5 minute read

Oesskattings nie ‘n skoot in die donker

deur Tisha Steyn

D ie doel met oesskattings is om te bepaal hoeveel graan en oliesade onderskeidelik in die somer- en winterreënvalstreke van die land aangeplant en geoes word.

Advertisement

Die wyse waarop oesskattings in Suid-Afrika gedoen word, is uniek en laat waarnemers toe om binne die voorgestelde norme van 5% akkuraatheid van die finale oes meer as 13-miljoen hektaar in twee maande in die somer en twee maande in die winter te doen.

Oesskattings van graan en oliesade wat in Suid-Afrika verbou word het ՚n belangrike impak op voedselsekerheid en prysvorming in die vrye mark.

Dit bly ՚n uitdaging om weens wisselvallige omstandighede, wat met klimaatsverandering net meer onvoorspelbaar raak, ՚n akkurate oesskatting te maak. Tog kry die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) dit reg om elke jaar in die kol te wees met korrekte en tydige inligting.

Met oesskattings in die somer word bepaal hoeveel hektaar wit- en geelmielies, sorghum, sonneblomme, sojabone, grondbone en droë bone aangeplant is. Met winteroesskattings word bepaal hoeveel hektaar koring, gars, kanola, hawer en peulgewasse aangeplant is.

Een van die belangrikste insette tot die Oesskattingskomitee is die inligting wat deur die Nasionale Oesskattingskonsortium onder leiding van die Landbounavorsingsraad, versamel word. Drie waarnemingspanne, elk bestaande uit ՚n landboukenner wat gewasse letterlik op ՚n afstand kan uitken, saam met ՚n bekwame vlieënier in ՚n helikopter of vastevlerkvliegtuig, vlieg oor die gebiede waar die verskillende gewasse aangeplant word. Die spanne word ondersteun deur spanne op die grond.

Die waarde van oesskattings

Die doel met die oesskattings is om te bepaal wat die verwagte produksie van graan en oliesade gaan wees sodat die verskillende rolspelers in die landboubedryf ingeligte besluite oor die handel, vervoer, berging en bemarking van die produkte kan neem.

Oesskattings in Suid-Afrika is veral belangrik sedert die beheerde landboumark in die vroeë negentigs na ՚n vryemarkstelsel verander het. ՚n Betroubare skatting gee verkopers en aankopers gelyke onderhandelingsgeleenthede en skakel onregverdige bevoordeling en of beïnvloeding van pryse uit.

Wat word gemeet?

Die oesskatting bepaal hoeveel hektaar van die verskillende landbougewasse geplant is en wat die verwagte oes in ton per hektaar sal wees. Deur die hektare met tonnemaat te vermenigvuldig kan die finale oes geskat word. Die vooruitskattings van hektare en tonnemaat vir elke provinsie en nasionaal word maandeliks gepubliseer, terwyl die finale oesskattings aan die einde van ՚n seisoen beskikbaar gestel word.

Wie doen die oesskattings?

Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming as sekretariaat, doen die oesskattings van kommersiële someren wintergewasse.

Met oesskattings in die somer word bepaal hoeveel hektaar wit- en geelmielies, sorghum, sonneblomme, sojabone, grondbone en droëbone aangeplant is. Met winteroesskattings word bepaal hoeveel hektaar koring, gars, kanola, hawer en lupine aangeplant is.

Die komitee bestaan uit lede wat nie ՚n gevestigde belang in die uitkoms van die skatting het nie. Tans bestaan die lede uit regeringsamptenare van die nasionale landboudepartement en verteenwoordigers van die provinsiale landboudepartemente, die Landbounavorsingsraad, Statistiek SA en die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid.

Alle lede van die komitee onderteken ՚n vertroulikheidsklousule waarin hulle onderneem om geen inligting wat die komitee deur die oesskattings bekom aan enigiemand te verskaf voordat die amptelike oesskattings bekend gemaak word nie.

Die Skakelkomitee vir Oesskattings dien as adviesliggaam vir die komitee en evalueer die resultate en standaard van die komitee se voorlopige en finale skattings. Die Departement befonds die oesskattingsproses.

Enigiemand in die landboubedryf kan in die skakelkomitee dien. Tans verteenwoordig die lede die NOK, die Landboudepartement, Graan SA, saadmaatskappye, SAFEX, die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (SAGIS), die Nasionale Meulenaarskamer (NCM), Agbiz Grain, die Suid Afrikaanse Vereniging vir graan- en oliesadehandelaars (SACOTA), en die Nasionale Landboubemarkingsraad (NAMC).

Die nasionale en provinsiale landboudepartemente en die Nasionale Oesskattingskonsortium is die hoofverskaffers van inligting aan die komitee, wat ook inligting ontvang van verskeie ander organisasies en instansies, soos onder meer landbourisiko-spesialiste, kunsmisvervaardigers, finansiële instellings, handelaars, handelsorganisasies en produksieorganiasies.

Hoe word die skattings gemaak?

Gebied

Om ՚n voorlopige oesskatting te kan doen, doen die Departement van Landbou onderhoude per e-pos en telefonies met boere om vas te stel hoeveel hektaar van watter gewasse hulle beplan om te plant.

Die oppervlakte word in die daaropvolgende maand hersien met inligting wat verkry word van die seisoenale lugopname wat afstandwaarneming van toetspunte van landerye en aanplantings behels. Tegnologie sluit ook geïntegreerde satellietbeelde, puntraam-verwysings en GIS (Geografiese inligtingstelsel) in.

Vir somergewasse word die voorlopige oppervlakskatting in Januarie gedoen, in Februarie hersien en in Maart aangepas, indien nodig. Die voorlopige oppervlakte vir wintergewasse word in Julie gedoen en in Augustus hersien.

Oes

Drie of meer bronne word gebruik om die grootte van die oes te beraam. Die belangrikste bron is die landboudepartement se e-pos- of telefoniese onderhoude met boere. Terselfdertyd word ook telefoniese onderhoude met ՚n steekproef van boere gevoer onder leiding van die NCSC (National Crop Statistics Consortium).

Hierdie inligting word aangevul deur ՚n objektiewe veldopname van koring en mielies wat deur die Landbounavorsingsraad as deel van die Nasionale Oesskattingskonsortium gekoördineer word.

Die Landboudepartement stuur vraelyste na ՚n nie-waarskynlike steekproef van medewerkers en versoek die boer om ՚n produksieskatting van die aangeplante gewasse op sy landerye, gegrond op die heersende produksietoestande, te verskaf. Die benaderde produksie deur die respondente vir daardie maand, tesame met hulle verklaarde aangeplante hektare, word gebruik om ՚n gemiddelde oes vir al die respondente in die streek en of provinsie te bekom.

Die NCSC kry deur middel van telefoniese onderhoude inligting oor die geskatte of verwagte oeste van boere gedurende Februarie (someroeste), en gedurende Augustus vir winteroeste. Die boere moet aandui watter opbrengs hulle van elke gewas op die plaas verwag.

Die objektiewe opbrengsopname word verkry deur die oes te meet deur ՚n telling in die landerye te doen.

Opbrengsbepaling

Die punte vir die objektiewe opbrengsopname word geïdentifiseer vanuit die Producer Independent Crop Estimates (PICES)-opname waar gewasse van belang gevind is.

Die opname word in die belangrikste provinsies gedoen en maak voorsiening vir uitgebreide landerye waar veldwerkers die landerye besoek en ook agtergrondinligting oor plantdatums, kultivars, groeistadiums en geografiese koördinate bekom. Die veldwerkers, wat deur die LNR gekeur en aangestel word, deurloop praktiese opleiding aan die begin van die seisoen.

Oesmeting

Dit word opgevolg met meting van plante en mieliekoppe in lukraak-geselekteerde plekke volgens ՚n vasgestelde prosedure.

Die objektiewe oesopname vir mielies word jaarliks in die drie belangrikste mielieproduserende streke, naamlik Mpumalanga in April, en die Vrystaat en Noordwes in Mei gedoen waar 700 punte getoets word. Die jaarlikse koringopname word in Oktober by altesaam 600 toetspunte in die WesKaap in Oktober en in die Vrystaat in Desember gedoen.

Ander inligting oor verwagte oeste word verskaf deur verteenwoordigers in die provinsies.

Maandelikse produksieskatting

Die komitee stel elke maand van Februarie tot November tien produksieskattings vir somergewasse bekend, asook sewe vir wintergewasse, van Augustus tot Februarie die volgende jaar. Vir somergewasse is daar ook ՚n opname in Oktober van gewasse wat boere beplan om te plant, gevolg deur ՚n voorlopige raming van hoeveel wel geplant is in Januarie. Vir wintergewasse word hierdie vooruitskattings in April en Julie gedoen.

Finale produksieskatting

Aan die einde van die produksieseisoen word die skattings gefinaliseer. Vir somergewasse gebeur dit in Februarie van die volgende jaar, en vir wintergewasse in die volgende Mei. As sekretariaat is die Landboudepartement verantwoordelik vir die finale oesberaming aan die einde van die seisoen.

Vir somergewasse word die voorlopige oppervlakskatting in Januarie gedoen, in Februarie hersien en in Maart aangepas, indien nodig. Die voorlopige oppervlakte vir wintergewasse word in Julie gedoen en in Augustus hersien.

Die skatting is gegrond op lewering deur boere, soos gepubliseer deur SAGIS, geprojekteerde toekomstige lewering en die oes wat teruggehou word vir die boer se eie gebruik.

Die getalle word aan die CELC (Oesskattingskakelingkomitee) vir goedkeuring voorgelê.

Die beraamde produksie vir die somer- en wintergewasse word vergelyk met die maandelikse produksieskattings en die finale produksieskatting.

Volgens die CELC se akkuraatheidsraamwerk moet die oesskating binne 8% van die eerste tot die vierde produksieskatting en binne 5% van die finale produksieskatting wees.

Neem deel

Boere word aangemoedig om, indien hulle nie reeds aan die oesskattingsproses deelneem nie, die vraelyste wat aan hulle gestuur word te voltooi. Indien ՚n vraelys nie ontvang word nie, kontak gerus vir Rona Beukes, lid van die NOK, by 012-319-8032 of stuur vir haar ’n e-pos na RonaB@Dalrrd.gov.za.

Bronverwysing

Fourie, P. (2022) Komitee weer in die kol met 2020/2021-oesskatting. Graan SA. https://sagrainmag. co.za/2022/05/03/komitee-weer-indie-kol-met-2020-2021-oesskatting/

This article is from: