’n Leeftyd van optimisme Die wonder van die hier en nou God maak die krom paaie weer reguit Ek en my God-kombersie Hoekom kinders grense nodig het Niks is tevergeefs nie
R37.00
Mei - Junie 2017
Volume 013
Hou jou oĂŤ op die goeie
Hou jou oĂŤ op die mooi
En word getransformeer deur
jou gedagtes te vernuwe
Ek wil nie hoor dat ons land vergaan nie Ek wil glo dat ons steeds kan opstaan
Dat elke mens iets goeds in sy hart saamdra
Bid dat hoop in jou oĂŤ op sal dam
Liefde weer in jou hart sal opvlam
Smeek om genesing, Suid-Afrika
Mag die vuur van hoop so onblusbaar in jou brandend bly
En die vlamme onbeheersd soos ’n veldbrand rondom jou versprei Die donker nagte rondom jou verlig en helder bly
~ Kaleidoskoop
Gary & Rhona Kieswetter
God is nou
O
by jou
ns kyk so maklik terug na die goeie ou dae en selfs in ons wandel met God is ons geneig om te bly terugkyk na vorige wonderlike ervarings wat ons met God gehad het. Daar is niks daarmee verkeerd nie, behalwe as dit ons huidige verhouding met Hom verplaas het. God maak homself bekend as “Ek is.” Hy is ’n God wat alle vorme van tyd en beperkings oortref en altyd in die hede is. Na Jesus se aardse bediening het Hy fisies teruggekeer na sy Vader. Tog het Jesus voor Hy opgevaar het aan sy dissipels belowe dat Hy hulle nie as wese sal agterlaat nie maar dat Hy sy Gees, die Heilige Gees, sal stuur om altyd by hulle te wees. God is dus by jou, nou… te midde van alles waarin jy jouself nou bevind. Dit is God se wil dat ons in die hier en nou met Hom in verhouding sal wees. Om te sê dat ons jare gelede sy teenwoordigheid ervaar het of om uit te sien na ’n herlewing in die toekoms is goed, maar dis beter om nou, vandag ’n vars, lewende verhouding met Hom te hê. God het elke dag ’n plan vir jou. Hy wil homself aan jou openbaar en wil ervarings met jou deel. Wanneer ons egter nie in die hede teenwoordig is nie, mis ons dit wanneer ons kop vol is van die verlede of die toekoms. Wanneer jy kies om in elke oomblik teenwoordig te wees kan ons die seëninge wat God vandag vir ons voorberei het geniet. God stel belang in jou, in wat jy vandag moet doen, in die
interaksie met mense in jou lewe vandag! Wanneer ons besef God is ’n persoonlike God, iemand wat elke sekond van jou dag daar wil wees, verg dit ’n reaksie van jou. Ons het nodig om Hom die regmatige plek te gee om heerser en koning van ons lewens te wees. Tydens die laaste ete saam met sy dissipels, het Jesus ’n begeerte uitgespreek toe hy die nagmaal, wat sy hele reddingsplan verduidelik het, met hulle gedeel het. Hy het gesê, doen dit ter herinnering van my. Sy begeerte was dat hulle Hom en die offer wat Hy gemaak het sal onthou. Die stamwoord van die woord “herinnering” beteken – in die midde. Dit beteken dat wanneer jy Hom onthou, bring jy Hom in die midde van jou lewe, in die midde van die krisis waarin jy jouself bevind, in die midde van jou planne, idees en selfs jou deurmekaar dag. Dit is Jesus se begeerte om jou lewe saam met jou te leef. Om jou te rig, te lei, te help, te troos, te ondersteun en om sy liefde vir jou daagliks aan jou te openbaar. Hy wil jou van heerlikheid tot heerlikheid neem. Ons het egter nodig om Hom in herinnering te bring. Hy gaan nie Homself afdwing op enige iemand nie; Hy wag totdat ons Hom nooi in elke aspek van ons lewens in. Dit is so maklik veral as mens besig is, om jou kop heeltemal op ’n ander plek te hê as in jou hede. Jy’s dalk besig met jou kinders, maar jy dink reeds aan môre se vergadering en in die proses mis ons die lewe en mis ons die vreugde wat God vir ons nou daargestel het. Hy plaas mense en situasies in ons lewens om ons lewens te vervul. Neem die besluit om nóú teenwoordig te wees in jou verhouding met Hom en met mekaar.
GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL
Maart - April
2017
’n Leeftyd van optimisme
06
Die wonder van die hier en nou
Optimisme gaan eintlik daaroor dat die negatiewe ons nie moet oorweldig nie.
Niks is tevergeefs nie
16
God maak die krom paaie weer reguit
Niks waardeur jy in jou lewe gaan is ooit tevergeefs as jy jou sorge aan die Here oorgee nie.
Ek en my God kombersie
28
Ons lap, lewenslank, ervaring ná ervaring aanmekaar. Hopelik meestal met drade van geloof, hoop en liefde. MANNA www.mannatydskrif.co.za Tel: 086 111 2329 Inskrywings: admin@grootisutrou.co.za
10
Wanneer ons oopgaan vir die nou kom ons nader aan God en kry Hy meer beheer oor ons lewe.
22
God het reeds in jou toekoms ’n nuwe begin en nuwe geleenthede geskep.
Hoekom kinders grense nodig het
32
Vroue van die Bybel: Ragab
36
Kinders leer wie hulle is en waarvoor hulle verantwoordelik is wanneer ouers vir hulle duidelike grense stel
Ragab was ’n hoer. Dis eintlik kras dat die Bybel haar sommer so by die naam noem, asof daar geen genade is nie.
Redakteurs: Gary en Rhona Kieswetter Uitgewer: Ingrid Stegmann / ingrid@dor22.co.za
Grafiese ontwerp & uitleg: Adri de Bruyne Ontwerpelemente: Freepik.com Fotos: Shutterstock
Geloofsmuur God het nêrens beloof dat die lewe regverdig sal wees nie. Hy het wel beloof dat as jy aanhou glo, sal Hy die dinge wat jou kwaad aandoen tot jou voordeel gebruik. Al is jou talente min, kan jy met God se guns verder gaan as mense met meer talent. Jy kan met minder ervaring en opleiding verder gaan as almal wat meer het, omdat jy die almagtige God se gunsgenoot is.
“Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my gees,” sê die Here, die Almagtige. Dinge sal dus nie gebeur slegs deur jou talent of kontakte nie. Dit sal gebeur omdat God in jou rigting asemhaal. Met U hulp, Vader, gaan ek weier om lank te bly lê. Ek mag dalk platgeslaan word of ek kan dalk val, maar ek gaan opstaan en op U vertrou vir ’n wonderlike toekoms.
Help my om te glo, Vader, dat my omstandighede onderhewig is aan verandering, nie net te danke aan myself nie, maar omdat U my help om teëspoed te bowe te kom. Ek weet U gaan my help om my probleme te hanteer, sodat ek daarna beter daaraan toe sal wees as voorheen.
Voetpad na
V�ede
Mila nie Vosloo
My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is (2 Korintiers 12:9)
Wees stil en weet Ek is God!
N
elson Mandela skryf dat ’n sel – ’n plek waar ’n mens eintlik so eensaam en ongelukkig kan wees – die beste plek op aarde is om. . . stilte te vind. Ja, ’n mens kan gelukkig wees in omstandighede wat vêr van die ideaal is . . .sielsongelukkig wees op die beste plekke op aarde. Jy sal weet waarvan ek praat as jy al ervaar het dat jy alles het wat jou hart kan begeer, in ’n mooi omgewing is en tog onvergenoegd of ongelukkig voel. Dit kan wees dat jy goeie rede het, soos dat mense jou omgekrap het, jy pyn of ongemak ervaar of dat daar ’n stuk bekommernis op jou hart lê. Maar dit kan ook wees dat daar – vir geen rede nie – ’n donker gordyn voor die sonskyn van jou hart getrek is. As jy so ’n goor-voel-hoofstuk in jou lewe beleef, is dit dalk juis die Lig wat jou roep om sommer net by Hom te gaan sit sodat jy weer sy sagte hart vir jou kan raaksien en sy liefde vir jou kan vóél. Mag jy in jou nié-lekker-wees-tye rus vind in die Een wat jou hele wese ken en jou sommer net…liefhet. In jou net-by-God-wees sal jy kort voor lank ervaar dat iets in jou binneste gebeur. Dat iets van vreugde by jou kom skoene uitskop. Dat jy weer stilweg vir die lewe kan glimlag.
Trek die gordyne om my hart wawyd oop, liefdevolle God. Hierdie is ’n uittreksel uit Voetpad na Vrede uitgegee deur CUM.
Dink jouself
gelukkig... D r P i e t e r v a n Jaars vel d
O
’n Leeftyd van
optimisme
ptimisme beteken dat jy die wêreld aanvaar soos dit is, met sy goed en sy sleg, en dit gaan eintlik daaroor dat die negatiewe ons nie moet oorweldig nie.
Op ’n onlangse internasionale konferensie oor emosionele intelligensie spreek ’n spreker sy kommer uit oor hoe die wêreld bedreig word deur ’n tsoenami van pessimisme onder mense. Ai, is dit nie ook waar van ons geliefde Suid-Afrika nie? Waag jy dit om te noem dat daar tog ’n lig in die tonnel is, soos Jan Brand op ’n manier gesê het, dan sal mense dadelik vir jou vertel dit is die lig van die trein wat aankom! Dink net hoe pessimisme aan ons gesondheid vreet omdat dit ’n negatiewe leefstyl is en jou siek kan maak. Die woord “optimisme” het sy oorsprong van die Latynse woord optimum, wat eintlik beteken die bes moontlike. Die woord is geskep deur ’n Duitse filosoof en wiskundige, Gottfried Wilhelm Leibniz (1646-1716). Sy hele siening was dat God die wêreld goed geskape het en dat dit niks verbeter kan word nie. Die bes moontlike bestaan reeds. Optimisme het dus, volgens hom, niks te doen met die “halfvol-half-leë glas” of “hou maar die blink kant bo” nie. Optimisme beteken dat jy die wêreld aanvaar soos dit is, met sy goed en sy sleg, en dit gaan eintlik daaroor dat die negatiewe ons nie moet oorweldig nie. Pessimiste, daarenteen, glo dat daar probleme is en hulle het geen beheer daaroor nie. Dit is dan ook die rede waarom hulle ’n gordel én kruisbande dra! Optimiste het die geloof dat hulle beheer het oor wat met hulle gebeur. ’n Uitstaande voorbeeld van ’n optimistiese mens is Thomas Edison.
Thomas Edison Toe Edison se ma hom die dag skool toe geneem het, word sy vertel dat hy nie gereed vir skool is nie. Hy moes nog ’n rukkie wag. Sy ma het egter gesê sy ken haar kind en sy was oortuig dat hy sou slaag. Dus het sy hom teruggeneem skool toe. Die perfekte voorbeeld van ’n optimistiese ma wat in haar kind geglo het. Later het party van sy onderwysers gemeen dat hy nie slim genoeg was om ’n sukses te wees nie – en dit is die man wat vorendag gekom het met die tweede meeste uitvindings in die wêreld, naamlik die gloeilamp, fonograaf, mikrofoon, klankrolprente, opgaarbatterye en ’n menigte ander! Hy het met sy uitvinding van die gloeilamp geslaag waar ’n groot aantal ander mense misluk het. Al hierdie dinge het begin met ’n optimistiese ma wat in haar kind geglo het! ’n Wonderlike getuienis van ’n positiewe selfvervullende voorspelling. Dit wys hoe belangrik dit vir ouers is om ’n optimistiese lewenstyl te handhaaf. In Edison se biografie wat deur sy seun geskryf is, is dit duidelik dat Edison iemand was wat geweier het om mismoedig te raak en wat ’n aansteeklike sin vir optimisme gehad het. Finansieel het hy bitter swaar gekry, as gevolg van sy vrugtelose eksperimente met die nikkel-yster-alkali-opgaarbattery, wat ’n tien jaar lange projek was. Al wat hom van bankrotskap gered het, was die wins wat hy uit die rolprent- en plateproduksies gemaak het.
06
Op ’n ysig koue Desemberaand in 1914 het ’n brand dwarsdeur sy fabriek versprei. Brandbestryders uit agt buurdorpe kon dit nie regkry om die brand te blus nie – die waterdruk was te laag en die brand was intensief. Die fabriek is geheel en al vernietig. Edison het sy seun aangesê om sy ma en ’n paar vriende te gaan roep – hulle sou nooit weer so ’n brand sien nie. Sy gees was hoegenaamd nie geblus nie! Die volgende oggend het hy vir sy werknemers gesê: “Ons gaan die fabriek herbou. Ons kan altyd iets uit hierdie katastrofe wen. Ons het nou van al die gemors ontslae geraak – ons gaan iets groters en beters op hierdie puinhoop bou.” En dit was nou ’n man wat op die rand van bankrotskap gestaan het! Hy was die verpersoonliking van optimisme. Die goeie nuus is dat optimisme nie net ’n paar uitverkorenes beskore is nie – elke mens kan leer hoe om meer optimisties te word, selfs die grootste pessimis!
Om optimisties te wees is om jou kop na die son te draai, en jou voete vorentoe te beweeg Die lewe van Michael J Fox Baie van ons onthou die pret en plesier wat hierdie akteur en komediant ons op die TV gegee het in produksies soos Spin city en Family ties. Hierdie man het in sy lewe drie Emmy-toekennings gekry sowel as ’n Golden Globe-toekenning. Op die ouderdom van 29 het sy lewe heeltemal verander: parkinsonsiekte is by hom gediagnoseer. In sy eie woorde het hy besef dat dit sy suksesvolle lewe heeltemal gaan ontwrig en eintlik stopsit. In 1998 het hy dit bekend gemaak en toe ook as akteur uitgetree in 2000 om hoofsaaklik oorklanking te doen. Agttien jaar ná die diagnose in 1991 maak hy ’n dokumentêre rolprent met die naam Michael J Fox: The adventures of an incurable optimist. Hy het nie gaan lê nie. ’n Siekte wat die meeste mense erg sou ontwrig het, spoor hom aan om ’n gelukkige lewe te lei. Nie dat dit elke dag maklik was nie. Hy vertel self: “Don’t think that I’m not aware of the risk of what might go wrong. I am actually good at assessing risk, but I know that I will be able to deal with whatever happens. Over the years, I have learned that I can deal with any difficulty. I don’t necesarily like it, but I generally feel I can deal with it.”
Nelson Mandela Madiba het vertel hoe hy geglo het dat die stryd in ’n gevangenis maar baie dieselfde is as die oorlewing waarvoor ’n mens in die daaglikse lewe moet veg. Hy het vas geglo dat hy moed gehad het om in die tronk uit te hou omdat hy ’n optimistiese persoon was. “Om optimisties te wees is om jou kop na die son te draai, en jou voete vorentoe te beweeg. Daar was baie donker oomblikke wat my geloof in die mensdom tot die uiterste toe getoets het, maar ek wou en kon nie myself oorgee aan hopeloosheid nie. Dit was die pad na mislukking en die dood,” skryf hy, en: “Ek het altyd geweet dat ek eendag weer die gras onder my voete sou voel en in die sonskyn sou stap as ’n vry man.” Dit is die verskil tussen ’n optimistiese en pessimistiese leefwyse. Dit is ’n keuse, en is binne ons almal se bereik.
Dr. Pieter van Jaarsveld werk plaaslik en internasionaal as konsultant vir leierskapontwikkeling in die sakewêreld. Hy het twee meestersgrade (in Sielkunde en Teologie) en ’n doktorsgraad vir sy tesis oor die selfdunk en eiewaarde van mense. Hy is ’n bekende gas op radio- en televisieprogramme. As jy meer wil weet oor positiewe sielkunde, kry solank sy nuutste boek Dink jouself gelukkig.
07
Ek glo dat ek God se getrouheid sal beleef. Ek sal my nie bekommer nie. Ek sal nie vrees nie. Ek sal aanhou op Hom vertrou, wetend dat Hy my nooit alleen sal los nie. Ek sal alles word wat God my bestem het om te wees.
Sluit aan by
MANNA Manna is ’n twee-maandelikse publikasie wat tjok en blok vol Woordgebaseerde artikels is. Hierdie is nie net ’n sommer-so geestelike tydskrif nie, maar een wat jou gees sal voed, jou lewe sal verryk en jou verhouding met God sal verdiep.
Sluit aan by Manna teen R37 elke 2de maand!
Is jy opsoek na ’n geestelike tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie?
Maar ’n Tydskrif waar elke artikel vir jou geestelike waarheid bring?
’n Leeftyd van optimisme
’n Tydskrif wat jou leer oor die krag van God se Woord in jou lewe?
Die wonder van die hier en nou God maak die krom paaie weer reguit
’n Tydskrif waar jy meer lees van God as oor mense?
Ek en my God-kombersie
Sluit aan by ons op een �an die �aniere:
Hoekom kinders grense nodig het Niks is tevergeefs nie
Bel 012 9970898 gedurende kantoorure Gaan na www.mannatydskrif.co.za en kliek op ‘sluit aan’. Stuur ’n epos met jou naam en kontakbesonderhede na admin@grootisutrou.co.za
R37.00
Mei - Junie 2017
Volume 013
SMS “Manna” na 33282
Die
�onder �ier �ou...
van die
en
W ille m Nic ol
Wanneer ons oopgaan vir die nou, gaan ons ook oop vir die wonder van die lewe, vir die wonderlike aanwesigheid van God in die lewe. Ons kom nader aan God en kry Hy meer beheer oor ons lewe.
I
n die VSA is daar studies gedoen oor die hoeveelheid tyd wat mense met ’n wandering mind leef, dit wil sê, hoe dikwels hulle besig is om te dink aan dinge waaraan hulle nie op daardie tydstip in hulle situasie hoef te dink nie. Een bevinding is dat mense met ’n groter hoeveelheid mind wandering minder gelukkig is.
Die ander dag staan ek by ’n kermis met ’n vriend en gesels. Hy staan naby aan my en kyk die meeste van die tyd na my en neem sy beurte om met my te praat. Maar sy oë is dof, afwesig. Daar is ’n effense frons op sy voorkop en wat hy sê, sluit nie presies aan by die dinge waaroor ek praat nie. Skielik groet hy en loop weg. Ek kry die gevoel sy gedagtes was die hele tyd by iets anders. Sy lyf was by
10
Elke oomblik het sy eie rykdom. Om daarin te leef is die rykdom van die lewe
my, maar nie sy volle aandag nie. Dis ’n slegte gevoel. Ek het ’n ander vriend wat altyd doodstil sit en luister wanneer ek met hom praat. Ek kom agter dat hy nie net met sy verstand luister nie, maar ook met sy hart. Hy wil my goed verstaan. Hy stel in my belang. As hy by my is, is hy regtig bý my. Dis ’n lekker gevoel. Ek gaan haal soms vir my twee blokkies sjokolade uit ons spenskas. Wanneer ek dit klaar geëet het, besef ek soms dat ek dit net sowel nie kon geëet het nie, want die oomblik dat ek die sjokolade in my mond gesit het, het my aandag na ’n ander saak beweeg. Ek het die sjokolade nie bewustelik geniet nie. RM Pirsig verduidelik hierdie ervaring deur ’n ego-bergklimmer te skets. Hy klim ’n pragtige berg uit. Hy klim om bo te kom. Hy kyk telkens boontoe, al het hy so pas opgekyk. In sy gedrewenheid plaas hy sy voete nie altyd
11
op die beste manier nie. Hy sien nie hoe die sonlig deur die bome val nie. Hy geniet nie die waterpoele, rotse en blomme langs sy steil paadjie nie. Hy kan die hier en nou nie syne maak nie, want dis vir hom altyd net ’n deurgang. Wanneer hy kan omdraai vir ’n mooi uitsig, doen hy dit nie, maar stoot aan totdat hy ontevrede op ’n plek moet gaan staan en asem skep. Hy verwerp wat hier is, want hy wil verder wees, maar wanneer hy bo kom, is hy ongelukkig, want dan is dit hier. Dit sou beter gewees het as dié klimmer nie geklim het om bo uit te kom nie, maar geklim het om te klim. Dan kon hy elke pragtige oomblik op sy kronkelpaadjie waardeer het. Elke oomblik het sy eie rykdom. Om daarin te leef is die rykdom van die lewe. Ons is egter geneig om by die wonder van die huidige verby te loop. Dis soos met die blommevelde van Namakwaland. As jy beweeg, sien jy nie alles nie, maar as jy gaan sit, is jy verstom oor die biodiversiteit rondom jou, ’n ryk verskeidenheid plante met ’n fees van helderkleurige blomme. Richard Rohr skryf: “If you can’t be present right now, nothing new is ever going to happen to you. You will not experience your experiences; they will not go to any depth in your soul. Be willing to live right here, right now – to be present. Consciousness comes from a wholehearted surrender to the moment.” En Jon Kabat-Zinn skryf: “Each moment missed is a moment unlived. Each moment missed makes it more likely you will miss the next moment.” Carl Jung het gesê meer as 90% van mense se gedagtes is herhalend en nutteloos. Soms kan die ervaring van die oomblik baie kragtig wees. Dit herinner my aan Thomas Merton se woorde: “A door opens in the center of our being, and we seem to fall through it into immense depths, which although they are infinite – are still accessible to us. All eternity seems to have become ours in this one placid and breathless contact.” Inderdaad. 12
Wanneer ek soms baie oop gaan vir die hier en nou, besef ek hoe vol en heilig dit is. Sulke kragtige ervarings van die hier en nou hoef nie dikwels te gebeur nie, maar dis jammer as jy dit nooit toelaat om te gebeur nie. Sulke ervarings kan help om jou oop te breek. Gewoonlik is die ervaring van die hier en nou ligter, meer gewoon. Die gewone kan egter ook kosbaar wees.
Die Bybel roep ons na die hier en nou Maak ons geloof die pad vir ons oop om meer teenwoordig in die hier en nou te leef ? Natuurlik! Gebed en vertroue in God beteken tog ons laat die toekoms in sy hande en bevry só ons kop van ’n gekarring daaroor. Die feit dat God ons vergewe en ons ander mense vergewe, beteken tog ons hou nie aan karring oor die verlede nie. Daarom kan Paulus skryf dat ons oor niks besorg moet wees nie, maar in plaas daarvan net alles vir God moet sê. Hy bedoel natuurlik regtig sê met die wete dat God dit hoor en opneem. Hy bedoel nie dat ons maar net ons probleme vir God moet opnoem en dan aangaan asof ons onseker is hoe God gaan reageer nie. Wat gebeur dan wanneer ons ons probleme regtig vir God gee? Iets wat alle verstand te bowe gaan. God se magtige vrede bring die hele gewoel in jou kop en hart tot rus. Só nooi die Here jou uit die toekoms tot in die huidige oomblik in. Los die gemaal in jou kop oor wat voorlê en kom tot in die hier en nou waar jy met God kan praat en sy vrede kan ontvang. Jy kan jou lewe met al sy omstandighede vir die Here gee en glo dat dié vrede nou joune is, ja, nou hier terwyl jy sit en lees. As jy aanhou dink dit kom eers later, bly dit later en kom dit nooit. Dié vrede moet jou verstand te bowe gaan, want met jou gewone verstand kan jy nie sien hoe God jou deur alles van hierdie lewe kan dra nie. Met jou gewone verstand kan jy in elk geval glad
nie begryp hoe groot God is nie – die Een op wie se vinger die hele heelal met sy miljarde ligjare soos ’n druppeltjie rus. Dis hoekom Jesus oor bekommernisse kan praat soos Hy praat. Hy sê in werklikheid vir ons: “Daar is twee aksies wat jy kan uitvoer in plaas daarvan om jou te loop en bekommer. Die eerste is: Kyk, kyk mooi na die natuur, byvoorbeeld na die blomme en die voëls. Jy sal sien hulle is mooier en vryer as wat jy gedink het. Hou aan kyk totdat jy sien dis hoe wonderlik God sorg en totdat jy besef dat God nog beter vir jou sorg omdat jy aan Hom behoort. Kom in die oomblik in deur met jou hele hart te kyk. Die tweede is: Doen in die huidige oomblik net wat jy nou behoort te doen, beywer jou vir die wil van God. So sal dit vir jou moontlik word om te aanvaar dat daar maar altyd moeilikheid is, maar dat jy die moeilikheid wat voorlê, die probleme van môre, eers kan los totdat jy daar kom.” Jesus se woorde beteken: As jy ’n probleem het, moenie ’n probleem daarmee hê dat jy die probleem het nie. Hê maar net die probleem en spaar al jou energie totdat die tyd aanbreek dat jy dit moet hanteer. Ons kan verder gaan. Die Here bevry ons nie net van die mag van die verlede en toekoms nie, maar vul ook ons hede. As die hede vir jou net halfvol is, is jy nie tevrede daarmee nie. Dan kan jy jou nie heeltemal tuismaak en teenwoordig raak daarin nie. Maar God maak die hede vir jou ’n plek waar jy kan tuis wees, ’n plek waar jy oop kan wees vir wat nou hier is. Die digter van Psalm 23 sê letterlik: Ek kom niks kort nie … my beker loop oor. Dit klink of sy situasie volmaak is, maar dit is glad nie waar nie. Hy gaan deur donker dieptes en daar is teëstanders in sy pad. Wanneer hy terugkyk, sien hy daar was baie probleme. En wanneer hy vorentoe kyk, sien hy daar kom baie probleme. Hoe kan hy dan so dankbaar praat oor sy lewe, oor ’n beker wat oorloop, oor ’n oomblik wat oorlopend vol is?
Hy dig oor wat in die hier en nou die werklikheid van sy lewe is: U is by my. Dit is u staf en u stok wat my gerusstel. Sy uitkyk en gemoed word bepaal deur wat hy in die huidige oomblik glo en weet. Hy leef in die oomblik en daarom heers sy probleme nie oor hom nie. Op die regte tyd sal hy natuurlik elke probleem hanteer, maar sy kop hoef nie aan te hou stoei daarmee voordat die regte tyd aanbreek nie. Hy weet sy probleme is in die Here se hand. As jy vir hom sou sê: “Meneer, jy dig nou lekker, maar jy het baie probleme,” sou hy antwoord: “Dis waar, maar die Eienaar van my lewe is groter as al my probleme en Hy is nou hier by my.” As ons met dié digter in gesprek kon tree, sou hy dalk soos volg praat: “Kan jy, soos jy nou hier sit, sê dat jou beker oorloop? Onthou, dit loop nie eers oor wanneer daar nog iets gebeur soos dat jy ’n probleem oplos of iets regkry nie. Daar is niks wat jy self kan doen om jou beker te laat oorloop nie. Dit loop oor as gevolg van iets wat God doen: Hy is by jou en Hy gee vir jou al sy liefde, meer as wat jy ooit kan nodig kry. Al wat jy kan doen, is om dit te glo. Hoekom kan jy dit glo? Omdat jy die Here dit vir jou hoor sê. Wanneer kan jy dit glo? Nou en hier!” Die vraag is dus of jy jou geluk in jouself vind, nou, terwyl jy hier sit en lees. Of voel jy daar moet eers nog iets bykom, jy is nog nie dáár nie, maar moet nog daar uitkom? As jy so voel, sal jy altyd so voel, behalwe dalk in kort tye van ekstase wat gou verbygaan en jou gewone gevoel van gemis beklemtoon. Is die teenwoordigheid van die Here nou vir jou genoeg, of moet dit met iets anders aangevul word? As jy behoefte het aan aanvulling, sal jy jou lewe lank op reis daarheen bly. As jy besef die Here is werklik jou aanwesige vriend, kan jy die huidige waarin jy is vir jou toe-eien, joune maak, bewoon sonder om dit soos die bergklimmer net as ’n deurgang te gebruik. In sy boek The 13
practice of the presence of God sê Brother Lawrence, ’n kloosterkneg in Parys, dat hy binne-in hom ’n steeds teenwoordige skat saamdra. Anthony de Mello sê: “Egte geluk is die geluk wat nie ’n oorsaak het nie.” En iemand het vir George Bernard Shaw by ’n partytjie gevra of hy homself geniet. Hy het geantwoord: “Dis al wat ek nou geniet.” In die geloof kan ons sê: “Ek geniet myself omdat ek die beminde van die Here is.” Elke oomblik bevat oneindige rykdom. Jy het niks meer as die oomblik nie, maar dis ook meer as wat jy ooit kan dink. Jou kop dink dit ken die oomblik reeds, maar elke oomblik is nuut met unieke moontlikhede, ook die gewone lewe soos dit is. As jy werklik teenwoordig is, bring dit die hier en nou tot lewe en jy ervaar hoe ryk en multidimensioneel die lewe is. Dan kan jy telkens sien wat jy nog nie gesien het nie, raaksien wat vir jou nuut is, alles vars ervaar, besef en insien. Jy ervaar dat elke oomblik oneindige diepte het en dat jy enige oomblik vlakker of dieper kan beleef. As jy teenwoordig lewe, lééf jy werklik. ’n Japannese spreuk lui: “Wanneer jy ophou reis, het jy gearriveer.” Jy is klaar daar. Jy kan dan nie meer daarheen werk of reis nie, want soos jy nou hier sit en lees, is jy daar. Meditasie is ’n oefening om telkens tot die hier en nou terug te keer, maar dit bly steriel as dit nie op ’n daaglikse gewoonte uitloop nie. Soos ek nou hier sit en skryf, is ek bewus van ’n hele paar lastige probleme waaraan my gedagtes kan aanhou torring. Maar ek kan kies om Jesus se woorde te volg. As ek my aandag in die hier en nou laat insak, hoor ek die vrolike getjirp van die mossies by my venster, die beweging van blare in die wind, of wat ook al. Dan is ek in die oomblik. Jy ken dit mos: Jy hoor of sien of proe of ruik of voel iets wat jou aandag vasvang, en jy kan jou kop ’n oomblik stil maak. Jesus sê eers: Kyk na die voëls, en dan benadruk Hy: Kyk mooi na die veldblommetjies. 14
Vanaf die mossies of die blare in die wind kan ek voortgaan om my volle aandag te laat inzoem op wat ek nou hier doen. Ek voel my vingers op die toetsbord en is bewus van my konsentrasie op die sin wat ek nou skryf. Dit maak dit vir my kop moontlik om nie aan ander probleme te bly karring nie. Eintlik is dit ’n wonderlike vryheid. Die verlede is verby en die toekoms is nog nie hier nie. Al wat ek het, is hierdie oomblik met al sy rykdom.
As jy werklik teenwoordig is, bring dit die hier en nou tot lewe en jy ervaar hoe ryk en multidimensioneel die lewe is. Dan kan jy telkens sien wat jy nog nie gesien het nie, raaksien wat vir jou nuut is, alles vars ervaar, besef en insien God wil die huidige vir jou heilig. In dié sin is die werklike heilig. The real is holy. Daarom gee geloof vir jou die moed om die werklikheid sover moontlik te sien, nie soos jy is nie, maar soos die werklikheid is. Dit is ’n rustige, onbevange, onbevooroordeelde waarneming van wat is. Hoe vryer jou binnewêreld word, hoe nader kan jy aan die heilige werklikheid beweeg.
Die geraas in my kop Die hier en nou waarmee jy besig is, kan vir jou ’n ontsnappingsroete bied as jou aandag telkens rustig daarin kan tuiskom, touch base, as’t ware. Daar is ’n verademing vir jou aandag wanneer jy dit telkens terugbring na wat nou hier is of gebeur. Dikwels gebeur dit nie omdat jy die daaglikse dinge “in gedagte” doen, outomaties, as’t ware op autopilot. As jy byvoorbeeld die skottelgoed was, sou jy daarin ’n stukkie rus vir jou aandag kon vind, maar nou is jy op autopilot, met die gevolg dat jou aandag vry is om na enige plek te gaan, ook na allerlei onnodige en vermoeiende herhalings. Die outomatiese modus het soms sy voordele. Dit is goed as jy aan nodige dinge kan sit en dink en kan beplan terwyl jy skottelgoed was of bestuur. Die gevaar is egter dat jy te veel in hierdie modus vasgehou word deur die suigkrag van die herhalende gedagtes. Jou brein se vermoë om in autopilot te funksioneer is inderdaad ’n gevaar. Dit veroorsaak dat jy die rykdom van die huidige oomblik misloop. Dit steel die rykdom wat jou sintuie vir jou wil bied. Dit maak jou onbewus van die bewegings in jou binnewêreld, met al die verliese van dien. Dit verdeel jou, want jou lyf is hier, maar jy self is nié hier nie. Wanneer jy bewus en teenwoordig is, kan ons dit mindful noem. Maar wanneer jou mind full is met onnodige gedagtes, kan jy nie mindful wees nie. Iemand vertel my dat hy genooi is om ’n vlootoefening in ’n duikboot by te woon. Die see was onstuimig en dit was ’n moeilike oefening met baie vaartuie wat allerlei ingewikkelde maneuvers moes uitvoer. Daar het spanning onder die bemanning geheers en sommige het vinnig heen en weer gestap. Die kaptein het sy gas deur die gewoel na die beheerkamer geneem. Toe hulle deur die swaar, klankdigte deur stap en dit agter hulle toegaan, was alles rondom hulle stil. Die kaptein vra toe vir
die offisier in beheer: “Alles in orde?” En die offisier antwoord: “Ja, Kaptein.” Dis wat ons in die geharwar van die lewe nodig het, nie waar nie? ’n Stil beheersentrum waar matrose nie die hele tyd kan in- en uitstorm nie. Maar dikwels is ons gedagtes soos matrose wat dit wel doen.
Weerstand teen teenwoordigheid Kom ons kyk ’n oomblik vanuit ’n wyer perspektief hierna en erken dat daar in ons elkeen verskeie vlakke van weerstand is teen indaal in die hier en nou. Die gedagtegeraas is eintlik maar net ’n teken dat ons nie daar wil uitkom nie; dis hoe ons vir die huidige vlug. Een vlak van weerstand is dat ons bang is vir innerlike verandering. Wanneer jy meer in die nou begin leef, verskuif die patrone waarvolgens jou psige die lewe hanteer. Die stories wat jy vir jouself oor jouself vertel, jou siening van die lewe, jou maniere om in hierdie wilde wêreld op jou voete te bly staan, al hierdie dinge diep in jou begin skuif. Jy begin bewus raak van die patrone in jou gedagtes en emosies, met die gevolg dat jy jou daarvan kan disidentifiseer en hulle kan skuif. Jy begin beter aanvaar dat daar baie pyn en ongemak in die lewe is. Jy begin situasies meer sien soos dit werklik is, nie soos jy dink dit is, bevrees is dit is of wil hê dit moet wees nie. Uitgetrapte paadjies in jou brein moet toegroei en nuwe paadjies moet vorm. Jy bied weerstand daarteen, want jy het van kleins af jou maniere ontwikkel om die lewe te hanteer en dit het in ’n mate gewerk. Jy weet nie hoe hierdie nuwe maniere waarheen jy oorskuif, gaan werk nie. Hier is ’n voorbeeld. Jy is dalk iemand wat glo werk is die heel belangrikste ding in die lewe en jy is in ’n mate verslaaf daaraan. As jy begin stilword en in die oomblik leef, kan dit daartoe lei dat jy groter perspektief op jou lewe begin kry, hierdie verslawing begin raaksien en sal
voel daar is meer aan die lewe as werk. Nou begin jy gedeeltelik wegskuif van jou siening van werk, wat in ’n mate vir jou sin en veiligheid gebring het. Jy weet natuurlik nog nie hoe die ruimer ingesteldheid vir jou gaan werk nie – en jou reis maak jou bang. Hier is nog ’n voorbeeld oor waarneming. Jou brein kan so gewoond wees daaraan om baie besig te wees dat jy beswaarlik ’n rukkie kan stilsit om werklik na iets moois te kyk. Sodra jy iets raaksien, kom daar egter ’n ander gedagte in. As jy wil leer om soms net te kyk sonder dat gedagtes die direktheid daarvan verwater, vra dit ’n verandering in jou breingewoontes.
Wanneer jy meer in die nou begin leef, verskuif die patrone waarvolgens jou psige die lewe hanteer
ander sal ons leer ken soos ons is. Die grondslag van hierdie vrees kan ons natuurlike vrees vir God wees. Wanneer ons oopgaan vir die nou, gaan ons ook oop vir die wonder van die lewe, vir die wonderlike aanwesigheid van God in die lewe. Ons kom nader aan God. Hy kry meer beheer oor ons lewe. En laat ons maar eerlik erken, ons almal ervaar ’n diep, gevarieerde, goed versteekte, slim en skelm weerstand hierteen. Ten diepste het ons ’n behoefte om onsself te laat los en ons oor te gee in die Here se hande. Ons het ’n ewige uitnodiging ontvang: Vertrou jou lewenspad aan die Here toe, vertrou op Hom, en Hy sal optree (Ps 37:5). Die ego wil regkry wat nie moontlik is nie en wil sy eie lewe beheer; daarom raas sy kop so. Maar as die laat-los-spier in ons binnewêreld, met geloof as kern, sterk genoeg is en ons ons malende gedagtes en onwerkbare geluksprogramme en ons eie lewe kan laat los, sal ons in ’n gaping beland, op ’n stil en oop plek. Daar is ons dan oop vir die lewe en die Lewegewer. Aanraking met God laat ons tuiskom in die hier en nou, want omdat Hy daar is, is die oomblik groot genoeg om ons van ons verslawing aan die toekoms en verlede te verlos. Manna
Wanneer jy meer teenwoordig leef, kom jy nader aan wat in jou binnewêreld aangaan, veral aan jou gevoelens. Jy sien dit raak en kan dit leer ken. Só leer jy jouself ook beter ken. Dit sit ’n proses van verandering in jou aan die gang. Jy kyk na jou gewone maniere om die lewe te hanteer en jy bevraagteken dit. Só word jou egoïsme afgetakel. Ons almal is in ’n mate bang vir sulke prosesse. Ons manier van leef is vir ons bekend en ons is bang om uit dié gemaksone te beweeg. Agter hierdie vrees kan die waarheid lê dat ons eintlik bang is vir onsself. Ons is bang om onsself te leer ken soos ons werklik is, en ons is bang
Hierdie is ’n verwerking uit Oop vir die oomblik deur Willem Nicol. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.
15
16
Niks is tevergeefs nie
J oy ce Mey er
Niks waardeur jy in jou lewe gaan is ooit tevergeefs as jy jou sorge aan die Here oorgee nie. Selfs al lyk jou verbrokkelde lewe soos ’n verlate slagveld, kan God al die stukkies van jou verlede omskep in iets moois.
D
ie Here het my vrygemaak van vrees, onsekerheid, emosionele verslawing en die gevangeneskap van diepgewortelde verwerping. Daarna het Hy my verbrokkelde lewe omvorm en my die wonderlike voorreg gegee om sy mense te leer hoe om heel te wees; hoe hulle vrugdraende, gelukkige lewens en bedienings kan hê en hoe hulle gesonde, liefdevolle verhoudings kan geniet. Ek het geleer hoe om die onvoorwaardelike liefde van God, van my man en selfs van myself te ontvang. My man doen nie alles wat ek wil hê hy moet nie, maar dit is nou okei, want ek het geleer hoe om hom ook onvoorwaardelik lief te hê. Toe ons getroud is, het ek niks van onvoorwaardelike liefde geweet nie. My gesin moes alles
Here, ek glo dat U my liefhet en dat U al hierdie stukke van my lewe wat aan skerwe lê, kan optel en omskep in iets goeds vir my
op my manier doen, anders het ek aangeneem hulle is nie lief vir my nie. Toe ek nog met my gebroke hart aangesukkel het, moes almal om my baie hard werk om my te probeer gelukkig hou. Hulle het ’n stryd gehad, want hulle kon nooit reguit en eerlik met my wees nie. Hulle kon nooit bloot die waarheid oor enigiets vertel nie. Hulle moes my vertel wat ek wou hoor as hulle enigsins in vrede met my wou leef. As ek vir my man gesê het: “Kom ons gaan drink ’n koppie koffie,” kon hy nie antwoord: “Wel, ek wil nie eintlik nie,” sonder dat ek dikmond getrek het nie. Dit was my manier om beheer uit te oefen. Ek was stukkend: verpletter, verflenter, verbrokkel, disfunksioneel. Ek was geskend, en ek het almal vir my pyn laat boet, selfs al was hulle nie verantwoordelik daarvoor nie. As jy geskend is deur mishandeling is jou menseregte aangetas, en dit kan jou oorweldig laat voel. So baie slagoffers van mishandeling bereik uiteindelik ’n punt waar hulle sê: “Ek kan dit 17
nie hanteer nie.” Alledaagse probleme pla hulle nie werklik nie, maar hulle word oorweldig deur die probleme van ’n gebroke hart. Dié van ons wat in disfunksionele huise grootgeword het, is dikwels so onseker in onsself dat ons ook disfunksionele huise skep. Ons het innerlike krag nodig om te keer dat ons oorweldig word deur ons uiterlike omstandighede. Ons moet God toelaat om ons drome wat aan skerwe lê, op te tel en ons te herskep na die beeld van Christus. Om dit te kan doen, gaan Hy dalk ’n paar van die skerwe wat ons oorhet nog verder opbreek tot fyn klei, ons met sy Woord natmaak, ons klonterige hoop oorskiet bewerk, en ons dan terugsit op die pottebakkerswiel. Hy is meer as in staat daartoe om iets ongeloofliks te ontwerp met wat ook al ons oorhet om Hom te gee. Jesus het gesê ons sal dit moeilik hê in hierdie aardse lewe: Dit sê ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin. ~ Johannes 16:33 - Niemand kan beproewing heeltemal vryspring nie, maar dié wat hul vertroue in Jesus plaas, het hoop: Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. ~ Psalm 34:19. Maar die Woord sê nie dat God ons dadelik van beproewing sal verlos nie. Ons moet dalk eers deur ’n paar dinge gaan. Die lewe oorwin altyd die dood, en lig seëvier altyd oor die donker. Sonder God se Woord lyk die toekoms dalk donker, maar Jesus sê Hy het gekom om ons lig te wees: “Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in my glo, nie in die duisternis sou bly nie” ~ Johannes 12:46. In plaas daarvan om in duisternis en ellende te bly, moet ons Jesus volg en in alles sy voorbeeld hier op aarde volg. Jy kan nie aangaan as jy gebroke of oorweldig is of onderdruk word nie. Maar teen hierdie tyd het jy al genoeg van God se Woord gehoor om te weet dat jy nie meer in die verlede vasgevang is as jy die Here volg nie. Jesus het gesê: “As julle aan 18
my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak (Joh 8:31).
Hou aan om die Here te volg God plant drome in ons hart. Maar baie mense hou nie enduit vol om Hom te volg nie en vervul nie daardie drome nie. Baie mense begin, maar gooi tou op, begin weer en gooi tou op, begin weer en gooi tou op. Hulle hou nie vol nie, want hul gebrokenheid oorweldig die hoop in hul hart. Hulle het nie innerlike krag om hulle dwarsdeur na die einde toe te dra nie. Jesus sal jou wonde verbind en jou kneusplekke genees. Sy Woord is salf vir jou siel en bring genesing vir jou hele liggaam. Wanneer jy saans jou kop neerlê, vul jou denke met God-geïnspireerde gedagtes soos: Ek is ’n geregverdigde van God in Jesus Christus. God het my lief. Hy het ’n goeie plan vir my toekoms. Bid dan gelowig iets soos: Here, ek glo dat U my liefhet en dat U al hierdie stukke van my lewe wat aan skerwe lê, kan optel en omskep in iets goeds vir my. U sê dat U alles ten goede sal laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Here ek het U lief. Ek glo dat U my vergewe het. Vader, ek neem U genesing vir my gebroke hart aan. Moenie saans in die bed klim en dink jy is in ’n aaklige gemors waaruit jy nooit sal kom nie. Moenie dink dit gaan nooit weer beter gaan nie, of dat dinge nooit sal verander nie. Gebruik die Woord as salf vir jou wonde in die vlees en gees. Bestudeer dit sodat die krag van die Woord en die Heilige Gees kan saamwerk in jou lewe.
Jou pyn is nie tevergeefs nie God het al die jare wat ek vermors het deur my oor alles te tob en te bekommer bymekaargemaak en dit het my getuienis geword. Hy het waarde gevind in elke hartseer situasie waardeur ek gegaan het. Jy wonder dalk: Hoe kan God ooit enigiets goeds skep uit hierdie gemors wat ek aangevang het? God het maniere van
dinge doen waarvan ons niks weet nie. Miskien voel jy dat jy jou lewe vermors het, maar as jy verder tyd gaan mors deur daaroor te bly sit en dink, gaan jy nie na ’n nuwe plek kan gaan nie. As jy God vertrou, kan Hy iets wonderbaarliks doen in die tyd wat jy oorhet, selfs al is dit net ’n kort rukkie. God kan iets so wonderbaarliks doen dat dit alles waardeur jy gegaan het, die moeite werd sal maak wanneer jy sien hoe God dit neem en in jou doen wat slegs Hy kan doen. Wat wonderlik is van God, is dat Hy nie net sien waar ons nou is nie, Hy sien ook waarheen ons op pad is. Hy werk dwarsdeur ons reis met daardie eindbestemming in gedagte. Hy het ons onvoorwaardelik lief van die begin af. Ons kan op elke denkbare manier sy liefde en aanvaarding probeer kry, maar eintlik moet ons dit net ontvang. Soms probeer ons so hard om in God se teenwoordigheid te kom, terwyl dit in werklik onmoontlik is om weg te kom van Hom. Kyk wat sê Psalm 139:7 - Waarheen sou ek gaan om U gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? Klim ek op na die hemel is hy daar. Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas. Moenie gebroke bly nie; neem die besluit om jou verlede en jou toekoms aan die Here toe te vertrou. Ons moet verstaan dat wanneer God nie in ons omstandighede ingryp nie, of wanneer Hy nie so vinnig optree as wat ons sou wou hê nie, wag Hy dalk met rede. Nes ons dink daar is geen uitweg uit ons gemors nie, sal God aan ons bewys hoe kragtig en wonderbaarlik Hy werklik is en in ons lewe kan werk. Manna
Hierdie is ’n verwerking uit Vry om te leef deur Joyce Meyer. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.
Ontmoet jou
vervolgde Christenfamilie -deur Geopende Deure Suider-Afrika
Vir meer as 60 jaar, werk Geopende Deure saam met kerke en plaaslike vennote om dié te “versterk wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe” (Openb. 3:2). Geopende Deure dien die vervolgde Kerk wêreldwyd deur, onder andere, die voorsiening van Bybels, Christelike literatuur, dissipelskapsopleiding, geletterdheidskursusse, praktiese hulp en die bemoediging van Christene wat woon waar geloof die meeste kos. Dit gaan nie net daaroor om die Kerk aan die gang te hou sodat gelowiges kan voortgaan om byeen te kom nie, maar ook om die Kerk te ondersteun om Christus se lig te laat skyn in van die donkerste plekke op aarde. Soos Geopende Deure se stigter, Broer Andrew, sê:
“Die werk van die Kerk is nie net om te oorleef nie. Die Kerk bestaan om die Groot Opdrag te gehoorsaam. Haar werk is om dissipels van alle nasies te maak.” Geopende Deure stel jaarliks ʼn Wêreldwaarnemingslys vry wat die top 50 lande aandui waar Christene die ergste vervolging verduur. Besoek gerus www.opendoors.org.za vir vanjaar se Wêreldwaarnemingslys. 1 Korintiërs 12:26 sê: “As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.” Sal jy saam met ons staan om diegene te dien wat ons geloof deel, maar nie ons vryheid nie? Laat die onverskrokke geloof van ons vervolgde broers en susters – wat God se Koninkryk uitbou op die frontlinies van die geloof – jou aanmoedig op jou geloofsreis hierdie jaar: SMS ‘jou naam + Manna’ na 44641 om Geopende Deure se gratis, maandelikse nuusbrief, Frontlinie Geloof, en gebedskalender te ontvang. Vir eenmalige donasies Naam: Geopende Deure Bank: Absa Takkode: 632005 Rekeningnommer 160 340 568 (Lopende) Verwysingsnommer: MA1705
Naam: Geopende Deure Bank: Nedbank Takkode: 198765 Rekeningnommer: 113 750 4552 (Besigheids) Verwysingsnommer: MA1705
Deure
Diens aan vervolgde Christene wêreldwyd
Geopende Deure 011 888 9341 | E-pos southafrica@od.org | Web www.opendoors.org.za Open Doors South Africa | @opendoorssa | Open Doors South Africa | open_doors_sa Foto’s © 2017 Geopende Deure Internasionaal
SA se eerste
p�itief-dink tydskrif ’n Leeftyd van optimisme Die wonder van die hier en nou God maak die krom paaie weer reguit Ek en my God-kombersie Hoekom kinders grense nodig het Niks is tevergeefs nie
R37.00
Mei - Junie 2017
Volume 013
Manna digitaal – R30 elke 2de maand
Kry Manna op jou foon!
Om in te teken op Manna-digitaal sms Manna na 33282 en ons skakel jou! www.mannatydskrif.co.za