2 minute read
Stewarts & Lloyds Rustenburg: Flink en vriendelik tot jou diens
from ProAgri SA 277
by ProAgri
Advertisement
deur Maryna Steyn
daarop was presies waarna die Stewarts & Lloyds bestuurspan gesoek het.
Nuwe tak, nuwe mense, jare se kennis
Al die personeel by Stewarts & Lloyds se nuwe tak het jare ervaring in die staalbedryf. Daardie kennis het hulle opgedoen in verskeie poste by verskeie staalmaatskappye.
“Almal woon in die gebied en het baie kennis wat hulle saambring, nie net oor die behoeftes van ons klante nie, maar ook oor die staalprodukte wat ons verskaf. Elkeen weet waarvan hy of sy praat,” vertel sy.
Hierdie behendige span bestaan uit 22 lede. “Thomas het letterlik hierdie span met die hand gaan kies,” sê Annamarie. “Party van die mense het byna 20 jaar se ondervinding in die bedryf. Enigiemand wat op soek is na staal sal daarby baat vind.”
Annamarie getuig dat elkeen gemotiveer is om die Stewarts & Lloydshandelsnaam hoog te dra en die beste diens te lewer. “Baie van die mense het mekaar reeds geken voordat hulle hier begin werk het, omdat ՚n mens kollegas in jou veld algaande leer ken. Dit is deel van wat die atmosfeer by hierdie nuwe tak so besonders maak: jare se kundigheid en ondervinding met mense wat lang paaie in die bedryf saamgestap het.
Verspreiders van staal sprei vlerke met dié nuwe tak
Stewarts & Lloyds verskaf nie net gehalte staal, pyp en plate nie, maar ook besproeiingsbenodigdhede soos kleppe, pompe en koppelstukke, heinings, sekerheidstoerusting en ander hardeware. Dit is ՚n een-stopwinkel vir die boer wat bouwerk of instandhouding wil doen of ՚n besproeiingstelsel wil installeer.
Die Rustenburg-tak beteken nie net beter diens deur ՚n dinamiese span met hulle vinger op die pols nie, maar ook verbeterde toegang tot algemene hardeware en doen-dit-self-benodigdhede.
“Net so belangrik as wat dit is om takke wat puik diens lewer op strategiese plekke te hê, is dit ook noodsaaklik om ՚n betroubare netwerk van takke te hê,” sê Annamarie. “Dit beteken dat ons kan uitreik na ander takke om belangrike produkte of onderdele te kry.”
Indien dit sou gebeur dat ՚n tak nie voorraad van ՚n item het wat ՚n boer dringend nodig het nie, kan enige Stewarts & Lloyds-tak ՚n ander een skakel om die nodige produk op te spoor.
Boere in die Rustenburg-omgewing kan nou die voordele geniet van ՚n splinternuwe Stewarts & Lloyds-tak wat in Februarie sy deure geopen het. Hierdie tak stel die bekende staalverskaffer in staat om van ՚n sentrale punt af beter diens aan die mense in omliggende gebiede te voorsien.
“Die vestiging van die Rustenburg-tak kom al ՚n lang pad. Ongeveer vier jaar gelede het die Stewarts & Lloyds bestuurspan van Brits en Rustenburg, begin soek na ՚n perseel. Hy en die ander bestuurslede van die projek het na verskeie plekke gekyk en eindelik hierdie perseel opgespoor,” sê Annamarie Cangueiro, verkoopsbestuurder by die nuwe tak. “Daarna is daar ՚n lang proses saam met argitekte gevolg om die bestaande struktuur om te skep na die verkoopswinkel soos dit vandag lyk.”
Die perseel wat uiteindelik gekies is, is in die nywerheidsgebied en die grootte van die erf en die gebou
Iets vir almal by die nuwe Rustenburg-tak
“Of dit nou vir landboudoeleindes, konstruksie of mynbou is, die plaaslike gemeenskap ondersteun ons baie sterk. Ons bied aan ՚n wye verskeidenheid bedrywe verskillende produkte,” sê Annamarie. Sy glo ook dat die flinke span se positiewe gesindheid sorg dat die nuwe tak kop en skouers bo mededingers uitstaan. “Prys is baie wisselvallig, maar een manier hoe ons mededingend en standhoudend sake kan doen is met uitstekende klantediens,” glimlag sy.
Die tak bied gratis aflewering binne die grense van Rustenburg. Vir aflewering buite die dorp is daar ՚n geringe koste — net nog ՚n manier waarop Stewarts & Lloyds voortreflike diens verseker! Boonop sny hulle ook pype en staal tot die regte lengte om die boer se lewe te vergemaklik.
Groot fees! Hou die media in Maart dop vir die datum van ՚n groot fees om die opening van die tak te vier.
Vir meer inligting oor jou naaste Stewarts & Lloyds-tak, besoek die webtuiste by https://stewartsandlloyds.com/