Soos jy dink, so is jy Fokus op God, nie omstandighede nie Begin positief oor die lewe te dink Wat vra die lewe van my? Om seuns groot te maak Hoe om konik in die huwelik op te los
R34.00
Julie - Augustus 2016
Volume 008
Daar was ’n houtkruis, ’n redder aan ’n houtkruis vasgeslaan Ja, daar was ’n houtkruis en daarom sal ek sing Ek onthou vir Dawid voor die ark het hy gedans en juig na die kruis van Jesus Hoe sal ons kan hande vou en swyg? Wie sal my kan stilmaak? Wie sal my kitaar se snaar af breek? Wie sal my kan doodmaak? As my voete in dans los wil breek Ek vra nie hoe jy voel nie As gevoelens hoegenaamd besluite raak Dan was daar nooit die pyn nie Toe die spykers deur die bloed daardie houtkruis kraak Ja daar was ’n houtkruis ’n Redder aan ’n houtkruis vasgeslaan En daarom sal ek sing ~ Koos van der Merwe
Gary & Rhona Kieswetter
held!
Tree op soos ’n
O
m Jesus daagliks beter te leer ken, is seker een van die mees opwindendste dinge om te beleef. So dikwels wanneer ’n mens in die Woord delf, ontdek jy nuwe aspekte van sy karakter en aard. Kyk nou maar na sy optrede voor sy arrestasie. Jesus en sy dissipels is in die Tuin van Getsemane waartydens Jesus ’n intense geestelike, emosionele en fisiese worsteling deurmaak en Hy sy wil oorgee aan sy Vader. Hy moes sy hele wese beskikbaar stel vir ’n gebeurtenis wat Hy geweet het vir Hom onbeskryflike pyn en lyding gaan veroorsaak. Tydens hierdie tyd daag daar ’n hele afdeling soldate asook die wagte van die priesterhoofde en Fariseërs op om Hom te arresteer. Hy besef nie net dat Hy in lewensgevaar is nie, maar weet ook presies wat vir Hom voorlê... die pad wat Hy moet stap tot by sy dood. Hy het voorkennis van die geweldige swaarkry, pyn, vernedering asook die God- en mensverlatenheid wat Hom in die gesig staar. Johannes 18:4 sê vir ons dat Jesus geheel en al bewus was van alles wat vir Hom gewag het – Omdat Jesus geweet het van alles wat oor Hom gaan kom, het Hy vorentoe gekom en vir hulle gevra: “Vir wie soek julle?” Hoe sou ons reageer het as ons in sy skoene gestaan het? As ons geweet het van al die swaar wat vir ons voorlê? Ons sou heel waarskynlik lam van vrees geretireer het. Uit Jesus se reaksie sien ons egter ’n man met geweldige karakter. Hy wéét wat kom, tog deins Hy nie terug of probeer wegkruip of weghardloop nie! Inteendeel, Hy tree vorentoe en selfs met al die voorkennis, maak Hy Homself bekend aan hulle. Dit is hoe ’n held van geloof optree, ’n kampioen, ’n koning. Met absolute manmoedigheid, al weet Hy dat Hy onskuldig is, plaas Hy Homself in ’n lewensgevaarlike situasie met groot durf en waagmoed.
Dit lyk volgens sy optrede asof Hy onbewus is van sy omstandighede, maar dis nie waar nie. Hy’t geweet wat voorlê maar ten spyte daarvan het Hy gekies om op te tree as ’n verteenwoordiger van sy Vader se karakter en om dit te doen met geweldige eerbaarheid. Hoe was dit vir Hom moontlik om sy vyande so heldhaftig tegemoet te gaan? Hy was ten volle oortuig dat God sou doen wat Hy belowe het. Die Vader het Hom verseker dat sy liggaam nie verderf sou beleef nie. Dus, al het Hy geweet dat Hy gaan sterf, het Hy ook geweet dat Hy weer sal opstaan. Dit is hierdie absolute onverskrokke geloof in dit wat sy Vader belowe het, wat vir ons so ’n groot voorbeeld is om na te volg! Ons as mense beleef ook omstandighede wat vir ons soms voel soos die einde van alles. Tog het ons Vader vir ons belofte op belofte gegee waarop ons met groot vrymoedigheid kan staan. Tydens moeilike tye kan ons met groot durf en waagmoed verklaar: My God is met my en as my God vir my is, wie kan teen my wees? Wanneer ons dit waarlik glo, dan tree ons op soos ’n kampioen van geloof. Iemand wat weier om beïnvloed te word deur omstandighede, maar met absolute geloof in God se liefde vir jou, die Een wat in jou woon, sigbaar maak deur jou optrede. Jesus is reeds beproef gevind, ons kan maar net in Hom bly en sodoende sy durf openbaar in sulke intense tye. Ons kan bonatuurlik optree in moeilike en negatiewe omstandighede. Dit is dan wanneer hierdie onverskrokke, hardkoppige geloof vrugte afwerp. In sulke tye gee ons vreesloos ’n treë vorentoe in die aangesig van ons vyande en breek deur as absolute oorwinnaars met ’n groot getuienis tot sy eer! Gary & Rhona Kieswetter
GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL
Julie - Augustus
2016
Soos jy dink, so is jy
06
Fokus op God en nie omstandighede nie
16
Wat vra die lewe van my?
Wat jy glo word inderdaad ’n werklikheid in jou lewe.
Begin positief oor die lewe te dink
Oefen om in alle omstandighede positief te wees.
Om seuns groot te maak
26
Jou taak is om ’n man te vorm uit die rou materiaal in jou oulike klein seuntjie. MANNA www.mannatydskrif.co.za Tel: 086 111 2329 Inskrywings: admin@grootisutrou.co.za
10
As jy God groter maak, word jou omstandighede kleiner.
20
Hulle wat ’n waarom het om voor te lewe, kan feitlik enige hoe verwerk.
Hoe om konflik in die huwelik op te los
32
Tieners - my vriende is my alles!
38
’n Probleem met ons generasie is dat ons nie weet hoe om suksesvol te onderhandel nie.
Tieners is konstant in konflik om soos hulself, maar ook soos hul vriende te wees.
Redakteurs: Gary en Rhona Kieswetter Uitgewer: Ingrid Stegmann / ingrid@dor22.co.za
Grafiese ontwerp & uitleg: Adri de Bruyne Ontwerpelemente: Freepik.com Fotos: Shutterstock
Geloofsmuur Geluk is ’n keuse. Wanneer jy soggens opstaan, kan jy kies om gelukkig te wees en die dag te geniet, of jy kan kies om ongelukkig te wees en verbitterd deur die dag te gaan. Dit hang van jou af. As jy die fout maak om toe te laat dat omstandighede jou geluk bepaal, loop jy die risiko om God se oorvloedige lewe mis te loop.
Neem ’n besluit dat jy nie nog een enkele dag gaan leef sonder die vreugde van God in jou lewe nie; sonder liefde, vrede en passie; sonder om opgewonde te wees oor jou lewe nie. Vader, help my om hoopvol te bly tot die einde ongeag my omstandighede vandag. Dankie dat ek met selfvertroue en durf kan reageer omdat ek u guns het. Dankie dat U vir my geleenthede skep.
Vader, ek wil woorde
uitspreek wat ooreenstem met u Woord. Mag my woorde
voortdurend gevul wees met geloof en hoop, en mag my woorde ’n
atmosfeer skep waarin u groot en
magtige dinge in en deur my lewe
Jy moet deur jou toe deure gaan voor jy die oop deure bereik. Wanneer jy by ’n “nee” kom, moet jy nie moedeloos raak nie, maar eerder sê: “Ek is een tree nader aan my ja.”
kan doen!
Vader, ek besef U het nooit belowe dat ek nooit beproewings en probleme sal ervaar nie. Ek erken ook dat niks my lewe kan aanraak sonder U medewete en bystand nie. Daarom prys ek U te midde van my beproewings. Ek weet U sal sorg dat ek na hierdie ervaring sterker en beter voorbereid is op goeie dinge wat U vir my bestem het.
Voetpad na
Vrede
Mila nie Vosloo
Soms laat die lewe ’n mens vergeet wie jy regtig is. Miskien juis omdat ons én die wêreld breekbare lugkastele rondom ons ware self bou. En dan…mis ons meer as net die punt. Ons mis onsself. Ons mis die ryp lewe wat God ons gegee het.
Here, wys my my ware ek. Wie ek regtig is. Wat my spesiaal maak. Wat U doel met my is. Maar wys my méér: Wys my wie ek deur U kan wees. Hoe ek mét U kan groei. Hoe ek in U kan blom en vrede kan vind.
Vandag gee Hy vir jou Amazing Grace
J
ohn Newton, die skrywer van die lied “Amazing Grace”, het as slawehandelaar in Wes-Afrika gewerk en later die kaptein van ’n slaweskip geword. So was hy in Maart 1748 juis ook kaptein op die slaweskip Greyhound toe ’n hewige storm uitbreek. So erg was die storm dat Newton geweet het dat net ’n Goddelike ingryping hulle kon red. Alhoewel hy nie gelowig was nie, het hy die “laaste” uitweg gevolg en tot God geroep om redding met die belofte dat hy sy eie lewe op ’n beter koers sou kry. Nadat hy en sy bemanning gered is, het hy begin om die Bybel te lees, opgehou dobbel en drink, maar het steeds met slawe handel gedryf. Uiteindelik het hy wel tot inkeer gekom en op die ouderdom van 39 jaar is hy tot die bediening toegelaat. Dit was in hierdie deel van sy lewe dat hy die lied “Amazing Grace” geskryf het. Later was hy ’n sleutelspeler om slawerny te beëindig...juis omdat God se groot genade vir hom so ’n werklikheid geword het. Dalk is daar vandag ’n paar storms in jou lewe. Weet dat God ook jou skip veilig aan wal sal bring. En dat sy genade ook in jou lewe “Amazing Grace” is.
{
.....
Vader, U genade is so onbeskryflik groot. Daarom kán ek, Here!
Hierdie is ’n uittreksel uit Voetpad na Vrede uitgegee deur CUM.
}
.....
Dink jouself
gelukkig... D r P i e t e r v a n Jaars vel d
E
Soos jy so
dink, is jy
en van die wonderlikste ontdekkings oor die mens is dat die brein 100 miljard breinselle of neurone het. Wat hierdie ontdekking so ongelooflik maak, is dat dit beteken dat elkeen van hierdie breinselle dieselfde vermoë het as een skootrekenaar. Dink ’n bietjie daaroor. Jou brein bestaan uit 100 miljard skootrekenaars! Is dit nie ongelooflik nie? Nou verstaan ’n mens eers hoekom die Bybel sê dat ons geskape is na die beeld van God. Nou, as jy klaar na jou asem gesnak het oor wat jou breinvermoë werklik is, wil ek jou ’n vraag vra. Het jy op skool toe jy die laaste keer wiskunde geskryf het, ten minste 97% daarvoor gekry? Moenie vir my sê dat jy “nee” sê nie. Hoe is dit moontlik dat jy 100 miljard skootrekenaars tussen jou ore kan hê en jy kon nie wiskunde doen nie? Die meeste van ons sal geen antwoord daarop kan gee nie behalwe om te sê dat jy dit nie bereik het nie. Miskien sal sommige mense wel onthou dat hul ma vir hulle die volgende gesê het: “My kind, jy gaan nou hoërskool toe. As jy nie baie hard aan wiskunde gaan werk nie, gaan jy dit nooit deurkom nie. Ons Smitte het nou maar eenmaal nie ’n kop vir wiskunde nie. Jou oupa het dit gedop, jou pa het dit gedop, ek het dit gedop. As jy nie baie hard gaan werk nie, gaan jy dit ook dop. Ek waarsku jou!” Wat het toe op hoërskool gebeur? Die meeste mense vaar baie sleg in wiskunde omdat hulle glo hulle kan nie wiskunde doen nie. As jy werklik daaraan dink dat jy 100 miljard skootrekenaars tussen jou ore het, behoort jy gewis beter te gevaar het. Bygesê, baie van hierdie rekenaars is daar vir ons hartklop, asemhaling, en so meer, maar daar is tien miljard daarvan. Gebruik ons al ons potensiaal? Dit beteken nie dat ’n mens wiskunde sou geniet het nie. Natuurlik is daar mense wat liewer sou verkies het om kuns, wetenskap of houtwerk te doen. Die punt is, jy behoort beter te gevaar het. Ons glo wat ons vertel word en begin sodanig optree. Dit is wat in die sielkunde bekend staan as die selfvervullingsprofesie. Selfvervullingsprofesie beteken ook dat ander mense ’n baie groot invloed het op die manier waarop jy dinge sien. Wat jy van ander gehoor het, beïnvloed in ’n groot mate hoe jy dinge sien. Daar is deur die jare heen interessante navorsing oor die selfvervullingsprofesie gedoen. Een van die bekendstes is waar aan ’n aantal onderwysers gesê is dat die leerlinge in twee groepe verdeel is. Aan die linkerkant is die minder intelligente kinders en aan die regterkant die intelligenter kinders. Dit was egter glad nie waar nie. Die kinders se intellektuele vermoëns was presies dieselfde. Jy kan jou indink hoe die onderwysers die minder intellektuele kinders hanteer het, want hulle het nie eintlik veel van hulle verwag nie. Baie van hulle het nooit reguit aan die kinders gesê dat hulle dommer is nie, maar hulle slegs hanteer asof hulle dommer is. Daar mag wel van die onderwysers gewees het wat hulle onbewustelik so hanteer het. Aan die einde van die jaar was die verskil tussen die sogenaamde dommes en slimmes baie groot. Jy word werklik wat mense jou toevoeg. Zig Ziglar vertel die interessante storie van Serebriakoff. Serebriakoff het op die ouderdom van 14 ’n IK-toets afgelê en dit het ’n baie swak uitslag opgelewer. Die onderwyser het aan hom gesê hy moet liewer ’n vakman word, want hy is nie intelligent genoeg vir ’n gewone skool nie. Hy het byna 17 jaar lank rondgeval van een werk na ’n ander totdat hy op die ouderdom van 31 weer ’n
06
IK-toets afgelê het vir ’n nuwe betrekking en sy IK as 161 gemeet is – die IK van ’n genie! As hy nie die tweede toets geskryf het nie, het hy miskien sy lewe lank gedink hy is gemiddeld. Later in sy lewe het hy die voorsitter van Mensa geword. (Mensa is die vereniging vir mense met ’n buitengewoon hoë IK.) Indien hy nie hierdie tweede IK-toets in sy lewe afgelê het nie, kon hy sy hele lewe gelei het asof hy ’n “dom” persoon is.
Die selfvervullingprofesie het nie net ’n invloed op hoe jy oor jouself voel nie, maar ook hoe jy na dinge kyk en wat jy oor die lewe glo. Wat jy glo, word inderdaad ’n werklikheid in jou lewe. Beteken dit dan dat wat jy glo fisieke veranderings in jou liggaam kan teweegbring? Studies in die sielkunde en neurowetenskap bewys dat dit wel gebeur. Daar is navorsing wat aantoon dat wat jy dink en glo, jou werklik siek kan maak. Besef jy die implikasie hiervan? Wat jy glo bepaal dikwels of jy siek of gesond gaan wees. Het jy al van die nosebo-effek gehoor? Dit is die teenoorgestelde van die plasebo-effek wat beteken dat jy jouself kan gesond glo. Nosebo-effek beteken dat dit jou skade kan aandoen. Mense word sieker omdat hulle dink hulle moet sieker word. Reeds in 1981 is die nosebo-effek by die Kalifornië-Universiteit bestudeer. Aan die 34 vrywilligers is gesê dat hulle wil vasstel wat die effek van ’n ligte elektriese skok op breinfunksionering sal wees. Die enigste newe-effek is dat hulle hoofpyn ná die skok kan ervaar. Meer as tweederdes van die vrywilligers het agterna ernstige hoofpyn ervaar. Daar is egter geen elektriese skok aan hulle gegee nie! Verwagting het gesonde mense siek gemaak! Dink ’n bietjie aan die implikasies vir jouself. Vir die medici wat hierdie gedeelte lees: ’n Persoon het die reg om te weet as hy ernstig siek is. Gee aan die persoon die moontlikheid om sy geloof te gebruik om te besluit of hy wil gesond of siek wees. Baie mense sterf omdat hulle wil sterf of vertel is dat hulle gaan sterf. Baie navorsing wys dat jy jou lewe kan verleng as jy glo dit is moontlik. Jon-Kar Zubieta en sy kollegas by die Michican-Universiteit het bewyse gevind dat wat ons glo ’n regstreekse uitwerking op ons brein het en kan lei tot die afskeiding van goeie hormone in die brein soos dopamien. “This is startling evidence that what we expect and believe produces neurochemical changes at the very heart of our pleasure-seeking brain.” As geloof ’n hoofpyn kan veroorsaak, kan dit wat ons glo ook ons gesondheid verbeter of benadeel? Is dit werklik so dat ons gedagtes ons lewe of dood beïnvloed? Navorsing het reeds in 1984 begin en die lewe van duisende mans en vrouens is daarmee nagevors. Hul hart riskio is noukeurig dopgheou deur te kyk na hul cholesterol, bloeddruk, vetsug, en so meer. In 1996 is gevind dat van die vroue wat geglo het hulle het werklik ’n hartrisiko, vier keer meer aan ’n hartsiekte gesterf het as diegene wat gedink het hulle het geen hartrisiko nie. Laat dit vir ons ’n les wees. As jy uit ’n gesin kom met hartrisiko, diabetes, alzeimersiekte of wat ookal, wees versigtig. Indien jy glo dat jy aan jou hart gaan sterf, is die waarskynlikheid baie groot dat dit gaan gebeur. Dit hoef nie meer ’n verdoemenis te wees as jy uit ’n gesin kom met genetiese hartprobleme, of wat ookal, nie. Jy kan dit werklik omkeer deur te glo dat dit jou nie gaan tref nie. Is dit ook nie Bybels nie? Stem jy saam dat dit vir ’n mens ’n nuwe lewe oopmaak van gesondheid en voorspoed? Dit is wat die Here wil hê ons moet geniet en Hy het ons die vermoë gegee om reg te kan glo en sodoende krag vry te stel in ons lewens.
Dr. Pieter van Jaarsveld werk plaaslik en internasionaal as konsultant vir leierskapontwikkeling in die sakewêreld. Hy het twee meestersgrade (in Sielkunde en Teologie) en ’n doktorsgraad vir sy tesis oor die selfdunk en eiewaarde van mense. Hy is ’n bekende gas op radio- en televisieprogramme. As jy meer wil weet oor positiewe sielkunde, kry solank sy nuutste boek Dink jouself gelukkig. 07
Tog, Here, is U ons Vader. Ons is soos klei en U is die Pottebakker. Deur u hand is ons almal gevorm. – Jesaja 64:8
Sluit aan by
MANNA Manna is ’n twee-maandelikse publikasie wat tjok en blok vol Woordgebaseerde artiekels is. Hierdie is nie net ’n sommer-so geestelike tydskrif nie, maar een wat jou gees sal voed, jou lewe sal verryk en jou verhouding met God sal verdiep.
Sluit aan by Manna teen R34 elke 2de maand!
Is jy opsoek na ’n geestelike tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie?
Maar ’n Tydskrif waar elke artiekel vir jou geestelike waarheid bring?
Soos jy dink, so is jy
’n Tydskrif wat jou leer oor die krag van God se Woord in jou lewe?
Fokus op God, nie omstandighede nie Begin positief oor die lewe te dink
’n Tydskrif waar jy meer lees van God as oor mense?
Wat vra die lewe van my?
Sluit aan by ons op een van die maniere:
Om seuns groot te maak Hoe om konflik in die huwelik op te los
Bel 012 9970898 gedurende kantoorure Gaan na www.mannatydskrif.co.za en kliek op ‘sluit aan’. Stuur ’n epos met jou naam en kontakbesonderhede na admin@grootisutrou.co.za
R34.00
Julie - Augustus 2016
Volume 008
SMS “Manna” na 33282
God omstandighede Fokus op eerder as jou
Joe l Oste e n
As jy jou fokus op God plaas en nie jou omstandighede nie, kan verstommende dinge gebeur.
W
anneer God ’n belofte in jou hart plaas, het jy by ’n plek gekom waar jy só sterk aan die belofte glo dat niemand jou daaruit kan praat nie. Dit mag onmoontlik klink. Jou mediese verslag kan daarop dui dat jy geen hoop op herstel het nie. Dit kan lyk asof jy nooit uit jou skuld sal kom nie. Al die omstandighede kan daarop dui dat jou drome nie bewaarheid sal word nie, dat jy nooit die regte persoon sal ontmoet nie, dat jou gesin nooit weer heel sal word nie. Maar diep in jouself moet jy die vertroue hê, die wete dat God steeds op die troon is. Hy is groter as enige struikelblok. Hy het reeds ’n uitweg, Hy werk agter die skerms en 10
Die omstandighede is nie van belang nie. Jou gevoelens ry nie wipplank wanneer iets goeds gebeur en wanneer dit lyk asof niks gebeur nie
wat Hy beloof het, sal op die regte tyd kom. Jy word nie mismoedig as dit lank neem nie. Jy kla nie as daar ’n terugslag is nie. Jou geloof is onwrikbaar. Dit is wat Paulus gedoen het. Sy besluit was geneem. In Handeling 20:24 sê hy: “ek reken dit van geen belang nie.” Watter dinge reken hy nie van belang nie? Omstandighede wat onmoontlik lyk, of mense wat sê dit sal nooit gebeur nie, of negatiewe, ontmoedigende gedagtes. Sy ingesteldheid was: “Dit sal nie my voorneme verander nie. Wat ek sien, reken ek van geen belang nie. Wat wel van belang is, is wat ek weet. En ek weet as God vir my is, wie sal waag om teen my te wees? Ek weet al God se beloftes is ja en amen. Ek weet God spreek die finale woord.” Jou ingesteldheid behoort te wees: “Wat die mediese verslag sê, is van geen belang nie. Ek het respek vir diegene wat probeer help om
11
Probeer om die tyd wat jy gewoonlik aan kwellings bestee, eerder te gebruik om te dank.
God
Dank Hom vir jou werk, vir antwoorde wat op pad is, vir sy
algehele beheer
my gesond te kry, maar ek weet God kan doen wat die mediese wetenskap nie kan doen nie. God het my liggaam geskape. Dokters kan my behandel, maar net God kan genees.” Of: “Die ekonomie wat op en af gaan, die aandelemark of my werksituasie is van geen belang nie, want ek weet God voorsien in al my behoeftes. Hy het beloof dat ek sal floreer, selfs in ’n resessie.” ’n Ouer se onwankelbare ingesteldheid kan wees: “My kinders se optrede is nie wat van belang is nie. Ek stres nie omdat hulle die pad byster geraak het of swak keuses gemaak het nie. Ek weet dis net ’n kwessie van tyd. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.” ’n Alleenloper kan miskien sê: “Die feit dat ek nog alleen is en nog nie iemand ontmoet het nie, is van geen belang nie. 12
Ek weet dat God reeds iemand vir my in gedagte het. Hy het reeds iemand georden om my pad te kruis. Ek is ten volle daarvan oortuig dat hierdie persoon in my toekoms is.” Dit is onwrikbare geloof. Die omstandighede is nie van belang nie. Jou gevoelens ry nie wipplank wanneer iets goeds gebeur en wanneer dit lyk asof niks gebeur nie. Jy weet alles wat God beloof het, is in jou toekoms. Dus leef jy in vrede. Jy is nie ontsteld of gefrustreerd of mismoedig nie. Jy is tevrede. Jy weet God werk op die troon namens jou, dus leef jy elke dag met passie en verwagting en kyk uit vir die groot dinge wat God vir jou weggebêre het. Abraham het dit ook gedoen. God het hom beloof dat sy vrou ’n kind sou hê. Vir hulle was die geboorte van ’n kind al onmoontlik, want
Abraham en Sara was albei reeds amper honderd jaar oud. Maar in Romeine 4:20 lees ons – Hy het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van God nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan God die eer gegee. Jy moet soos Abraham glo en sê: “Ek sal nie fokus op die negatiewe dinge wat my gedagtes of die kenners my wysmaak nie. Ek sal nie konsentreer op hoe groot my probleme is nie. Ek sal eerder fokus op die grootheid van my God. Hy het die aarde tot stand gebring en die sterre in die hemel gestrooi. Hy word nie deur die natuurlik dinge ingeperk nie, Hy het bonatuurlike magte.” As jy jou fokus op God plaas en nie jou omstandighede nie, kan verstommende dinge gebeur. Onlangs was ons op pad na ’n geleentheid toe ons in ’n verkeersknoop beland. Die verrigtinge sou om halfagt
begin en ons het vroegtydig van ons hotel af vertrek, maar ’n motor het op die snelweg gebreek en die verkeer het beswaarlik beweeg. Waar ons gewoonweg die arena binne ’n halfuur sou bereik het, was ons ’n uur later steeds ver daarvandaan. Dit het gelyk asof ons nooit betyds sou wees nie. Een van ons groep het gebel en die ander wat vir ons gewag het, laat weet dat ons sou laat wees. Hulle het polisiebegeleiding gestuur om ons te help. Toe hulle by ons kom, het een van die manne ons motor uit die verkeer uit bestuur deur op die skouer van die pad verby al die staande voertuie te ry. Daarna was die snelweg vir ons oop. Die polisieman het vyf-en-twintig kilometer oor die spoedgrens bestuur en selfs ander patrolliemotors verbygesteek. Ons bestuurder het net vir die ander manne gewuif. Ons kon die wet oortree, want die gereg was saam met ons. Sonder hom as bestuurder, sou ons beslis afgetrek gewees het en ’n spoedkaartjie gekry het. Maar die gereg het ons beskerm. Jy kan op dieselfde manier bevoordeel word. Normaalweg, volgens die wette van die mediese wetenskap, mag dit onmoontlik wees dat jy sal gesond word. Die goeie nuus is dat Iemand saam met jou is en Hy is verhewe bo die wette van medisyne, die wette van wetenskap en die wette van finansies. Ons is te geneig om net in ag te neem wat ons kan sien en waar ons op die oomblik is. Ons beperk onsself deur te dink: Dis wat my inkomste is, en as ek ’n lewenskosteverhoging kry vir die volgende twintig jaar, sal ek hier wees. Ons ontleed en doen projeksies wat op koue, harde feite gegrond is. Ons kyk na kaarte en ontleed data. Dis goed om planne te maak, maar daar kom tye wanneer die omstandighede en die verslae almal wys dat iets onmoontlik is en nooit sal gebeur nie. Dat jy maar
tevrede moet wees waar jy is. Dit is dan wanneer jy diep moet delf en sê: “Wag ’n bietjie. Ek het te ver gekom om nou op te hou. Ek gaan nie net fokus op my mediese verslag of op my bankrekening nie. Ek gaan fokus op my God en sy goedheid wat alles op aarde oortref.”
Toe ek my fokus verander en my God in ag neem in plaas van my omstandighede, het my twyfel, vrees, angs en negatiwiteit nie ’n kans gehad nie Besigheid mag miskien sleg wees. Die ekonomie swak. Maar God het beloof Hy sal jou selfs in die woestyn laat floreer. Jou tjekboek mag aandui dat jy nie jou verband kan betaal nie, maar God sê Hy sal in al jou behoeftes voorsien. Dit mag lyk of jy nooit sonder skuld gaan wees nie, maar God sê: “Jy sal kan uitleen sonder dat jy self hoef te leen.” Jou mediese verslag mag daarop dui dat jy sal moet leer om met jou siekte saam te leef. Maar as jy God in ag neem, beloof Hy om jou gesond te maak. As jy net fokus op gevoelens van moedeloosheid en eensaamheid, sal jy dalk nie kan voorsien dat goeie dinge in jou lewe kan gebeur nie. Maar as jy God in ag neem, besef jy jou beste tye lê nog voor. Jou toekoms is helderder as jou verlede. Die grootste oorwinnings is nie verby nie, maar kom nog. Neem jy jou omstandighede in ag? Of vir God? Hy word genoem, “Ek is wat Ek
is.” Hy is al wat jy nodig het. As jy siek is, maak Hy jou gesond. As jy swaarkry voorsien Hy. As jy bekommerd is, gee Hy vir jou vrede. As jy eensaam is, is Hy jou vriend. As jy in die moeilikheid is, sal Hy jou daaruit kry. As jy rus nodig het, sal Hy jou begunstig. As jy God in ag neem, en nie jou omstandighede nie, sal Hy daar wees en wonderlike dinge doen. My vriendin het aansoek gedoen vir ’n beurs by ’n groot universiteit. Sy wou toneel en teater studeer. Daar was twaalf beurse en tweeduisend seshonderd aansoeke. Sy kon maklik gedink het dis nutteloos om te probeer. Die kanse vir ’n beurs is minder as die helfte van een persent. Maar in plaas van op haar swak kans te konsentreer, het sy vir God in ag geneem. Haar sienswyse was: “Here God, U beheer die ganse heelal, en as U my in hierdie universiteit wil plaas, glo ek dat U sal sorg dat ek raakgesien word. Wat ek sien, is nie wat belangrik is nie, maar wat ek weet, is wel. Ek weet u planne vir my is goed. Ek weet U het onvergelyklike guns en U beloon hulle wat U eer betoon.” Sy het ’n paar maande gelede gehoor sy is een van die twaalf uit tweeduisend seshonderd aansoekers vir ’n volle beurs wat geslaag het – ’n voortreflike prestasie. In die Skrif vra God vir Abraham: “Is iets te buitengewoon vir die Here?” Jy bestee dalk te veel tyd aan die ontleding van jou situasie. Jy het so baie feite en syfers dat jy vergeet het wat God kan doen. As jy meer tyd bestee om God in ag te neem en na te dink oor sy grootheid en die kere wat Hy jou in die verlede gehelp het – sal jy soos Abraham en my vriendin sien dat God daar is en bonatuurlike dinge doen. Toe ons die Compaq Center vir die Lakewood-kerk bekom het, het die argitekte gesê die opknapping sou ongeveer honderd miljoen dollar kos. Ons moes ’n nuwe kragaanleg laat installeer en
13
baie ander groot veranderings aanbring. Ek het gewonder hoe op aarde ons daarvoor sal kan betaal. Ons finansiële span het die rekenkunde gedoen om te beraam hoeveel ons in die komende jare van skenkings kon verwag. Ons het oorweeg om ’n eiendom van die kerk te verkoop. Uiteindelik was dit duidelik dat selfs as alles verloop soos ons hoop, ons steeds ’n aansienlike tekort aan fondse sou hê om vir die herstel te betaal. Op papier wou dit nie uitwerk nie. Ek het die syfers so goed geken dat ek snags daarvan gedroom het. Ek het dit op honderd verskillende maniere ontleed, maar hoe ek ook al daarna gekyk het, ek kon my berekenings nie laat klop nie. Ons was kort. Op ’n dag het ek gedoen wat ek jou aanbeveel. Ek het gesê: “Here, ek het die syfers in ag geneem, ek het die feite in ag geneem. Intelligente mense het kaarte, projeksies en ontledings gemaak. Dit lyk nie goed nie. Here, nou verander ek my fokus en ek neem U in ag. Ek weet U het die Rooi See vir Moses oopgemaak. U het die son vir Josua laat stilstaan. U het Daniël van die leeus gered. U het vyfduisend mense met vyf brode kos gegee. U het water in wyn verander. Ek weet U het al hierdie groot dinge in die Bybelse tye gedoen, maar ek het in my leeftyd gesien dat U my moeder gesond maak van terminale kanker. U het my vader uit armoede en nederlaag gebring en na ’n lewe van oorvloed en doelgerigtheid gelei. U het my lewe gered op die snelweg toe my motor buite beheer was en ’n massiewe vragvoertuig ’n meter of wat voor my was. U het vir my en my vrou gelei na ’n huis wat amper oornag in waarde verdubbel het. U het vir ons hierdie pragtige gebou gegee toe alles daarteen gedui het. Here, U het gesê dat U alles wat U in my lewe begin het, sal klaarmaak. U
14
het gesê U sal voorsien in ons behoeftes volgens U rykdom.” Toe ek my fokus verander en my God in ag neem in plaas van my omstandighede, het my twyfel, vrees, angs en negatiwiteit nie ’n kans gehad nie. Geloof het oorgeneem. Verwagtings het te voorskyn gekom. Hoop het opgewel en ek het ten volle oortuig geraak. Ek het geweet dat God ’n pad sal baan, al kon ek dit nie sien nie. Dit is presies wat gebeur het. Vandag glo almal van ons by Lakewood nie net die belofte nie, ons geniet reeds die belofte. Ons droom nie meer nie – ons leef reeds ons droom in ons pragtige fasiliteit.
As jy God groter maak, word jou probleme kleiner Dit waarop jy fokus, is so belangrik. Waaroor dink jy nou? Die grootte van die struikelblok, of die grootte van jou God? As jy heeldag tob oor jou probleme, kwellings en angste en al die negatiewe tonele in jou kop laat afspeel, sal jy die negatiewe aantrek. Jy gebruik jou geloof, maar jy gebruik dit agterstevoor om. Om negatief te dink vereis net soveel energie soos om positief te dink. Bekommernis en geloof gebruik dieselfde hoeveelheid energie. Gebruik eerder jou energie vir die regte doeleindes. Die meeste mense het lank genoeg aan hulle moeilike omstandighede gedink – oor en oor aan die mediese verslag, die bankstaat, die kanse daarvoor en daarteen oorweeg. Dis tyd om te verander en aan God te begin dink. Probeer om die tyd wat jy gewoonlik aan kwellings bestee, eerder te gebruik om God te dank. Dank Hom vir jou werk, vir antwoorde wat op pad is, vir sy algehele beheer.
Moenie ’n slegte situasie oor en oor ontleed nie, gebruik eerder die tyd om oor Gods Woord te mediteer: “Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog...Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” In plaas van om die slegte mediese verslag vir die tweeduisendste keer te lees en elke woord te ontleed, om vier uur lank die siekte op Google na te slaan, om te lees oor almal wat daaraan gesterf het, gebruik eerder die tyd om in die park te stap en met elke tree te sê: “Dankie Here vir U genesing wat by my invloei. Dankie dat U my sterker, beter en gesonder maak.” Bid met elke asemteug: “Dankie Here dat U steeds op die troon sit en my in die palm van U hand hou waaruit niks my kan wegneem nie.” Die sleutel is dit: As jy God groter maak, word jou probleme kleiner. As jy God vergroot in plaas van jou moeilikhede, verrys hoop in jou hart. Daardie hoop sal jou ten volle oortuig. Let goed op na waarop jy fokus. Wees bewus van wat heeldag in jou kop aangaan. Dink jy gedurig aan jou omstandighede of dink jy aan jou God? Dis tyd om God in ag te neem. Hy is die Almagtige, die Skepper van die heelal. Wat Hy oor jou lewe gespreek het, mag onmoontlik lyk. Te groot. Die syfers kan miskien wys dis onlogies. Jy kan dalk nie ’n weg sien nie, maar as God ’n weg het, sal dit so gebeur. Leer om jou negatiewe gedagtes te ignoreer. Die enigste verslag wat tel, is God s’n. Wat Hy oor jou lewe spreek, sal gebeur. Wat Hy beloof het, sal Hy doen! Manna
16
Begin
positief dink oor die
lewe P
Joyc e Me ye r
Oefen om onder alle omstandighede positief te wees. Al is die dinge wat nou in jou lewe gebeur nie goed nie, moet jy verwag dat God iets goeds daaruit sal voortbring.
ositiewe denke sorg vir ’n positiewe lewe. Negatiewe denke maak jou lewe negatief. Positiewe gedagtes is altyd vol geloof en hoop. Negatiewe gedagtes is altyd vol vrees en twyfel. Sommige mense is bang om te hoop omdat hulle al soveel pyn en teleurstelling ervaar het. Hulle moes soveel teleurstellings verduur dat hulle nie vir nog een kans sien nie. Hulle wil nie hoop nie, sodat hulle nie teleurgestel sal word nie.
Hierdie vermyding van hoop is ’n soort beskerming teen lyding. Teleurstelling is pynlik! Baie mense weier dus om te hoop of te glo dat enigiets goeds ooit weer met hulle sal gebeur, om te verhoed dat hulle seerkry. Hierdie soort gedrag vestig ’n negatiewe leefwyse. Alles word negatief omdat die gedagtes negatief is.
Ek is vry om te glo en te vertrou dat Hy die slegte dinge tot my beswil sal laat meewerk
Onthou wat daar in Spreuke 23:7 geskryf staan – Want soos hy in sy siel bereken, so is hy. . . Baie jare gelede was ek uiters negatief. Ek sê altyd dat twee positiewe gedagtes na mekaar my ’n kramp in my denke gegee het. My hele filosofie was: As jy nie verwag dat enigiets goeds gaan gebeur nie, sal jy nie teleurgesteld wees as dit nie gebeur nie. Ek het so baie teleurstellings in my lewe ervaar – so baie vernietigende dinge het met my gebeur – dat ek bang was om te glo dat enigiets goeds dalk kon gebeur. Ek het ’n verskriklike negatiewe beskouing oor alles gehad. Aangesien my gedagtes negatief was, was my woorde ook negatief en gevolglik my hele lewe. Toe ek werklik die Bybel begin bestudeer het en begin vertrou het dat God my sou vernuwe, het ek gou besef dat die negatiwiteit einde moes kry.
17
In Matteus 8:13 sê Jesus dat wat ons geglo het, sal gebeur. Alles wat ek geglo het, was negatief en daarom het baie negatiewe dinge met my gebeur. Dit beteken nie dat ons enigiets wat ons wil hê, kan kry deur bloot daaraan te dink nie. God het ’n volmaakte plan vir elkeen van ons en ons kan Hom nie met ons gedagtes en woorde beheer nie. Maar wat ons dink en praat, moet in ooreenstemming wees met sy plan vir ons. As jy tans geen idee het wat God se wil vir jou is nie, begin om vir jouself te sê: Ek weet nie wat God se plan is nie, maar ek weet Hy het my lief. Wat Hy ook al doen, sal goed wees en ek sal geseën word.
Baie jare gelede was ek uiters negatief. Ek sê altyd dat twee positiewe gedagtes na mekaar my ’n kramp in my denke gegee het Alle dinge werk ten goede mee Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is – Romeine 8:28. Hierdie vers sê nie dat alles goed is nie, maar dat alles ten goede meewerk. Kom ons sê byvoorbeeld dat jy winkel toe wil gaan. Jy klim in die motor, maar jy kry dit nie aangeskakel nie. Jy kan die situasie op twee manier beskou. Jy kan sê: “Nes ek gedink het! Dit gebeur altyd. Alles wat ek wil doen, loop skeef. Ek het verwag hierdie winkeluitstappie sal skeefloop. My
18
planne werk nooit uit nie.” Jy kan eerder sê: “Wel, ek wou winkel toe gaan, maar dit lyk nie of dit nou gaan gebeur nie. Ek sal later gaan wanneer die motor reggemaak is. Intussen glo ek dat hierdie verandering in my planne tot my beswil sal wees. Daar is waarskynlik ’n rede waarom ek vandag by die huis moet bly, daarom gaan ek my tyd by die huis geniet.” Onlangs het ek ’n uitstekende geleentheid gehad om hierdie beginsel toe te pas. Ek was besig om te pak en gereed te maak om na die lughawe te gaan vir my vlug huis toe. Ek wou ’n langbroek en bloes met plathakskoene aangetrek het sodat ek gemaklik sou wees tydens die vlug. Ek het begin aantrek en kon toe nie my langbroek kry nie. Ek het oral gesoek en dit uiteindelik onder in die kas gekry waar dit van die hanger afgeval het. Die broek was erg gekreukel. Ek neem altyd ’n draagbare stomer saam en ek het die kreukels probeer uitstoom. Toe ek die broek aantrek, kon ek sien dat dit nie reg sou lyk nie. My enigste alternatief was ’n rok en hoëhakskoene. Ek kon voel hoe onstuimig my emosies raak. Jy sien, wanneer ’n mens nie jou sin kan kry nie, sal jou gevoelens in opstand kom en jou in selfbejammering en ’n negatiewe gesindheid probeer dompel. Ek het dadelik besef dat ek ’n keuse moes maak. Ek kon my vererg omdat dinge nie na my sin verloop het nie of ek kon my by die situasie aanpas en nogtans die vlug huis toe geniet. Selfs vir ’n baie positiewe mens sal dinge nie altyd na sy sin uitwerk nie. Maar ’n positiewe mens kan voortgaan en besluit om die lewe te geniet, ongeag wat gebeur. Die negatiewe persoon sal niks geniet nie. Dis nie lekker om in ’n negatiewe mens se geselskap te wees nie. Hy werp ’n donker wolk oor alles. Hy is swaarmoedig. Hy kla, murmureer en vind fout. Dit maak nie saak hoeveel goeie dinge besig is om te gebeur nie, hy sien
altyd iets raak wat dalk ’n probleem kan veroorsaak. In die tyd toe ek so uiters negatief was, kon ek instap by ’n huis wat pas opgeknap is en in plaas daarvan om alles wat mooi was raak te sien en dit te noem, sou my oog dadelik val op ’n puntjie van die plakpapier wat los is of ’n vuil kol op die venster. Ek is so bly dat Jesus my bevry het sodat ek die goeie dinge in die lewe kan geniet! Ek is vry om te glo en te vertrou dat Hy die slegte dinge tot my beswil sal laat meewerk. As jy ’n negatiewe mens is, moet jy nie veroordeel voel nie. Veroordeling is negatief. Ek vertel jou hierdie dinge sodat jy jou probleme met negatiwiteit kan insien en kan begin vertrou dat God jou sal vernuwe, nie om jou negatief te maak oor jou negatiwiteit nie. Die weg na vryheid begin wanneer ons die probleme onder oë sien sonder om verskonings daarvoor uit te dink. As jy ’n negatiewe persoon is, is ek seker dat daar ’n rede voor is – daar is altyd. Maar onthou, volgens die Bybel is jy, as Christen, nou ’n nuwe mens.
’n Nuwe dag Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom – 2 Korintiërs 5:17 As ’n ‘nuwe mens’ hoef jy nie toe te laat dat dinge wat voorheen met jou gebeur het, jou nuwe lewe in Christus beïnvloed nie. Jy is ’n nuwe mens met ’n nuwe lewe in Christus. Volgens die Woord van God kan jou denke vernuwe word. Goeie dinge gaan met jou gebeur. Wees bly! Dit is ’n nuwe dag!
Die werk van die Heilige Gees Die moeilikste ding omtrent bevryding van negatiwiteit is om die waarheid onder oë te sien en te sê: “Ek is ’n negatiewe mens en ek wil verander. Ek kan nie myself verander nie, maar ek glo dat God my sal verander as ek Hom vertrou.
Ek weet dit sal lank neem en ek sal nie moedeloos raak met myself nie. God het ’n goeie werk in my begin en Hy sal dit enduit voer. Al was ek so negatief, het God my oortuig dat Hy my baie positief sou maak as ek op Hom vertrou. Ek het gesukkel om my gedagtes positief te hou. Nou kan ek negatiwiteit nie meer verdra nie. Dis soos iemand wat rook. Dikwels kan ’n roker wat opgehou het sigarette glad nie verdra nie. Ek is so. Ek het jare lank gerook, maar vandat ek opgehou het, kan ek nie eens die reuk van rook verdra nie.
Al was ek so negatief, het God my oortuig dat Hy my baie positief sou maak as ek op Hom vertrou Ek voel dieselfde oor negatiwiteit. Ek was ’n baie negatiewe mens. Nou kan ek negatiwiteit nie verdra nie. Ek het waarskynlik soveel goeie veranderings in my lewe gesien sedert ek verlos is van ’n negatiewe denkwyse dat ek gekant is teen enigiets wat negatief is. Ek aanvaar die werklikheid en raai jou aan om dit ook te doen. As jy siek is, hoef jy nie noodwendig te sê: “Ek is nie siek nie,” want dit is nie waar nie. Jy kan eerder sê: “Ek glo dat God my gesond maak.” Jy hoef nie te dink: “Ek sal waarskynlik sieker word en in die hospitaal beland,” nie. In plaas daarvan kan jy sê: “God se genesende krag is nou in my aan die werk; ek glo dat ek sal regkom.” Daar moet altyd ’n balans wees. Dit beteken nie dat jy jou positiewe ingesteldheid met ’n bietjie negatiwiteit moet demper nie, maar dit beteken wel
dat jy ontvanklik moet wees sodat jy alles kan hanteer wat met jou gebeur, hetsy dit positief of negatief is.
’n Ontvanklike gesindheid Die Bybel sê dat ons denke ontvanklik moet wees. Dit beteken dat ons gedagtes ontvanklik moet wees vir God se wil vir ons, wat dit ook al mag wees. ’n Jong vrou wat ek ken, het byvoorbeeld onlangs die verdriet van ’n verbreekte verlowing ondervind. Sy en die jong man het daaroor gebid of dit God se wil was dat hulle nog moes uitgaan al het hulle besluit om nie in daardie stadium te trou nie. Die jong vrou wou voortgaan met die verhouding en het gedink, geglo en gehoop dat haar eertydse verloofde ook so sou voel. Ek het haar aangeraai om ontvanklik te wees vir die moontlikheid dat dit nie so sou uitwerk nie. Sy wou weet: “Maar sal dit nie negatief wees nie?” Nee, beslis nie! ’n Negatiewe gesindheid sou wees om te dink: “My lewe is verby, niemand sal my ooit weer wil hê nie. Ek het misluk en nou sal ek vir ewig ongelukkig wees!” ’n Positiewe gesindheid sou wees om te sê: “Ek is baie hartseer dat dit gebeur het, maar ek gaan God vertrou. Ek hoop ek en my vriend kan nog uitgaan. Ek gaan vra en glo dat ons verhouding herstel moet word, maar bo alles wil ek aan God se volmaakte wil gehoorsaam wees. As dinge nie verloop soos ek dit graag wil hê nie, sal ek oorleef, want Jesus lewe in my. Dit sal dalk ’n ruk lank moeilik wees, maar ek vertrou die Here. Ek glo dat alles uiteindelik ten goede sal meewerk.” Dit is om die feite onder die oë te sien, ontvanklik te wees en tog ’n positiewe gesindheid te behou. Dit is wat ek as ’n gesonde, gebalanseerde houding beskou.
Dink positiewe gedagtes ’n Mens kan nie genoeg praat oor hoeveel krag daar in ’n positiewe gesindheid is nie. God is positief en as ons Hom wil volg,
moet ons op dieselfde golflengte kom en ook positief begin dink. Ek praat nie van beheersing van die denke nie, maar bloot om in alle opsigte ’n positiewe persoon te wees.
Dit maak nie saak hoe negatief jy is of hoe lank jy al so is nie, ek weet jy kan verander omdat ek verander het Handhaaf ’n positiewe gesindheid en lewensuitkyk. Hou jou gedagtes en verwagtings positief. Neem deel aan positiewe gesprekke. Miljoene mense ly aan depressie en ek dink nie dis moontlik om depressief te wees sonder om negatief te wees nie – tensy die depressie ’n mediese oorsaak het. Selfs dan sal die probleem net erger word as jy negatief is. Dit maak nie saak hoe negatief jy is of hoe lank jy al so is nie, ek weet jy kan verander omdat ek verander het. Dit het lank geneem en baie hulp van die Heilige Gees geverg, maar dit was die moeite werd. Dit sal ook vir jou die moeite werd wees. Wat ookal gebeur, vertrou op die Here – en wees positief! Manna
Hierdie is ’n verwerking uit Die stryd in jou gedagtes deur Joyce Meyer. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.
19