydskrif.co.za Whatsapp of SMS: 064 666 4024 Inskrywings: info@mannatydskrif.co.za

10

God se guns kom te midde van die uitdagings en die moeilike omstandighede.

22

Daar is min goed wat vir ons mense so moeilik is as om die Here te vertrou. Dit vra dat ek sal glo dat God ’n plan vir my lewe het al verstaan ek dit nie.

Bou ’n rotsvaste huwelik

30

Verander jou kop, verander jou lewe

35

As jy jou huweliksmaat se behoeftes verstaan en vervul, kommunikeer jy liefde in sy of haar taal. Dis geheim vir geluk en ’n leeftyd se passie en intimiteit!

Gelowiges gee graag hulle hart vir die Here, maar hou hulle kop vir hulleself. Geloof wat reg gebeur, sluit altyd jou kop ook in.

Redakteurs: Gary en Rhona Kieswetter Uitgewer: Ingrid Stegmann / ingrid@dor22.co.za

Grafiese ontwerp & uitleg: Adri de Bruyne Ontwerpelemente: Freepik.com Fotos: Shutterstock


Geloofsmuur God sal dikwels spanning in jou lewe toelaat om jou te toets en eers wanneer jy die toets slaag, sal jy vorder in jou lewe. Hy sal mense en omstandighede oor jou pad bring wat soos skuurpapier aan jou krap en skaaf, maar Hy gebruik dit om jou skerp kante glad te maak. God gaan die kwessies keer op keer aanroer totdat jy die toets slaag.

Ons bid dikwels: “Here, as U my omstandighede sal verander, sal ek verander.’ Nee, dit werk andersom. Ons moet bereid wees om ons gesindheid te verander en die kwessies te hanteer wat oor ons pad kom; dan sal God ons omstandighede verander.

Ons kan tekere gaan en praat oor ons pyn en ons probleme ad infinitum. Maar daar kom ’n punt wanneer ons dit wat met ons gebeur moet trotseer en dit na God moet neem en sê: “Hier is ek. Ek kry seer. Ek is gefrustreerd. Niemand kan dit regmaak behalwe U nie, Here God. Ek gee dit vir U. Ek het U hulp en U antwoorde nodig

Dankie Here dat U vir my geleenthede skep wat niemand kan wegneem nie. Dankie dat u sorg dat mense goedhartig is teenoor my en my help. U baan die weg waar daar geen weg blyk te wees nie.


Voetpad na

V�ede

Mila nie Vosloo

My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is 2 Korintiërs 12:9

O

Sien God se seën raak in al die gawes wat Hy tydens jou swaarkry-pad oor jou stort…en ervaar hoe Hy jou deur sy genade volkome genees!

Hoe lyk God se seën? ns hemelse Vader laat dikwels swaarkry en beproewing in ons lewens toe sodat ons weer opnuut kan besef:

§ God is goed! Jou pyn kan ’n seën wees omdat Hy jou juis daardeur sterk wil maak. Glo in sy krag. § God is groot! Hy is groot genoeg om elke stukkie seer – groot en klein – met begrip en deernis te hanteer. Vertrou Hom met jou stukkend-wees. § God is genadig! In swaarkry-tye kan jy maar weet dat God se genade groot en wyd genoeg is om jou daardeur te dra. § God gee guns! Dalk werk dinge nie uit soos wat jy gehoop, gevra of gebid het nie. Soms bewys Hy juis sy guns wanneer Hy “nee” sê. § God genees! God se helende hand is met liefde oor ons liggame en harte uitgestrek.

Wonderbare God, hoe goed is U nie! Dankie dat u genade-guns alle wonde genees. Ek loof U meer as ooit! Amen.

Hierdie is ’n uittreksel uit Sielskos vir die vrou wat lééf deur Milanie Vosloo.


Dink jouself

gelukkig... D r. C aro l i n e L eaf

Denke beheer

materie

Ons bewussyn – hierdie fenomenale gawe van God om te kan dink – aktiveer ons gene en verander ons breine. Die debat in die wetenskap is tussen die denke wat bepaal word deur wat die brein doen teenoor die brein wat doen wat die denke wil hê. Die posisie wat jy inneem, sal ’n impak hê op jou siening van vrye wil en keuse. Die denke is wat die brein doen: Die eerste argument sê dat gedagtes uit jou brein kom, asof jou brein alle aspekte van jou denkervaring genereer. Mense wat hierdie siening huldig, word die materialiste genoem. Hulle glo dit is die chemikalieë en neurone wat die denke skep en dat die verhoudings tussen jou gedagtes en dit wat jy doen bloot geïgnoreer kan word. In wese is hulle perspektief dus dat die brein dit wat jy doen en dit wat jy dink, skep. Die denke is wat die brein doen, glo hulle, en die implikasies is beduidend. Neem byvoorbeeld die behandeling vir depressie. Die brein doen wat die denke wil hê: Kom ons kyk hierna uit ’n ander hoek: Die brein doen wat die denke wil hê. Jy is ’n denkende wese. Jy dink die hele dag, en snags, terwyl jy slaap, sorteer jy jou gedagtes uit. Terwyl jy dink, kies jy, en wanneer jy kies, lei dit tot genetiese uitdrukking in jou brein. Dit beteken jy maak proteïene, en hierdie proteïene vorm jou gedagtes. Gedagtes is werklike, fisiese dinge in die sfeer van die denke. Eric R. Kandel, ’n neuropsigiater wat die Nobelprys gewen het vir sy werk oor geheue, wys hoe ons gedagtes, selfs ons verbeelding, onder ons DNS se “vel” kan inkom en sekere gene kan aanskakel en ander kan afskakel, wat die struktuur van die neurone in die brein verander. Terwyl ons dink en ons verbeelding gebruik, verander ons dus die struktuur en funksie van ons breine. Meer onlangs het voorste neurowetenskaplikes soos Joe Dispenza gewys hoe ons gedagtes verstommende krag het om die brein te verander. Ons breine verander elke oomblik terwyl ons dink. Deur te dink en te kies herontwerp ons die landskap van die brein. Ons denke is ontwerp om die liggaam, waarvan die brein ’n deel is, te beheer, nie andersom nie. Materie beheer ons nie; ons beheer materie deur ons denke en keuses. Ons kan nie die gebeure en omstandighede van die lewe beheer nie, maar ons kan ons reaksies beheer. Trouens, ons kan ons reaksies op enigiets beheer, en sodoende ons breine verander. Dit is nie maklik nie; dit is harde werk, maar dit kan gedoen word deur ons gedagtes en keuses. Nou kan jy egter rustig wees in die wete dat wat God jou bemagtig het om te doen, kragtiger en doeltreffender is as enige medikasie, enige bedreiging, enige siekte, of enige neurologiese uitdaging. Ons word nie ingeperk deur die fisieke nie; ons beheer die fisieke. Julle hoef net na die talle inspirerende oorlewingsverhale te luister van dié wat deur die geskiedenis heen en in die hedendaagse lewe ’n onmoontlike oormag oorwin het, om te weet dit is waar. Keuses is werklik: Jy is vry om keuses te maak oor hoe jy jou aandag fokus, en dit beïnvloed hoe die chemikalieë en proteïene en bedrading van jou brein verander en funksioneer. Wetenskaplikes bewys dat die verhouding tussen dit wat jy dink en hoe jy jouself

06


verstaan – jou oortuigings, drome, hoop en gedagtes – ’n groot impak het op hoe jou brein werk. Navorsing het bevind dat 75% tot 98% van geestes-, fisieke en gedragsiektes voortkom uit ’n mens se gedagtelewe. Hierdie verbluffende statistiek beteken slegs 2% tot 25% van geestes- en fisieke siektes kom uit die omgewing en gene. Denke aktiveer gene: Elke dag ontdek wetenskaplikes die presiese paadjies waardeur veranderinge in menslike bewussyn veranderinge in ons breine en liggame teweegbring. Ons bewussyn – hierdie fenomenale gawe van God om te kan dink – aktiveer ons gene en verander ons breine. Die wetenskap wys dat ons gedagtes, met hulle meegaande gevoelens, sekere stele gene in komplekse verhoudings aan- en afskakel. Ons neem feite, ervarings en die gebeure van die lewe, en gee betekenis daaraan met ons denke. Ons het dalk ’n vaste stel gene in ons chromosome, maar watter van daardie gene aktief is en hoe hulle aktief is, het baie te doen met hoe ons dink en ons ervarings verwerk. Ons gedagtes produseer woorde en gedrag, wat op hul beurt verdere denke en keuses stimuleer wat meer gedagtes bou in ’n nimmereindigende kringloop. Ons breine word gevorm deur ons reaksies: Ons reageer voortdurend op omstandighede en gebeure, en namate hierdie siklus voortgaan, word ons breine gevorm deur die proses, óf in ’n positiewe, goeie rigting, óf in ’n negatiewe, toksiese, swak rigting. Dit is dus die gehalte van ons denke en keuses (bewussyn) en ons reaksies wat ons “breinargitektuur” bepaal – die vorm of ontwerp van die brein en die gevolglike gehalte van die gesondheid van ons gees en liggame. Die wetenskap en die Skrif wys albei dat ons gemaak is vir liefde en optimisme, en wanneer ons dus reageer deur negatief te dink en negatiewe keuses te maak, ly die gehalte van ons denke daaronder, wat beteken die gehalte van ons breinargitektuur ly daaronder. Dit is vertroostend – en uitdagend – om te weet dat negatiewe gedagtes nie die norm is nie. Denke verander ons DNS: As ons dit verder vat, wys navorsing dat DNS in werklikheid verander volgens ons gedagtes. Wanneer jy daardie negatiewe gedagtes oor die toekoms dink – die week wat voorlê, wat ’n persoon kan doen of sê, selfs in die afwesigheid van die konkrete stimulus – sal daardie toksiese gedagtes die bedrading van jou brein op ’n negatiewe manier verander, en stres veroorsaak vir jou gees en liggaam. Negatiewe gedagtes lei tot stress wat die liggaam se natuurlike genesingsvermoë beïnvloed. Toksiese gedagtes takel die brein af: Die Institute for HeartMath, het bewys dat gedagtes en gevoelens van woede, vrees en frustrasie daartoe gelei het dat DNS van vorm verander het volgens die gedagtes en gevoelens. Die DNS het gereageer deur stywer en korter te word en baie DNSkodes af te skakel, wat gehalte-uitdrukking verminder het. Ons voel dus afgeskakel deur negatiewe emosies, en ons liggaam voel dit ook. Maar hier volg die goeie nuus: Die negatiewe afskakeling of swak gehalte van die DNS-kodes is omgekeer deur gevoelens van liefde, vreugde, waardering en dankbaarheid! Die kruks van die saak is dus dat wanneer ons binne ons normale liefdesontwerp funksioneer – wat is dat ons na God se beeld geskape is – ons die vorm van ons DNS kan verander sodat dit beter is. Wanneer ons dus swak besluit – wanneer ons kies om in toksiese gedagtes te verval (soos onvergewensgesindheid, bitterheid, irritasie, of gevoelens dat ons nie dinge kan hanteer nie) – verander ons die DNS en gevolglike genetiese uitdrukking, wat dan ons breine se bedrading negatief verander. Dit plaas die brein in ’n beskermingsmodus, en die brein skakel hierdie swak, toksiese gedagtes in negatiewe stres om. Hierdie stres manifesteer dan in ons liggame. Maar die opwindendste deel van hierdie studie is die hoop wat dit bring, want die positiewe ingesteldheid, die goeie keuse, het alles herbedraad na die oorspronklike, gesonde, positiewe staat. Hierdie wetenskaplikes het basies bewys dat ons ons denke kan vernuwe!

Caroline Leaf, ’n kommunikasiepatoloog en oudioloog, werk sedert 1985 in die veld van kognitiewe neurowetenskap.

07


Moenie gedurig loop en jou bekommer nie. Moenie van vroeg tot laat vra: “Gaan ek genoeg hê om te eet?” of: “Gaan ek genoeg hê om aan te trek?” nie. Die lewe gaan tog oor baie meer as kos en klere. As jy dit doen tree jy op soos iemand wat God glad nie ken nie. Jy het mos ’n Vader in die hemel wat presies weet wat jy nodig het. Hy sal sorg dat jy alles kry. Kyk ’n slag na die voëls: hulle net nie groot skure waarin hulle elke dag hulle kos bêre nie. Tog is hulle nooit honger nie. God sorg dat hulle elke dag genoeg het om te eet. Weet jy, jy is baie meer werd vir God as ál die voëls in die hemel. Hou dan op om so kleingelowig te wees. Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg. Hy sal elke dag vir genoeg kos en klere sorg. En los môre se probleme vir die dag van môre. Van probleme het elke dag immers oorgenoeg. Leef vandag voluit vir God!


Sluit aan �y

MANNA Manna is ’n twee-maandelikse publikasie wat tjok en blok vol Woordgebaseerde artikels is. Hierdie is nie net ’n sommer-so geestelike tydskrif nie, maar een wat jou gees sal voed, jou lewe sal verryk en jou verhouding met God sal verdiep.

Sluit aan �y Manna teen R37 elke 2de maand!

Is jy opsoek na ’n geestelike tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie?

Leef gunsbewus

Maar

Daar is lewe na ’n miskraam

’n Tydskrif waar elke artikel vir jou geestelike waarheid bring?

Here, help my glo

’n Tydskrif wat jou leer oor die krag van God se Woord in jou lewe?

Hou op om jou te bekommer

’n Tydskrif waar jy meer lees van God as oor mense?

Bou ’n rotsvaste huwelik Verander jou kop, verander jou lewe

Sluit aan �y ons op een �an die �aniere: Whatsapp of SMS 064 666 4024 Gaan na www.mannatydskrif.co.za en kliek op ‘sluit aan’. SMS “Manna” na 33282

R37.00

Volume 15


leef

gunsbewus Jo e l Oste e n

God se guns kom te midde van die uitdagings en die moeilike omstandighede. In plaas daarvan om mismoedig te word en ’n onvergenoegde uitkyk op die lewe te ontwikkel, moet jy meer as ooit kies om gunsbewus te wees. Begin God se guns verwag.

G

od wil jou op elke gebied van jou lewe help, nie net met die groot dinge nie. Wanneer jy gunsbewus lewe, sal jy begin om God se goedheid in die alledaagse, gewone gebeure in die supermark, by sportwedstryde, in die winkelsentrum, by die werk en by die huis te sien. Jy gaan dalk uit vir middagete en loop “toevallig” iemand raak wat jy graag wou ontmoet. Dalk is dit iemand wat jy bewonder of by wie jy iets wil leer, of dalk is dit iemand met wie jy gehoop het om sake te doen, maar by wie jy nie kon uitkom nie. Dit is nie toevallig nie. Dit is die guns van God wat sorg dat jy op die regte tyd op die regte plek is. Wanneer sulke dinge gebeur, moet jy dankbaar wees. Moenie God se guns as vanselfsprekend aanvaar nie.

10

Sê: “Vader, dankie vir U guns. Dankie dat U my help.”

Pleks van om teenspoed te verwag, hoekom begin jy nie verwag dat God se seën jou sal agtervolg nie?

Moenie God se guns as vanselfsprekend aanvaar nie Wanneer jy gunsbewus lewe, sê die Bybel, sal God se goedheid en liefde jou lewe lank by jou bly. Met ander woorde, jy sal nie kan wegkom van God se goedheid nie. Oral waar jy gaan, sal dinge in jou guns verander. Jy sal jou nie kan draai sonder dat iemand iets goeds vir jou wil doen of jou op een of ander manier wil help nie. Hulle sal dalk nie eens weet hoekom hulle dit doen nie. Maar dit is God se guns wat jou in die skare uitsonder. Eenkeer het ek op ’n vliegtuig gesit terwyl dit gereed gemaak het om op te styg. Skielik het ek gehoor iemand roep my naam oor die luidspreker en vra dat ek my klokkie moet druk sodat sy kan sien waar ek sit. Ek het eers geskrik. Ek het gedink dat ek dalk iets by


11


die sekuriteitshek vergeet het of dat iets verkeerd was. Die lugwaardin het met die paadjie afgestap, oorgeleun en saggies vir my gesê: “Kom asseblief saam met ons. Ons het vir u ’n sitplek in die besigheidsklas.” Die mense om my het my aangestaar en seker gewonder: Wat is dit met hom? Hoekom word hy uitgesonder? Ek het die lugwaardin in die paadjie af gevolg en gaan sit in die plek wat sy aangewys het … in die besigheidsklas. Later tydens die vlug het ek haar gevra: “Hoekom het julle my gekies?” Sy het ’n gebaar met haar hand gemaak en gesê: “Ons moes plek maak in ekonomiese klas en die rekenaar het lukraak iemand gekies om na eerste klas op te gradeer.” Ek het gedink: Dis wat jy dink! Ek het geweet dat dit my hemelse Vader was wat my voorkeurbehandeling gegee het. Ek het geweet dat dit God se guns was wat my tussen die ander passasiers uitgesonder het. Dit is die soort ding wat “vanself ” gebeur wanneer ons gunsbewus lewe. Daarom moet ons in die gewoonte kom om gedurig God se guns oor ons lewe uit te spreek. En nie net oor ons eie lewe nie, maar ook oor ons ondernemings, ons

werknemers, ons kinders en ons gesinne. As jy ’n verkoopspersoon is, behoort jy te verklaar dat jy guns by jou kliënte het. Jy behoort elke dag te sê: “Vader, ek dank U dat my kliënte lojaal is aan my en bereid is om met my sake te doen.” As jy ’n eiendomsagent is, moet jy sê: “Vader, ek dank U omdat hierdie eiendom ’n koper gaan kry. Ek dank U dat U guns my na die regte mense lei. U guns maak dat mense hierdie huis wil koop.” Leer om God se guns oor elke aspek van jou lewe uit te spreek. As jy nie soveel guns ervaar as wat jy graag sou wou nie, moet jy dit meer dikwels verklaar. Verklaar dit met meer oorgawe. Jy hoef dit nie noodwendig hardop te sê nie. Jy kan dit fluister. Jy kan dit sê terwyl jy werk toe ry. Jy kan dit net voor die belangrike voorlegging sê. Onthou, hoe meer gunsbewus jy is, hoe meer van God se guns gaan jy ervaar. Leer om God se guns oor elke aspek van jou lewe uit te spreek. God se guns kan veroorsaak dat mense uitsonderings maak en hul beleid verander, of iets buitengewoons doen – selfs iets wat nog nooit tevore gedoen is nie. ’n Paar jaar gelede het ek in die aankomssaal van die lughawe my bagasie

laat inweeg vir ’n oorsese vlug. Ek het ’n duur televisiekamera by my gehad en was huiwerig om dit na die bagasieruim te laat gaan. Ek het die vrou by die bagasietoonbank gevra of ek dit dalk as handbagasie aan boord kon neem. “Ek is jammer, maar dis onmoontlik,” het sy gesê. “Ons beleid is baie streng. Handbagasie moet onder die sitplek of in die kassies bo die sitplekke pas, anders moet dit na die ruim gaan.” Ek het dit begryp. Sy moes die reëls volg. Maar ek het ook geweet God se guns kan uitsonderings moontlik maak, daarom het ek beleef gevra: “Is daar enigiemand anders vir wie ek kan vra om die kamera in die kajuit te hou?” Sy het gesê: “Nee, ek is jammer. Daar is niemand nie. Dis hoegenaamd nie moontlik om jou kamera saam met jou in die vliegtuig in te neem nie.” Net toe het ’n man in die uniform van ’n vlieënier na my toe gekom. Ek het hom nie geken nie, hom nog nooit tevore gesien nie, maar hy het reguit na my toe gestap en gevra: “Kan ek dalk help?” “Ek wil graag my kamera in die kajuit hou,” het ek gesê. “Ek is bang dit beskadig tussen al die ander bagasie.” “Waarheen gaan jy?” het hy gevra.

Wanneer jy werklik begryp dat hierdie guns tot jou beskikking is, raak dit baie makliker om vol vertroue te leef 12


“Ek gaan na Nieu-Delhi in Indië om by my pa aan te sluit,” het ek geantwoord. “Regtig?” het hy met opgetrekte wenkbroue gevra. “Dis my vlug.” Toe sê hy: “Bring net die kamera vir my wanneer jy aan boord gaan, dan sal ek dit net agter die stuurkajuit neersit.” Die vrou agter die toonbank het my aangegluur en haar kop vererg geskud. Ek het net geglimlag en gesê: “Jammer, dame; dis God se guns.” God se guns kan maak dat mense uit hul pad gaan om jou te probeer help. God se guns kan veroorsaak dat mense uitsonderings vir jou maak. Dink bietjie daaroor. Waarom het die kaptein van daardie vlug in die middel van daardie besige lughawe na my toe gekom? Daar was 15 of 20 bagasietoonbanke en honderde mense wat tougestaan het. Hoekom het hy my gekies? Dit is God se guns. Dit was God wat my spesiaal begunstig het, nie omdat ek ’n predikantskind is, of selfs omdat ek die kind van ’n bekende prediker is nie, maar omdat ek sy kind is! God wil soortgelyke dinge in jou lewe doen. ’n Jong vrou in ons gemeente het my vertel van ’n voorval toe sy ’n noodoperasie moes ondergaan en haar mediese fonds om die een of ander rede nie daarvoor wou betaal nie. Die gevolg was dat sy die hospitaal derduisende geskuld het. Die hospitaal het haar toegelaat om dit maandeliks af te betaal, maar sy het baie swaar gekry. Sy was ’n enkelouer en kon nie die ekstra betaling bekostig nie. Tog het sy nie moed verloor nie. Sy het nie loop en kla oor hoe moeilik haar lewe was of oor die hospitaal se vermetelheid om haar so baie te vra nie. In plaas daarvan het sy volgehou om te glo, God se guns te verwag en dit oor haar lewe uit te spreek. Sy was op die uitkyk vir God se goedheid. Net voor Kersfees het sy ’n brief van die hospitaal gekry wat gesê het: “Elke jaar kies ons ’n paar gesinne vir wie ons

iets spesiaals doen. Vanjaar het ons u gekies. Ons stel u graag in kennis dat u skuld afgeskryf word.” Die brief het ook gesê dat hulle nie net haar skuld afskryf nie, maar ook die paar duisend dollar wat sy reeds betaal het, sou teruggee. Dit is God se guns. Jy sê dalk: “Joel, dit klink wonderlik, maar jy ken nie my storie nie. Jy weet nie van die foute wat ek gemaak het nie. Ek het baie dinge verkeerd gedoen. Ek kan my nie voorstel dat God my ooit so sal wil seën nie.” Jy is reg. Dit sal nie gebeur nie – tensy jy jou denkwyse verander.

God se guns kan maak dat mense uit hul pad gaan om jou te probeer help Jy moet gunsbewus begin lewe. Jy moet begin om te verwag dat God se goedheid en liefde altyd by jou sal bly en dat sy guns op ’n nuwe manier in jou lewe sal verskyn. Ons maak almal foute en moet om vergifnis vra. Wanneer jy dit gedoen het, moet jy voortgaan in die wete dat God steeds sy guns in jou lewe wil uitstort. Hy wil groot dinge in, deur en vir jou doen.

’n Nuwe begin Israel se tweede koning, koning Dawid, het baie foute gemaak. Hy het owerspel gepleeg en selfs beveel dat ’n man doodgemaak word. Toe hy egter tot inkeer kom en om vergifnis vra, het God hom vergewe en hom toegelaat om opnuut te begin. Die Bybel sê: “Van hom het God gesê: “Ek het in Dawid seun van Isai ’n man na my hart gevind.”’ Dawid het nie vasgesteek by sy foute en die verkeerde dinge wat hy gedoen het nie. Nee, hy het gunsbewus gelewe. Dit was Dawid wat

geskrywe het: “U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly.” Let wel, hy het goedheid en liefde verwag, nie net by geleentheid nie, maar sy hele lewe lank. Die weergawe in die 1933-vertaling van die Bybel in Afrikaans lui: “Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe.” Dawid se beskouing was dat hy eenvoudig nie kon wegkom van God se goedheid en guns nie! Pleks van om teenspoed te verwag, hoekom begin jy nie verwag dat God se seën jou sal agtervolg nie? Verwag dat God se goedheid jou sal inhaal eerder as om te verwag dat jy beswaarlik sal regkom. Jy sê dalk: “Dis alles wonderlik, maar ek het baie probleme. Moeilike tye lê vir my voor. Daar is baie negatiewe dinge in my lewe aan die gang.” God se guns kan jou uit ’n penarie red en jou teenspoed verander in voorspoed. Dawid het gesê dat God se guns sorg dat sy vyande nie oor hom seëvier nie. Die Bybel is vol voorbeelde van mense wat in groot nood verkeer het, maar dan God se guns op ’n nuwe manier ervaar het en beleef het dat hulle omstandighede radikaal verander. Dink aan Noag toe hy voor die grootste uitdaging van sy lewe te staan gekom het. Die hele aarde sou in ’n vloed vernietig word en God het hom die reusetaak gegee om ’n enorme boot te bou, om nie eers te praat van die bymekaarmaak van die diere nie. Noag het sekerlik in die versoeking gekom om mismoedig te raak. Die Bybel sê egter: “Maar Noag is deur die Here begenadig.” Dit beteken dat die Here in sy skik was met Noag en daarom het hy God se guns op ’n nuwe manier ondervind, sodat hy buitengewone vermoëns gekry het. God het hom gehelp sodat hy in staat was om die ark te bou en sy familie, die diere en homself te red. Dink aan Rut. Haar man is oorlede, daar het ernstige hongersnood in die land 13


geheers en sy en haar skoonma, Naomi, het niks kos gehad nie. Hulle het byna van die honger doodgegaan. Rut het elke dag op die lande uitgegaan en agter die koringsnyers aangeloop om koring wat hulle laat val het, op te tel. Die Bybel gee te kenne dat Rut te midde van die teenspoed die guns van die grondeienaar gewen het. Die eienaar het sy werkers aangesê om opsetlik hande vol graan vir Rut te laat val. Weer het God se guns gedurende die krisis gekom. Kort daarna het Rut en Naomi se omstandighede verander en is daar oorvloedig in hul behoeftes voorsien. Josef is nog ’n Bybelse voorbeeld van iemand wat God se guns te midde van teenspoed ondervind het. Hy is in Egipte as slaaf verkoop, mishandel en veronreg. Maar die Bybel sê: “Wat Josef ook al aangepak het, die Here het dit laat slaag.” Hy was voorspoedig, ongeag wat ander mense aan hom gedoen het of waar hulle hom geplaas het. Selfs toe Potifar se vrou leuens oor hom vertel het, hom valslik van verkragting beskuldig het en hy in die tronk gegooi is, het dit goed met hom gegaan. Uiteindelik is hy deur die Here se guns vrygelaat en is hy in bevel van die hele Egipte se landboubedrywighede geplaas. In elkeen van hierdie voorbeelde het die guns van God te midde van beproewing gekom. Die guns het saam met ’n vloed gekom, saam met hongersnood en toe iemand veronreg is. Die guns het dus te midde van die uitdagings van die lewe gekom. Wanneer jy deur moeilike tye gaan, jy soos Josef mishandel word, soos Rut finansiële probleme ondervind of soos Noag vind dat jou hele wêreld tot niet gaan, moet jy kies om gunsbewus te lewe. In plaas daarvan om mismoedig te word en ’n onvergenoegde uitkyk op die lewe te ontwikkel, moet jy meer as ooit kies om gunsbewus te wees. Begin God se guns verklaar; begin God se guns verwag.

Lewe met ’n gelowige gesindheid Behandel iemand jou vandag sleg? Begin 14

sê: “Vader, Ek dank U dat U guns op ’n nuwe manier na my toe kom en my omstandighede gaan verander. Dit sal verseker dat hierdie mense my voortaan beter behandel.” As jy finansieel swaarkry, moet jy ook iets soos die volgende sê: “Vader, Ek dank U dat U sorg dat ek op die regte tyd op die regte plek is. U bring vir my wonderlike finansiële geleenthede.” As jy bereid is om met ’n gelowige gesindheid te leef, sal God se guns spoedig opdaag, soos dit met die geloofshelde van die verlede gebeur het. Dink aan Job. Hy het van die ergste beproewings denkbaar belewe. In minder as ’n jaar het hy sy gesin, sy besittings en sy gesondheid verloor. Hy het sere oor sy hele liggaam gehad en het waarskynlik voortdurend pyn gehad.

Wanneer jy werklik begryp dat hierdie guns tot jou beskikking is, raak dit baie makliker om vol vertroue te leef Maar in die middel van daardie donker tyd het Job gesê: “U het my die lewe gegee en my met liefde versorg.” Die verstommende deel van die verhaal is dat daar 42 hoofstukke in die boek Job is en Job die geloofsverklaring in hoofstuk 10 gemaak het. Hy is eers in hoofstuk 42 verlos, genees en bevry! Maar reg aan die begin, toe sy omstandighede op hulle donkerste en wanhopigste was, het Job opgekyk en gesê: “U het my die lewe gegee en my met liefde versorg.” Dit is ware geloof. Job het gesê: “Here, ek gee nie om hoe dinge lyk nie. Ek gee nie om hoe ellendig ek voel nie. Ek weet U is ’n goeie Here. En U guns gaan hierdie omstandighede verander.”

Is dit dan vreemd dat die Here Job geseën het met dubbel soveel as wat hy voorheen gehad het? Is dit dan vreemd dat sy vyande hom nie kon oorwin nie? As jy kan leer om met ’n gelowige gesindheid te lewe en in jou donkerste uur vrymoedig die guns van God kan verklaar, dan sal niks jou kan onderkry nie. Jy kan dalk vandag in omstandighede wees wat onmoontlik lyk, maar moenie God se guns buite rekening laat nie. ’n Druppel van God se guns kan alles in jou lewe verander. Niks sal jou kan onderkry nie. Die Bybel sê: “Vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.” Met ander woorde, moenie moed opgee nie. Hou aan om te glo, te verwag en te verklaar. Hou aan om gunsbewus te lewe, dan sal goeie dinge volgens God se belofte na jou kom. As jy jou hoop op die Here gevestig hou, sal jy goddelike guns ontvang. Jy sal dit dalk nie nou dadelik sien nie. Volgens wêreldse maatstawwe kan dinge dalk nie so goed lyk nie, maar as jy aanhou om dit te verwag en dit te sê, sal God se guns opdaag. En wanneer God se guns opdaag, sal dinge verander. Die guns van die Here sal sorg dat jy jou probleme te bowe kom. Die guns van die Here sal verhoed dat jou vyande jou verslaan. Ongeag jou omstandighede moet jy vrymoedig aanhou sê: “Here, ek weet U guns kom na my toe.” Dit is die guns van die Here. Moet nooit aan God twyfel nie. Die Bybel sê: “Vestig julle geloof volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.” Wanneer jy werklik begryp dat hierdie guns tot jou beskikking is, raak dit baie makliker om vol vertroue te leef. Jy kan waagmoedig wees. Jy kan vra vir goed waarvoor jy nie gewoonlik vra nie. En jy sal anders na jou teenspoed kyk. Diep binne jou sal jy weet dat jy ’n voordeel in die lewe het. Jy het ’n voorsprong. Jy het die guns van die Here. Manna


Jacques Groenewald (C) 078 109 7521 (E) jacques.groenewald@kwsa.co.za (W) jacquesg.kwsa.co.za

SPAN-GROENEWALD

Keller Williams Realty is ’n internasionale eiendomsagent franchise maatskappy met meer as 152,000 eiedomsagente in 810 streekskantore in 31 lande regoor die wêreld. Die Keller Williams Waarde sisteem: ◼︎ Kliënt: kom altyd eerste ◼︎ Toegewyd: in alle dinge ◼︎ Kommunikasie: probeer om eers te verstaan ◼︎ Kreatiwiteit: idees voor resultate ◼︎ Spanwerk: saam kan ons meer bereik ◼︎ Vertroue: begin met opregtheid ◼︎ Sukses: resultate deur mense ◼︎ Wen-wen: of geen ooreenkoms ◼︎ Integriteit: doen die regte ding

Van TE KOOP na VERKOOP in ’n oogwink!

Noem die KW-advertensie in Manna en ons skenk 10% komissie aan Die Bron-gemeente indien ons jou eiendom suksesvol verkoop.

Verkoop jou eiendom deur ons en staan ’n kans om pryse ter waarde van R20 000 te wen! (Termes & voorwaardes geld) OP

O ERK

V

OAKGLEN Morgenster 2 R1 995 000

OP

O ERK

V

MALMESBURY Guernsey 9 R2 950 000

Die Keller Williams Waarde-sisteem: God, familie en dan besigheid. Unit 22A/23B, Palm Grove Center, Corner of Main and Church Street, Durbanville, 7551


16


Daar is lewe na ’n miskraam Ve rske ie Oute urs

Swangerskapverlies, ongeag in watter stadium van die swangerskap dit plaasvind en ongeag die oorsaak, is ’n wesenlike verlies en waaroor ’n mens waarlik moet rou. Daar ís ’n barmhartige God wat hierdie pad saam met jou stap. Jy sal nie een tree alleen gee nie. Jy is nie alleen nie – Rechélle Vermaak

Ek is jammer jy moes die artikel optel om te lees, want dit beteken jy het al ’n miskraam, of meer as een, beleef. Of miskien is jy deel van daardie groep vroue wat al ’n stilgeboorte moes verwerk. Miskien het jy jou baba 20 of 30 jaar gelede al verloor en die seer lê diep begrawe. Dalk het jy onlangs ’n miskraam gehad en daar is nou so baie mediese vrae wat in jou kop rondmaal. Jy is nie seker wat met jou, jou lyf of jou baba gebeur het tydens hierdie trauma van babaverlies of miskraam nie. Jy weet nie eens hoe om jou ervaring vir ander mense te beskryf nie. Elke persoon se pad van verlies en rou loop verskillend. Vir party mense is die pad baie lank, eensaam en vermoeiend. Dit is byna asof die rou en verlies ’n eie persoonlikheid kry, want jy loop dagin en daguit daarmee saam. Vir ander is die pad korter, hoewel steeds seer en vol vrae,

Ek glo in my hart en siel en gees daar kan wel ’n tyd van aanvaarding aanbreek

maar hulle verwerk dit makliker wanneer daar ’n volgende swangerskap is. Die feit dat jy hierdie artikel lees, beteken jy is waarskynlik deel van die groep vroue wat voel hulle moet deur ’n diep en breë rivier swem en stoei tot aan die oorkant. Al wat hulle voor hulle sien, is malende, kolkende waters wat so vinnig op hulle afkom dat hulle geen idee het hoe en of hulle anderkant gaan uitkom nie. En wat is anderkant nou eintlik? Is dit om net weer normaal met die lewe aan te gaan, asof niks erg gebeur het nie? Is dit om nie meer oor elke geringe dingetjie te huil nie? Is dit om weer regtig te kan lag? Om net weer die son op jou wange te voel skyn? Of is dit om te leer om elke dag met die leegte in jou lyf en die leemte in jou hart saam te leef, sonder dat die res van die wêreld iets vermoed? Ek glo in my hart en siel en gees daar kan wel ’n tyd van aanvaarding aanbreek. ’n Tyd wanneer jy egte berusting ervaar en die lewe 17


weer ’n fees kan wees. ’n Tyd wanneer die strale van genesing weer oor jou sal skyn en jy met ’n lewe vol liefde en ’n hart vol hoop en omgee vir ander kan leef. Sonder ’n aangeplakte glimlag. Ek glo daar is ’n plek van ewige hoop, berusting en opgewondenheid oor die wete dat jy ’n ewigheid saam met jou kind kan deurbring. Moet daarom nie moed opgee nie! Klou vas aan die hoop en die vertroue dat die lewe in die toekoms vir jou wel anders sal wees, al gebeur dit nie gou nie. Die waarheid is, dit kos werk en tyd om hierdie plek te bereik. Dit gebeur nie vanself nie. Neem ’n besluit om aktief deur jou rouproses te werk. En onthou, dit is ’n proses; jy beweeg deur verskillende fases. Maar ten spyte van die hartseer bly dit ’n proses waardeur jy kan groei. Onthou ook altyd, jy is nie alleen nie. Al voel dit vir jou so. Daar ís ’n barmhartige God wat hierdie pad saam met jou stap. Jy sal nie een tree alleen gee nie.

’n Droom aan skerwe – Dr. Marlena du Toit

Om swanger te wees is om te droom en te hoop. Dit is om groot verwagtings te koester, om uit te sien na dit wat jy nog nie kan sien nie, maar waarin jy wel vas glo. Wanneer lewensmaats ’n gesin begin beplan, het hulle elkeen ’n eie idee van die proses. Meestal is die vrou die een wat dagboek van haar siklus hou, maand ná maand notas maak, getrou haar vitamiene sluk en hoop … en dan, met groot opgewondenheid en ’n tikkie angs, die eerste swangerskaptoets doen. En sowaar! Twee strepies … Die eerste ondersoek en sonar word meestal op 8 weke geskeduleer. Die swanger vrou en haar maat hou hulle harte versigtig en opgewonde vas oor wat met hierdie besoek sal gebeur en oor wat gesê en gesien sal word. Om nie eens van hulle lyste vrae te praat nie! In die meeste gevalle is die nuus opwindend, goed en

18

gunstig, en die naarheid en moegheid maak skielik sin. Ongelukkig het meer as net ’n paar vroue nie ’n goeie 8-weke-afspraak nie. Hulle hoor nie die nuus wat hulle wil hoor nie. Hulle sien nie die hartklop wat hulle verwag het nie. Dié hartseer nuus laat menige vrou se droomwêreld aan skerwe spat. Baie min vroue weet hoe om so ’n hartseer situasie te hanteer. Jy is so sprakeloos en oorweldig. Jy is teleurgesteld. Jy weet nie herwaarts of derwaarts nie. Wat het die miskraam veroorsaak? Het jy iets verkeerds gedoen? Gaan jy ooit kinders hê? Wat gaan nou gebeur? Wat gaan in jou liggaam aan? Hoekom bloei jy nie? Hoekom is al die swangerskapsimptome daar? Watter behandeling is beskikbaar? Daar is geen regte of verkeerde manier om in hierdie hartseer omstandighede te reageer nie. Ons almal verskil en reageer verskillend. Die feit dat jy hier lees, beteken egter jy het iewers die seer en pyn van ’n onverwagte miskraam of swangerskapsverlies beleef, dalk selfs meer as een keer. In so baie gevalle kan ons as medici nie ’n rede vir die swangerskapsverlies vind nie. Dikwels is dit ook vir ons ’n moeilike situasie om te hanteer. ’n Mens bly liggaam, siel en gees. Die mediese span moet altyd al drie hierdie fasette in ag neem. Vanuit die mediese perspektief bly die versorging van die liggaam die belangrikste prioriteit en in die akute fase is dit ook die aspek wat die meeste aandag nodig het. Uit ervaring het ek egter geleer dat die siel se pyn en die gees se vrae en opstand gewoonlik eers later volg.

Die Rou Proses – Braam Klopper

Swangerskapverlies is ’n wesenlike verlies wat ten volle erken behoort te word en waaroor ’n mens waarlik moet rou, al misken die breë gemeenskap dalk hierdie verlies of beskou dit as gering. Miskraam is

die verlies wat die meeste misken word. Vir dié wat direk deur ’n swangerskapverlies geraak word is dit meestal ’n belewenis van intense verlies. Natuurlik is dit nie net die verlies van “iets,” soos baie mense meen nie, maar die verlies van iemand. Swangerskapverlies, ongeag in watter stadium van die swangerskap dit plaasvind en ongeag die oorsaak, is ’n wesenlike verlies. Soos enige ander verlies, dompel dit die betrokke mense in ’n rouproses waardeur hulle moet werk.

Talle vroue beleef onrealistiese skuldgevoelens. Hulle dink hulle het iets verkeerd gedoen wat tot die dood van hulle ongebore baba gelei het Die beskrywing wat ek hieronder gee, kan tereg as ’n nuwe benadering tot die hantering van rou beskou word. Die fokus val op vyf routake waardeur ’n mens kan werk. Die voordeel van hierdie nuwe benadering is dat dit prakties is en dat mense wat treur hierdie take doelgerig kan aanpak en dit teen hulle eie pas kan deurwerk. Dit lei tot ’n groter mate van beheer en die gevoel van groei en vordering op hierdie lang en moeisame pad van rou. Die vyf routake word ook glad nie van mekaar geskei nie, maar slegs van mekaar onderskei. Dit verloop ook nie streng chronologies nie. Die inligting oor wat elke routaak spesifiek behels, is nie net van onskatbare


waarde vir dié mense wat treur nie, maar ook vir almal wat hulle sinvol in hulle verlies wil bystaan. As jy weet waardeur mense alles moet werk en wat hulle moet verwerk, kan jy baie meer praktiese hulp verleen. Dit sal jou ook help om van die tipiese foute wat mense in hulle hulpverlening maak, uit te skakel en te voorkom.

Routaak 1: Die werklikheid van die dood moet tot jou deurdring. Geen mens beleef die nuus dat ’n geliefde gesterf het onmiddellik as die werklikheid nie. Jy probeer jouself instinktief beskerm met gedagtes en selfs opmerkings soos die volgende: “Nee, dit kan nie waar wees nie.” “Miskien is dit net ’n groot misverstand.” “Dalk is dit iemand anders.” Skok speel hier ’n belangrike rol. Onthou, wanneer ons ’n traumatiese boodskap ontvang, reageer ons liggaam deur sekere chemiese stowwe soos adrenalien af te skei. Ons beweeg in ’n skokfase in, wat deur ’n gevoel van onwerklikheid oorheers word. Die een of ander tyd moet die werklikheid egter tot jou deurdring dat die verlies wel plaasgevind het, dat jou geliefde werklik gesterf het. Vorige gedagtes en gevoelens moet plek maak vir nuwes: “Dit het regtig gebeur!” “My geliefde is dood.” “Dit is nie net ’n nare droom waaruit ek sal wakker word nie.” “Niemand het ’n fout gemaak en ’n verkeerde boodskap vir my gebring nie.”

Routaak 2: Emosies wat met die dood van ’n geliefde gepaardgaan, moet uitgedruk en nie onderdruk word nie. Om aan ons emosies uiting te gee is egter ’n wesenlike deel van ons groei en vordering tydens die rouproses. Ons kan dit vergelyk met ’n wond wat skoongemaak en ontsmet moet word. Wanneer ons uiting aan ons emosies gee, is dit soos om ons emosionele wonde te reinig. Dit help dat die genesing van binne kan begin

plaasvind. As ons ons emosies onderdruk, sal dit nadelig op die rouproses inwerk. Dit kan selfs ons gesondheid benadeel.

Routaak 3: Vier jou geliefde se lewe: Hoe kan jy erkenning gee aan jou geliefde wat gesterf het? Deur ons herinneringe aan ons geliefde te vier, gee ons erkenning aan veral die volgende twee aspekte: die bestaan van daardie mens, en die betekenisvolheid van sy of haar bestaan. Dit gaan nie soseer daaroor om te onthou dat die persoon geleef het nie (dit doen ons in elk geval); dit gaan meer oor die openlike viering en herdenking van sy of haar lewe. Ons moet ons herinneringe aan ons geliefde op die een of ander manier vier.

Routaak 4: Erken en verwerk teenstrydige emosies. Wanneer jy ’n swangerskapverlies beleef het en skuldgevoelens ervaar, is dit uiters belangrik om te besef dat jy hierdie skuldgevoelens nie moet onderdruk of moet ignoreer nie. Erken jou skuldgevoelens, hanteer dit daadwerklik en maak duidelik onderskeid tussen realistiese en onrealistiese skuldgevoelens. Talle vroue beleef onrealistiese skuldgevoelens. Hulle dink hulle het iets verkeerd gedoen wat tot die dood van hulle ongebore baba gelei het. Hierdie gevoelens en gedagtes behoort so gou moontlik met die hulp van ’n dokter opgeklaar te word. Hierdie vroue het die versekering nodig dat dit nie hulle skuld was dat hulle baba gesterf het nie.

Routaak 5: Maak die verlies deel van jou lewe, maak sekere aanpassings en leef aktief “vorentoe”. Met ’n swangerskapverlies beleef die meeste mense dat hulle lewe tot stilstand geruk word. Hulle gaan wel voort met hulle lewe, maar hulle lewe gaan nie “vorentoe” nie. Hulle beskryf dit dikwels as dat hulle in survival mode is. Dit is 19


heeltemal normaal en te verstane ná so ’n groot emosionele trauma. Die uitdaging van die vyfde routaak is dat jy nie in die rouproses sal vasval nie. Jy moet groei en ontwikkel te midde van en ten spyte van jou smart. Hierdie routaak is eintlik ’n langtermyndoelwit; jy gaan dit beslis nie oornag of binne die eerste maande afhandel nie. Gee jouself genoeg tyd om behoorlik oor jou verlies te rou en goed daardeur te werk.

Oorweldig deur die hoekom-vrae – Justine Pike

Ons as mense se belangrikste fokus is om te probeer verstaan hoekom sekere dinge met ons gebeur. Ons grond alles op ons vermoë om te verstaan. Wanneer ons trauma beleef, word ons maklik deur al ons hoekom-vrae oorweldig. Wanneer ons verstaan, gebruik ons ons insig om te glo, om ons optrede te bepaal en om aan te beweeg in ons verhouding met God. God se uitkyk is anders. Om te verstaan is vir ons ononderhandelbaar; vir God is sy liefde onontbeerlik. Om ons denkpatroon te verander, is wat vir ons vrede sal bring. Om God en sy liefde te soek in plaas daarvan om na antwoorde te soek, is die enigste manier om deur ons rouproses te gaan. Dit beteken jy bly in geloof lief vir God en jy glo in Hom, al verstaan jy nie. Dit is oukei om soms nie te verstaan nie. Dit sal nie jou liefde vir Hom beïnvloed nie. Wanneer jy God soek, sal jy God vind; as jy antwoorde soek, sal jy dit nie altyd vind nie. Die enigste manier om ’n plek van Goddelike en bonatuurlike rus en vrede te bereik, is om die woord verstaan nie meer ’n móét te maak nie, maar om alles aan die Here oor te gee. Om te sê: “Ek verstaan nie hoekom dit gebeur het nie, maar ek kies om vir U lief te wees en te glo U is goed.” Wanneer jy dit doen, behaal jy oorwinning in jou geloof. Daar is sekere dinge wat ons nie nou gaan verstaan nie. Prediker 11:5 sê: “Soos 20

jy nie weet hoe lewe in ’n vrou wat verwag se buik ontstaan nie, net so min verstaan ’n mens die werk van God.” Moenie nou al jou energie gebruik om te probeer verstaan nie; gebruik jou energie om naby aan God en sy liefde te bly. My donkerste tyd was nie dae rondom die dood van my baba nie, maar die paar maande daarna toe ek God nie toegelaat het om naby my te kom om my te vertroos en te genees nie. God se teenwoordigheid is helend; dit bring wonderwerke en verander harte. Wanneer jy jou van sy teenwoordigheid onttrek, sny jy jou lewensaar af. God is immers die enigste Bron van ware lewe en herstel. Net soos ’n bloedoortapping, is kommunikasie met God die suiwer bloed wat in jou are oorgetap word en die giftige, onsuiwer bloed van trauma vervang. Die oomblik dat jy trauma ervaar, is daar so baie negatiewe emosies en gedagtes wat in jou lewe instroom. Die enigste manier om dit te ontlaai, is deur met God te praat. Elke keer wanneer jy met Hom praat, gee jy uiting aan jou emosies, aan jou seer, aan die donkerheid wat jou wil oorweldig. Praat daarom met God, opreg en rou eerlik. ’n Gevoel van hopeloosheid kan oor jou spoel omdat jy jou nie kan indink dat jy ooit weer beter sal voel nie. Jy kan nie glo jy sal ooit weer hoop hê of vreugde ervaar nie. Jy kan nie glo jy sal die smart oorleef nie. Wanneer jy totaal hopeloos voel, moet jy besef daar is ’n leuen betrokke, want Jesus kan enigiets doen. Hy kan jou selfs weer laat leef. Saam met God is daar altyd hoop, al sien jy dit nog nie, al ervaar jy dit nog nie, al verstaan jy dit glad nie. Dit bly die waarheid. God is die enigste Een wat vir jou hoop kan gee. Gebruik daarom jou laaste bietjie energie om na Hom toe te hardloop, al skop en skreeu jy in sy arms, want jy sal wees by die Bron van alle hoop. Wanneer jy jou seer na God toe neem,

sal hoop weer in jou lewe sigbaar raak. Jy sal weer hoop, want jy sal opnuut besef God is naby aan dié wat gebroke is om hulle te laat herleef. Jesaja 57:15 sê: “Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.” Wanneer jy verbrysel is, kom woon God by jou om jou te help. Hy wil vir jou nuwe lewe gee. Ek het besef swaarkry is deel van die lewe, selfs vir kinders van God. Vir die eerste keer sluit ek myself in by die woorde van Johannes 16:33: “Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld oorwin.” Ek het die gebrokenheid in die Bybel begin raaklees. Ek het gesien dat gelowiges geweldige swaarkry beleef en ten spyte daarvan tog God se oorweldigende vrede, hoop, genesing en beskerming ervaar het. Om ’n kind te verloor is nie iets waaroor jy sommer kom nie. Jy kan nie onmiddellik met jou lewe aangaan nie. Dit kos tyd. Heling kom egter vinniger wanneer jy jouself toelaat om elke emosie te voel en te deurleef. Om dag ná dag, uur vir uur, minuut ná minuut daarmee te stoei. Ek ken nie jou storie nie, maar ek hoop jy kan vir jou iets positief uit my ervaring neem. Ek bid dat jy God se genesing, hoop en vrede sal ervaar namate Hy jou hart herstel en dat Hy dit op sy bonatuurlike manier vir jou – ’n ma wat haar kind verloor het – sal moontlik maak om weer te lag. Manna

Hierdie is ’n verwerking uit Leeg deur Justine Pike, Marlena du Toit en Braam Klopper. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.


StAAN

S te rk

IN ’N WANKELENDE WÊRELD

Staan sterk in ’n wankelende wêreld is nou beskikbaar by

toonaangewende boekwinkels. Ook beskikbaar in Engels as Standing Tall in a Falling World.

D

ie lewe se ervarings kan jou soms verward, stukkend, depressief en rigtingloos laat voel. Maar daar is gelukkig altyd ’n alternatief; altyd ’n ander uitweg; altyd die mag en vryheid om te kies . . . Kies mooi by hierdie kruispad, want jou keuse bepaal of jy wen of verloor. Struik Christian Media

@StruikChristian

| www.struikchristianmedia.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.