Manna volume 007

Page 1

Die krag van positiewe gedagtes Die God wat deure toemaak Praat geloof, nie vrees nie Ontdek jou primêre liefdestaal Glo in ’n God van genade Ontwikkel jou kind se emosionele intelligensie

R34.00

Mei - Junie 2016

Volume 007


Here,

U sien dwarsdeur my,

U ken my.

Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog

voordat hulle by my opkom.

Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. Daar is nog nie ’n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip.

Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, ook daar lei u hand my, hou U regterhand my vas.


Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander, maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag,

duisternis so goed soos lig. Psalm 139:11


Gary & Rhona Kieswetter

W

luister

Wees naby genoeg om te

at so wonderlik is van ons God, is dat sy krag vir ons alles gegee het wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit beteken vir elke uitdaging in die lewe, het Hy reeds vir ons ’n oplossing. Die vraag is vir wie luister ons, waarheen gaan ons vir advies? Gaan ons na God en Sy Woord, of volg ons ons eie kop en raak dan omgekrap met Hom as dinge nie uitwerk nie? Spreuke 19:3 sê – ’n mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe. Dan verkwalik jy nog die Here daarvoor. As ons regtig eerlik moet wees met onsself, is baie van die dinge wat al verkeerd geloop het in ons lewens se oorsprong ons eie verkeerde keuses. Het ons dit voor God gebring, het ons tyd in sy teenwoordigheid gemaak om sy wil te soek aangaande ’n sekere saak? Tog is mense so vinnig om selfs dan te maak asof dit God se skuld is as dinge skeefloop! Tog bly Hy vol genade en selfs wanneer dit gebeur, sal Hy weer vergewe en steeds ons uit die penarie help. Sy plan vir ons is egter om daagliks in daardie nou verhouding met Hom te leef sodat ons ore ingestel bly op dit wat Hy sê. Om ’n hart te hê om te luister en bereid te wees om geleer te word deur Hom. In Markus 4:24 sê Jesus - “Maak seker dat julle goed aandag gee aan wat julle van My hoor. Hoe meer julle luister, hoe meer sal julle verstaan – en julle sal boonop nog meer ontvang. Wie hulle oopstel vir my onderrig – vir hulle sal nog meer gegee word. Maar wie dit nie doen nie – van hulle sal selfs die bietjie wat hulle het, ook nog weggeneem word.”

Hoe meer ons dus hoor en luister, hoe beter sal ons verstaan en hoe meer sal ons ontvang. Wat ’n belofte! God se begeerte is om sy kinders naby aan Hom te hê, naby genoeg dat ons sy stem kan hoor. Oopgestel aan Hom sodat Hy ons kan lei en leer en seën tot ons eie voordeel! Die antwoord lê in sy teenwoordigheid, daar waar ons Hom kan bewonder en leer om sy stem te leer ken. Is dit nie só dat wanneer iets vir ons belangrik is, wil ons graag tyd spandeer aan dit nie? Vir God is sy kinders uiters belangrik en dit is hoekom Hy dit geniet om tyd saam met ons te spandeer. Hy trek ons met koorde van liefde omdat Hy weet dit is uit daardie noue verhouding dat ons lewens op die regte koers sal bly. Ons het almal al net by die troonkamer ingestorm met ons lysie van benodighede en dan weer uitgestorm. Maar wanneer ons Hom hoog ag en eer, word dit vir ons ’n absolute vreugde om tyd in sy teenwoordigheid te geniet. Dan ag ons sy Woord en sy instruksies ook hoog en het ’n begeerte om daarna te luister om nog meer van Hom te leer. Voel jy dalk tans ver van dit af ? Dit neem een moment om weer met Hom te verbind. Jesaja 8:20 – Gaan terug na wat die Here gesê en beveel het: As julle julle nie daaraan steur nie, is daar geen toekoms vir julle nie. Hy wil vir ons daardie hoopvolle toekoms gee vir ons en ons kinders. Kom ons maak tyd in sy teenwoordigheid en gee goed aandag aan dit wat Hy sê. Jy sal vind dat Hy die genot van jou lewe sal word. Gary & Rhona Kieswetter


GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL

Mei - Junie

2016

Die krag van positiewe gedagtes

06

Praat geloof, nie vrees nie

Positiewe gedagtes kan jou lewe heel en al verander

Die God wat deure toemaak

16

Glo in ’n God van genade

Dank God vir die toe deure in jou lewe

Ek verstaan nie my tiener nie!

26

Verstaan die ontwikkelingsfases van jou tiener

MANNA www.mannatydskrif.co.za Tel: 086 111 2329 Inskrywings: admin@grootisutrou.co.za

10

Moenie toelaat dat vrees by jou mond uitkom nie

22

Jy kan nie God se genade verdien nie

Ontwikkel jou kind se emosionele intelligensie

28

Ontdek jou primêre liefdestaal

32

EI kan ’n groter rol speel in jou kind se sukses in die lewe as IK.

Wat laat jou die heel meeste voel dat jou maat jou liefhet?

Redakteurs: Gary en Rhona Kieswetter Uitgewer: Ingrid Stegmann / ingrid@dor22.co.za

Grafiese ontwerp & uitleg: Adri de Bruyne Ontwerpelemente: Freepik.com Fotos: Shutterstock


Geloofsmuur Gebruik jou woorde en jou gedagtes om jou lewe te verander. Gebruik dit om jou depressie onder die knie te kry. Gebruik dit om weer jou vreugde terug te kry. Gebruik dit om weer opgewonde te raak oor die lewe!

As jy op God vertrou, sal Hy jou stryd vir jou stry. Dit maak nie saak wat jy deurmaak nie of hoe groot jou opponente is nie. Behou jou geloof. Bly kalm. Wees rustig. Bly positief. Moenie probeer om alles te doen soos jy wil nie. Laat God toe om dit op Sy manier te doen.

God se genade is elke dag nuut. Ek het vandag al die genade wat ek nodig het tot my beskikking. Niks wat ek vandag in die gesig staar sal te veel vir my wees nie. Ek sal elke struikelblok oorkom, en elke ding wat my wou pooitjie sal ek op trap want God is met my.

Here, laat my lewe ’n

positiewe refleksie van U wees. Ek bid dat U verheerlik sal

word deur my lewe, deur elke

ê

ding wat ek s of doen.

Ek is dankbaar vir wie God in my lewe is en wat Hy vir my gedoen het. Ek sal nie die mense, geleenthede of die guns waarmee God my geseën het as vanselfsprekend aanvaar nie. Ek gaan ophou kyk wat is verkeerd in my lewe, en fokus op wat is reg. Ek sal nie fokus op wat ek nie het nie, maar wat ek het. Ek dank God vir my lewe!

Here, ek weet ek kan nie een enkele ding uit die verlede verander nie, maar ek weet ek kan kies hoe ek die toekoms wil verander. Help my om my geloof te versterk, Vader, om te glo dat U goeie dinge gaan voortbring uit selfs die slegste omstandighede.


Voetpad na

V�ede

Mila nie Vosloo

Ons soek geluk op soveel plekke en maniere omdat ons probeer om dit met goeters bymekaar te maak. Dit wat ons kry in ons hand toe te vou. Daaraan vas te klou.

Dalk, Here, is geluk juis nié die vashou nie. Maar die los. Nie die méér nie. Maar minder. Nie dóén nie. Maar juis net wéés. Ek wil dit waag om my hand oop te maak sodat ek die régte geluk – U soort vreugde – kan beleef. Maak my vry van al die dinge waaraan ek so krampagtig vashou. Maak my veral vry van myself. Sodat ek vrede kan vind.

M

ense is oor die algemeen eensaam in hul stoei met hulself en die lewe. En heel dikwels is dit juis dié wat die meeste dinge het wat hulle moet verwerk, wat hul eie onsekerheid en pyn op ander projekteer. Selfs grootmense stoei soms, soos tieners, oor baie dinge – veral oor hul eie menswees.

Ván ons ontvang die genade om heelmense te word; om van ons eie wêrelde af weg te kyk en ander se harte raak te sien. Dis dan wanneer ons agterkom: § Ek is maar eintlik net ’n klein legkaartstukkie in ’n groot geheel. § My eie probleme lyk toe glad nie so groot wanneer ek die nood van ander raaksien nie. § Hoe groter my dankbaarheid en tevredenheid is, hoe gelukkiger is ek. § Hoe meer ek vir ander iets beteken, hoe ryker en meer volledig word ek. § Elke ander mens het – ondanks sy/haar foute – tog wonderlike eienskappe waarop ek kan fokus. § Ons is almal maar net mense wat afhanklik is van ons Vader se genade... en van mekaar se liefde. Afhanklike legkaartstukke van die ewigheid, klein maar onmisbaar, is elkeen van ons. Mag dit ons motiveer om mekaar se hande te neem...in deernis. Ons is mos maar almal net méns.

{

.....

Vader, gee aan my ’n raaksien hart van liefde.

Hierdie is ’n uittreksel uit Voetpad na Vrede uitgegee deur CUM.

}

.....


Praat geloof nie vrees nie Joyc e Me ye r

Moenie toelaat dat vrees jou gedagtes oorneem en by jou mond begin uitkom nie.

G

od se Woord leer ons om vas te hou aan die geloof in Jesus Christus wat ons bely. Dit beteken dit maak nie saak hoe ons omstandighede in die lewe voel of lyk nie, ons moet aanhou geloof bely en nie vrees nie. Dit beteken nie ons ontken ons omstandighede nie, maar ons ontneem dit die reg om ons te beheer. As ons glo dat woorde krag het, is dit maklik om te verstaan waarom dit baie belangrik is dat ons in alle omstandighede vashou aan die geloof in Jesus Christus wat ons bely. Toe Jesus voor Lasarus se graf gestaan het met die doel om hom uit die dood uit op te wek, het Marta vanuit haar vrees gepraat. Sy het gesê: “Here, hy ontbind en ruik al want dit is al die vierde dag. Jesus het geantwoord deur te sê:

10

Jou mond en jou woorde behoort aan jou, en jy kan altyd kies om dinge te sê wat God sal behaag en jou sal baat

“Het ek nie vir jou gesê as jy glo, sal jy die openbaring van die wonderbaarlike mag van God sien nie?” Ek vertrou op daardie Skrifgedeelte wanneer ek niks verstaan wat om my aangaan nie. Selfs wanneer my omstandighede in die lewe so pynlik is dat dit ondraaglik voel, probeer ek onthou om te sê: “Ek glo en ek sal die openbaring van God se wonderbaarlike mag sien.” Dit beteken natuurlik dat ek sal sien wat Hy kan doen. Om dit te sien beteken nie noodwendig dat ons altyd alles kry soos ons dit wil hê nie. Dit beteken wel ons kan op God vertrou vir sy beste in alle omstandighede. Dit sal miskien nie op daardie oomblik vir ons soos die beste lyk nie, maar ons moet vertrou dat God se plan beter as ons s’n is. Ons wil graag alles verstaan wat God doen, maar om op Hom te vertrou beteken ons sal altyd sekere onbeantwoorde vrae hê en ons moet dit aanvaar. Ons hoef nie al God se weë te


11


Ons wil graag alles verstaan wat God doen,

maar om op Hom te vertrou

beteken ons sal altyd sekere onbeantwoorde vrae hĂŞ en ons moet dit aanvaar

12


verstaan om te kan sê nie: Ek glo God en ek sal die openbaring van sy wonderlike mag sien.

Vrees sal daar wees Elke mens ervaar vrees. Dit is blykbaar die eerste emosie wat ons ervaar wanneer dinge in ons lewe buite ons beheer is. Toe ’n groot menigte teen Josafat opgetrek het, was hy bang. Maar toe bid hy. Weerstaan die duiwel uit die staanspoor – moenie toelaat dat vrees jou gedagtes oorneem en by jou mond begin uitkom nie. Josafat was bang, maar hy het sy geloof bely en ons kan dit ook doen. In die Tuin van Getsemane het Jesus sulke intense vrees ervaar dat Hy bloeddruppels gesweet het en gevra het dat God Hom, indien moontlik, die lyding moes spaar. Tog is Hy vir ons sondes gekruisig. Toe Hy in daardie ongelooflike doodsangs aan die kruis gehang het en die verpletterende gewig van die wêreld se sondes op Hom gevoel het, met die gevoel dat sy Vader Hom verlaat het, het Hy nie gesê: “Ek is so bang vir wat met my gaan gebeur” nie. Hy het steeds in die geloof gebid en gesê: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Hy het vasgehou aan die geloof wat Hy bely het en ons kan dit ook doen. In 1989 is ek vir my gereelde ondersoek dokter toe. ’n Paar dae daarna het ek gehoor dat ek borskanker aan die regterkant het en dat daardie soort kanker radikale chirurgie vereis. Ek kan jou sê, dáár was vrees. Vrees was die eerste emosie wat ek gevoel het en dit was by tye so oorweldigend dat dit werklik gevoel het of my bene onder my gaan ingee. Die Heilige Gees het in my hart gefluister dat dit vir my belangrik is om geloof te bely en nie vrees nie. Ek het baie tyd gehad om daarvoor te oefen terwyl ek vir die operasie gewag het en daarna weer terwyl ek vir die verslae gewag het wat sou aandui of die kanker uitgewis is of nie. Die vyand probeer sy kans waarneem in

ons wagtye en hy bombardeer ons met angsvolle gedagtes. Ek het nie ’n geheim wat ek met jou kan deel om angsvolle gedagtes weg te hou nie, maar ek weet wel dat jy dit nie jou eie hoef te maak en dit by jou mond te laat uitkom nie. Jou mond en jou woorde behoort aan jou, en jy kan altyd kies om dinge te sê wat God sal behaag en jou sal baat.

Maak “Ek ken geen vrees nie” die daaglikse belydenis in jou lewe Die apostel Matteus het geskryf: “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: “Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?” nie. Let op dat die ‘bekommer’ eerste kom en dan die uitspraak daarvan. Vrees is ook so – eers kom die gedagtes en dan die woorde. Ek wil graag vir jou iets voorstel wat ek self ook probeer oefen. Sodra ’n angsvolle gedagte my tref, praat ek hardop as ek in ’n plek is waar ek dit kan doen en ek sê: “Ek sal nie bang wees nie; ek vertrou op God.” Of ek sê: “Ek glo in God en ek sal sy wonderbaarlike mag sien.” As ek nie hardop kan praat nie, bestry ek die kwaad met gedagtes van geloof. As daar iets intens in my omstandighede aan die gang is, voel dit soms of die stryd heeldag lank aanhou, maar ons moet bereid wees om die goeie stryd van geloof te stry. In daardie weke wat ek vir die toetsuitslae gewag het, moes ek vasstaan, maar die verslae was almal goed en ek het geen verdere behandeling nodig gehad nie. Baie jare het intussen verbygegaan en elke jaar dat ek getoets word, word daar vir my gesê: “Geen kanker nie!” Daardie uitdaging is nou verby, maar daar is

gereeld nuwes, soos daar vir ons almal is. Daar gebeur gereeld dinge wat my wil bang maak, maar ek sê elke keer: “Ek glo God en ek sal sy mag sien.” As jy op hierdie oomblik onaangename omstandighede in jou lewe het, hou op lees en sê omtrent vyf keer hardop: “Ek glo God en ek sal sy wonderbaarlike mag sien.” Ek het ’n bordjie op ’n tafel waar ek bid en studeer waarop daar eenvoudig in groot, glinsterende letters staan: GLO. Dit herinner my daaraan om aan te hou om God se beloftes te glo wanneer twyfel of vrees ook al wil insluip. Ek verklaar heel dikwels my geloof hardop! Wanneer ek alleen in my kantoor is, verklaar ek dat ek in God glo! Die psalmdigter Dawid het gesê: “Dit dreig van alle kante af... Maar ek vertrou op U, Here.” Hy het erken dat hy bang was, maar hy het verklaar dat hy te midde daarvan op God vertrou. Ek het gehoor daar is 365 plekke in God se Woord wat ons beveel om nie te vrees nie. Dit is een vir elke dag van die jaar. “Moenie vrees nie” beteken jy moet die vrees weerstaan en nie toelaat dat dit jou optrede beheer nie. Ons kan in geloof optree, al is ons bang. Die enigste aanvaarbare houding wat God se kinders ooit teenoor vrees kan hê, is: “Ek sal nie vrees nie.” As jy toelaat dat vrees jou lewe oorheers, sal dit jou vreugde en vrede steel, en verhoed dat jy jou lotsbestemming bereik. Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan ’n mens aan my doen? ~ Psalm 118:6. As ons vrees laat posvat en ons begin daarvan praat, is dit so goed as om te glo wat die duiwel in ons verbeelding vir ons sê of wys. Ons kan onwrikbaar wees in ons weerstand teen hom, maar ons moet God se Woord ken en ’n gewoonte daarvan maak om dit hardop vir onsself te sê. Volgende keer wanneer daar ook al vertwyfeling, bekommernis of vrees is, sê sommer kliphard: “Ek sal nie vrees nie. Die Here is met my.” 13


Maak “Ek ken geen vrees nie” die daaglikse belydenis in jou lewe. Moenie wag tot jy bang word nie, maar bely elke dag dat jy dapper en vreesloos is. Wees vooraf voorbereid en dit sal jou help om meer as ’n oorwinnaar te wees wanneer slegte omstandighede opduik. Ek glo ons is meer as oorwinnaars, soos Romeine 8 sê ons kan wees, as ons weet ons sal die stryd wen wanneer dit eers begin. Is jy só seker van God? Glo jy dat jy verseker is van ’n oorwinning deur Christus, wat ook al met jou gebeur? Ek wil voorstel dat jy dit ’n gewoonte maak om verskeie kere per dag te sê: “Ek ken geen vrees nie.” As jy dit doen, sal dit een van die eerste dinge wees wat uit jou mond kom wanneer daar wel vrees is.

Daar is tye dat ons ons geloof moet aanwakker en ons daaraan moet herinner dat ons nie in vrees hoef te leef nie Wat sê jy van jouself en jou lewe? Ek hoor mense soms dinge sê wat my ineen laat krimp, maar ek het self voorheen so gepraat. Ek hoor dinge soos: “Ek is ’n mislukking”; “Ek is sowaar ’n slaaf van kos”; “Ek wens ek kon vry wees van vrees”; “Ek gaan opgee” of “My probleme is oorweldigend”. Hulle sê wat hulle dink en hoe hulle voel, maar dit stem nie ooreen met God se Woord nie. So moet die mense sê wat deur die Here bevry is, dié wat Hy uit hulle nood bevry het. ~ Psalm 107:2 Die Bybel sê dat dié wat aan God behoort, bevry is en hulle moet dit sê.

14

Ons is bevry! Ons wag nie om bevry te word nie, want Jesus het reeds die prys vir ons verlossing betaal. Dit behoort aan ons en ons moet leer om in ooreenstemming daarmee te wees. As hy aanhou sê hy is ’n slaaf, sal hy aanhou glo dat hy is, maar as hy met God saamstem en sê dat hy vry is, sal hy ook so optree. ’n Mens moet nooit sê: “Ek wens ek het nooit vrees geken nie” asof dit iets is wat ronddryf en wat ’n kers kan aansteek as jy hard genoeg probeer. Jy moet sê: “Ek sal nie bang wees nie; ek is dapper en ek ken geen vrees nie.” Of eerder as om te sê: “My probleme is besig om my te oorweldig”, moet jy sê: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” As ons waarlik in die geloof leef en God se beloftes glo, moet ons belydenis verander. Ons moet aan ons belydenis van geloof in God vashou, ongeag wat ons dink, hoe ons voel of hoe dinge lyk. Geloof is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie kan sien nie. Ons bely ons geloof omdat ons God se Woord glo, nie omdat ons iets sien of voel nie. “So moet die mense sê wat deur die Here bevry is!” Begin verklaar deur die geloof: “Ek is van sonde, skuld en oordeel bevry. Ek is vry van woede, bitterheid, jaloesie, vrees en ek is vry om God lief te hê, myself lief te hê en ander mense lief te hê.” Ons moet hierdie waarhede in ons gees inprent voordat ons hulle sal ervaar. In God se koninkryk glo ons eers, dan ontvang ons. Ek het duisende kere in die geloof gesê: “God het my lief,” voordat ek dit ooit gevoel het. ’n Mens kan sê dat belydenis ’n groot deel van die verwesenliking is. Ons kies om te glo wat God sê en ons sê dieselfde ding in geloof. Die gevolg is dat ons belydenis van God se beloftes daartoe lei dat ons die verwesenliking daarvan ervaar. God se beginsel van geloof is die presiese teenoorgestelde van wat die

wêreld verkondig. Dit sou sê: “Moet niks glo wat jy nie kan sien nie, ruik of aanraak nie.” God sê dat ons deur geloof leef; nie deur wat ons sien nie!

Ons wag nie om bevry te word nie, want Jesus het reeds die prys vir ons verlossing betaal Vrees kom nie van God af nie Hoe langer ons angsvolle gedagtes toelaat, hoe stywer is die greep. As ons van ons vrees praat, wakker ons die vlam van vrees aan. As ons van God se goedheid praat, van sy trou teenoor ons in die verlede en van die voorreg om in die geloof te leef, wakker ons die vlam van ons geloof aan, en bly dit sterk en brandend. Ons bly nie outomaties sterk in die geloof nie. Daar is tye dat ons ons geloof moet aanwakker en ons daaraan moet herinner dat ons nie in vrees hoef te leef nie. Vrees kom nie van God nie; die volgende keer dat jy dus vrees voel, maak jou mond oop en sê: “Hierdie vrees kom nie van God nie, en ek glo dit nie en sal dit nie aanvaar nie. Sê dan met mening: “Ek glo God en ek sal sy wonderbaarlike mag sien!” Manna

Hierdie is ’n verwerking uit Praat nuut, leef nuut deur Joyce Meyer. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.


Goeie dinge gebeur met diegene wat weet dat God hulle liefhet!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.