Manna volume 009

Page 1

Waar kom jou negatiwiteit vandaan? God hou sy beloftes Wanneer God in jou rigting asemhaal As plan A vir jou lewe nie uitgewerk het nie 10 Maniere om jou maat te seĂŤn Leer jou kinders om dinge vir hulself te doen

R34.00

September - Oktober 2016

Volume 009


Hoor die voetstap van die Een wat die boodskap bring as jy wonder of daar lig is op jou horison Na die lang gewag vir vrede is die merke van jou lewe ’n spoor tot in my hart…

vreugde kom!

Ons so� vure brand in die donker nagte staan ons so� lig op die horison!


By jou hart se einde waar jy voel jy is alleen staan en wag ek vir jou glimlag, in die storm is jy nooit alleen. Dis jou hart waarvoor ek lewe vir jou hand teen my gesig. Dis vir wie jy is! Ons so� vure brand in die donker nagte staan ons so� lig op die horison!… Jou verlede se as is gestrooi waar jou oë weer die mooi sien in die lig op die horison! ~ J�hua na die Reën


Gary & Rhona Kieswetter

bouer

Jesus is

L

aasjaar in Israel het ons gids ’n baie interessante feit met ons gedeel, naamlik dat die vertaling rondom die gedagte dat Jesus ’n timmerman was nie heeltemal korrek is nie. Die Griekse woord vir “timmerman” is “tekton” wat eerder bouer beteken.

’n Bouer van daardie tyd het met allerlei materiale gewerk veral klip, rots en ook hout. Bouer, vakman of ingenieur sou ’n meer akkurate beskrywing gewees het. Dit is altyd lekker om iets nuuts te leer van wie Jesus is en dit maak mens net nog meer opgewonde om ’n ewigheid saam met Hom te spandeer. Die ewigheid, glo ek is nie eers genoeg om al die aspekte van die diepte van sy karakter en sy liefde vir die mens ten volle te kan ontdek nie! Die wonderlike ding is dat voordat Jesus aarde toe gekom het, was Hy reeds besig as Meesterbouer. Die Bybel sê in Kolossense 1:16 dat God alle dinge deur Jesus geskep het, alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie. Die Skepper van die heelal! Dan kom Hy aarde toe as mens en gaan net voort om te skep. Nie slegs om in die natuurlike huise te bou nie, maar ook om ons te bou! Eerstens sê Hy dat hy die hoof hoeksteen is, die fondasie van enige gebou. Volgende verklaar Hy dat hy sy kerk sal bou en dat die magte van die doderyk dit nie sal oorweldig nie. Ons is die kerk, die liggaam van Christus. Wat ’n wonderlike belofte! Dit maak nie saak wat teen ons sou kom nie, niks van dit sal ons ooit kan oorweldig nie. In 1 Korintiërs 3:9 lees ons dat ons God se gebou is. Dan sê Paulus dat volgens die genade wat aan hom bewys is, kon hy soos

die

’n meesterbouer die fondament wat Christus is, lê in mense. Dan bou ander voort daarop. Ons word gemaan om versigtig te bou en altyd seker te maak dat Jesus ons fondasie is. Die stamwoord “bou” hier beteken in die Griekse taal om ’n huis te bou vanaf ’n fondasie, om te herbou, te herstel in die natuurlike realm. Maar dit beteken ook in die oorspronklike taal om iets te vestig, om geestelike groei te bevorder in Christene. Eienskappe soos wysheid, liefde, genade, deugsaamheid en heiligheid. Die Fariseërs kon nie verstaan toe Jesus sê hulle moet die tempel afbreek en dat Hy dit weer in drie dae sal herbou nie. Hy het gepraat van sy liggaam. Dit beteken ons God het die vermoë om enige iets wat die vyand probeer vernietig weer op te bou en dit in ’n baie korter tyd as wat dit oorspronklik geneem het. Wat ook al die vyand bedoel het vir sleg in jou lewe, verander Hy en maak ’n meesterstuk daarvan, want Hy is die meesterbouer. In Hebreërs 11:10 lees ons dat Abraham uitgesien het na ’n stad met stewige fondamente wat God self ontwerp en gebou het. Nie net alleen gee God ons die voorreg om saam met Hom te werk en te bou in onsself en andere hier op aarde nie, maar ons gaan ook eendag in die nuwe Jerusalem saam met Hom woon in ons eintlike moederstad, daar waar ons ongebroke gemeenskap met Hom kan hê. Hy sê Hy gaan vooruit om vir ons ’n plek voor te berei. Die Engels praat van ’n mansion. Die oorspronklike taal beteken ’n regte gebou asook metafories dat God deur die Heilige Gees elke gelowige bewoon. Wat ’n voorreg dat ons sy meesterstuk mag wees en saam met hom kan werk om vir hom ’n liggaam voor te berei wat as bruid perfek by hom sal pas.


GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL

September - Oktober

2016

Waar kom jou negatiwiteit vandaan?

06

As plan A vir jou lewe nie uitgewerk het nie

Waarom ervaar so baie mense minderwaardigheid, ongelukkigheid en ’n gebrek aan selfvertroue?

God hou sy beloftes

16

Wanneer God in jou rigting asemhaal

Wanneer God ’n belofte maak, kom Hy dit na.

Dissipline: hoe om ferm tog positief te wees

26

Hoe kan ’n mens tog streng met jou kinders praat, sonder om hulle emosioneel seer te maak? MANNA www.mannatydskrif.co.za Tel: 086 111 2329 Inskrywings: admin@grootisutrou.co.za

10

By God kan plan B beter wees as wat plan A ooit sou kon wees.

22

Hy is op die punt om op ’n nuwe manier in jou rigting asem te haal.

10 Maniere om jou huweliksmaat te seën

28

Leer jou kinders om dinge vir hulself te doen

32

Die eerste stap vir ’n suksesvolle huwelik is om jou huweliksmaat te seën.

Dis nie belangrik wat jy alles vir jou kinders doen nie, maar wat jy hulle leer om vir hulleself te doen.

Redakteurs: Gary en Rhona Kieswetter Uitgewer: Ingrid Stegmann / ingrid@dor22.co.za

Grafiese ontwerp & uitleg: Adri de Bruyne Ontwerpelemente: Freepik.com Fotos: Shutterstock


As

plan A

vir jou lewe nie uitgewerk het nie.. Joyc e Me ye r

By God kan plan B beter wees as wat plan A ooit sou kon wees.

J

ou plan het dalk misluk, omdat dit nooit God se plan vir jou was nie. Maar selfs al was plan A God se oorspronklike plan en jy het ’n mooi gemors daarvan gemaak, is dit nog steeds nie te laat vir jou om ’n wonderlike lewe te hê nie. Soms werk plan A net nie uit nie. Het jy dit ook al ondervind? Of dit nou ’n klein of ’n groot plan is, jou daaglikse skedule of jou beroepstrategie, planne is geneig om ons in die steek te laat. Die kos het aangebrand. Die werk is vervelig. My graad is niks werd nie. Die boek word nie gepubliseer nie. Die kontrak word beëindig. Jou huweliksmaat trek uit. Die vlug is gekanselleer. Jy verstaan wat ek bedoel? Soms is plan A nou maar eenmaal net ’n mislukking. Dit is teleurstellend wanneer jou eie plan sneuwel, maar wanneer

10

Hou jou plan maar liggies in jou hand – daar is heel moontlik ’n beter plan vorentoe

ons voel ons het God se plan A beduiwel en opgemors, is dit maklik om wanhopig in sak en as te gaan sit. Baie mense stort in duie wanneer hulle plan in duie stort. En dit hoef nie eens oor iets aardskuddends groot te wees nie. As hulle net daai bietjie langer as wat beloof is, moet wag vir die kos in die restaurant...dan is ete sommer daarmee heen. As hulle gunstelingprogram om die een of ander manier nie opgeneem is een aand nie...dan is daar ’n krisis. Selfs klein teleurstellings verander in beduidende rampe. Kom ons raak ernstig: Dit is die groot teleurstellings wat die meeste skade aanrig, nie waar nie? Ek ontmoet die heeltyd mense wat dink dit is te laat om hulle lewe te geniet omdat plan A misluk het. Hy het haar toe nie gevra om te trou nie. Die bank het die verband teruggetrek. Die huwelik het verbrokkel. Die familiebesigheid het ondergegaan. Hulle wag nog steeds op ’n baba. Die aandelemark het in duie gestort. Hy het nie die


11


werk gekry nie. Die hartseerste gevalle is dié waarin die mense nog op hulle voete probeer kom nadat ’n vorige plan jare gelede misluk het. Ek is seker daarvan jy weet waarvan ek praat. Jy ken tien teen een iemand wat steeds in so vergange teleurstelling vasgevang is. Miskien is dit jy self! Wel, ek het goeie nuus vir enigeen wat teleurgesteld of heeltemal ontnugter is deur sy of haar oorspronklike plan. Ek het ontdek dat plan B dikwels baie beter is as wat plan A ooit kon wees. Ek het dalk nie hierdie waarheid gesnap toe ek reg in die middel van plan A gestaan het terwyl dit besig was om uitmekaar te val nie, maar noudat ek terugkyk – ná ’n week, ’n maand, selfs jare – kan ek nie glo hoeveel beter die hele situasie uitgewerk het nie. Daar was in werklikheid al baie kere wat ek tot op my knieë afgesak het en vir God oneindig baie dankie gesê het omdat Hy plan A nie laat uitwerk het nie. Ek was soveel gelukkiger omdat plan B net soveel beter was. Dit is waarom ek dink dit belangrik is om te onthou dat “B” soms staan vir baie beter. Harrison weet waarvan ek praat – hy het dit eerstehands ondervind...

Wanneer mislukking jou voorberei op sukses Harrison het hoopvol na Kalifornië verhuis – hoop wat bitter vinnig getaan het. Aanvanklik het hy gedink hy sou stemwerk kon doen, maar daardie idee het nie gerealiseer nie. Hy het selfs ’n bestaan probeer maak deur bitter klein rolletjies in Hollywood-flieks te speel, maar dit het nie eens die mees basiese lewens onkoste gedek nie en kon hom nie aan die gang hou nie. Hy was baie teleurgesteld, terneergedruk en het beswaarlik enige kontantvloei oorgehad. Harrison moes ’n manier kry om sy vrou en twee kinders te onderhou. Hy was heel bedrewe met ’n hamer en ’n kragsaag, dus het hy met houtwerk begin as sy gekose professie. 12

Dit was nie juis ’n opwindende vooruitsig nie, maar dit was die beste wat hy self kon prakseer. Plan A was dus in wording. Harrison het geen professionele houtwerkondervinding gehad nie, maar hy het homself heelhartig aan sy nuwe beroep en onderneming gewy, houtwerkboeke verslind en begin eksperimenteer. Deur te probeer, het hy geleer. Sy eerste projek was ’n paar tafels vir ’n vriend. Dit het gelei tot ander klein projekte soos om opname-ateljees vir bekende komponiste te bou. Wat ook al nodig was om gebou te word – klein of groot – Harrison was die man om te vra om dit te doen. Op ’n dag was hy besig om ’n deur in te sit op die stel van ’n Hollywoodfliek. Die rolprentregisseur was relatief onbekend, genaamd George Lucas, en hy het Harrsion gevra om sy gereedskap vir ’n oomblik neer te sit en hom gou te help met ’n paar oudisies. Lucas wou hê dat die houtwerker die potensiële akteurs moet help om hul woorde te lees vir wetenskapfiksierolprent wat hy sou vervaardig. Nadat Harrison die hele middag woorde gelees het saam met ’n paar baie bekende akteurs, het Lucas halt geroep met die oudisies – die houtwerker was toe al die tyd perfek vir die rol. George Lucas was so beïndruk met Harrison se talent en natuurlike charisma dat hy besluit het om die rol in die film vir die houtwerker aan te bied. En so het Harrison Ford die rol van Han Solo in George Lucas se Star Wars gespeel. Plan A was heel goed. Plan B was beter.

Hou maar liggies vas Harrison Ford se storie leer ons ’n eenvoudige, maar baie waardevolle les: Hou jou plan maar liggies in jou hand – daar is heel moontlik ’n beter plan vorentoe. Dit is veral waar in die lewe van ’n gelowige. As kinders van God weet ons dat God ’n plan met ons lewe het. Jeremia 29:11 is ’n baie bekende Skrifgedeelte wat spesifiek na God se plan vir jou verwys, ’n


plan wat vir jou voorspoed sal bring, en ’n toekoms en ’n verwagting gee. Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! - Jeremia 29:11 Voordat jy enigsins verder lees, wil ek hê dat jy een ding regtig goed moet verstaan: God hét ’n wonderlike plan met jou lewe, ’n plan wat jou die vrede en vreugde sal bring wat Jesus gekom het om vir jou te gee. As jy jou lewe aan die Here oorgegee en jou aan sy leiding onderwerp het, hoef jy nie vreesbevange te wees wanneer jy sien ’n plan gaan misluk nie. Jy weet dat God jou veilig in die palm van sy hand het. In plaas daarvan om ’n lewe vol vrees en kommer te leef omdat plan A uitmekaar geval het, wil ek hê jy moet deur die oë van geloof daarna kyk. Kom ek stel dit so: As plan A nie uitwerk nie, moet jy verstaan dat God besig is met iets baie beters vir jou. Jy begryp dalk nie wat aangaan in daardie oomblik nie, maar dit is waar geloof inkom. Ek het gevind dat wanneer ons planne in duie stort, God besig is om een van die volgende vier dinge te doen:

Hy beskerm jou teen iets Wanneer jy ook al oor jou planne praat, moet jy begin deur te vra: “Wie se plan is dit eintlik? Is dit my plan, of is dit God se plan?” Ek sê só omdat die enigste manier waarop jy jou lewe waarlik gaan geniet, vereis dat jy God se plan vir jou lewe moet najaag. Sy plan vir jou is altyd die beste een. Ongelukkig vergeet ons dit dikwels. Soms is ons so beïndruk deur die planne wat ons vir ons lewe gemaak het, dat ons nooit net vir ’n oomblik stilstaan en vir God vra wat Hý vir ons beplan nie. Te midde van al ons ywer en geesdrif vir ons eie doelwitte, is dit maklik om die verkeerde plan te volg. Dit beteken nie dat ons motiewe duister of sleg is nie; dit beteken net dat ons nog nie God se stem hard en duidelik gehoor het nie. Ek sê nie dat jy glad geen planne moet maak nie; ek

vra bloot dat wanneer jy planne maak en vir jou doelwitte stel, jy altyd sal onthou om die planne vir goedkeuring by God in te dien. Ek dink dit is baie wys om na God te gaan en te sê: “Here, dit is wat ek dink U wil hê ek in my lewe moet bereik, maar as dit nie U plan is nie, vertrou ek dat U my die regte rigting sal wys.” En dan moet jy God vertrou terwyl jy die pad stap en kyk hoe daardie besluit uitdraai. As dit nie God se plan vir jou lewe is nie, sal Hy dit vir jou wys. Mense dink dat God ons slegs lei deur geleenthede oor ons pad te stuur en vir ons deure oop te maak (en dit is waar – dikwels doen Hy dit), maar hulle besef nie dat Hy jou net so maklik lei deur deure in jou gesig toe te maak nie. As jy jou lewe vir God leef, Hom vertrou en op sy leiding staatmaak, en die plan waarmee jy besig is, misluk, is God heel moontlik besig om jou te beskerm teen iets. As jy alles probeer het om ’n breuk in ’n vriendskap te herstel, maar die vriend dring daarop aan dat die vriendskap beëindig word, lei God jou deur ’n deur toe te maak. Dit was dalk ’n vriendskap wat jou op jou pad vorentoe groot skade kon berokken het. As jy die nodige voetwerk gedoen het om aan ’n kollege of universiteit toegelaat te word, maar hulle keur jou aansoek af, beskerm God jou dalk teen ’n insident of gebeurtenis wat jou kon knou. As jy so hard werk as wat jy kon gewerk het, maar jou werkgewer ontslaan jou, beskerm God jou dalk teen ’n loopbaan wat jou nooit sal vervul of in jou gesin se behoeftes kan voorsien nie. Net omdat iets nie uitwerk nie, beteken dit nie dat jy misluk het nie. Dit beteken miskien net dat God jou beskerm en jou weg van jou plan af na sy plan toe lei. En dit bring ons by die volgende ding wat God dikwels besig is om te doen wanneer dit vir ons lyk asof die plan die gees begin gee...

As jy daaroor nadink, sal jy besef dat van die belangrikste dinge wat jy in die lewe geleer het, het jy deur moeilike situasies geleer

13


Hy skep iets in jou Wanneer ek die Evangelies lees, is die goed wat Petrus aangevang het vir my partykeer so kostelik dat ek maar net kan grinnik. Dit wil voorkom asof hy homself die heeltyd in die moeilikheid gekry het, al het hy dit nie gesoek nie. Sy planne het selde uitgewerk soos hy gedink het dit behoort uit te werk. Maar deur elkeen van Petrus se planne wat platgeval het, het Jesus hom iets geleer – Jesus was besig om Petrus se karakter te bou sodat hy eendag sy doel sou kon bereik. Met elkeen van sy planne wat misluk het, was God besig om iets in Petrus se hart op te wek. Selfs wanneer plan A uitmekaar geval het, kon God plan B beter maak as wat plan A ooit sou kon wees, omdat God so ongelooflik groot en goed is! Daar is baie te leer uit elke beproewing waardeur ons gaan. As jy daaroor nadink, sal jy besef dat van die belangrikste dinge wat jy in die lewe geleer het, het jy deur moeilike situasies geleer. Die situasie was heel moontlik nie aangenaam nie en jy sal nie weer daardeur wil gaan nie, maar dit het jou geleer dat God getrou en genadig is, en dit het jou baie oor jouself geleer. Dit is waarom ek die heeltyd vir mense sê: “Moenie jou beproewings, jou foute en jou mislukkings vermors nie.” Daar is so baie dinge om te leer deur tye van swaarkry, want dit is in hierdie tye dat jy ook meer oor die Here leer. In tye van beproewing is God diep, baie diep, in jou hart doenig. En Hy kan hierdie werk in jou doen omdat jy in sulke tye afhanklik is van Hom. Romeine 5 stel dit so: Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Ek weet dit klink teenintuïf om jou te verheug in swaarkry. Wanneer jy uiters teleurgesteld voel en God nie vertrou

14

nie, klink dit nogal effens absurd. Maar wanneer jy weet dat God by jou is, en jy kies om gelowig en vas te staan in die wete dat Hy ’n wonderlike plan met jou lewe het, weet jy dat Hy ’n stukkende plan kan gebruik om iets pragtigs te skep. God was nie verras toe plan A misluk het nie. God is nie gebonde aan tyd nie; Hy bestaan buite die raamwerk van tyd. Hy ken die begin en Hy ken die einde. Hy kan enige situasie gebruik om iets goeds in jou lewe te skep. Wanneer jy deur iets moeiliks gaan en bykans jou hele gebedstyd gebruik om God te vra om jou daarvan te verlos, wil ek jou aanmoedig om net vir ’n oomblik stil te word en God te vra om te midde daarvan iets ongeloofliks in jou lewe te doen. Bid: “Here God, wat is dit wat U deur hierdie situasie in my lewe probeer skep?” Jy sal dalk aangenaam verras wees om te vind dat Hy daardie einste situasie waarvan jy probeer wegkom, gebruik om jou voor te berei op iets belangriks in jou lewe. En dit bring ons by nog iets wat God dalk besig is om te doen wanneer plan A nie uitwerk nie...

Hy berei jou voor op iets baie beters Ek kan terugkyk na die pad wat ek tot hier gestap het en sien hoe God baie dinge in my lewe begin (en beëindig) het – alles ter voorbereiding vir iets beters in my lewe. God neem ons nooit terug op ons pad nie; Hy neem ons altyd vorentoe na iets fantasties. Ons verstaan miskien nie waarmee Hy besig is terwyl Hy dit doen nie, maar dit verander nie die feit dat Hy iets asemrowends in jou lewe doen nie. Jesaja 55:9 sê aan ons: ...Soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes. Dit beteken dat God ’n spelplan het vir ons lewe, en dis baie groter as wat ons kan begryp. As ons Hom sal vertrou om sy plan volmaak uit te voer, sal Hy alles doen wat nodig is om ons by die punt te bring

waar ons dit wat Hy vir ons voorberei het, kan ontvang. As jou plan nie besig is om uit te werk nie, maak ruimte vir die wete dat God jou voorberei op iets beters. Daardie verhouding, loopbaan of werk, geleentheid genaamd plan A – al het dit misluk – is dalk net die ding wat Hy hierdie oomblik gebruik om jou in posisie te kry vir ’n beter plan.

Hy leer jou dat alle dinge moontlik is by God Jou plan het dalk misluk, omdat dit nooit God se plan vir jou was nie. Maar selfs al was plan A God se oorspronklike plan en jy het ’n mooi gemors daarvan gemaak, is dit nog steeds nie te laat vir jou om ’n wonderlike lewe te hê nie. Soos ek vroeër gesê het: By God kan plan B beter wees as wat plan A ooit sou kon wees. Ons verstaan dit dalk nie, maar by God is enigiets moontlik! God gebruik elke situasie ten goede. Sy plan is nie ’n tweederangse plan – ’n plan om op terug te val – nie. God se plan met jou lewe is die plan wat altyd beskou moet word as die nuwe plan A. As iets wat jy beplan het, nie uitwerk nie, of as dit lyk asof ’n deur toegegaan het, moenie net aanneem dat jy tevrede sal moet wees met iets wat tweede beste is nie. Glo dat jy iets baie beters gaan sien gebeur. As ander mense dit plan B wil noem, is dit reg so, moet hulle nie anders probeer oortuig nie. Ek en jy weet...B staan vir beter! Manna

Hierdie is ’n verwerking uit Jy kan weer begin deur Joyce Meyer. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.


FEBA Radio Suid-Afrika – Dissipels vir Jesus deur die Media

FEBA Radio (Far East Broadcasting Association) is ’n internasionale sendingorganisasie wat die Evangelie van Jesus Christus deur middel van die radio en ander media uitdra. Anders as plaaslike Christelike radiostasies, fokus FEBA Radio en ons vennoot, FEBC International, ons senders vir reeds meer as ses dekades op die mins-bereikte mensegroepe van die wêreld in nagenoeg 60 lande, in meer as 130 tale. Ons programme word deur plaaslike inwoners van hierdie lande gemaak, en daarom kan ons uitsaai in tale waarvan sommige mense nog nooit eers gehoor het nie. Ons ontvang jaarliks meer as 2 miljoen response van ons luisteraars om te vertel hoe hulle deur die programme aangeraak is.

Borg ’n FEBA Radio vir iemand wat nog nooit die Evangelie gehoor het nie Koop ’n Degen DE16 (sonkrag/opwen) radio teen R949 en ons sal die tweede radio, of die geld, aan iemand skenk in ’n land waar hulle geen, of baie min blootstelling aan Christus het en dit vir hulle moontlik maak om die Evangelie in hulle eie taal te hoor. (Die prys sluit verpakking en posgeld in en geld slegs vir inwoners van Suid- Afrika).

Raak betrokke by ons bediening: Word ’n FEBA-verteenwoordiger

Dra finansieel by

Bid saam met ons

Kontak ons by 012 335 5708 of e-pos ons by febasa@corpdial.co.za

“Ek het onlangs na julle uitsendings begin luister en het al so baie geleer! Ek het ’n Christen geword, en ek het besluit om Jesus te volg!” – Nuwe Christen-luisteraar van Rusland

FEBA Radio South Africa @FebaRadiosa FEBA Radio South Africa FEBA RadioSA FEBA RadioSA

www.febaradio.co.za


16


God hou Sy beloftes, vertrou op Hom Max Lucado

E

In ’n wêreld van gebroke woorde bly God se woorde staan. In ’n lewe van verbreekte beloftes kom Hy syne na. Daar is niks vals in wat die Here sê nie.

k het gemaklik in die sitplek naby die vliegtuig se nooduitgang agteroorgeleun toe iemand in die gang afkom en my naam sê. Dit was ’n lang man van omtrent 50 met ligte hare en dit het gelyk of hy op ’n sakebesoek is. Hy het hom voorgestel. Omdat dit taamlik chaoties was terwyl die passasiers aan boord gekom het, kon ons nie gesels nie, maar daar was darem tyd om uit te vind dat hy my ’n paar jaar tevore hoor praat het, dat hy my boeke geniet en dat hy graag eendag met my wou gesels. Ek het vriendelik teruggeantwoord en reggemaak vir die vlug. Omtrent ’n uur later voel ek ’n tik op my skouer. Toe ek omdraai, sien ek dit is die man wat my vroeër gegroet het. Hy

het ’n boodskap op ’n papierservet geskryf wat hy vir my gegee het.

Wanneer hulle by die kruispad van geloof en ongeloof moet staan, kies hulle geloof

Max, Ses somers gelede het ek en Lynne ons 24-jarige dogter begrawe. Dit was as gevolg van ’n ongeluk op ’n meer en ná twee weke op lewensondersteuning. Dit was so onverwags. Hoe gaan vier mense met vakansie en dan kom net drie terug? Vriende, party van wie self ook al hul kinders begrawe het, was byderhand met ondersteuning. Een van die bemoedigende boodskappe was van ’n prokureur wat gesê het: “God wil net goed aan julle doen, nie kwaad nie.” Ek en Lynne het ook verskeie boeke ontvang wat jy geskryf het... Ons het vir ’n wonderwerk gebid. Ek wou haar weer nuut gemaak hê, met haar glimlag en haar briljantheid soos altyd. Dit was ontsettend moeilik om die lewensondersteuning te laat afskakel. Al was dit ’n pynlike besluit, was ons seker dit was die regte ding om haar in die arms van die Almagtige oor te gee. Hy het ons pyn geken. 17


Sy beste werk was toe nie om Erin aan die lewe te hou nie, maar om haar na Hom toe te laat kom. Hy het ons dogter beter as nuut gemaak. Hy het ons Erin na sy ewige teenwoordigheid toe geneem. Dit was sy beste werk! Dit was nie net oppervlakkige hoop nie. Dit was die versekering: “Gee julle Erin vir My. Ek het haar nou.” God se kinders wat die aard van God weerspieël, het sy teenwoordigheid om ons geword. Ons geloof is wat ons hierdeur dra. Geloof is ’n keuse. Ek het die getuienis op die servet verskeie kere gelees. Ek wou weet, hoe gebeur dit? Hoe begrawe ’n pa sy dogter en glo so vas dat God hom geen kwaad aangedoen het nie, dat God sy dogter in sy liefdevolle arms ontvang het, dat God sy beste werke in die harte vol verdriet gedoen het? Die servet kon so maklik ’n ander soort boodskap bevat het. Een van woede en bitterheid. Een van teleurstelling en wanhoop. Een vol pyn, selfs haat teenoor God. Wat het hierdie boodskap anders gemaak? Eenvoudig. Hierdie bedroefde pa glo God se beloftes. “Geloof is ’n keuse,” het hy afgesluit. Dit is. En mense van die Beloofde Land aanvaar die risiko van daardie keuse. Wanneer hulle by die kruispad van geloof en ongeloof moet staan, kies hulle geloof. Hulle neem een doelbewuste tree na die ander op die pad van geloof. Selfde huppelend, dikwels mank. Hulle neem ’n bewuste besluit om na God toe te gaan, om vol hoop na die hemel se roep uit te reik. Hulle hou vas aan God se beloftes. Josua se verhaal moedig ons aan om dit ook te doen. ’n Mens kan trouens aanvoer dat die kernboodskap van die boek die volgende opskrif is: God hou sy beloftes. Vertrou op Hom. Die Here het aan Israel die hele land gegee wat Hy met ’n eed aan hulle voorvaders beloof het. Hulle het dit in

18

besit geneem en daar gaan woon. Die Here het hulle na alle kante toe rus gegee soos Hy met ’n eed aan hulle voorvaders beloof het. Nie een van al hulle vyande kon teen hulle standhou nie. Die Here het al hulle vyande in hulle mag oorgegee. Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervuld gebly nie. Almal is nagekom (Jos 21:43-45). Hierdie drie verse is die teologiese kern van die boek Josua. Hulle is soos ’n trompetgeskal aan die einde van die vertelling. “Moet dit nie misloop nie! Aandag, almal. God doen sy woord gestand!” Die skrywer bevestig dit in triplikaat. In drie verse verklaar hy: God het gedoen wat Hy gesê het Hy sal doen.” § Die Here het...gegee wat Hy met ’n eed beloof het. § Die Here het...rus gegee soos Hy met ’n eed aan hulle voorvaders beloof het. § Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervuld gebly nie. Almal is nagekom. Ons leef in ’n wêreld van gebroke woorde. Verbreekte en hol beloftes. Ondernemings wat aangegaan en weer teruggetrek word. Versekering wat gegee en dan geïgnoreer word. Dit word met groot fanfare gesê. “Ek sal jou altyd liefhê.” “Jy kan op ons staatmaak om goeie werk te erken.” “Tot die dood ons skei.” Maar woorde is geneig om te verbrokkel. Hulle is soos bros herfsblare. Jy het sekerlik al baie sulkes gehoor. Maar jy sal dit nooit van God hoor nie. In ’n wêreld van gebroke woorde bly Syne staan. In ’n lewe van verbreekte beloftes kom Hy Syne na. “Daar is niks vals in wat die Here sê nie. Sy woorde is soos silwer wat oor en oor in ’n oond gesuiwer is.” God kom sy verbondsbeloftes na. Wil jy bewys daarvan hê? Die skrywer sê ons moet na geskiedenis gaan kyk. “Die Here het aan Israel die hele land gegee wat Hy met ’n eed aan hulle voorvaders beloof

het” (Jos 21:43). God het ’n spesifieke belofte aan Abraham gemaak. “Toe het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land”’ (Gen12:7). Dit was 600 jaar tevore! Wie het geglo dit sou gebeur? Toe Abraham dood is, was die enigste grond wat hy besit het dié wat hy as begraafplek vir Sara gebruik het. Sy afstammelinge was vier eeue lank in Egipte, bywoners ten beste en slawe ten slegste. Moses het hulle tot by Kanaän gebring, maar nooit daarin nie. Hoeveel van Abraham se growwebaardseuns het nie opgekyk na die sterre nie en gebid: Here, sal U u belofte nakom? Die antwoord in die boek Josua is ja. God het belowe om Abraham te seën en in hom al die volke van die aarde. “Ek sal jou ’n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou ’n man van groot betekenis maak, en jy moet tot ’n seën wees. Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.” (Gen 12:2). Dit was die belofte wat gedeeltelik in Josua vervul is en dit is die belofte wat volkome in Jesus vervul is. In Hom is al die volke van die aarde geseën. In Jesus het elke mens hoop en die moontlikheid van verlossing. Geen wonder nie dat die apostel Paulus geskryf het: “Jesus is die “ja” op al die beloftes van God” (2 Kor 1:20). Ons God kom sy beloftes na. Ander maak miskien beloftes en vergeet daarvan, maar wanneer God ’n belofte maak, kom Hy dit na. Hy doen wat Hy beloof het sê Hebreërs 10:23. Is dit belangrik? Maak God se integriteit ’n verskil? Tel sy getrouheid? Wanneer jou dogter aan lewensondersteuning gekoppel is, tel dit! Wanneer jy op en af in die hospitaalgang loop, tel dit. Wanneer jy wonder wat om te doen met ’n situasie wat elke ouer se nagmerrie is, moet jy kies. Geloof of vrees, God se doel of lukraak gevolge, ’n God wat weet en omgee of ’n


God wat nie daar is nie? Ons moet almal ’n keuse maak. Mense van die Beloofde Land kies om God se beloftes te vertrou. Hulle kies om te glo dat God iets goeds beplan, al lyk alles donker. Hulle herhaal die woorde van die Engelse gesang: His oath, his covenant, his blood, Support me in die whelming flood. Daar moet vir jou niks belangrikers as God se belofte te wees nie. Geen geskrewe woord kan jou ooit die krag gee wat God se beloftes kan gee nie. Ken jy hulle? § Vir die bedroefde: Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer (Ps 30:6). § Vir die oorweldigende: Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses (Ps 34:19). § Vir die sieke: Die Here sal hom bystaan in sy siekte. As hy siek is, sal U hom genees (Ps 41:4). § Vir diegene wat eensaam is: As jy deur water moet gaan, is Ek by jou (Jes 43:2). § Vir die sterwende: In die huis van my Vader is daar baie woonplek...Ek gaan om vir julle plek gereed te maak (Joh 14:2). § Vir die sondaar: My genade is vir jou genoeg (2 Kor 12:9). Maak God se beloftes deel van jou. Wanneer jy bang word, reageer met hierdie gedagte: Maar God het gesê...Wanneer jy vol vertwyfeling is...Maar God het gesê... Wanneer skuld jou oorweldig...Maar God het gesê... Sê hierdie woorde: “In U hande gee ek my lewe oor, want, Here, troue God, U het my vrygemaak” (Ps 31:6). Gaan keer op keer terug na die verbond wat God gesluit het. Gaan deur die Skrif soos ’n mynwerker wat na goud soek. Wanneer jy die gouderts kry, hou daaraan vas. Vertrou daarop. Neem dit bank toe. Doen wat ek met die vlieënier se belofte gedoen het. Nie lank nadat ek die man op die

vliegtuig ontmoet het wat die nota aan my oorhandig het nie, was ek weer op ’n vlug. Hierdie keer het ek nie ’n nota gekry nie, maar wel slegte weer. Die vlug is as gevolg van slegte weer vertraag. Ons het geland presies toe die laaste vlug na my volgende bestemming moes vertrek. Terwyl die vliegtuig tot stilstand gebring is, het ek benoud na my horlosie gekyk, gedagtig aan hotelbesprekings, die feit dat ek my vrou moes bel om te sê van die vertraging, en ontstoke oor die ongerief wat dit alles sou veroorsaak. Toe kom daar ’n belofte oor die luidspreker. “Dit is jul kaptein. Ek weet baie van julle moet ander vlugte haal. Ontspan. Julle sal betyds wees. Die vliegtuig sal vir julle wag. Daar is plek vir julle.” Wel, het ek gedink, hy sou dit nie gesê het as hy dit nie bedoel het nie. Ek besluit toe om sy belofte te glo. Ek het nie my vrou gebel nie. Ek het opgehou dink aan hotelbesprekings. Ek het opgehou om na my horlosie te kyk. Ek het ontspan, gewag op my beurt om die vliegtuig te verlaat en na my vertrek gemik. Ek is vol vertroue deur die lughawe. Die vlieënier het mos belowe? Ander mense in die lughaweterminaal was nie so gelukkig nie. Hulle, ook slagoffers van die slegte weer, was paniekerig. Met bleek en bekommerde gesigte het hulle rondgeskarrel. Hul uitdrukkings het van vrees getuig. Jammer dat die kaptein nie met hulle ook gepraat het nie. Of miskien het hy en hulle het nie geluister nie. Jou kaptein het met jou gepraat. Sal jy luister? Nee, ek bedoel werklik luister. Laat sy beloftes oor jou daal soos die hitte van ’n somersdag. Wanneer almal en alles om jou op paniek dui, kies die pad van vrede. Doen jouself ’n guns in hierdie wêreld van gebroke woorde en verbreekte beloftes: Gryp vas aan God se beloftes. Dit is wat my vriend, Wes, gedoen het. Meer as 35 jaar lank het hy dieselfde

werk gedoen, dieselfde vrou liefgehad, in dieselfde kerk aanbid en in dieselfde huis gewoon. Wes het nooit een dag van die werk af weggebly nie totdat hy ’n paar maande gelede met breinkanker gediagnoseer is. Ons het God gevra om dit te genees. ’n Tyd lank het dit gelyk asof Hy dit gedoen het, maar toe kom die simptome met mening terug. Binne ’n paar weke kon Wes nie beweeg nie en was hy tuis in hospiesversorging. Sy kinders het beurte gemaak om by hom te waak sodat hul ma kon rus. Hulle het ’n babamonitor by sy bed gesit. Al kon hy in daardie stadium skaars ’n woord praat, wou hulle hoor wanneer hy na hulle roep. Een nag het hy. Maar hy het nie om hulp geroep nie; hy het na Christus geroep. Omtrent eenuur die oggend het sy jongste seun sy pa se stem duidelik oor die monitor hoor sê: “Jesus, ek dank U vir my lewe. U was goed vir my. En ek wil hê U moet weet, wanneer U gereed is om my te neem, is ek gereed om te gaan.” Dit was toe ook die laaste woorde wat Wes ooit gesê het. Binne ’n paar dae het Jesus hom huis toe geneem. Ek wil daardie soort geloof hê. Wil jy nie ook nie? Die geloof wat in die donkerste uur na God toe gaan en God met die swakste liggaam loof. Die soort geloof wat God se beloftes vertrou. Die soort geloof wat ’n pen op ’n lugredery se servet verklaar: “Geloof is ’n keuse. En ek kies geloof.” Manna

Hierdie is ’n verwerking uit ’n Nuwe Seisoen deur Max Lucado. Sien bladsy 42 vir meer details asook ’n resensie.

19


Die Here self sal vir altyd jou lig wees.


Sluit aan by

MANNA Manna is ’n twee-maandelikse publikasie wat tjok en blok vol Woordgebaseerde artikels is. Hierdie is nie net ’n sommer-so geestelike tydskrif nie, maar een wat jou gees sal voed, jou lewe sal verryk en jou verhouding met God sal verdiep.

Sluit aan by Manna teen R34 elke 2de maand!

Is jy opsoek na ’n geestelike tydskrif wat nie gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie?

Maar ’n Tydskrif waar elke artiekel vir jou geestelike waarheid bring?

Waar kom jou negatiwiteit vandaan?

’n Tydskrif wat jou leer oor die krag van God se Woord in jou lewe?

God hou sy beloftes Wanneer God in jou rigting asemhaal

’n Tydskrif waar jy meer lees van God as oor mense?

As plan A vir jou lewe nie uitgewerk het nie

Sluit aan by ons op een �an die �aniere:

10 Maniere om jou maat te seën Leer jou kinders om dinge vir hulself te doen

Bel 012 9970898 gedurende kantoorure Gaan na www.mannatydskrif.co.za en kliek op ‘sluit aan’. Stuur ’n epos met jou naam en kontakbesonderhede na admin@grootisutrou.co.za

R34.00

September - Oktober 2016

Volume 009

SMS “Manna” na 33282


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.