3 minute read
Groentetuin vir beginners 1: Hoekom ’n groentetuin?
from ProAgri SA 277
by ProAgri
In die reeks oor groentetuine word beginners touwys gemaak oor verskillende aspekte van die beplanning tot die oes van jou groente. (Foto: Pixabay) tonien, die chemiese stof wat jou brein afskei wat jou gelukkig maak, deur die bakterie Mycobacterium vaccae wat in grond voorkom, vrygestel word.
Dopamien word vrygestel wanneer jy die vrug van jou handearbeid oes. Daar word vermoed dat die respons van die brein oor millennia ontwikkel het sedert dit jagter-versamelaars baie gelukkig gemaak het wanneer hulle iets te ete ontdek en geoes het.
Advertisement
՚n Mens kon niks aan die inperking doen nie, behalwe om jouself so goed as moontlik teen besmetting te vrywaar deur ՚n masker te dra, hande te was en ՚n veilige afstand te handhaaf indien jy die slag moes winkel toe gaan. Tuinmaak was een manier om die gevoel van magteloosheid en terneergedruktheid teen te werk.
Enigeen kan ՚n groentetuin skep al het jy min plek. Dit verg ՚n bietjie beplanning en baie harde werk, maar daar is baie voordele: jy weet wat jy eet, jy betaal nie ten duurste vir substandaard produkte nie, en jy het ՚n voorraad vars groente wat aan die plant bly tot jy dit oes. En as daar te veel is, kan jy dit verwerk en inmaak, vries, droog of uitdeel.
Tuinmaak is nie ՚n nuwe ding nie. Van die vroegste tye af het jagterversamelaars eetbare plante vergader om in hulle daaglikse kosbehoeftes te voorsien. Hulle het agter die reëns aan getrek en die bessies, blare of bolle van eetbare plante en die ryp sade van grassoorte geoes, gemaal en geëet. Uiteindelik het hulle van die saad van die plante geoes en geplant, en so het die eerste ‘tuine’ ontstaan. Deur die eeue het mense altyd vir hulleself ՚n voorraad kos geplant om te eet of om vir die wintermaande te bêre.
Uit die geskiedenis leer ons dat mense wat weens omstandighede buite hulle beheer onder geldelike druk verkeer, soos tydens die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) en Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) die sogenaamde Oorwinningstuine (Victory Gardens) gemaak het om skaars voedselvoorrade aan te vul.
Covid-19
Covid-19 het sedert begin 2020 tot in 2022 eweneens tot ՚n nuwe belangstelling in groentetuine gelei. Tydens die inperking kon mense nie meer na willekeur rondbeweeg nie. Jy het by die huis gebly eerder as om dit op straat of in winkels te waag om te voorkom dat jy met die virus besmet raak.
Die vrees dat supermarkte se voorraad vars groente en vrugte kan opraak, het talle mense hulle eie groentetuine laat aanlê om iets aan hulle eie voedselsekerheid te doen.
Om binnenshuis voor die televisie te vertoef was na ՚n ruk nie meer vermaaklik nie, en verveeldheid het beslis daartoe bygedra dat meer mense tyd in hulle tuine deurbring. Dit is immers ՚n alombekende feit dat die natuur ՚n wonderlike antidepressant is wat jou gou laat beter voel wanneer jy buite is. Navorsing het getoon dat sero-
Groentesaad was tydens die eerste paar maande van die inperking bykans onbekombaar, wat ՚n aanduiding was dat al meer mense hulle tot tuinmaak gewend het. Te oordeel aan die talle artikels in tydskrifte en op sosiale media, duur die neiging voort.
Die Covid-19-pandemie het mense waarskynlik ook meer bewus gemaak van ander faktore wat hulle gesondheid beïnvloed. Groente is ryk aan voedingstowwe wat help om ՚n sterker immuunstelsel te bou. Groente wat goed is vir jou gesondheid moet in gesonde grond groei.
Klimaatsverandering
Die toenemende fokus op klimaatsverandering en die invloed wat die mens se doen en late op klimaatstoestande het, asook die invloed wat
HOSE MASTER 50/100 PORTABLE IRRIGATION SYSTEM
SPORTSMAN 120 SPORT FIELD AND GARDEN IRRIGATION
CLUBMAN 100 SMALL SCALE FARMING AND RECREATIONAL IRRIGATION
RAINMAKER 200
HEAVY DUTY COMMERCIAL FARMING IRRIGATION
RHINO 300 HEAVY DUTY COMMERCIAL FARMING IRRIGATION
The most effective and cost efficient travelling irrigation systems available
Head office: Jasper Hewitt +27 (0) 82-773-7544 jasper@rotrixafrica.co.za
Andries Bothma +27 (0) 79-959-3356 / +27(0) 23-342-3438 / sales@rotrixafrica.co.za
Gauteng: Tobie van den Heever +27 (0)82-658-6054
+27(0)12-736-2121/2103/2323 tobie@iunlimited.co.za
HEAVY DUTY COMMERCIAL FARMING IRRIGATION
Suitable for tall crops www.rotrixafrica.co.za
Saad kan in saadbakkies of regstreeks in die tuingrond gesaai word. (Foto: Pixabay)
Jy het nie baie ruimte nodig om ՚n groentetuin te begin nie, want selfs ‘n bedding so groot soos ՚n deur kan genoeg groente lewer, mits jy voortdurend nuwe plantjies plant namate jy oes. (Foto: Pixabay)
Radyse is van die groente wat die vinnigste ontkiem en volwasse raak sodat jy dit gou kan oes en geniet.
(Foto: Pixabay)
Navorsing het getoon dat bakterieë in die grond die brein stimuleer om serotonien af te skei wat ՚n natuurlike antidepressant is. (Foto: Pixabay) die klimaatsverandering op gesondheid en voedselsekerheid het, dra beslis by tot ՚n groeiende bewuswording van die waarde van ՚n gesonde leefstyl.
Mense wil toenemend weet of die kos wat hulle eet en die manier waarop dit geproduseer word, veilig is vir hulleself, asook vir al die boustene van die voedselketting en die ekologie waarvan alles afhanklik is.
Inhoud
Die doel van hierdie reeks is beslis nie om ՚n volledige gids vir die maak van ՚n groentetuin te wees nie. Dit moet eerder as ՚n breë riglyn beskou word om jou eie groentetuin te begin. Ons kyk na die beplanning van ՚n groentetuin en die faktore wat in gedagte gehou
Nuwe plantjies moet in voorbereide grond geplant word om hulle ՚n goeie kans op oorlewing te gee.
(Foto: Pixabay)