Manna volume 010

Page 1

Herbedraad jou brein vir positiwiteit God laat alles ten goede meewerk God is nie kwaad vir jou nie ’n Lewe wat sin maak Geheime vir ’n gelukkige huwelik Liefde en respek in die gesin

R34.00

November - Desember 2016

Volume 010



Stille nag, heilige nag Jesus kind lank verwag

Lig uit lig uit die Vader se ryk word uit liefde aan mense gelyk

Loof die hemelse Kind! Hemelvors, ons gee ag op die lied van die engelekoor Herders het dit die eerste gehoor Juig, die Redder

is daar!

Jesus, Heer, voor u mag, voor u ryk moet die duisternis swig; tot in ewigheid bly U

die lig - Heer, gebore vir ons! Heer, gebore vir ons!


Gary & Rhona Kieswetter

God goed! is

D

ie regte persepsie van wie God werklik is, is ’n pilaar van ons geloof. Dit is uiters belangrik dat ons weet en glo wat die Bybel vir ons hieroor leer, want dit bepaal ons manier van dink asook ons gedrag. Jesus se geboorte as die mens se verlosser was juis om die Vader se intensies teenoor die mensdom te kom bekendmaak.

Die Vader het sy liefde vir ons sigbaar gemaak deur sy Seun se lewensoffer. Sy hart is dat mense hulself ten volle aan Hom sal wy uit liefde. Sy wil is dat mense genees en herstel sal word en in oorwinning sal lewe vanuit ’n daaglikse intieme verhouding met Hom. Die Bybel sê God verheug Hom daarin wanneer dit goed gaan met sy kinders. Sy gedagtes vir ons is voorspoed, vrede en ’n hoopvolle toekoms. Die Woord verklaar dat God goed is en alles wat Hy doen goed is. Dat Jesus die Goeie Herder is en dat Hy oral waar Hy gegaan het, net goed gedoen het en almal genees het wat onder die mag van die vyand was. Die Heilige Gees word ook genoem die Goeie Gees. Die Woord verklaar ook dat alle dinge gebeur ten goede vir diegene wat Hom liefhet. Tog is nie alle dinge wat met ons gebeur goed nie. As ons eerlik moet wees, was daar al in elkeen van ons lewens situasies waar ons gevoel het God moes ingetree het of dinge voorkom het. In Sulke tye kom ons in die versoeking om Hom kwalik te neem, aanstoot te neem en sy liefde vir ons te bevraagteken. Die woord “aanstoot” beteken – om die aas te vat. Dan word ’n mens ’n gevangene van bitterheid en woede teenoor God.

Die fout wat ons maak, is om God se karakter direk te verbind aan ons gevoelens en omstandighede. Gaan dit goed, voel ons God is goed, maar gaan dit sleg, voel ons Hy laat sleg in ons lewens toe. Dit is nie waar nie! God bly goed, Hy bly in beheer en Hy bly konstant ongeag van waardeur ons gaan. Inteendeel, Hy is die Een wat ons deur moeilike tye dra en weer herstel. Hy het egter nie vir ons ’n lewe sonder moeilike tye belowe nie, inteendeel Hy het gesê in hierdie wêreld sal ons moeilikheid hê, maar dat ons kan moedhou want Hy het reeds die wêreld oorwin! Daarom is dit absoluut noodsaaklik om te weet dat slegte dinge nie van God af kom nie. Die Bybel sê God kan nie versoek word om kwaad te doen nie. Die vyand het gekom om te steel, te roof en dood te maak, Jesus het gekom dat ons lewe en dit in oorvloed kan hê. As jy wonder, vra jouself die vraag: Is dit wat in jou lewe gebeur besig om te steel, te roof of dood te maak? Dan kom dit van die vyand. As dit lewe en lewe in oorvloed behels, is dit van God af. Ons moet egter die waarheid van sy karakter in alle omstandighede glo. Sodoende sal daar nie sprake wees om God te verkwalik wanneer Hy nie ingryp soos ons dit wil hê nie. Dan sal ons juis na Hom toe hardloop en met sy hulp oorwinning kry. God se goedheid is sigbaar hierin dat Hy vir ons iets goeds kan laat voortvloei uit ’n slegte gebeurtenis. Moenie die aas vat om aanstoot te neem teenoor God nie en moenie toelaat dat jou seer bepaal wie God in jou oë is nie. Vra om vergifnis en glo in die absoluutheid van die waarheid van die Woord wat verklaar dat God goed is en besig is om jou situasie ten goede te laat meewerk.


GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL

September - Oktober

2016

Herbedraad jou brein vir positiwiteit

06

God laat alles ten goede meewerk

16

’n Lewe wat sin maak

As jy iets genoeg herhaal vir jouself sal jy dit begin glo, of dit nou waar is of nie.

God is nie kwaad vir jou nie

Jy hoef nie God se woede of straf ’n oomblik langer te vrees nie. Hy het jou onvoorwaardelik lief.

Kan jy doen met meer vreugde?

26

Ware blydskap is nie gekoppel aan ’n spesifieke gebeurtenis nie. Ware geluk kom van binne af. MANNA www.mannatydskrif.co.za Tel: 086 111 2329 Inskrywings: admin@grootisutrou.co.za

10

Dinge wat dalk bedoel was om jou skade te berokken, sal God tot jou voordeel gebruik.

21

Ons lewe mag nie net om onsself draai nie. So sal ons nie ’n verskil maak nie.

Geheime vir ’n gelukkige huwelik

28

Liefde en respek in die gesin

32

Is ’n goeie huwelik – wat nog te sê ’n wonderlike huwelik – ooit moontlik?

Kinders het liefde nodig. Ouers het respek nodig. Dit is so eenvoudig en soms tog so moeilik!

Redakteurs: Gary en Rhona Kieswetter Uitgewer: Ingrid Stegmann / ingrid@dor22.co.za

Grafiese ontwerp & uitleg: Adri de Bruyne Ontwerpelemente: Freepik.com Fotos: Shutterstock


Geloofsmuur Die geheim is om die regte gedagtes te kies en jou denke positief te hou. Nie net wanneer jy goed voel nie, nie net wanneer dinge goed verloop nie, nie net wanneer jy geen probleme ondervind nie, maar ook wanneer dit nie goed gaan nie. Jy moet juis jou oë en gedagtes gevestig hou op God se goeie dinge wanneer dit nie goed gaan in jou lewe nie.

O Here, dit is eintlik maklik om gelukkig te wees wanneer alles goed gaan in my lewe. Help my om net so gelukkig en positief ingestel te wees wanneer dinge nie so goed gaan nie. Help my deur die droë seisoene en help my om die lesse te leer wat U wil hê ek moet leer.

Ek wil jubel en juig oor U troue liefde, Here. U is goed en aan U liefde is daar geen einde nie, U trou duur van geslag tot geslag - Psalm 100:5

Kom, Here, gee my hoop vir môre. Vul my met ’n verlange na die ewige. Kom, Here, laat U krag my wil versterk. Laat U vrede my gedagtes kalmeer. Laat U liefde my hart stil maak. Kom, Here, laat U goedheid my wese deurstraal.

Dankie Here dat ek beskik oor die nodige genade vir vandag. U Gees vul my met mag, krag en vasberadenheid. Niks wat ek deurmaak, is te veel vir my nie. Ek sal elke struikelblok oorkom, elke uitdaging die hoof bied en elke probleem s� te bowe kom dat ek beter daaraan toe is as voorheen.

Ek verklaar God se ongelooflike seëning oor my lewe. Ek sal ’n uitbarsting van God se goedheid, ’n skielike wydverspreide uitbreiding sien. Ek sal die ongeëwenaarde grootheid van God se guns ervaar. Dit sal my verhef tot ’n vlak veel hoër as waarvan ek ooit kon droom.


Voetpad na

V�ede

Mila nie Vosloo

Brei my hart sodat elke stukkie hard- en onbuigsaamwees so� lekker-voel gebreide leer sal word. En ek vir ander ’n ruimte sal wees waarheen hulle graag kom in die wete dat hulle op die rusbank van my hart sommer net kan wéés. Sommer net tuis kan kom in sonderoordeel-liefde.

O

Vader, die �êreld en �y �ense �an �o ongenaakbaar �eenoor �ekaar �ees. Terwyl ons almal eintlik �ehoefte �et aan ander �e �agte oë. Sagte �ande. Sagte �arte.

Sagte oë

ns gesin het ’n manier om mekaar stilweg te maan wanneer ons agterkom dat die ander een uitgesproke is oor iemand anders met twee woorde: “Sagte oë!” En ons almal weet wat dit beteken. Ons weet dat die ander persoon vir ons wil vra: “Het jy in sý skoene geloop? Want as jy het, sal jy met sagter oë na hom of haar kyk. Natuurlik hou ons nie altyd daarvan as die ander persoon ons in ons uitgesprokenheid stop met die sagteoë-aanmaning nie. Want soms is ’n mens regtig kwaad, ongelukkig of sommer net geïrriteerd met iemand. Ander kere weer staan ons stom oor wat ander mense doen en kyk ons afkeurend – selfs liefdeloos – na hulle. Dit is nie altyd maklik om met sagte oë deur die lewe te gaan nie. Ons bly immers mense wat van mekaar verskil, ons eie stempel wil afdruk en dikwels glo dat óns reg is. Maar sagte-oë-wees is presies wat ons Here ons kom leer het. Presies wat Hy van ons vra wanneer Hy sê dat ons ander soos onsself moet liefhê. Waag dit om vandag met sagte oë te leef teenoor die mense op jou pad. Jy sal gou agterkom hoe ánders hulle dan lyk! Hoe ánders jy teenoor hulle voel. Hoe jy hulle –ongeag– kan liefhê.

Here, leer my oë – my hart – om sag te kyk. Hierdie is ’n uittreksel uit Voetpad na Vrede uitgegee deur CUM.


Dink jouself

gelukkig...

Herbedraad jou brein vir

D r P i e t e r v a n Jaars vel d

positiwiteit

As jy iets genoeg herhaal vir jouself sal jy dit begin glo, of dit nou waar is of nie.

A

s jy van negatiewe gedagtes, die gevoelens van minderwaardigheid en onsekerheid ontslae wil raak, moet jy jou brein nuut bedraad. John Arden gee vier praktiese stappe wat gevolg kan word by die aanleer van enige nuwe gedrag of tegniek en vat dit saam in ’n akroniem, FEED. Jy moet fokus op wat jy wil aanleer – dit beteken dat jy moeite gaan doen (effort) totdat dit moeiteloos (effortless) vasgelê is en dit nou eintlik outomaties is. Die herbedrading in die brein het dus plaasgevind. Nou moet jy aanhou om dit as deel van jou daaglikse lewe te doen, anders gaan jy dit verloor (determination). Positiewe stellings of verklarings is een tegniek om jou brein te herprogrammeer en nuut te bedraad sodat jy ontslae kan raak van al die negatiewe kondisionering van jou kinderjare en die res van jou lewe. Onthou, dit maak nie saak hoe oud jy is nie. Indien jy dit nog nie voorheen gedoen het nie, moet jy dit nou doen! Jy dra steeds die las daarvan sonder dat jy daarvan bewus is. Nou is die tyd om ontslae te raak en te leer om nuut te dink. Dié tegniek van positiewe stellings word lank reeds gebruik. Reeds in die begin van die twintigste eeu het Emile Coué groot sukses met sy pasiënte gehad deurdat hulle elke dag net vir hulself moes sê: “Ek word elke dag beter en beter en beter.” Hulle het baie vinnig verbeter en die stellings het hulle vir hulself twee minute in die oggend en twee minute in die aand gesê. Coué het natuurlik nie geweet waarom dit met sy pasiënte gewerk het nie. Vandag weet ons dit het te doen met die herbedrading van die brein. Ons weet jy kan feitlik van enige slegte gedrag, of selfs siektes, ontslae raak deur die brein te herbedraad. Hy het dit egter gebruik om doelwitte te bereik. Kom ons kyk na die wetenskaplike rede waarom hierdie pasiënte van Coué verbeter het: Baie mense wat al ’n lang tyd siek is, sê vir hulself: “Ek voel ellendig”, “Ek voel moeg”, “Dit is verskriklik”, “Ek word nie beter nie”. Hoewel hierdie stellings heeltemal waar kan wees, bedraad hulle ongelukkig daardie gevoel in die brein. Die brein skei chemiese stowwe af en dit versterk daardie gevoel al hoe meer en meer. In eenvoudige taal dus: As jy vir jouself oor en oor sê jy voel siek, dan word dit bedraad in die brein en voel jy net al sieker! Coué se pasiënte het egter nie die “siek-wees”-neurons versterk nie, maar nuwe bedrading laat plaasvind van “ons word gesonder en gesonder”; hierdie nuwe bedrading laat die hele liggaam daarop reageer.

Waarom moet jy positiewe stellings gebruik? Ons sien dus dat elke gedagte wat deur jou brein gaan, jou brein verander. Stuur baie positiwiteit deur jou brein, en jy bedraad jou brein vir positiwiteit en jy word ontslae van negatiwiteit. Die jammerte is dat ons brein soos Velcro vir negatiwiteit is, as gevolg van die baie negatiwiteit van die verlede. Dit is negatiwiteit wat vassteek en ons kan dit verander. Hierdie stellings of positiewe boodskappe moet in die eerste plek gebruik word om jou onbewuste te herkondisioneer ten opsigte van die negatiewe indrukke wat oor die jare daarin opgegaar is. Hierdeur word jou brein herbedraad van negatiwiteit na ’n positiewer uitkyk. Tweedens kan jy hierdie stellings gebruik om spesiale doelwitte wat jy vir jouself gestel het, te bereik. Dit is dan selfsuggestie en omdat 06


die onbewuste nie kan onderskei tussen waar en onwaar nie, reageer dit hierop. Jy kan hierdie stellings in jou daaglikse lewe gebruik op persoonlike sowel as besigheidsvlak. Dit sal jou help om angste te bestry, of met jou persoonlike ontwikkeling of om in die algemeen in beheer van jou dag te wees – dus doelwitgedrewe. Hier is ’n paar voorbeelde van doelwitgedrewe, positiewe stellings: “Ek is ’n uitstekende verkoopsman; my inkomste is R500 000.” Of vroeg in die oggend: “Dit is ’n wonderlike dag! Ek geniet dit!” Of: “Ek verloor gewig! Ek lyk goed!” Of:”Ek voel gemaklik daarmee om met mense van alle kulture saam te werk.” Of: “Ek is elke dag gesonder en gesonder.” Of: My bloeddruk verander na normaal” Of: “Die kankerselle brand uit en gaan weg.” Of: “My hart is elke dag beter en beter.” Vir ons senior ouens, soos ek: “Ek is elke dag jonger en jonger!” Stel dit gerus op die proef. My gunsteling stelling is: “Ek leef elke dag met geluk en vreugde en slegs goeie goed gaan vandag met my gebeur!” So bedraad ek elke dag geluk. Onthou om doelgerigte stelling positief te hou sonder enige twyfel. Byvoorbeeld: “Ek herstel vinnig” is positiewer as “My verkoue is besig om weg te gaan”. Of “Die gewas verdwyn met rasse skrede” is positiewer as “My kanker word minder ernstig”. Derdens is dit belangrik dat jy moet probeer gesond bly. Navorsing het aangetoon dat ’n mens se liggaam outomaties positiewe hormone afskei die oomblik dat jy iets positiefs vir jouself sê. Vierdens: Daar is drie dinge om oor hierdie stellings te onthou: herhaling, herhaling, en herhaling. Jy weet mos nou al waarom. As jy hierdie stellings vir jouself herhaal, bou jy nuwe neurale netwerke in jou brein; nuwe bedrading.

Geskrewe stellings: Wanneer jy positiewe stellings vir die herprogrammering van jou onbewuste of vir askiegeoriënteerde doelwitte neerskryf, moet jy die volgende ingedagte hou: § Positiewe stellings is persoonlik. Wanneer jy dit neerskryf, moet jou mikpunt wees om jou onbewuste, jou selfagting en jou ingesteldheid te verander. Stellings sal dus meestal met “Ek” begin. § Dis nie eens nodig dat jy die stellings moet glo nie. Jou onbewuste sal in elk geval daarop reageer omdat dit nie die verskil tussen reg en verkeerd, waar of onwaar kan onderskei nie. § ’n Stelling kan ook vir ’n gesinsdoeleinde of vir ’n span gebruik word, en dan begin dit met “ons”. § Stellings moet positief en in die teenwoordige tyd wees. Moenie ’n stelling soos “Ek is onbevoeg” gebruik nie. Skilder ’n positiewe prentjie vir die onbewuste van iets wat jy graag nou wil ervaar. Moenie frases soos “Ek sal...”, “Miskien sal ek...” of “Eendag sal ek...” gebruik nie. § Deur die gebruik van stellings soos “Ek is...” “Ek het ...” word die boodskap aan jou onbewuste gestuur asof jy dit reeds bereik het of reeds jou optrede verander het. § Hou stellings so kort moontlik. Probeer om nie meer as tien woorde te gebruik nie. Herhaling sal die stellings in jou onbewuste vestig. Hoe korter hoe beter, dus. § Plaas die stellings waar jy dit daagliks kan sien. Op ’n post-it by die badkamer of op jou skootrekenaar se skerm. Goed. Stel nou vir jou ’n lysie van ± tien van jou eie positiewe stellings op en herhaal hulle daagliks vir jouself, ongeveer sewe tot tien keer per dag. Jy kan in die begin baie verleë voel, of selfs simpel, om hierdie stellings aan jouself te herhaal. Hou egter aan, want dit is waar die effort inkom. Onthou ook dat die eerste vier dae die moeilikste is, maar ná die vyfde dag word dit makliker en ná 21 dae is dit moeiteloos en sal jy ’n merkbare verandering voel. Jy kan dit nou die res van jou lewe doen.

Dr. Pieter van Jaarsveld werk plaaslik en internasionaal as konsultant vir leierskapontwikkeling in die sakewêreld. Hy het twee meestersgrade (in Sielkunde en Teologie) en ’n doktorsgraad vir sy tesis oor die selfdunk en eiewaarde van mense. Hy is ’n bekende gas op radio- en televisieprogramme. As jy meer wil weet oor positiewe sielkunde, kry solank sy nuutste boek Dink jouself gelukkig.

07


GeseĂŤnde Kersfees


Sluit aan �y

MANNA Manna is ’n twee-maandelikse publikasie wat tjok en blok vol Woordgebaseerde artikels is. Hierdie is nie net ’n sommer-so geestelike tydskrif nie, maar een wat jou gees sal voed, jou lewe sal verryk en jou verhouding met God sal verdiep.

Sluit aan �y Manna teen R34 elke 2de maand!

Is jy opsoek na ’n geestelike tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie?

Maar ’n Tydskrif waar elke artikel vir jou geestelike waarheid bring?

Herbedraad jou brein vir positiwiteit

’n Tydskrif wat jou leer oor die krag van God se Woord in jou lewe?

God laat alles ten goede meewerk God is nie kwaad vir jou nie

’n Tydskrif waar jy meer lees van God as oor mense?

’n Lewe wat sin maak

Sluit aan �y ons op een �an die �aniere:

Geheime vir ’n gelukkige huwelik Liefde en respek in die gesin

Bel 012 9970898 gedurende kantoorure Gaan na www.mannatydskrif.co.za en kliek op ‘sluit aan’. Stuur ’n epos met jou naam en kontakbesonderhede na admin@grootisutrou.co.za

R34.00

November - Desember 2016

Volume 010

SMS “Manna” na 33282


God laat

alles ten goede meewerk J oe l Oste e n

Dinge wat dalk bedoel was om jou skade te berokken, sal God tot jou voordeel gebruik.

D

ie meeste van die tyd wanneer alles na ons wense verloop, glo ons God is in beheer. Ons kry goeie deurbrake; besigheid begin oplewe; ons gesin is gelukkig en die kinders se rapporte lyk goed. Ons weet God rig ons tree. Die lewe is goed. Ons geloof vrywaar ons egter nie van moeilikhede nie. Die storms van die lewe tref elke mens. Ons mediese verslag is sleg, ’n vriend laat ons in die steek, besigheid is treurig. Wanneer dit nie goed gaan nie wonder ons maklik waar God dan is. Hoe kan Hy toelaat dat dit so met ons gaan? Maar dieselfde God is in beheer van die goeie sowel as die slegte tye. God sal nie ’n storm oor ons toelaat as Hy nie ’n Goddelike doel daarmee het nie. Hy het nooit gesê Hy

10

Baie mense sê hulle glo, maar as die tye moeilik raak, raak hulle verlore. Hulle voel God het hulle teleurgestel

sal elke probleem verhoed nie. Maar God het wel beloof dat Hy elke probleem sal gebruik tot die voordeel van diegene wat Hom liefhet. Die geheim is dat God die stormwinde sal laat waai waar Hy jou wil laat gaan. Ons beskou die storms as negatief. “O, dis te erg. Ek kan nie glo dit gebeur met my nie.” Maar God gebruik die storm om jou van punt A na punt B te bring. Die winde mag sterk wees, ja, en die omstandighede nie goed nie, maar as jy jou geloof behou en nie verbitterd raak nie, nie begin kla nie, sal die winde jou tot op ’n nuwe vlak van jou lotsbestemming waai. Die bedoeling kon gewees het om jou skade te berokken, maar God weet hoe om die winde te laat verander. In plaas daarvan dat dit jou agtertoe waai, sorg Hy dat dit jou vorentoe waai, waar jy beter en sterker sal wees en die storm jou sal bring na ’n plek van groter seëning en invloed.


11


Baie mense sê hulle glo, maar as die tye moeilik raak, raak hulle verlore. Hulle voel God het hulle teleurgestel. Hulle sal nie gelukkig wees voor die storm verby is nie. Herinner jouself daaraan dat God in beheer van die storm is. Niks gebeur sonder God se toestemming nie. As die storm jou van jou lotsbestemming sou weerhou, sou God dit nooit toegelaat het nie. Die rede waarom Hy dit toegelaat het, was om jou een tree nader aan jou Goddelike bestemming te bring. In plaas van jou geloof te gebruik om elke probleem uit die pad te probeer bid, gebruik liewer jou geloof om te glo dat wanneer die winde ophou waai, jy presies sal wees waar God jou wil hê. Dis wat Paulus gedoen het. God het hom beloof dat hy voor die keiser sou

staan. Paulus het gedoen wat reg was, hy het sy doel vervul en toe is hy gearresteer. Hy is op ’n skip gelaai wat na Rome sou gaan. Paulus het vir die kaptein en die bemanning gesê dat dit nie ’n goeie tyd was om uit te vaar nie, omdat daar slegte weer op pad was. Paulus se inligting het van Bo gekom, maar die skeepsbemanning wou nie na hom luister nie. Hulle was reeds in die middel van die oseaan toe daar ’n hewige storm losbars. Veertien dae lank het hulle nie die son of die sterre gesien nie, so donker was dit. Die see was in beroering en die winde het geloei. Die storm was so erg dat die matrose toerusting oorboord gegooi het in ’n poging om te keer dat die skip sink. Hulle was oortuig dat hulle sou sterf. Kan jy jou indink wat deur Paulus se gemoed gegaan

Sy plan vir jou lewe sal nie deur ’n storm gekeer word of deur ’n terugslag of die verlies van ’n geliefde of deur ’n onreg nie 12

het? Hy het gedoen wat reg was, en kyk waar beland hy – in die middel van hierdie skrikwekkende storm. Soms is daar beproewings, nie omdat jy iets verkeerd gedoen het nie, maar omdat jy die regte ding doen. Dis slegs nog ’n stap verder op jou pad na jou Goddelike bestemming. In die meeste storms kan ’n mens darem die einde sien. Een of ander tyd weet ons dit gaan eindig. Ons moet net vasbyt en dit verduur. Maar daar is sommige storms, soos die een wat Paulus beleef het, wat lyk asof dit nooit sal eindig nie. Jy het dalk sulke probleme. Dit lyk asof dit nooit opgelos sal word nie. Menslik gesproke dink jy, jy sal nooit gesond word of nooit uit jou skuld kom nie. Dit was so ’n nimmereindigende storm waarin Paulus vasgekeer was. Die bemanning


het uiteindelik vir hom kom sê: “Jy was reg. Ons moes vir jou geluister het.” Paulus het hulle nie verwyt nie: “Ek het julle mos gesê, kyk nou wat het julle aangevang. Julle sal ons almal laat ondergaan.” Nee. Wat hy in effek gesê het, was dat hulle nie bekommerd moet wees nie. Die God wat hy dien, het vir Paulus beloof dat hy voor die keiser sou staan. God sou nooit hierdie storm toegelaat het as dit Paulus van sy bestemming af sou weghou nie. Wanneer jy diep in jou hart ’n belofte het, kan enigiets ter wêreld maar teen jou kom. Die droom lyk ver weg, maar soos Paulus weet jy dit is slegs ’n tydelike terugslag en nie vir altyd nie. Dit sal jou nie keer om te word wat God jou geskape het om te wees nie. Die wind het so sterk geword en die branders so hoog dat die bemanning van

Paulus se skip dit nie meer kon beheer nie. In Handeling 27 lees ons dat hulle nie meer probeer het om die skip te stuur nie, maar die seile ingehaal het en toegelaat het dat die wind die skip waai waar die storm dit stuur. Soos vir daardie bemanning, kom daar ’n tyd wanneer jy alles gedoen het wat jy kan. Jy het gebid. Jy het geglo. Jy het in die geloof bly staan. Nou moet jy doen wat hulle gedoen het. Hou op om daarteen te stry. Hou op om dinge op jou manier te wil doen. Hou op probeer om dit te maak werk en gee die beheer oor. Laat die storm jou neem waar God jou wil hê. God sal jou nooit neem na ’n plek waar Hy jou nie kan onderhou nie. Om beheer oor te gee, is ’n kragtige ingesteldheid. Wanneer jy ophou om jou daaroor te bekommer, ophou om slaaplose

nagte te hê en ophou om angsbevange daaroor te wees en dan sê: Here, ek vertrou op U. Ek weet U beheer die winde. Hulle kan my agteruit waai, vorentoe, sywaarts, op of af. Die een ding waarin ek vertroue het, is dat U my sal neem waar ek veronderstel is om te wees. Toe my pa sewe-en-sewentig jaar oud was, moes hy met dialise begin. Hy moes uiteindelik hospitaal toe gaan. Die hele gemeente het gebid en geglo dat hy dit soos sovele kere tevore sou oorleef. Maar dié keer was dit nie so bestem nie. Dit kon gelyk het of daardie storm hom oorweldig het. Die waarheid was egter dat God steeds in beheer was. Die storm het hom nie oorwin nie, dit het hom verhoog. Daardie winde het hom na sy ewige tuiste gewaai, tot in die arms van sy hemelse Vader. Vir ons gesin het dit egter gevoel asof

13


alles buite beheer was. Dit was een van daardie storms waarvan ons die einde nie kon voorsien nie. Ons het nie geweet hoe dit gaan uitwerk nie. Kritici het gesê: “Lakewood sal dit nooit maak nie.” Nie sonder my pa nie. My eie gedagtes het op dieselfde trant gemaal: Dit sal nooit werk nie. Lakewood het sy beste dae gesien. Die feit is dat God dit kon verander het. Hy het my ma jare tevore al van terminale kanker genees. Hy is God. Hy kon my pa ook gesond gemaak het. Almal van ons kom voor situasies te staan wat nie uitwerk soos wat ons gehoop het nie. Ons het gebid. Ons het geglo. Maar ons geliefde was weg. Ons gebede is nie volgens ons tydsberekening beantwoord nie. Dis maklik om negatief en verbitterd te raak, en om jou drome prys te gee. Ek en my pa was beste vriende. Ek het baie jare lank saam met hom gewerk. Ons het oor die wêreld saamgereis. Skielik was hy weg. Ek moes doen wat ek jou vra om te doen. Ek moes sê: “Here, ek weet hierdie storm is nie vir U ’n verrassing nie. Ek kan my pa nie terugbring nie. Ek kan dit nie op my manier doen nie. Dus, Here, laat ek die seile slap hang en laat U winde my waai tot waar U wil hê ek moet gaan.” Ek het beheer oorgegee en teruggekeer na die plek van vrede. Ek het geweier om te sê:”Hoe sal dit kan werk? Wat sal nou gebeur? In plaas daarvan het ek gesê: “Here, ek vertrou op U. Ek weet U is in beheer van die winde.” In jou lewe waai daar miskien nou stormwinde en is die branders hoog. Jy kan nie sien dat dit gaan ophou nie. Neem ’n tree in die geloof en sê: “Here God, ek laat dit aan U oor om dit op U manier te doen. Ek weet U dra my belange op die hart. Hierdie storm sal my nie neem waar U dit nie wil hê nie. Here, ek vertrou dus op U.” As jy dit doen, sal daardie winde jou waai na ’n nuwe vlak van jou lotsbestemming.

14

Miskien nie oornag nie, maar God is ’n getroue God. Sy plan vir jou lewe sal nie deur ’n storm gekeer word of deur ’n terugslag of die verlies van ’n geliefde of deur ’n onreg nie. God sê geen wapen wat teen jou gesmee word, sal iets uitrig nie. Wanneer die vyand soos ’n vloed op jou afstorm, sal Hy ’n versperring daarteen opstel.

Moenie probeer om dinge na jou sin te laat verloop nie. Vertrou op God As jy in ’n storm is en daar is druk rondom jou, is dit maklik om bekommerd te raak. Maar jy moet weet, die stryd is nie joune nie. Die stryd behoort aan God. Hy het beloof om, as jy op Hom vertrou, die winde van rigting te laat verander sodat hulle jou nie terugwaai nie, maar vorentoe. Dieselfde winde wat jou probeer terughou, sal deur God gebruik word om jou vorentoe te stuur. Hou op treur oor wat jy verloor het. Vergeet van wat nie gewerk het nie. Vergewe die mense wat jou seergemaak het. Wees waagmoedig en sê: “Here, ek vertrou op U om reg te maak wat verkeerd is.” Die winde wat jou probeer terughou het, sal nou van rigting verander en jou vorentoe waai. God is volkome in beheer. As Hy jou in die werk wou hê waaruit jy afgedank is, sou jy nog daar gewees het. Laat dit gaan. Hy het iets beters vir jou. As jou gebede nie beantwoord word soos wat jy verwag het, volgens jou werkplan nie, moenie bitter voel nie. Moenie mismoedig word nie. Laat dit gaan. God het iets beters, iets groters vir jou toekoms. Jy is miskien bekommerd oor ’n mediese verslag, oor jou kind, oor

uitdagings by die werk, en jy kan snags nie slaap as gevolg van jou angs en vrese nie. As die wind dinge teen jou aanwaai, is dit maklik om gefrustreerd te raak en te begin stry teen dinge wat jy nie self kan verander nie. Plaas jou vertroue in God wetend dat jy alles gedoen het wat jy kan. Nou kan jy ophou worstel. Moenie probeer om dinge na jou sin te laat verloop nie. Vertrou op God. As jy dan terug is in daardie plek van vrede, met die wete dat God in beheer is van die storm, sal die winde wat bedoel was om jou onderstebo te waai, jou oplig en al hoër voer. As ’n arend in ’n storm beland, probeer hy nie met alle mag en vol frustrasie om sy pad deur die wind en reën te veg nie. Hy strek net sy vlerke uit en laat die sterk winde hom al hoër neem. Uiteindelik is hy bokant die storm waar dit kalm en vreedsaam is. Jy is miskien nou in die moeilikheid. Ek wil jou bemoedig. Die toets wat jy nou deurmaak, sal binnekort jou getuigskrif wees. Skud die moedeloosheid af. Raak ontslae van die selfbejammering en maak jou gereed, want God gaan iets nuuts doen. Die winde wat nou teen jou waai gaan van rigting verander. Hulle sal jou na die volheid van jou lotsbestemming bring. Manna



16


God kwaad is nie

vir jou nie

Joyc e Me ye r

M

God is nie eens vies vir jou nie. Jy hoef nie sy woede of straf ’n oomblik langer te vrees nie. Hy het jou onvoorwaardelik lief.

y ervaring van my eie verhouding met God en my bediening aan baie ander mense het my tot die besef gebring dat ’n groot persentasie mense glo dat God vir hulle kwaad is. Of dit net ’n vae gevoel of ’n vaste oortuiging is, dit keer dat hulle sy liefde, genade en vergifnis ontvang. En dit maak dat ons sonder selfvertroue en vol vrese en skuldgevoelens leef. En al vra ons God se vergifnis vir ons sonde en tekortkominge, voel ons steeds dikwels dat God teleurgesteld en kwaad is omdat ons minder is as wat Hy van ons verlang of verwag. Waar kom hierdie konsep van God vandaan? Miskien van ’n streng ouer wat moeilik was om

Jy mag oortuig wees dat God nie lief is vir jou nie en kwaad is vir jou, maar dit is nie wat God se Woord sê nie

tevrede te stel. Of uit pyn van verwerping deur ouers of vriende wat ons nie onvoorwaardelik kon liefhê nie. Miskien kom dit van die kerk af! Miskien was die klem op reëls en regulasies, met die implikasie dat ons vir God onaanvaarbaar sou wees as ons nie nougeset by die reëls hou nie. Ons wou reg lewe, ons het probeer om dit te doen, maar toe ons ontdek – soos almal maar doen – dat ons dit nie regkry nie, het ons stilweg aanvaar dat ons ’n teleurstelling vir God is en sy woede verdien. Ons het egter aanhou probeer verander en ons beter probeer gedra omdat ons vir God lief was, en ons wou nie hê dat Hy vir ons kwaad moet wees nie. Al wat dit ons in die sak bring, is ’n leeftyd van teleurstelling, want elkeen wat probeer om God volgens die wet (reëls en regulasies) te dien sal beslis teleurgestel word. Paulus sê in Galasiërs 3:10 – Almal wat probeer om self by God uit te kom deur te doen wat die wet sê, staan onder God

17


se vloek, want daar staan in die Bybel geskryf: “God vervloek elkeen wat nie tot in die fynste besonderhede alles doen wat in die wet opgeskryf is nie.” Ons verhouding met ons ouers of ander mense het ons moontlik geleer om op ’n sekere manier op te tree om hulle liefde te verdien, maar God se liefde is onvoorwaardelik, en dit word vrylik aangebied aan almal wat dit in die geloof aanvaar. Alhoewel God kwaad word oor sonde en boosheid, is Hy nie ’n kwaai God nie. God haat sonde, maar is lief vir sondaars! Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is goed en vergewe altyd maklik. Laat ek dit duidelik stel: God keur nie sonde goed nie, en sal dit nooit doen nie, maar Hy is lief vir sondaars en sal saam met ons werk sodat ons ons lewe positief kan verander. God hou nie vir ’n enkele sekonde op om ons lief te hê nie, en dit is weens sy groot liefde vir ons dat Hy weier om ons alleen, verlore in ons sonde, te laat. Hy kom na ons toe daar waar ons is, en help ons om te kom waar ons moet wees. Die Bybel is ’n verslag van sonde, bedrog, ongehoorsaamheid en skynheiligheid. En van God se oneindige genade en liefde. Die helde wat ons bewonder, is mense net soos ons. Hulle het van tyd tot tyd jammerlik gefaal, hulle het gereeld gesondig, en tog het hulle ook God se vrye gawes van liefde, aanvaarding en vergifnis ondervind. Sy liefde het hulle ingedring tot ’n intieme verhouding met Hom en hulle bemagtig om groot dinge te doen, en hulle geleer om die lewe wat Hy hulle geskenk het, te geniet. Aangesien hulle daardie aanvaarding beleef het, glo ek dat ons dit ook kan doen, as ons net wil besluit om God se Woord in plaas van ons eie gedagtes en gevoelens en ander mense se opinies te glo. Ons moet seker maak dat ons oortuigings in ooreenstemming is met God se Woord,

18

en nie versinsels en ons eie verkeerde denke is nie. Jy mag oortuig wees dat God nie lief is vir jou nie en kwaad is vir jou, maar dit is nie wat God se Woord sê nie. Daarom moet die verkeerde denkwyse verwerp word as vals, en God se Woord in geloof onvoorwaardelik aanvaar word. God het ons sy Woord gegee sodat ons altyd die waarheid tot ons beskikking kan hê. Dit is moontlik om ’n lewe van bedrog te lei as ons nie God se Woord die bron van alle waarheid maak en dit bo alles glo nie. Jy dink moontlik: “Wel, daar is absoluut geen rede waarom God my moet liefhê nie.” Wel, jy is reg. Maar God het jou nogtans lief. Hy het besluit om jou lief te hê, en omdat hy God is, het Hy die reg om dit te doen. Die Bybel sê Hy het beplan om ons lief te hê en as sy kinders aan te neem omdat Hy dit wou doen, omdat dit Hom plesier verskaf het en omdat dit deel van sy plan was. God het ons lief omdat Hy wil, nie omdat ons dit verdien nie. Elke keer as jy dit sê, moet jy dit vir ’n paar sekondes in jou bewussyn laat insink. Om bewus te wees van God se liefde is die begin van alle genesing en herstel. Dit is die bron van alle geregtigheid, vrede en blydskap. Ons moet leer om bewus te wees van God, nie van sonde nie. As jy op jou swakheid fokus, gee jy dit net mag oor jou. Om in die realiteit van God se liefde vir ons te leef, is die mees bevrydende waarheid wat ons ooit sal ontdek. As jy weet dat jy sal sondig, en dat God dit weet en reeds besluit het om jou te vergewe, elimineer jy daarmee die vrees vir mislukking. Die wonderlike waarheid is dat wanneer ons nie meer op ons sonde fokus nie, ons al hoe minder sondig. As ons op God se goedheid fokus in plaas daarvan om bang te wees vir ons swakheid, word ons al meer soos Jesus. God het in Christus die probleem van sonde opgelos. God beveel ons sekerlik om nie te sondig


nie, maar Hy weet dat ons dit wel sal doen omdat ons swak is. Daarom het Hy die probleem opgelos deur sy Seun Jesus te stuur as die offer en betaling vir ons sonde. Jesus het vir alle sonde wat ons al ooit gedoen het en nog sal doen, betaal. En Hy het vir ons ’n nuwe manier gewys om God te dien. Nie in vrees of skuld nie, maar in vryheid, liefde en intimiteit.

Jy het nog nie te veel genade ontvang nie. Daar is nog ’n oneindige hoeveelheid beskikbaar vir jou, en daar sal wees so lank as wat jy lewe God is vasbeslote om ’n intieme verhouding met elkeen van ons te hê, en die enigste manier om dit te kan doen, is deur sy genade, liefde en vergifnis gedurig aan ons te bied. Die enigste manier om ’n verhouding met Hom te hê, is om te leer om gedurig sy genade en liefde en vergifnis te aanvaar. En ingeval jy wonder: jy het nog nie te veel genade ontvang nie. Daar is nog ’n oneindige hoeveelheid beskikbaar vir jou, en daar sal wees so lank as wat jy lewe. God se genade is elke dag nuut! Dit is ’n gawe en kan net geniet word as dit ryklik ontvang word. Ek bid dat jy God se genade, guns, liefde, en vergifnis, asook die wonderlike waarheid dat God nie kwaad is vir jou nie, in oorvloed sal ontvang. Mag jy met vrymoedigheid lewe en alles wees wat God bedoel het jy moet wees, en mag jy

lewe in die volheid van die vreugde en skoonheid waarvoor jy gemaak is. En mag jy elke dag weet dat God nie kwaad is vir jou nie en jy hoef nie in vrees vir Hom te lewe nie. Liefde is sterker as vrees, en as ons op God se liefde reageer, sal al ons vrese verdryf word. Ons kom in gehoorsaamheid na God toe omdat ons weet Hy het ons lief, nie omdat ons bang is vir sy straf nie. Ek het baie jare van my lewe gemors in ’n vae vrees dat God vir my kwaad is, en dit was eers toe ek sy liefde in geloof aanvaar het dat ek van daardie las bevry is. Ek het geglo dat God my liefhet op ’n algemene, onpersoonlike manier, maar ek het nie die intense, vurige, allesverterende liefde wat God vir sy kinders het, geken nie. Gelukkig het ek oor die jare daardie wonderlike liefde leer ken, en dit het my werklik vrygemaak. Ek weet nou dat God nie vir my kwaad is nie; Hy is selfs nie eers vies vir my nie! En dit is nie oor ek wonderlik is nie, dit is net omdat Hy vir my lief is. Ek is nie meer bang om net soos ek is na Hom toe te gaan nie. God wil dit vir jou ook doen, en jy hoef sy woede nie ’n oomblik langer te vrees nie. God het jou op hierdie oomblik volmaak en onvoorwaardelik lief. Glo dit, ontvang dit en laat toe dat dit jou van alle vrees bevry. Miskien moet jy heeltemal nuut na God kyk. Op ’n Bybelse manier, nie soos baie mense Hom deesdae sien nie. Ek kan jou verseker dat al het jy wat gedoen, al is jy nou besig met wat ook al wat verkeerd en sondig is, God het jou steeds lief! Manna

Hierdie is ’n verwerking uit God is nie kwaad vir jou nie deur Joyce Meyer.

Hierdie is ’n verwerking uit ’n Nuwe Seisoen deur Max Lucado.

Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.

Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.

19


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.