Manna volume 011

Page 1

Pas op vir diÊ geluk-diewe Hoe om te dink as die lewe moeilik raak Het jou seerkry in haat verander? Wanneer ’n seisoen in jou lewe verby is Leef jou roeping Maak jou huwelik affair-bestand

R34.00

Januarie - Februarie 2017

Volume 011


Pelgrimsgebed Vader God, U ken my naam

My binnegoed en buite staan My grootpraat en my klein verdriet My vashou aan als, wat verskiet

U ken my vrese en my hoop

Die pad wat ek so kaalvoet loop Die pad het U al lankal berei U maak die pad gelyk vir my Alle Pelgrims keer weer huistoe Elke swerwer kom weer tuis Ek verdwaal steeds op die grootpad Soekend na U boarding huis

Vader God, U ken my waan

My ego en my regop staan Die drake waarteen ek bly veg U wys my altyd weer die weg U het my met U lig gesien Die lig strooi ek op, iedereen Net U weet hoe my toekoms lyk Ek het niks, U maak my ryk Amanda Strydom



Gary & Rhona Kieswetter

Neem jou

Goddelike natuur op

D

ie begin van ’n nuwe jaar is altyd ’n goeie tyd om refleksie te doen oor jou lewe; oor waar jy jouself bevind en waarheen jy op pad is. Die mens het ’n ingebore begeerte om sy lewe te laat tel, om ’n vrugbare lewe te lei en om iets te beteken in die kort tyd wat jy op aarde is. Petrus kom aan die einde van sy lewe en skryf in 2 Petrus 1 ’n paar baie belangrike dinge neer wat hy wil hê die gemeentes van Christus moet weet. Hier is ’n man wat in sy lewe baie dinge beleef het. Hy was daar toe Jesus meeste van sy wonderwerke verrig het, sy eie skoonma is genees deur Jesus! Hy het daagliks die krag van God gesien, maar tog ook geval en Jesus verraai. Tog het hy weer opgestaan en aangegaan om groot dinge te vermag. Hy het die eerste 3000 siele in die koninkryk ingebring deur sy prediking. Hy het ’n lam man genees deur die krag van Jesus en vele mense se lot is verander net deur sy skaduwee wat op hulle geval het. Na so ’n suksesvolle lewe en bediening sou mens graag wou weet wat se advies hy vir ons gee rondom die lewe. Hy spoor ons aan en sê hy ag dit as sy plig dat ons sekere dinge moet vasmaak in ons lewens, want dan sal ons nooit struikel nie. Kom ons kyk wat is hierdie dinge: Eerstens sê hy dat God ons deur Sy krag alles gegee het wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Hierdie kosbare geskenk maak dat ons deelgenote kan wees van Sy Goddelike natuur. Wat ’n gedagte! Dat ons kan optree soos Hy, dink soos Hy en ’n verskil kan maak in ander mense se lewens. Dit het Petrus

prakties uitgeleef! Dan sê hy dat hierdie gawe kom deurdat ons Jesus mag ken. Petrus maan egter die leser om as gevolg van hierdie spesiale gawe absoluut alles in die stryd te werp om hierdie eienskappe uit te leef. Dan noem hy dinge soos geloof, deugsaamheid, kennis, selfbeheersing, volharding, godsvrug, broederliefde en liefde vir alle mense. Hierdie dinge vloei uit ons verhouding met Jesus en wanneer dit op ’n toenemende basis by ons teenwoordig is, lei dit daartoe dat ons Jesus selfs nog beter leer ken. Soos ons verhouding met Jesus verdiep, vloei hierdie Goddelike eienskappe net al hoe meer deur ons. Petrus se fokus sentreer rondom ons kennis van Jesus. Hy voel nogal sterk hieroor want hy sê in vers 9: Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger, hy is blind. Dit herinner mens aan die skrif in Psalm 32:8 - Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou. Moenie onverstandig wees nie, soos ’n perd of ’n muil wat met ’n stang in die bek beteuel moet word as jy hom wil lei. God maak hierdie dinge vir ons beskikbaar deur ons verhouding met Hom, maar dit verg ’n besluit van ons kant af om hierdie dinge ons eie te maak. Ons moet toelaat dat Jesus ons lei, dat Hy sy Goddelike natuur in en deur ons leef. Kom ons neem Petrus se advies en lewe met ywer daarvolgens sodat ons hierdie jaar tot selfs ’n nog dieper kennis van ons Verlosser Jesus sal kom. Dan sal daardie dinge in en deur ons vloei en baie aanraak. Jy het reeds alles wat jy nodig het!


GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL

Januarie - Februarie

2017

Pas op vir dié geluk-diewe

06

Hoe om te dink as die lewe moeilik raak

Het jou seerkry in haat verander?

16

Wanneer ’n seisoen in jou lewe verby is

Laat jy toe dat jou seerkry in haat verander? Het jou haat jou enigiets in die sak gebring?

Om dieper te lewe

26

Om dieper te lewe is om teenwoordig te wees vir wat nou in jou lewe gebeur. MANNA www.mannatydskrif.co.za Tel: 086 111 2329 Inskrywings: admin@grootisutrou.co.za

10

Dis moontlik om positief te bly dink wanneer die lewe moeilik raak

Voorkom die dinge wat jou geluk en positiwiteit steel

22

Wanneer ’n seisoen in jou lewe tot ’n einde gekom het, moenie aandring om langer te bly nie.

Leef jou roeping

28

Maak jou huwelik affairbestand

32

Gewone mense kan buitengewone dinge bereik deur met hul drome in aanraking te kom.

Die werklikheid van ’n huwelik is nie altyd dieselfde as die mooi happily-ever-after-prentjie nie.

Redakteurs: Gary en Rhona Kieswetter Uitgewer: Ingrid Stegmann / ingrid@dor22.co.za

Grafiese ontwerp & uitleg: Adri de Bruyne Ontwerpelemente: Freepik.com Fotos: Shutterstock


Geloofsmuur Jy kan jouself uit jou drome en begeertes praat, of jy kan sê: “Here God, ek kan dit nie alleen doen nie, maar ek weet U is almagtig. U ken geen beperkings nie. Daar is niks wat vir U te veel is nie en daarom vra ek dat U guns oor my moet skyn. Ek vra dat U vir my die pad wys wat ek nie kan sien nie. Here, ek vra U om die deure oop te maak wat geen mens kan toemaak nie.”

Hoe weet jy of ’n droom in jou hart of ’n begeerte van God kom? As dit groter en beter is as wat jy ooit op jou eie sou bereik het. God doen dit met ’n doel - sodat jy kan glo. Geloof is wat God behaag en geloof is wat Hom toelaat om die onmoontlike te doen.

Wanneer jy swaarkry, vertrou op die Here en doen goed aan ander ~ Ps 37:1-3 As jy swaarkry, kan jy in die versoeking wees om te dink: Ek gaan dit nooit oorleef nie. Dit gaan nooit verander nie. Ek gaan nooit hierdie resies kan wen nie. Onthou, jy moet die stryd in jou gedagtes wen. Verwerp hierdie gedagte en dink eerder: God sal my veilig aan die anderkant bring.

Vandag vra ek U, Here my God, gee Uself vir my! Want U teenwoordigheid is meer as enige ander gawe wat U my kan gee. Kom, Here, genees my verlede. Bevry my van bitter herinneringe. Kom, Here, vul my met vreugde vir vandag. Verander my bestaan in ware lewe!

Om meer van God se guns te ontvang, moet jy eers gunsbewus raak. Om gunsbewus te wees beteken doodeenvoudig om God se spesiale hulp te verwag. Jy begin werklik glo God wil jou help bloot omdat Hy jou hemelse Vader is en omdat Hy jou liefhet.


Voetpad na

V�ede

Mila nie Vosloo

Ons word al hoe meer verander om so� die Here te lyk, met ’n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee ~ 2 Korintiërs 3:18.

E

Here, geloof �s �o ’n groot �oord! O� �s dit nie? I� dit dalk �uis eenvoudig �aklik �rymakend? As ek net �il �os. As ek �aar net �an �eer om �y �asklemgreep �ry �e �aat en na U �oe �e �pring.

Nie ek nie, Hy!

k dink ons probeer te hard. Ons probeer vreeslik hard om “beter” mense te wees, God se wil te doen, soos Hy te wees. En dan is ons teleurgesteld as ons dit nie regkry nie. Ek weet presies hoe dit voel om met die beste voornemens die dag te begin en binne die eerste paar minute op kantoor jou humeur te verloor, die verkeerde ding te sê... droog te maak. Dan voel ’n mens mos of jy jouself en jou Meester gefaal het. Die beperking lê daarin dat ons te hard uit ons eie probeer om ’n nuwe lewe te leef. Want self sal ons dit nie regkry nie. Ons bly maar net té veel mens. Boonop plaas ons onsself agter die tralies van “moeniedoen-nie”. Dit terwyl die Woord vir ons sê: “Elke keer as iemand hom na die Here toe draai, verwyder Hy die sluier. Die “Here” dui hier op die Gees en waar die Gees van die Here is, heers daar vryheid. Die ou kerkvader Irenaeus sluit hierby aan wanneer hy sê: “The glory of God is a human fully alive; and to be alive consists of beholding God.” Kom ons hou op ons lewe te probeer leef en laat toe dat die Here dié lewe deur ons leef. Dis immers hoe ons vrede vind.

In u hande gee ek my gees oor, Here. Hierdie is ’n uittreksel uit Voetpad na Vrede uitgegee deur CUM.


Dink jouself

gelukkig... D r P i e t e r v a n Jaars vel d

Pas op vir dié

geluk-diewe

Voorkom die dinge wat jou geluk en positiwiteit steel. Dr Caroline Leaf noem twaalf gebiede waar giftige denke in jou lewe kan insluip en jou negatief kan beïnvloed. Ons weet mos nou al goed dat elke gedagte wat deur ’n mens se kop gaan, positief of negatief, jou brein verander. Plant negatiewe saadjies en negatiwiteit groei! Ons gaan na vyf daarvan kyk en jy kan gerus vasstel watter een ’n dief is wat jou geluk en positiwiteit steel. Hoewel ons afsonderlik daarna gaan kyk vir meer duidelikheid, is hulle eintlik ineengestrengel.

Toksiese (giftige) gedagtes ’n Toksiese gedagte is ’n gedagte wat tot ’n negatiewe emosie lei en jou dan liggaamlik en emosioneel beïnvloed. Gestel jy bekommer jou oor iets – hoe meer jy daaroor dink, hoe meer groei hierdie saad in jou brein, by wyse van spreke. Jy weet mos nou al dat jy jou dan net meer en meer bekommer en dit het ’n invloed op jou denke, slaap en gesondheid. Hier volg ’n paar van daardie giftige gedagtes: § § § § § §

Ek kan nie dit doen nie. Ek is so gestres. Ek kan dinge net nie meer hanteer nie. Ek weet dit gaan nie werk nie. Ek haat skool. Ek haat my werk.

§ Ek is nie goed met rekenaars nie. § Ek het net nie die krag om ’n verandering in my lewe te maak nie. § Niks werk ooit vir my uit nie. § Ek kan niks suksesvol doen nie.

Toksiese emosies Toksiese emosies en gedagtes is ineengestrengel. Wat jy dink, gaan jy voel. Elke gedagte het ’n gepaardgaande emosie. As jy nie hierdie negatiewe emosie beheer nie, gaan jy daaraan verslaaf word. Dit is wat werklik in jou lewe gebeur; mense raak aan negatiewe emosies verslaaf! Jou man kom by die huis en jy kan op sy gesig sien hy wil nie gepla word nie. Inteendeel, dit skreeu: “Los my nou net uit”. Nou begin jy dink oor wat jy verkeerd gedoen het dat hy so lyk. Elkeen van hierdie gedagtes het gepaardgaande emosies. Teen die tyd dat hy voor die TV platval, het jy 7 of 8 scenario’s oor wat verkeerd kan wees – elkeen met sy eie, gepaardgaande emosie. Die emosies stoom hier binne jou en jy begin sommer ook kwaad word omdat hy jou as ’n vloerlap sien. Hande op die heupe en met flitsende oë gaan staan jy reg voor die TV en die dolke wat uit jou oë skiet, tref hom voluit! Klink dit bekend? Jou man het sy eie emosies van die werk af saamgebring ná ’n besige dag. Kort voor lank is dit ’n kruitvat wat enige oomblik gaan ontplof! Emosies wat buite beheer raak, verhinder heeltemal dat jy nugter dink. Jy weet mos nou hoe dit werk. Die stres wat ontstaan, skei kortisol af wat jou perspektief beïnvloed. Logika is nou heeltemal by die deur uit. ’n Voorbeeld is ’n uitvoerende hoof van ’n miljardrand-maatskappy wat ’n moeilike oggend met ’n kliënt gehad het. Vier uur lank moes sy na nonsens en kritiek luister en sy het gevoel dit is sommer twak waaroor hulle nou ontevrede is. Woedend arriveer sy by haar kantoor en kry twee manne wat gou ’n dampie buite die kantoor maak. Verwoed gil sy op hulle: “Julle is hier om te werk en nie te stook nie. Gaan dadelik kantoor toe!” Sien jy, haar stres op daardie oomblik het haar oordeel geheel en al aangetas. Sy is vies vir die vorige kliënt en nou haal sy dit op die jong manne uit! 06


As jy woede plant, gaan jy woede pluk. Onthou dié beginsel. Breek dus negatiewe emosies sommer dadelik as dit in jou gedagtes kom. Sit dit dadelik stop!

Toksiese woorde Woorde reflekteer eintlik jou gedagtes en emosies. Hierdie woorde kan ’n verskil op chemiese vlak in jou liggaam en die liggaam van ander meebring. Dit is waarom ons so bewus moet wees van wat ons sê en hoe ons dit sê. As jou woorde iemand seermaak, word dieselfde deel in die brein geaktiveer as wanneer daar ’n fisieke pyn sou wees. Wees daarom ook baie versigtig wat jy van ander agter hul rug sê. As jy ’n kussing met vere oopskeur, gaan jy nooit weer die vere almal terugkry nie. Dit is dieselfde met onbewaakte dinge wat ons van ander sê. As jy niks goeds oor iemand kan sê nie, bly liewer stil. Baie mense dra steeds swaar aan ondeurdagte woorde wat ’n onderwyser hulle toegevoeg het, soos: “Jy is vrot in wiskunde en sal dit nooit slaag nie!” Hierdie toksiese woorde word toksiese saad wat in die brein groei. As jy self ook nog vashou aan sulke negatiewe woorde van iemand anders, herbedraad jou brein dadelik met meer positiewe gedagtes. As jy gehoor het: “Jy sal nooit slaag nie!” kry vir jou ’n positiewe stelling soos: “Ek is suksesvol in wat ek doen. Kyk hoe gelukkig is my gesin.” Jy moet dadelik jou brein herbedraad! Benjamin Zander, ’n voormalige dirigent van die Bostonse Filharmoniese Orkes, het altyd aan sy studente gevra om nooit vir hulself te sê “Stupid!” as hulle ’n fout begaan nie. Hy beveel aan dat hulle sê: “Fascinating! Fascinating!” Sy argument is dat die onbewuste weet dat fascinating goed is en dan skei dit al die goeie hormone af terwyl stupid negatiewe hormone sou afskei. Jy blaas dus wel stoom af, maar met ’n positiewe woord. Kom ons doen dit ook!

Toksiese keuses Ons doen daagliks so baie keuses, wat wissel van alledaags (wat gaan ons eet, gaan ek draf of nie) tot belangriker keuses (moet ek my kind dokter toe neem, gaan ek vandag met daardie projek begin). Elkeen van hierdie keuses word bepaal deur ’n gedagte wat jy daaroor het (ek het liewer lus vir beskuit vanoggend vir

ontbyt). Vir die belangrike besluite (hou ek van hierdie persoon en wil ek met hom saamwerk) is dit dus duidelik dat hoe gesonder jou gedagtewêreld is, hoe positiewer gaan jou besluite wees. Jou ingesteldheid teenoor die lewe – of jy positief of negatief, optimisties of pessimisties is – gaan ’n groot invloed op elke keuse hê. Kan jy nou verstaan hoe belangrik dit is dat ’n mens jou hele ingesteldheid eers moet verander, want dit beïnvloed baie van jou keuses? As jy ’n vooropgestelde idee het dat jy nie van iemand hou nie, gaan dit ’n invloed hê op hoe jy oor daardie persoon voel sowel as jou keuses oor hom. ’n Mens moet dus dikwels terugstaan en jouself afvra wanneer jy ’n keuse maak: Is hierdie ’n goeie keuse of ’n swak keuse, is dit objektief of geklee in subjektiwiteit? Baie mense het in die lewe seergekry en dit het toksiese gedagtes laat ontstaan; uit die aard van die saak beïnvloed dit hul keuses. Onthou, een van die grootste geskenke wat God ons gegee het, is die geskenk van keuse! Maak seker dat jy dit vir belangrike besluite in jou lewe reg gebruik en dat dit nie deur allerhande negatiwiteit van die verlede verdonker word nie.

Toksiese liefde Baie mense het grootgeword in huishoudings waar hulle nooit werklike liefde geken het nie. Dink aan mense in kinderhuise (hoewel daar ook wonderlike huisouers in baie van hierdie huise is), gesinne waarin daar geweld, beledigings en mishandeling was. Hulle het nooit ’n model van ’n goeie verhouding gehad nie en hierdie gebrekkige liefdesverhouding kan in hul brein ingeprent wees. Hulle moet daarvan ontslae raak. In ’n gesonde verhouding word twee baie goeie hormone, naamlik oksitosien en dopamien, afgeskei wat inderdaad die toksiese liefde waaraan die persoon blootgestel kon gewees het, kan afbreek. Oksitosien vervang werklik die toksiese netwerke in die brein en bou nuwe positiewes. Dit gebeur waar daar vertroue en ’n goeie verhouding bestaan. Die wonderlike nuus is dus dat mense wat in wanverhoudings grootgeword het, nie verdoem is nie. Met die regte maat kan die verlede se toksiese siening van liefde heeltemal verander en ’n nuwe ware liefde kan herbedraad word.

Dr. Pieter van Jaarsveld werk plaaslik en internasionaal as konsultant vir leierskapontwikkeling in die sakewêreld. Hy het twee meestersgrade (in Sielkunde en Teologie) en ’n doktorsgraad vir sy tesis oor die selfdunk en eiewaarde van mense. Hy is ’n bekende gas op radio- en televisieprogramme. As jy meer wil weet oor positiewe sielkunde, kry solank sy nuutste boek Dink jouself gelukkig.

07


Here, ek vra dat U die regte mense oor my pad sal stuur. D at U die deure wat moet oop, sal oopmaak, en die deure wat moet toe, sal toemaak.


Sluit aan �y

MANNA Manna is ’n twee-maandelikse publikasie wat tjok en blok vol Woordgebaseerde artikels is. Hierdie is nie net ’n sommer-so geestelike tydskrif nie, maar een wat jou gees sal voed, jou lewe sal verryk en jou verhouding met God sal verdiep.

Sluit aan �y Manna teen R34 elke 2de maand!

Is jy opsoek na ’n geestelike tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie?

Maar ’n Tydskrif waar elke artikel vir jou geestelike waarheid bring?

Pas op vir dié geluk-diewe

’n Tydskrif wat jou leer oor die krag van God se Woord in jou lewe?

Hoe om te dink as die lewe moeilik raak Het jou seerkry in haat verander?

’n Tydskrif waar jy meer lees van God as oor mense?

Wanneer ’n seisoen in jou lewe verby is

Sluit aan �y ons op een �an die �aniere:

Leef jou roeping Maak jou huwelik affair-bestand

Bel 012 9970898 gedurende kantoorure Gaan na www.mannatydskrif.co.za en kliek op ‘sluit aan’. Stuur ’n epos met jou naam en kontakbesonderhede na admin@grootisutrou.co.za

R34.00

Januarie - Februarie 2017

Volume 011

SMS “Manna” na 33282


Hoe om �e dink as die �ewe moeilik �aak Joyc e Me ye r

Dit ly geen twyfel dat dit makliker is om positief te dink wanneer die lewe maklik is, maar dit is selfverydelend om te dink dit is onmoontlik wanneer die lewe moeilik is.

“N

eem jou voor om gelukkig te wees, dan sal jy en jou blydskap ’n onoorwinlike leërskare teen probleme vorm,” het Helen Keller eens gesê. Blydskap te midde van teespoed is ’n kragtige beginsel wat ons help om bo die wolke te leef. Die son skyn altyd iewers bo die stormwolke van die lewe, en as ons dit deur geloof kan sien, sal ons nie swig voor mismoedige en neerdrukkende gedagtes nie. In Robert Schuller se boek Tough Times Never Last But Tough People Do vertel hy die storie: “Ek onthou my pa het een winter vuurmaakhout nodig gehad. Hy het op ’n dooie boom afgekom en dit afgesaag. In die lente het hy tot sy ontsteltenis nuwe lote

10

Die son skyn altyd iewers bo die stormwolke van die lewe, en as ons dit deur geloof kan sien, sal ons nie swig voor mismoedige en neerdrukkende gedagtes nie.

rondom die stam sien uitloop. Hy het gesê: ‘Ek was seker dit is dood. Die blare het almal afgeval in die winter. Dit was so koud dat die takkies gebreek het asof daar geen lewe in die ou boom oorgebly het nie. Maar nou kan ek sien daar was nog lewe in die penwortel.’ Hy het na my gekyk en gesê: ‘Seun, moenie hierdie belangrike les vergeet nie. Moet nooit ’n boom in die winter afkap nie.’ Moet nooit ’n negatiewe besluit neem wanneer jy mismoedig is nie. Moet nooit jou belangrikste besluite neem wanneer jou gemoedstoestand op sy slegste is nie. Wag. Wees geduldig. Die storm sal oorgaan. Die lente sal kom. Dit is moeiliker om in die winters van ons lewe optimisties te dink en te praat, maar dit help as jy onthou die lente kom altyd na die winter. ’n Gunstelinggesegde in ons gesin is: ‘Dit sal ook verbygaan.’ Hooglied 2:11-12 moedig ons aan om in die winter na die lente


11


uit te sien: ‘Kyk, die reëntyd is verby, die reën is oor, dis weg. Daar is bloeisels in die veld, dit het tyd geword om te sing: die tortelduif se stem klink oor ons land.’ Winter is bloot ’n tyd wanneer dit nie goed gaan nie. Dalk beleef jy geldkwellings, verhoudingsprobleme of siekte. Dit is onmoontlik om hierdie lewe te leef sonder dat die winter gereeld kom, maar dit is moontlik om te midde daarvan na tekens van die lente uit te sien. Dit help baie as jy in swaarkrytye onthou dat hulle nie vir altyd duur nie: Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer - Psalm 30:6 Het jy al agtergekom dat dit niks help om ontsteld of terneergedruk te raak oor probleme nie? Partykeer staan ons nie tyd daaraan af om te kyk wat die uitwerking van ons optrede is nie. As ons dit doen, sal ons duidelik sien dat ons bekommernis nutteloos is. Ons kan leer om die lewensreis te geniet selfs wanneer dit ons in ’n ander rigting neem as wat ons beplan het. ’n Swak gesindheid is soos ’n pap band. As jy dit nie vervang nie, sal jy nêrens kom nie. As jy toegee aan kommer en ontsteltenis, is dit soos om heeldag in ’n skommelstoel heen en weer te sit en wieg. Dit hou jou besig en put jou later uit, maar dit bring jou niks in die sak nie. Mary Engelbreit het gesê: “As jy nie van iets hou nie, verander dit; as jy dit nie kan verander nie, verander die manier waarop jy daaroor dink.” My voorstel is as volg: As jou omstandighede jou nie gelukkig maak nie, laat jou gedagtes dit ten minste doen. Dit is vir ons almal belangrik om te leer hoe om te midde van ons probleme oorwinnaars te wees. God se Woord sê ons kan almal te midde van ons beproewings en smarte meer as oorwinnaars wees. Wanneer ek in ’n verknorsing is, lees ek dikwels Romeine 8:35 om my te herinner dat God my liefhet al is die lewe hoe 12

moeilik. Ek probeer onthou dat al voel ek soms soos ’n lam wat ter slagting gelei word, ek meer as ’n oorwinnaar is. Vir my beteken dit eenvoudig dat ons altyd seker kan wees ons sal uiteindelik oorwin. Ons kan baie moeilike omstandighede ervaar, maar as ons die beginsel volg wat God in sy Woord vir ons uiteengesit het, sal ons altyd veilig anderkant uitkom.

My denke is gekaap Terwyl ek hier sit en skryf, het ek ’n liggaamlike ongesteldheid ervaar wat baie ongemak veroorsaak het. Dit was een van daardie geheimsinnige kwale. Jy weet, die soort wat die dokters nie kan verklaar nie en waarvoor geen medisyne blykbaar help nie. Hulle is die ergste van almal, nie waar nie? Ek het begin wonder of ek my bloot die simptome verbeel, maar die ongemak het gesê dit was nie so nie. Terwyl ek jou probeer aanmoedig om blymoedig te wees tydens teenspoed, was daar twee dae dat ek gevoel het asof my denke gekaap is. Dit was asof ek nie kon fokus op enigiets behalwe hoe ek voel nie, en ’n gebrek aan fokus is nie goed as jy probeer skryf nie. Wat het ek gedoen? Ek moes doen wat ek jou aanraai om te doen. Ek het probeer volhard en met God se hulp my denke terug te bring na wat ek in my hart weet die waarheid is. Die Bybel sê ons moet verkeerde gedagtes gevange neem om hulle aan Christus gehoorsaam te maak, maar party dae voel dit vir my asof ek hulle die hele dag lank gevange neem en probeer onderwerp, maar dat hulle telkens weer terugkom. Jy sal sulke dae beleef, maar ek vra jou dringend om nie tou op te gooi en te dink jy gaan dit nie regkry nie. Glo my, jy is nie die enigste een wat sulke dae beleef nie. Hou net aan sê: “Dit is ’n aanval en dit sal verbygaan.” Jy sien, die denke is die slagveld waar ons teen die vyand se leuens veg. Alles wat die vyand sê, is die teenoorgestelde van wat God se Woord sê, of andersins kan hy selfs Skrifgedeeltes buite konteks gebruik.

Toe Jesus voordat Hy met sy openbare bediening begin het, in die woestyn beproef en versoek is, het die duiwel vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: Hy sal sy engele oor jou opdrag gee, en op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie.” Satan het ’n Skrifgedeelte aangehaal, maar dit verkeerd gebruik. Jesus het dadelik geantwoord: “Daar staan ook geskrywe: ‘Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”’ Niemand kan die stryd in hulle gedagtes wen as hulle nie God se Woord ken nie. God se Woord is die waarheid en ons kan dit bo alles glo.

Moet nooit jou belangrikste besluite neem wanneer jou gemoedstoestand op sy slegste is nie. Wag. Wees geduldig. Die storm sal oorgaan. Die lente sal kom Ek is seker dat as ek in my twee dae van stryd na my gedagtes geluister en daarvolgens opgetree het, ek geen gesag sou gehad het om oor ons denke te skryf nie. Ek weet egter uit my kennis van die Bybel dat die vyand ons aanval elke keer wanneer ons probeer vorder of iets goeds probeer doen, en dat ons moet vasstaan. As ons dit doen, sal hy uiteindelik padgee om te wag vir ’n beter geleentheid. Die apostel Paulus het dit goed gestel toe hy gesê het: “Hier staan ’n groot en


belangrike deur vir my oop, maar hier is ook baie teenstanders’ (1 Kor 16:9). Vir enigeen wat sonder enige teenstand deur die lewe wil gaan, lê daar ’n groot teleurstelling voor. Teenstand is eintlik goed vir ons omdat dit ons dwing om te kies tussen tou opgooi of ons geloof te gebruik om vas te staan in Christus. Elke keer as ons die regte keuse maak, raak dit ’n bietjie moeiliker vir die vyand om ons die volgende keer te mislei. Hy sal nooit ophou probeer nie, maar ons herken sy aanvalle al hoe makliker en kan hulle al hoe beter weerstaan.

Toegerus vir die stryd God het ons toegerus en bestem om moeilike dinge te doen. Ons beleef teenstand sodat God daardeur verheerlik word. Hy toon sy krag deur ons. Hy het vir Paulus gesê: ‘My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is (2 Kor 12:9). Ons dink dalk ons sal nie ’n beproewing kan verduur nie, maar volgens God se Woord is dit nie waar nie. Hy beloof om nooit toe te laat dat ons bo ons kragte versoek word nie. Te midde van teenspoed is een van ons hardnekkige gedagtes gewoonlik: Ek kan dit nie doen nie, dit is te moeilik. Wees bedag op daardie soort denkwyse en wanneer jy dit herken, onthou dit is ’n leuen. Vervang dit dan met gedagtes wat van God kom, iets soos die volgende: Ek kan doen wat ek moet doen omdat God by my is. Hierdie wintertyd in my lewe sal verbygaan en die lente sal kom. Dalk moet jy ’n nuwe beskouing van jouself kry. As jy maklik teleurgesteld of mismoedig raak, of geneig is om maklik tou op te gooi, moet jy besef jy staan nie alleen in jou stryd nie. Trouens, jou stryd is die Here se stryd en Hy sal namens jou veg terwyl jy Hom vertrou. Sien jouself in Christus, sien jou met Hom in jou lewe in plaas daarvan om swak en alleen te wees. In die beginjare van my huwelik het ek

maklik mismoedig geraak en dan dadelik pessimistiese uitsprake begin maak. “Niks verloop ooit vir my reg nie,” of: “Ons sal nooit geld hê nie.” My pessimisme het die lewe vir my man moeilik gemaak, maar hy het rustig en gelukkig gebly, terwyl ek doodongelukkig was. Die lewe raak soms moeilik, maar ons kan leer hoe om daardie tye te oorleef sonder om ons vrede en vreugde te verloor. Die gedagtes wat ons in ons denke toelaat en die gesindhede wat ons kies, bepaal of ons ellende of blydskap gaan hê. Ek is dankbaar dat God my verander het, en as jy op hierdie gebied moet verander, kan Hy jou ook daarmee help.

Hoe om te dink wanneer ’n droom sterf As mense ’n droom of doelwit vir hul lewe het en dit later duidelik word dat hulle ’n ander rigting moet inslaan, kan dit óf ontmoedigend óf opwindend wees. Baie jare gelede het ek probeer om my pastoor se sekretaresse te wees. Ek moes hoor dat die pos net nie reg is vir my nie en ek is afgedank. Ek was platgeslaan, om dit saggies te stel, maar as ek daardie werk wat ek gemeen het ek wou hê, behou het, sou ek nie gedoen het wat ek vandag doen nie. Wanneer dinge nie verloop soos jy beplan het nie, hoef jy nie mismoedig en terneergedruk te wees nie. Jy kan eerder glo dat God ’n beter plan vir jou het en gretig raak om te sien wat dit is. Moenie vasklou aan jou eie plan nie. ’n Mense beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop: Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas - Spreuke 19:21 Ek het altyd baie moedeloos geword as my planne nie geslaag of ek nie my doelwitte bereik het nie. Uiteindelik het ek besef dat as ek God waarlik met my lewe wil dien, dit nie behoort saak te maak wat ek doen solank dit volgens sy plan vir my is nie. Dalk het ons te veel eie planne en is dit ons eie verwagtings wat ons teleurgesteld

laat voel. Ons kan en behoort nogtans te bid: ‘Laat u wil geskied, Here, nie myne nie.’ Een manier om uit te vind wat God se volmaakte wil vir ons is, is om dinge aan te pak en te sien wat slaag en wat nie slaag nie. As iets misluk, moenie moed verloor en maande verspil met terneergedruktheid nie. Skrap dit van jou lys van moontlikhede en gaan voort met die volgende ding. Dis is jou keuse! Ek hou van hierdie aanhaling van Charles Stanley: Teleurstelling is onvermydelik. Maar om mismoedig te raak is ’n keuse wat ek maak.” Soms beskou ek die proses om uit te vind wat God se volmaakte wil is soos die soeke na net die regte nuwe uitrusting. Ek gaan winkel toe en pas verskillende kledingstukke aan. Ek kyk hoe hulle pas en hoe ek in hulle lyk. Ek kyk of hulle gemaklik voel of nie. Pas hulle te styf of is hulle dalk te groot? Ek geniet net die uitstappie en uiteindelik kry ek die uitrusting wat net reg is vir my. Jy kan die drome wat jy vir jou lewe het ook so benader. Hou aan droom en stel doelwitte totdat jy iets kry wat volmaak by jou pas!

Hoe om te dink as jy in geldelike verknorsing is ’n Tekort aan geld kan enigeen onder druk plaas, maar ons kan nie teenspoed oorkom as ons nie op die regte manier dink gedurende daardie tyd nie. Moenie die ergste verwag nie en probeer dink aan die beste uitkoms. As jy jou werk verloor het, soek ywerig na ’n ander betrekking met die voortdurende verwagting dat dit beter as die vorige een sal wees. As jy geld nodig het, moet jy bereid wees om enige werk te doen totdat jy in staat is om te doen wat jy werklik wil doen. As ons luiheid en apatie weerstaan, sal God ingryp en verstommende dinge laat gebeur. My dogter het my onlangs vertel van ’n man wat sy en haar man ontmoet het terwyl 13


hulle kwotasies vir klein herstelwerkies aan hul huis aangevra het. Die man het sy werk sewe jaar gelede verloor, maar doen sedertdien enigiets van gras sny tot skoonmaakwerk tot klein herstelwerkies. Hy het indrukwekkende vaardighede op ’n bepaalde terrein, maar omdat hy nie daardie soort werk kon kry nie, het hy besluit om enigiets te doen en dankbaar te wees oor enige geleenthede wat hy kry. My dogter was verstom oor die positiewe gesindheid van hierdie man en sy vrou. Hulle het uiteindelik gevoel dat God hulle lei om die mense aansienlike hulp te gee. Ek is egter seker dit sou nie gebeur het as hy verbitterd en onvergenoegd was nie. Ek wonder hoeveel seën en hulp ons verbeur bloot omdat ons die verkeerde gesindheid het! Hoe dikwels wag God dalk nie net om te sien hoe ons op probleme reageer voor Hy ingryp om ons te help nie? Ek weet hoe ontstellend dit kan wees as die geld opraak voor die maand om is omdat ek en my man dit verskeie kere in ons lewe ervaar het. Ek kan egter eerlik sê dat God ons altyd gehelp het. Daar was kere dat ons moes klaarkom sonder goed wat ons wou hê. Eenkeer moes ons na ’n kleiner, goedkoper woonstel trek. ’n Ander keer het ons ons kredietkaarte stukkend gesny en ’n jaar lank spaarsamig geleef om ons kredietkaartskuld af te betaal. Ek glo God is altyd getrou, maar Hy verwag ook ons moet getrou wees deur goeie gebruik te maak van wat ons het. Dink aan maniere hoe jy jou uitgawes kan besnoei eerder as om te dink oor alles waarsonder jy dalk sal moet klaarkom. Dink aan al die moontlikhede wat voorlê eerder as aan wat verby is. Dink aan maniere waarop jy iemand anders kan seën omdat enigiets wat jy vir ander gee, in dieselfde maat na jou sal terugkom. Leef in vertroue op God en die sekerheid dat Hy jou kan help eerder as om in vrees

14

te leef weens ekonomiese toestande.

Hoe om oor jouself te dink God se gedagtes oor jou is baie goed en dit is belangrik dat jy moet leer om oor jouself te dink soos God oor jou dink. God se Woord sê twee mense sal nie saam loop as hulle nie saamstem nie en ons kan nie God se weg volg as ons nie leer om met Hom saam te stem nie.

Die lewe kan moeilik raak as ons niks anders as ons foute en terkortkomings raaksien nie Die meeste mense dink meer oor hul foute as oor hul sterk punte, maar dit is baie beter om albei in gedagte te hou. Ons wil nie ons swakhede ignoreer en maak asof hulle nie bestaan nie, maar ons kan maklik mismoedig en dalk selfs depressief raak as ons nie ook ons goeie punte in gedagte het nie. Die apostel Paulus het ons gewaarsku om nie te veel van onsself te dink nie, maar hy het nie gesê ons moet ‘min’ van onsself dink nie. Dink so: Ek het talente, gawes en vermoëns wat God my gegee het en ek is dankbaar daaroor. Ek wil hulle tot sy eer gebruik. Ek het ook swakhede, maar ek vertrou God sal sy krag deur hulle toon. Jesus het vir swak mense gekom, mense wat Hom nodig het, en ek het Hom beslis nodig. Sonder Christus kan ek niks doen nie, maar ek kan ook alle dinge deur Hom doen. Die lewe kan moeilik raak as ons niks anders as ons foute en terkortkomings raaksien nie. Die vyand sal ons dikwels daaraan herinner, en daarom moet ons

vertroud wees met wat God van ons dink en dikwels daaroor nadink. Ja, die lewe is dikwels baie moeilik, maar vir die man of vrou van God is dit nie te moeilik nie. Ons is toegerus om in daardie tye te kan volhard en standvastig, geduldig en vol blydskap te wees. Al is die lewe soms moeilik, moet ons nie net aan daardie tye dink nie. Die lewe is ook wonderlik, verstommend en ’n opwindende reis. Daarom moet ons meer dikwels aan die goeie as die slegte tye dink, want ons kan altyd die kwaad met die goeie oorwin. Dink daaroor § Die lewe raak soms moeilik, maar ons kan leer hoe om daardie tye te oorleef sonder om ons vrede en vreugde te verloor. § Teenstand is eintlik goed vir ons omdat dit ons dwing om te kies tussen tou opgooi of ons geloof te gebruik en vas te staan in Christus. § Wanneer jy voor ’n probleem te staan kom, moet jy kies om te dink: Ek kan doen wat ek moet doen omdat God by my is. Hierdie wintertyd in my lewe sal verbygaan en die lente sal kom. § As iets nie slaag nie, moenie moed verloor en maande verspil met terneergedruktheid nie. Skrap dit net van jou lys van moontlikhede en gaan voort met die volgende ding. § Wanneer jy teenspoed beleef, moenie die ergste verwag nie, dink liewer aan die beste uitkoms. Manna

Hierdie is ’n verwerking uit Herbedraad jou denke deur Joyce Meyer. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.



16


seerkry

Is dit hoe jy

hanteer? Ma x Luc a d o

Laat jy toe dat jou seerkry in haat verander? Indien wel, vra jou dan af: Werk dit? Het jou haat jou enigiets in die sak gebring?

E

en koue nag aan die kus van Alaska – 24 Maart 1989. Die kaptein van ’n tenkskip het kortaf bevele aan ’n tweede stuurman gegee. Die bevele was vaag, die nag pikdonker, en die botsing rampspoedig. Die tenkskip Exxon Valdez het op Bligh Rif gestrand en in die proses vyftig miljoen liter ru-olie gestort in een van die pragtigste watergebiede van die wêreld. Petroleum het alles swart gesmeer, van die bodem van die see tot die strande, otters en seemeeue. Alaska was woedend, en Exxon, die maatskappy wat die tenker besit het, was verneder.

Die botsing, so verskriklik soos dit was, was niks in vergelyking met dié wat daagliks in ons

Het jy ’n gat in jou hart? Dalk is dit ’n ou wond. ’n Ouer wat jou misbruik of mishandel het

verhoudings plaasvind nie. Jy ken dit. Iemand voldoen nie aan jou verwagtings nie. Beloftes word nie nagekom nie. Woordgewere kom te voorskyn en ’n sarsie skote word geskiet. Die gevolg? Die romp van jou hart bots teen die rif van iemand se optrede. Kosbare energie ontsnap en bevlek die oppervlak van jou siel met ’n dodelike laag wrewel. ’n Swart kombers van bitterheid verduister jou wêreld, verblind jou oë, versuur jou lewe en versmoor jou vreugde. Het jy ’n gat in jou hart? Dalk is dit ’n ou wond. ’n Ouer wat jou misbruik of mishandel het. ’n Onderwyser wat jou verneder het. ’n Maat wat jou verraai het. ’n Sakevenoot wat jou in die steek gelaat het sodat jy moes kies tussen skuld betaal of bankrotskap. En jy is kwaad. Of dalk is dit ’n vars wond. Die vriend wat jou geld skuld, ry rond in ’n splinternuwe kar. 17


Die baas wat jou in diens geneem het met beloftes van bevordering het vergeet hoe om jou naam uit te spreek. Jou vriendekring het bietjie weggegaan vir ’n naweek sonder om jou ook te nooi. Die kinders wat jy grootgemaak het, het skynbaar vergeet van jou bestaan. En jy is seergemaak. ’n Gedeelte van jou is gebreek, die ander deel is verbitterd. ’n Deel van jou wil huil en ’n deel wil baklei. Die trane wat jy stort, is warm, want hulle kom diep uit jou hart uit en daar brand ’n vuur in jou hart. Dis die vuur van woede. Dit brand hoog. Dit verteer alles. Die vlamme slaan hoog uit onder ’n stomende pot van weerwraak. En jy bly sit met ’n keuse. “Gaan ek die vuur blus, of gaan ek dit stook? Gaan ek daaroor kom, of gaan ek wraak neem? Laat ek dit los, of koester ek die wrok? Laat ek my wonde toe om te genees, of laat ek toe dat seerkry verander in haat?” Dis ’n goeie definisie van wrewel: dis wanneer jy toelaat dat jou seerkry verander in haat. Wrewel is wanneer jy toelaat dat dit wat aan jou vreet, jou heeltemal opvreet. Wrewel is wanneer jy ’n vuur stook, hout opgooi en aanblaas, sodat dit opvlam en jy die pyn kan herleef. Wrewel is die doelbewuste besluit om die oortreding te troetel totdat dit ’n swart, harige, grommende grief word. Grief is een van daardie woorde wat hulleself definieer. Die blote klank daarvan verklap die betekenis. Sê dit stadig: “Grrriefff.” Dit begin met ’n gromgeluid. “Grrr...” Soos ’n beer met ’n stink asem wat uit sy winterslaap ontwaak of ’n brandsiek brak wat sy been verdedig. “Grrr...” Om naby ’n wrewelige mens te wees en ’n grommende hond te probeer streel is omtrent ewe lekker. Is dit nie vir jou ook net absoluut heerlik om in die geselskap te wees van mense wat ’n grief vertroetel nie? Is dit nie suiwer vreugde om te luister na hulle 18

treurmares nie? Hulle is so optimisties! Hulle is so vol hoop! Hulle borrel so oor van lewe. Jy weet van beter. Jy weet net so goed as ek dat as daar iets in hulle borrel, dit woede is. En as hulle vol van enigiets is, is dit giftige angels van veroordeling teenoor almal wat hulle seergemaak het. ’n Mens wat ’n wrok koester en ’n gekwesde dier is baie dieselfde. Albei is geïrriteerd. Albei wil net ontplof. Albei kan rasend wees. Iemand behoort ’n bordjie te maak wat wrokkige mense om hulle nek kan dra: “Pasop vir die grriefdraer.”

Daar is ’n gevaarpunt waar woede ophou om ’n emosie te wees en dryfkrag word En griefdraers is gewoonlik ook moddergooiers. Dis nie genoeg om te beskuldig nie, die ander persoon se karakter moet ook aangeval word. Dis nie genoeg om ’n vinger te wys nie, ’n geweer moet op hom gerig word. Sy naam word beswadder. Hy word sleggesê. Laers word getrek. Mure word opgerig. En vyande word gemaak. Mense wat griewe koester, ploeter deur die slyk wat hulle self skep. Dik, swart enkeldiep slyk van wrewel wat die wip uit hulle stap haal. Hulle dans nie meer vol blydskap deur die veld nie. Hulle geniet nie meer die vars berglug nie. Hulle ploeter net dag na dag deur die storm, hulle skouers geboë teen die wind, hulle voete slepend deur die gemors wat hulle lewe voortbring. Is dit hoe jy jou seerkry hanteer? Laat jy toe dat jou seerkry in haat verander? Indien wel, vra jou dan af: Werk dit? Het jou haat jou enigiets in die sak gebring? Het jou wrewel vir jou enige verligting

gebring? Het dit enige vreugde opgelewer? Kom ons sê jou fantasie van woede neem sy woeste loop en jy betaal al jou pyn met rente terug. Stel jou voor jy staan by die lyk van die een wat jy gehaat het. Sal jy dan vry wees? Wrewel is die kokaïen van die emosies. Dit versnel ons hartklop en verhoog ons energievlak. Maar, ook nes kokaïn, vereis dit dat al hoe groter dosisse al hoe meer dikwels geneem word. Daar is ’n gevaarpunt waar woede ophou om ’n emosie te wees en dryfkrag word. Iemand wat daarop uit is om wraak te neem, beweeg onbewustelik al hoe verder weg van die vermoë om te vergewe, want om sonder die woede te wees, is om sonder die energiebron te wees. Dit verduidelik waarom verbitterde mense hulle lot bekla teenoor elkeen wat wil luister. Hulle wil – hulle moet – hulle vuur aangeblaas kry. En dis waarom haatdraende mense dikwels onredelik voorkom. Hulle is verslaaf aan hulle bitterheid. Hulle wil nie hulle woede prysgee nie, want sodoende gee hulle hulle rede om te leef prys. Geseënd is die barmhartiges,” sê Jesus op die berg. Hulle wat barmhartigheid betoon aan ander is hulle wat waarlik geseënd is. Waarom? Jesus beantwoord self die vraag: “aan hulle sal barmhartigheid bewys word.” Aan die barmhartiges, sê Jesus, sal barmhartigheid bewys word. Hulle ervaar genade. Hulle is geseënd want hulle is getuienis van ’n groter goedheid. Om ander te vergewe help ons om te sien hoe God ons vergewe het. Die dinamiek van begenadiging is die sleutel daartoe om genade te verstaan, want dis wanneer ons ander vergewe dat ons begin voel wat God voel. Jesus het ’n verhaal vertel van ’n koning wat besluit het om sy boeke na te gaan. Hy het sy skuldenaars ingeroep en geëis dat hulle hulle skuld betaal. Daar was een man wat soveel geld geskuld het dat hy


dit nooit sou kon betaal nie. Maar toe die koning die man sien en sy verhaal hoor, het hy hom jammer gekry en sy skuld afgeskryf. Toe hierdie man buite kom, het hy iemand teëgekom wat hom ’n klein bedraggie geskuld het. Hy het die skuldenaar gegryp en gewurg terwyl hy eis dat hy sy skuld betaal. Die man het om genade gepleit, maar tevergeefs. In plaas daarvan het die man wie se groot skuld pas afgeskryf is, sy skuldenaar in die tronk laat gooi. Toe die koning hiervan hoor, was hy woedend. Hy het die man oorgegee om gemartel te word totdat hy al sy skuld betaal het. Kan dit waar wees dat iemand wat miljoene skuld, vrygeskeld kan word en tog daarna nie in staat is om ’n veel kleiner skuld te vergewe nie? Kan iemand vrygelaat word en tog daarna ander in die tronk laat gooi? Mens hoef nie ’n teoloog te wees om hierdie vrae te beantwoord nie; jy hoef maar net in die spieël te kyk. Wie van ons het nie al Sondag om God se genade gepleit en Maandag geëis dat geregtigheid geskied nie? Wie van ons was nie al ’n bottelnek in plaas van ’n kanaal vir God se liefde nie? Is daar iemand onder ons wat nie die een of ander tyd die rykdom van God se goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid verag, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie? Let op wat God doen wanneer ons barmhartigheid noukeurig afmeet. Hy gee ons oor om gemartel te word. Gemartel deur woede. Verwurg deur bitterheid. Verteer deur wraakgedagtes. Dis hoe iemand gestraf word wat God se genade smaak, maar weier om dit met ander te deel. Ek wil jou vertel van Daniel. Hy het vroeër ’n bestaan gemaak deur gewigte op te tel en ander te leer om dit te doen. Al wat groter is as Daniel se armspiere is sy

hart. Kom ek vertel jou van die keer toe sy hart versag het. Daniel het in ’n gimnasium gewerk en gedroom om eendag sy eie te hê. Die bank het ingestem om vir hom geld te leen mits hy iemand kon kry om vir hom borg te teken. Sy broer was gewillig om dit te doen. Hulle het al die aansoekvorms voltooi en gewag vir die goedkeuring. Alles het voor die wind gegaan en dit was nie lank nie, of die bank het geskakel om te sê dat Daniel maar die tjek kan kom haal. Hy is onmiddelik na werk daarheen. Toe die bankamptenaar Daniel sien, het hy verbaas gelyk en gevra waarom hy daar is. “Om die tjek te kom haal,” het Daniel verduidelik. “Dis snaaks,” het die man gesê. Jou broer was netnou hier. Hy het die geld gevat en dit gebruik om die lening op sy huis af te los.” Daniel was woedend. Hy het nooit kon droom dat sy eie broer hom so sou verkul nie. Hy het na sy boer se huis toe gejaag en teen die deur gehamer. Sy broer het die deur oopgemaak met sy dogtertjie in sy arms. Hy het geweet Daniel sou hom nie slaan as hy ’n kind vashou nie. Hy was reg. Daniel het hom nie geslaan nie, maar hy het belowe dat as hy hom ooit weer sou sien, hy sy nek sou breek. Daniel is huis toe, sy groot hart gekneus en verwoes deur sy broer se skelmstreek. Al wat hy kon doen, was om maar weer in die gimnasium te gaan werk om die skuld af te betaal. ’n Paar maande later het Daniel bevriend geraak met iemand wat hom van Jesus Christus vertel het. Dit was nie lank nie, of Daniel en sy vrou het Christene en toegewyde dissipels geword. Maar hoewel Daniel soveel vergewe is, het hy dit steeds onmoontlik gevind om sy broer te vergewe. Die wond was diep. Die smagting na weerwraak het steeds in hom gekook. Twee jaar het verbygegaan sonder dat hy sy broer gesien het. Hy kon

Die toestand van jou hart skryf vir jou voor of jy ’n grief sal vertroetel of genade sal betoon, selfbejammering sal soek of vir Christus sal soek, menslike ellende sal sluk of God se genade sal smaak Hierdie is ’n verwerking uit ’n Nuwe Seisoen deur Max Lucado. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.

19


hom net nie so ver bring om die een in die gesig te kyk wat hom so verraai het nie. Maar ’n ontmoeting was onvermydelik. Albei het geweet dat hulle mekaar die een of ander tyd sou raakloop. En nie een van die twee het geweet wat dan sou gebeur nie. Toe loop hulle mekaar eendag in ’n besige straat raak. Laat Daniel jou in sy eie woorde vertel wat gebeur het: Ek het hom gesien, maar hy nie vir my nie. Ek het gevoel hoe my vuiste bal en my gesig warm word. My eerste impuls was om hom aan die keel te gryp en die lewe uit hom te wurg. Maar toe ek so na sy gesig staan en kyk, het my woede begin bedaar. Want toe ek hom sien, het ek my pa gesien. My pa se oë. My pa se manier van kyk. My pa se gesigsuitdrukking. En toe ek my pa se ewebeeld in sy gesig sien, het my vyand weer my broer geword.

Hulle wat barmhartigheid betoon aan ander is hulle wat waarlik geseënd is Daniel het na hom toe geloop. Sy broer het in sy spore vasgesteek, omgedraai en begin hardloop, maar hy was te stadig. Daniel het sy arm uitgesteek en hom aan die skouer gegryp. Sy broer het ineengekrimp en hom reggemaak vir die ergste. Maar in plaas daarvan om Daniel se hande om sy keel te voel, het hy besef dat Daniel sy sterk arms om hom gevou het. En daar het die twee boers gestaan, omring deur al die mense op straat, en gehuil. Dis die moeite werd om Daniel se woorde te herhaal: “Toe ek my pa se ewebeeld in sy gesig sien, het my vyand weer my broer geword.” Om die pa se beeld in die gesig van die 20

vyand te sien. Probeer dit. As jy volgende keer weer dink aan die een wat jou hart gebreek het, of hom of haar sien, kyk weer. En terwyl jy na sy gesig kyk, soek ook die Vader se gesig – die gesig van Hom wat jou vergewe het. Kyk in die oë van die koning wat gehuil het terwyl jy om begenadiging pleit. Kyk in die gesig van die Vader wat aan jou genade betoon het toe niemand anders gedink het jy is iets werd nie. Soek die gesig van die God wat vergewe in die gesig van jou vyand. En dan, omdat God jou meer vergewe het as wat ooit van jou verwag sal word om ’n ander te vergewe, laat jou vyand – en jouself – vry.

Wees veral versigtig wat in jou hart omgaan, want dit kan jou hele lewe ingrypend beïnvloed En laat die wond in jou hart toe om te genees. Jou hart is die setel van jou karakter – die oorsprong van begeertes, gevoelens, idees, gedagtes, rede, verbeelding, gewete, voornemens, doelwitte, wil en geloof. Daarom het die Spreukedigter gemaan: Wees veral versigtig wat in jou hart omgaan, want dit kan jou hele lewe ingrypend beïnvloed. Volgens die Hebreeuse denkwyse is die hart ’n snelwegwisselaar waar al die emosies en vooroordele en wysheid bymekaar kom. Die hart is die middelpunt van die geestelike lewe. As ’n vrugteboom se vrugte sleg is, probeer jy nie die vrugte regmaak nie, jy behandel die wortels. En as iemand verkeerde dinge doen, is dit nie genoeg om sy gewoontes te verander nie, jy behandel die wortels. En as iemand

verkeerde dinge doen, is dit nie genoeg om sy gewoontes te verander nie, jy moet dieper gaan. Jy moet gaan tot by die hart van die probleem, wat die probleem van die hart is. Dit is waarom die toestand van die hart so van kardinale belang is. Wat is die toestand van jou hart? As iemand jou kop afbyt, byt jy terug, of byt jy jou tong vas? Dit hang af van die toestand van jou hart. As jou program te vol is en jou lys van dinge wat gedoen moet word, te lank, bly jy kalm of verloor jy kop? Dit hang af van die toestand van jou hart. As iemand by jou kom met ’n brokkie skindernuus wat deurweek is van kwaadstokery, wys jy dit af of gee jy dit aan? Dit hang af van die toestand van jou hart. Die toestand van jou hart skryf vir jou voor of jy ’n grief sal vertroetel of genade sal betoon, selfbejammering sal soek of vir Christus sal soek, menslike ellende sal sluk of God se genade sal smaak. Ons moet ook bid soos Dawid: Skep in my ’n rein hart, o God. En Jesus se woorde klink eg: “Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.” Manna

Hierdie is ’n verwerking uit God juig oor jou deur Max Lucado. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.

C

M

Y

CM

MY

CY

CMY

K


Twee dagstukkieboeke vir daaglikse inspirasie

Tyd is kosbaar – kom ons maak seker dat ons nie ’n oomblik daarvan mors nie

Positiewe, opbouende dagstukkies vir ’n hele jaar

Joyce Meyer wys hoe ons elke dag doelgerig kan aanpak en die goeie dinge wat God vir ons beplan vir onsself kan toeëien. Daar is iets spesiaals, iets kosbaars in elke dag wat jy net moet raaksien.

Na ’n lang dag is daar nie ’n beter manier om die dag af te sluit as saam met God nie. Eindig jou dag reg sal jou in staat stel om die dag op ’n positiewe noot af te sluit, en verkwik en bekragtig te word.

Nou beskikbaar by toonaangewende boekwinkels! www.struikchristianmedia.co.za

Struik Christian Media

@StruikChristian


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.