Manna volume 006

Page 1

Maart - April 2016

GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL

R31.00

Volume 006


Byna te laat, Here, het ek U leer lief kry. . .

Byna te laat het ek U begin bemin.

U was al die tyd in my,

maar ek het U so lank, so lank, buite my gesoek.


So lelik in my sonde, het ek in die skoonheid

van U skepping na U gaan soek al was U al die tyd by my, in my. Die dinge waarin ek U gesoek het, het my juis van U weggehou, en ek moes vind: in hulself het dit geen waarde nie, behalwe in U.

doof en blind

Ek was , my sintuie afgestomp‌ Maar U het na my geroep, al harder en dringender totdat U my dowe ore oopgeskeur het met U stem. U het rondom my geskyn en geskitter totdat my blinde oÍ moes oopgaan.

wondergeure

U het om my geadem totdat ek my asem bedwelmd moes intrek en nou is ek versot op U. Ek het geproe en nou honger en dors ek na U. U het my aangeraak en nou kan ek sonder U vrede en teenwoordigheid nie nie. - Augustinus

lewe


Gary & Rhona Kieswetter

Eer

D

God en mekaar

it is altyd vir my so mooi om te lees hoe baie die Drie-Eenheid mekaar eer. Daar is soveel respek tussen die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Ons lees hoe die Vader die Seun eer in 2 Petrus 1:17 – Dis mos Hy wat eer en heerlikheid van God die Vader ontvang het toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: Hy is my Seun wat Ek van harte liefhet; Hy is ’n kind so na my hart! Eer hier beteken die Vader het vir Jesus waardeer, waardevol geag, kosbaar gevind, as geliefde beskou en waardig verklaar. Jesus eer die Vader deur niks uit Homself te doen nie, maar slegs te doen wat Hy die Vader sien doen. Hy sê ook aan die Fariseërs in Johannes 8:49 – ek eer my Vader... Ek soek nie my eie eer nie; daar is Iemand wat my eer soek. Jesus eer nie net sy Vader nie, maar wéét ook dat Sy Vader Hom eer! Van die Heilige Gees sê Jesus in Johannes 14:26 – en wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees kom wat die Vader in my Naam sal stuur, sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. So Vader, Seun en Heilige Gees ag mekaar as kosbaar en waardevol en is nie skaam om dit te sê nie. Dit stop egter nie hier nie. In Jesaja 43:3 praat Hy met sy volk en sê – Want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder… Omdat jy vir My kosbaar en belangrik is, omdat Ek jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, in ruil vir jou lewe. Daarom, moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Die woord “kosbaar” hier beteken raar, iets wat baie besonders is! Ons is vir God net so kosbaar. Jy is vir God kosbaar. Jy dink

dalk, ja, maar dit was Ou Testamenties en buitendien is ek nie ’n Jood nie! Maar kyk wat sê Jesus self in die Nuwe Testament in Johannes 12:26 – As iemand My dien, sal die Vader hom eer. Is jy bewus van God se gevoelens teenoor jou? Dat Hy jou eer deur jou kosbaar en raar te ag, as sy geliefde te beskou en waardevol te vind? Hy sê nie die Vader sal jou dalk eer nie, Hy sê wanneer ons Jesus dien, sál die Vader ons eer. Is dit nie die beste nuus om te weet hoe Hy oor jou voel nie? Hoe wonderlik is dit om te besef ons kan ook aan God eer bewys. Johannes 5:23 leer ons – Daarom moet almal die Seun eer net soos hulle die Vader eer. Wie nie die Seun eer nie, eer ook nie die Vader wat Hom gestuur het nie. Deur ons optrede en ons lewensstyl moet ons Hom as waardevol, kosbaar en as ons geliefde beskou! En sekerlik is Hy waardig soos Openbaring 4:11 sê – U is waardig, Here ons God, om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alle dinge geskape het... Ons dien so ’n wonderlike God wat nie net van ons verwag om dinge te doen omdat Hy dit beveel nie, maar Hy self kom stel vir ons die voorbeeld van hoe om dit te doen. Kom ons leer van Hom en eer dan Jesus, die Vader en die Gees maar ook mekaar! Hou jou hart en gesindheid reg teenoor andere, respekteer God in hulle en beskou alle mense asook jouself as waardevol, kosbaar en waardig. Gary & Rhona Kieswetter


GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL

Maart - April

2016

Is jy verslaaf aan negatiewe gedagtes?

06

Jy kan dit verbreek deur jou gedagtes te herprogrameer.

Jou toekoms bevat ’n ‘ja’

God het ons die vermoë gegee om geluk te kies ongeag wat om ons gebeur.

16

Die sakgebed

Jy moet deur jou toe deure gaan voor jy die oop deure bereik.

Bou só ’n verhouding met jou kind

26

Dis partykeer moeilik om verhouding te bou as jy en jou kind vassit. MANNA www.mannatydskrif.co.za Tel: 086 111 2329 Inskrywings: admin@grootisutrou.co.za

10

Die gelukkigweesgewoonte

22

Gebed is gesprekke met God op pad werk toe.

Hou aan, styg uit!

28

Die gevaar van nét tevrede wees in die huwelik

32

Dit is God se bedoeling dat jy moet uitstyg

Voorkom dat jou huwelik van net tevrede na ek wil nie meer getroud wees nie vorder.

Redakteurs: Gary en Rhona Kieswetter Uitgewer: Ingrid Stegmann / ingrid@dor22.co.za

Grafiese ontwerp & uitleg: Adri de Bruyne Ontwerpelemente: Freepik.com Fotos: Shutterstock


Geloofsmuur Jy moet doelbewus kies om die regte gedagtes te dink. Wanneer jy uiteindelik besluit om God se denkwyse te volg, moet jy die regte gedagtes kies en aanhou kies om reg te dink.

Ek verklaar dat dit nie te laat is vir my om alles te bereik wat God in my hart geplaas het nie. My venster van geleentheid het nog nie gesluit nie. God het oomblikke van guns in my toekoms. Met God se guns gaan ek my droom bewaarheid. My tyd het gekom. God is met my.

Goeie dinge gebeur met diegene wat weet dat God hulle liefhet.

Ek verklaar dat ek God se trou sal beleef. Ek sal nie bekommerd wees nie. Ek sal nie twyfel nie. Ek sal aanhou om Hom te vertrou, wetend dat Hy my nie in die steek sal laat nie.

Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ’n tuin met volop water, soos ’n fontein waarvan die water nie opdroog nie ~ Jesaja 58:11

Vader, help my om ontslae te raak van negatiewe gedagtes en dit te vervang met gedagtes vol hoop en ’n wonderlike toekoms. Ek glo U wil hê dat ek my visie verbreed, my horison verruim en ’n lewe leef wat ewige betekenis sal hê.


Voetpad na

V�ede

Mila nie Vosloo

Ja, Here, wanneer ek kan leer om U met my hele hart te vertrou – selfs wanneer ek niks kan sien nie – dán wys U my wat ’n saam-metU-pad is. Dan word ek vry. Verlossingsvrý! En dan? Dan vind ek vrede.

Here, geloof is so ’n groot woord! Of is dit nie? Is dit dalk juis eenvoudig maklik vrymakend? As ek net wil los. As ek maar net kan leer om my vasklem-greep vry te laat en na U toe te spring.

S

God se genade gaan nooit weg nie!

oms bid ons oor iets en kry nie antwoorde nie. Of die Gees wys vir ons iets anders as wat ons eintlik wou hoor. Wanneer jy regtig op jou knieë voor jou Vader was en Hy vir jou wys dat Hy nie jou huidige lewensomstandighede wil verander nie, of dat die tyd nog nie reg daarvoor is nie, verg dit geduld en ’n sterk geloof om aan Hom vas te blý hou. Want dan glo jy – selfs wanneer jy niks kan sien nie, niks kan verstaan nie.

Die waarheid is dat jou Vader veral ook in tye van vrae, vertwyfeling en onsekerheid bý jou is. Hy hou jou hart en lewe beskermend in sy palm. Hy bly sy genade oor jou stort. Want ons Vader laat nooit omstandighede in ons lewens toe sonder om ons daarvoor te versterk nie en Hy laat ons nooit, maar nooit alleen nie. Dis regtig nie altyd maklik om vrede met jou lewe te maak, moeilike situasie te hanteer en aan te hou om die regte ding te doen nie. Dis ook nie maklik om drastiese veranderinge in jou lewe aan te bring nie. Maar wanneer jy binne die wil van God leef, moet jy weet: Sy genade sal onder alle omstandighede vir jou genoeg wees. God se genade in jou lewe mag soms fluisterend en sag wees, maar dit sal altyd daar wees.

{

.....

Ek hou aan U vas, Here.

Hierdie is ’n uittreksel uit Voetpad na Vrede uitgegee deur CUM.

}

.....


16


Jou toekoms

n’ bevatja! Joe l Oste e n

T

Jy moet deur jou toe deure gaan voor jy die oop deure bereik.

oe God jou lewe beplan het, het Hy vir alles voorsorg getref – die regte mense, die regte deurbrake en die regte geleenthede. Hy het alreeds jou ja’s beplan – ja vir bevordering, ja vir goeie gesondheid, ja vir ’n huwelik en ja vir toelating tot ’n universiteit. Jy het dalk al ’n duisend keer nee gehoor, maar God het die laaste woord en Hy sê jou ja is aan die kom. Ja, jou drome sal bewaarheid word. Ja, jy sal daardie verslawing oorkom. Ja, jou kinders sal hul lotsbestemmings vervul. Daar is ja’s in jou toekoms. Die sleutel is dat daar op pad na die ja’s ook nee’s sal wees. Jy het die nee’s nodig om jou ja’s te kry. Die fout wat baie mense maak, is dat hulle ontmoedig word deur nee’s en dan

Jy het dalk al ’n duisend keer nee gehoor, maar God het die laaste woord en Hy sê jou ja is aan die kom

tou opgooi. Hulle het hard gewerk en geen bevordering gekry nie. Hulle het gebid en geglo, maar nie gekwalifiseer vir die nuwe huis nie. Hulle het tyd en energie aan ’n verhouding bestee, maar dit het nie gewerk nie. Nou dink hulle dit sal nooit gebeur nie. Wanneer jy by ’n nee kom, moet jy nie moedeloos raak nie, maar eerder sê: “Ek is een tree nader aan my ja.” Sê nou jy kon in jou toekoms kyk en agterkom dat jy twintig keer nee sou hoor voordat jy by jou ja kom? Dan sou jy bereid gewees het om ’n teleurstelling of ’n terugslag te hanteer. As jy kon weet jou ja is net twintig keer se nee ver, sou jy nie opgegee het toe jou lening afgekeur is of toe jy die groot verkoopskontrak verloor het nie. Jy sou dit net afgemerk het en gesê het: ‘Wel, dis een nee nader – nou gaan ek nog net negentien keer nee hoor’. Eerder as om mismoedig te raak, sou jy bemoedig word elke keer wat jy nee hoor.

17


Maar te veel mense verloor hulle passie wanneer hulle te veel opeenvolgende nee’s hoor. Jy moet dit in jou gees begryp. Ja is in jou toekoms. Jy is dalk afgekeur, teruggehou of oorgeslaan – dit was alles deel van God se plan. Die nee is net ’n toets. Sal jy mismoedig raak en bly waar jy is? Of sal jy vorentoe beweeg met die wete dat die ja’s oor jou pad sal kom?

Eerder as om mismoedig te raak, sou jy bemoedig word elke keer wat jy nee hoor God weet wat Hy doen. Jy is dalk nou by ’n nee. ’n Verhouding het dalk ten einde geloop, of jy is oor die hoof gesien vir bevordering, of ’n geliefde het gesterf. Moenie moedeloos word nie. Sê eerder: “Ek is wel nou by ’n nee, maar ek sal nie moed verloor nie. Ek sal nie my droom opgee nie. Ek weet die ja is aan die kom. Guns is aan die kom, en genesing en bevordering. Ek sal nie vashaak by nee nie. Ek weet daar is ja’s in my toekoms.” Die Skrif sê: Hy is die “ja” van God, die “ja” op al die beloftes van God. Daarom is dit ook deur Christus dat ons tot eer van God daarop “Amen” sê.’ Ons behoort elke oggend op te staan en te sê: ‘Vader, dankie vir elke ja van vandag. Ja, ek is gesond. Ja, ek is vry. Ja, ek word deur U guns omring. Ek het êrens gelees dat negentig persent van alle nuwe besighede dit nie maak nie. Negentig persent van alle tweede probeerslae is suksesvol. Maar tagtig persent van dié wat een besigheid begin en misluk, probeer nie weer nie. Wat het dan gebeur? Hulle het by ’n nee vasgesteek. Hulle het moed verloor en gedink as dit een keer misluk het, sal dit 18

weer gebeur. Hulle besef nie dat hulle net een nee weg van sukses was nie. Het jy al iets laat vaar wat net ’n nee of twee weg was van die vervulling van ’n droom? Sê nou jy kon weet dat jy nog net drie keer nee moes hoor voordat jy die regte persoon sou ontmoet? Jy sou dalk na mense gaan soek het net sodat die nee’s agter die rug kan kom! ’n Vriend van my wou graag ’n besigheid begin en hy het by sy bank, waar hy reeds baie lank ’n kliënt was, om ’n lening aansoek gedoen. Hy het die besigheidskonsep eers op klein skaal probeer, en was suksesvol. Nou moes sy bank hom die geld leen om groot toerusting aan te koop sodat hy sy besigheid na ’n volgende vlak kon voer. Hy het die bank besoek waar almal hom geken het. Hulle het van sy besigheidsplan gehou. Hy het bewys dat die konsep op klein skaal gewerk het. Maar dit was ’n moeilike tyd vir lenings en hulle het sy lening afgekeur. Dit was sy eerste nee. Hy kon mismoedig geword het en die gedagte laat vaar het, maar hy het na ’n ander bank gegaan. Daar was dit dieselfde storie: Hulle het van sy idee gehou. Maar dis net nie vir hulle nie. Tien banke het nee gesê, maar hy het aangehou. Twintig banke het nee gesê en toe dertig. Jy sou dink hy moes een of ander tyd die boodskap kry en negatief raak en voel: ‘Dit sal nooit werk nie. Ek mors my tyd.’ Maar wanneer God ’n droom in jou hart sit en vir jou ’n belofte in jou binneste gee, weet jy in jou hart jy gaan slaag. Jy weet jou gesinsverhoudings gaan herstel word. Jy weet jou gesondheid gaan verbeter. Jy weet jou drome vir ’n besigheid gaan waar word. Jy besef dat elke nee eenvoudig beteken jy is een tree nader aan jou ja. Een-en-dertig banke het gesê dis nie vir hulle nie. Maar die tweeen-dertigste een het gesê hulle hou regtig daarvan. ‘Ons gaan dit waag. Ja, ons sal vir jou die lening gee.’ God het ’n ja vir my

vriend gehad, maar hy moes eers een-endertig keer na nee luister.

Jy besef dat elke nee eenvoudig beteken jy is een tree nader aan jou ja Jy weet nie wanneer jou ja gaan kom nie. Jy het dalk net nodig om nog vyf keer nee te hoor. Wie weet, dalk gaan die volgende mens wat jy ontmoet jou ja wees. Die volgende universiteit waarvoor jy aansoek doen, gaan dalk ja sê. Die volgende keer wat jy die versoeking weerstaan, is dalk die keer wat jy die slegte gewoontes verbreek. Dit sal jou ja wees. Sal jy aanhou as vyf banke jou afgekeur het? Sal jy hoopvol bly al is drie opeenvolgende mediese verslae swak? Sal jy glo dat daar ’n spesiale persoon vir jou is, al het jou vorige twee verhoudings nie gewerk nie? As jy vorentoe wil beweeg, moet jy jouself voortdurend daaraan herinner dat daar ’n ja in jou toekoms is. Ja, jy sal trou. Ja, jy sal promosie kry. Ja, jy sal jou lotsbestemming vervul. Ek het gelees van ’n eksperiment waarin navorsers ’n roofdier en sy prooi – ’n barrakuda en ’n katonkel – in dieselfde vistenk geplaas het. Normaalweg sou die barrakuda dadelik die kleiner katonkel verorber het. Maar in hierdie eksperiment het die navorsers ’n onsigbare glasafskorting tussen die twee geplaas. Elke keer wat die barrakuda die katonkel gesien het en gestorm het om dit dood te maak, het hy teen die glasafskorting gebots en sy neus seergemaak. Uiteindelik het die barrakuda die boodskap gekry dat die katonkel buite sy bereik is. Toe die barrakuda uiteindelik moed opgee, het die navorsers die glasafskorting ongemerk verwyder sodat daar niks tussen


die twee visse was nie. En die barrakuda het nooit weer probeer om die katonkel by te kom nie. Hulle het heel gemeensaam die tenk gedeel omdat die barrakuda gekondisioneer was om te glo dat hy nooit die katonkel sal kan eet nie. Hy het heeltyd net ’nee, nee, nee,’ gehoor. Vir hom was daar nie ’n ja in sy toekoms nie. As hy net nog een keer probeer het, sou sy ja daar gewees het en sou hy uiteindelik ’n heerlike maaltyd gehad het. Dieselfde ding gebeur met baie mense wat hulle koppe te veel kere figuurlik teen die muur stamp. Jy probeer miskien al jare lank om van jou verslawing ontslae te raak, maar jy misluk elke keer. Jy werk dalk hard, maar kry nie die bevordering waarop jy gehoop het nie. Jy volg jou drome, maar die deur is elk keer gesluit. Soos die barrakuda, laat ons ons oortuig dat die versperring ons sal verhinder om iets te bereik. Hoe weet jy God het nie die glasversperring wat jou gekeer het, reeds verwyder nie? Hoe weet jy die volgende keer wat jy probeer, gaan nie jou ja wees nie? Die versperring tussen jou en jou droom is dalk al jare lank daar, maar God kan dit in ’n oogwenk verwyder. Jy sal nie weet as jy nie aanhou probeer, aanhou droom, aanhou volg wat God in jou hart geplaas het nie. In die Skrif lees ons van die profeet Elia en ’n groot droogte in die land. Elia het na die kruin van berg Karmel gegaan. Daar het hy gebid en God gevra om ’n einde aan die droogte te bring. Daarna het hy vir Agab gesê: ‘Ek hoor al die gedruis van die reën.’ Wat hy daarmee gesê het, is: ‘Daar is ’n ja in ons toekoms. Die reën is aan die kom.’ Elia het sy slaaf beveel om in die rigting van die see te kyk vir tekens van reën, maar daar was niks nie. Elia het nie mismoedig geword en gedink hy het God misverstaan nie. Vir hom was dit net een nee uit die pad uit, en tyd om weer uit te gaan en te gaan kyk. Die slaaf het ’n tweede keer gegaan, met dieselfde verslag. Twee keer nee, maar Elia het volhard. ’n

Derde en ’n vierde, ’n vyfde en ’n sesde keer het hy die slaaf gestuur, maar daar was geen teken van reën nie. Maar die sewende keer het die slaaf teruggekom en vertel dat hy ’n wolkie so groot soos ’n man se hand uit die see sien opkom.

As jy vorentoe wil beweeg, moet jy jouself voortdurend daaraan herinner dat daar ’n ja in jou toekoms is Dadelik het Elia die slaaf gestuur om vir Agab te sê om van die berg af te kom sodat hy nie deur die reën vaskgekeer word nie. Terwyl hulle nog gepraat het, het die lug donker geword en groot reëns het uitgesak. Jy sien self, dit kan maar ’n baie klein ja wees, ’n dowwe ja wat jy skaars kan sien, maar wanneer jy verwag dat dinge in jou guns gaan verander – wanneer jy weet God het ’n ja in jou toekoms – sal jou geloof jou na die kleinste tekentjie laat gryp. ‘Dis my ja.’ Of ander mense dit sien of nie, en of hulle jou daaruit wil praat of nie. Hulle mag dink jy is te positief, te hoopvol. Dis goed so. Jy is ’n gelowige, nie ’n twyfelaar nie. Jy weet dit is jou ja. Kyk net hoe vinnig het die hemele oopgemaak en die oorvloed van reën uitgesak. As Elia met die eerste nee tou opgegooi het en nie aangehou het tot na die sesde nee nie, sou dit nie gebeur het nie. Dink daaroor: Elke keer wat Elia sy slaaf uitgestuur het, was dit ’n geloofsdaad. Geloof is wat God laat werk. Die ja’s in jou toekoms wag net vir jou om na hulle te kom soek. Nie net een keer of twee keer of ’n klomp kere nie. Moenie ophou soek nie. Moenie ophou hoop nie. Moenie ophou

droom nie. Jy moet vasberade wees. Jy is hier om te oorwin. Niemand gaan jou uit jou oorwinning praat nie. Jy gaan nie tou opgooi omdat dit nie volgens jou tydsberekening gebeur het nie. Jy gaan nie tevrede wees met tweede beste net omdat ’n paar deure toe was nie. Toe Thomas Edison probeer het om die gloeilamp uit te vind, het sy eerste tweeduisend pogings misluk. Tweeduisend keer het dit nie uitgewerk nie en het hy nee gehoor. Hy kon maklik opgehou het, maar hy het aangehou tot hy sy enkele ja gekry het. Nadat hy sy gloeilamp aan die werk gekry het, het die verslaggewer hom uitgevra oor al sy mislukte eksperimente. Hy het gesê: “Ek het nie een keer misluk nie. Ek het net tweeduisend maniere gevind wat nie werk nie.” Jy het sekerlik al terugslae gehad, teleurstellings, dinge probeer wat nie wou werk nie. Dit was nie tydmors nie. Elke uitdaging wat jy deurgewerk het, het ’n neerslag in jou gelaat. God vermors niks nie. Jy word nie deur jou verlede gedefinieer nie. Jy word deur jou verlede voorberei. Net omdat daar hier en daar ’n nee was, het dit jou nog glad nie gediskwalifiseer vir sukses nie. Ja is steeds in jou toekoms. As jy, soos Edison, die groot ja slaan, word elke enkele nee ’n nietigheid. Moenie sleg voel omdat jy nog nie op hierdie oomblik is waar jy wil wees nie. Moenie fokus op die teleurstellings, die mislukkings of die foute nie. Dit was alles deel van God se plan om jou vir ja voor te berei. Hou aan om jou bes te doen, om aan God eer te bewys, om vasberade en volhardend te wees, en God beloof – daar is ja in jou toekoms. Manna

19


Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak.

Jy sal wees soos ’n tuin met volop water, soos ’n fontein waarvan die water nie opdroog nie ~ Jesaja 58:11


Sluit aan �y

MANNA Manna is ’n twee-maandelikse publikasie wat tjok en blok vol Woordgebaseerde artikels is. Hierdie is nie net ’n sommer-so geestelike tydskrif nie, maar een wat jou gees sal voed, jou lewe sal verryk en jou verhouding met God sal verdiep.

Sluit aan �y Manna teen R34 elke 2de maand!

Is jy opsoek na ’n geestelike tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie?

Maar ’n Tydskrif waar elke artikel vir jou geestelike waarheid bring? ’n Tydskrif wat jou leer oor die krag van God se Woord in jou lewe? ’n Tydskrif waar jy meer lees van God as oor mense?

Sluit aan �y ons op een �an die maniere: Bel 012 9970898 gedurende kantoorure Gaan na www.mannatydskrif.co.za en kliek op ‘sluit aan’. Stuur ’n epos met jou naam en kontakbesonderhede na admin@grootisutrou.co.za SMS “Manna” na 33282 Maart - April 2016

GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL

R31.00

Volume 006


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.