November - Desember 2015
GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL
R31.00
Volume 004
Welkom , o stille nag van vrede...
onder die
suiderkruis, wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis.
Kersfees kom!
Kersfees kom!
Gee aan God die eer! Skenk ons ’n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeue-oue taal. Kyk, selfs die nagtelike swye vertel die ou verhaal.
Kersfees kom, Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer.
Voel jy ook nou sy warm liefde as ons die dag gedenk, toe Hy sy Seun aan ons gegee het – ons grootste Kersgeskenk. Christus kom, Christus kom – gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer! Koos du Plessis en Jannie du Toit
God D
ie wyse manne uit die ooste het nie die Bybel tot hulle beskikking gehad nie, wat beteken dat hulle nie geweet het van enige profesieë aangaande Jesus nie. Hulle het bloot reageer op iets waarin hulle vertroue gehad het en dit was om sterre te kon lees. Sterre was destyds gebruik om tye en seisoene aan te kondig. Hulle het geweet dat die ster se betekenis was die koms van ’n nuwe koning. Kyk hoe genadig is God teenoor hulle, om dit waaraan hulle gewoond was, te gebruik om hulle aandag te trek. Tot vandag toe gebruik God verskillende maniere om ons aandag na Jesus te trek. Hier is die ster nie die einddoel nie, maar ’n instrument om hulle eerstens tot by Herodes se paleis te bring. Hier het die Skrifgeleerdes die uitleg aan hulle bekend gemaak en hulle ontvang ’n dieper openbaring van waarheen die ster hulle lei. Selfs toe hulle weer verder reis, het die ster hulle steeds gelei, maar nou het hulle die kennis van die Skrif ook gehad. Die oomblik toe die ster hulle tot by die krip bring, was dit nie meer waaroor dit gegaan het nie want hulle het Jesus gevind. Wat op aarde het dit met ons te doen vandag? Wel, soms gaan jy deur donker tye en jy voel hopeloos, rigtingloos en doelloos. Jy sien net geen lig aan die einde van die tonnel nie. Maar hier is die goeie nuus – sterre is slegs sigbaar in die donker! Die funksie van ’n ster is om die lig van die son te weerkaats en God gebruik soms iets kleins om die heerlikheid van Jesus in donker tye aan jou bekend te maak.
stuur ’n
ster!
As kind van God moet jy bereid wees om deur donker tye te loop in die geloof en met die vertroue dat God jou sal lei. Die ster is ’n kompas wat rigting aanwys, lig, hoop en bemoediging gee. God gebruik dit om vir jou te sê: “Ek is met jou, Ek is nog bewus van jou en Ek is getrou om jou te lei na my perfekte plan vir jou lewe.” Net soos die wyse manne nie dieper openbaring ontvang het totdat hulle nie begin beweeg het en die ster begin volg het nie, is dit ook nodig dat ons reageer op die dinge wat God oor ons pad stuur om ons te help. Om te reageer op elke bemoediging wat Hy daagliks vir ons gee. Soos ’n vriend wat bel en jou opbeur, ’n sms met ’n Skrifvers, ’n mooi sonsondergang of die liefde en omgee van iemand om jou. Jy kan nie die volheid ontdek wat God vir jou het as jy nie bereid is om hierdie “sterre” te volg nie. Die ster word gegee aan mense wat nie die nag gebruik as ’n verskoning om nie vorentoe te gaan nie. Jy kan of kla, huil, kwaad word en murmureer oor wat aan jou gedoen is, of jy kan kies om te sê: Ek gaan te midde van alles uitkyk vir die lewenslyne wat Hy vir my stuur om my terug te bring na Jesus toe. Het jy opgelet hoe God jou al baie deur moeilike situasies, teenstand, mislukkings en siektes gelei het en elke keer vir jou deurgekom het? Die vyand stuur die nag, maar God sal seker maak dat daar altyd ’n ster is om jou weer hoop te gee. Toe hulle die ster gesien het, het hulle hul verbly maar toe hulle Jesus sien, het hulle Hom aanbid. Laat toe dat elke “ster” wat Hy vir jou stuur jou direk na Hom toe lei sodat dit kan eindig in aanbidding. Gary & Rhona Kieswetter
November - Desember 2015
06
GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL
Wat om te bid...
Gebede uit Die Groot Gebede Boek deur Piet Naudé
16
Dink jouself gelukkig
Verander jou denke, verander jou lewe
28
’n Lewe in God
God sal vir jou in elke opsig sorg
MANNA www.mannatydskrif.co.za Tel: 086 111 2329 Inskrywings: admin@grootisutrou.co.za
22
Die doel van beproewings
32
Tem jou kind se tantrums
Beproewings is ’n toets van jou geloof, karakter en uithouvermoë
Hoe om daardie klein, maar sterk willetjie onder beheer te bring
Redakteurs: Gary en Rhona Kieswetter Uitgewer: Ingrid Stegmann ingrid@dor22.co.za
10
Detoks vir die siel Beleef die krag van lewegewende woorde
26
Die stryd onder jou kroos
36
Verwag ’n wonderwerk
Oplossings vir kinders wat baklei
Hoop het die vermoë om jou lewe onherroeplik te verander
Grafiese ontwerp & uitleg: Adri de Bruyne Advertensies: Marietjie Roux-Spangenberg 074 411 5711 / marietjie@mannatydskrif.co.za
Wat om te bid... Lux Ve rb i
Ere aan God Ek loof U, Here Jesus, omdat U ons so liefgehad het dat U ons Broer geword het. U was gewillig om gebore te word in ’n armoedige stal in Betlehem, sodat ek ’n burger van die hemelse Jerusalem kon word. U het ons swakhede op U geneem, sodat u Vader ons swakhede sou vergewe.
Jonat han S cri v er
Ek bid U: Bly altyd by my! Verlosser in wie alle volke van die aarde geseën is, gee dat ek my in dié verlossing só sal verbly dat ek met my hele hart saam met die engele sal sê: Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie U ’n welbehae het!
Om God se wil te ken Here, met die sonsopkoms van hierdie nuwe dag, bid ek dat U my sal seën met die wysheid en die krag om u wil te ken en te doen. Sodat ek saans teen sononder vol vreugde kan gaan rus in die wete dat ek dié dag my werk vir U reg en goed gedoen het. Gee my elke aand met die koms van die silwer maan en onder die
06
Die AB v an Grèv es
skittering van u sterre ’n dankbare hart vir die skoonheid van u skepping. En vir die voorreg dat ek vandag ’n klein stukkie kon bydra tot die grootsheid van u wêreld.
Nkosi sikelel’ iAfrika Ontferm U, heer, ontferm U oor hierdie land. Laat U genade oor ons wees. Steek U hand tog uit, Here, en seën ons land – hierdie land wat brand, Here. Laat die mense van ons land voor U staan, Here,
Kaapse Kersgebed Wat ’n mooi dag, Here! Die Kaap is skoon en soel ná Oukersaand se reën. Dankie vir elke tree wat ek hier mag opstap teen Platteklip, op na die Tafel daarbo. In die grysblou van die berge op die horison, in die diepblou van die see, in die helderblou lug, in die groen en bruin en die skakerings tussenin van plante en rotse en die berg, in die skadu’s en die lig, die warm en die koel, in my eie asem- en spierinspanning mag ek weet: God is by my, by ons. Die kersboodskap is waar. Ek weet dit veral vandag. Want,
X hosa - ge b e d
laat almal voor U oordeel staan. Laat geregtigheid triomfeer in hierdie land, o Heer.
Wyna nd R e tie f
Here, U het hierdie dag spesiaal geskep en eenkant gesit vir ons. U genade strek verby die horison, tot anderkant dáár waar ons nou nog nie kan sien nie – die ou jaar uit, die nuwe in. Die onsigbare, die onbekende, ánderkant ons sien en weet. Oor elke klip hou U ons voete vas, en as ons val, los U nie ons hand nie, maar help U ons op, en vryf die seer, en praat ons moed in vir die lang pad ondertoe. Die pad saam met U.
Hierdie gebede verskyn in Die Groot Gebede Boek deur Piet Naudé.
07
Detoks vir die siel! Cra ig Groe sc he l
Die krag van godvresende woorde kan vernuwe, genees en ons lewe verander.
D
it was ’n koel middag laat in Oktober toe ek die waarheid uitgevind het. Tot in daardie stadium het ek my eerste tien jaar in salige onkunde deurgebring, beskut teen die pynlike openbaring wat op die punt was om my wêreld te laat versplinter. Ashley Sanders, die buurdogtertjie in graad vyf en my maatjie, het langs my op die swaai in hulle agterplaas gesit en swaai. Sy het haar bene vorentoe geskiet in die rigting van die blou lug en haar goue hare het in die briesie gewaai. Toe sy aan die bopunt van haar swaaiende boog kom, het sy haar bene grasieus onder die houtsitplek van die swaai ingevou en die swaartekrag het haar teruggetrek.
10
Beleef die krag van lewegewende woorde
Ek móés beter doen; dus het ek agtertoe geleun en my bene vorentoe uitgeskiet sodat ek effens hoër as Ashley kon swaai, my volle aandag daarop gerig om haar met my vaardighede op die swaai te beïndruk. Vir enkele kortstondige oomblikke kon die lewe nie beter gewees het nie – die wind in my gesig, die oulikste meisie in die klas aan my sy, die son op haar hare. Toe laat Ashley onverwags ’n bom bars wat my lewe sou verander. “Jy het ’n lelike profiel,” het sy baie saaklik gesê, op dieselfde manier as wat sy sou sê: “Dis regtig warm vandag” of: “Ons gaan vanaand hamburgers eet.” Het ek haar reg gehoor? Lelik? Ek? Beslis nie! Daarop gee my droommeisie my ’n kyk wat sê: “Ek is tog baie mooier as jy en sal jou nie as my kêrel wil hê nie al is jy ook die laaste outjie op die dorp.” My lyf het lam geword van skok en vrees. Verbysterd het ek om lewe en dood bly vashou,
11
nie meer daarop ingestel om hoër as sy te swaai nie, maar bang ek gaan afval. “Ek het nie!” het ek teruggeskreeu. Selfs al het ek nie geweet wat ’n profiel is nie, het die assosiasie van die woord “lelik” met enigiets omtrent my manlike graadvyfvorm my onmiddelik op die verdediging geplaas. “Jy het,” het Ashley uitdrukkingloos geantwoord, haar stem sonder enige menslike emosie. Toe het sy weer op my losgetrek en elke woord beklemtoon vir impak op daardie singerige manier wat slegs ’n prinses van die speelgrond kan bemeester: “Jy het ’n lelike profiel omdat jou neus so groot is.” Die tyd het gaan staan. ’n Groot neus? Dit was waar – ek het aansienlik meer neus gehad as die gemiddelde outjie. “Aaaaaggg!” het ek geskree. Ashley Sanders, hoewel sy ietwat wreed was, het nie gejok nie. Ek het ’n groot neus gehad. Groot neuse maak lelike profiele. My lewe sou nooit weer dieselfde wees nie.
jy onthou waarskynlik die pyn van iemand se wrede woorde wat jou siel geskroei het. Jy hoor dalk nog steeds die boodskap van jare gelede wat aanhoudend in jou gedagtes afspeel en elke dag nog binne-in jou weerklink: “Jy sal nooit iets in jou lewe bereik nie.” “Ek wens ek het jou nooit gehad nie.” “Ek het jou nooit liefgehad nie.” “Jy sal ook nooit verander nie.”
Ek wil jou aanmoedig om voortdurend lewegewende woorde oor jouself en jou omstandighede uit te spreek
Stokke en Klippe Jy hoef nie ’n groot neus te hê om die kindertydse Engelse rympie te gehoor het nie: “Sticks and stones can break your bones, but words can never hurt me.” Die blote feit dat graadeentjies dit uitsing, maak dit nie waar nie. Die Ashley Sanders insident bly vir my ’n klassieke voorbeeld hiervan. Die volwasse weergawe van hierdie eeue oue gesegde is dalk eerder iets soos: “Stokke en klippe kan jou liggaam vir ’n paar dae kneus, maar woorde kan jou siel lewenslank verwond.” Net soos ’n neutronbom wat menslike lewe kan uitwis, maar geboue ongeskonde laat, so kan woorde verwoesting saai. Jou liggaam kan ongedeerd bly, maar jou hart ly onder die skrapnel van pynlike woorde. Dawid, wat ’n ding of twee geweet het van vyande in hoë posisies hê, skryf oor kwaadwilliges wat met skerp tonge vir swaarde en giftige woorde vir pyle op ’n mens kan los trek. Of jy agtien of 80 is, 12
Al is hierdie woorde ook hóé verpletterend, kan dit geneutraliseer word deur woorde van waarheid, hoop en liefde. Die regte woorde op die regte tyd kan nuttig, genesend en lewensveranderend wees. Spreuke 18:21 sê: “Die tong het mag oor dood en lewe.” Wat jy sê, kan vir jouself en ander mense lewe gee, of dit kan lewe wegneem.” Woorde besit krag ver bo wat ’n mens jou kan indink. Dink daaroor. Toe God die wêreld geskep het, hoe het Hy dit gedoen? Hy het gepraat. God het gesê: “Laat daar wees . . .” en dit was daar. Woorde het krag. Selfs in talle sprokies, legendes en mites is dit die krag van ’n gesproke towerspreuk of magiese frase wat óf verwoesting kan aanrig óf harmonie kan herstel. Die krag van godvresende woorde kan vernuwe, genees en ons lewe verander. Goddelose woorde het die krag om te bind, gevange te hou en te verwoes.
Kreatiewe woorde skep. Verwoestende woorde breek af. Kwetsende woorde verpletter. Nuttige woorde bou op. Toksiese woorde vergiftig. Sagte woorde genees. Geloofsgevulde woorde bring lewe. Goddelose woorde bring die dood. Wanneer dit kom by wat jy hoor en wat jy sê, is daar vir jou keuses om te maak, talle kere op ’n dag. Wanneer jy ander se woorde hoor kan jy kies om dit as die waarheid aan te neem of as leuens te verwerp. Elke keer wanneer jy jou mond oopmaak om ’n woord te uiter, het jy die geleentheid om lewe te spreek of die versoeking om dit te neem. Dink ’n bietjie terug oor die afgelope paar dae. Toe jy met ander mense gepraat het, wat het hulle gehoor? Jy het óf skerp pyle met punte in gif gedoop na hulle harte gemik, óf jy het hulle ingespuit met lewegewende, Godveranderende krag.
Kies lewe Nie net moet ons alle woorde inhou wat negatief is nie, maar ons moet ook woorde vrylaat wat positief is. Ek probeer leef volgens die reël: “As jy iets goeds dink, sê dit.” Elke keer wanneer jy iets positiefs dink, gee dit lewe met jou woorde. Dit is veral belangrik indien jy getroud is. Ek is oortuig daarvan dit is een rede hoekom ek en my vrou ’n sterk huwelik het. Elke keer as ek iets oor haar dink wat haar kan seën, probeer ek om dit dadelik te sê. Terwyl jy daaraan werk om ander met jou woorde van geloof en bemoediging op te bou, moet jy nie van jouself vergeet nie. “Selfgesprek” is die term wat gebruik word om die woorde te beskryf wat jy vir jouself of oor jouself sê wat ander mense selde hoor. Ek is oortuig daarvan dat baie mense hulle toekoms met toksiese selfgesprek beperk. Jy vind byvoorbeeld dat jy iets soos die volgende sê: “Ek is uitgeput. Ek dink nie ek kan hierdie week oorleef nie. My werk maak my dood. Ek is in elk geval nie baie goed daarmee nie. Ek sal waarskynlik net
’n gemors van alles maak.” Negatiewe selfgesprek kan in sekere opsigte ’n selfvervullende profesie word. Net soos ’n atleet meer waarskynlik in haar poging gaan slaag nadat sy dit gevisualiseer het, sal sy ook heel waarskynlik misluk indien sy vooraf mislukking gevisualiseer het. Jou woorde, of dit nou uitgespreek of net innerlik geabsorbeer word, gee vorm aan jou toekoms. Ek wil jou aanmoedig om voortdurend lewegewende woorde oor jouself en jou omstandighede uit te spreek. Jesus het gesê: “Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê gebeur, vir hom sal dit gebeur. Daarom sê ek vir julle: Alles wat julle in gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal
vir julle so wees.” Let op hoe Jesus klem lê op die krag van wat ons sê, in hierdie geval, vir ’n berg. Een leeraar wat ek ken, het altyd gesê: “Moenie óór jou berg praat nie. Praat mét jou berg.” Toe Dawid nog net ’n tiener was wat skape opgepas het, het hy sy woorde gebruik om sy geloof te bou toe hy voor die onoorwinlike reus, Goliat, gestaan het. Luister na die woorde van geloof wat Dawid vir homself en vir die reus gesê het: “Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jý kom na my toe met ’n dolk en ’n spies en ’n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het. Vandag sal die Here jou in my mag oorgee sodat ek jou kan verslaan en jou kop van jou lyf afkap.”
Indien jy voor ’n reus in jou lewe te staan gekom het, praat met hom. Sê vir jou teestander: “Jy is nie groter as my God nie. Met God se hulp sal ek jou verslaan.” Sommige mense glo dat jy alles sal kry wat jy sê. Myns insiens is dit ’n valse en gevaarlike geloof. Ek sê nie dat ons woorde meer krag het as God se plan nie. God is sonder enige twyfel ’n soewereine, alwetende, almagtige en alomteenwoordige God. Hy doen wat Hy wil doen. Stem eenvoudig saam met wat God sê. Net soos ons gedagtes in ooreenstemming bring met sy gedagtes, moet ons ons woorde in ooreenstemming bring met sy waarheid.
13
Praat met jou berg As jy in die versoeking kom om te sê: “Ek het heeltemal te veel om te doen,” stop en vervang dit met die waarheid. “Die Here het my toegerus en gawes gegee. Ek is voorberei om alles te doen wat Hy wil hê ek moet doen.” As jy voel dat jy maar net gemiddeld of slegter is, noem dit wat dit is: twak. Sê vir jouself: “Ek is die vakmanskap van God, in Jesus Christus geskep om goeie werke te doen wat God vooruit vir my beplan het om te doen.” As jy voel jy is te sleg vir God om jou te gebruik, herinner jouself aan die waarheid: “Ek is ’n nuwe mens in Christus. Die oue is verby. Die nuwe het gekom.” As dit vir jou voel of jy vir altyd ongelukkig gaan wees, praat met die berg. “Ek het alles wat ek nodig het. Die Here is my bron van blydskap en lewe.” As dit vir jou voel of jy voor ’n reus staan wat te groot is om te oorwin, kyk op na hom en sê: “Ek het al die geloof wat ek hiervoor nodig het. Wie is jy om teen my God te kom staan? Vandag sal my God vir my die oorwinning gee.” Jy het die krag om lewe te skep met jou woorde. Jy het ook die vermoë om lewe te neem deur die krag van dodelike taal te gebruik. Jy het die krag om reuse te verslaan en die vermoë om voor hulle te gaan lê. Jy het krag om berge te versit en die mag om hulle te vervloek omdat hulle in jou pad staan. Die keuse is joune. Dit is alles ’n kwessie van wat jy sê en hoe jy dit sê.
’n Honderd redes om te leef Ek het jare gelede ’n man by ons kerk ontmoet wat ek Nico sal noem. Nadat ons slegs ’n paar minute gesels het, kon ek agterkom dat hy met ’n diep en gevaarlike depressie worstel. In ’n poging om die erns van sy depressie te bepaal, het ek saggies gevra of hy daaraan dink om sy eie lewe te neem. Ek was nie verbaas toe hy antwoord dat hy deurentyd daaraan
14
dink nie. Vir die volgende twintig minute het Nico vir my al die redes gegee waarom hy niks gehad het om voor te leef nie. Toksiese selfgesprek het soos riool deur die stukkende wal van ’n opgaardam gestroom. “Ek is in niks goed nie. Niemand het my lief nie. Ek sal nooit ’n vrou kry nie. Ek is ’n totale mislukking.” Het hy een stryk deur gekla.
Jy het die krag om lewe te skep met jou woorde Ek het ’n skryfblok gegryp en vir Nico gesê: “Jy gaan vir my honderd redes gee hoekom jy moet bly leef.” Hy het onbegrypend na my gekyk terwyl ek die syfers neerskryf en gou-gou strepe trek vir Nico se 100 redes om te leef. Toe vra ek vir hom: “Wat is die eerste rede?” Nico het sy hopelose standpunt vir my herhaal: “Ek het jou gesê ek het geen rede om te leef nie.” Toe het ek nie kopgegee nie en by hom aangedring: “Vertel my net een ding waarin jy goed is. Enigiets. Sê vir my net één ding.” Nico het geswig en uitdrukkingloos gesê: “Goed dan. Ek is ’n taamlike goeie skrywer.” En hy was. Nico het nuusbriewe vir sy maatskappy geskryf en onbetwisbare skryftalent gehad. “Ditsem,” sê ek toe so vol vertroue as wat ek kan. “Nommer een: Jy is ’n goeie skrywer.” “Gee nou vir my nommer twee,” het ek voortgegaan. Kort voor lank het Nico meer entoesiasties aan die oefening begin deelneem. Hy het klaarblyklik baie redes gehad om te leef waarvan hy tot ’n kort rukkie tevore nie bewus was nie. Binne ’n paar minute het ek die reëls vol geskryf so vinnig as wat ek kon.
Jy gaan vir my honderd redes gee hoekom jy moet bly leef Sowat twaalf jaar later het ek hom weer raak geloop en ek was geskok toe hy sy vrou en kind aan my voorstel. Hy het my probeer bedank vir ons gesprek daardie dag, maar kon geen woorde uitkry nie, want die trane het oor sy wange geloop en ’n knop in sy keel veroorsaak. Ek sal nooit die oomblik vergeet toe Nico sy hand in sy sak steek, sy beursie uithaal en ’n verflenterde stuk papier na my toe uithou nie. Daarop was honderd redes waarom hy moet leef. Hy het dit al die jare met hom saamgedra om hom te herinner. Hy het die papier vir my gegee en gesê: “Ek het dit nie meer nodig nie. Die Here het honderde meer redes in my hart geskryf.” Manna
Hierdie is ’n verwerking uit Detoks vir die siel deur Craig Groeschel. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.
Bertha maak haar merk op
Kansel Media Radiokansel 657AM en 729AM Kaapse Kansel glo jy hoef nie groot te gaan of op ’n kansel te staan om jou merk te maak nie, wys net jy gee om, dis genoeg! Dit kan iets kleins wees soos ’n glimlag, ’n koppie koffie vir jou buurvrou of iets meer omvattend soos ’n projek wat in jou hart wortel geskiet het. Geliefde aktrise, Bertha le Roux, het onlangs by die Radiokansel 657AM en 729AM Kaapse Kansel spanne aangesluit as omroeper en vertel hoe God haar inspireer om haar merk te maak. Met familiewortels wat uit Zambië kom, het Bertha vroeër vanjaar saam met haar ma en suster dié Afrikaland besoek om hoop aan vrouens te gee. “My ma, Griet le Roux, is in Madzimoyo, Zambië gebore terwyl my grootouers daar in die sendingvelde bedien het. Daarom het ons as familie ’n spesiale liefde vir bediening in Zambië. My ma se naaldwerkprojek, Share Your Knowledge, maak al jare lank ’n merk in Zambiese vrouens se lewens deur aan hulle hoop te bied. Met naaldwerk as vakmanskap onder die knie, kan hulle ’n blinker toekoms binnegaan,” vertel Bertha. Zambië het ook ’n merk op Bertha se lewe gemaak. “In die 17 dae wat ons weg was, het ek ’n leeftyd se ondervindinge beleef. Daar is Apostels Daniel en Florence Myapi wat 21 jaar gelede alles opgegee het en in Itezhi-Tezhi ’n kerk begin het. Hulle hardwerkende vreugde vir God en dankbaarheid vir enige seëning van Hom af, het definitief ’n merk op my hart gemaak.”
Terug op plaaslike bodem gebruik Bertha haar platform as aktrise en radiopersoonlikheid om ’n verskil te maak waar sy gaan. My program op Radiokansel 657AM en 729AM Kaapse Kansel se naam is Vreugde & Joy en ek wil graag ’n vreugdesmerk met my radiowerk maak. Net omdat jy ’n Christen is beteken dit nie dat jy met ’n lang gesig moet rondloop nie. Ek wil vir almal wys dat jy ’n vreugdevolle Christen kan wees, dat dit lekker is om die Here te dien en dat dit nie net vir nerds is nie.” “Stadig maar seker het God vir my ’n platform gegee om van te werk. Ek dink aan die Lego Movie waarin daar gesê word, You don’t know me, but I’m on TV, so you can trust me! Dit was ’n skrikwekkende gedagte aan die begin, maar die verantwoordelikheid het by my gelê om dit te gebruik om God se woord uit te dra. Nou gebruik Hy my letterlik as ’n spreekbuis en Hy maak die merk - nie ek nie.”
Vertel ons hoe jý jou merk maak of hoe iemand anders ’n merk op jou lewe gemaak het. Stuur ’n e-pos aan stephanie@radiokansel.co.za Wie weet, jou getuienis is dalk volgende op die lug!
Luister na Bertha se program Vreugde&Joy op Radiokansel 657AM en 729AM Kaapse Kansel elke Donderdag om 09:00-11:00.
16
Dink
gelukkig!
jouself
Dr Pie te r va n Ja a rsve ld
Geluk is die betekenis en doel van die lewe, die hele strewe en die oogmerk van die mens se bestaan – Aristoteles.
J
y slaap. Jy hoor ’n stem en jy is seker dit is die Hemelse Vader wat met jou praat. Hy sê aan jou, soos aan Salomo van ouds, jy kan kies wat jy graag wil hê en jy sal dit ontvang. Wat sal jy kies? Ek weet regtig nie wat ek sou kies nie. Sekerlik nie wysheid nie. Ek sou nooit daaraan gedink het nie. As ek eers kon gaan dink daaroor, sou ek dalk ’n beter besluit kon neem. Kyk ’n mens na wat navorsing oor die wêreld heen bewys, dan sou die meeste mense geluk gekies het. Maak nogal sin né? Wat is een van jou grootste begeertes? Mense sal dinge noem soos gesondheid, goeie verhoudings en sukses. Kom dit nie maar eintlik alles daarop neer om gelukkig te wees nie? Miskien was Aristoteles tog reg? Dit is nie verniet dat daar duisende boeke oor geluk
Dit maak nie saak waar jy op die skaal van geluk lê nie, jy kan leer om gelukkiger te wees
gepubliseer word nie en baie navorsers noem dat dit byna die nommer 1-begeerte van die meeste mense is. Jy is nie ’n uitsondering nie. Mense soek geluk, maar die werklikheid is dat mense al hoe ongelukkiger word. In die VSA is die vlak van depressie vandag tien keer so hoog as in 1960. Tog is die wonderlike nuus dat daar wetenskaplike bewyse is dat ’n mens gelukkiger kan wees. Dit is nie maar net ’n nuwe gier nie. Dit is wonderlik dat wanneer ’n mens gelukkig is, nie net jy daarby baat vind nie, maar ook jou familie, jou werksomgewing, jou gemeenskap en jou nasie. Die wetekenskap bewys dat wanneer ’n mens gelukkiger is, jy nie net beter voel nie, maar dit jou energievlakke, jou immuniteitstelsel en jou kreatiwiteit verbeter. Dit verbeter jou verhoudings en jou produktiwiteit en, les bes, jy leef langer. Om gelukkig te wees is ’n opdrag aan elke gelowige. Ons is geskape na die beeld van God en is sy verteenwoordiger op aarde. God het
17
ons geskape dat ons ’n oorvloedige lewe moet lei en dit behels beslis ’n lewe van geluk. Met ’n gelukkige lewe bedoel ek nie net gevoelens van geluk nie. Ek bedoel ook nie daardie geel gesiggie met die glimlag nie. Nie dat die gevoelens nie deel van ’n gelukkige mens is nie. Ek bedoel ook nie die cliché van “Don’t worry, be happy” nie. Nee, ek praat van ’n baie dieper geluk wat binne elke mens se bereik is. Dit maak nie saak waar jy op die skaal van geluk lê nie, jy kan leer om gelukkiger te wees. Begin met hierdie stelling: “Ek sal gelukkig wees wanneer . . . Pas een van hierdie dalk by jou stelling: Jy dink jy gaan gelukkig wees as jy daai promosie kry, as jy kinders het, daardie besondere man of vrou ontmoet, net van hierdie siekte ontslae kan raak? Dit is waar dat van hierdie dinge ons wel gelukkig gaan maak, maar dit gaan nie ’n diepgaande geluk 18
veroorsaak nie en verder gaan die geluk ook nie lank duur nie. Ongelukkig is daar ’n paar mites wat mense daarvan weerhou om geluk te soek en te beleef. Kom ons kyk ’n bietjie na die mites wat die meeste voorkom:
Mite 1: Geluk moet gesoek word: Geluk is wel daar, maar slegs as die regte goed met ons gebeur: die regte betrekking, die mooi huis of die ideale gesin. Moenie die een wees wat wag dat dit moet gebeur nie. Geluk is nie daar om te gebeur nie. Geluk is nie daar buite nie, dit is binnein jou! Dit klink vergesog, maar geluk is werklik ’n state of mind.
Mite 2:
Geluk hang af van my omstandighede en of ek dit kan verander: Ons onthou dikwels hoe gelukkig ons in ons jeugjare was en ons is seker as ons weer daardie omstandighede
kan beleef, gaan ons baie gelukkiger wees. Dis ver van die waarheid. Omstandighede speel maar ’n baie klein rol in ons daaglikse geluk.
Mite 3:
Ek sal gelukkig wees as ek met die regte persoon trou: As jy reeds lank getroud is met iemand, sal jy miskien nie aan jou beste vriende wil erken dat jy dikwels in so ’n verhouding verveling ervaar nie. Jammer om dit vir jou te sê, maar dit is die waarheid. Baie Christene kan voel dat hulle so ’n huwelik wil beeindig, maar voel skuldig net oor die feit dat hulle sulke gedagtes het. Die oplossing om die geluk weer in die huwelik terug te sit, lê daarin om te werk aan strategieë wat weer die verhouding gaan opbou.
Mite 4: Ek kan nie gelukkig wees
Mite 7: Ek kan nie gelukkig wees
Egskeiding is dikwels in baie getroudes se gedagtes; meer as wat ’n mens besef. Die besef dat ’n verhouding besig is om in ’n krisis te beland word dikwels voorafgegaan deur ’n gevoel van eensaamheid, ’n lewe op heeltemal verskillende golflengtes, ’n tekort aan omgee vir mekaar se geluk en welstand, of selfs ontrou. ’n Huwelik wat deur probleme gaan, beteken nie dat jou lewe verby is nie en jou geluk nou daarmee heen is nie. Inteendeel, daar is verskillende maniere om dit te hanteer waarvan egskeiding slegs een is. ’n Beter oplossing is om eenvoudig net weer aan jou verhouding te begin werk. Jou geluk lê per slot van sake in jou eie hande.
Hoeveel van ons, aan die beter kant van 50, het nie dikwels hierdie gedagte in ons agterkop nie. Ek kan nie gelukkig wees as die jare vorentoe minder is as die jare wat verby is nie. Ek kan nie gelukkige wees as my vervaldatum verby is nie!
as my verhouding verbrokkel nie:
Mite 5: Ek gaan gelukkig wees as
nie, want my beste jare is reeds verby:
Wat as ek ophou om my altyd te bekommer, skuldig te voel, jaloers te wees, wraakgedagtes te koester?
ek kinders het: Is dit nie die versugting
van so baie kinderlose egpare nie? Ek gesels nou die dag met ’n vriendin wat jare gesukkel het om swanger te word en uit die bloute sê sy: “Ek hou glad niks daarvan om ’n ma te wees nie.” Sy beskou die bekommernisse oor die toekoms van haar kinders, die rondjaag van een skoolaktiwiteit na ’n ander en die teleurstellings as ’n sware las. Kinders kan dikwels die grootste bron van ons vreugde wees, maar ook die oorsaak van die ongelooflikste hartseer.
Mite 6: Ek kan nie gelukkig wees
as ek nie ’n lewensmaat het nie: Ek het onlangs met ’n dame gesels wat voel dat sy baie positief is, maar die feit dat sy nie ’n lewensmaat het nie maak haar intens ongelukkig. Wanneer sy ander paartjies sien wat gelukkig is, vreugde in mekaar vind en vir mekaar koer, verander haar hele gesindheid en is sy dadelik hartseer en mismoedig.
Baie mense dink dat jy ’n punt bereik waar jy nou gelukkig is. Nee! Dit is ver van die waarheid. Dit gaan daaroor om gelukkiger te word en dit is ’n proses wat aanhou. Jy moet gedurig daaraan werk. Om gelukkig te wees is dus ’n lewenslange strewe, ’n lewenslange reis. Dit gaan oor “doing and not having.” Dit is soos bergklim. Die bereiking van die top is die kortstondige oomblik van euforie, maar die voorbereiding – tree vir tree – dít is wat dit die moeite werd maak. Dieselfde met geluk. Dit is om daagliks nuwe tegnieke, vaardighede of aktiwiteite op jou pad van geluk en lewensvreugde te toets. Elke oomblik, tree vir tree. Jy moet egter gaan sit, stil word en jouself begin afvra: “Wat sal gebeur as ek ophou om so ongelukkig, selfgesentreerd en negatief te wees en hoe kan ek dit verander? Wat as ek ophou om my altyd te bekommer, skuldig te voel, jaloers te wees, wraakgedagtes te koester? Hierdie is die eerste stap na die nuwe jy. Jy is nou reg om jou brein te herbedraad as jy ’n eerlike,
opregte voorneme het om dit wel te doen! Ja, slegte dinge gebeur met ons almal. Ons almal gaan deur moeilike tye soos hartseer, uitdiensstelling, egskeiding, die dood van ’n geliefde, moeilike tye by die werk of met jou kinders of eggenoot, of wat ook al. Dit is ongelukkig deel van die lewe. Sommige mense stort heeltemal in duie, terwyl ander opstaan en net eenvoudig voortbeur. Waarom is dit so? Moeilike tye sal jou negatief laat voel. As jy egter nie die handrem optrek nie, kan jy net in ’n spiraal van negatiwiteit verval en net dieper en dieper in die put wegsak. Elke greintjie van jou energie word gedreineer en jy word net moeër en moeër. Jy kan egter rem aandraai en ontdek dat binne-in jou ’n bron van positiwiteit is wat jy kan ontgin om ’n lewe van vreugde en geluk te lei. Ons elkeen het ’n diepgewortelde positiwiteit wat net opgeboor en ontwikkel moet word. Dit is so ironies hoe die sielkunde dinge wetenskaplik bewys wat die Bybel lank reeds gesê het. Jou gedagtes beïnvloed jou lewe en kan jou gesondheid verander – dis Bybels! Kyk wat is in die Bybel reeds in Filippense 4:8 gesê – Verder, broers alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. Romeine sê dat ons moet toelaat dat God ons verander deur ons denke te vernuwe. As jy jou gedagtes verander, verander jou emosies en so ook jou lewe! Manna
Hierdie is ’n verwerking uit Dink jouself gelukkig deur Pieter van Jaarsveld. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie. 19
skoon!
Begin vandag
O
ns tydjie op aarde is kort. Sou dit nie jammer wees as iets uit die verlede – of dit nou twintig jaar of twintig minute gelede gebeur het nie – die res van ons dag ruïneer nie. Ek het besluit om te probeer om elke dag van my lewe te geniet. Ek gaan waarskynlik foute maak; alles gaan nie altyd volgens plan verloop nie. Ek gaan soms teleurgestel word, maar ek het nogtans besluit om gelukkig te leef. Ek gaan nie toelaat dat dinge wat gebeur en dinge wat nie gebeur nie, my vreugde steel en my weghou van God se oorvloedige lewe nie. Soms laat ons toe dat iets wat vroeg in die oggend gebeur, die res van ons dag ontwrig. Veronderstel jy beland een oggend in ’n verkeersknoop en kom ’n uur laat by die werk aan. Jou hele skedule is omver gewerp. Wat kan jy daaraan doen? Jy kan frustreerd wees oor die ongerief en ’n slegte dag beleef of jy kan die beste van ’n slegte saak maak en in elk geval gelukkig wees. Jy kan tog nie iets daaraan doen nie. Moenie so ontsteld raak nie; jy kan dit nie ongedaan maak nie. Jy kan net so wel die dag geniet omdat jy weet God is steeds in beheer van sake. Sê nou iemand beledig jou tienuur in die oggend. Die persoon het ’n gemene opmerking gemaak en dit is nou halfelf. Jou houding behoort te wees: Ek leef verder. Ek steek nie vas by daardie belediging nie. Dit is klaar en verby. Ek
20
Joe l Oste en
gaan nie toelaat dat dit die res van my dag versuur nie. Nee, ek reis lig; ek dra nie enige ekstra bagasie saam nie. Ek gaan my hart suiwer hou en ek gaan gelukkig leef. Dalk hoor jy teen eenuur dat jy toe nie daardie groot verkoopskontrak gekry het waarvoor jy so hard gewerk het nie. Dis nou tweeuur en jou houding behoort steeds te wees: Dié nuus gaan nie die res van my week ruïneer nie. Ja, ek is teleurgesteld. Ja, ek wou die kontrak baie graag hê, maar ek weet om te kla gaan niks aan die saak verander nie. Ek gaan glimlag en my geloofsgesindheid behou. Ek weet God het iets beters vir my bestem.
Ek gaan nie toelaat dat dinge wat gebeur en dinge wat nie gebeur nie, my vreugde steel en my weghou van God se oorvloedige lewe nie Wanneer jy soggens opstaan, kan jy al die foute onthou wat jy die vorige dag gemaak het. Jy sal waarskynlik ’n volledige inventaris kan opstel van elke ding wat jy verkeerd gedoen het, van elke situasie waarin jy verkeerd opgetree het, van elke geleentheid waar jy ’n onaanvaarbare houding geopenbaar het. Nee, moenie jou dag só afskop nie. Staan soggens op en sê: Vader, ek dank U dat hierdie ’n
wonderlik dag gaan wees. Ek dank U dat ek gedissiplineerd is, selfbeheer het en goeie besluite neem. Ek het dalk nie gister alles gedoen soos wat ek moes nie, maar gister is verby. Ek gaan nou opstaan en vandag beter vaar. As jy soggens opstaan en skuldig voel oor die vorige dag, sal jy daardie dag ook ruïneer – tensy jy dadelik regmaak wat verkeerd is. Jy sal jouself depressief en oorwonne deur die dag sleep. Vermy om in daardie slaggat te trap. Staan liewer elke oggend op en ontvang God se genade en liefde. As jy foute maak, moenie jouself straf nie. Niemand is volmaak nie. Vra doodeenvoudig God se vergifnis en gaan dan voort met jou lewe omdat jy weet Hy vergewe jou die oomblik wat jy vra. God wil nie hê jy moet oorwonne rondsit nie. Hy wil hê jy moet opstaan en aangaan. God vergewe jou nie net nie, Hy vergeet ook van jou foute. As iemand jou kort-kort herinner aan negatiewe gebeure uit jou verlede, weet jy dit is nie deur God se toedoen nie. Al het jy in jou verlede dinge gedoen waarop jy nie trots is nie, mag jy God om vergifnis vra. Hy sal jou vergewe en daardie dinge weg was. Hy hou nie eens rekord daarvan nie! Hy gaan nie eendag deur sy lêers blaai en ou koeie uit die sloot grawe nie. Hy gaan nie sê: ‘O, wag ’n bietjie. Hier is iets aangeteken wat jy in 2010 gedoen het. Jammer, Ek kan jou nie seën nie.’ Nee, wat God betref, het jy nie eens ’n verlede nie. Dit is vergewe en vergeet. Jy is gereed vir grootshede en ’n blink toekoms. Die vraag is: Gaan jy die verlede laat vaar? Gaan jy ophou onthou wat God verkies om te vergeet? Manna
VERLUSTIG JOU IN DIE HERE; DAN SAL HY JOU GEE DIE BEGEERTES VAN JOU HART - PS 37:4